02.05.2013 Views

SKEPTICI BEANTWOORDHoe weet jy

SKEPTICI BEANTWOORDHoe weet jy

SKEPTICI BEANTWOORDHoe weet jy

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

SKEPTICI BEANTWOORD

A Hoe p o weet lo geti jy ka

Christus se Opstanding is uiters belang

rik as die grondslag van die

Christelike geloof. Dit is juis die

rede waarom dit die teiken van die mees

meedoënlose aanvalle is.

Wie het die steen geskuif?

Frank Morrison, ’n regspraktisyn, was absoluut

toegespits daarop om te bewys dat

die Opstanding nooit plaasgevind het nie.

Die uiteinde van al sy vermoeiende ondersoeke

was dat hy hom tot die Christendom

bekeer het en ’n boek, ‘Who Moved the

Stone?’ geskryf het. In die publikasie word

daar oorweldigende getuienis oor die Opstanding

gegee.

Bewyse wat ’n uitspraak vereis

Josh McDowell is ’n baie skeptiese universiteitsdosent

wat vasbeslote was om die

Christelike geloof te weerlê deur die bewyse

teen die Opstanding te ondersoek.

Die resultaat? Bekering tot die Christendom

en die grootse boek ‘Evidence That Demands

a Verdict’ sien die lig.

Hierin is daar volledige en afdoende

bewyse wat die historiese waarhede, feitelike

korrektheid, argeologiese bewyse,

manuskripbewyse, vervulde profesieë, veranderde

lewens en ander onweerlegbare

bewyse wat die Opstanding van Christus

JESUS LEEF?

—deur Dr. Peter Hammond

“Alle eer aan God en Vader van ons Here Jesus Christus... Nou het ons regtig hoop

omdat Jesus uit die dood opgestaan het.” 1 Pet 1:3

onderskryf, weergee. Thomas Arnold, Professor

in Geskiedenis aan die Universiteit

van Oxford en een van die grootste historici

van die 19de Eeu, het geskryf: “I know of no

one fact in the history of mankind which is

proved by better, fuller evidence of every

sort, to the understanding of a fair enquirer,

than the great sign which God has given us

that Christ died and rose from the dead.”

Ondersoek die bewyse

Een van die mees gerekende regspraktisyns

ooit en vader van die Harvard Law

School, Simon Greenleaf, word as die mees

gesaghebbende persoon gereken t.o.v.

wat geldige bewyse in enige regsaak is.

“Wat Sy heilige Goddelikheid betref – Sy opstanding uit die

dood het kragdadig bevestig dat Hy die Seun van God is.”

Rom 1:4

20 JUIG! TYDSKRIF

Hy het ’n baie deeglike studie van die objektiewe

bewyse en getuienis van die vier

Evangelieskry wers, Matteus, Markus, Lukas

en Johannes gemaak en ’n boek daaroor

gepubliseer – ‘The Testimony of the Evangelists’

(Baker, 1874).

Daarin het hy tot die gevolgtrekking gekom:

“It was impossible that they could have

persisted in affirming the truths they have

narrated, had not Jesus actually risen from

the dead, and had they not known this fact

as certainly as they knew any other fact.”

Simon Greenleaf het ook verklaar dat enige

geregshof, indien die bewyse voorgelê

sou word, uitspraak sou lewer ten gunste

van die integriteit en akkuraatheid van die

Evangelieskrywers oor die Opstanding. Een

van die gewildste boeke wat ooit geskryf

en een van die suksesvolste films wat ooit

geproduseer is, ‘Ben Hur’, was die gevolg

van die skeptiese uitdaging aan Generaal

Lew Wallace oor die betroubaarheid van

Christus se Opstanding en die noukeurige

ondersoek van die bewyse daarvan.

Wat is die ware feite?

Die godsdienstige leiers, die Fariseërs

en Sadduseërs, wat ’n veldtog gelei en

saamgesweer het om Christus te arresteer

en triomfantelik tereggestel het, het groot

belange gehad in die weerlegging van enige

aanspraak op die Opstanding. Hulle het

gedink dat die teregstelling van Jesus die

bedreiging van hulle godsdienstige magsbasis

sou elimineer en Sy ondersteu ners vir

ewig sou stilmaak.

Hulle was grootliks bekommerd oor die

Liggaam van Jesus en het die Romeinse

goewerneur, Pontius Pilatus, vir militêre

hulp genader ten einde die graf te beveilig.

(Matt 28:62­64). Die Romeinse goewerneur

se belange was om die oproerige Palestinaprovinsie

se vrede en stabiliteit te herstel.

Hy het die politieke probleme wat uit

hierdie situasie met die godsdienstige Leermeester,

wat hy drie keer onskuldig verklaar

het, kon voortvloei, erken. Uiteindelik het

hy sy hande voor die skare gewas en verklaar:

“Ek is onskuldig aan die dood van hierdie

man. Dit is op julle rekening.” Matt 27:24.

Pilatus was maar té bewus van die bespot­

Skildery afdruk deur Lieze Van Staden

SKEPTICI BEANTWOORD

ting wat daar van die gereg gemaak is en

die laaste ding wat hy nodig gehad het, was

’n hersiening van sy skandalige gedrag en

die ontduiking van verantwoordelikheid

en plig in hierdie saak. Deur seker te maak

dat die liggaam in die graf bly, was daarom

definitief in Pilatus se politieke belang. “Hier

is ’n wag vir julle. Gaan beveilig die graf so

goed as moontlik.” Matt 27:65.

22 JUIG! TYDSKRIF

Hoe weet jy

JESUS LEEF?

A p o lo geti ka

Ons dien ’n Opgestane Heer en Redder! Die dood is oorwin. Christus het

opgestaan – Hy is die Opstan ding en die Lewe! (Joh 11:25).

Die Romeinse wag

Omdat die hoëpriesters die Romeinse

goewerneur genader het, en omdat die

Griekse woord ‘Koustodia’ gebruik word

om ’n afvaardiging van soldate te beskryf,

wás dit dus ’n Romeinse wag voor die graf.

As slegs ’n tempelwag gebruik is, sou dit

nie nodig gewees het om Pilatus daaroor

te nader nie. Die kommer van die wagte

om na die Opstanding beskerm te word

teen gevolge daarvan deur die goewerneur

(Matt 28:14), bevestig dat die wagte by die

graf inderdaad Romeinse wagte was. Die

afvaardiging sou uit ten minste 16 soldate

bestaan het ­ met vier soldate direk voor

die ingang na die graf per keer aan diens.

Die Romeinse militêre wet het vereis dat

enige wag wat sy pos sou verlaat of wat

aan die slaap sou raak tydens sy wagbeurt,

gekruisig sou word.

Enigiemand wat die Romeinse seël

sonder toestemming sou breek, sou agtervolg

en tereggestel word. Alhoewel die

voorneme van die godsdienstige en politieke

leiers was om seker te maak dat hierdie

hele ‘Jesus­fenomeen’ by die graf sou

eindig, het hierdie buitengewone veiligheidsmaatreëls

net die waarheid, dat hulle

’n onskuldige man vermoor het en dat Jesus

Christus waarlik die Messias, die Seun van

die Lewende God was, bevestig.

Misleidende teorieë

Ten einde die leë graf te verduidelik, moes

die vyande van die Evangelie desperaat na

misleidende teorieë gryp. Die eerste een

was om voor te gee dat die dissipels die liggaam

gesteel het.

Dié ongelooflike teorie gee voor dat

dieselfde dissipels wat in die tuin geslaap,

tydens Sy arrestasie gevlug, voor die jong

diensmeisie ontken en bang agter toe

deure weggekruip het, gesamentlik 16 professionele

Romeinse wagte kon oorval, dit

durf waag het om die Romeinse seël van die

graf te breek en ’n twee­ton­rots beweeg

het net om ’n liggaam te steel! ’n Dooie Messias

sou tog mos geen doel vir die dissipels

hê nie. Wat kon die moontlike motivering

wees indien hulle die wagte kon oorval en

die politieke en logistieke hindernisse kon

oorkom? Hulle het absoluut niks gehad om

te wen nie, maar kon alles verloor. Elkeen

van die dissipels het onder ernstige vervolging

gely en die meeste het as martelare

gesterf. Sou jy vir ’n leuen sterf?

Het Jesus waarlik gesterf?

Ander weer bevraagteken die feit dat Christus

werklik aan die Kruis gesterf het. Moontlik

het Hy net flou geword? Hierdie ‘flou’

teorie wil ons laat glo dat die Romeinse soldate

wat professionele moordenaars was

(die hoofman oor honderd het heel waarskynlik

oor meer as honderde teregstellings

toesig gehou), gefaal het in hul pogings

om seker te maak dat hierdie hoë­profielgevangene

waarlik dood is.

As die wreedaardige geseling wat Jesus

moes deurmaak, die verskriklike kruisiging

en die spies in Sy sy, waar water en bloed

uitgevloei het, in gedagte gehou word; dan

is dit oortuigende en genoegsame bewys

dat Hy werklik gesterf het.

En tog, die voorstaanders en verkondigers

van hierdie ‘flou’ teorie wil ons laat

glo dat die Een wat soveel kon verduur, nie

net die Romeinse militêre doeltreffendheid

oorwin het nie, maar ook opwekking van ’n

koue klipblad in ’n koue graf ervaar het. Verder

het Hy ook nog van die grafklere, een

honderd pond speserye, salwe en toedraaidoeke

wat Hom effektief sou mummifiseer

en die twee­ton­rotsblok ontslae geraak

asook die Romeinse soldate ontwyk. Én Hy

sou nog steeds die dissipels met Sy Godheid

beïndruk? Hierdie dinge kan bloot net

genoem word en die belaglikheid daarvan

word onmiddellik duidelik.

Die leë graf

’n Ander desperate poging om die Opstanding

weg te redeneer, is om te sê dat

hulle – Maria Magdalena, Petrus, Johannes,

die ander vroue, almal na die verkeerde

graf gegaan het. En op ’n manier het nie die

Fariseërs, die Sadduseërs, die Romeinse soldate

of Josef van Arimathea, wie se graf dit

was, daaraan gedink om daarop te wys dat

die regte graf nog steeds die liggaam bevat

het nie! Hierdie teorie is egter net so vergesog,

want die graf was nié in ’n begraafplaas

nie, maar in ’n tuin wat in die privaatbesit

van Josef van Arimathea was. Daar was

geen ander graf in dié tuin nie!

Die afwesigheid van die liggaam

Al wat die Romeinse en Joodse leiers van

die dag moes doen om die Christendom te

beëindig, was om ’n liggaam as bewys na

vore te bring. En hulle kon nie! Selfs toe die

Apostel Petrus die dag met die uitstorting

van die Heilige Gees opgestaan en verklaar

het: “Die hele Israel moet dus verseker weet:

God het hierdie Jesus wat júlle gekruisig het,

Here en Christus gemaak!” Hand 2:36. “Die

apostels het kragtige getuienis gegee oor die

opstanding van die Here Jesus...” Hand 4:33.

Duisende in Jerusalem, insluitend baie

Fariseërs, het daar tot geloof gekom.

Die geloofwaardigheidskrisis

Dit was vir die Joodse godsdienstige leiers

die grootste nagmerrie – ’n ramp! Die verklaring

van die Opstanding van Christus

het dus hul mag en geloofwaardigeheid

ondermyn. Duisende van hulle volgelinge

het geglo dat hulle ’n onskuldige man – die

Sy Opstanding is die rede waarom ons na die ewige lewe kan

uitsien. Sy Hemelvaart verseker ons dat Hy oor al die gesag

beskik en dat Hy Sy groot Opdrag op aarde uitgevoer het.

Messias ­ ter dood veroordeel het. Dié nuwe

godsdiens het hul magsbasis ondermyn. Indien

die liggaam van Jesus gevind sou kon

word, sou die Christendom daar en dan tot

’n einde gekom het en die bedreiging wat

dit vir die godsdienstige leiers ingehou het,

sou beëindig wees. Omdat hulle die liggaam

so dringend nodig gehad het om hul

eie saak te bevorder, sou hulle alles in die

stryd gewerp het om die liggaam te vind –

indien dit hoegenaamd moontlik was.

Die ooggetuies

Ons het egter nie net met die leë graf en

die afwesigheid van die liggaam te doen

JUIG! TYDSKRIF 23

SKEPTICI BEANTWOORD

nie, maar ook met die verslag van die ooggetuies.

Op ten minste twaalf verskillende

geleenthede is Jesus gesien nadat hy uit die

dood opgestaan het.

Maria Magdalena (Joh 20:11­18; Mar

16:9), die ander vroue (Matt 28:8­10), Petrus

(Luk 24:34); die twee Emmaus­gangers (Luk

24:13­35), tien dissipels (Luk 24:36­43; Joh

20:19­24); al elf dissipels agt dae na die opstanding

(Joh 20:24­29); sewe dissipels by

die See van Tiberias (Joh 21:1­23), tot 500

mense op ’n keer (1 Kor 15:6), Jakobus (1 Kor

15:7), aan al elf dissipels, en ander, tydens

Hemelvaart (Hand 1:3­12), Paulus (Hand 9:3­

8) en Johannes (Openb 1:12­18) het almal

die Here Jesus gesien nadat Hy opgestaan

het. Om dié getuienis ‘weg te verduidelik’,

probeer die vyande van die Christendom

24 JUIG! TYDSKRIF

Hoe weet jy

JESUS LEEF?

A p o lo geti ka

Jesus Christus hét uit die dood opgestaan! Daarom kan ons seker wees dat

Jesus God mét ons is. Ons kan ons verheug daarin.

voorgee dat dit bloot hallusinasies, of dalk

die gevolg van hipnose of histerie, was. Hallusinasies

blyk unieke psigologiese ervarings

van enkele individue te wees, terwyl

ons hier met groot getalle mense, wat op

verskillende tye, in verskillende groepe en

plekke, binnens­ sowel as buitenshuis, op

pad en by ’n meer, die Here Jesus gesien het.

Hulle het saam met Hom geëet, Sy wonde

gesien en ook die wond in Sy sy gesien. Ver

van liggelowig, was Sy dissipels skepties

en stadig om te glo dat dit werklik Hy was.

Thomas het selfs verklaar dat Hy nét sal glo

indien hy persoonlik sy vingers in Jesus se

wonde aan Sy hande, voete en sy kon druk.

Veranderde dissipels

Ons het nie nét die verslae van ooggetui es

nie, maar ook die dramatiese verande ring

van die dissipels self as bewys. Die Opstandig

van Jesus het hulle rou in vreugde verander.

Hul lafhartigheid in vrymoedigheid

en hul skeptisisme in geloof. Hulle was ook

vasbeslote en gedetermineerd. Saulus,

die vervolger van die kerk, het in Paulus,

dié apostel van die kerk, verander. Dit het

ook die gemeenskap en die geskiedenis

verander. Dit het die Joodse Sabbat in die

Christelike Dag van die Here verander. Die

Opstanding het die Joodse oorblyfsel in die

wêreldwye Christelike Kerk verander. Meer

as 2 biljoen mense wêreldwyd beskou hulself

as Christene wat in die Opstanding van

Jesus Christus glo. Jesus het Self geprofeteer

dat Hy uit die dood gaan opstaan. En omdat

dié profesie vervul is, kan ons absoluut seker

wees dat Jesus Christus God met ons is,

Die blote bestaan van hierdie grootste godsdiensbeweging

in die geskiedenis van die wêreld, is nóg ’n kragtige bewys

van die Opstanding van Jesus.

soos wat Hy gesê het. Ons kan dus weet dat

ons sonde deur Sy bloed wat aan die Kruis

op Golgota ge vloei het, vergeef is.

Opstanding bring die Ewige Lewe

Juis op grond van Sy dood aan die Kruis kan

ons ons verheug – ons sonde is vergewe,

geregverdig deur geloof. Op grond van Sy

Opstanding uit die dood kan ons uitsien na

die ewige lewe. Sy Hemelvaart verseker ons

van die feit dat Hy oor ál die gesag beskik en

dat Hy Sy groot Opdrag op aarde uitgevoer

het. Die uitstorting van die Heilige Gees

op Pinksterdag maak dit vir ons moontlik

om nie meer op ons eie vermoëns staat te

maak nie, maar in Sy krag alleen. Ons dien

’n Opgestane Heer en Redder! Die dood is

oorwin. Christus het opgestaan – oorwinnend

oor die dood, hel, satan en die graf. Hy

is die Opstanding en die Lewe! (Joh 11:25).

DR. PETER HAMMOND, sendeling, outeur en konferensiespreker.

E-pos mission@frontline.org.za, besoek

www.frontline.org.za of skakel hom by 021 689 4480.

Beskikbaar by CUM-Boeke en alle ander

toonaangewende boekwinkels.

Skakel 0860 110 321 of stuur ’n e-pos na cum@cum.co.za

webwerf: www.cumboeke.co.za

Met Jesus se hemelvaart het Hy ons nie verlaat

om hier te wag totdat Hy met die wederkoms

sy kinders kom haal nie.

Coenie Burger bevestig met Waar is Jesus

nou? dat die hemelvaart die pad voorsien

waardeur gelowiges kragtig toegerus kan word

met die Heilige Gees om as medewerkers van

Jesus op aarde sy koninkryk uit te bou. Ons

is geroep om die evangelie aktief uit te leef, en

altyd met die seker wete dat Jesus baie naby

aan ons is.

R89,95

Hierdie boek help Christene om hul roeping in kerk en samelewing uit te leef,

terwyl hulle geïnspireer en met hoop vervul word deur die gekruisigde en

opgestane, opgevaarde en wederkomende Here, wat deur sy Gees by en in

ons teenwoordig is.

~ Prof Nico Koopman, Dekaan van die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch

www.cumuitgewers.co.za

Die uitgewer van Skrifgefundeerde publikasies waarop jy kan vertrou

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!