12.09.2013 Views

Jaarverslag 2008/2009 - NG Welsyn Noordwes

Jaarverslag 2008/2009 - NG Welsyn Noordwes

Jaarverslag 2008/2009 - NG Welsyn Noordwes

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Ds Anton Mocke

NG WELSYN NOORDWES EN GAUTENG

• Die NG Kerk se maatskaplike welsynsdienste in die Noordwes Provinsie asook die Vaal en Wes-

Rand streke van Gauteng – ‘n diens vanuit die NG Kerk aan alle mense in nood, ongeag ras of

kerkverband.

• Geregistreerde welsynsorganisasie (SKDB Wes-Transvaal)

• Artikel 21 Maatskappy (NG Welsyn Noordwes en Gauteng, 95 08030/08)

• Organisasie sonder Winsoogmerk (NPO 002-059)

Visie : Die optimale maatskaplike funksionering van die individu, familie en gemeenskap tot eer van God.

Missie: NG Welsyn is daartoe verbind om 'n omvattende professionele maatskaplike welsynsdiens te lewer.

BOODSKAP VAN DIE BESTURENDE DIREKTEUR

Om na ander se welsyn om te sien, dit is ons werk. Dit is ons roeping!

Daar is soveel seer en pyn in hierdie wêreld van ons, ja ook in ons land en onder ons mense. Soms voel ons om soos Job te

sê: "Ek sit my hand op my mond. Ek het niks om te sê nie – ek bly liewer stil.”

Die honger van mense sonder kos en sonder werk. Die pyn van siek mense. Die verlatenheid van mense sonder huis of bed

of skuiling. Die seer van kinders en vroue wat mishandel word. Die eensaamheid en verwaarlosing van oudword. Die

alleenwees van kinders tussen ander, sonder 'n eie huis of gesin. Die wag op iemand wat ook vir my lief sal wees. Alles

dreig soms om net te veel te raak.

Robert Browning sê in 'n gedig:

I give the fight up: let there be an end.

A privacy, an obscure nook for me.

I want to be forgotten even by God.

Soms voel sommige net om weg te hardloop. Ander mense maak asof die seer en die pyn nie bestaan nie. Sommige leef so

ver daarvandaan dat dit nie vir hulle 'n werklikheid is nie. Baie wil dit nie sien nie, wil nie kyk nie en wil nie daarvan weet nie.

Maar van die werklikheid van hierdie stukkende wêreld kom nie een van ons los nie. In die een of ander stadium word ons

met die seer gekonfronteer en moet ons dit hanteer.

JAARVERSLAG 2008/2009

JAARVERSLAG 2008/2009 1

Gelukkig en geseënd is ons, want daar is mense wat daadwerklik iets doen om die seer van ander draagliker te maak. Daar

is mense wat hoop bring waar alles gaan stilstaan het en wêrelde uitmekaar gebreek is.

Daar is mense wat gaan stilstaan en wat raaksien wat in ander se lewens aangaan. Daar is mense wat die hande uitsteek en

die nood aanraak, wat nie net praat en beplan nie, maar werklik iets doen.

Dit is waar NG Welsyn werk. Ons mense loop en werk en dien daar waar die kind sonder huis en gesin verleë rondstaan,

waar die vrou geslaan word en ouer mense versorg moet word.

Ons het mense wat die armoede in die huise gaan aanspreek en die werklose se hand vat om hulp te verleen. Ons het

mense wat kos in die hand sit van die een wat honger het, wat 'n verwaarloosde kind vasdruk en na veiligheid bring. Ons

het mense wat 'n gebroke kind se lewe help heelmaak en rigting gee. Ons het mense wat by ander stilsit en verstaan as die

groot wêreld klein geword het en die klein dinge groot bedreigings word. Ons het mense wat pille aangee en die kombers

vasdruk vir die eensame.

Ons is werklik geseënd.

Ons het ook mense wat sorg dat die versorgers versorg is. Wat weer diegene wat die werk doen, help om met hul werk te

kan aangaan. Ons is bevoorreg om bestuurders te hê wat omsien na personeel wat op die grond werk. Hulle wat sorg dat

die middele daar is om die werk te doen. Agter die bestuurders het ons vrywilligers en die ondersteuners en die borge en

die kerke en die gemeentes en die lidmate en so kan ons voortgaan met opnoem.

Hoe wonderlik is die genade van ons Hemelse Vader wat op soveel maniere sorg en versorg.

Dit gaan met ons goed. Ons word op soveel maniere en deur soveel mense geseën. Ons kan nie anders nie as om met 'n

loflied op ons lippe voor ons Hemelse Vader te kom buig in dankbaarheid vir soveel wat omgee en bydra om die nood van

die mense in ons eie omgewing te verlig.

Ds Anton Mocke

Besturende Direkteur

2

JAARVERSLAG 2008/2009

BESTUUR

Direksie

Die Direksie het 7 keer gedurende die afgelope boekjaar in Potchefstroom vergader, en bestaan uit die volgende persone:

Ds Coenraad Smit (Voorsitter), ds Fanie du Plooy (Ondervoorsitter en Potch-Koshstreek), ds Andries van Rooyen (Wes-

Rand), ds Ben Botha (Platteland) en ds Bok van Rensburg (Vaal). Benoemde lede is ds Nico van Rensburg (Predikant:

Sinodale Bedieninge) en mnr Gé Vermeulen (finansiële kundige). Ds Anton Mocke is ex officio as Predikant in Sinodale

Diens vir die Diens van Barmhartigheid die Besturende Direkteur van NG Welsyn. Me Shirley Theron (welsynsbestuurder:

NG Welsyn) en mnr Anderton Smith (finansiële bestuurder: NG Welsyn) dien in adviserende hoedanigheid in die Direksie.

Dit is met leedwese dat ons Adv. (ds) Henk Fourie se heengaan gedurende Desembermaand 2008 meld. Hy was as

regskundige benoem in die Direksie van NG Welsyn.

Vlnr: ds Fanie du Plooy (ondervoorsitter),

ds Anton Mocke (Besturende Direkteur)

en ds Coenraad Smit (voorsitter).

JAARVERSLAG 2008/2009 3

Adviesrade

Die verskillende takke van die diens is plaaslik bestuur met die hulp van

gemeenskapsadviesrade bestaande uit verteenwoordigers van gemeentes, die

breë gemeenskap, kundiges, vrywilligers, personeel en ander medewerkers.

Personeel

Die bestuurspan van NG Welsyn bestaan

ook uit twee provinsiale bestuurders vir die

welsynskantore-, vir Noordwes en Gauteng

onderskeidelik, sowel as 'n gemeenskapswerkbestuurder.

Daarby het elk van die agt

tehuise vir bejaardes en 2 kinderhuise 'n eie

bestuurder.

By die welsynskantore is 50 maatskaplike

werkers (19 in Noordwes en 31 in Gauteng)

in diens van die organisasie, sowel as drie

maatskaplike hulpwerkers en 16

administratiewe beamptes. Een van hierdie

maatskaplike werkers, sowel as twee

hulpwerkers, word uitsluitlik vir

gemeenskapswerk aangewend. Daar is ook sewe kinderversorgers in diens van die gemeenskapswerkafdeling.

Die tehuise vir bejaardes het gesamentlik 69 verpleegkundiges, 50 verpleeghulpe, 264 huishoudelike personeellede, 12

administratiewe personeellede en een van die tehuise het 'n maatskaplike werker in diens. Die kinderhuise het gesamentlik

3 maatskaplike werkers, 24 kinderversorgers, 8 administratiewe personeellede en 57 huishoudelike personeellede in

diens.

4

JAARVERSLAG 2008/2009

Hoofkantoor personeel:

Vlnr voor: Anette Degenaar (skakelbeampte), ds Anton Mocke (Besturende Direkteur) en

Stella Beukes (administratiewe beampte)

Agter: Shirley Theron (welsynsbestuurder), Anderton Smith (finansiële bestuurder) en

Chantal Labuschagne (rekenmeester).

DIENSTE

GESINSORGDIENSTE (welsynskantore)

In die 2008/2009-boekjaar is 'n totaal van 16 088 mense deur professionele maatskaplike werkers by 16 gesinsorgkantore

van NG Welsyn bereik - 2 984 is reeds met aanmelding suksesvol afgehandel. Hiervan was 21% NG Kerk-lidmate. Hierdie

dienste sluit onder andere die volgende in:

• Berading en beveiliging van getraumatiseerde kinders

• Gesinsterapie

• Verwysing na toepaslike hulpbronne

Die belangrikste maatskaplike probleme waarop gefokus is, was die volgende: kinderverwaarlosing en –molestering, swak

gesinsverhoudinge, gedragsprobleme, drank- en dwelmmisbruik en materiële nood.

Die volgende tabel weerspieël die bevolkingsprofiel van persone wat deur die welsynskantore bedien is:

2008/2009

Blankes Kleurlinge Swartes Asiërs

8886 646 6527 29

16088

Die totale aantal kinders wat deur middel van kinderhofverrigtinge beveilig is, is 405.

In die 2008/2009-boekjaar is toesigdienste by 1 918 pleeggesinne gelewer. 'n Totaal van 2 782 kinders was betrokke.

Gesinsherenigingsdienste is aan 705 gesinne (1060 individue / ouers) gelewer. Hierdie diens word aan ouers gelewer wie

se kinders deur middel van 'n bevel van die Kinderhof uit hulle sorg verwyder is. Die doel van die diens is om hulle

uiteindelik in staat te stel om hulle funksionering sodanig te verbeter dat hul kinders in hulle sorg herstel kan word.

Gedurende die afgelope jaar het die gesinsorgkantore minstens 9 382 kospakkies uitgedeel. Ongeveer 2 073 mense is

eenmalig van 'n ete voorsien en 584 mense het klere ontvang.

JAARVERSLAG 2008/2009 5

Januarie 2009 word Randfontein ook vanuit hierdie eenheid bedien. In Vanderbjilpark en Vereeniging is ook maatskaplike

hulpwerkers wat spesialiseer in gemeenskapswerk en –ontwikkeling.

Gemeenskapswerkdienslewering geskied deur middel van die volgende programme:

• Mentorskapprogramme

NG Welsyn het die afgelope boekjaar 'n verskeidenheid gemeenskapsinisiatiewe ondersteun, byvoorbeeld informele

dagsorgsentrums, met die doel om volhoubaarheid en die gehalte van dienslewering te verhoog. Leiding en bemagtiging

is veral gemik op bestuursvaardighede. Hulp is ook aan gemeentes verleen wat ontwikkelingsgerigte projekte van stapel

wou stuur. Met hierdie program is gemeenskappe ook begelei om oorvleueling of duplisering van projekte te beperk.

• Armoedeverligtingsprogram

Kos, klere en komberse is onder die armstes van die armes via gemeenskapskomitees versprei. In Roodepoort is

daar ook 'n inkomstegenererende projek met groentetonnels.

Praktiese hulp is ook verleen met byvoorbeeld die verkryging van identiteitsdokumente – om sodoende

kindertoelaes en ouderdomspensioene te bekom, in diens geneem te kan word of by die Departement Arbeid as

werknemer geregistreer te kan word.

• Kinderbeskermingsprogram

NG Welsyn het verskillende hulpbronne in gemeenskappe ontwikkel om verwaarloosde kinders en weeskinders

te help versorg en te beskerm. Dit sluit die verskillende dagsorgsentrums in ontwikkelende gemeenskappe en

informele nedersettings in, byvoorbeeld Polokong (Vanderbijlpark) en Soul City (Krugersdorp).

In veral landelike gebiede is gefokus op die opleiding van dagmoeders om na voorskoolse kinders in hulle

onmiddellike omgewing om te sien. In Vereeniging is ook begin met die ontwikkeling van 'n biblioteek waar

opvoedkundige hulpmiddele en speelgoed aan hierdie dagmoeders beskikbaar gestel kan word.

By die Utlwanang Community Care Centre in Christiana is daar ook smiddags na 85 skoolgaande kinders

omgesien. Ons hoop om meer invalsentrums vir skoolgaande kinders in die komende jaar te vestig.

• MIV en Vigsprogram

NG Welsyn is verteenwoordig in die Nasionale Vigsforum van die groter NG Kerk-familie. In NG Welsyn se

werksgebied funksioneer die Christen MIV/Vigs- Aksiegroep met die doel om gemeentes te mobiliseer om

betrokke te raak by hierdie nasionale probleem. Kinders wat geïnfekteer is met of geaffekteer is deur MIV en Vigs

JAARVERSLAG 2008/2009 7

word ook in die kinderbeskermingsprogram opgeneem. Dit is dan ook met leedwese dat ons verslag doen dat ons reeds

verskeie kinders en vrywilligers by dagsorgsentrums weens vigsverwante siektes aan die dood moes afstaan.

MIV- en Vigs-voorligting vorm deurlopend deel van alle projekte wat geloods word. Inligting word ook aan die gemeenskap

deurgegee oor hoe die Christen werkgewer sy werknemer wat vermoedelik MIV-positief is, moet hanteer. Die doel

daarmee is om empatie by werkgewers te kweek, en ook om hulle te bemagtig om uit te reik na werknemers wat MIVpositief

is.

KINDERHUISE

Kinders sonder heenkome of wat uit hul ouerhuise verwyder word, word deur 'n bevel van die Kinderhof in

kinderhuise opgeneem indien 'n plasing by 'n pleeggesin nie moontlik is nie.

Die Abraham Kriel Kinderhuis, Potchefstroom, het in 2008/2009 'n gemiddeld van 231 kinders versorg, van wie

54 nuwe opnames was. Van die 42 kinders wat in die betrokke jaar die kinderhuis verlaat het, het 33 by hul

families gaan woon, 2 jong kinders is in pleegsorg geplaas en 7 kinders is in die gemeenskap uitgeplaas. In

Januarie 2009 is 40 nuwe kinders opgeneem - die grootste enkele inname met een slag in die geskiedenis van

dié kinderhuis.

Die Duitse regering stel sedert 2008 studente beskikbaar om vir 'n jaar dienswerk in Suid-Afrika te kom verrig.

Dit kos geen organisasie geld nie en hul verblyf word jaarliks deur die Duitse regering betaal. Abraham Kriel

Kinderhuis in Potchefstroom, onder leiding van Catharien Saayman, hanteer die plasings vir NG Welsyn.

Gedurende die afgelope jaar het nege studente by die kinderhuis gewerk.

Die Catherine Robson Kinderhuis in Vereeniging akkommodeer gemiddeld 70 kinders uit die provinsie Gauteng,

waarvan 10-12 kleuters tussen die ouderdomme 4 en 8 jaar in 'n afsonderlike kleuterhuis versorg word.

'n Totaal van 361 kinders is in die boekjaar 2008/2009 in dié twee kinderhuise versorg en 196 vrywilligers was

by die 2 kinderhuise betrokke.

Die gemiddelde eenheidskoste per kind by NG Welsyn se twee kinderhuise beloop sowat R2 523 per maand,

teenoor die gemiddelde staatsubsidie van R1 535 per maand. Die tekort word deur middel van fondswerwing

aangevul, onder andere die Borg-'n-Kind projek en Beeld Kinderfonds. Beide kinderhuise het in die vorige

boekjaar elk 'n bedrag van R91 278.66 van Beeld Kinderfonds ontvang.

8

JAARVERSLAG 2008/2009

BEJAARDESORG

Hoewel dit ideaal is dat bejaardes so lank as moontlik

selfversorgend in hul eie huise bly woon, word dié ideaal beperk

deur verskillende faktore soos die veiligheidsituasie en hul fisieke

agteruitgang. Die tehuise van NG Welsyn bied 'n bekostigbare

heenkome vir bejaardes wie se versorging nie meer deur hul

gesinne of versorgers behartig kan word nie, asook vir volwasse

gestremdes. Sommige tehuise bied ook woonfasiliteite vir

afgetredenes wat nog selfversorgend is.

Die gemiddelde eenheidskoste beloop sowat R3 536 per maand.

'n Totaal van 823 persone word in die 8 tuistes vir bejaardes

versorg; 378 was finansieel vermoënd en 445 was behoeftig. Die

getal sub-ekonomiese bejaardes het met 3% toegeneem. 'n Totaal

van 56 gestremdes is versorg. Daar was 26 inwoners van ander

bevolkingsgroepe.

Verpleegdienste in die tehuise vir bejaardes verkeer onder druk, aangesien daar 'n ernstige

tekort is aan opgeleide verpleegpersoneel.

Benewens die inwoners van tuistes vir bejaardes is woonplek ook aan 553 persone in

aftree-eenhede verskaf.

Die tuistes vir bejaardes het ook deur middel van 26 projekte 'n totaal van 1 600 mense

buite die tehuise in die gemeenskap bereik. Van hierdie1 600 mense was 359 wit, 311

gekleurd en 930 swart.

'n Totaal van 353 vrywilligers was by die werksaamhede van die tuistes vir bejaardes

betrokke.

JAARVERSLAG 2008/2009 9

FONDSWERWING

NG Welsyn is deur die Departement Maatskaplike Ontwikkeling sowel as die Sinode van Wes-

Transvaal befonds. Dit is egter nie voldoende nie. NG Welsyn se takke het deur die jaar

verskeie fondsinsamelingsfunksies aangebied, ten einde die begrotings te laat klop. 'n Totaal

van R644 787 is gedurende 2008/2009 deur die welsynskantore ingesamel. Dit is 'n groot

verantwoordelikheid op die skouers van maatskaplike werkers wat reeds onder groot

gevalleladings gebuk gaan en dit is ook besonder tydrowend.

Die tehuise en kinderhuise loods ook verskeie fondsinsamelings deur die jaar, byvoorbeeld

die basaars by Japie Kritzinger, Bloemhof, Silwerjare en Schweizer-Reneke asook Abraham

Kriel Kinderhuis se Baasdag, wat ywerig deur die plaaslike gemeenskappe ondersteun word.

NG Welsyn geniet ook finansiële ondersteuning van korporatiewe instansies, wat SEB punte

verdien en wel op grond van ons inisiatiewe t.ov. sosio-ekonomiese ontwikkeling of

ondernemingsontwikkeling. Artikel 18A-sertifikate vir belastingkorting is ook op aanvraag

uitgereik vir donasies wat aan NG Welsyn se hoofkantoor, gesinsorgkantore of kinderhuise

gemaak is.

10

JAARVERSLAG 2008/2009

ERKENNING: Baie dankie aan:

• Elke gemeente van die NG Kerk in Wes-Transvaal wat deur finansiële bydraes, ondersteuning en betrokkenheid

hierdie diens bevorder.

• Elke gemeentelid, medewerker en donateur wat deur deelname, vrywillige diens of donasies die las van die

personeel verlig.

• Die Departement Maatskaplike Ontwikkeling vir hul finansiële ondersteuning

• Die uiters toegewyde, lojale en bekwame personeel in al die vertakkinge van NG Welsyn Noordwes wat op so 'n

onbaatsugtige wyse hoop en lig bring daar waar dit ontbreek.

SOLI DEO GLORIA

Hoofkantoor:

Peter Mokabalaan 104, Potchefstroom.

Tel: 018 297 3928

E-pos: ngwelsyn@iafrica.com

Webtuiste: www.ngwelsyn.co.za

Bankbesonderhede:

NG Welsyn Noordwes

ABSA - Rek: 01009700249

JAARVERSLAG 2008/2009 11

KONTAKBESONDERHEDE

NG WELSYN-TAKKE

GESINSORGKANTORE

NG Welsyn Bloemhof 053 433 1353

NG Welsyn Carletonville 018 787 4038/9

Fochville Maatskaplike Dienste 018 771 2871

NG Welsyn Klerksdorp 018 462 9887/8

NG Welsyn Krugersdorp 011 660 3183/4

NG Welsyn Lichtenburg 018 632 4347

NG Welsyn Meyerton 016 362 0864

NG Welsyn Potchefstroom 018 297 7347

NG Welsyn Randfontein 011 412 1035

NG Welsyn Roodepoort 011 763 5644/5

NG Welsyn Schweizer-Reneke 053 963 1156

NG Welsyn Vanderbijlpark 016 981 1044

NG Welsyn Vereeniging 016 421 4044/5

Ver-Wes Maatskaplike Dienste Wolmaransstad 018 596 1318

NG Welsyn Zeerust 018 642 1312

Satellietkantoor: NG Welsyn Koster 014 543 4035

INRIGTINGS

TEHUISE VIR BEJAARDES

Huis Meyerton 016 362 0045

Japie Kritzinger Tuiste vir Bejaardes, Bloemhof 053 433 1403

Jeugland Tuiste vir Bejaardes, Vanderbijlpark 016 933 3995

Klerksdorp Tuiste vir Bejaardes 018 464 1822

Koster Tuiste vir Bejaardes 014 543 2052/3

Luipaardsvlei Tuiste vir Bejaardes,

Krugersdorp 011 955 2108/9

Silwerjare Tuiste vir Bejaardes,

Schweizer-Reneke 053 963 1330

Wolmaransstad Tuiste vir Bejaardes 018 596 1159

12

JAARVERSLAG 2008/2009

DIENSSENTRUMS VIR BEJAARDES

Schweizer-Reneke 053 963 2472

Jeugland, Vanderbijlpark 016 933 3995

KINDERHUISE

Abraham Kriel Kinderhuis, Potchefstroom 018 294 5347

Catherine Robson Kinderhuis, Vereeniging 016 455 1733

GEMEENSKAPSORGSENTRUMS

Emanang Nokeng Wes-Rand 011 664 7931

Gembou Dagsorgsentrum, Roodepoort 083 268 3660

Ontwikkelende gemeenskapsorgsentrums

in Polokong, Utlwanang,

Magaliesburg, Princess (Roodepoort)

en NG Welsyn Soul City 082 451 7684

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!