02.05.2013 Views

5 - Grasnuus

5 - Grasnuus

5 - Grasnuus

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

GRASnuus Oktober 2007

toewyding en energie in oorweging van kwantum

meganika gesit het as in sy bevegting daarvan, hy

dalk ‘n deurbraak sou gemaak het na die

werklikheidsbestaan van die goddelikheid. Hy het die

laaste deel van sy lewe verkwis op ‘n futiele soeke na

‘n totale teorie vir alle dinge, en sy beeld groot skade

berokken.

Menslike rasionaliteit is beperk: ons kan nie eens die

oorbevolking van olifante en ander ekologiese

probleme oplos nie. Ons breinvermoë is te klein om die

komplekse heelal holisties te begryp en te hanteer.

Elke rasionele menslike ingryping versteur onbedoeld

ander terreine van die ekologie, en die samehang van

alle dinge in balans met mekaar. Kwantumnavorsing

SINODE

5

se vordering op enige gebied was nog altyd op intuïsie

en hipoteses gebaseer – bv. Einstein se teorieë.

Rasionalisme ontken die werklikheid van die mens se

ingeboude intuïtiewe kapasiteit. Wete deur intuïsie is

nie irrasioneel en gelyk aan `n plat aarde mentaliteit

nie. Dit is ‘n bewese weg om by geldige antwoorde uit

te kom - mens moet net nie blindelings daarop handel

met uitsluiting van rasionele prosesse en beoordeling

van die effektiwiteit van resultate nie.

Kwantum meganika bewys dat onvoorspelbaarheid en

onsekerheid deel is van die werklikheid, en hierdie

beginsel geld bepaald ook in die nadenke oor

godsdiens en geloof.

Van heinde en verre kom profete

en oudstes byeen te vergader,

met heenwoord en weerwoord in hete

debat die Waarheid al verder te nader.

Ons frivoleer en frolikeer,

ons konstipeer en abdikeer

tot ons, kompleet met hoog opskop,

ons skamel eerbaarheid

voor die wêreld paradeer.

O wye, droewe God,

vergewe, as dit kan,

die dood in hierdie pot.

P van Staden

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!