You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
GRASnuus

GRASnuus

Volume 7, No. 5 Datum: 31 Oktober 2007

Hierdie nuusbrief bevat bydraes van deelnemers aan die Gespreksforum vir Religie en Aktuele Sake (GRAS). 1

Bydraes kan gestuur word aan: pvs@afronte.com

Vorige uitgawes van Grasnuus kan afgelaai word by www.afronte.com

1

3

4

6

8

9

10

Mond op `n katrol...

Eksamenflaters

Inhoud

Rasionalisme en die dinge wat ons nie sien nie

Die Rabbi en die Koei

Hoekom het God mammas gemaak?

Fotoblad

Humor

1 Beleid van die Gespreksforum is die volgende:

Om ‘n forum te bied vir vrye meningswisseling oor religie en aanverwante sake.

Bydraes vir die nuusbrief is onderworpe aan die normale redaksionele diskresie.

Bydraes reflekteer nie noodwendig die mening van die redaksie nie.

Mond op `n katrol...

“Oeee” sê hy as ons by die kasregister kom, “verskoon tog, my mond was weer op `n katrol

Ek sny ook mos deesdae my hare by `n unisex salon.

Vandat manshaarkappers uit die mode

geraak het, het ek ver paaie geloop met

hare sny. Sommige was nogal harige

paaie. Ek het selfs belê in `n Wahl elek-

triese knipper, kompleet met lengte-

skerms wat genommer is van 1 tot 4.

Ek het my dogter geleer om min of

meer te sny soos ek dit min of meer wil hê, en die Kaap

was Hollands sover dit hare aanbetref. Maar kinders

word groot, en so het sy naderhand haar vader en

moeder verlaat en saam met haar man gaan leef. Hy het

vanmôre, maar ek het so lekker onthou!”

`n klaar opgeleide haarsnyer gewen, en ek moes nood-

gedwonge begin betaal om my hare te laat sny. By

unisex salonne, nogal.

Hier werk dit anders. Heel anders. Hier was hulle jou

hare as jy inkom, min gepla dat jy dit self `n uur gelede

onder die stort behoorlik met jou vingernaels gedoen

het. Ek moet sê, ek kla nie te veel oor die wassery nie.

Dit is salig om so agteroor te sit met iemand wat jou kop

masseer.

So haak ek naderhand vas by Hennie die Haarkapper.
GRASnuus Oktober 2007

“Hennie” sê ek op dag een

vir hom, “my hare is `n

gewigtige aangeleentheid.

Letterlik. Hulle loop lê

onder hulle eie gewig. As

jy hulle te kort sny, staan

hulle regop. My vriend

Vossie sê dan lyk ek of my

hare geskrik het vir my kop. Jy moet daardie fyn lyn

tussen regop staan en lê kry, en jy moet dit onthou as

ek weer kom.”

Hennie aanvaar die uitdaging. Hy knip-knip hier en knip-

knip daar.

`n Vrou kom sit op die stoel langsaan. “Kan ek julle

voorstel?” sê-vra Hennie. Hy wag nie vir `n antwoord

nie en voor ek my kom kry is ek voorgestel aan mevrou

So-en So van `n plaas iewers in die Ceres-Karoo. Hennie

en mevrou S-&-S gesels land en sand. Sy vertel hoe

sukkel hulle op die plaas met die kragopwekker en dat

hulle sonpanele wil opsit maar dis so duur. Ek hoor

myself vertel van die nuwe Alberts sonpanele wat

binnekort op die mark kom en omtrent die helfte

goedkoper gaan wees.

Dit is onwerklik. Hier sit ek sowaar in `n unisex haar-

salon en praat met `n wildvreemde vrou oor die nuutste

tegnologie in sonpanele. Ek skud my kop figuurlik in

ongeloof. Is dit hoekom vroue so graag haarsalon toe

gaan, hierdie gemaklikheid en openheid? En hoe ver

gaan dit? Wat is die dieper betekenis? Lei die afsny van

hare dalk tot, ahum, ontboeseming, `n soort van bieg?

Dan slaan Hennie oor na `n nuwe onderwerp. “Maggies”

sê hy, “ons het darem `n fantastiese taal. `n Mens kan

dinge so raak sê soos in geen ander taal nie. Ek sien nou

net mevrou Hoogmoed hier in die straat verbyry, toe

2

dink ek aan die uitdrukking wat my ouma altyd gebruik

het. Sy sou nou gesê het dis `n pitjiesrige vrou daai.”

“Waar op aarde kom dit vandaan ?” vra mevrou S-&-S.

“Vyekonfyt” sê Hennie. “Dis wat ék dink. Die oumense

was baie lief vir vyekonfyt. Ek onthou nog daai konfyt-

kokery. Die vye moes geprik word en oornag in sout-

water lê. Dan kook Ouma dit in `n groot erdekastrol,

gelyke dele vye en suiker en niks water nie. Sy het `n

geheime resep gehad met gemmer en kaneelstokkies en

`n enkele naeltjie of twee. Die geheim was hoeveel. O

ja, en dan nog `n bietjie suurlemoensap. Kyk hoe water

my bek nou! Ewenwel, vye het mos sulke klein pitjies,

en as daardie pitjies onder jou valstande inkom is dit

nag. Dis waar die ‘pitjiesrig’ vandaan kom. Is dit nie

pragtig nie?”

Hennie gryp `n botteltjie van die rak af, skud `n bietjie

van iets in sy hand uit, vryf twee hande teen mekaar en

woes-was my hare met die pommade. “Kos vir die hare”

beduie hy in my oor. Hy haal `n kam uit `n bakkie, trek

die paadjie reguit en kam die hare kant toe. Dit lê mooi

plat. As hy klaar is loop hy met die spieël om my en wys

hoe dit lyk. Netjies aan die kant.

Hy borsel die los hare weg en haal die doek

met `n teatrale gebaar van my nek af.

“Oeee” sê hy as ons by die kasregister kom,

“verskoon tog, my mond was weer op `n

katrol vanmôre, maar ek het so lekker

onthou!”

Ek betaal met `n glimlag. “Sien jou oor ses weke” groet

ek. En as ek buite in die son kom, is alle moontlike

pitjiesrigheid reeds uit die dag uit.

PvS
GRASnuus Oktober 2007

Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels.

Mense het opgehou om met die hand te reproduseer

en met masjiene begin reproduseer.

Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van

riviere laat ontstaan.

Johann Bach het baie musiekkomposisies geskryf en

ook baie kinders. Hy is dood sedert 1750 tot vandag

toe.

Bach was die beroemdste komponis in die

wêreld en Händel was ook. Händel

was half-Duits, half-Italiaans en half-

Engels. Hy was 'n baie groot man.

Ou Egipteland was bewoon deur

mummies en hulle het almal in hierdie

griewe geskryf. Hulle het in die Sarah-

woestyn gewoon. Die klimaat was só erg

dat al die inwoners op ander plekke moes bly.

Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei

waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood

wat sonder enige bestanddele gemaak is. Moses het

die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.

Salomo het driehonderd vroue en sewehonderd bye-

korwe gehad.

Die Grieke was 'n hoogs gekulde veervolk en sonder

hulle sou ons nie 'n geskiedenis gehad het nie. Die

Grieke het ook mites gehad. Mite is 'n motwyfie.

Sokrates was 'n beroemde Griekse wydsheid wat

rondgeloop en mense raad gegee het. Hy is dood aan

'n oordosis willekeur. Ná sy dood het sy loopbaan

dramaties agteruitgegaan. In die ou Olimpiese Spele

het die Grieke kaal resies gehardloop en disnis gegooi.

Julius Caesar het homself op die slagvelde van Gallië

onderskryf. Toe hy doodgaan, het hy gesê: 'En toe,

Boetie?'(Ek onthou niks van dit nie!!)

Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde

gesterf.

Eksamenflaters

3

Koning Elizabeth was 'n sukses. Sy het haar volk se

probleme aangetrek en wanneer sy haar so aangetrek

het voor haar soldate, het hulle almal geskree:

'Hoera!'

Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdek-

kings. Gutenberg het die wynpers en die Bybel uit-

gevind. Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloeds-

omloop. Peter Stuyvesant is 'n geskiedkundige figuur,

want hy het sigarette uitgevind en begin rook.

Juliet is een voorbeeld.

Die grootste skrywer van die

Renaissance was William Shakespeare.

Hy is in die jaar 1564 gebore en party

mense dink dit was op sy verjaardag. Hy

het nooit geld gemaak nie, en is net

beroemd oor die toneelstukke wat hy

geskryf het. Hy het tragedies, komedies

en historektomieë geskryf. Romeo and

Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent

geword. Lincoln se ma is dood toe sy nog 'n babatjie

was en hy is gebore in 'n houthut wat hy met sy eie

hande gebou het. Hy is later doodgeskiet deur John

Wilkes Booth, wat hulle sê 'n mal akteur was. Dit het

Booth se loopbaan heeltemal geruïneer.

Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was

só doof dat hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in

die woude gaan loop selfs al het almal na hom geroep.

Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis

hoekom hy later dood is.

Louis Pasteur het 'n manier uitgevind om dol honde

gesond te maak.

Charles Darwin was 'n natuurkundige wat die Organ of

the Species geskryf het.

Aangestuur deur Vera
GRASnuus Oktober 2007

Logika, rasionaliteit en bewysbaarheid

deur fisiese waarneming binne ruimte en

tyd is erkende maatstawwe vir

wetenskaplike geldigheid vandag. Dit kan

egter nie absolute norme wees nie. Dit sou

ongeldig en irrasioneel wees omdat dit

bekende werklikhede ignoreer.

• George Ellis, bekroonde UK weten-

skaplike, sê duidelik: “Overall, what

we can say with any degree of

certainty is strictly proscribed by

observational limits…. We can say

nothing about that which lies beyond

RASIONALISME EN “DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE”

the particle horizon. This region is unobservable

by any method.”

• Huidige sienings in Kwantum Fisika oorweeg die

moontlikheid dat daar ‘n multi-al bestaan wat

meervoudige heelalle, insluitend ons fisiese heelal,

omsluit, met soveel as 11 bewese dimensies. Die

hoër-orde dimensies, wat die 4 van ruimte en tyd

oorskry, kan nie met ons sintuie waargeneem

word nie.

My vriend Barry Lessing het eenkeer gesê: Fisika

bestaan blykbaar as wetenskap wat op realiteit gebou

word. Maar wat van die Metafisika? Bestaan daar nie

so iets nie? Met vrae soos:

• Hoekom bestaan enigiets?

• Wat onderlê die aard van fisiese wette (hoekom

bestaan sulke wette hoegenaamd?)

• Wat bepaal die aard van bogenoemde wette

waaraan die heelal onderworpe is (hoekom lyk

hulle soos hulle lyk?)

beland fisika in die verleentheid. Fisika kan nie vrae

oor sy eie bestaan beantwoord nie, rasionalisme

eweneens ook nie. Rasionalisme is ‘n ideologie wat

homself “boost” deur voor te gee dat dit in lyn en selfs

direk ekwivalent aan Wetenskap is. Dit is onwaar. Die

erkende wetenskaplike metode om groter vastigheid in

kennisstelsels te ontwikkel, volg twee hoofprosesse om

by antwoorde uit te kom:

• Formulering van hipoteses wat deur waarneming/

toetsing geëvalueer word om die mees waarskyn-

deur Clem van der Walt

4

like/aanvaarbare veronderstelling(s) te

bevestig en te konsolideer tot

wetenskapsteorieë.

• Fenomenologiese studie wat poog om

dinge te verstaan en te definieer deur

verskynsels en hulle manifestasie(s)

waar te neem en te vertolk.

Wetenskap bedoel dus dat hierdie

ondersoekende prosesse ons tot ‘n helder,

samehangende stel feitelikhede oor die aard

en werking van alles in die heelal sal lei.

Maar dit benut die funksie van hipoteses en

metafore as interim stappe om by definisies uit te

kom. Beide rasionalisme en wetenskap steun dus op

rasionaliteit, feitelikheid, bewysbaarheid. Dog dit maak

hulle nie ekwivalent nie, soos mense en ape beide

primate is, maar dit nie ‘n mens direk=’n aap maak

nie. Verder is die meeste wetenskaplike voorstellings

metafore: verstaanbare uitbeeldings, nie fisiese foto’s

van die werklike voorwerp nie, bv. voorstellings van

die samestelling van DNA, atome ensovoorts.

Rasionalisme bevraagteken die geldigheid van

metafore en sien dit as bespiegelings.

Rasionalisme se toepassing van wetmatige, ordelike

rede, logika, feitelikheid, fisiese bewysbaarheid, is in

spanning met “random/chaos theory” en ander

aspekte van Kwantum Meganika

Rasionalisme se stoei is met tradisionele geloof in ‘n

mensagtige Superwese. Daarmee bots ek ook. Maar

die Goddelikheid is nie ‘n wese nie – die ware

Goddelikheid is ‘n onomskryfbare Entiteit van

intelligente energie, ‘n Lewensbron waaruit die

materiële heelal en lewensvorms ontstaan het. Het

rasionaliste al moontlike manifestasies van so ‘n

Entiteit met dieselfde ywer ondersoek as “donker

materie”, “swart gate” en ander astrofiesiese

verskynsels? Volgens die denke van verskeie

hedendaagse wetenskaplikes maak die nuutste insigte

in kwantum meganika (bv multi-al/multi-dimensionele

werklikhede) die pad oop na versoening van geloof en

wetenskap. Daar was onlangs ‘n dokumentêr oor

wetenskaplike ontwikkeling en Einstein se bydrae

daartoe. Daarin word beweer dat, as Einstein dieselfde
GRASnuus Oktober 2007

toewyding en energie in oorweging van kwantum

meganika gesit het as in sy bevegting daarvan, hy

dalk ‘n deurbraak sou gemaak het na die

werklikheidsbestaan van die goddelikheid. Hy het die

laaste deel van sy lewe verkwis op ‘n futiele soeke na

‘n totale teorie vir alle dinge, en sy beeld groot skade

berokken.

Menslike rasionaliteit is beperk: ons kan nie eens die

oorbevolking van olifante en ander ekologiese

probleme oplos nie. Ons breinvermoë is te klein om die

komplekse heelal holisties te begryp en te hanteer.

Elke rasionele menslike ingryping versteur onbedoeld

ander terreine van die ekologie, en die samehang van

alle dinge in balans met mekaar. Kwantumnavorsing

SINODE

5

se vordering op enige gebied was nog altyd op intuïsie

en hipoteses gebaseer – bv. Einstein se teorieë.

Rasionalisme ontken die werklikheid van die mens se

ingeboude intuïtiewe kapasiteit. Wete deur intuïsie is

nie irrasioneel en gelyk aan `n plat aarde mentaliteit

nie. Dit is ‘n bewese weg om by geldige antwoorde uit

te kom - mens moet net nie blindelings daarop handel

met uitsluiting van rasionele prosesse en beoordeling

van die effektiwiteit van resultate nie.

Kwantum meganika bewys dat onvoorspelbaarheid en

onsekerheid deel is van die werklikheid, en hierdie

beginsel geld bepaald ook in die nadenke oor

godsdiens en geloof.

Van heinde en verre kom profete

en oudstes byeen te vergader,

met heenwoord en weerwoord in hete

debat die Waarheid al verder te nader.

Ons frivoleer en frolikeer,

ons konstipeer en abdikeer

tot ons, kompleet met hoog opskop,

ons skamel eerbaarheid

voor die wêreld paradeer.

O wye, droewe God,

vergewe, as dit kan,

die dood in hierdie pot.

P van Staden
GRASnuus Oktober 2007

Die Rabbi en die Koei

Daar was eenmaal `n

Rabbi, `n vroom en goeie

man, wat graag gereg-

tigheid in die lewe wou sien

plaasvind. Maar dikwels het

dit vir hom gelyk asof die

goeie mense gestraf word,

en slegte en onwaardige

mense voorspoedig is en

vooruitgaan. Hy het baie

hieroor gedink, maar kon nie `n oplossing vir sy

probleem vind nie.

Die Rabbi het dikwels tot laat in die nag studeer, en

soms het hy `n beroemde besoeker gekry, naamlik die

Profeet Elia.

“Kom saam,” sê die profeet by een so `n geleentheid.

“Môre wil ek in die wêreld uitgaan. Ek wil kyk of die

Jode hier rond nog gasvry is. Ek wil ervaar of hulle dié

groot instelling van ons vader Abraham nog onderhou.

Ek wil hê jy moet saam met my gaan. Ons sal ons

vermom as vuil, verslonste bedelaars en aan mense

se deure klop. Maar wat ookal gebeur, jy moet net

alles waarneem sonder om vrae aan my te vra of

verduidelikings te eis.”

So het dit dan ook gebeur. Hulle het die volgende

oggend vertrek en teen die aand se kant kom hulle by

`n armoedige bouval, skaars geskik vir mense om in

te bly. Hulle klop en stel vas dat `n arm boer en sy

vrou daar woon. Hulle enigste besitting is `n koei, wat

vir hulle `n karige loon inbring deurdat hulle van die

melk in die dorpie verkoop, en dit wat oorbly drink.

Die melk hou hulle net-net aan die lewe.

Die egpaar is bitter arm, maar is nogtans vriendelik en

nooi die twee “bedelaars” hartlik in. Hulle laat hulle op

die beste strooi slaap (hulle besit nie `n bed nie) en

deel `n sny harde brood met hulle en `n bietjie melk

van die koei in `n gebarste kommetjie. Hulle gesels

vriendelik met die gaste, sê saam met hulle die

naggebede op en gaan slaap.

Diep in die nag merk die Rabbi op dat Elia wegglip na

die “stal” toe, `n deel van die hut wat afgeskort is met

deur Shoshannah Brombacher

6

sak, waar die koei slaap. Hy wonder wat die profeet

daar maak, maar gedagtig aan sy belofte sê hy niks.

Die volgende oggend skrik hy wakker van `n vreeslike

geskreeu en gekerm. Die boer se vrou het die koei

gaan melk, en toe kry sy die dier uitgestrek op die

grond, morsdood en reeds stokstyf. “Hoe gaan ons

oorleef?” kerm sy. “Nou gaan ons ook sterf!” Die Rabbi

betuig sy meegevoel en probeer haar troos. Hy praat

haar moed in en sê sy moet op God vertrou, maar as

hulle verder reis snik sy nog steeds.

“Geen vrae nie, onthou!” fluister Elia as hy die Rabbi

se gesig sien. Hy seën die egpaar en hulle stap verder.

Hulle raak honger, want weens die koei se dood het

hulle nie ontbyt gehad nie. Daar was nie melk nie, en

in elk geval niks anders nie.

Die aand kom hulle by `n dorpie en hoor opgewekte

musiek. Hulle kom by `n netjiese huis wat van stene

gebou is. Diensknegte skarrel rond en vertel aan hulle

dat die ryk eienaar van hierdie lekker huis `n partytjie

gaan hou vir die verlowing van sy dogter. “Dis beter

om hom nie nou te pla nie,” waarsku die hoofkneg.

“Hy hou in elk geval niks van bedelaars nie, en hy

gaan baie omgekrap wees as julle hom nou voor die

fees pla. Gaan vra liewer elders!”

“Nee,” sê Elia, “ons wil deel in hierdie vreugdevolle

geleentheid, en ons wil hom vra vir kos en blyplek.”

“Wel, dis op julle eie risiko, en moenie sê ek het julle

nie gewaarsku nie!” sê die hoofkneg. En hy was reg.

Die eienaar van die huis behandel die bedelaars sleg

en dreig om hulle deur sy slawe te laat uitgooi. Maar

hulle pleit so desperaat dat hy uiteindelik ingee en

hulle slaapplek gee in die skuur, net om hulle monde

stil te kry. Hy waarsku hulle om weg te bly van die

partytjie af, en weier om hulle iets te ete te gee.

“Bedelaars!” brom hy in sy baard. “Laat hulle gaan

werk. Bedel behoort deur die wet verbied te word!”

So gaan slaap die Rabbi en Elia met honger mae in die

koue en winderige stal. Daar is net ou, stinkende

strooi om op te slaap, want die eienaar wil nie geld op

die diere uitgee nie.
GRASnuus Oktober 2007

Die volgende oggend word hulle wakker, sê die

oggendgebed op en was hulle hande met water uit die

trog. Elia wys na `n groot opening waar die muur van

die skuur ingeval het. “Dit is waarom dit so koud was

hier binne!” roep hy uit, en sê vir die rabbi dat hulle

die stukkende muur gaan regmaak met ou gereedskap

wat hulle in die skuur kry.

Die Rabbi wil eers beswaar maak, maar as hy die

profeet se streng uitdrukking sien, gehoorsaam hy

sonder enige vrae. Hulle vertel nie eens vir die eienaar

dat hulle sy muur reggemaak het nie. Hy is in elk

geval te besig om sy gaste te ontvang en sal net

kwaad word as hy die gehawende bedelaars by sy deur

moet sien.

Terwyl hulle terugstap na die Rabbi se dorpie, sê Elia

vir hom: “Ek weet jy het gevoel dis nie reg dat die

goeie boer en sy vrou se koei dood is, en dat ons die

muur verniet reggemaak het nie. Maar in God se

wêreld is daar meer dinge as wat ons kan sien...”

“Toe ons geslaap het, het ek die gedruis van groot

vlerke buite gehoor. Dit was die Doodsengel wat

gekom het om die lewe van die boer se vrou te neem.

Ek het by hom gepleit om die egpaar te los, maar soos

jy weet, gaan die Doodsengel nooit met leë hande weg

nie. Na `n lang gesukkel het ek hom oortuig om liewer

die koei te vat. Toe ons weggaan, het ek die egpaar

geseën. Hulle het dit nie geweet nie, maar op daardie

oomblik was daar `n verlore koei op pad na hulle toe.

Hulle sal dit kry en versorg. Bo en behalwe dit, gaan

7

God hulle vanjaar seën met `n kind, wat hulle diepste

wens is.”

The very first argument

“Ek sien,” sê die Rabbi. “En wat van die suinigaard?”

“O ja, hy,” sug Elia. “Wel, iemand het `n kruik vol

goue munte in sy skuur se muur weggesteek. Dié

persoon is dood voor hy vir iemand daarvan kon

vertel, en die goud het in die muur gebly. As die ou

vrek nou die stukkende muur self reggemaak het – hy

sou dit beslis self gedoen het, want hy is te suinig om

iemand te huur om sy skuur reg te maak – sou hy die

kruik ontdek het. Maar ons het die muur vir hom

reggemaak, en die goud sal weggesteek bly tot `n

waardiger persoon as die huidige eienaar dit kry. Sy

dogter se partytjie sal hom ook geen geluk bring nie.

Sy gaan sterf voor die troue. Die ryk man se besigheid

gaan misluk en hy gaan uiteindelik `n bedelaar raak,

vuiler en hongerder as wat ons was. Hy gaan van huis

tot huis bedel en in skure slaap as hy gelukkig is. Het

jy enige verdere vrae?”

“Nee,” sê die Rabbi, “Nou verstaan ek dat die wêreld

nie is soos dit vir ons lyk nie. Ons kan maar net op

God vertrou om geregtigheid te laat geskied. Dankie

dat u my saamgeneem het op u reis.”

Met die verdwyn Elia, en die Rabbi gaan na die

sinagoge vir sy diensbeurt.

When Adam stayed out very late for a few nights, Eve became upset.

"You're running around with other women," she charged.

"You're being unreasonable," Adam responded.

"You're the only woman on earth."

The quarrel continued until Adam fell asleep, only to be awakened by

someone poking him in the chest. It was Eve.

"What do you think you're doing?" Adam demanded.

"Counting your ribs."

Aangestuur deur Alex Faulds

Vertaal uit Engels deur Piet van Staden
GRASnuus Oktober 2007

Sy is die enigste een wat weet waar is

die sello-tape en prestick!

Sy moet eintlik net die huis skoon hou.

Sy moet ons uithelp as ons gebore

word.

Hoe het God Mammas gemaak?

Hy het grond gebruik net soos met

almal van ons.

Hy het bonatuurlike kragte en baie tou.

Die Here het my ma gemaak net soos vir my. Hy het

net groter goed soos kop, arms en bene en goeters

gebruik.

Waarvan is Mammas gemaak?

Die Here het Mammas gemaak uit wolke, engeltjie

vlerkies en hare en baie ander lekker goed in die

wêreld.

Maar ook 'n klein bietjie lelik en gemeen want sy is

partykeers kwaai.

Hulle het begin om mammas te maak van mans se

bene, maar ek dink hulle het meestal 'n klomp tou en

lyn gebruik.

Hoekom het jy JOU Mamma gekry en nie sommer

enige ander mama nie?

Ons is familie.

Die Here het geweet sy hou meer van my as ander

kinders se ma's.

Toe jou Mamma klein was, watter soort

dogtertjie was sy?

My Mamma was altyd net my mamma en niks van

daardie ander soort goed nie.

Ek weet nie want ek was nie daar nie. Maar ek dink sy

was nogal baie baasspelerig.

Hulle sê sy was baie gaaf en lief.

Voordat sy met jou pa kon trou, wat moes sy van

hom weet?

Sy van.

Sy moes weet van sy aftergrond. Lyk hy soos 'n

skelm? Word hy dronk as hy bier drink?

Maak hy ten minste R56, 000.00 per jaar? Sy moet

weet of hy JA of NEE gesê het vir drugs.

Ook of hy JA of NEE sê vir los werkies soos huis werk?

HOEKOM HET GOD MAMMAS GEMAAK?

DEUR GR- 4 OUTJIES.

8

Hoekom het jou Mamma met JOU

Pappa getrou?

My Pa maak die beste spaghetti in die

wêreld en my ma eet baie.

Sy het te oud geword om enige iets

anders met hom te doen.

My Ouma sê sy kan dit nie verstaan nie,

my Ma het seker nie mooi reguit gedink

nie.

Wie is die baas in julle huis?

Mamma wil nie die baas wees nie, maar sy moet want

sy sê my pa is dom-onnosel.

Ma is. Jy kan dit sien as sy na my kamer kom kyk. Sy

sien al die goed onder die bed raak.

Ek dink my ma is die baas. Maar net omdat sy soveel

meer goed het om te doen as my pa.

Wat is die verskil tussen ma's en pa's?

Mammas werk by die werk en hulle werk by die huis.

Pa gaan werk net by die werk.

Mammas weet hoe om met my juffrou te praat sonder

om haar bang te maak.

Pappa's is groter en sterker maar Mammas het invloed

en gesag, want jy moet haar vra as jy by 'n maatjie

wil gaan oorslaap.

Mammas het 'n tower stokkie. Hulle kan jou beter laat

voel sonder medisyne.

Wat doen jou Mamma in haar vrye tyd?

Niks. Want Mammas het nie vrye tyd nie.

Jy moet haar hoor! Sy betaal rekeninge die hele dag

lank.

Hoe kan mens jou Mamma perfek maak?

Aan die binnekant is sy reeds perfek. Buitekant . . . ek

dink een of ander soort plastiese operasie.

Dye’t, jy weet, haar hare. Ek dink miskien blou.

As jy iets kon verander aan jou Ma, wat sal dit

wees?

Sy het hierdie nare ding in haar kop dat ek my kamer

moet aan die kant hou. Ek sou daarvan ontslae raak!

Ek sou haar slimmer maak, dan sal sy weet dit was my

sussie wat dit gedoen het en nie ek nie.

Ek sou graag wou hê daardie onsigbare oë agter in

haar kop moet uitval.

Aangestuur deur W van Zyl
GRASnuus Oktober 2007

Sysies by die water

Eekhoring

Springbok, September

Fotoblad

9

Meerkat

Ou Bakoortjie

Springbok, September
GRASnuus Oktober 2007

Humor

Kids talk

7 reasons not to mess with children.

A little girl was talking to her teacher about whales.

The teacher said it was physically impossible for a

whale to swallow a human because even though it was

a very large mammal its throat was very small. The

little girl stated that Jonah was swallowed by a whale.

Irritated, the teacher reiterated that a whale could not

swallow a human; it was physically impossible. The

little girl said, 'When I get to heaven I will ask Jonah'.

The teacher asked, 'What if Jonah went to hell?' The

little girl replied, 'Then you ask him'.

A Kindergarten teacher was observing her classroom

of children while they were drawing. She would

occasionally walk around to see each child's work. As

she got to one little girl who was working diligently,

she asked what the drawing was. The girl replied, 'I'm

drawing God.' The teacher paused and said, 'But no

one knows what God looks like.' Without looking up

from her drawing, the girl replied, 'They will in a

minute.'

A Sunday school teacher was discussing the Ten

Commandments with her five and six year olds. After

explaining the commandment to 'honour' thy Father

and thy Mother, she asked, 'Is there a commandment

that teaches us how to treat our brothers and sisters?'

Without missing a beat one little boy (the oldest of a

family) answered, 'Thou shall not kill.'

One day a little girl was sitting and watching her

mother do the dishes at the kitchen sink. She suddenly

noticed that her mother had several strands of white

hair sticking out in contrast on her brunette head. She

looked at her mother and inquisitively asked, 'Why are

some of your hairs white, Mom?' Her mother replied,

10

'Well, every time that you do

something wrong and make me

cry or unhappy, one of my hairs

turns white.' The little girl thought about this

revelation for a while and then said, 'Momma, how

come ALL of grandma's hairs are white?'

The children had all been photographed, and the

teacher was trying to persuade them each to buy a

copy of the group picture. 'Just think how nice it will

be to look at it when you are all grown up and say,

'There's Jennifer, she's a lawyer,' or 'That's Michael,

He's a doctor.' A small voice at the back of the room

rang out, 'And there's the teacher, she's dead.'

A teacher was giving a lesson on the circulation of the

blood. Trying to make the matter clearer, she said,

'Now, class, if I stood on my head, the blood, as you

know, would run into it, and I would turn red in the

face.' 'Yes,' the class said. 'Then why is it that while I

am standing upright in the ordinary position the blood

doesn't run into my feet?' A little fellow shouted,

'Cause your feet ain't empty.'

The children were lined up in the cafeteria of a Catholic

elementary school for lunch. At the head of the table

was a large pile of apples. The nun made a note, and

posted on the apple tray: 'Take only ONE . God is

watching.' Moving further along the lunch line, at the

other end of the table was a large pile of chocolate

chip cookies. A child had written a note, 'Take all you

want. God is watching the apples.'

Aangestuur deur Vera