02.05.2013 Views

5 - Grasnuus

5 - Grasnuus

5 - Grasnuus

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

GRASnuus Oktober 2007

Logika, rasionaliteit en bewysbaarheid

deur fisiese waarneming binne ruimte en

tyd is erkende maatstawwe vir

wetenskaplike geldigheid vandag. Dit kan

egter nie absolute norme wees nie. Dit sou

ongeldig en irrasioneel wees omdat dit

bekende werklikhede ignoreer.

• George Ellis, bekroonde UK weten-

skaplike, sê duidelik: “Overall, what

we can say with any degree of

certainty is strictly proscribed by

observational limits…. We can say

nothing about that which lies beyond

RASIONALISME EN “DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE”

the particle horizon. This region is unobservable

by any method.”

• Huidige sienings in Kwantum Fisika oorweeg die

moontlikheid dat daar ‘n multi-al bestaan wat

meervoudige heelalle, insluitend ons fisiese heelal,

omsluit, met soveel as 11 bewese dimensies. Die

hoër-orde dimensies, wat die 4 van ruimte en tyd

oorskry, kan nie met ons sintuie waargeneem

word nie.

My vriend Barry Lessing het eenkeer gesê: Fisika

bestaan blykbaar as wetenskap wat op realiteit gebou

word. Maar wat van die Metafisika? Bestaan daar nie

so iets nie? Met vrae soos:

• Hoekom bestaan enigiets?

• Wat onderlê die aard van fisiese wette (hoekom

bestaan sulke wette hoegenaamd?)

• Wat bepaal die aard van bogenoemde wette

waaraan die heelal onderworpe is (hoekom lyk

hulle soos hulle lyk?)

beland fisika in die verleentheid. Fisika kan nie vrae

oor sy eie bestaan beantwoord nie, rasionalisme

eweneens ook nie. Rasionalisme is ‘n ideologie wat

homself “boost” deur voor te gee dat dit in lyn en selfs

direk ekwivalent aan Wetenskap is. Dit is onwaar. Die

erkende wetenskaplike metode om groter vastigheid in

kennisstelsels te ontwikkel, volg twee hoofprosesse om

by antwoorde uit te kom:

• Formulering van hipoteses wat deur waarneming/

toetsing geëvalueer word om die mees waarskyn-

deur Clem van der Walt

4

like/aanvaarbare veronderstelling(s) te

bevestig en te konsolideer tot

wetenskapsteorieë.

• Fenomenologiese studie wat poog om

dinge te verstaan en te definieer deur

verskynsels en hulle manifestasie(s)

waar te neem en te vertolk.

Wetenskap bedoel dus dat hierdie

ondersoekende prosesse ons tot ‘n helder,

samehangende stel feitelikhede oor die aard

en werking van alles in die heelal sal lei.

Maar dit benut die funksie van hipoteses en

metafore as interim stappe om by definisies uit te

kom. Beide rasionalisme en wetenskap steun dus op

rasionaliteit, feitelikheid, bewysbaarheid. Dog dit maak

hulle nie ekwivalent nie, soos mense en ape beide

primate is, maar dit nie ‘n mens direk=’n aap maak

nie. Verder is die meeste wetenskaplike voorstellings

metafore: verstaanbare uitbeeldings, nie fisiese foto’s

van die werklike voorwerp nie, bv. voorstellings van

die samestelling van DNA, atome ensovoorts.

Rasionalisme bevraagteken die geldigheid van

metafore en sien dit as bespiegelings.

Rasionalisme se toepassing van wetmatige, ordelike

rede, logika, feitelikheid, fisiese bewysbaarheid, is in

spanning met “random/chaos theory” en ander

aspekte van Kwantum Meganika

Rasionalisme se stoei is met tradisionele geloof in ‘n

mensagtige Superwese. Daarmee bots ek ook. Maar

die Goddelikheid is nie ‘n wese nie – die ware

Goddelikheid is ‘n onomskryfbare Entiteit van

intelligente energie, ‘n Lewensbron waaruit die

materiële heelal en lewensvorms ontstaan het. Het

rasionaliste al moontlike manifestasies van so ‘n

Entiteit met dieselfde ywer ondersoek as “donker

materie”, “swart gate” en ander astrofiesiese

verskynsels? Volgens die denke van verskeie

hedendaagse wetenskaplikes maak die nuutste insigte

in kwantum meganika (bv multi-al/multi-dimensionele

werklikhede) die pad oop na versoening van geloof en

wetenskap. Daar was onlangs ‘n dokumentêr oor

wetenskaplike ontwikkeling en Einstein se bydrae

daartoe. Daarin word beweer dat, as Einstein dieselfde

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!