12.09.2013 Views

Jaarverslag 2008/2009 - NG Welsyn Noordwes

Jaarverslag 2008/2009 - NG Welsyn Noordwes

Jaarverslag 2008/2009 - NG Welsyn Noordwes

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Gelukkig en geseënd is ons, want daar is mense wat daadwerklik iets doen om die seer van ander draagliker te maak. Daar

is mense wat hoop bring waar alles gaan stilstaan het en wêrelde uitmekaar gebreek is.

Daar is mense wat gaan stilstaan en wat raaksien wat in ander se lewens aangaan. Daar is mense wat die hande uitsteek en

die nood aanraak, wat nie net praat en beplan nie, maar werklik iets doen.

Dit is waar NG Welsyn werk. Ons mense loop en werk en dien daar waar die kind sonder huis en gesin verleë rondstaan,

waar die vrou geslaan word en ouer mense versorg moet word.

Ons het mense wat die armoede in die huise gaan aanspreek en die werklose se hand vat om hulp te verleen. Ons het

mense wat kos in die hand sit van die een wat honger het, wat 'n verwaarloosde kind vasdruk en na veiligheid bring. Ons

het mense wat 'n gebroke kind se lewe help heelmaak en rigting gee. Ons het mense wat by ander stilsit en verstaan as die

groot wêreld klein geword het en die klein dinge groot bedreigings word. Ons het mense wat pille aangee en die kombers

vasdruk vir die eensame.

Ons is werklik geseënd.

Ons het ook mense wat sorg dat die versorgers versorg is. Wat weer diegene wat die werk doen, help om met hul werk te

kan aangaan. Ons is bevoorreg om bestuurders te hê wat omsien na personeel wat op die grond werk. Hulle wat sorg dat

die middele daar is om die werk te doen. Agter die bestuurders het ons vrywilligers en die ondersteuners en die borge en

die kerke en die gemeentes en die lidmate en so kan ons voortgaan met opnoem.

Hoe wonderlik is die genade van ons Hemelse Vader wat op soveel maniere sorg en versorg.

Dit gaan met ons goed. Ons word op soveel maniere en deur soveel mense geseën. Ons kan nie anders nie as om met 'n

loflied op ons lippe voor ons Hemelse Vader te kom buig in dankbaarheid vir soveel wat omgee en bydra om die nood van

die mense in ons eie omgewing te verlig.

Ds Anton Mocke

Besturende Direkteur

2

JAARVERSLAG 2008/2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!