02.05.2013 Views

Persoonlike Leierskap - Voortrekkers

Persoonlike Leierskap - Voortrekkers

Persoonlike Leierskap - Voortrekkers

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Persoonlike Leierskap

1. Keuse

Persoonlike leierskap is die rol wat elkeen van ons onsself oplê, gewoonlik in die afdelings

van ons talente waar ons die gemaklikste voel. Die mees belangrike komponent is dat ons

verantwoordelikheid aanvaar vir ons eie lewe. Ons kies hoe ons elke klap of geskenk van

die lewe hanteer. Ons kry dit baie keer reg om die klappe goed te hanteer en die geskenke

baie swak. Ons is gewoon nie gewoond daaraan dat mense ons genoegsaam

komplimenteer nie en daarom kry ons swaar daarmee. Die belangrikste is altyd om te

onthou. Jy kan kies hoe jy elke stimulus wat na jou kant toe kom hanteer, dit plaas die

geweldige aanspreeklikheid op jou dat jy nooit kan sê dit is hulle skuld nie.

Hierdie keuse wat ons elke dag uitoefen is die eerste in wat beskryf word as ons drie

geboorte-geskenke. Dit is aan elkeen van ons uitgedeel met geboorte en alle mense beskik

daaroor. Dit is veral belangrik om daarop te let dat leierskap nie in die pligte van ‘n posisie

lê nie, maar in jou keuse van hoe jy die lewe of mense daarin wil beïnvloed.

2. Beginsels

Stimulus

Vryheid

van Keuse

Reaksie

Die volgende aspek, ons tweede geboortegeskenk van persoonlike leierskap is beginsels.

Die verskil tussen waardes en beginsels is tog iets om na op te let alhoewel ons algemeen

na beginsels ook as waardes verwys. Beginsels word ook na verwys as natuurwette en is

universeel, oorbrug kultuur en geografie. Hulle is tydloos en kan nooit verander nie. Daar is

beginsels soos

regverdigheid

goedheid

vriendelikheid

respek

eerlikheid

integriteit

en die belangrikste vir ons diensbaarheid of diens

Kobus Neethling skryf in sy boekie “Voel soos Jesus” oor die volgende beginsels

wat Christus vir ons voorgeleef het:

Moed, Liefde, Nederigheid, Vreugde, Vergifnis, Empatie

‘n Verdere belangrike punt van die beginsels is dat jy dit self moet leef voordat jy dit kan

ontvang. Jy kan nie vertroue afdwing nie. Jy kan net vertrouenswaardig optree and

sodoende vertroue verdien.

CS Lewis skryf soos volg oor die wat reken daar is nie iets soos universele beginsels nie:

Whenever you find a man who says he does not believe in a real Right and Wrong, you will

find the same man going back on this a moment later. He may break his promise to you,

but if you try breaking on to him he will be complaining “It’s not fair” before you can say

Jack Robinson. A nation may say treaties do not matter; but then, the next minute, they

spoil their case by saying that the particular treaty they want to break was an unfair one.

But if treaties do not matter, and if there is no such thing as Right and Wrong – in other

word if there is no Law of Nature – what is the difference between a fair treaty and an

unfair one? Have they not let the cat out of the bag and shown that whatever they say,

they really know the Law of Nature just like anyone else?

It seems, then, we are forced to believe in a real Right and Wrong. People may be

sometimes mistaken about them, just as people sometimes get their sums wrong, but they

are not a matter of mere taste and opinion and more that the multiplication table... These,

then, are the two points I want to make. First, the human beings, all overt he earth, have

this curious idea that they ought to behave in a certain way, and cannot really get rid of it.

Secondly, that they do not in fact behave in that way. They know the Law of Nature: they

break it. These two facts are the foundation of all clear thinking about ourselves and the

universe we live in.

CS Lewis, Mere Christianity, 1980 p 19-21

Natuurlike en morele outoriteit (gesag):

Natuurlike outoriteit val onder die beheer van natuurlike wette. Jy kan dit nooit ignoreer of

verontagsaam nie. Daar is dus geen keuse hieroor wat by jou berus nie. Alle aksies het

reaksies. As jy by ‘n 10 verdieping gebou afspring kan jy nie by die vyfde verdieping besluit

om gravitasie te ignoreer en daar op te hou val nie!

Morele outoriteit is die beginsel besluit om ons vryheid van keuse te gebruik. In ander

woorde as ons die beginsels van verhoudings met mekaar volg dan sal ons aansluit by die

toestemming van menslike aard. Natuurlike wette (soos gravitasie) en beginsels (soos

respek, eerlikheid, goedhartigheid, integriteit, diens en regverdigheid) beheer die gevolge

van ons keuses. Net soos ons besoedelde lug en water kry as ons die natuur wette

verontagsaam so vernietig ons iets soos vertroue (die gom van verhoudings) met

konstante wrede en oneerlike optrede.

Dus, deur die beginselvaste gebruik van nederigheid in vryheid en mag, sal enige nederige

persoon die morele outoriteit van mense, kulture en organisasies kan verkry.

Waardes dan is sosiale norme – hulle is persoonlik, emosioneel, subjektief en aanvegbaar.

Almal van ons het waardes, selfs die misdadigers. Die vraag is “ Is jou waardes gebaseer

op beginsels?” Gevolge word bepaal deur beginsels, gedrag word bepaal deur waardes,

daarom waardeer beginsels!!

3. Die vier intelligensies of kapasiteite waarmee ons gebore word vorm die 3de van wat die

geboortegeskenk genoem word. Ons menslike natuur bestaan uit vier ongelooflike dele

naamlik liggaam, verstand, hart en siel. Hierin is dus ook gesetel ons vier intelligensie

naamlik verstandelike intelligensie (IK), emosionele intelligensie (EK), fisiese intelligensie

(FK) en geestelike intelligensie (GK). Hierdie vier intelligensie stel ons derde geboortegeskenk

voor.

Elk van hierdie komponente is ‘n dissipline op sy eie, maar ons kan tog iets fundamenteel

aan ons eie lewe hiervolgens verander. Dit is balans tussen die vier groepe. Die storie word

vertel dat die Rooi Indiane geglo het dat die enigste manier waarop jy werklik suksesvol

kan lewe in die vier afdelings van ons lewe lê. Hulle het geglo dat as jy elke dag aan elkeen

aandag gee jy sukses as mens sal behaal. Dit beteken nie noodwendig geluk nie, maar wel

dat jy die begronding sal hê om die aanslag van die lewe te kan verwerk en selfs gebruik

tot jou voordeel.

Begin vandag sodat die vier komponente vir jou kan werk. Hier is ‘n manier om daaroor te

dink:

1. Vir die liggaam – neem aan jy het ‘n hartaanval gehad, lewe nou na gelang

daarvan.

2. Vir die verstand – aanvaar dat die helfte van jou loopbaan se leeftyd is 2 jaar, lewe

nou na gelang daarvan.

3. Vir die hart – aanvaar dat alles wat jy sê oor ‘n ander deur hom gehoor kan word,

lewe nou na gelang daarvan.

4. Vir die siel – aanvaar jy het ‘n een tot een besoek van jou Skepper elke kwartaal,

lewe nou na gelang daarvan.

Sonder dat ons te veel uitbrei oor slegs een van die vier is dit tog noodsaaklik om te sê, dat

vir ons as Voortrekkers en ook soos dit in die model werk is die Siel die belangrikste deel.

Die geestelike is die komponent wat ons lewens en waardes en beginsels bepaal en rig en

daarom bepaal dit ook hoe ons die ander drie komponente gaan benader.

Hier volg kortliks ‘n paar vrae hoe ons die vier komponente kan benader.

HEEL

PERSOON

4

BEHOEFTES

4 INTELIGENSIES

/ KAPASITEITE

LIGGAAM Om te Lewe Fisiese intelligensie Dissipline

VERSTAND Om te Leer

Verstandelike

intelligensie

HART Om Lief te hê Emosionele

intelligensie

SIEL

‘n

Nalatenskap

Geestelike

intelligensie

Hoe vaar ek?

Fisiese intelligensie

Eet ek reg?

Doen ek gereelde oefening?

Rus ek genoeg?

Ontspan ek genoeg?

Hanteer ek my spanning?

Dink ek positief?

Verstandelike intelligensie

Gereelde, sistematiese verstandelike groei?

Leer ek selfbewustheid aan?

Leer ek deur ander te leer?

4 ATTRIBUTE JOU STEM

Visie

Passie

Gewete

Behoefte

(Sien hoe jy jou

behoeftes nakom)

Talent

(Gedissiplineerde

fokus)

Passie

(Wil graag doen)

Gewete

(Doen wat reg is)

Emosionele intelligensie

Werk ek aan:

Selfbewustheid?

Persoonlike motivering?

Selfregulering?

Empatie?

Sosiale vaardighede?

Geestelike intelligensie

Werk ek aan:

Integriteit?

Rede en innerlike stem?

Tyd met my Skepper elke dag?

Lees ek die Woord elke dag?

Die hoogste vorm van manifestasie van die vier komponente is:

Vir die intellektuele – visie

Vir die fisiese – dissipline

Vir die emosionele – passie

Vir die geestelike – gewete

Hierdie vier komponente stel dus die bes moontlike manier voor waarop ons, ons eie

persoon kan laat geld.

Visie is die vermoë om in jou geestesoog die moontlikhede van mense, projekte, sake en

organisasies raak te sien. Visie is die resultaat wanneer ons verstand behoefte en

moontlikheid met mekaar verbind. Wanneer ‘n persoon nie hierdie vermoë ontwikkel het

nie gaan dit gewoonlik oor in viktimisasie wat ervaar word eerder as om visie te hê.

Dissipline is die prys wat jy moet betaal om jou visie tot uitvoering te bring. Dis is hoe jy

met die werklikheid omgaan sodat jy die feite saamsnoer sodat jy doen wat gedoen moet

word om jou visie te realiseer. Dissipline ontstaan wanneer visie en

verbintenis(commitment) met mekaar versoen word. Toegeeflikheid is die teenoorgestelde

van dissipline wat oorneem as die verbintenis tot opoffering nie uitgeleef word nie.

Passie is die vuur wat dissipline in ons aandryf om ons visie af te handel. Passie ontstaan

wanneer menslike behoefte die unieke menslike talent oorvleuel. Wanner jy nie die passie

het wat ontstaan deur die soeke en gebruik van jou eie moontlikhede deur ‘n groter doel te

dien nie, ontstaan onsekerheid wat deur die duisende stemme van die sosiale spieël

gevoed word. In ‘n persoonlike en organisatoriese situasie moet passie deernis insluit.

Gewete is die innerlike vermoë om te onderskei tussen die regte en verkeerde en die dryf

na waardetoevoeging en diens. Dit is die leidende krag van visie, dissipline en passie. In

kontras hiermee is ‘n lewe gedryf deur ego.

Hierdie vier woorde visie, dissipline, passie en gewete sluit ‘n magdom ander eienskappe in

wat geassosieer word met mense van invloed.

Visie Dissipline

Idealisties

Langtermyn perspektief

Antisipeer toekoms

Dromer

Glo in mense

Stel verwagtinge

Pionier

Filosofies

Uitblinker

Strategiese denker

Buite die boks

Hoopvol

Realisties

Gefokus

Uitvoerend

Konstant

Neem inisiatief

Selfregulerend

Verbind tot

Herd werkend

Taai

Opofferende

Bevoeg

Bestendig

Passie Gewete

Optimisties

Hoop

Sinergie

Moed

Empaties

Insluitend

Erkenning

Vreesloos

Uitdagend

Sensitief

Pret

Motiverende

Invloedryk

Humor

Mens georiënteerde

Entoesiasties

Intuïtief

Aanvaar verantwoordelikheid

Moreel

Wys

Integriteit

Dienaar

Nederig

Billik

Eties

Inspirerend

Oorvloedig

Barmhartig

Respekvol

Saak georiënteerde

Die beste leiers funksioneer in vier dimensies: visie, realisme, etiek

en moed. Hierdie is die vier intelligensies, die vier vorme van

persepsie, die taal van kommunikasie wat ‘n vereiste is vir

die bereiking van meningsvolle, volhoubare resultate.

Die visioenêre leier dink groot, dink nuut, dink vooruit en

die mees belangrike, is in voeling met die diepliggende

struktuur van die menslike bewustheid en kreatiewe potensiaal.

Jy moet beheer verkry oor hierdie patrone wat jou bewustheid

beheer: jou wêreldsiening, jou oortuiging van wat jy verdien

en wat moontlik is. Dit is die omvang van fundamentele

verandering, krag en energie – en die ware betekenis van moed.

Peter Koestenbaum, Management Philosopher

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!