02.05.2013 Views

5 - Grasnuus

5 - Grasnuus

5 - Grasnuus

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

GRASnuus Oktober 2007

Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels.

Mense het opgehou om met die hand te reproduseer

en met masjiene begin reproduseer.

Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van

riviere laat ontstaan.

Johann Bach het baie musiekkomposisies geskryf en

ook baie kinders. Hy is dood sedert 1750 tot vandag

toe.

Bach was die beroemdste komponis in die

wêreld en Händel was ook. Händel

was half-Duits, half-Italiaans en half-

Engels. Hy was 'n baie groot man.

Ou Egipteland was bewoon deur

mummies en hulle het almal in hierdie

griewe geskryf. Hulle het in die Sarah-

woestyn gewoon. Die klimaat was só erg

dat al die inwoners op ander plekke moes bly.

Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei

waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood

wat sonder enige bestanddele gemaak is. Moses het

die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.

Salomo het driehonderd vroue en sewehonderd bye-

korwe gehad.

Die Grieke was 'n hoogs gekulde veervolk en sonder

hulle sou ons nie 'n geskiedenis gehad het nie. Die

Grieke het ook mites gehad. Mite is 'n motwyfie.

Sokrates was 'n beroemde Griekse wydsheid wat

rondgeloop en mense raad gegee het. Hy is dood aan

'n oordosis willekeur. Ná sy dood het sy loopbaan

dramaties agteruitgegaan. In die ou Olimpiese Spele

het die Grieke kaal resies gehardloop en disnis gegooi.

Julius Caesar het homself op die slagvelde van Gallië

onderskryf. Toe hy doodgaan, het hy gesê: 'En toe,

Boetie?'(Ek onthou niks van dit nie!!)

Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde

gesterf.

Eksamenflaters

3

Koning Elizabeth was 'n sukses. Sy het haar volk se

probleme aangetrek en wanneer sy haar so aangetrek

het voor haar soldate, het hulle almal geskree:

'Hoera!'

Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdek-

kings. Gutenberg het die wynpers en die Bybel uit-

gevind. Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloeds-

omloop. Peter Stuyvesant is 'n geskiedkundige figuur,

want hy het sigarette uitgevind en begin rook.

Juliet is een voorbeeld.

Die grootste skrywer van die

Renaissance was William Shakespeare.

Hy is in die jaar 1564 gebore en party

mense dink dit was op sy verjaardag. Hy

het nooit geld gemaak nie, en is net

beroemd oor die toneelstukke wat hy

geskryf het. Hy het tragedies, komedies

en historektomieë geskryf. Romeo and

Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent

geword. Lincoln se ma is dood toe sy nog 'n babatjie

was en hy is gebore in 'n houthut wat hy met sy eie

hande gebou het. Hy is later doodgeskiet deur John

Wilkes Booth, wat hulle sê 'n mal akteur was. Dit het

Booth se loopbaan heeltemal geruïneer.

Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was

só doof dat hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in

die woude gaan loop selfs al het almal na hom geroep.

Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis

hoekom hy later dood is.

Louis Pasteur het 'n manier uitgevind om dol honde

gesond te maak.

Charles Darwin was 'n natuurkundige wat die Organ of

the Species geskryf het.

Aangestuur deur Vera

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!