02.05.2013 Views

1 johan combrink-gedenklesing, 9 februarie 2006 - Vriende van ...

1 johan combrink-gedenklesing, 9 februarie 2006 - Vriende van ...

1 johan combrink-gedenklesing, 9 februarie 2006 - Vriende van ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

JOHAN COMBRINK-GEDENKLESING, 9 FEBRUARIE 2006:

ENKELE ASPEKTE RONDOM AFRIKAANS EN DIE GEDRUKTE MEDIA

HENRY J. J. JEFFREYS, WAARNEMENDE REDAKTEUR: DIE BURGER

Prof. Van Wyk, Die Vriende van Afrikaans, dames en here.

Baie dankie vir die uitnodiging om vanaand deel te neem aan die gesprek oor

kwessies en uitdagings vir Afrikaans. Ek het die afgelope dae sterk onder die

indruk gekom van die agting wat mense het vir die Johan Combrinkgedenklesing

en waardeer u waagstuk om my as gas te hê by vanjaar se

geleentheid.

Dit is inderdaad vir my ‘n voorreg om enkele gedagtes met u te deel oor ‘n

onderwerp wat ek aanvaar ons gemeenskaplike passie is, en dit later in die

gesprek verder na te speur.

Dit is ook ‘n voorreg om die podium te deel met Johann Rossouw, met wie ek

al baie in die verlede in oop gesprek of redaksioneel in debat was oor

Afrikaans en die lot van Afrikaanses in die omvormde Suid-Afrikaanse

samelewing.

Ek hoop dat ons gesprek vanaand, of ons nou met mekaar saamstem, verskil,

of selfs neutraal teenoor een die ander opeindig, ‘n bydrae sal maak tot die

verdieping van die veelkantige en belangrike debatte oor Afrikaans.

Klem

Ek fokus veral op die heersende klem van die diskoers oor Afrikaans en waar

ek dink dit behoort te wees.

Hier in die Wes-Kaap en veral op die kampus waar ons ons nou bevind, gaan

dit natuurlik deesdae veral oor die taalbeleid van die Universiteit

Stellenbosch.

Dit is ‘n debat en proses wat ek tot onlangs toe as politieke joernalis met

belangstelling van agter die veiligheid van my lessenaar in Auckland Park

gevolg het.

Met my aankoms in die Kaap ‘n paar weke gelede - vir my tydelike opdrag by

Die Burger - het ek gou agtergekom dat my beskutte status iets van die

verlede is en dat almal wat ek ontmoet meen, nee verwag, dat ek ‘n mening

oor die kwessie moet hê – verkieslik dieselfde as dié van wie ook al my

gespreksgenoot op ‘n bepaalde oomblik is.

Ek probeer hard om agter die kap van al die byle – letterlik en figuurlik lyk dit

my - te kom, maar weet nog veels te min om my sinvol daaroor uit te laat.

Dus, soos die Engelse sê, bear with me, wat dié kwessie betref.

1

Vir die doeleindes van vanaand se gesprek wil ek egter my aandag vestig op

die nasionale diskoers oor Afrikaans, die aard van die gesprek tussen ons as

‘n taalgemeenskap – die alomteenwoordige swart/wit-skeidslyn – en, vir my

baie belangrik as ons enigsins hoop om Afrikaans vir meer as net sy tersiêre

doeleindes tot sy reg te laat kom, die gesprek tussen ons as taalgemeenskap

en die res van die Suid-Afrikaanse samelewing.

Die gesprek tussen ons

Dit behoort nie, maar dit verbaas my steeds dat die aard van die debat oor

Afrikaans te dikwels verval in skerp verdelende twiste wat dalk baie doen vir

die deelnemers se ego’s, maar bitter min vir die vrugtevolle resolusie van vele

uitdagings wat die taal werklik konfronteer.

‘n Groot probleem of gebrekkigheid in die aard van die diskoers is dat daar

byna geen sinvolle gesprek tussen die twee oorheersende dele van die

Afrikaanse taalgemeenskap, die bruines en wittes - bestaan nie.

Daar word baie gepraat en gedebatteer, maar dis ‘n inwaartse proses wat

agter die grense van die verlede rondspoel en van tyd tot uitbars in ‘n

vingerwysende bekgeveg wat dalk goeie kopie vir koerante oplewer, maar

eintlik weinig toereikende waarde tot die resolusie van die problematiek van

die taal voeg.

Neem as voorbeeld die onlangse herrie oor die ANC se “positiewe”

beheptheid met Afrikaans ten tyde van die taal se 130ste verjaardag, ‘n

onderwerp wat ek in September behandel het in ‘n rubriek vir Beeld en Die

Burger.

Uit Luthuli-huis, die ANC se hoofkwartier in Johannesburg, het mnr. Smuts

Ngonyama, hoofwoordvoerder, die volgende te sê gehad: “Die ontwikkeling

van Afrikaans die afgelope 130 jaar tot ‘n volwaardige wetenskaplike taal dien

as inspirasie vir die ontwikkeling van Suid-Afrika se ander inheemse tale.”

Ngonyama het Afrikaans onder meer “inheemse Afrika-taal” genoem.

Afrikaans het ook warm verjaardagwense van die ANC in die parlement

ontvang. Ek het toe daarop gewys dat die soort lof afkomstig van ‘n sterk

ingegrawe meerderheidsparty nie te versmaai is nie.

Prof. Jonathan Jansen, ‘n goeie persoonlike vriend en ongetwyfeld ‘n vriend

en by tye selfs kampvegter vir Afrikaans (as deel van ‘n breer stryd om

meertaligheid) het baie sinies op die ANC se oenskynlike toenadering tot

Afrikaans gereageer.

Hy het twee standpunte daaroor artikuleer waarvan baie van ons nie sal hou

nie, maar wat ek glo ons oor moet besin as deel van die manier waarop ons

met mekaar gesprek voer oor die toekomslot van Afrikaans.

2

Eerstens, het Jansen gesê, onderskat Afrikaners die bitterheid onder swart

Suid-Afrikaners oor Afrikaans se eertydse rol as “die taal van die

onderdrukker”. Tweedens, meen hy, sal die regering nie sonder meer

buitensporig belê in Afrikaans wat, saam met Engels, steeds die taallandskap

in die land oorheers, sonder om ook in verwaarloosde ander Afrika-tale te

belê nie. Laasgenoemde is natuurlik die partytjie waaroor die regering baie te

sê het, maar bitter min saakmakend oor optree.

My eie probleem met die ANC se benadering tot die kwessie van Afrikaans is

dat die party dit klaarblyklik sien as ‘n Afrikaner-kwessie eerder as een wat vir

die hele taalgemeenskap van belang is. Die probleme wat die res van die

Afrikaanssprekende gemeenskap met die hantering van hul taal mag hê word

nie raakgesien of oor gepraat nie, omdat die ANC klaarblyklik die

gemeenskap as deel van die groter swart gemeenskap sien.

En hier moet ons in die oorwegend bruin deel van die Afrikaanse

taalgemeenskap en veral dié wat na aan of in die ANC-dampkring beweeg,

die hand in eie boesem steek en skerp vrae aan eie adres rig oor waarom ons

passiewe toeskouers eerder as aktiewe deelnemers in prosesse rondom die

taal is.

‘n Deel van die antwoord lê waarskynlik in ons verdeelde verlede en hoe dit

ons aan weerskante van die taalskeidslyn laat beland het, en die klaarblyklike

onvermoë aan beide kante van die skeidslyn om mekaar te vind as genote in

die Afrikaanse stryd.

Die twee standpunte wat Jansen in sy reaksie op die ANC se skielike

beheptheid met Afrikaans ingeneem het, mag dalk vir sommige van ons as

kras oorkom en ervaar word.

Maar, as ons hoop om ‘n sinvolle en uiteindelik betekenisvolle diskoers oor

Afrikaans en sy plek in hierdie wonderlik diverse land van ons te vestig, sal

ons die ongemaklike realiteite moet konfronteer – nes die onderhandelaars

van die nuwe Suid-Afrika die ongemaklike realiteite van bevrydingstryd en

onderdrukking moes konfronteer en uiteindelik oorbrug het om geboorte te

gee aan die reënboognasie wat ons almal nou so koester.

In die deel van die taalgemeenskap waaruit ek kom is daar – die versoeking is

groot om te sê uiteindelik! - groeiende onrustigheid oor die impak van die

noodwendige makrovlak-veranderinge wat die demokrasie vir ons as

taalgemeenskap meegebring het.

Die demografiese verskuiwings wat die voormalige bruin gemeenskappe die

afgelope dekade of twee ondergaan het, het ‘n besliste uitwerking op

Afrikaanssprekende kinders se voorheen relatief onbevange toegang tot

onderrig in hul moedertaal.

3

Die waarneming moet nie gesien word as ‘n hunkering na die ou rasgegronde

woongebiede of skole nie. Allermins. Dit bly egter ‘n uitdaging wat

aangespreek moet word op maniere wat nie verval in ‘n soort bruin neonasionalisme

wat verdere vervreemding van ons wit taal- en swart landgenote

in die hand kan werk nie. Dit sal waarskynlik eers ‘n bruin-bruin-gesprek verg.

Die effek van die veranderde omstandighede is dat skole en onderwysers in

voormalige bruin woongebiede onder geweldige druk is om in die legitieme

behoeftes van ander taalsprekers wat nou deel is van ‘n meer inklusiewe

gemeenskap ook te voorsien.

Die doeltreffende mediasie van die problematiek is nie voor die handliggend

nie, maar dit mag nie weens die kompleksiteit daarvan gelos word om te

smeul nie. Dit is ‘n uitdaging vir die betrokke gemeenskappe, die regering en

– meen ek – ook vir die Afrikaanse taalgemeenskap in sy geheel.

Om dié soort uitdagings suksesvol te pak blyk ‘n volhoubare dialoog tussen

die onderskeie Afrikaanse taalgemeenskappe ‘n al dringender

noodsaaklikheid te wees.

Maar dan moet ons bereid wees om eers die satans uit die verlede wat so erg

verdelend in die diskoers neerslag vind, te besweer. Op die makro-politieke

terrein het ons as Suid-Afrikaners die wêreld verstom gelaat oor die vermoe

van ons leiers en mense om die onoorbrugbare te oorbrug. Sekerlik behoort

ons dit ook te kan doen ter wille van die taal wat ons koester.

Die eintlike klem en uitdaging

In die boek Kruispad, die toekoms van Afrikaans as openbare taal (met

proff. Hermann Giliomee en Lawrence Schlemmer as redakteurs) wys dr.

Neville Alexander daarop dat die geskiedenis “op paradoksale wyse vir

Afrikaanssprekendes geleentheid (bied) om met bepaalde inisiatiewe op ‘n

grootse manier eenheid in die diversiteit van die Suid-Afrikaanse samelewing

te versterk en te onderskraag”.

Hy maak ook die baie geldige punt dat die debat oor Afrikaans baie meer sal

baat as deel van die groter debat oor meertaligheid en die ontwikkeling van

ander inheemse tale.

Dit is na my mening die korrekte klem en uitdaging vir ons as

taalgemeenskap:

Om die legitieme, grondwetlik verskanste posisie van Afrikaans op alle vlakke

en in alle sektore van die samelewing na te streef, te beskerm en te verdedig

op ‘n manier wat nie net passiewe erkentlikheid gee aan die noodsaaklikheid

van ‘n meertalige kultuur en die ontwikkeling van agtergeblewe inheemse tale

nie, maar dit aktief met die taalgemeenskap se ingeboude historiese

ontwikkelingsvaardighede en hulpbronne te onderskraag.

4

Dit word reeds op vele vlakke gedoen, soos Alexander in sy Kruispad-bydrae

uitwys, maar baie meer kan gedoen word.

En ‘n goeie plek om te begin is in die agtergeblewe dele van ons eie

taalgemeenskap.

Dis waar die twee dele van die Afrikaanse taalgemeenskap mekaar kan vind

en waar die grondslag gelê kan word vir dinamiese en inklusiewe taal-aksie –

vir Afrikaans en vir die land.

Dit is waar ek meen die nasionale taaldiskoers behoort te wees.

Die vraag is wie van die leiers in die twee taalgemeenskappe gaan die visie,

moed van oortuiging en ondernemingsgees aan die dag lê om die grense

waaragter ons as taalgemeenskap skuil, te verwyder, en wat dit lyk na die

onoorbrugbare, oorbrugbaar te maak.

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!