02.05.2013 Views

DIE MIDDELLOBSTNDROOM - SAMJ Archive Browser

DIE MIDDELLOBSTNDROOM - SAMJ Archive Browser

DIE MIDDELLOBSTNDROOM - SAMJ Archive Browser

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

604 S.A. MEDICAL JOURNAL 18 July 1953

ondersoeke was normaal behalwe die ruberkulien jellie (Moro)

toets (+ + ). Daar was geen reaksie op penisillien of sulfonamiede

nie. Rontgenfotos toon konsolidasie van die middellob

met gedeeltelike kollaps daarby. Kontrole: na die eerste

maand is daar nog gedee1telike kollaps van die middellob en

vergrote hiluskliere; na die tweede maand 'n aanslenlIke male

van opklaring van die konsolidasie, maar nog groot mediastinalc

kliere; na die derde maand is daar nog 'n mate van kollaps

van die regler middellob; na die vyfde maand bly die beeld

dieselfde; na die sewende maand is daar nog kollaps van die

middellob. Die pasienljie word nog kontroleer vir opvolgende

bronchoskopie en bronchografie.

BESPREKJNG VAN DIE GEVAllE

Daar is nog enkele gevalle wat onder kontrole is, soos

sommige van die bogenoemdes, en verdere spesiale ondersoeke

soos bronchoskopie en bronchografie word nog

afgewag. Soos uit die geskiedenisse en ondersoeke van

byna elkeen van die genoemde gevalle blyk, is die moontlikheid

van tuberkulose steeds daar-in sommige gevalle

'n baie sterk aanduiding, in andere weer gladnie gevind

na die beskikbare spesiale ondersoeke gedoen is nie. So

is daar ook in elke geval aanduidings van vergrote hiluskliere.

Volgens die anatomiese rangskikkings van die

limfkliere word dan veraI die midde!lob-bronchus getref

en toegedruk met die gevolglike kollaps. In enkele

gevalle is daar infeksie in die midde'lob teenwoording

wat dan meer die beeId van konsolidasie gee. In enkele

gevalle ondergaan klierontsteking so gou resolusie dat

klierkrimping feitlik volledig plaasgevind het met gevolg

dat die middellob-bronchus weer oopgegaan het sodat die

kollaps spontaan en gou opgeklaar het. Maar waar die

toestand byvoorbeeld deur herhaalde infeksie chronies

geword het, is die proses onomkeerbaar en bty die beeld

onveranderd. Hier is dan nou die beskryfde non-spesifieke

pneumonitis van die middellob wat ook populer bekend

staan as die ,midde!lobsindroom'. Die kLere kan nou nie

meer inkrimp nie, of die bronchus kan nie meer oopgaan

nie, of die middellob longweefsel kan nie meer ontplooi

nie, aldrie faktore wat myns insiens ook belangrike oorsake

van die middellobsindroom kan wees afgesien van

die reeds genoemde non-spesifieke pneumonitis van die

middellob self. Vir sulke gevalle is chururgie met reseksie

die aangewese behandeling, anders volg brongiektasie.

herhaalde infeksie met moontlike absesvorming. Dit lei

tot 'n nadere besigtigting van die patologiese beeld.

Patologie. By elke infeksie, beginnende met 'n benigne

bronchitis tot 'n spesifiek tuberkuleuse infeksie, tree die

limfatiese sisteem tot die verdediging in werking. Die

eerste skans word deur die kliere wat aan die vertakkings

van die bronchi le, gevorm, hierna die tracheobronchiale

en bifurkasie kliere. Ontstekingsveranderinge lei tot vergroting

van die kliere en by langdurige infeksie eventueel

tot fibrose. Hier is veral die middellob-bronchus se

kliere van belang-hulle word natuurlik eerste getref deur

die ontstekingsprosesse van die middellob, maar veral ook

by aandoenings van die regter onderlob en van die voorste

segment van die bolob; net die kardiale segment van die

onderlob dreineer direk na die bifurkasie kliere. 8

Tuberkulose is hier verreweg die belangrikste oorsaak

van 'n tydelike of permanente vergroting van die kliere

rondom die middellob-bronchus met die gevolglike

stenose. Reeds in 1876 beskryf Parrot die verband tussen

hronchiale kliere en 'n primece longletsek Kuss het in

1889 die uitdrukking Primece Kompleks hiervoor gebruik

en in 1913 het Ghon hierdie vergete uitdrukking weer in

gebruik geneem. 8 Baie dikwels oortref die patologiese

proses in die kliere die beginnende proses in die longparenchiem.

Zdansky noem die rniddellob 'n punctum

minoris resislentiae pulmonis omdat die kliere insluitende

die hilus-kIiere mees dikwels deur aandoenings van die

middellob aangetas word.

Dis nie alleen die uitwendige druk van limfkliere op die

bronchus wat 'n stenose veroorsaak nie, maar 'n ontstekingsproses

van die mucosa van die middellob-bronchus

self gee swelling met vernouing, dit belemmer die normale

sekrete se afvloei en so 'n verergering van die ontsteking

tot 'n permanente beskadiging verkry word. By kinders

is die bronchiale wand se weerstand so gering dat die druk

van kliere alleen genoegsaam is vir afsluiting. In Paulson

en Shaw se eerste reeks G het hulle slegs in 15 gevalle vergrote

peribrongeale kliere gevind en in 6 gevalle geen

kliere, waar die obstruksie dan deur edeem van die

bronchus self was. By so 'n aanhoudende obstruksie volg

uiteindelik die chroniese peribronchiale pneumonitis en

fibrose, bronchiektasie ontwikkel uiteindelik in die distale

bronchus, maar laasgenoemde is nie juis 'n prominente

beeld in die patologie nie.

Die onvermydelike vraag by 'n pasient met 'n rniddellobsindroom

ontstaan of die toestand nog omkeerbaar

is of nie en hoe lank so 'n pasient onder kontrole gehou

moet word. Jenny 8 verwys na 32 gevalle deur McPherson

gevolg waaruit net in 4 gevalle die kollaps permanent

gebly het. In die helfte was na I jaar die middellob weer

normaal en lughoudend en sommige het selfs na langer as

'n jaar weer volkome herstel sonder enige parenchiemateuse

veranderinge. Behalwe die kliervergroting en die

swelling van die bronchusslymvlies speel tumore 'n geringe

rol as 'n oorsaak van kollaps van die middellob. Karsinoom

van die middellob is baie meer seldsaam as wat 'n

mens sou verwag. In Jenny se reeks van 1,040 gevalle

van maligne longtumore was die middellob net by 14 die

setel van die primere tumor. Vit Brock se 1,200 'gevalle

van bronchuskarsinoom was net 8 in die middellob gekry

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!