02.05.2013 Views

Toespraak deur Helen Zille Leier van die Demokratiese Alliansie ...

Toespraak deur Helen Zille Leier van die Demokratiese Alliansie ...

Toespraak deur Helen Zille Leier van die Demokratiese Alliansie ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Toespraak deur Helen Zille

Leier van die Demokratiese Alliansie

Hoofde-simposium van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie

Port Elizabeth

Dinsdag 31 Augustus 2010

“Suid-Afrika se onderwysstelsel: voldoen dit aan die behoeftes van die

internasionale arbeidsmark?”

Dankie vir hierdie uitnodiging om u vandag toe te spreek. Ek het baie van u die eerste

keer tydens my kort ampstermyn as die Wes-Kaapse LUR vir onderwys leer ken. Dis

beslis goed om bekende gesigte hier te sien.

U weet dat onderwys my baie na aan die hart lê, want elke land wat daarin geslaag

het om al hoe meer mense uit armoede op te hef, het gesorg dat onderwys sy

heel belangrikste prioriteit is. Niemand het meer gedoen om geleenthede vir jong

Suid-Afrikaners te skep as juis die hoofde en leerkragte van goeie staatskole nie.

’n Goeie onderwysstelsel is in ’n globale kennis-ekonomie van die allergrootste

belang. Ons glo dat niks ons kinders se onderwys in die gedrang moet bring nie.

Daar is dus iets wat ek van meet af duidelik moet stel. Toe ek aanvanklik u

uitnodiging aanvaar het om hier te kom praat, het ek ook sonder meer aanvaar dat die

simposium buite skool-ure sou plaasvind.

Ek wil oor dié saak baie reguit en eerlik wees: almal wat hier teenwoordig is, het my

al meermale hoor sê dat daar niks moet wees wat indruis op die vlot verloop van die

skooldag nie. Tydbestuur, of die gebrek daarvan, is een van die belangrikste redes vir

die daling in onderwys-uitkomste.

Ek moet dié standpunt konsekwent toepas. U sal onthou hoe krities ek verlede jaar

oor pres. Zuma se nasionale hoofde-konferensie in Durban was, omdat dit op ’n

skooldag plaasgevind het. Ons het daarop gewys dat dit ’n weerspreking was van wat

hy in sy eie Staatsrede in 2009 voorgehou het.

Ek het gevra dat die Wes-Kaap weens dié teenstrydigheid, geen skoolhoofde na pres.

Zuma se hoofde-konferensie moes stuur nie.

Teen dié agtergrond sal u verstaan dat ek dié saak vandag hier moet opper. Ek

het my dagboekpersoneel nou gevra om ten opsigte van elke uitnodiging waarby

onderwysers of leerders betrokke is, seker te maak dat die geleentheid nie in

skool-ure plaasvind nie. My teenwoordigheid hier vandag is die eerste en enigste

uitsondering.

Ek weet baie goed dat u almal goeie reëlings getref het om te sorg dat u skole in u

afwesigheid goed bestuur word, en dat geen kind weens u afwesigheid onderrig- of

leertyd sal inboet nie. Dit is lofwaardig.

Ek weet ook dat die leeruitkomste van die skole wat hier verteenwoordig word,

grootliks uitmuntend is – en dít is die belangrikste maatstaf van ’n doeltreffende

skool.

Ek het die uitnodiging aanvaar omdat dit ’n baie belangrike verhoog bied om

probleme in die onderwys aan te spreek, en – belangriker – moontlike oplossings

voor te stel. Ek het baie respek vir die wyse waarop die Suid-Afrikaanse

Onderwysersunie (SAOU) hom van sy taak kwyt. Dit is een van die min vakbonde

wat ’n balans tussen onderwysers se regte en leerders se regte probeer vind.

Só ’n balans is van die grootste belang as ons die onderwysstelsel wil verander.

Die onderwerp waaroor ek gevra is om te praat – of Suid-Afrika se onderwys aan die

behoeftes van die internasionale arbeidsmark voldoen – is baie belangrik vir enige

bespreking van ons onderwysstelsel. Suid-Afrika se onderwys moet internasionaal

mededingend wees, want dit is vir ons land se welslae belangrik. Ons bestaan in ’n

globale ekonomie, of ons daarvan hou of nie, waar kapitaal en vaardighede baie

beweeglik is. Die beste ter wêreld moet ons norm wees, want dit is wat ons land

verdien en ons kinders nodig het om hul potensiaal te vervul en ons land se ekonomie

te laat groei.

Hoe meer sukses ons behaal om internasionaal mededingend te word, hoe meer sal

ons kinders in ons land wil bly om hulle potensiaal uit te leef.

Die vraag is dus: is ons – regering, onderwysers en vakbonde – opgewasse vir

die uitdagings wat onderwys in die globale kennis-ekonomie in die gesig staar?

In die algemeen is die antwoord “nee”.

Daar is plek-plek uitnemendheid waar ons openbare skole die gelyke van enige

skool op aarde is. Ons moet daardie uitnemendheid verder uitbou en verdedig, en

dit nie vernietig in ’n poging om onderwys sogenaamd te ‘transformeer’ nie. Ons

uitnemendheid-sentrums is egter die uitsondering eerder as die norm. Hulle moet die

norm word. Dit is ware transformasie.

U weet almal van die terneerdrukkende statistiek wat ons geletterdheid- en

syfervaardigheidskoerse betref. Nogtans baat dit om sommige internasionale

normstellings-studies te noem, want dit onthul hoe diep die verrotting reeds gevreet

het.

Die jongste peiling, wat die meeste dekking gekry het, is die een wat vandeesmaand

in Newsweek verskyn het. Uit die 100 lande wat gepeil is, is ons onderwysstelsel

97ste geplaas. Ons het swakker gevaar as lande soos Mosambiek, Bangladesj en

Iran – lande wat armer is en minder aan onderwys bestee, en waar burgers minder

grondwetregte as ons s’n geniet.

Ek dink ons kan almal saamstem dat die meeste kinders in Suid-Afrika nie voorberei

word om in die globale ekonomie mee te ding nie. Dan is die vraag: waarom nie? En

belangriker: wat kan ons aan die saak doen?

Ons het altyd meer geld nodig, en ons sal heelwat daarmee kan doen, maar ons moet

nie in die versoeking kom om ’n gebrek aan hulpbronne die skuld vir die mislukking

van ons onderwysstelsel te gee nie.

Vanjaar gaan die regering R165 miljard aan onderwys bestee. Dis bykans een vyfde

van die hele nasionale begroting. In die Wes-Kaap, die provinsie waar die DA regeer,

bestee ons 30% – byna ’n derde van ons hele begroting – aan onderwys. Dit is een

van die hoogste bestedingsvlakke aan onderwys as ’n persentasie van staatsbesteding

ter wêreld.

Die kernprobleem kan dus nie aan ’n gebrek aan geld gewyt word nie, want sommige

skole vaar selfs in die heel armste gemeenskappe goed.

Die Sekondêre Skool Ethembeni, in een van die armste gebiede hier in Port

Elizabeth, handhaaf byvoorbeeld reeds ’n klompie jare lank ’n matriek-slaagsyfer van

100%. Sy slagspreuk is “Vermy die gemaklike keuses”, en almal wat by onderwys

betrokke is, moet dié slagspreuk as hul eie aanvaar. Ethembeni beteken “plek van

hoop”, en dis presies wat dit is.

Dit is in sommige opsigte ’n wonderwerk, maar in werklikheid word wonderwerke

meestal deur mense wat baie hard werk geskep. Ons sal onderwys net regruk as almal

in die stelsel teenwoordig, betyds en voorbereid is vir elke taak wat verrig moet word.

Dis ’n doodeenvoudige formule, maar baie moeilik om toe te pas.

Die wisselwerking tussen onderwyser en leerder in die klaskamer is die belangrikste

kontakpunt in die onderwys, en in elke skool word die onderwysproses deur gesonde

bestuur onder ’n goeie hoof saamgesnoer. As dinge skeefloop, moet ons die basiese

dinge onder oë neem.

Ons moet begin met hoeveel tyd daar in die klaskamer bestee word. Wanneer ’n

skool ’n leerkrisis beleef, vind ons gewoonlik dat swak bestuur en veral

tydsbestuur ‘n groot oorsaak daarvan is, en dat gans te min kontak tussen onderwyser

en leerder plaasvind. In goeie skole kry kinders ongeveer 200 volle onderrigdae per

jaar. In skole wat swak vaar, kry hulle dikwels die helfte hiervan. Die huidige staking

sal dié syfer selfs verder inkort. Ons sal die gevolge beslis in vanjaar se uitslae

raaksien.

Dit is waarom ons in die Wes-Kaap groot klem op die verbetering van onderwysers

se prestasie in arm gemeenskappe plaas. Ten opsigte van skole wat goed vaar, is ons

benadering: “Skakel ons as julle ons nodig het. Moet andersins nie verwag om van

ons te hoor nie.” Die 167 skole in die Wes-Kaap wat verlede jaar ’n slaagsyfer van

90% of meer in Graad 12 gehad het, hou van daardie benadering. Ons vertrou dat

hulle ’n taak wat hulle goed onder die knie het, sal uitvoer. Hulle sal dit ook beter

doen hoe minder inmenging hulle ervaar. Dis ons taak om hulle die ruimte te gee om

uitnemendheid te bly bevorder.

Ons moet dus die klem plaas op skole wat swak vaar. In die Wes-Kaap het ons ’n

regrukstrategie vir hulle ontwikkel. ’n Individuele plan vir elk van die 85 skole met ’n

slaagsyfer van minder as 60% is in samewerking met die provinsiale Departement

van Onderwys deur die skole self ontwikkel.

Maatreëls om prestasie in swak skole te verbeter, is byvoorbeeld verpligte,

onafhanklik toegepaste geletterdheid- en syfervaardigheidstoetse vir alle leerders

in Graad 3, 6 en 9. Ons sal die eerste provinsie wees wat toetse in Graad 9 doen. ’n

Proeflopie sal in November afskop.

Ouers word tans oor hul skool se toetsresultate ingelig, en word in kennis gestel

waar hul skool in vergelyking met die provinsiale gemiddelde staan. In die toekoms

sal ons hopelik rapporte van elke leerder se prestasie in dié toetse kan bied, mits die

administratiewe en finansiële las op skole nie té groot is nie.

Wat die toewysing van fisiese hulpbronne betref, gee ons voorkeur aan die

verligting van oorvol klaskamers, en die voorsiening van beter geriewe. Ons het

tenders aangevra om 25 nuwe skole te bou, asook 20 vervangingskole en 200

nuwe klaskamers. Ons het in die volgende drie jaar 126 mobiele klaskamers aan

prioriteitskole toegewys.

Fisiese infrastruktuur is belangrik, maar ons weet dat die verbetering van onderrig die

sleutel is, omdat dit kinders lewer wat toegerus is om in die globale kennis-ekonomie

mee te ding.

Kinders se welslae in die klaskamer word uiteraard nie deur hul agtergrond, geldelike

omstandighede, die leerplan of die skool se hulpbronne bepaal nie (al speel al dié

dinge ’n rol). Die belangrikste veranderlike is die gehalte van die onderrig.

’n Mens hoef geen kundige op die terrein van onderwysbeleid te wees om dít te weet

nie. Talle van ons in hierdie vertrek het waarskynlik arm skole bygewoon. Ek is een

van hulle.

Ek het in die jare vyftig grootgeword in wat destyds ’n plattelandse gedeelte van

Gauteng was. My skool het die gemeenskap rondom die Leeuwkop-gevangenis

bedien. Daar was geen spoeltoilette nie, en ek onthou hoe die sinkplaat-klaskamers

geleidelik met baksteengeboue vervang is. Sommige kinders by die skool was so arm

dat hulle kaalvoet geloop het. Daarom was skoene nie by my skool verpligtend nie,

want ons wou geen onderskeid tref tussen kinders wie se gesinne skoene kon bekostig

en dié wie gesinne dit nie kon bekostig nie. Daar was twee of drie grade in elke klas,

en twee tale in elke klas.

Na laerskool, kan my pa dit bekostig om my na ’n bekende hoërskool in

Johannesburg te stuur. Toe ek daar aankom, was dit duidelik dat my laerskoolonderwys

ewe goed as die onderwys by die beste skole in Johannesburg was. Die

rede was dat my laerskool-onderwysers gesorg het dat ons op die vereiste standaarde

kon lees, skryf en somme maak, al was daar n gebrek aan fisiese hulpbronne, en al

was die gemeenskap betreklik arm. Terugskouend glo ek hulle was só toegewyd

omdat hulle geweet het dis hul verantwoordelik om die gemeenskap deur onderwys

uit armoede op te hef.

Daar is tans talle ewe toegewyde onderwysers in Suid-Afrika. Baie van hulle is lede

van die SAOU. Ek het al gesien watter verskil hulle in kinders se lewens kan maak.

Ons goeie onderwysers in ons goeie skole doen meer as enige ander professionele lui

om ’n sterk fondament vir die nuwe Suid-Afrika te bou.

Ek het egter ook die negatiewe aspekte van swak onderwys en swak skolebestuur

gesien. Wanneer onderwysers so min tyd as moontlik in die klaskamer deurbring,

glad nie by buitemuurse bedrywighede betrokke raak nie, en dit hulle min traak of

hulle die leerplan voltooi of nie, ly die leerders daaronder.

Daar is ook steeds gans te min aanspreeklikheid in ons onderwysstelsel vir enige

versuim om aan globale onderwysnorme te voldoen.

Dit is waarom ons in die Wes-Kaap nou prestasiekontrakte instel om hoofde en

onderhoofde vir leerders se uitkomste verantwoordelik te hou.

Dit is die grondslag vir ’n gedifferensieerde stelsel van prestasiebestuur. Ons is

vasbeslote om na ’n toestand te beweeg waar swak presteerders uit die stelsel geweer

word, en waar uitnemendheid beloon word. In die onderwys, meer as enige ander

beroep, is dit nie alkant selfkant nie.

Ons weet egter toerekenbaarheid is ’n tweesnydende swaard. Dit is waarom die

Minister, die Departementshoof en senior bestuurders ook prestasiekontrakte het wat

aan die teikens in ons strategiese plan gekoppel is.

Ons benadering behels onder meer groter mag om onderwysers se prestasie aan

provinsiale en nasionale standaarde te meet. Dit geskied in die klaskamer, waar

dit tel. Dit is die wese van die Wes-Kaapse Provinsiale Wysigingswetsontwerp op

Onderwys, wat hopelik binnekort aanvaar sal word.

Die Wetsontwerp behels ook ander belangrike aspekte wat ons sal help om globaal

mededingende onderwys aan meer leerders in die Wes-Kaap te bied, onder meer:

● ’n Vereiste aantal kern onderrig-ure per dag en per week as ’n minimum.

● ’n Verbod op politieke bedrywighede op ’n skoolperseel in skool-ure.

● Meer deursoeking- en beslagleggingsmagte aan skole om te sorg dat onwettige

middels of wapens nie skool toe gebring word nie.

● Besoeke aan en assessering van skole vir monitering- en

eoordelingsdoeleindes.

Natuurlik sal die Wetsontwerp omstrede wees, veral ten opsigte van die voorsiening

vir die beoordeling van onderwysers se prestasie in die klaskamer. Ons glo egter dit is

noodsaaklik. Voorts besef die goeie hoofde en goeie skole in die provinsie dat ons net

tot die kern van die probleem in ons swakker skole sal kan deurdring as ons verstaan

wat in die klaskamers gebeur (of nie gebeur nie). Na alles moet almal teenwoordig,

betyds en voorbereid wees, en die leerplan moet betyds voltooi word.

In dié verband wil ek die SAOU loof omdat hy sy deelname aan die huidige staking

tot ’n bepaalde tyd beperk het, en dat hy die geweld en intimidering deur sommige

stakers veroordeel het.

Soos die SAOU steun ons die reg om te staak, maar ons glo ook dat regte só

uitgeoefen moet word dat dit die regte van onskuldige partye so min as moontlik

ondermyn. Die optrede van sommige vakbondlede sal sonder twyfel meebring

dat talle leerders matriek sal druip, of nie aan die toelatingsvereistes van tersiêre

instellings sal voldoen nie. Dit is ’n tragedie wat lewenslange gevolge vir hulle en hul

gesinne sal hê.

Wat die uitoefening van ons regte betref, word hulle altyd deur ons

verantwoordelikhede en die regte van ander in ewewig gehou. Ek glo die SAOU en

sommige ander vakbonde het in die huidige staking ’n behoorlike ewewig gevind.

Een van die DA se voorgangers, die Demokratiese Party (DP) het reeds in 1993

probeer om dié ewewig in wetgewing vas te lê in sy voorstelle vir wysigings aan

die destydse Wet op Onderwys-arbeidsverhoudinge wat daarna deur die Wet op

Arbeidsverhoudinge vervang is.

In sy toespraak in die Parlement het Roger Burrows LP van die DP, die dilemma van

onderwysers ten opsigte van stakings mooi uiteengesit:

Ek haal aan:

“Die besondere posisie van onderwysers, hul status en posisie in die samelewing,

veral ten opsigte van hul diensvoorwaardes, is baie ingewikkeld. Dit is een waar die

samelewing self onderwysers soms as professionele beskou, soms as werkers, en

soms selfs as diensknegte. Die onderwysers self staan voor ’n soortgelyke probleem.

Sommiges beskou hulself as professionele, en sommige as werkers. Dit gebeur

nie net in Suid-Afrika nie, en ek moet dít baie duidelik stel. Orals ter wêreld word

spanning aansienlik aangewakker deur die moeilike kwessie van onderwysers en hul

rol of status ten opsigte van hul diensvoorwaardes.

In sy toespraak let Burrows daarop dat verskillende lande die reg van onderwysers

om te staak, verskillend benader het. Sommiges laat onderwysers glad nie toe om te

organiseer nie. In ander word personeelverenigings toegelaat, maar geen vakbonde

nie. Daar is ook sommige lande wat net een vakbond toelaat.

Ons verwerp al dié benaderings. Ons glo onderwysers moet die reg hê om hulself te

organiseer, en dit sluit die reg om te staak in. Ons glo ook dat onderwysers die reg

moet hê om enige vakbond te skep wat hulle wil, en aan enige vakbond te behoort.

Dit is waarom ons nie saamstem met SADOU se pogings om die ander vakbonde te

vernietig nie. Ons was sterk gekant teen SADOU se voorstel om die grondwet van die

Onderwys-arbeidsverhoudingeraad (OAVR) te wysig om die grens van 50 000 lede

na 100 000 te verhoog. Ons glo dit is ’n deursigtige poging deur daardie vakbond om

die gevolge van die uittog van sy lede te verminder. Daardie lede raak al hoe meer

ontnugter deur hul organisasie se toon, styl en bestuur.

In dié opsig is dit ook belangrik om te weet dat statistiek van die Wes-Kaapse

Departement van Onderwys toon dat net ’n derde van die SADOU-lede in die Wes-

Kaap in werklikheid gestaak het.

Klaarblyklik het talle onderwysers wat aan ’n vakbond behoort, sy dit SADOU,

NAPTOSA of SAOU, hul verantwoordelikhede ewe ernstig as hul regte beskou.

In sy toespraak in die Parlement in 1993 het Roger Burrows die punt gemaak dat

selfs in lande waar onderwysers se staakreg erken word, dié reg dikwels beperk word.

Met kennisneming van die onwettige gedrag van sommige vakbondlede tydens ’n

destydse staking, het hy betoog dat Suid-Afrika beperkings op onderwysers se

staakreg moet instel. Hy het gesê:

“Ons moet baie seker maak dat ás ons in die Parlement onderwysers die reg gaan gee

om wettig te staak, ons dit met genoeg voorwaardes moet omring om seker te maak

dat veral ouers minstens geraadpleeg word, of minstens by die hele stakingsproses

betrek word. Ek sê dit, want dit is met alle respek nie bloot ’n toestand tussen die

Staat as werkgewer en die onderwyser as werknemer nie. Dit betrek kinders, nie

fabrieksgoedere of handelsdienste nie.”

Dit gee my dus genoeë om vandag hier aan te kondig dat die DA se span in die

nasionale Parlement begin het om ’n Privaatlid wetsontwerp op te stel ter wysiging

van die Wet op Arbeidsverhoudinge om die gedrag van stakende onderwysers te

kodifiseer. Die beperkings wat ons voorstel, word trouens grootliks reeds deur die

verantwoordelike vakbonde gevolg. Ons glo dat die tyd nou, in die lig van die breë

veroordeling van die gedrag van sommige stakers, aangebreek het om die etos van

verantwoordelikheid en toerekenbaarheid ook op hierdie terrein af te dwing.

Ons Privaatlidwetsontwerp doen verskeie maatreëls aan die hand, onder meer:

● Dat onderwysers se reg om te staak, onderworpe moet wees aan die

voorwaarde dat ’n kerndiens gelewer word. ’n Minimum-aantal kern-ure wat

onderwysers tydens ’n staking moet werk, sal bepaal word.

● Dat stakings net wettig kan plaasvind ná oorleg met en ’n ooreenkoms

tussen die regering, vakbonde en skole se beheerliggame (met ander woorde

ouers) oor optrede tydens die staking en die behandeling van leerders in die

stakingstydperk.

● Die oplegging van ernstige strawwe op vakbonde (bo en behalwe regstappe

wat teen individue gedoen kan word) as hul lede hulle aan geweld, plundering,

vandalisme en intimidasie skuldig maak.

Ons glo dié drie maatreëls sal heelwat doen om ’n mate van balans tussen

onderwysers se reg om te staak en leerders se reg om te leer te bewerkstellig.

Ek sien daarna uit om oor dié voorstel verder met u in wisselwerking te tree, en ook

oor ons plan om onderwys in die Wes-Kaap reg te ruk, want dit is die een provinsie

waar ons ons woorde in dade kan omskep, omdat die kiesers daar besluit het dat ons

dit moet doen.

Dit is ’n geweldige verantwoordelikheid, want ons moet die norm stel en die strategie

skep om te bewys dat uitnemendheid in ons onderwysstelsel nie net moontlik is nie,

maar ook noodsaaklik is. Ons land se vooruitsigte, en ons kinders s’n, hang daarvan

af.

Dankie vir die groot rol wat die SAOU in dié proses speel. Ek hoop dat ons almal

binne vyf jaar die verskil sal sien, veral in die provinsie waar ons ons model kan

uitbou.

Baie dankie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!