02.05.2013 Views

REËLS:

REËLS:

REËLS:

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2. Die bestuurder of, waar daar nie „n bestuurder is nie, die kaptein van die opponerende

span sal toegelaat word om een van die name uit die hoed/houer te trek en die

Beheerliggaam moet hierdie naam aanvaar. Hierdie speler sal toegelaat word om vir die

span te speel vir soveel wedstryde as wat nodig mag wees, maar mag nie skipper wees nie.

In alle gevalle waar „n afwesigheid voorkom sal die gebruik van „n reserwe, indien

geregistreer, voorkeur geniet bo die gebruik van „n plaasvervanger.

Reël 46: Afwesige spelers in „n span of kant in vierspel:

As gevolg van die aanvaarding van bogenoemde sal die gebruik van „n reserwe of „n

plaasvervanger NIE geag word as die gebruik van „n onverkiesbare speler soos bespreek in reëls

46.1.1 en 46.2.1 NIE

Reël 50.1: Weerlig---Skeidsregters sal nie verantwoordelik wees om spelers van die baan af te roep

gedurende weerlig/donderstorm aktiwiteite nie, tensy „n appél gemaak word deur „n speler(s).

SPELVOORWAARDES

1. KLEREDRAG:

In alle verteenwoordigende wedstryde (alle wedstryde ander dan sosiale en klub wedstryde)

sal spelers wit, of roomkleurige kleredrag dra soos gespesifiseer hieronder. Beheerliggame

mag variasies aan die kleredrag doen. Verder sal die Beheerliggaam die mag hê om variasies in

kleredrag, ook in retrospek, as onaanvaarbaar te verklaar waarna sulke variasies in kleredrag nie

gedra mag word nie.

Mans

1. Hoede indien gedra, mag goedgekeurde ordetekens of hoedbande om hê. Indien pette gedra

word moet die punt na vore wys.

2. Hemde moet konvensionele krae hê en moet genoegsaam kan toeknoop.

3. Langbroeke of Getailleerde kortbroeke ( knie lengte ) met sakke en `n ritssluiter aan die

voorkant mag gedra word. Of kortbroeke goedgekeur deur Rolbal Suid Afrika ( Onder geen

omstandighede word “Cargo”, ”Combat”, Tou kort- broeke of Rugby kortbroeke

toegelaat nie.) Enkel sokkies, oorheersend wit moet met kortbroeke gedra word.Lang kouse

( golf kouse) is uitgesluit van hierdie vrystelling.

Alle spelers wat in spanverband deelneem moet eenders aangetrek wees

(Omsendbrief 11/2010)

4. Skoeisel: Spelers, Skeidsregters en Merkers sal konvensionele skoene dra of sport skoene

wat `n aaneenlopende gladde sool of `n sool met `n gleuf in die middel van die sool, mits die

sool duidelik in een stuk is, en die hak gedeelte nie op `n verskillende hoogte is as die voorste

gedeelte van die skoen.nie. Om te help met traksie mag die sool ingesnyde groewe hê wat nie

dieper is as 2mm ( die breedte van `n vuurhoutjie) nie, maar geen vooruitsteeksels nie. Die

wydte van die agterste gedeelte van die skoen moet ten minste 50% wees van die wydste

gedeelte van die skoen. Konvensionele sandale is aanvaarbaar mits hulle `n bandjie agterom

die voet het. Die Nasionale Owerheid behou die reg voor om spesifieke kleure of

handelsname toe te laat of nie toe te laat nie.

(Omsendbrief 40/2010)

Dames

1. Hoede, wanneer gedra, mag goedgekeurde hoedbande en/of kentekens aan hê.

2. „n Rolbalrok met „n kraag, „n romp, of „n gestileerde broek van enige lengte tesame met

„n bloes met „n kraag is aanvaarbaar mits dit nie van Lycra of enige ander kleefmateriaal

vervaardig is nie.

3. Skoeisel: Spelers, Skeidsregters en Merkers sal konvensionele skoene dra of sport skoene

wat `n aaneenlopende gladde sool of `n sool met `n gleuf in die middel van die sool, mits die

sool duidelik in een stuk is, en die hak gedeelte nie op `n verskillende hoogte is as die voorste

gedeelte van die skoen.nie. Om te help met traksie mag die sool ingesnyde groewe hê wat nie

dieper is as 2mm ( die breedte van `n vuurhoutjie) nie, maar geen vooruitsteeksels nie. Die

wydte van die agterste gedeelte van die skoen moet ten minste 50% wees van die wydste

gedeelte van die skoen. Konvensionele sandale is aanvaarbaar mits hulle `n bandjie agterom

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!