02.05.2013 Views

GimmieNuus 9 12 April 2013.pdf - Langenhovengim.co.za

GimmieNuus 9 12 April 2013.pdf - Langenhovengim.co.za

GimmieNuus 9 12 April 2013.pdf - Langenhovengim.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LANGENHOVEN GIMNASIUM OUDTSHOORN

Privaatsak X611 Tel. 044 272 2151/2 Faks 044 272 6254

e-pos postmaster@lgim.wcape.school.za Web: www.langenhovengim.co.za

UITGAWE 9/2013 GIMMIES VIR UITNEMENDHEID 12 APRIL 2013

1. BELANGRIKE DATUMS VIR DIE

WEEK

Vrydag 12 April:

Gr. 11 Engels (08:00 – 10:30)

Kwartaal- , buitemuursprogram en

rapporte na ouers

Saterdag 13 April:

Sportdag vs Montagu (T) (09:30 – 13:30)

NG Kerk De Rust potjiekos

Maandag 15 April: Dag 6

Top 20: Akademie (Gr. 8 – 12)

Gr. 12 Afrikaans (08:00 – 10:30)

Ouers maak oueraandafsprake by

mev. D. Smit tot 15:30

Detensiekennisgewings na ouers

Hoof- en adjunkhoofde-vergadering by

dienspunt: 14:00

OOV-vergadering: 18:00

Matriekafskeidvergadering: Gr. 11ouers

om 18:00

Dinsdag 16 April: Dag 1

Beheerliggaam-tussenverkiesing:

18:00 in skoolsaal

Klasverkoping (Fondsinsameling vir

Huistaaltoer)

Ouers maak oueraandafsprake by

mev. D. Smit tot 15:30

Netbal: mini-toernooi

Woensdag 17 April: Dag 2

Ouers maak oueraandafsprake by

mev. D. Smit tot 15:30

Finansiële komitee vergader: 09:00

Leerling- en bestuurslisensie-afsprake

KKNK-nabetragtingsvergadering:

18:00

Rugby vs Oudtshoorn skole(T)

Donderdag 18 April: Dag 3

Ouers maak oueraandafsprake by

mev. D. Smit tot 15:30

KULTIVARIA 2013: 18:30

Vrydag 19 April: Dag 4

Ouers maak oueraandafsprake by

mev. D. Smit tot 15:30

Detensie: 14:00 – 16:00 in kamer 12

ATKV-redenaars (mev. A. Swanepoel)

Saterdag 20 April:

Rugby vs PW Botha (T)

Hokkie vs Glenwood (T)

2. BEHEERLIGGAAM: TUSSEN-

VERKIESING

Daar is drie vakante posisies vir ouers

op die beheerliggaam. „n

Tussenverkiesing vind plaas op

Dinsdag 16 April om 18:00 in die

skoolsaal. Ouers word asseblief

aangemoedig om dit by te woon.

Indien iemand „n ouer wil nomineer, is

die nominasievorms beskikbaar by die

voorste kantoor.

3. KLASONTWRIGTERS

Die skool gaan voortaan „n zero

toleransie handhaaf t.o.v. leerders wat

hulself skuldig maak aan

klasontwrigting, asook leerders wat die

gesag van die onderwyser misken of

knaend uitdaag. Leerders het die reg

tot toegang tot onderwys sonder om

blootgestel te word aan klasontwrigting

of individue wat dit onmoontlik maak

vir die onderwyser om sy/haar klas

aan te bied. Die onderwyser

daarenteen het die reg om sy/haar

klas aan te bied binne „n omgewing vry

van ontwrigting en binne „n omgewing

wat tot voordeel van elke kind sal

geskied. Om beide onderwyser en kind

se reg te beskerm sal leerders wat

hulself skuldig maak aan

klasontwrigting, summier verwyder

word en huis toe gestuur word.

4. KULTIVARIA-AAND 18 APRIL

2013

Die skool bied op Donderdag 18 April

„n musiekaand aan onder leiding van

Chrisna du Preez. Ons eie leerders,

beter bekend as die Viva Muzika

groep, oefen sedert Januarie baie

hard. Die program is ongeveer 1 uur

lank en bied onder andere die

volgende items aan: Viva Muzika

produksies, solosang, blokfluit en

klaviertrio, dansitems en nog vele

meer. Beperkte kaartjies is teen R10

beskikbaar by ontvangs. U word hartlik

uitgenooi na die opwindende aand.

5. MNR. EN MEJ. GIM 2013

Mnr. en Mej. Gim 2013 vind plaas op

Saterdag 4 Mei in die skoolsaal. David

Fourie is die gaskunstenaar vir die

aand. Kaartjies is beskikbaar teen

R60,00 by mev. Basson vanaf 23 April

2013.

6. NOAG KOM TOT RUSTE!

Noag is op sy laaste! Na baie jare se

harde, getroue werk het Noag besluit

om uit te tree en permanent op

pensioen te gaan. Omdat ons nog nie

„n plaasvervanger het vir die oue Noag

nie, is hy bereid om nog vir ‟n maand

of drie binne Oudtshoorn uit te help.

Enige leerder/oudleerder wat wil bydra

of kan help soek na „n plaasvervanger

vir die verrimpelde Noag, is welkom

om die skool te kontak. Hierdie gaan

beslis „n gesamentlike poging van

ieder en elk moet wees om „n geskikte

plaasvervanger te kry.

7. OUDSKOLIERE

Ons wil „n databasis opbou van alle oudskoliere.

E-pos/faks vir ons asseblief die

volgende inligting: Naam en van,

geboortedatum, jaartal wat u verbonde

was aan die skool, e-posadres,

telefoonnommer en posadres. Ons beplan

groot dinge vir ons 21ste bestaansjaar.

8. WINTERSPORT

Die wintersport begin die naweek met

tuiswedstryde teen Montagu. Ons

hoop dit gaan baie goed met al ons

spanne. Ons vra asseblief soveel

moontlik ondersteuners om wedstryde

by te woon en versoek alle toeskouers

om asseblief altyd opvoedkundig en

verantwoordelik op te tree. Die

volgende punte is belangrik:

1. Ondersteun jou kind en woon die

wedstryde by, ongeag die span

waarin hy/sy speel.

2. Wees altyd daar vir jou kind, veral

as hy/sy 'n laagtepunt beleef.

3. Dit is goed om vir jou kind doelwitte

te stel, maar gee altyd erkenning vir

dit wat hy/sy bereik, veral wanneer

hy/sy hard probeer om die doelwitte

te bereik.

4. Prys jou kind vir sy/haar pogings en

betrokkenheid eerder as vir die

resultate.

5. Moet nooit die afrigter kritiseer nie,

dit verwar die spelers en veroorsaak

verdeelde lojaliteit. Moet nie soos

die oorgrote meerderheid Suid-

Afrikaners die afrigter of

skeidsregter blameer vir foute nie.

Respekteer die skeidsregter se

beslissing.

6. Moet nooit wen oorbeklemtoon nie,

dit veroorsaak dat vrees vir

mislukking ontstaan.

7. Moet nooit jou eie sportloopbaan

deur jou kind herlewe nie. Dit lei tot

frustrasie en teleurstelling vir beide

die kind en die ouer.

8. Wees 'n ware toeskouer. Laat die

skeidsregter die wedstryd hanteer

en laat jou kind toe om deur sy eie

foute te leer. Moet asseblief nie

kwetsende aanmerkings oor die

afrigter, skeidsregter of spanmaats

maak nie – dit benadeel die span,

maar veral goeie opvoeding.

9. Aanvaar die afrigter se oordeel

wanneer dit kom by spankeuses en

spelpatrone en leer u kind om dit te

respekteer. Die finale besluit

rondom spankeuses is die afrigter

van die betrokke span se

perrogatief. Ons afrigters is

bekwaam in wat hul doen

en sal nie bevooroordeeld wees met

die kies van „n speler nie.

10. Alle toeskouers moet asseblief vir

die duur van wedstryde op die

pawiljoene sitplek inneem. Leerders

moet ten alle tye volle skooldrag

aanhê vir tuis- en wegwedstryde.

11. Die Gimlied word aan die einde

van die dag (na die eerste

rugbyspan gespeel het) deur al die

leerders gesing. Ouers wat die lied

ken, is welkom om saam te sing.

9. SELFONE

U word herinner daaraan dat geen

leerder „n selfoon by hom/haar mag hê

tydens klas- en skooltyd nie. Alle

selfone moet ingehandig word by die

kantoor. Selfone wat afgeneem word

by leerders word vir 5 werksdae

toegesluit. Ons kan ongelukkig geen

uitsondering maak nie.

10. GIMMIE-NUUS PER E-POS

Indien u nog nie u Gimmie-Nuus per epos

ontvang nie, en u wil dit graag ook

per e-pos ontvang, kan u so „n versoek

aanstuur aan gim.hoof@gmail.com

Meld asseblief u kind se naam en van

asook graad, aangesien e-posadresse

aan leerders gekoppel word.

11. VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende leerders

met hul onderskeie verjaarsdae tydens

die komende week.

15 April: Johnathan Botha

Keith Marx

Rosie Schoeman

Jaco van der Walt

16 April: Michelle Hughes

Wihann Nel

Marlize Rosslee

Gerhard Victor

18 April: Elton Strydom

19 April: Yonit Koorts

20 April: Albert Bestbier

Carmen van Tonder

21 April: Theo Gouws

Jean-Marie Potgieter

12. BAIE DANKIE OUERS EN

PERSONEEL!

ʼn Hartlike dankie aan al die ouers en

personeel wat ons tydens die KKNK

ondersteun en gehelp het. Sommige

ouers het hul hand diep in die sak

gesteek vir geldelike bydraes, ander

het lang ure gewerk! Vir die dapper

ma‟s en pa‟s wat gehelp het met

voorbereiding en verkope, sonder julle

sal ons dit nie kon doen nie. ʼn

Spesiale dankie aan julle!

13. AKADEMIE

Die Top 20-akademiese presteerders

in elke graadgroep word Maandag

tydens die saalbyeenkoms bekend

gemaak en sal in die volgende

nuusbrief aan u deurgegee word.

14. RAPPORTE EN OUERAAND

U kind het vandag sy/haar rapport

ontvang. U word aangemoedig om die

rapport te bestudeer. U word ook

hartlik uitgenooi na ons

afspraakoueraand op Maandag 22

April vanaf 17:30 tot 19:00. Afsprake

moet gemaak word by mev. Debbie Smit

vir die betrokke aand.

15. GEDRAGSRAPPORTE

U kind het ook sy gedragsrapport

ontvang vir die eerste kwartaal. Alle

gedragsrapporte moet geteken word

deur u as ouer en teruggestuur word

na u kind se registeronderwyser op

Maandag 15 April. Leerders wat 60

negatiewe punte of meer het, ontvang

„n detensiekennisgewing. Detensieklasse

vind plaas elke tweede Vrydag

tussen 14:00 en 16:00.

Koshuisleerders wat detensie sit, kan

eers om 16:15 gehaal word vir die

betrokke naweek.

16. SPORTPROGRAM: GIM VS

MONTAGU SATERDAG

13 APRIL

Die sportprogram is aangeheg vir u

kennisname.

17. KWARTAALPROGRAM

Die volledige kwartaalprogram kan

afgelaai word op die school

communicator onder bronne.

18. PERSONEELAANGELEENT-

HEDE

Die skool en ouergemeenskap

verwelkom me. Adrie Brown. Me. Brown

is aangestel as skoolsekretaresse met

ingang 1 April 2013. Sy word in die plek

van mev. Debbie Smit aangestel wat

aftree op 30 April 2013.

19. UITSLAE

19.1 RUGBY TE RIETBRON:

21 MAART 2013

O/15A wen 48 – 0 teen Beaufort-Wes

Tweede span wen 34 – 21 teen

Beaufort-Wes

RUGBY TE PORTERVILLE:

23 MAART 2013

O/14A verloor 50 – 0 teen Boys High

(Paarl)

O/16A verloor 28 – 5 teen Boys High

(Paarl)

Eerste span wen 25 – 6 teen Augsburg

Landbouskool

RUGBYTOERNOOI TE GEORGE:

30 Maart – 5 APRIL 2013

30 Maart

O/14A verloor teen Eldoraigne 45 – 0

1 April

Eerste span wen Zastron 29 – 21

O/16A wen Hugenote 21 – 5

O/14 A verloor teen St John‟s 39 – 19

O/15A verloor teen HTS Witbank

3 April

Eerste span wen Jacobsdal

Landbouskool 14 – 10

O/16A wen Duineveld 35 – 7

O/14A – onbeslis

O/15A verloor teen Duineveld

5 April

Eerste span wen Hoërskool Duineveld

25 – 23

O/15A wen Hugenote Brakpan 21 – 5

19.2 NETBAL: 28 MAART 2013

O/17A wen Martie du Plessis 40 – 3

NETBAL SATERDAG 30 MAART:

Die eerste netbalspan het 3 wedstryde

gespeel en een gewen.

Die O/17A-span speel ook 3, maar het

ongelukkig nie een gewen nie.

NETBAL: SUN CITY TOERNOOI

O/17A:

wen Durbanville 24 – 22

wen Pietersburg 47 – 8

wen Pietersburg 25 – 23 (O/16)

verloor vs Upington HS 22 – 28

wen Curro Durbanville 38 – 9

wen Sagewood 72 – 3

wen Dominican 44 – 17

verloor semi-finaal vs Durbanville

28 – 12

Eindig derde uit 8 skole.

O/19A:

wen Hans Moore 27 – 25

verloor vs Punt 17 – 30

verloor vs Diamantveld 7 – 26

wen Heilbron 25 – 23

wen Gill College 33 – 15

wen Durbanvulle 22 – 18

verloor vs Britz 19 – 23

Eindig sesde uit 18 skole.

19.3 HOKKIE: DF MALAN-TOER:

20 – 24 MAART

O/18A-span:

wen Hermanus 2 – 0

wen Vredenburg 4 – 0

wen Hottentots Holland 2 – 0

wen Monumentpark 3 – 0

speel gelykop 0 – 0 teen Midstream

College en Duineveld.

O/16A-span:

wen Durbanvulle 2 – 0

wen Hottentots Holland 6 – 0

gelykop teen Hermanus 0 – 0

verloor teen Affies / Midstream College

19.4 TENNIS

Laetitia Lourens behaal vir die derde

jaar SA-kleure in tennis. Sy gaan

gedurende Junie/Julie in Skotland

deelneem. Sy is ook deel van die

SWD-seniorspan. Dit is „n ongelooflike

prestasie, baie geluk! Ons is baie trots

op haar.

19.5 FIETSRY

Rico en Corné Bence, Jessica Gerber,

Louis Visser en Johnathan Botha het

deelgeneem aan die SA-baankampioenskappe

te Kaapstad

Velodrum vanaf 27 – 31 Maart en het

die volgende medaljes verower:

Rico en Corné het „n bronsmedalje

verower tydens die spantydtoets.

Jessica Gerber het aan sewe items

deelgeneem en die volgende medaljes

verower: een goud, vier silwer en twee

brons.

Dit is ook tydens die SA‟s bekend

gemaak dat Jessica tydens die WPbaankampioenskappe

in die

individuele naelrititem „n nuwe WP-

rekord opgestel het.

19.6 TOUTREK

Monzelle Klue is opgeneem in die SAontwikkelingspan

vir toutrek en

verteenwoordig Suid-Afrika in

Zimbabwe tydens die eerste twee

weke van April. Baie geluk!

19.7 SA-JUNIOR HENGEL

KAMPIOENSKAPPE

Michael Jesse Vermeulen (gr. 8) het

vanaf 1 – 8 April die Suid-Kaap gaan

verteenwoordig in die “Ligte gerei

visvangkompetisie” in Port Elizabeth

en „n bronsmedalje ontvang. Baie

geluk!

19.8 HARMONY WISKUNDE

OLIMPIADE RONDTE 1

32 leerders het ingeskryf en die

volgende leerders is deur na rondte 2

wat op 14 Mei gaan plaasvind. Baie

geluk aan die volgende leerders:

Gr. 8: WG Germishuys

Helena van Heerden

Heinrich Stover

Gr. 10: Manie Redelinghuys

Ruan Steyn

Gr. 11: Delene Nel

Elmari Botes

Gr. 12: Sydney Stopforth

Jean-Marie Potgieter

Karl-Johann Ewert

19.9 SWEM: SWD EDEN

KAMPIOENSKAPPE

Hugo Erasmus (seuns ope):

1ste 100 m borsslag

1ste 100 m vryslag

1ste 100 m individuele wisselslag

1ste 50 m vryslag

1ste 50 m borsslag

Christo Claassen (seuns ope):

2de 100 m individuele wisselslag

3de 100 m borsslag

3de 50 m vlinderslag

3de 50 m borsslag

El-Mari van der Merwe (dogters ope):

1ste 100 m individuele wisselslag

1ste 100 m borsslag

1ste 100 m rugslag

1ste 50 m borsslag

2de 100 m vryslag

2de 50 m rugslag

2de 50 m vryslag

2de 50 m vlinderslag

Monzelle Klue (dogters ope):

1ste 100 m vryslag

1ste 50 m vlinderslag

1ste 50 m vryslag

1ste 50 m rugslag

2de 100 m individuele wisselslag

Anke Roos (dogters 14 jaar):

1ste 50 m vlinderslag

2de 100 m individuele wisselslag

2de 50 m rugslag

2de 50 m vrysalg

3de 50 m borsslag

KLEIN KAROO LEES-, STUDIE- EN OPLEIDINGSENTRUM

Hoogstraat 207 / Posbus 1200, Oudtshoorn, 6620

Alhoewel ons die afgelope 3 jaar net vanaf 17:00 tot 18:00 leerlinge onderrig het, het ons as gevolg van

verskeie navrae, besluit om die sentrum nou weer voltyds te open vanaf 14:30 tot 17:30 vanaf Maandae tot

Donderdae.

Die sentrum konsentreer op:

1) Leesterapie

2) Studiemetodiek

3) Konsentrasie

4) Waarnemingsvermoë

5) Spelling

6) Hand- en oogkoördinasie

7) Fikseringsoefeninge

Die afgelope 22 jaar het nagenoeg 5 000 kandidate by die kursus gebaat en die resultate was fenomenaal

danksy ons Skepper.

Navrae: Mnr. Rampie Alberts (MBA; SAIOM; PrB; Dipl Siv Ing)

Selfoonnommer: 076 064 3175

GEDAGTE VIR VOLGENDE WEEK

Gimmies EER alle mense

1 Petrus 2:17: “Julle moet almal eer, mede-gelowiges liefhê, God vrees, die

Koning eer.”

Gimmies behandel ALMAL met wie ons te doen kry, beleefd en gemanierd.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!