02.05.2013 Views

Jaarverslag 2011/2012 - NG Welsyn Noordwes

Jaarverslag 2011/2012 - NG Welsyn Noordwes

Jaarverslag 2011/2012 - NG Welsyn Noordwes

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2011/ 2012

NG Welsyn Noordwes

JAARVERSLAG

NG WELSYN –

ROEPINGSVERBINTENIS

Die Drie-enige-God het ons aan Hom verbind.

Deur Jesus Christus is ons Sy kinders,

Vervul met Sy Gees.

Daarom weet ons:

Ons is geroep tot liefde en diens en gehoorsaamheid.

Daarom verbind ons ons as ons antwoord:

Ons sal ons God onvoorwaardelik gehoorsaam wees.

Ons sal liefhê; ons sal dien.

Dit wil ons doen deur ‘n verskil te maak hier waar God ons geplaas het: In

Afrika en in besonder Suider-Afrika.

Ons is hier saam met ander gelowiges en ongelowiges.

Ons sal:

Geweld, mishandeling en verwaarlosing teenwerk

Armoede in al sy vorme beveg

Vigs-pandemie bestry

Ons sal hoop bring!

Ons God leef en regeer

Ons is syne

Aan God al die eer

INHOUDSOPGAWE

● Jaarverslag 2011 / 2012

NG Welsyn Noordwes ....................................................................................................................................... 4

● Bestuur van NG Welsyn .................................................................................................................................... 5

● Struktuur en Dienste .......................................................................................................................................... 6

● Direksie, Adviesrade en Personeel ................................................................................................................... 7

● Gesinsorg- en Gemeenskapswerkdienste ....................................................................................................... 8

● Tendense ......................................................................................................................................................... 10

● Projekte en Uitreikprogramme in die Gemeenskap/Groep en Gemeenskapswerk .........................................11

● Kinder- en Jeugsorgsentrums (voorheen bekend as kinderhuis) ................................................................... 12

● Tehuis vir Bejaardes/Dienste aan ouer persone ............................................................................................. 13

● Korporatiewe Beheer ...................................................................................................................................... 15

● NG Welsyn Noordwes MSW: Verslag van die ouditkomitee .......................................................................... 17

● Erkenning ........................................................................................................................................................ 18

● NG Welsyn Dienspunte .................................................................................................................................. 19

● Verkorte Finansiële state 2011/2012 ............................................................................................................... 20

3

JAARVERSLAG 2011/2012

NG WELSYN NOORDWES.

Maatskappy Sonder Winsoogmerk.

NG Welsyn is die NG Kerk se maatskaplike welsynsdienste

in die Noordwes Provinsie en in die Vaal- en Wes-

Randstreke van Gauteng. Die fokus is op individue en

gesinne in nood. Die organisasie het ‘n goed gevestigde

infrastruktuur met ‘n bekwame personeelkorps

van sowat 600 mense by die 17 welsynskantore, 8

tehuise vir bejaardes, 7 aftree-behuisingsprojekte,

2 Kinder- en Jeugsorgsentrums (kinderhuise) en 12

gemeenskapswerk-dienspunte.

NG Welsyn Noordwes is die geregistreerde welsynsorganisasie

(Artikel 13, Wet 110/1978) van die Nederduitse

Gereformeerde Kerk se Sinode van Wes-Transvaal.

VISIE : Die optimale maatskaplike funksionering van

die individu, gesin en gemeenskap tot eer van

God.

MISSIE: NG Welsyn is daartoe verbind om ʼn

omvattende professionele maatskaplike

welsynsdiens te lewer.

REGISTRASIES:

Geregistreerde welsynsorganisasie

(Artikel 13, Wet 110/1978)

Geregistreerde Maatskappy Sonder Winsoogmerk

(Wet 71 van 2008, soos gewysig)

Registrasienr: 1995/008030/08

NPO (Nr 002-059) (Ingevolge die NPO Wet 1997)

PBO (Public Benefit Organisation).

(Ingevolge Artikel 30 van die Wet op Inkomstebelasting).

HOOFKANTOOR:

Peter Mokabalaan 104, Potchefstroom

Tel: 018 297 3928

E-pos: info@ngwelsyn.co.za

Webtuiste: www.ngwelsyn.co.za

www.facebook.com/ngwelsyn

BANKBESONDERHEDE:

NG Welsyn Noordwes

ABSA Tjekrekening

Rekening nr: 01009700249

BOODSKAp VAN DIE

BESTURENDE

DIREKTEUR

I never look at the masses

as my responsibility; I look

at the individual. I can only

love one person at a time –

just one, one, one. So you

begin. I began – I picked up

one person. Mabye if I didn’t pick up that one person, I

wouldn’t have picked up 42 000... The same thing goes

for you, the same thing in your family, the same thing in

your church, your community. Just begin – one, one, one.”

Moeder Theresa (1910-1997).

Wat ‘n voorreg om so ‘n pragtige oorsig te kry oor ‘n jaar se

werk. Mense in nood is regtig gehelp. ‘n Verskil is gemaak

waar dit nodig was en waar ons hulp gevra is. Hoop is

gebring waar moed verloor is. NG Welsyn Noordwes

se mense word saamgebind deur ons gemeenskaplike

geloof in Jesus Christus. ‘n Onwrikbare vertroue dat Hy

by ons is en dat Hy ons voorgaan in ons werk, maak elke

moeilike taak moontlik.

Hierdie geloof bepaal ons werksetiek, ons diens en ons

hoop. Niemand word uitgesluit nie – almal wat kom

aanklop om hulp-, word op die een of ander manier

gehelp. Die direksie is die kern van ons effektiewe bestuur

en beheer. Hier word alle sake op ‘n verantwoordelike en

deursigtige manier bestuur. Ons bestuurders en al die

ander personeel werk almal doelgerig en entoesiasties

saam om ons doel te bereik.

Ons streef daarna om betroubaar en diensbaar te wees

op ‘n deursigtige manier wat ook volhoubaar is. Daarom

word ook ons finansies met groot omsigtigheid en

verantwoordbaarheid bestuur en hanteer. Die ongelooflike

werk wat in ons organisasie deur vrywilligers gedoen

word, kan nooit in geld bereken word nie.

My grootste dank aan almal: bestuur, personeel en

vrywilligers wat aan elke faset van ons diens met soveel

ywer en toewyding werk om dit die beste te maak!

Deur hierdie verslag sien ons hoe skyn die lig van

ons Verlosser in hierdie stukkende en dikwels donker

wêreld in.

ANTON MOCKE

Besturende Direkteur: NG Welsyn

BESTUUR VAN NG WELSYN

Die Direksie vergader kwartaalliks in Potchefstroom. Die

vyf lede van die Sinodale Kommissie vir die Diens van

Barmhartigheid (SKDB) van die Sinode van Wes-Tranvaal

vorm die ledevergadering en saam met ander kundiges en

gekoöpteerde lede die Direksie van NG Welsyn.

Die Direksie van NG Welsyn Noordwes bestaan uit

die volgende persone:

DS FANIE DU pLOOY

(57) BA, BD, Nagraadse Diploma in Teologie,

(Ondervoorsitter en verteenwoordiger

POTCH-KOSH-streek)

Intreedatum: 14/11/2005.

Voorsitter:

Adviesraad NG Welsyn

Klerksdorp

DS BEN BOTHA

(52) BA, BD, Nagraadse Diploma in Teologie

Verteenwoordiger: Plattelandse streek

Intreedatum: 19/11/2007

Voorsitter: Adviesraad NG Welsyn

Lichtenburg

DS ANDRIES VAN ROOYEN

(57) BA, BD, Nagraadse Diploma in Teologie

Verteenwoordiger: Wes-Randstreek

Intreedatum: 19/11/2007

Voorsitter: Adviesraad Emanang Nokeng

Wes-Rand

ADV JOHAN pRETORIUS,

(57) B Juris LLB. Praktiserende Advokaat van

die Hoë Hof van Suid-Afrika. Gekoöpteerde

lid: Regskundige. Intreedatum: 17/8/2009.

Voorsitter: Adviesraad Abraham Kriel

Kinder- en Jeugsorgsentrum.Ander

direkteurskappe: Direkteur Noordwes Krieket,

Trustee van verskeie Familietrusts

MEV SHIRLEY THERON

(57) BA (MW), BA (MW) Hons; MDiac

Geregistreerde maatskaplike werker

Adviserende lid: Welsynsbestuurder

NG Welsyn

DS COENRAAD SMIT

(53) (BA) BD.

Nagraadse Diploma in Teologie

(Voorsitter)

Intreedatum: 08/11/2000

Lid: Adviesraad NG Welsyn

Krugersdorp

DS ANTON MOCKE

(61) BA, BTH, MDIV

(Besturende Direkteur: NG Welsyn )

Intreedatum:12/09/1995

Aanstellingsdatum as Besturende Direkteur:

1 Aug 2006

DS GERHARD VAN RENSBURG

(58) BA, BD, Nagraadse Diploma in Teologie

Verteenwoordiger: Vaalstreek

Intreedatum: 14/11/2005

Lid: Adviesraad NG Welsyn Vereeniging

DS NICO VAN RENSBURG

(57) BA, Nagraadse Diploma in Teologie,

Nagraadse Diploma in Bemarking

Gekoöpteerde lid (Hoof uitvoerende beampte:

Sinode NGK Wes-Transvaal) Intreedatum:

12/03/2000 Voorsitter: Adviesraad NG Welsyn

Randfontein

Trustee Predikante Pensioenfonds Tvl

pROF ANTON DU TOIT

(52) BA, BCompt, Hons B Compt, M Com,

M.Inst.D, GR(SA), Geregistreerde Ouditeur

(GO). Gekoöpteerde lid: Finansiële kundige.

Intreedatum: 09/11/2009

Ander direkteurskappe: Senior Bestuurskomitee

Monash South Africa; Direkteur van Horwath IT

Services (Pty) Ltd.

MNR ANDERTON SMITH

(40) (B Com)

Adviserende lid: Finansiële bestuurder

NG Welsyn

4 NG WELSYN JAARVERSLAG

5

STRUKTUUR EN DIENSTE

KERKLIKE

STRUKTUUR

NASIONALE BESTUUR

KERKLIKE

MAATSKApLIKE

DIENSTERAAD

Verteenwoordigers van:

Ander Sinodes

SINODALE BESTUUR

NG KERK WES-

TRANSVAAL:

SKDB

Streekverteenwoordigers

Ringsverteenwoordigers

GEMEENTELIKE BESTUUR

BARMHARTIGHEIDSAKSIES

Gemeentelike komitees

Diakonie

Vrouelidmate

Selgroepe

Aksiekomitees

Besluitnemingsbevoegdheid

Gedelegeerde Besluitneming

Adviserende Inspraak/Koördinering

BESTUURSTRUKTUUR

(Beheer)

HOOFBESTUUR

DIREKSIE

NG Welsyn Noordwes

Voorsitter SKDB

Streekverteenwoordigers

Kundiges

Besturende Direkteur

Adviserende Lede

(Personeel)

Komitees:

Dagbestuur

Ouditkomitee

Beleggingskomitee

Risikokomitee

Sosiale en etiekkomitee

pLAASLIKE BESTUUR

ADVIESRADE

(Bestuursraad)

Verteenwoordigers van:

NG Kerk

Ander Kerke

Kundiges

Gemeenskapsleiers

Vrywilligers

Personeel

Befondsers

UITVOERENDE

BESTUUR

NG WELSYN

HOOFKANTOOR

Kantoor van Besturende

Direkteur

Departementshoofde:

Finansies

Welsynsdienste

Ondersteuningsdienste:

Kommunikasie

Administrasie

WELSYNSKANTORE

Provinsiale/Area-Bestuurder

as takbestuurder

Supervisor/Senior

Maatskaplike Werker

EMANANG NOKENG

UITREIKEENHEDE:

Bestuurder:

Gemeenskapswerk

Programbestuurder

Projekleier

TUISTES VIR BEJAARDES

Bestuurder

Maatskaplike Werker

Hoofverpleegkundige

Hoof- Administratiewe

Beampte

KINDER-EN

JEUGSORGSENTRUMS

Bestuurder

Senior/Maatskaplike Werker

Hoof: Kinderversorging

Hoof: Administrasie

ONDERSTEUNENDE

STRUKTURE

BESTUURSKOMITEES:

Gesinsorg &

Gemeenskapswerk

Bejaardesorg

Residensiële Kindersorg

AD HOC KOMITEES

Gesinsorg Konsultatiewe

Paneel

Vergoedingskomitee

Werkkomitees

Kindersorgpaneel

Finansiële Komitee

Fondsinsamelingskomitee

Projekkomitee

Fondsinsamelingskomitee

Toelatingskomitee (DQ 98)

Finansiële Komitee

Fondsinsamelingskomitee

Toelatingskomitee

Evalueringspaneel

Finansiële komitee

Fondsinsamelingskomitee

DIREKSIE, ADVIESRADE EN

PERSONEEL

Die direksie bestaan uit elf direksielede, van wie die

meerderheid, naamlik agt, nie-uitvoerend is. Laasgenoemde

lede, insluitend die voorsitter, is onafhanklik

van die kernbesigheid en daaglikse bestuur van die

maatskappy. Ses van hulle is predikante in die NG Kerk.

Elke lid van die Direksie verteenwoordig ‘n bepaalde

streek binne die Sinode van Wes-Transvaal of ʼn

besondere spesialisdiens-terrein. Die nie-uitvoerende

lede se onafhanklikheid word jaarliks geëvalueer.

ADVIESRADE

Elke tak van die diens word plaaslik bestuur met die hulp

van gemeenskapsadviesrade. Inspraak op plaaslike

vlak word bevorder deurdat hierdie rade bestaan uit

verteenwoordigers van gemeentes, die breë gemeenskap,

kundiges, vrywilligers, personeel en ander medewerkers.

pERSONEEL

Personeel verbonde aan die Hoofkantoor is die

Besturende Direkteur, welsynsbestuurder, finansiële

bestuurder, ʼn rekenmeester, ʼn skakelbeampte, ʼn administratiewe

beampte en ʼn algemene assistent. Oorhoofse

bestuur van die welsynskantore in Noordwes word

behartig deur ‘n provinsiale bestuurder, en dié van die

Wes-Rand- en Vaalstreke tydelik deur die welsyns-

en die gemeenskapswerkbestuurder onderskeidelik.

Laasgenoemde bestuur ook Emanang Nokeng

Gemeenskapswerkdienste.

Alle residensiële fasiliteite vir ouer persone beskik oor ‘n

eie bestuurder, en word bygestaan deur ʼn supervisor vir

bejaardesorgdienste. Beide kinder- en jeugsorgsentrums

het ‘n eie bestuurder.

Algemene bestuursfunksies, personeeladministrasie,

finansiële beheer asook interne en eksterne kommunikasiefunksies

word deur hierdie personeel verrig.

By NG Welsyn se 17 welsynskantore is 43 maatskaplike

werkers in diens van die organisasie, sowel as 4

maatskaplike hulpwerkers, 15 administratiewe beamptes

en 11 skoonmakers. Die twee Kinder- en Jeugsorgsentrums

het gesamentlik 6 maatskaplike werkers, 23 kinderversorgers,

8 administratiewe personeellede en 46

huishoudelike personeellede in diens.

Gembou gemeenskapsorgsentrum in Roodepoort het

1 administratiewe assistent, 3 kinderversorgers en 3

algemene assistente in diens. Maatskaplike werkers

wat gemeenskapswerk doen is een in Vanderbijlpark, 1

hulpwerker in Vereeniging, 3 maatskaplike werkers (Wes-

Rand) en 1 gemeenskapsontwikkelaar aan die Wes-Rand.

Die 8 tehuise vir bejaardes het gesamentlik 67 verpleegkundiges,

207 verpleeghulpe en gesondheidsversorgers,

130 huishoudelike personeellede, 15 administratiewe

personeellede, 2 maatskaplike werkers en 1 maatskaplike

hulpwerker in diens.

6 NG WELSYN JAARVERSLAG

7

GESINSORG- EN

GEMEENSKAPSWERKDIENSTE

DOELSTELLINGS

• Om die gesinslewe te versterk ten einde wan-

funksionering te voorkom en die algemene

welstand van gesinne te verbeter deur:

° Dienste aan gesinne te lewer waar

daar kinders is wat in hoë-risiko

omstandighede verkeer ten einde te

voorkom dat verdere agteruitgang

van die gesinfunksionering

plaasvind.

° Dienslewering aan gesinne met

kinders in pleegsorg.

• Om weerlose kinders, weeskinders en

ander kinders in hoë-risiko omstandighede

te beskerm deur:

° Programme aan te bied wat

verwaarlosing, uitbuiting, mishandeling

of onvoldoende toesig oor die

kinders, voorkom.

° Dienste te lewer aan kinders wat

geïdentifiseer is dat hulle weerloos

is of aan hoë-risiko omstandighede

blootgestel is, ten einde te voorkom

dat omstandighede verder versleg en

kinders moontlik deur middel van ʼn

hofbevel beveilig moet word.

° Om kinders te beveilig met behulp

van bevoegdheid soos verleen deur

die Kinderwet.

° Om toesigdienste te lewer aan

kinders wat beveilig is en in

pleegsorg geplaas is.

• Om programme te implementeer wat die

maksimum potensiaal van personeel en

vrywilligers ontsluit sodat ʼn volhoubare en

hoogstaande kwaliteit diens gelewer word

om die maatskaplike disfunksionering

in die gemeenskap aan te spreek.

AARD EN OMVANG VAN DIENSLEWERING

In 2011/2012 is 16 996 persone bereik deur middel van

lang- en korttermyndienslewering. Hiervan was 8 260

(48%) kinders.

Die maatskaplike werkers het 102 kinderhofsake

afgehandel: 158 kinders is op hierdie wyse beveilig.

Die meeste kinders is in pleegsorg in die gemeenskap

geplaas. Slegs 27 van die kinders is in kinder- en

jeugsorgsentrums geplaas op proefvoorwaardes en

3 in nywerheidskole. Van die kinders is ook in hulle

biologiese ouers se sorg herstel. Dit beteken dat die

ouers aan sekere vereistes moet voldoen en dat die

gesin ʼn bepaalde behandelingsplan onder toesig van ʼn

maatskaplike werker moet volg.

Bykans al die ander sake (pleegsorg, gesinsherenigingsdienste

en kinderhofsake uitgesluit) is daarop gerig om

te voorkom dat dit nodig is om kinders met ʼn hofbevel

uit die sorg van hulle ouers te verwyder. Aktiwiteite sluit

armoedeverligting, assessering, terapie en berading in.

Dit stel op ʼn daaglikse basis ongekende uitdagings aan die

maatskaplike werker – om met die minimum hulpbronne

tot hul beskikking steeds ʼn diens te lewer wat werklik

‘n verandering in mense se algemene maatskaplike

funksionering teweeg bring.

Armoedeverligting, deur die voorsiening van basiese

lewensmiddele soos voedsel en klerasie, is ʼn baie

basiese, maar baie noodsaaklike diens. Vrywilligers en

die kantore se administratiewe personeel is aktief by dié

programme betrokke.

Pleegsorgtoesigdienste is ʼn belangrike aspek van die

maatskaplike werker se taak en word op ʼn deurlopende

basis by 1 891 gesinne wat 2 398 kinders versorg, gelewer.

Gesinsherenigingsdienste is daardie dienste wat aan

gesinne gelewer word waar die kinders uit ouers se sorg

verwyder is. Dienste moet dan aan die ouers gelewer

word ten einde die gesinsomstandighede so te verbeter

dat daardie kinders moontlik in die ouers se sorg herstel

kan word. Gesinsherenigingsdienste is aan 598 gesinne

gelewer.

Maatskaplike werkers het 17 groepe van terapeutiese aard

aangebied asook 15 gemeenskapsprojekte vir geregistreerde

kliënte. Daar is van 210 vrywilligers gebruik gemaak vir

verskillende projekte of vir ondersteunende take.

Die gemeenskap benut die NG Welsyn kantore as ʼn

verwysingspunt om navrae te rig en leiding te kry. NG

Welsyn Hoofkantoor het sowat 130 eenmalige navrae

telefonies en via die webtuiste ontvang en verwys. ʼn Totaal

van 734 sodanige navrae is deur middel van persoonlike

navrae, telefonies of via die internetportaal deur die

kantore hanteer. Voorbeelde hiervan is iemand wat wil

weet waar ʼn tuiste vir bejaardes of ʼn rehabilitasiesentrum

vir dwelmafhanklikes is.

8 NG WELSYN JAARVERSLAG

9

TENDENSE:

• Die bevegting van armoede bly een van die grootste

uitdagings.

• Huweliksprobleme en gesinskonflik (dit sluit

huweliks- en gesinsgeweld in) kom toenemend

voor.

• Daar is ʼn definitiewe toename in intensiteit sowel as

die moeilikheidsgraad van aangemelde sake van

kindermolestering, mishandeling en verwaarlosing.

Die ouderdomme van hierdie kinders word ook al

hoe jonger. Voorvalle van kind-tot-kind molestering

het ook toegeneem.

• Dit is ʼn probleem om hierdie kinders tydelik

in veilige sorg te plaas voor die afhandeling

van hofverrigtinge. Die organisasie benodig

toenemend spesialisdienste soos forensiese

assesserings en spesiaal opgeleide terapeute.

Forensiese assesserings is noodsaaklik om in die

hof te kan staan teen ouers of ander beskuldigdes

se regsverteenwoordigers.

• Die verwysing na alternatiewe, toepaslike hulpbronne

is ook ʼn probleem. Kinder- en jeugsorgsentrums

het dikwels nie plek nie en daar is te

min veiligheids- en pleegouers. Kinders wat erge

probleemgedrag toon, veral tieners, word ook

moeilik geplaas omdat dit dikwels ‘n negatiewe

effek op die ander kinders het.

• Toename in tiener-swangerskappe, onbeheerbare

kinders, alkohol- en dwelmmisbruik en gebrekkige

ouerskapvaardighede gaan hand aan hand met die

voorafgaande.

• Weeskinders (agv die MIV- en Vigsprobleem).

PROJEKTE EN UITREIKPROGRAMME IN DIE/

GROEP EN GEMEENSKAPSWERK

Gemeenskapswerk reik uit na mense in die breë

gemeenskap wat nie noodwendig op die gevallelading van

takke is nie. Dit behels programme wat in die gemeenskap

aangebied word met die doel om mense te help om hulle

self te help en word deur middel van ʼn verskeidenheid

projekte gedoen. Die fokus van hierdie dienste is op die

voorkoming en verligting van armoede, op die beskerming

van weerlose groepe soos kinders en vroue, asook op die

impak van MIV en Vigs op mense se lewens.

Programme en projekte het ʼn ontwikkelings-, opvoedings-,

bemarkings-, of aksiefokus.

Met ontwikkelingswerk word gestreef om mense te

bemagtig om hulle algemene lewenskwaliteit te verbeter.

ʼn Voorbeeld daarvan is inkomste-generende projekte soos

die aanleer van handvaardighede en groentetuine aanlê.

Rolspelers in die gemeenskap word ook gemobiliseer om

self iets aan die maatskaplike probleme soos MIV/Vigs en

kinderverwaarlosing in hul gemeenskappe te doen daarom

is NG Welsyn betrokke by verskeie dagsorgsentrums vir

verwaarloosde en arm kinders. Kinders wat geaffekteer

word deur MIV en Vigs, asook weeskinders word hier

geakkommodeer.

Danksy befondsing van die Global Fund, (‘n fonds

geïnisieer en bedryf deur die sogenaamde G8 lande), kon

NG Welsyn ʼn nuwe dimensie gee aan die gehalte van

hierdie diens wat gelewer word. Twee versorgers is reeds

opgelei en ontplooi om die kinders in die gemeenskap te

help wat geaffekteer is deur, of geïnfekteer is met MIV en

Vigs.

Met befondsing wat beskikbaar gestel is deur die NLDTF

(Lotto) is ʼn program vir huishoudings met ‘n jeugdige(s)

aan die hoof daarvan (youth-headed-households) in

Magaliesburg op die been gebring. Die program fokus

op mense wat met MIV en Vigs geïnfekteer of daardeur

geaffekteer is. Hande is ook gevat met ander rolspelers

in die gemeenskap soos ʼn plaaslike “Home-Based Care”

-groep om die impak van die diens te verhoog.

Aan die Wes-Rand is groepe met behulp van dr Arnold

Smith aangebied vir die versorgers van weeskinders.

Pastorale ondersteuning word aan hierdie versorgers

gebied om hulle te help met hulle taak. Deur middel van

opvoedingsprogramme word belangrike voorkomingswerk

gedoen. Die doel daarmee is om maatskaplike probleme

wat manifesteer te bekamp of te voorkom.

Projekte wat lewensvaardighede oordra speel hier ʼn

belangrike rol. Die lewensvaardighede het ten doel om

veral kinders en jongmense te leer hoe om hulself teen

maatskaplike probleme en misdaad te beskerm.

Voorbeelde hiervan is vakansieprojekte en aktiwiteite

tydens Nasionale Kinderbeskermingsweek, Nasionale

Vrouedag en die Internasionale dag vir

MIV en Vigs. Bewusmaking van dienste speel ook ʼn

belangrike rol - nie alleen die dienste wat NG Welsyn

lewer nie, maar ook dienste van ander rolspelers in

die gemeenskap. Veral in landelike gebiede is die

gemeenskappe nie altyd ingelig oor die hulpbronne

tot hulle beskikking om hulle lewensomstandighede te

verbeter nie, of hoe om dit te benut nie.

Gedurende die afgelope boekjaar is ʼn

totaal van 159 projekte aangebied

en 12 052 mense is op hierdie

wyse bereik.

10 NG WELSYN JAARVERSLAG

11

KINDER- EN JEUGSORGSENTRUMS

(VOORHEEN BEKEND AS KINDERHUISE)

Kinders sonder heenkome of wat uit hul ouerhuise verwyder word, kan deur ‘n bevel van die Kinderhof in Kinder- en

Jeugsorgsentrums opgeneem word. Dit beteken dat hulle dikwels aan traumatiese omstandighede blootgestel was.

Hier word kinders van ʼn veilige omgewing voorsien, gesonde emosionele ontwikkeling word by hulle aangemoedig,

hulle word toegerus met lewensvaardighede en met terapie gehelp om trauma uit hul verlede te verwerk. Multiprofessionele

spanne werk doelgerig om bepaalde doelwitte vir elke kind te bereik.

Die Abraham Kriel Kinder- en Jeugsorgsentrum in Potchefstroom en die Catherine Robson Kinder- en Jeugsorgsentrum

in Vereeniging akkommodeer kinders uit die Provinsies Noordwes en Gauteng onderskeidelik. ʼn Totaal van

367 kinders is gedurende 2011/2012 in dié inrigtings versorg. Dertien uitreikprogramme is aangebied waardeur 478

persone bereik is.

Hierdie sentrums help kinders om nuwe hoogtes in die lewe te bereik, wat hul andersins nie beskore sou wees nie,

bv sportdeelname op nasionale sowel as internasionale vlak of universiteitstudies.

Die 142 vrywilligers betrokke by hierdie inrigtings lewer diens van onskatbare waarde. By die Abraham Kriel Kinder-

en Jeugsorgsentrum doen Duitse studente jaarlikse gemeenskapsdiens. Catherine Robson se vrywilligers bied

onder meer leesklasse, groepswerk en terapeutiese sessies (onder andere perdryklasse) aan.

TEHUISE VIR BEJAARDES /

DIENSTE AAN OUER PERSONE

‘n Totaal van 879 mense is deur die jaar in 8 tuistes vir

bejaardes versorg. Van hierdie 879, was 452 finansieel

selfversorgend en 427 behoeftige ouer persone.

Laasgenoemde is met behulp van staatsubsidie,

skenkings en borge geakkommodeer. Versorging is ook

aan 63 gestremdes verskaf.

Die gemiddelde eenheidskoste beloop sowat R4 200 per

maand.

Die meeste tuistes vir bejaardes het ook eenhede waarin

selfversorgende bejaardes kan woon. Behuising van

hierdie aard is aan 632 ouer persone voorsien. Hierdie

syfer het verhoog omdat van die tehuise meer ruimte in

selfsorgeenhede omskep het.

Probleme/tendense wat dienslewering by tuistes vir

bejaardes beïnvloed:

• ‘n Beperkte begroting en tekort aan gekwalifiseerde

personeel, soos geregistreerde verpleegkundiges, is

‘n groot probleem. Soos in die geval met maatskaplike

werkers, is die gesondheidsdienste-personeel hoog

in aanvraag, maar dit is vir NG Welsyn se inrigtings

vir ouer persone onmoontlik om kompeterende

vergoedingspakkette vir sodanige personeel te kan

aanbied.

• Sommige bejaardes is erg vereensaam of het nie

genoeg lewensmiddele nie en is dus besonder

afhanklik van die hulp van familielede. Ongelukkig

word die tendens waargeneem dat familielede hul

bejaardes aan hul eie lot oorlaat, wat meebring

dat die tehuis self fondse moet insamel om die

koste verbonde aan die versorging van behoeftige

bejaardes te dek.

Verskeie tehuise is ook aktief betrokke by uitreikprojekte

wat gemik is op behoeftige bejaardes wat steeds in

die gemeenskap bly. Sowat 13 sodanige projekte is

aangebied en 1 548 persone is deur hierdie inisiatief

bereik.

Verskeie aktiwiteite word ook daagliks in tehuise

aangebied as deel van programme ter bevordering

van Aktiewe Veroudering, byvoorbeeld kerkdienste,

kreatiwiteitsessies, konserte en opvoerings, arbeidsterapie

stimuleringsessies, fisiese oefening en bingo.

12 NG WELSYN JAARVERSLAG

13

BEFONDSERS,

VENNOTE EN MEDEWERKERS

NG Welsyn wil graag erkenning gee aan elkeen wat

meehelp om die organisasie se las ligter te maak;

medewerkers, pleegouers, spesialisdienste, vrywilligers

ens.

NG Welsyn is deur die Departement Maatskaplike

Ontwikkeling sowel as die Sinode van Wes-Transvaal

befonds.

Verskeie donateurs, instansies (bv die NLDTF en Global

Fund) het ook finansieel bygedra om die koste van

programme te help dra.

NG Welsyn se takke bied egter deur die jaar verskeie

fondsinsamelingsfunksies aan ten einde die begrotings

te laat klop. Dit is ‘n groot verantwoordelikheid op die

skouers van maatskaplike werkers en bestuurders wat

reeds onder groot werkladings gebuk gaan, en dit is ook

uiters tydrowend.

BEHOEFTELYS

• Donasies

• Veiligheids- en pleegouers

• Spesialisdienste – veral medici, regslui, sielkundiges

en arbeidsterapeute om hul dienste

teen verminderde tariewe beskikbaar te stel

• Vakmanne wat behulpsaam kan wees met

algemene instandhouding by al die takke

• Mense wat kan help om kliënte te bemagtig

• Vrywilligers wat kan help met fondsinsameling

SEB-pUNTE EN BELASTINGKORTING

NG Welsyn vir befondsende instansies kan SEB-(BEE)

punte verdien en wel op grond van ons inisiatiewe

ten opsigte van sosio-ekonomiese ontwikkeling of

ondernemingsontwikkeling.

Alle skenkings aan NG Welsyn is ook belastingaftrekbaar:

ʼn Artikel 18A-sertifikaat kan uitgereik word

vir enige donasies wat aan NG Welsyn se hoofkantoor,

gesinsorgkantore of kinder- en jeugsorgsentrums

gemaak word.

KORPORATIEWE BEHEER

Die Direksie onderskryf die beste praktyke en beginsels

soos vervat in die Kode van Beheer- en bestuursbeginsels

in die King III-verslag. Die Direksie moniteer die

toepassing daarvan gereeld ten einde voortdurende

verbetering van die bedryfs- en korporatiewe praktyke

te verseker en dat die sake van die maatskappy met

deursigtigheid en integriteit bedryf word.

Die vereistes van die King III-verslag word toegepas

in soverre dit betrekking het op ʼn maatskappy sonder

winsoogmerk en soos hieronder verder omskryf en

gekwalifiseer. Die nuwe Maatskappywet, Wet Nr. 71

van 2008 (die Nuwe Wet), is sedert 1 Mei 2011 van

toepassing en die Direksie maak voortdurend seker dat

hieraan voldoen word binne die tydsgrense wat gestel

word.

Etiese leierskap en korporatiewe burgerskap

Die maatskappy en die Direksie voldoen aan en

onderskryf die strengste etiese waardes en leef sy

korporatiewe burgerskap ten volle uit, veral op die gebied

van maatskaplike dienste wat gelewer word.

Die maatskappy en Direksie voldoen aan alle

wetsvereistes en ander regulatoriese vereistes, kodes

en standaarde. Al hierdie prosesse is nog nie formeel

gedokumenteer en as beleid en prosedures uitgereik

nie, maar dit val binne die opdrag van die Direksie vir die

afsienbare toekoms.

Direksie en direkteure

Die Direksie en die struktuur van beheer en bestuur word

elders in die verslag uiteengesit.

Die direksie het gedurende die jaar ook ʼn risikokomitee

saamgestel. Geen vergadering is nog gehou nie. Alle

risikobestuursprosesse (wat tans informeel bedryf word)

sal ook in die afsienbare toekoms geformaliseer word, vir

beide algemene risiko’s en IT-beheer. Geen ongewone

of onverwagte risiko’s is geloop in die uitvoering van die

bedrywighede van die maatskappy nie - dus is daar ook

geen gepaardgaande wesenlike verliese gely nie.

ʼn Sosiale en etiekkomitee is tydens ‘n SKDB ledevergadering

op 12 Maart 2012 in die lewe geroep

ingevolge die Maatskappywet.

Weens die aard van sy bedrywighede en die niekommersiële

aard daarvan, het die Direksie nie die

behoefte om direkteure gereeld te roteer nie en het dus

ook nie ʼn Nominasiekomitee nodig nie. Geen vergoeding

word betaal nie, buiten die salaris van die

Besturende Direkteur, dus is geen vergoedingskomitee

en vergoedingsbeleid en prestasie-bonusse ter sprake

nie. Geen vergoeding van die Besturende Direkteur en

topamptenare word dus openbaar gemaak nie, weens

die liefdadigheidsaspek van die welsynsdienste wat

gelewer word.

14 NG WELSYN JAARVERSLAG

15

Informele opleiding vind gereeld tydens direksievergaderings

plaas. Daar is nog nie ʼn formele opleidingsprogram

vir direkteure nie en ook geen formele prestasiebeoordeling

nie. Hierdie aspekte sal in die komende jare

aandag geniet. Weereens, omdat die maatskappy by

liefdadigheid betrokke is, is fondse beperk en word dit

eerder aan die kernbesigheid bestee.

Volhoubaarheid en integrasie

Hierdie jaarverslag word aangebied as ʼn geïntegreerde

verslag wat die finansiële jaarstaatsyfers asook die

sosiale, omgewings- en ekonomiese aspekte onder die

loep neem. Weens die aard van bedrywighede word ʼn

groot deel van hierdie verslag gewy aan die maatskaplike

dienste wat aan die breë samelewing gelewer word.

Geeneen van die volhoubaarheidsaspekte word aan

ʼn oudit of gerusstellingsopdrag onderwerp nie, weens

kostes betrokke en die fokus op die besteding van fondse

op welsynswerk.

Die volhoubaarheid van bedry-wighede maak ʼn groot deel

uit van die fokus van die Direksie en topbestuur. Weens

die welsyns- en liefdadigheidsaard van werksaamhede is

die maatskappy grotendeels afhanklik van donasies en

kerk- en regeringsteun, en daar is dus geen waarborge

van voortgesette steun nie.

Ten spyte hiervan het die maatskappy uiters

verantwoordelik met sy finansiële sake omgegaan en

dus ook groot fondse reeds op vaste belegging geplaas.

Verhoudings met belanghebbers

Die maatskappy tree in die breë gemeenskap op om

welsyns- en maatskaplike dienste te lewer; dus is

die breë gemeenskap ʼn belangrike belanghebber.

Skakeling en gereelde terugvoer vind dus deurlopend

plaas tussen plaaslike gemeenskappe en amptenare

van die maatskappy, sowel as tussen die gemeentes

waar sommige van die direksielede werksaam is en

gemeentes waar welsynsdienste aktief gelewer word.

Die verhoudings met die gemeenskap, asook met die

kerk en welsynsdienste binne die regering word dus

op ʼn deurlopende basis aktief bestuur as deel van die

kernbesigheid van die maatskappy.

NG WELSYN NOORDWES MSW

VERSLAG VAN DIE DIE OUDITKOMITEE

Ons hou hiermee graag ons verslag vir die finansiële jaar

geëindig 29 Februarie 2012 aan die direksie voor.

Die ouditkomitee is ’n onafhanklike komitee wat aangestel

is deur die direksie, wat ook pligte en verantwoordelikhede

aan die komitee delegeer en bestaan uit drie onafhanklike

nie-uitvoerende direkteure.

Die ouditkomitee is van mening dat hierdie verslag aan

die vereistes van die Maatskappywet (Wet 71 van 2008,

soos gewysig) en al die wesenlike vereistes van die King

Kode vir Beheer en Bestuur vir Suid-Afrika (King III, 2009)

voldoen.

Die opdrag van die ouditkomitee is geformaliseer in

‘n reglement wat die Direksie goedgekeur het. Sedert

stigting het die ouditkomitee sy sake ooreenkomstig die

reglement bedryf en sy verantwoordelikhede na wense

nagekom.

Die komitee vergader minstens twee maal per jaar, soos

deur die reglement vereis. Die ouditkomiteevergaderings

gedurende die jaar onder oorsig was die volgende en is

soos volg bygewoon:

LID 16 MEI 2011 18 JULIE 2011 12 AUG 2011 20 FEB 2012

Anton du Toit (voorsitter) Teenwoordig Teenwoordig Teenwoordig Teenwoordig

Andries van Rooyen Teenwoordig Teenwoordig Teenwoordig Teenwoordig

Ben Botha Teenwoordig Teenwoordig Teenwoordig Teenwoordig

Die ouditkomitee is verantwoordelik vir:

• Nominasie van die geregistreerde onafhanklike

ouditeur;

• Die beoordeling van die onafhanklikheid van die

geregistreerde onafhanklike ouditeur;

• Oorsig oor alle aangeleenthede rakende die

aanstelling, ouditfooie, voltooiing en afhandeling

van die onafhanklike oudit;

• Die oorsig oor die finansiële jaarstate voor

voorlegging aan en goedkeuring deur die Direksie,

met inagneming van die lopende saak status van

die maatskappy;

• Die hersiening van die jaarverslag en alle

volhoubaarheidsaangeleenthede voor dit aan die

Direksie voorgelê word;

• Die handhawing van ‘n behoorlike

risikobestuursproses en medewerking met die

risikokomitee ten einde te verseker dat daar

‘n aktiewe oorsig- en moniteringsproses

teenwoordig is;

• Monitering van die interne ouditfunksie;

16 NG WELSYN JAARVERSLAG

17

• Die monitering van ‘n behoorlike interne

beheerstelsel; en

• Die monitering van die prosesse en prosedures

rondom etiese gedrag binne die maatskappy.

Die ouditkomitee lewer dus verslag dat al die pligte en

verantwoordelikhede soos beskryf nagekom is sedert

die eerste vergadering tot en met die oorsigvergadering

oor die finansiële state vir die jaar onder oorsig. Die

ouditkomitee lewer spesifiek verslag dat:

• Die geregistreerde ouditeur wel onafhanklik is;

• Die finansiële jaarstate nagegaan is en aanbeveel

is aan die Direksie (klem is geplaas op die

ouditverslag en op die rekeningkundige beleid

en voldoening aan Internasionale Finansiële

Verslagdoeningstandaarde);

• Die lopende saak status van die maatskappy

hersien is en dat die ouditkomitee tevrede is dat

die maatskappy oor voldoende hulpbronne beskik

om sake vir die afsienbare toekoms voort te sit;

• Die jaarverslag hersien is vir aanbeveling aan

die Direksie en dat daar voldoende dekking is

oor korporatiewe beheer-aangeleenthede en

voldoenbaarheidsverslagdoening, inaggenome

die aard en grootte van die maatskappy;

• Daar na beste wete geen beperking deur die

bestuur geplaas is op die onafhanklike ouditeure in

die uitvoering van hulle pligte nie;

• Die risikobestuursproses uitgevoer word, hoewel

die Direksie algehele verantwoordelikheid

ERKENNING:

Baie dankie aan:

• Elke gemeente van die NG Kerk in Wes-

Transvaal wat deur finansiële bydraes,

ondersteuning en betrokkenheid hierdie diens

bevorder.

• Elke gemeentelid, medewerker en donateur

wat deur deelname, vrywillige diens of

donasies die las van die personeel verlig.

vir die handhawing van ’n doeltreffende

risikobestuursproses dra;

• Hoewel die Direksie algehele verantwoordelikheid

vir die maatskappy se interne beheer dra,

die ouditkomitee die Direksie bystaan om die

doeltreffendheid en toereikendheid daarvan te

moniteer;

• Die interne ouditfunksie deur die finansiële

bestuurder uitgevoer word, weens die aard en

beperkte omvang van bedrywighede, asook

die beperkte hulpbronne beskikbaar vir hierdie

taak. Die ouditkomitee erken die gebrek aan

onafhanklikheid van hierdie funksie, maar besef

ook dat finansiële hulpbronne beter aangewend

kan word in die hooftaak en doel van die

maatskappy; en

• Die ouditkomitee hom daarvan vergewis het

dat die finansiële bestuurder oor die toepaslike

kundigheid en ervaring beskik om in die

hoedanigheid op te tree. Die ouditkomitee is ook

tevrede dat die maatskappy se finansies funksie

oor die vereiste kundigheid en toereikende

hulpbronne beskik om hul verantwoordelikhede na

te kom.

Geen wetsoortredings of wesenlike etiese kwessies het

in die tydperk onder oorsig aan die lig gekom nie.

ANTON DU TOIT

Voorsitter van die Ouditkomitee

10 Augustus 2012

• Die Departement Maatskaplike Ontwikkeling en

die NLDTF (Nasionale Lotery Distribusie Trust

Fonds) en ander donateurs vir hul finansiële

ondersteuning.

• Die uiters toegewyde, lojale en bekwame

personeel in al die vertakkinge van NG Welsyn

Noordwes wat op so ‘n onbaatsugtige wyse hoop

en lig bring daar waar dit ontbreek.

NG WELSYN DIENSPUNTE /

NG WELFARE SERVICE POINTS

GESINSORGKANTORE /

WELFARE OFFICES

NG Welsyn Bloemhof

053 433 1353

NG Welsyn Christiana

079 789 8341

NG Welsyn Carletonville

018 787 4038/9

Fochville Maatskaplike Dienste

018 771 2871

NG Welsyn Klerksdorp

018 462 9887/8

NG Welsyn Krugersdorp

011 660 3183/4

NG Welsyn Lichtenburg

018 632 4347

NG Welsyn Meyerton

016 362 0864

NG Welsyn Potchefstroom

018 297 7347

NG Welsyn Randfontein

011 412 1035/6

NG Welsyn Roodepoort

011 763 5644/5

NG Welsyn Schweizer-Reneke

053 963 1156

NG Welsyn Vanderbijlpark

016 981 1044

NG Welsyn Vereeniging

016 421 4044/5

Ver-Wes Maatskaplike Dienste Wolmaransstad

018 596 1318

NG Welsyn Zeerust

018 642 1312

Satellietkantoor: NG Welsyn Koster

014 543 4035

KINDER-EN JEUGSORGSENTRUMS /

CHILD AND YOUTH CARE CENTRES

Abraham Kriel Kinder- en Jeugsorgsentrum,

Potchefstroom 018 294 5347

Catherine Robson Kinder- en Jeugsorgsentrum,

Vereeniging 016 455 1733

INRIGTINGS / INSTITUTIONS

TEHUISE VIR BEJAARDES /

HOMES FOR THE ELDERLY

Huis Meyerton

016 362 0045

Japie Kritzinger Tuiste vir Bejaardes, Bloemhof

053 433 1403

Jeugland Tuiste vir Bejaardes, Vanderbijlpark

016 933 3995

Klerksdorp Tuiste vir Bejaardes

018 464 1822

Koster Tuiste vir Bejaardes

014 543 2052/3

Luipaardsvlei Tuiste vir Bejaardes, Krugersdorp

011 955 2108/9

Silwerjare Tuiste vir Bejaardes, Schweizer-Reneke

053 963 1330

Wolmaransstad Tuiste vir Bejaardes

018 596 1159

DIENSSENTRUMS / SERVICE CENTRES

Jeugland, Vanderbijlpark

016 933 3995

GEMEENSKApSORGSENTRUMS /

COMMUNITY CARE CENTRES

Emanang Nokeng Wes-Rand

083 268 3660

Gembou Dagsorgsentrum, Roodepoort

083 268 3660

Gemeenskapwerk dienspunte:

082 451 7684

- Vereeniging, Polokong (Vanderbijlpark)

- Magaliesburg (Krugersdorp)

- Princess en Soul City (Roodepoort)

- Jabulani en Wheatlands (Randfontein)

- Arethusaneng (Bloemhof) en

Utlwanang (Christiana).

18 NG WELSYN JAARVERSLAG

19

VERKORTE FINANSIËLE STATE 2011/2012

Philip Miller & Kie

REGISTERED AUDITORS

GEREGISTREERDE OUDITEURE

KRAUSE VAN DER WALT C.A. (S.A.) Ph. D. ‑ SAICA NO 00247961

GERALDINE SMUTS C.A. (S.A.) M. COM. ‑ SAICA NO 08184011

3 Olen Avenue, POTCHEFSTROOM. 2531

Posbus 40, POTCHEFSTROOM, 2520

Tel: (018) 293 4000

Fax (018) 293 4030

Offices at / Kantore te

Carletonville Tel: (018) 788 3053

info@pmiller.co.za

VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEURE AAN LEDE VAN

NG WELSYN NOORDWES: (MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK)

Die verkorte finansiële jaarstate van NG WELSYN NOORDWES is opgestel vanuit die geouditeerde finansiële jaarstate

wat opgestel is in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Verslagdoening Standaarde vir Klein en Medium‑Grootte

Entiteite, en op die wyse wat deur die Maatskappywet van Suid‑Afrika vereis word, vir die jaar geëindig 29 Februarie 2012.

Ons het die finansiële jaarstate geouditeer in ooreenstemming met die standpunte van Suid‑Afrikaanse Ouditstandaard.

In die ouditverslag, gedateer 13 Augustus 2012, het ons ‘n ongekwalifiseerde mening uitgespreek, waaruit die verkorte

finansiële jaarstate opgestel is.

Direkteure se verantwoordelikheid vir die finansiële jaarstate

Die maatskappy se direkteure is verantwoordelik vir die opstel en redelike voorstelling van hierdie verkorte finansiële

jaarstate ooreenkomstig Internasionale Finansiële Verslagdoening Standaarde vir Klein en Medium‑Grootte Entiteite,

en op die wyse wat deur die Maatskappywet van Suid‑Afrika vereis word. Hierdie verantwoordelikheid sluit in die

ontwerp, implementering en instandhouding van interne beheer relevant tot die opstel en redelike voorstelling van

finansiële jaarstate wat vry is van wesenlike wanvoorstelling, hetsy weens bedrog of foute, die selektering en toepassing

van toepaslike rekeningkundige beleid, en die maak van rekeningkundige ramings wat in die omstandighede redelik is.

Ouditmening

Na ons mening is die verkorte finansiële jaarstate ‘n billike weergawe in alle wesenlike opsigte, van die geouditeerde

finansiële jaarstate wat voorberei is in ooreenstemming met die aanbieding en openbaarmakingsvereistes ooreenkomstig

die Internasionale Finansiële Verslagdoening Standaarde vir Klein en Medium‑Grootte Entiteite en op die wyse wat deur

die Maatskappywet vereis word.

Om die omvang van ons oudit en die entiteit se finansiële posisie beter te verstaan, moet die verkorte finansiële jaarstate

saam met ons ouditverslag, wat ingesluit is in die geouditeerde finansiële jaarstate, gelees word.

Philip Miller & Kie Potchefstroom

Geregistreerde Ouditeure 13 Augustus 2012

NG WELSYN NOORDWES (MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK)

STAAT VAN FINANSIËLE pOSISIE

Op 29 FEBRUARIE 2012

(Registrasienommer 1995/008030/08)

(002-059 NPO)

2012 2011

R R

Bates

Nie-bedryfsbates 61,885,324 30,901,091

Eiendom, masjinerie en toerusting 38,437,249 11,828,528

Beleggings 23,448,075 19,072,563

Bedryfsbates 5,734,678 10,575,755

Verbruiksgoedere 331,307 444,639

Handels‑ en ander debiteure 2,567,045 2,622,677

Kontant en kontantekwivalente 2,836,326 7,508,439

Totale bates 67,620,002 41,476,846

Ekwiteit en aanspreeklikhede

Kapitaal en reserwes

Uitkeerbare reserwe

Nie-bedryfslaste

32,197,010 32,109,670

Langtermynverpligting 33,310,279 6,066,556

Bedryfslaste 2,112,713 3,300,620

Belasting 24,805 67,152

Handels‑ en ander krediteure 2,087,908 3,233,468

Totale ekwiteit en aanspreeklikheid 67,620,002 41,476,846

20 NG WELSYN JAARVERSLAG

21

NG WELSYN NOORDWES (MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK)

STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE

VIR DIE JAAR GEËINDIG 29 FEBRUARIE 2012

(Registrasienommer 1995/008030/08)

(002-059 NPO)

2012 2011

R R

Inkomste 69,362,286 67,878,947

Bedryfsuitgawes (70,690,223) (63,797,482)

Bedryfsurplus/(tekort) (1,327,937) 4,081,465

Ander omvattende inkomste ‑

Rente ontvang 778,867 656,711

Rente betaal ‑ ‑

(Tekort)/surplus vir die jaar (549,070) 4,738,176

Oordrag na reserwe 636,410 1,483,275

Totale omvattende inkomste 87,340 6,221,451

GEKONSOLIDEERDE INKOMSTEVERDELING 2011/2012

Staatsubsidie 24 494 759.54

Diensfooie 23 151 459.28

NG Kerk bydraes 5 462 383.54

Rente Ontvang 778 867.36

FONDSINSAMELING

NLDTF (LOTTO)

RENTE

ONTVANG

NG KERK

BYDRAES

ANDER

1%

7%

8%

2%

NLDTF (Lotto) 4 897 436.96

Fondsinsameling 1 729 518.88

Ander 9 626 726.93

14%

33%

DIENSFOOIE

35%

STAATSUBSIDIE

NG WELSYN NOORDWES (MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK)

STAAT VAN VERANDERING IN EKWITEIT

VIR DIE JAAR GEËINDIG 29 FEBRUARIE 2012

(Registrasienommer 1995/008030/08)

(002-059 NPO)

Uitkeerbare

reserwe R

Saldo op 1 Maart 2010 25,888,219

Totale omvattende inkomste vir die jaar 4,738,176

Oorplasing na reserwe 1,483,275

Saldo op 1 Maart 2011 32,109,670

Totale omvattende inkomste vir die jaar (549,070)

Oorplasing na reserwe 636,410

Saldo op 29 Februarie 2012 32,197,010

AANTEKENINGE TOT DIE VERKORTE FINANSIËLE JAARSTATE

VIR DIE JAAR GEËINDIG 29 FEBRUARIE 2012

1. Aanbieding van Verkorte Finansiële Jaarstate

Die verkorte finansiële jaarstate is afgelei van die geouditeerde finansiële jaarstate wat opgestel is ooreenkomstig

Internasionale Finansiële Verslagdoening Standaarde vir Klein en Medium‑Grootte Entiteite. Die volledige

finansiële jaarstate sal by die geregistreerde kantoor ter insae beskikbaar wees of op die webtuiste.

1.1 Verslag van die onafhanklike ouditeur.

Die eksterne ouditeur, Philip Miller & Kie, het die finansiële jaarstate geoudit. ‘n Afskrif van die

ongekwalifiseerde ouditverslag is beskikbaar by die geregistreerde kantoor.

22 NG WELSYN JAARVERSLAG

23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!