02.05.2013 Views

DIE MIDDELLOBSTNDROOM - SAMJ Archive Browser

DIE MIDDELLOBSTNDROOM - SAMJ Archive Browser

DIE MIDDELLOBSTNDROOM - SAMJ Archive Browser

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

18 Julie 1953 S.A. TVDSKRIF VIR GENEESKUNDE 605

BEHANDELlNG

1. Die meeste skrywers beveel konserwatiewe behandeling

aan vir 'n wisselende tydperk van maande tot jare

met gereelde kontrole. 'Daar is baie gevalle alreeds

beskryf wat spontaan opklaar. Gewoonlik het die

pasiente teen hierdie tyd al verskeie kursusse van antibiotika

gehad en die mangels le al lankal in die bakkie;

indien me, kan enige van die nuwere middels soos Terramycin

en die andere probeer word. Die reaksie op die

antibiotika hang natuurlik af van die gevoeligheid van

die veroorsakende organisme daarvoor. As die infeksie

eers opgeklaar het, hang dit af van wanneer die limfkliere

weer gaan krimp tot hul normale grootte en wanneer

die m.(ddellob-bronchus weer oopgaan en die middellob

weer self ontplooi.

2. Bronchoskopie. Hierdie is 'n waardevolle manier van

behandeling afgesien van die diagnostiese toepassing.

Indikasies is veral pasiente in die karsinoom ouderdom met

'n chroniese hoes, hemoptise en hyging; in jonger persone

vir die moontlikheid van bronchiale adenome; en in andere

gevalle met herhaalde pneumonie en pleuritis aanvalle,

wat natuurlik ook 'n middelkwab aandoening het. In

enkele gevalle ge:uk dit om die uitbulting van so 'n klier

in die bronchuslumen te sien, dit word dan dopgehou en

as die klier versag of verkaas en in die bronchus uitsweer,

word die materiaal afgesuig net voor dit ontlas in die

lumen, Pogings kan ook aangewend word om die gewone

infeksiesekresie af te suig, hoewel dit nie suksesvol was

in gevalle 1 en 2 nie.

3, Voorbehoeding tot die ontwikkeling van bronchiektase

terwyl die pasient nog kontroleer word. Postuurdreinering

as dit reg gedoen word, is van groot waarde.

Jones en andere 11 beveel ook stoominbalasies en die

gebruik van aminofillien aan.

4. Algemene maatreels, veral waar die diagnose van

tuberkulose sterk op die voorgrond tree, maar nie bewys

is nie. Hier word bedoel goeie versorging, voeding, rus,

sonlig, ens. Heel party van hierdie reeks gevalle is slegs

op hierdie manier deur die Tuberkulose Kliniek behandeI.

5. Chirurgiese ingreep met reseksie. Die verwydering

van die aangetaste middellob is al wat oorbly as die

toestand onomkeerbaar is. Dit is moeilik om te besluit

boe lank die pasient onder kontrole moet bly om te sien

of spontane opklaring nie gaan plaasvind rue. Maar as

die kliniese simptome dieselfde bly of vererger, moet

reseksie sterk aanbeveel word. Die ontwikkeling is tog in

die rigting van broncbiektase. Met die verdenking van

tuberkulose as 'n etiologiese faktor, kan die reseksie onder

'n skerm van Streptomisien gedoen word.

6. Die komplikasies soos absesvorming en empieem

word op hul eie meriete aktief en met sorg behandel. In 2

van die reeks gevalle het Penisillien, Streptomisien en

Aureomycin niks gehelp nie, en is hulle uiteindelik

oorlede.

OPSOMMING

Die middellobsindroom. eerste beskryf deur Graham en

andere as 'n non-spesifieke pneumonitis in 1948, word

teenswoordig al hoe meer raakgesien. Die anatomie van

die regter middellob met die limfkliere rondom die middellob-bronchus

maak kollaps met infeksie maklik. In

kinders veral kan die bronchiale wande maklik toeswel

met infeksie en kan vergroting van die limfkliere dit

maklik toedruk.

Die diagnose berus hoofsaaklik op die rontgenbeeld.

veral die lordotiese opname waar die tipiese driehoekige

skaduwee mooi te sien is. Tomografie is ook van waarde.

terwyl bronchoskopie as 'n behandelings- en verdere diagnostiese-metode

ook baie gebruik word. Bronchografie

toon of daar bronchiektasie is al dan nie.

Na 'n oorsig van 25 gevalle met middellob aandoening

word 7 as tipiese voorbeelde beskryf. Klagte van langdurige

hoes, hemoptise, koorsaanvalle en gewigsverlies

behoort tot verdere rontgen en andere spesiale ondersoeke

te dwing. By byna al die gevalle is daar 'n geskiedenis

van kontak met longtering, maar tuberkulose kon in die

meerderheid van hierdie gevalle nie vasgestel word nie.

Sommige presenteer akuut soos 'n pneumonie, andere weer

met bogenoemde klagtes en party is sonder enige simp·

tome en tekens en word bloot deur roetine ondersoek ontdek.

Enkele van die gevalle klaar spontaan op. andere

bly onveranderd of vererger ten spyte van aktiewe moderne

antibiotiese behandeling. Reseksie van die aangetaste

kwab word aanbeveel by gevalle wat staties bly of vererger.

Redes hiervoor word gestel as 'n onvermoe van

die infeksie om op te klaar, die ontwikkeling van

bronchiektasie, limfkliere wat nie herstel nie. 'n bronchus

wat stenoties bly en derhalwe 'n middellob wat nie weer

ontplooi nie.

Dit is nog onseker hoe lank die gevalle konserwatief

behandel moet word voordat tot chirurgie oorgegaan word.

SUMMARY

The middle lobe syndrome is being studied extensively

nowadays, The anatomy of the middle lobe and its

bronchus with lymph gland arrangement. soft bronchial

walls and the presence of infection, predispose to this

syndrome. Diagnosis is confirmed by X-ray studies.

especially the lordotic projection, where the typical

triangular shadow is seen more easily. Tomography and

bronchography are of value, the latter especially for the

demonstration of bronchiectasis. Bronchoscopy is valuable

not only as a diagnostic procedure, but also for therapeutic

purposes.

This paper reports a study of 25 cases of middle lobe

syndrome. Symptoms of chronic cough, baemoptysis.

pyrexial attacks and loss of weight are indications for the

above-mentioned special investigations. Proved pulmonary

tuberculosis was found in near contacts of most cases

although Koch's infection was not proved in the majority

of the cases studied. Sometimes the middle lobe syndrome

was discovered acidentally in the absence of symptoms. A

few cases cleared up spontaneously. Others remained

unchanged, or became worse in spite of antibiotic treatment.

In the latter group of cases, because of continuous

bronchial obstruction, resection is indicated. It is as vet

uncertain for how long conservative treatment should be

continued before deciding on surgery.

My dank is verskuldig aan die voleende: Professor J. G. A.

DaveI onder wie se Ieiding hierdie ondersoeke gedoen is;

Or. H. Nelson, Hoof-Gesondheidsbeampte va'l Pretor;a vir

sv toestemming tot die gebruik van die Tuberkulose Kliniek

g'evalle; Or. Strating. vir sy hull' met die uitsoek van die

gevalle en die rontgenfotos en die Superintendent van die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!