02.05.2013 Views

Maart 2006 - Vriende van Afrikaans

Maart 2006 - Vriende van Afrikaans

Maart 2006 - Vriende van Afrikaans

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die Vriende van Afrikaans se e-poslys

word gebruik om elektronies met alle

lede en belangstellendes te

kommunikeer, en laat toe dat enigeen

wat daarop ingeteken is, met ander kan

kommunikeer deur eenvoudig 'n eposboodskap

te stuur aan

vvafrikaans@yahoogroups.com.

Om in te teken op die e-poslys stuur 'n

leë e-posboodskap aan vvafrikaanssubscribe@yahoogroups.com.

Onderaan elke e-posboodskap op die

e-poslys verskyn ook inligting oor die

wyse waarop ingetekendes kan

uitteken. Op hierdie wyse administreer

elkeen wat op die VVA se e-poslys

ingeteken is, hulle eie intekening.

ALGEMENE INLIGTING

Straatadres:

Banghoekweg 115, Stellenbosch 7600

Posadres:

Posbus 3256, MATIELAND 7602

Telefoon:

021-808 3745/3744

Faksnommer:

021-887 1999

E-posadres:

vvafr@mweb.co.za

Webwerf:

http://www.vriende.za.net/

Bank:

NEDBANK, Stellenbosch

Rekeningnaam: Vriende van Afrikaans

Rekeningnommer: 1071 318 578

Takkode: 10-71-10-45

Nie-winsgewende organisasie

042-640-NPO

Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans

Jaargang 10, Nommer 1, Maart 2006

Opgestel deur Amanda de Stadler

9 Junie 2006: Op hierdie datum hou ons ons Jaarvergadering op Stellenbosch

en dit sal fantasties wees as u dit kan bywoon. Kombineer dit sommer met 'n

lekker vakansietjie in die Boland. Alle Voorsitters, Lede, nie-lede en

belangstellendes is welkom. Laat weet ons asseblief as u beplan om te kom.

11 Junie 2006: Ons herdenk vanjaar NP van Louw se honderdste verjaardag.

Dink daaraan om 'n paar vriende oor te nooi en voor te lees uit hierdie groot digter

se werk. (Teen daardie tyd is dit al winter, en 'n bietjie sop en sjerrie sal lekker

afgaan saam met die mooi Afrikaans.)

14 - 20 Augustus: Begin solank beplan wat u in u gemeenskap gaan doen om

Afrikaansweek te vier. Vra byvoorbeeld by die plaaslike biblioteek om 'n uitstalling

te hou oor Afrikaans; moedig die Afrikaansonderwyser by die hoër- en laerskool

aan om iets by die skool te reël. Of reël 'n bring-en-braai en kuier sommer net

lekker in die naam van Afrikaans.

13 - 15 September 2006 - Internasionale Konferensie oor

Veeltaligheid in die Media: Suid-Afrika is die gasheerland van die

konferensie wat op Stellenbosch gehou word. Belangstellendes kan 021

8872716 kontak.

Kontakpersone: Ons hier in die kantoor op Stellenbosch het 'n droom wat

ons graag wil verwesentlik. Ons wil graag 'n kontakpersoon op elke dorp hê. Om

wat te doen? Om vir ons inligting te versprei, om stapeltjies Doendinge op

strategiese plekke neer te sit, om plakkate op te sit ens. Dit gaan feitlik geen tyd of

moeite kos nie. Oorweeg dit of u nie hierdie werkie vrywillig vir ons wil doen nie en

skakel ons dan by die kantoor. ASSEBLIEF!

Kuberwoordeboek: Goeie nuus! Prof HC Viljoen is besig om die

bladsyproewe te proeflees, so, die einde is in sig. Ons sal u laat weet wanneer

hierdie broodnodige woordeboek wat deur Protea Uitgewers uitgegee word, op

die mark verskyn. Dankie by voorbaat en nogmaals aan prof Viljoen vir hierdie

groot taak wat hy verrig het.

Poskantoorhernuwingskennisgewings: Einde verlede het van ons

lede dit onder ons aandag gebring dat hierdie kennisgewings net in Engels

uitgestuur word. Daar word toe briewe met 'n petisie en ongeveer 100

handtekeninge ingesluit, gerig is aan die Hoofbestuurder van die SA Poskantoor,

die Premier van die Wes-Kaap, die Nasionale Minister van Kommunikasie en

Pansat. In reaksie hierop onderneem die Poskantoor toe om aan almal wat die

petisie onderteken het in Oktober 2006 Afrikaanse vorms te stuur. Ons het die lys

Virtuele Watergat

Wie is verantwoordelik daarvoor dat daar nou 'n virtuele

kroeg of kuierplek is vir almal wat Afrikaans wil leer

praat? Dr Jacques du Plessis, 'n assistent-professor in

Inligtingkunde aan die Universiteit van Wisconsin,

Milwaukee. Hy het 'n webwerf geskep

(www.afrikaans.us) waarop mense wat wil leer Afrikaans

praat, kan inteken. Hy maak gebruik van liedjies van

bekende Afrikaanse kunstenaars, handboeke wat hyself

geskryf het, mini-video's vir uitspraakoefeninge,

Afrikaanse letterkunde ens. Hy probeer op die manier

om mense ook iets van die Afrikaanse kultuur te laat

ervaar.

Volgens 'n berig in Die Burger van 20 Maart 2006 het

daar al meer 900 studente ingeskryf van al die

vastelande behalwe Antarktika. Voorspoed aan hierdie

ondernemende dosent wat al 20 jaar ervaring in die

onderrig van Afrikaans as 'n vreemde taal het.

Uit die Kuberwoordeboek

vervolg

op eie inisiatief aangevul met al die posbusadresse wat ons

op ons adreslyste het. As enigeen van u wat 'n posbusadres

het en Doendinge van ons ontvang, verkies om 'n Engelse

posbushernuwings-kennisgewing te kry, laat weet ons

asseblief en ons verwyder u naam van die lys wat ons in

September aan SA Poskantoor sal stuur. Stuur intussen

asseblief vir ons nog posbusadresse van mense wat 'n

Afrikaanse kennisgewing wil hê. Help ons om 'n duidelike

boodskap aan SA Poskantoor te stuur.

Boekskenkings: Baie dankie aan die kinders van mnr

HG van der Merwe ( wat 30 jaar lank in diens van Nasionale

Boekhandel) wat hulle pa se kosbare boekeversameling

aan die VVA geskenk het. Phia het al hierdie boeke

gekatalogiseer en word vir R10 elk verkoop. Die katalogus

word uitgestuur aan belangstellendes en is ook op ons

webwerf beskikbaar. U kan die katalogus en/of boeke by

Phia van der Westhuizen (vvafr@mweb.co.za of 8083745)

bestel. Daar sal ongelukkig posgeld gehef moet word.

Dankie nogmaals aan Sarel van der Merwe wat die boeke by

die kantoor besorg het. Ons wens ons kon almal net hier

hou en veilig bewaar!

cyberbugs - kubergoggas (d.w.s. viruse, wurms ens.)

cyberdude - rekenaarkokkedoor

cyberphobia - kuberfobie, kubervrees

computer printout - rekenaardrukstuk, rekenaaruitdruk

Taknuus

Vorentoe-tak, Soweto

Die voorsitter, mnr Victor Khambule skryf gereeld om ons op

hoogte te hou van die VVA-tak daar. Hy stuur die volgende

gedig oor Afrikaans om ons te inspireer vir 2006:

My taal Afrikaans is 'n pragtige taal

Ek is lief vir my taal

Ek is nie skaam vir my taal Afrikaans nie

Ek druk myself uit in Afrikaans

O! My taal Afrikaans

Ek is trots oor my taal Afrikaans

Ek laat baie mense weet dat ek die taal praat

Ek pronk en spog met my taal

Die liefde van my taal tintel oor my gesig

O! My taal Afrikaans

(Verkort)

Eben van Renen berig uit Londen oor die

Afrikaanse Koffiekroeg wat hy

en sy vrou daar begin het:

"Hallo Amanda

Ons Koffiekroeg is maar klein op die oomblik. Ons het

gereeld so tussen 6 en 8 lede, afhangende van mense se

werksomstandighede ens. Hier is 'n interessante feit:

Die groepie bestaan uit:

1.) Een Brit (wat Afrikaans uit boeke alleen vir die

afgelope 8 jaar aanleer.)

2.) Een Franse vrou (wat 'n absolute beginner is, en

beplan om in SA te kom werk)

3.) Een Duitser ('n nuweling by ons)

4.) Een Kanadese vrou (getroud met 'n Afrikaner -

naamlik ekke!)

5.) Een Nieu-Seelander (getroud met 'n Namibiër)

6.) Een Namibiër (getroud met bogenoemde)

7.) Een Transvaler (Pieter Scheepers)

8.) Een Kapenaar (ek).

Wie sê Afrikaans is nie 'n mooi taal nie? Veral die Brit en die

Duitser studeer Afrikaans om geen ander rede as dat dit 'n

mooi taal is nie. Die Duitser het vir my gesê: If Dutch is toast

and butter, Afrikaans is the Full English Breakfast!

Goedgaan

Eben van Renen"

Tswane/Pretoria

Die volgende memorandum oor die naamsverandering van

Pretoria is op 16 Februarie 2006 aan President Thabo Mbeki

oorhandig deur Steve Hofmeyr (sanger), Kallie Kriel

(woordvoerder van Solidariteit), prof Marinus Wiechers

(regsgeleerde), prof Danie Goosen (voorsitter van die

Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge - FAK), Piet

Uys (voorsitter van die Blou Bulle oud-spelersvereniging) en

Elzabe Gagiano (Pretoriase kampvegter vir verbruikersregte).

Pretoria as naam van die hoofstad van Suid-Afrika

Geagte President Mbeki

Hierdie memorandum word aan u oorhandig na aanleiding van

mediaberigte oor uitsprake wat u tydens die openingsplegtigheid

van die progressiewe regeringsberaad sou gemaak het oor die

voortbestaan van Pretoria as naam van die hoofstad van Suid-

Afrika.

Ons, die ondergetekendes, asook die duisende ander wat - soos

ons - Pretoria as 'n belangrike deel van hulle erfenis beskou,

versoek u regering en u as President, om nie in te stem dat

Tshwane vir Pretoria as naam van die hoofstad van Suid-Afrika

vervang nie. Ons versoek ook die geleentheid om met u 'n

gesprek te voer voordat u regering 'n besluit oor die naamkwessie

neem. Ons sal graag op 'n konstruktiewe wyse wil meewerk om 'n

oplossing vir die naamgeskil te vind.

Die versoek vir die behoud van Pretoria as naam van die hoofstad

word onder andere op die volgende gegrond:

1 Die vooruitgang van die land hang daarvan af of ons

onderskeie gemeenskappe daarin kan slaag om wen-wenoplossings

vir knelpunte te bereik. Die huidige gebruik van

Pretoria as naam vir die stad en Tshwane as naam vir die

Metropolitaanse munisipaliteit, is reeds so 'n wen-wen-oplossing

wat almal akkommodeer. Soortgelyke oplossings bestaan elders

in die land. Die stad Bloemfontein bestaan volwaardig binne die

Mangaung-munisipaliteit, Kimberley binne Sol Plaatjie, Durban

binne Ethekwini, Port Elizabeth binne die Nelson Mandela

Metropool, ens. Deur Pretoria met Tshwane as stadsnaam te

vervang, word die huidige wen-wen-oplossing tot niet gemaak.

2 Die redusering van Pretoria as naam van die hoofstad

tot die naam van slegs 'n paar straatblokke, stuur nie 'n boodskap

van versoening uit soos wat die Tshwane Metroraad beweer nie,

maar eerder een van vergelding. Dit is 'n terugslag vir die

versoeningsproses.

3 Die aanhef tot die Grondwet van Suid-Afrika (1996)

bepaal dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon,

verenig in diversiteit. Die aanhef bepaal ook dat daar respek

moet wees vir almal wat gehelp het om ons land te ontwikkel en op

te bou. Dit voorveronderstel wedersydse erkenning, respek en

akkommodering van mekaar deur die onderskeie gemeenskappe

in die land. Die redusering van Pretoria se naam is nie 'n daad van

erkenning nie, maar is eerder die miskenning van die erfenis en

bydrae deur 'n deel van die land se bevolking. As hulle erfenis nie

vir die land aanvaarbaar is nie, kan dit die boodskap uitstuur dat

hulle gemeenskap ook nie vir die land aanvaarbaar is nie.

4 Andries Pretorius, na wie Pretoria vernoem is, het by

verskeie geleenthede samewerking en versoening met swart

stamme bevorder. Hy het byvoorbeeld swart konings

byeengebring om hulle teen Britse imperialisme te verset. Om

Pretorius se rol in ons land se geskiedenis as negatief te beskou,

is doodgewoon 'n verdraaiing van die geskiedenis.

5 Geen openbare konsultasieproses is gevoer oor die

verandering van Pretoria se naam na Tshwane nie. Dit is in

botsing met die gees van 'n volwaardige deelnemende

demokrasie.

6 Ingevolge die Grondwet en landswette is burgers

geregtig op billike administratiewe optrede. Die feit dat die

voorsitter van die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad die

Tshwane Metroraad gehelp het met die opstelling van sy aansoek

om Tshwane as pleknaam te registreer, is nie 'n aanvaarbare

administratiewe handeling nie. Die voorsitter kon nie gelyktydig

skeidsregter en speler in die proses wees nie.

7 Volgens die navorsingspan wat deur die Tshwane

Burgemeester aangestel is om die naamkwessie te ondersoek,

sal die naamsverandering sowat R1,5 miljard kos. Dié geld kan

veel beter aangewend word om armoede in die land te verlig.

8 Pretoria is 'n nasionale bate. 'n Memorandum wat ons

by die Parlement van Suid-Afrika ingehandig het, word ter stawing

van hierdie stelling aangeheg.

Die feit dat letterlik duisende Pretorianers - waarvan 'n groot deel

nog nooit voorheen aan openbare protesaksies deelgeneem het

nie dit verlede jaar nodig geag het om aan 'n protesoptog vir die

behoud van Pretoria se naam deel te neem, bevestig dat 'n groot

deel van die stad se inwoners die saak met erns bejeën. Ons glo

en vertrou dat u hierdie memorandum met dieselde erns sal

oorweeg.

(Kontakbesonderhede: Kallie Kriel, Tel 082 441 5073,

kallie@solidariteit.co.za)

O GAATS!

Ek is onlangs gediagnoseer met O.G.A.A.T.S

O uderdom-Geaktiveerde Aandag-Afleibare

Teenwoordigheids-Sindroom! Dis hoe dit werk: Ek besluit om

die kar te was. Ek beweeg na die kar toe en sien die pos op die

tafel. Ek besluit om net eers gou deur die pos te gaan. Ek sit die

kar se sleutels op die lessenaar neer en gooi die gemorspos weg.

Ek merk toe dat die snippermandjie vol is en besluit om dit in die

asblik te gaan uitgooi. Terwyl ek nou naby die posbus gaan

verbyloop besluit ek om sommer gou die rekeninge te betaal. My

tjekboek is skoonveld. Ek onthou ek het nog 'n leë tjekblaadjie in

die kamer en toe sien ek die koeldrank wat ek besig was om te

drink langs die rekenaar. Ek besluit om die tjekblaadjie te gaan

haal maar ek wil net eers die koeldrank op 'n veiliger plek neersit.

Miskien moet ek dit op die yskas neersit. Oppad kombuis toe sien

ek die potplante het water nodig. Ek sit toe die koeldrank op die

rak neer en sien my bril wat ek heel oggend gesoek het. Miskien

moet ek dit eers bêre. Ek maak die waterbeker vol om die plante

nat te gooi en sien iemand het die afstandbeheer van die TV in die

kombuis gelos. Ons sal nooit vanaand daaraan dink om in die

kombuis vir die ding te soek nie so dit moet eers terug familiekamer

toe. Ek gooi water by die plante en sit die afstandbeheer in

die familiekamer en stap terug kamer toe terwyl ek dink waarmee

ek besig was. Aan die einde van die dag is die kar nie gewas nie,

die rekeninge nie betaal nie, die vuilgoed nie uitgegooi nie, die

koeldrank staan op die kombuisrak, my tjekboek is weg en ek kan

my karsleutels nêrens kry nie! Ek wonder nou nog hoekom ek

vandag niks gedoen gekry het nie want ek was tog heeldag besig!

Ek besef dis 'n ernstige probleem en ek moet daaraan werk ..........

ek wil net eers gou na my e-pos kyk!

(Skrywer onbekend)

AFRIKAANS WALGLIK?

Hein Willemse skryf in Die Burger van Februarie 2006:

Volgens 'n onlangse berig in Beeld vind 'n militêre regter dit

"walglik" dat verklarings van Afrikaanssprekendes in

Afrikaans voorgelê word.

Uit die talle sinonieme wat daar vir afkeer in Engels is, kies

Lt. Kol. Mbulelo Kenneth Mandela toe "disgusting". In sy

uitspraak vir die rekord kies hy nie woorde met 'n meer

neutrale strekking soos "unacceptable" of selfs "improper"

nie. Nee, hy kies "disgusting" - walglik.

In my Engelse tesourus staan die sinonieme vir "disgusting"

op 'n rytjie: filthy, ghastly, horrible, nauseating, repellent,

repulsive, revolting, sickening, sordid. Afrikaanse

sinonieme vir walglik is daar ook meer as genoeg van. Dink

maar aan aaklig, afgryslik, afskuwelik, afstootlik, goor, naar,

onwelriekend, sleg, vieslik, vuil, weersinwekkend en lelik.

Lelik? Is dit nie dieselfde woord wat die Britse tydskrif

Wallpaper in 'n berig gebruik het nie, toe daar na Afrikaans

as "die lelikste taal" ter wêreld verwys is?

Ek herinner my aan 'n uitspraak wat die gevierde Suid-

Afrikaanse jazz-sangeres, Miriam Makeba, in haar

outobiografie, Miriam Makeba - My story (1988) gemaak het.

Sy het gesê: "(The) Afrikaners spoke Afrikaans, which is a

mongrel Dutch with some German. Afrikaans has a guttural

and ugly sound. It would later be very effective to use when

the authorities ordered native families from our homes or

commanded soldiers to fire into unarmed crowds. It is the

language of genocide, and, in fact, it sounds like the German

the Nazis speak in Hollywood movies."

Natuurlik is dit loutere onsin om van 'n taal as "lelik" of

"walglik" te praat. Op gewoon 'n kognitiewe en referensiële

linguistiese vlak is die uitsprake van Makeba, die Wallpaperskrywer

en Mbulelo Mandela nutteloos: geen taal, daardie

samestelling van klank en geluid wat kommunikasie tussen

mense moontlik maak, kan as sodanig "lelik" of "walglik" of

selfs "mooi" of "aantreklik" wees nie.

Tog moet ons 'n tweede vlak van hierdie gesprek oor taal

onderskei: die emotiewe vlak. Die wyse waaróp ons praat,

en die wyse waarop ons óór ander praat, sê meer van die

spreker as van die aangesprokene.

Die Makeba-aanhaling is 'n goeie illustrasie hiervan. Sy lê

verbande tussen die Afrikaners en 'n stel negatiewe

waardes: verbastering, gutturale klanke, gedwonge

uitsetting, die polisie wat op ongewapende skares vuur en

volksmoord. Vir haar word Afrikaans die (hiperboliese)

kortbegrip van haar verset, van haar teenkanting teen

politieke beheer of van haar stryd teen gedwonge uitsetting.

Afrikaans word nou beklee met 'n metaforiese en simboliese

gehalte wat Makeba se anti-apartheidshouding moet

weerspieël. Daarom is die enigste uitweg vir haar om die

taal te verwerp en daarmee 'n simboliese bres teen

apartheid te slaan.

Oorblyfsels van hierdie simboliese opstand is ook te lees uit

Mbulelo Mandela se ongelukkige gebruik van "walglik" in sy

militêre hofuitspraak. Uit al die beskikbare Engelse

sinonieme kies hy 'n woord wat méér oor homself sê, as wat

hy waarskynlik bereid is om in die openbaar te verklaar. Ek

ken nie die luitenant-kolonel nie, maar ek vermoed dat hy uit

die nie-statutêre magte by die nuwe Suid-Afrikaanse

Nasionale Weermag aangesluit het. As dit waar is, dra hy

dus 'n lang geskiedenis van verset teen apartheid. En

daarop het hy natuurlik 'n goeie reg, maar as dit sy uitsprake

moet bëinvloed, is 'n perd van 'n ander kleur.

Die oorheersende emotiewe lading wat "walglik" hier dra, is

dat dit iets sê oor Mbulelo Mandela se onvermoë om

Afrikaans te beheers en tweedens dat dit duidelik

institusionele mag demonstreer, selfs al klee die militêre

regter sy uitspraak in die taal van ná-1994 politieke

gelykberegtiging: "Ek kan nie verstaan hoekom dit nie ook

met Afrikaanssprekende mense gedoen word nie (naamlik

om verklarings in Engels af te lê soos met inheemse Afrikatale

gebeur nie)."

Juis as militêre regter moes hy sy mag op 'n meer

konstruktiewe wyse gebruik het. Om bloot Engels as die

taal van die hof, of die handel, of die onderwys te kies, is om

gewone mense se toegang tot dienste te beperk en hulle

monddood te maak. Om 'n sanksie uit te roep omdat 'n

verklaring in Afrikaans is, is om 'n onreg aan die beskuldigde

te doen. Mbulelo Mandela moes, as hy die grondwetlike

regte van sy soldaat wou beskerm, aangedring het dat daar

behoorlike tolking in sy hof geskied.

BOEKNUUS

Die volgende klassieke verhale in die LIBRI-REEKS is

pas hervertaal deur Janie Oostuysen.

[Human & Rousseau, R89.95 elk]

Die avonture van Tom Sawyer - Mark Twain

Die avonture van Sherlock Holmes - Sir Arthur

Conan Doyle

Skateiland - Robert Louis Stevenson

White Fang die wolfhond - Jack London

Lekker strokiesverhale om te lees: Dit gaan oor

Kuifie se nimmereindigende avonture!

Die Geheim van die Eenhoorn en Die

geheimsinnige Ster

Protea Boekwinkel op Stellenbosch se twee

topverkopers vir Januarie is:

“Kroes” Pat Stamatélos

“Die uitgespoeldes” Dalene Matthee

Bukhuki in Somerset-Wes beveel die volgende boeke

aan vir die kleinvolk:

Lili die wensfeetjie

Natuuraktiwiteite - Ontdek die Sterre; Ontdek klippe

en fossiele

Oorleefreeks - Oorleef in 'n oerwoud; Oorleef op 'n

verlate eiland; Oorleef op die see

DR ANTON RUPERT

RUSTELOSE SKEPPENDE GEES

Dr Anton Rupert is Woensdagaand 18 Januarie 2006 op nege-entagtigjarige

ouderdom in sy huis op Stellenbosch oorlede, drie

maande na die heengaan van sy eggenote, Huberte. Enkele dae

later was die kerk gevul met familie en vriende om die laaste eer

aan hierdie merkwaardige man te betoon.

Vormende jare

Anthony Edward (Anton) Rupert is op 4 Oktober 1916 op Graaff

Reinet gebore waar hy sy skoolopleiding ontvang. Hy gaan

daarna na die Universiteit van Pretoria (UP) waar hy twee grade in

die Chemiese Wetenskappe verwerf en ook 'n leidende rol in die

studentegemeenskap speel. Vir 'n tyd tree hy ook op as dosent

aan die UP.

'n Loopbaan in die sakewêreld

Die depressie van 1929-33 het veral die boeregemeenskap

swaar getref. Rupert sluit aan by die Reddingsdaadbond wat as

oogmerk gehad het die opheffing van die Afrikaner.

Sodoende maak hy kennis met leiersfigure in die Afrikaanse

gemeenskap. Sy oogmerk was om aktief tot die sakewêreld toe

te tree en die eerste stap in die rigting was die stigting in 1941 van

die Voorbrand Tabakmaatskappy, vervaardiger van pyptabak, in

samewerking met drs AJ Stals en Nic Diederichs, wat later albei

kabinetsministers geword het.

In 1943 stig hy en Dirk Hertzog, sy groot vennoot in toekomstige

operasies, Tegniese en Industriële Beleggings, die moedermaatskappy

van die Rembrandtgroep. Min of meer dieselfde tyd

koop hy Forrer Brothers, 'n drankonderneming in Kaapstad en

hieruit het Distillers-korporasie, een van die grootste drankgroepe

in die land ontwikkel.

Planne om toe te tree tot die sigaretindustrie is intussen afgerond

en in 1948 kom die Rembrandt-sigarette op die mark. Vir Rupert

was dit 'n droom wat waar geword het. Hy het so dikwels gesê:

“Hy wat nie in wonderwerke glo is nie 'n realis nie”. Die nuwe

sigaret is met geesdrif ontvang.

In 1952 het 'n belangrike deurbraak gevolg met die introduksie tot

die mark van die wêreld se eerste lang (kingsize) filtersigaret.

Kort daarna het gevolg die eerste estron-filtersigaret, Peter

Stuyvesant, wat ongelooflike welslae behaal het.

Vir Rupert was dit belangrik om altyd eerste te wees, die eerste

met nuwe idees. Die keuse van die regte name vir sy sigarette

was vir hom besonder belangrik. Beide Rembrandt en

Stuyvesant was Hollanders en elkeen 'n uitstaande

persoonlikheid op sy gebied. Heel wyslik het hy reeds voor 1948

sy handelsmerke in meer as 70 lande geregistreer.

Uitbreiding van sy globale belange

Rubert het in 1945 van 'n Britse maatskappy, Rothmans of Pall

Mall toestemming verkry om sy sigarette in Suid-Afrika te bemark.

Daarmee het hy die grondslag gelê vir sy intrede tot die mark met

sy eie sigarette in 1948. In 1953 het hy beheer gekry oor

Rothmans en so die pad vir hom oop gemaak na die oorsese

markte. In samewerking met Europese vervaardigers het

Rembrandt 'n vastrapplek in Australië, VSA en die lande van

Europa verkry. Na 10 jaar in die internasionale mark het die groep

meer sigarette in 'n dag verkoop as voorheen in 'n hele maand.

Na die sigarette en drank het sy belegging in die

luuksegoederebedryf gevolg wat geblyk het ook suksesvol te

wees. Sy sakeryk het uiteindelik oor ses kontinente gestrek.

Redes vir sukses

Waaraan is die ongelooflike sukses van Rupert toe te skryf?

Kenners wys veral op die volgende:

Sy uiters suksesvolle bemarkingsaksies. As 'n bemarker, so

word gesê, het hy geen gelyke gehad nie;

Die waarde wat hy aan gehalte geheg het. In sy fabriek hang

daar 'n kennisgewing wat sê elke sigaret moet 'n meesterstuk

wees.

Ander skeppende iniatiewe

Waar Rupert in die eerste jare op twee areas gekonsentreer het

nl. die belange van sy personeel en die van sy aandeelhouers, het

hy in die sestigerjare begin om aandag aan die breë gemeenskap

te gee waarin hy geleef en gewerk het, 'n filantropiese

ingesteldheid wat vir hom veel roem besorg het en waarvoor hy

deur die nageslag onthou en geëer sal word.

Wat hy in hierdie verband gedoen het moet veral gesien word in

die lig van sy filosofie van medebestaan en deelgenootskap,

tussen mens en mens en tussen mens en die natuur. Sy liefde vir

die natuur loop soos 'n goue draad deur sy lewe.

Enkele van die vele terreine wat sy aandag en aktiewe steun

geniet het kan hier kortliks aangestip word:

Die Rembrandt van Rhyn Stigting om waardering van

die kuns te bevorder;

Die onderneming Historiese Huise van SA. Rupert was

uiters bekommerd dat huise van geskiedkundige waarde, o.a. uit

die Kaap-Hollandse tydperk, dikwels eerder gesloop as

gerestoureer is. Sy maatskappy het ingetree en talle sulke huise

op Stellenbosch, sy geboortedorp Graaff Reinet asook elders

gered deur hulle volwaardig te herstel en so ons kultuur-historiese

erfenisse help bewaar;

'n Mediese wisseldiens op sy koste ingestel wat dokters

oor naweke na Lesotho geneem het om daar operasies uit te voer

en na siekes om te sien. Die diens het 25 jaar voortgeduur.

Sy liefde vir die natuur vind in die praktyk uitdrukking op meer as

een manier. Twee kan hier genoem word. In 1968 het hy die SA

Natuurstigting tot stand gebring om die ryk natuurlike erfenis van

die subkontinent te bewaar. Op 80 jarige leeftyd is 'n belangrike

ideaal van hom verwesenlik met die totstandkoming van die

eerste oorgrens park tussen Suid-Afrika en Botswana. Tans word

14 sulke parke ontwikkel, waarby ander lande soos Mosambiek

en Zimbabwe ook betrek is. Aan die reuseprojek het hy tot aan die

einde van sy lewe gewerk. Die Vredesparke soos hulle tans

genoem word en wat hy met oorgawe bevorder het, word as

Rupert se grootste sege beskou.

Die Ruperts se kunsversameling

er

Dr en mev Rupert het reeds sedert die 40 jare groot

belangstelling in Suid-Afrikaanse kunstenaars getoon en

besondere waardering vir hulle werke gehad. 'n Groot

versameling is dan ook oor die jare byeengebring, nie slegs van

ons eie kunstenaars nie maar ook internasionale name soos

Picasso, Rodin, Renoir en veel ander tel onder hulle waardevolle

versameling. 'n Deel daarvan is te sien in die Rupert museum wat

enkele jare gelede op Stellenbosch opgerig is.

Rupert vereer

Vir alles wat hy tot stand gebring het is hy op talle maniere vereer.

Slegs enkeles word genoem:

Vyf SA universiteite het ere-doktorsgrade aan hom toegeken;

Die Hertog van Edinburg se gesogte bewaringstoekenning is

in 2003 aan hom toegeken, die enigste persoon in Suid-Afrika

wat dit nog ontvang het.

ste

In 1999 is hy in Kaapstad as die sakepionier van die 20 eeu

aangewys.

Rupert as mens

Sy vriende het hom as 'n saggeaarde vriendelike man geken wat

jou altyd met 'n glimlag begroet het. Die bande met sy familie was

baie heg en die dood van sy oudste seun Antony het vir hom en sy

eggenote groot droefheid gebring. Hy het homself gesien as 'n

persoon met 'n Christelike gewete, 'n Afrikaanssprekende Suid-

Afrikaner, 'n westerling en laastens as 'n burger van die wêreld.

'n Personeellid het hom as volg beskryf: Hy was nie 'n moeilike

persoon om mee saam te werk nie, maar veeleisend. Hy het hoë

standaarde aan homself en aan andere gestel. As 'n rustelose

skeppende gees, 'n mengsel van idees en aksie het hy sy stempel

op vele terreine afgedruk.

Ten slotte het 'n kommentator die gevoel van talle mense oor 'n

wye spektrum vertolk toe hy verklaar het dat Anton Rupert 'n groot

leemte laat, maar vul ook 'n enorme ruimte in die herinneringe van

diegene wat die voorreg gehad het om hom te ken.

Enkele van sy bekende gesegdes:

Help ander om hulself te help; en

As jou buurman nie eet nie kan jy nie slaap nie.

(Deur mnr W Dempsey uit verskillende bronne saamgestel)

SKOOLBEHEERLIGGAME

Hoekom is dié onderwerp

in 2006 belangrik?

Vanjaar (2006) is die jaar waarin Skoolbeheerliggame (SBL's)

weer vir 'n volgende termyn van drie jaar verkies gaan word.

Skole is afhanklik van die ondersteuning van die

skoolgemeenskap en veral van leiers in daardie gemeenskap!

Ouers kan met hulle geesdrif, kennis en kundigheid 'n

geweldige groot bydrae lewer tot suksesvolle skole in hulle

gemeenskappe. Dit kan uiteraard net gebeur as ouers hulle

beskikbaar stel om tot SBL's verkies te word of deur minstens

hulle stemme uit te bring tydens die verkiesing.

Stempersentasies by die verkiesing van SBL's is gewoonlik

skokkend laag en as dit die geval is, kan die Minister seker nie

kwalik geneem word as sy die indruk kry dat ouers se

belangstelling in die onderwys van hulle kinders nie van so 'n

aard is dat hulle werklik 'n sê daaroor wil hê nie.

Elke lid van die gemeenskap het 'n verantwoordelikheid

teenoor die skool in sy gemeenskap. Hierdie jaar sal aandui of

ons skole in gemeenskappe het wat ons verdien om te hê. ONS

SKOLE SAL IN DIE TOEKOMS 'N WEERSPIEËLING WEES

VAN DIE GEMEENSKAP WAARIN DAARDIE SKOOL GELEË

IS.

Deur te gaan stem (of nie), is dit in u hande hoe u gemeenskap

weerspieël gaan word.

(Inligting uit die DK-nuusbrief 1/2006; Bydrae deur Paul

Colditz, Nasionale Voorsitter van FEDSAS.)

Van wie se kinders praat hulle?

Die poging van die Kaapse Onderwysdepartement om

Engelse leerders by die Laerskool Mikro in te forseer, het die

gevolg gehad dat eers die Kaapse Hoë Hof en toe die Hoogste

Hof van Appèl uitspraak teen die Onderwysdepartement gegee

het.

In plaas daarvan om in die Mikro-saak te appelleer na die

Konstitusionele Hof het die Minister van Onderwys 'n

wetsontwerp daargestel in terme waarvan die

aanbevelingsmagte van beheerliggame van skole in die

toekoms gewysig sal word.

'n Woordvoerder van die Minister het ontken dat die

voorgenome wetswysigings die magte van beheerliggame sal

inkort. In teenstelling hiermee het die Minister egter beweer dat

sommige beheerliggame nie saamgewerk het met die regering

se bedoeling om te transformeer en toegang tot opvoeding te

verseker nie, m.a.w. dat hulle in effek onredelik opgetree het.

Die Minister se voorgenome wetswysiging is onnodig. Die

werksaamhede van 'n beheerliggaam kan ingevolge die

huidige artikel 22 van die Skolewet 1996 deur die hoof van die

betrokke onderwysdepartement op redelike gronde tersyde

gestel word.

Volgens die Skolewet moet die ouers van leerders die

meerderheid op 'n beheerliggaam hê. 'n Beheerliggaam kan

ingevolge huidige wetgewing onder meer die taalbeleid van die

betrokke skool vasstel. Wat is meer redelik as dit? In

aansluiting hierby is NAPTOSA se standpunt egter dat " ... the

current system, in which school governing bodies appoint

teachers independently of the government, was [is?] open

to abuse and fostered favouritism". Moet die aanstelling

van onderwysers dan van die regering afhanklik wees?

Dit is ironies dat die Skolewet, wat die belange van ouers en hul

kinders beskerm, nie deur die vorige regering (vóór 1994)

daargestel is nie, maar deur die ANC-regering self in 1996. 'n

Verdere en groter ironie is dat die ANC-regering self die VN se

Universele Verklaring van Menseregte, 1948, onderskryf het,

wat die volgende verg: "Parents have a prior right to choose

the kind of education that shall be given to their children."

Blykbaar sal sommige bevoegdhede van beheerliggame in die

toekoms na skoolhoofde oorgeplaas word, d.w.s. persone wat

deur onderwysdepartemente aangestel en besoldig word. Die

enigste redelike afleiding wat mens kan maak is dat die

voorgestelde wetgewing onder meer beoog om beheerliggame

wat volgens die owerhede halstarrig optree deur 'n Afrikaanse

taalbeleid te aanvaar (soos die Mikro-skool), kort te vat.

Die Minister van Onderwys behoort nou vir ons te sê met wie se

kinders het ons hier te doen: onderwysdepartemente s'n,

skoolhoofde s'n of ouers s'n?

(Prof A C Cilliers, Stellenbosch)

Tant Lydia Hendricks se verhaal

In November 2005 reël Riana Scheepers en Nicci Thabo 'n

kortverhaalwedstryd oor plaasstories waarvoor hulle meer

as 300 inskrywings ontvang. Die kompetisie het saamgeval

met die 300-jaarvieringe van De Compagnie, die pragplaas

naby Wellington - waarop Riana en haar man, Johan

Loubser, wyne en brandewyn maak. Die Vriende van

Afrikaans het 'n prys van 'n R1000 geskenk in die kategorie

van voorheen ongepubliseerde bruin en swart skrywers. En

die wenner van die prys was mev Lydia Hendricks van

Stellenbosch. Wat hierdie wenner so besonders maak, is

die feit dat sy 80 jaar oud is! Haar kleinkind het haar oorreed

om in te skryf omdat tant Lydia op die plaas Steenwerp in die

distrik Porterville grootgeword het en dus baie stories oor die

lewe op 'n plaas te vertel het. Tant Lydia was in die wolke oor

die prys aangesien sy nog nooit in haar lewe 'n prys gewen

het nie. Ons plaas met groot graagte tant Lydia se verhaal.

Die heuningswaaier

Ek, Lydia Hendricks, het op 'n plaas grootgeword. Maar dit

was meer as 'n plaas. Dit was 'n plaas met wingerde en

koringlande en melkkoeie en skape.

Dit was ook 'n plaas met mense.

Daar was 'n groot kelder op die plaas. Met parstyd as die

druiwe ryp is, dan is ons kinders almal in die wingerd en ons

sny druiwe laat dit goed goed gaan. Ek was baie lief vir

parstyd, dit is 'n anderster tyd op die plaas. Die mense werk

hard, die son brand jou klaar, maar daar is 'n ander gees op

die plaas in dié tyd.

As die mos reg is, dan maak my ouma vir die kinders

mosbolletjies.

Daar was groot koringlande. Kom koringtyd, dan dreun die

dorsmasjiene deur die ryp lande. Die manne werk en die

kinders speel in die gedorste strooi. Saans brand jou lyf as

jy bad.

My oupa het die koeie gemelk. Hy was die melkman op die

plaas. Daar was mettertyd 'n moderne melkmasjien. As die

melk inkom, word die melk geskei en dan word botter en

karringmelk en kaas gemaak.

Moenie van die skape praat nie! As die skape geskeer word

en my oupa skuif hulle so tussen sy bene in, dan is hulle wild!

Maar Oupa hou vas en skeer dat die wol waai.

Heuning. Daar was ook byneste in kaste op die plaas. Ek

was die heuningswaaier. My potjies heuning was

glashelder.

Die plaas was in die Porterville-distrik. Steenwerp, was die

plaas se naam.

Daar is nou nie meer só 'n plaas nie. Net 'n groot

gevangenis wat op die plaas gebou is. Voorberg

Gevangenis.

Ek is 'n ou vrou van tagtig jaar oud. Ek verlang na 'n tyd toe

niemand in die gevangenis was nie. Toe ons geleef het van

mosbolletjies en koringstrooi en karringmelk.

En heuning.

2006*Jaar van die Afrikatale*2006*Jaar van die Afrikatale*2006*Jaar van Afrikatale*2006*Jaar

DANKIE SUSSIE

Afrikaans is die taal waarin ons lag, en huil. Afrikaans is

die taal waarin ons feesvier, maar ook rou. Die volgende

gedig is geskryf deur 'n jong man vir sy ouer suster, Carli,

wat in 2004 tragies in 'n motorongeluk gesterf het.

Dankie aan Marius, Theo-Charl, Marie en Charles Kieck

wat toestemming gegee het dat ons dit mag plaas.

Dankie Sussie, já, dankie dankie

Dankie sussie vir nog 'n dag

Wat ek en jy so saam kon lag.

Dankie sussie vir élke dag

Wat ons saam kon wees tot laat die nag.

Dankie sussie vir al jou hulp

In my lewe was jy 'n goud geel tulp,

Dankie sussie vir elke bak en brou

Daardie liefde is soos deeg deur my vingers gevou.

En nou is dit ook als verby,

Maar eintlik 'n nuwe perspektief vir my.

Want deur jou liefde in my hart,

Voel ek verlos van alle diepe smart.

Maar nou vra ek 'n laaste gunsie,

En asse-groot-blief doen dit vir my.

Sprei oop jou vlerke,

Wyd en groot, jou nuwe vlerke.

En vlieg soos 'n arend,

Sweef soos 'n berghaan.

Sweef vir my, want ek's bloot net mens

En om te vlieg soos 'n arend is nog altyd my grootste

wens.

So gaan nou in vrede,

Jy's mos vry van óns hede.

En sprei daai vlerke,

En sweef oor ons lewens.

Dankie sussie, já dankie dankie.

Jy was en is die vetkryt van my lewe!

(Marius Kieck)

Ledegeld

U ledegeld vir 2006 is nou betaalbaar. Dit beloop nog steeds

R100 per jaar. Met hierdie bydrae help u ondermeer om

Doendinge na 2000 belangstellendes landwyd te versprei

en ook om die VVA-kantoor op Stellenbosch in stand te hou.

Baie dankie!

Baie dankie aan almal wat ledegeld betaal het. Laat weet ons asseblief van enige

adresveranderinge, en ook as u die nuusbrief liewer per e-pos wil ontvang. As u sou wou,

kan u Doendinge gerus dupliseer en verder versprei.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!