02.05.2013 Views

VrydagNuus - Wes-Kaap Sinode - Ngkbloubergstrand.co.za

VrydagNuus - Wes-Kaap Sinode - Ngkbloubergstrand.co.za

VrydagNuus - Wes-Kaap Sinode - Ngkbloubergstrand.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

VRYDAGNUUS

12 April 2013

Ook beskikbaar by www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

AMPTELIKE NUUSBRIEF WES-EN-SUID-KAAPLAND

Die Afstand van Smart

Somtyds is die smartlike ellende wat mense tref só erg, dat dit alle asem uit jou longe slaan; dat jy weet:

nou moet ek nie eers probeer om na regte woorde te soek om iets te sê nie, want sulke woorde is nog nie

uitgedink nie. Dis dan dat, soos César Vallejo (1892-1938) sê, jy ervaar dat die afstand nog nooit voorheen

van so naby aangeval het nie. Vir diegene wat op een of ander manier hiermee kan identifiseer, is daar 'n

paar sinne by Ten Slotte te lees.

A. SINODALE NUUS

1. Communitas kyk na Triniteit en Pinkster

Wilma le Roux stuur inligting oor twee kursusse wat in die komende weke by Communitas op Stellenbosch

aangebied word: Triniteit, Evangelie en die Missio Dei – waar alle bediening begin (16–18 April) en

Pinkstervoorbereiding (23–25 April). Onderaan is meer hieroor.

2. NGK Vrystaat hou Kleingemeente Konferensie

Van 22 – 24 April word ’n Kleingemeente konferensie by die Gariepdam aangebied. Die tema is Klein in

getal – groot in invloed. Sprekers sluit prof Jurgens Hendriks, ds Willie van der Merwe, Nelleke Keet en dr

Jerry Pillay in. Kontak Shepherd se kantoor 051 401 3995 (soggens), of Gerhard by 083 440 4544. Lees

meer.

3. NGK Vrouelidmate – Vroue met Vlerke!

In die jongste Interaksie (nuusbrief van die NGK Vrouelidmate in Wes-en-Suid-Kaap) is onder andere nuus

oor hulle spesiale Vroue met Vlerke-logo, wat met die hulp van dr Nico Simpson ontwikkel is om hulle

geloofsreis uit te beeld. Meer oor Interaksie en die Taakspan vir Vrouebegeleiding is by Esther Blackaller:

ngkvroue@sun.ac.za of 021 808 9060.

4. KGA Getuie elektronies beskikbaar

Hier is ’n herinnering: Die jongste Getuie/Witness van die Kommissie vir Getuienisaksie (KGA) het onlangs

verskyn en kan gelees word op die KGA se tuisblad by www.kga.org.za.

B. ALGEMENE NUUS EN INLIGTING

1. Andrew Murray- en Tutu-pryse toegeken

Die Andrew Murrayprys vir Afrikaanse teologiese publikasies is vanjaar toegeken aan

prof Ernst Conradie vir Lewend en kragtig? In gesprek oor God se handelinge in die

wêreld. Die Andrew Murray-Desmond Tutuprys vir Christelike en teologiese publikasies

in enige amptelike SA-taal is gewen deur Vader Michael Lapsley vir Redeeming the

past. My journey from Freedom Fighter to Healer. ’n Spesiale Andrew Murraytoekenning

is ook gemaak aan Neels Jackson, godsdiens-verslaggewer van Media24. Lees die

persverklaring hier. (Sien ook E1)

2. Publieke lesing: Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie

Op Woensdag 17 April om 18:00 – 19:30 bied prof Jan Jans van Tilburg Universiteit ’n lesing aan met die

titel Die erfenis van Pous Benedict XVI - Oor die spanning tussen ‘bevestigende ortodoksie’ en ‘tekens van

die tye’. Die lesing vind plaas in die Attie van Wijk Ouditorium, Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171 en almal

is welkom. Klik hier vir meer.

3. Voorlopig: Kerkkalender vir 2014

’n Voorlopige lys van datums vir 2014 se kerkkalender is saamgestel deur Suzanne Potgieter by die

Algemene Sinode. Hoewel alle datums van die fees- en biddae nog nie beskikbaar is nie, is dit ’n begin vir

diegene wat reeds aandag skenk aan 2014 se beplanning. Die datums is by www.kaapkerk.co.za. Sodra die

volledige lys saamgestel is, berig ons weer daaroor.

4. Stellenbosch Besprekingsgroep oor Vrye Keuse

Die Stellenbosch Besprekingsgroep se volgende onderwerp is Menslike besluitneming – vrye wil? Dr Tanya

De Villiers-Botha (US Filosofie) gesels op Dinsdag 16 April vanaf 17:00 hieroor. Die gesprek is

oudergewoonte in die Kerksentrum van die NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal. Klik hier vir meer.

5. Groote Kerk diensbaar by die Two Oceans!

Wat begin het as 'n hoopvolle e-pos na Two Oceans se "Kontak ons", het op Saterdag 30 Maart 'n realiteit

geword toe Groote Kerk hul diensbaarheid in die stad waar hulle aanbid, kon wys. Dié poging het reeds om

03:00 die oggend (!) begin toe voorraad ontvang, baniere opgeslaan en alles gereed gekry is vir die 11 000

atlete wat by hulle sou verbydraf. Harde werk, maar beslis die moeite werd om op ’n praktiese manier hul

diensbaarheid uit te leef, vertel Madge Booth, kommunikasiebeampte. (Sien ook C2).

6. Die Evangelie in 7 woorde

Verlede jaar het Christian Century bekende skrywers, teoloë en belangstellendes uitgenooi om die

Evangelie in sewe of minder woorde saam te vat. Verskeie interessante voorstelle is ontvang, van “We live

by grace” tot “God gets the last word.” Lees verder hieroor by

http://www.christiancentury.org/nodequeue/10.

7. Beradingskursus oor Verwerping

In ’n komende kursus van Wentzel Coetzer word gefokus op die vernietigende effek van verwerping wat

sekere persone alreeds sedert kinderjare ervaar het en die fatale gevolge gedurende die volwasse jare. Vir

ons Noord-Kaapse lesers (veral): dit vind op 8 Junie in Potchefstroom plaas en al die inligting is onderaan.

C. GEMEENTES BIED AAN

1. NG Gemeente La Rochelle: Werkswinkel oor keuses

Kan ek kies? Is keuses in my eie hande of is ek aan omstandighede uitgelewer? Rayline Coetzee (La

Rochelle) laat weet dat Jannie Putter, voormalige “metal coach” van die Blou Bulle op Saterdag 20 April ’n

werkswinkel oor keuses by hulle aanbied. Registrasie om 08:00 en werkswinkel van 08:30 – 15:00. Skryf

voor 16 April teen R50pp by Karin 083 293 2848 / karin@dalajunction.co.za of 021 919 9253 in. Die

volkleur advertensie is beskikbaar by www.kaapkerk.co.za ›Nuutste Gebeure.

2. Makhaza kerkkoor tree in Groote Kerk op

Nadat die Groote Kerk onlangs die inwyding van die Makhaza Wykskerk in Khayelitsha bygewoon het, het

hulle die Makhaza-kerkkoor uitgenooi vir ’n optrede op Sondag 14 April om 10:00 in die Groote Kerk. Almal

is welkom om geïnspireer te word deur die spontane, harmonieuse lofprysing. Groote Kerk vertrou dat dié

geleentheid die begin van ’n besonderse verhouding tussen die twee gemeentes sal wees.

3. Durbanville Gemeente se Seniors luister na Jannie le Roux

Dr Jannie le Roux, leraar van die NG Gemeente Gordonsbaai, skrywer en bekende spreker oor motivering

en leierskap, besoek op Woensdag 17 April om 10.00 die Seniorbediening, De Port’uur-groep, in

Durbanville se Gemeentesentrum (hoek van Kerkstraat en Weyerslaan). Almal welkom vir verversings na

die gesprek. Bywoning is gratis, vrywillige donasies welkom. Rig navrae aan Marié Conradie by 021 976

3158 of 072 822 9299.

D. NUUSBRIEWE EN PAMFLETTE

1. Bybel-Media Nuusbrief

By Bybel-Media fokus hulle in die jongste nuusbrief op die publikasie wat die Andrew Murray-prys gewen

het, die Mei-uitgawe van LIG (sien E2 hieronder) en die jongste Bybelkor-publikasie. Aangeheg is meer.

2. LIG se Mei-uitgawe nou beskikbaar

Milan Murray oor die huppel en huil van moederskap

Ontdek Nieu-Bethesda se klein juwele

Township toe saam met die Gugulethu tenore

Nare skoondogter? Daar is hoop.

Wen ’n luukse Weskus-wegbreek.

En baie meer!

3. L'Chaim, nuusbrief van die Simcha-Bediening aan Jode

Moet ons in Suid-Afrika liewer die poging om mense van ander godsdienste van die Christelike geloof oor

te haal, laat vaar – ter wille van die bewaring van vrede? Lees hieroor in ’n uittreksel uit die Simcha

Bediening se April-nuusbrief. Dit is volledig by www.kaapkerk.co.za › Nuutste Gebeure.

E. FUNKSIES EN FEESTELIKHEDE

Vir Tieners: Bloubergstrand nooi Dans Dans Lisa!

Tieners wat hou van “live” Afrikaanse “rock” musiek, kan gerus hiervan kennis neem. Die Dans Dans Lisa

band tree op Saterdag 20 April by Bloubergstrand op ten bate van hulle Senior Jeugbediening. Toegang

R30 pp, verversings te koop. Nooi al jou vriende en gaan geniet die aand. Kontak Franselene by

kommunikasie@ngkbloubergstrand.co.za of 083 273 2222. Die kerkgebou is in Bataviastraat 3,

Bloubergstrand.

F. VAKATURES

Vakatures op Kerkbode se webwerf

Heelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir

predikante is by www.kerkbode.co.za. Klik by Amptelik – Vakatures.

1. VGK Wellington-Bergrivier: Leraar

Ons herinner aan die vakature vir ’n leraar, beskikbaar by VGK Bergrivier in die Ring van Wellington-

Boland. Besonderhede hieroor is aangeheg. Reageer asseblief voor 26 April 2013.

2. US Fakulteit Teologie: Navorsingsgenootskappe

Van die Fakulteit Teologie op Stellenbosch ontvang ons ʼn advertensie vir twee post-doktorale

navorsingsgenootskappe rakende menswaardigheid. Meer oor die omvang van navorsing, pligte en

vereistes is onderaan. Belangstellendes moet voor 30 April reageer.

G. BUITELANDS

Noord-Koreaanse Kerkleiers vra Gebed

Noord-Koreaanse kerkleiers vra Christene wêreldwyd om vir hul land te bid. Christenskap (sowel as enige

ander godsdiens) is verbode in Noord-Korea. Volgens ondergrondse Christene is daar ’n oorlogsatmosfeer

in die land. Gebed is meer belangrik as ooit, berig Geopende Deure, ’n organisasie wat vervolgde Christene

in 60 lande ondersteun. Lees hier.

Ten slotte

Kies ’n unieke poppie om broodnodige kinderbeskermingsdienste te verseker!

Badisa Trio se poppie projek is ’n fondsinsamelingsprojek én werkskeppinggeleentheid.

Elke lappop verteenwoordig ’n werklike kind aan wie dienste gelewer

word en bevat ’n naamkaartjie met inligting. Ander produkte, soos ’n virtuele “screensaver”, is ook

beskikbaar. Lees hier en ondersteun gerus dié verdienstelike saak.

En dan:

Vir elkeen van ons kom die tyd

wanneer die wrangsoet herfslug

half verlange, half voorgevoel

stoot tot in ons ouer-wordende hart.

Dan is dit goed as min ongedaan

en min vergeet gebly het

en jy vas en kinderlik bly glo

dat daar 'n muur om jou sal wees

wanneer jy dit ook al nodig kry.

Tot volgende keer, groete.

Ben du Toit

Sentrum vir Kommunikasie

Privaatsak X8, Bellville, 7535

Tel: 021 957 7195

Faks: 021 957 7197

kommunikasie@kaapkerk.co.za

COMMUNITAS KURSUSSE

Die volgende twee kursusse word in die twee weke wat voorlê by Communitas aangebied:

1. Triniteit, Evangelie en die Missio Dei – waar alle bediening begin (16–18 April 2013). In hierdie kursus

word gekyk na die herlewing in belangstelling in die Triniteitsleer in die laaste paar dekades. Baie teoloë sal

sê dat dit van die belangrikste en mees deurslaggewende teologiese ontwikkelings in resente tyd is. Ons

gaan in die kursus die verhaal van die nuwe ontwikkelings nagaan, maar veral ook kyk hoe hierdie nuwe

verstaan van die Triniteitsleer nuwe perspektiewe open op ons denke oor God, oor onsself, oor die kerk, en

oor die Christelike lewe.

2. Pinkstervoorbereiding (23–25 April 2013) - kom doen jou Pinkstervoorbereiding saam met kollegas! By

hierdie geleentheid kry leraars kans om saam te gesels oor vanjaar se Pinksterreeks wat handel oor die

Belydenisskrifte en meer spesifiek, die belydenis van Belhar. Dit is ’n ideale geleentheid om met ons

gemeentelede in gesprek te gaan oor die Bybelse Teologie agter die belydenisskrif.

Meer volledige inligting oor elkeen hier onder:

1. Triniteit, Evangelie en die Missio Dei – waar alle bediening begin

Datum: 16–18 April 2013

Plek: Stellenbosch

Aanbieders: Dirkie Smit, Coenie Burger, Nico Koopman

Tema en doel

Een van die opwindendste en mees positiewe teologiese ontwikkelings van die laaste paar dekades is die

sterk belangstelling in Trinitariese Teologie. Van die beste teologiese boeke wat die laaste tyd verskyn het,

handel juis oor hierdie tema.

Uit die gesprekke oor die Triniteit word dit duidelik dat hierdie allesbehalwe ’n bloot teoretiese of

spekulatiewe debat is, maar ’n debat wat deurslaggewende implikasies het vir die kerk en vir die lewe van

die kerk en gelowiges.

Inhoud en uitkomste

In hierdie kursus gaan

• ’n oorsig gegee word oor die debat;

• gekyk word na van die belangrikste positiewe uitkomste van die gesprek en

• die implikasies wat dit het vir ons kerk-wees en vir ons denke oor gemeentes.

2. Pinkstervoorbereiding: “Baniere vir die Slagveld”

Datum: 23–25 April 2013

Plek: Stellenbosch

Aanbieders: Andries Cilliers en Johan Botha

Die Pinksterreeks vir 2013 handel oor Belydenisskrifte en meer spesifiek oor die Belydenis van Belhar en sy

betekenis vir ons vandag.

Ons weet dat die Algemene Sinode van die NG Kerk die Belhar Belydenis aanvaar het en dit vir

aanvaarding aanbeveel by alle gemeentes. Pinkster bied aan ons die geleentheid om op ’n geestelike

manier te luister na hierdie belydenis en saam te vra hoe dit ons as kerke nou kan help. Daar sal in die

reeks ook baie aandag gegee word aan die tekste waarna in die Belydenis verwys word.

Die reeks sal ook gedoen word teen die agtergrond van die 450-jarige herdenking van die Heidelbergse

Kategismus.

Die drie dae bied ’n wonderlike geleentheid vir leraars om oor elk van die preke te gesels en so ’n groot

deel van hul voorbereiding saam met ander te doen.

Kontak Wilma le Roux by 021 808 3624 of wler@sun.ac.za.

KLEINGEMEENTE KONFERENSIE 22 – 24 APRIL

SMALL IN NUMBERS – GREAT IN INFLUENCE

KLEIN IN GETAL – GROOT IN INVLOED

Shepherd bied, in samewerking met die Eenheid vir Bedieningsbegeleiding, die Kleingemeente Konferensie

aan en nooi alle predikante en belangstellendes hartlik na bogenoemde geleentheid uit.

22 – 24 April 2013

NG Kerk gebou by die Gariepdam

• Verskeie sprekers (sien program by www.kaapkerk.co.za – Nuutste Gebeure) Die program kan

moontlik ten opsigte van temas en tydgleuwe verander.

• Akkommodasie: Indien u inligting oor verblyf verlang, kan u Lulani Vermeulen kontak by

lulani.vermeulen@gmail.com. Sy sal aan u ’n lys van gastehuise met kontakbesonderhede stuur.

• Koste en inbetaling: Die koste van die konferensie beloop R400 per persoon vir persone wat nie deel

van die Vrystaat Sinode is nie. Die Vrystaat Sinode subsidieer die leraars van die Vrystaatse kerk.

Die konferensiefooi kan by die volgende rekening inbetaal word:

NG KERK OVS – ABSA 47 00 00 406 – TAKKODE 632005

NB! Verwysing wat aangedui moet word met enige inbetalings:

U naam, u gemeentenaam en KGK 2013 (bv Gert Viljoen, Kroonheuwel KGK 2013)

Faks die betalingsbewys aan Joanie Theron: 086 502 0818 of e-pos die betalingsbewys aan

gemeentes@ngkvs.co.za.

REGISTREER:

Benewens die inbetalings vir die konferensie wat u by Joanie moet maak, moet u ook asseblief by

Shepherd registreer vir die konferensie. SMS d54079, u naam & gemeente na 31029.

Hierdie registrasie verseker dat u gaan deel in verdere kommunikasie ten opsigte van die konferensie.

Registreer asseblief een persoon vanaf u eie selfoon per SMS.

Kry die volledige program by www.kaapkerk.co.za – Nuutste Gebeure.

PERSVERKLARING

4 April 2013

CONRADIE, LAPSLEY WEN

MURRAY- EN TUTU-PRYSE

Die Andrew Murrayprys vir Afrikaanse teologiese publikasies is vanjaar gewen deur prof Ernst Conradie van

die Universiteit van Wes-Kaapland vir sy boek Lewend en kragtig? In gesprek oor God se handelinge in die

wêreld.

Die Andrew Murray-Desmond Tutuprys vir Christelike en teologiese publikasies in enige amptelike taal van

Suid-Afrika is gewen deur Vader Michael Lapsley vir Redeeming the past. My journey from Freedom Fighter

to Healer.

Die Uitvoerende Raad van die Andrew Murray-prysfonds het ook aangekondig dat 'n spesiale Andrew

Murray-toekenning gemaak gaan word aan Neels Jackson, spesialis-godsdiensverslaggewer van Media24 se

koerante.

Conradie se boek word beskryf as "asemrowend, met 'n skitterende integrasie van wetenskap en geloof.

Dit getuig van sowel 'n ensiklopediese kennis van sy vakgebied, as 'n besonderse aanvoeling vir

kontemporêre spiritualiteit." Die beoordelaars was prof Christina Landman, eerw Edwin Arrison en prof

Hendrik Bosman. Die boek is deur Bybel-Media uitgegee. Vyf uitgewers het vanjaar boeke vir hierdie

kategorie ingeskryf.

Lapsley se boek is volgens die beoordelaars 'n aangrypende en inspirerende verhaal van iemand wat

persoonlik 'n baie duur prys betaal het vir sy verbintenis tot die vryheidstryd in apartheid-Suid-Afrika: hy

het sy hande in 'n briefbom-aanval verloor. "'n Groeiende bewussyn van die radikale eise van die evangelie

het hom hiertoe gemotiveer. In post-apartheid-Suid-Afrika het hy 'n nuwe roeping ervaar: die genesing van

ons land se mense. Vanuit sy ervaring van trauma en gebrokenheid het hy mense begin help met húlle

gebrokenheid, iets wat ons land en geweldgeteisterde wêreld so nodig het." Die boek is uitgegee deur

Struik Christian Media. Die beoordelaars was dr Chris Jones, eerw Rowan Smith en prof Fanie Snyman. Agt

uitgewers, onder wie ook van die buiteland, het boeke vir hierdie kategorie ingeskryf.

Neels Jackson word vereer vir sy gebalanseerde beriggewing oor baie jare van kerklike en godsdienstige

sake wat van buitengewone insig, kennis en deernis getuig.

Die pryse word in Mei op Wellington aan die wenners oorhandig. Dit is vanjaar die 185ste herdenking van

die geboorte van die bekende predikant-skrywer van Wellington, Andrew Murray.

* Besoek www.andrewmurrayprys.co.za vir volledige inligting oor die Andrew Murray-prysfonds.

Frits Gaum

Voorsitter: Andrew Murray-prysfonds

KAAPSTAD

BEYERS NAUDÉ SENTRUM VIR PUBLIEKE TEOLOGIE

PUBLIEKE LESING

U word genooi na ’n lesing deur prof Jan Jans van Tilburg Universiteit met die titel: Die erfenis van Pous

Benedict XVI - Oor die spanning tussen ‘bevestigende ortodoksie’ en ‘tekens van die tye’.

Prof Jans is sedert 2012 die besturende direkteur van die valorisasie-projek ‘Verstaan van Sosiale Waardes

- Godsdiens en Waardes’ binne die Tilburg Skool vir Geesteswetenskappe van Tilburg Universiteit,

Nederland.

DATUM: Woensdag 17 April 2013

TYD: 18:00 – 19:30

PLEK: Attie van Wijk Ouditorium, Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, US

Almal welkom!

Abstrak:

Op 11 Februarie 2013 het Pous Benedict XVI onverwags aangekondig dat hy afstand doen van die

bediening van die bisdom van Rome en dat die Stoel van Petrus van 28 Februarie vakant sou wees.

In hierdie lesing, met die doel om sleutel-elemente van die erfenis van Joseph Ratzinger as Pous Benedict

XVI aan te bied en te bespreek, is die vertrekpunt ʼn sin wat hy in sy bedankingstoespraak gebruik het: “In

today’s world, subject to so many rapid changes and shaken by questions of deep relevance for the life of

faith, in order to govern the bark of Saint Peter and proclaim the Gospel, both strength of mind and body

are necessary, strength which in the last few months, has deteriorated in me to the extent that I have had

to recognize my incapacity to adequately fulfill the ministry entrusted to me”. Onder die talle snel

veranderinge is die voortdurende probleme weens seksuele misbruike in die Rooms Katolieke Kerk en die

spanninge oor wetgewing oor die huwelik. Onder die vraagstukke van diepe relevansie tot ’n lewe van

geloof, tel die proses van sekularisasie en die oënskynlik mislukkende poging om Europa te herevangeliseer.

Die tesis van die lesing is dat Pous Benedict XVI se voorgenome benadering om veranderings en

vraagstukke aan te spreek, goed beskryf word deur ʼn frase wat John Allen geskep het, nl ‘bevestigende

ortodoksie’, bedoelende die aanbieding van die kern van geloof en moraliteit op ʼn positiewe en

verwelkomende wyse. Die onderstroming van hierdie benadering is dat die bevestiging van ortodoksie die

enigste manier is om die kwale van diversiteit, wat met betrekking tot geloof lei tot sekularisasie, en met

betrekking tot etiek lei tot relativisme, te weerstaan. Die benadering staan egter ook gevaar om die

verskeie ‘tekens van die tye’ te relativeer as bloot problematiese diversiteit wat teengewerk moet word. Om

die voortvloeiende spanninge te verstaan, maak die lesing gebruik van die ‘Analitiese raamwerk van

diversiteit’ wat deur Evelien van Asperen ontwikkel is en differensieer tussen monisme, relativisme en

kommunikatiewe morele universalisme.

Die slotsom sal ʼn poging tot ʼn kort ‘vooruitskouing’ wees van die standpunt van Pous Francis wat betref

kritieke kwessies rondom moraliteit.

STELLENBOSCH STUDIE- EN BESPREKINGSGROEP

Volgende Byeenkoms

ONS GODSDIENS EN DIE WETENSKAPPE

Datum en tyd: Dinsdag 16 April 2013, om 17:00 – 18:00 lesing (oor die ondergenoemde onderwerp) en

daarna bespreking tot 18:30.

Onderwerp: Menslike besluitneming - vrye wil?

Spreker: Dr Tanya de Villiers-Botha, Departement Filosofie, US.

Plek: Kerksentrum, NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal, h/v Merrimanlaan & Martinsonstraat, Uniepark,

Stellenbosch.

Dr Tanya de Villiers-Botha spreek ons toe oor die onderwerp:

Menslike besluitneming - vrye wil?

“Vrye wil” is ʼn filosofiese term wat verwys na die mens (of enige rasionele agent) se vermoë om te kan

kies om ʼn bepaalde handeling uit te voer, eerder as alternatiewe, moontlike handelinge. Daar is gewoonlik

twee redes hoekom filosowe die aanname dat ons oor vrye wil beskik, in twyfel trek. Die eerste is ʼn

godsdienstige rede: Indien God alwetend, almagtig en alomteenwoordig is, hoe is dit moontlik dat ek ʼn

besluit kan neem wat teen sy wil indruis? Die tweede rede is ʼn wetenskaplike rede: Indien alles in die

heelal aan die natuurwette onderhewig is, word die keuses wat ek maak nie bloot bepaal deur die kousale

ketting van gebeure wat terug herlei kan word na die oerknal toe nie?

Een van die hoof redes hoekom vrye wil so ʼn kontroversiële tog dringende filosofiese kwessie is, is omdat

die idee van vrye agente wat kan besluit om op ʼn bepaalde wyse op te tree sentraal tot ons idee van

morele verantwoordelikheid staan. Morele reëls en alles wat daarmee gepaard gaan (soos die regstelsel,

byvoorbeeld) berus op die aanname dat mense kan kies om reg of verkeerd op te tree en kan dus

verantwoordelik gehou word vir hulle doen en late—hetsy deur gestraf te word of deur aangeprys te word.

Vrye wil is dus nie slegs ʼn interessante, dog esoteriese, metafisiese kwessie nie, maar ʼn kwessie wat

verreikende gevolge vir ons godsdienstige, wetenskaplike en morele lewens kan inhou.

Dr Tanya de Villiers-Botha behaal al haar grade aan die Universiteit Stellenbosch en is tans lektrise in die

Departement Filosofie.

PASTORALE BERADINGSKURSUS RONDOM VERWERPING

Saterdag 8 Junie – Potchefstroom

Prof Wentzel Coetzer

In hierdie kursus word gefokus op die vernietigende effek van verwerping wat sekere persone alreeds

sedert kinderjare ervaar het en die fatale gevolge gedurende die volwasse jare. Daar word veral gefokus

op die volgende drie navorsers se bydraes op hierdie terrein:

Dr John Bradshaw se beskrywing van verwerping en sy gebruikmaking van die geneagram om te

illustreer hoedat hierdie probleem uiteindelik oor vier geslagte kan manifesteer, in sy boek, Toxic

shame.

Dr Gregory Jantz se beskrywing van die hoofoorsake van emosionele verwonding en verwerping in

sy boek, Healing the scars of emotional abuse.

Prof David Seamands se beskrywing van die prestasie-slagyster as een van die uitvloeisels van

verwerping in sy boek, Freedom from the performance trap.

Riglyne ten opsigte van die pastorale begeleiding van persone wat op hierdie wyse emosioneel verwond

geraak het, word dan ook aan die orde gestel. Die kursus word gerig enersyds op persone met 'n

belangstelling in berading (leraars, maatskaplike werkers, jeugwerkers, beraders, ens), en andersyds ook

op diegene wat moontlik self antwoorde soek betreffende sekere van die areas wat in die kursus hanteer

word.

Plek: Studente Hervormde Kerk – Silwerstraat 19 (net langs klein kragstasie)

Datum: Saterdag 8 Junie 2013

Tyd: 08.00 - 13.00 (VBO-punte kan verdien word deur NG leraars)

GPS koördinate: Suid: 26.41.590 - Oos: 27.5.079

Koste: R200 pp (sluit in sleutelnotas en verversings); Egpare - R300

Handleiding te koop (opsioneel): R160 (posgeld: R20 ekstra)

Navrae en bespreking: 083 660 0409 of 018 294 7457 of wentzel7@mweb.co.za

Nuusbrief 6/2013

Andrew Murray-pryswenner!

Lewend en kragtig ... Ernst M. Conradie

In gesprek oor... God se handelinge in die wêreld

BYBEL-MEDIA

JOU BEDIENINGSVENNOOT IN 2013

In hierdie boek wys Ernst Conradie enersyds ’n intervensionistiese opvatting van God se handelinge af – as

sou God se optrede die “wette van die natuur” per definisie deurbreek.

Andersyds word ook ’n reduksionistiese opvatting daarvan afgewys – wat groter gehele tot die boustene

daarvan reduseer en so groter kompleksiteit en die moontlikheid van vorms van transendensie

metodologies ontken.

In hierdie boek word vier alternatiewe benaderings tot ’n verstaan van God se handelinge in die beskikbare

literatuur geïdentifiseer en krities ontleed.

Professor Ernst Conradie gee klas by die Universiteit van die Wes-Kaap in die Departement van Godsdiens

en Teologie. Hy het sy doktorsgraad in 1992 ontvang, en het intussen meer as 100 publikasies en artikels

die lig laat sien. Sy spesialiteitsvelde is ekologiese teologie, sistematiese teologie en ook teologiese

hermeneutiek.

Sy boek Waar op dees aarde vind mens God? het in 2007 die Andrew Murray-prys vir ’n teologiese werk

ontvang.

Prys: R 199.50 (BTW en posgeld ingesluit). Herdruk beskikbaar 18 April.

Dié publikasie het in 2010 verskyn, maar word tans herdruk. Intussen is dit as wenner van die 2013

Andrew Murray-prys aangewys.

Dit is ook as e-pub by Kalahari beskikbaar.

Lees in die Mei-uitgawe van LIG:

Milan Murray – Mamma met ’n hart vol wysheid

Sy het haar eie idees oor kinders grootmaak – en sy skroom nie om daaroor te praat nie. Soos sy ook

graag oor haar kinders, haar man, Schalk, haar loopbaan en haar drome gesels. In dié gesprek met LIG

kom nuwe werk ook ter sprake. En woorde soos “lyf” ...

Lees ook:

• Manna vir ma’s ■ Handige oorlewingsgids ■ Spesiale bederfkos

• Nare skoondogter? Daar is hoop

• Ontdek Nieu-Bethesda se klein juwele

Jongste Bybelkor-publikasie

Christus en die kruis ... Flip van der Watt

Die sleutel tot die verstaan van jou geloof

Christus en die kruis verken die allerbelangrikste saak waarmee enige mens gekonfronteer kan word,

naamlik by Wie die redding, die verlossing en die saligheid te vinde is.

Te midde van talle stemme wat in die teendeel mag opklink, bly die eenvoudige Skrif-boodskap onwrikbaar

staan, naamlik dat elke mens slegs by Jesus Christus verlossing, redding en saligheid kan vind.

In Christus en die kruis lei die skrywer die leser op hierdie verlossingspad na die ewige lewe, sodat elke

gelowige duidelikheid, rustigheid en sekerheid kan hê. Hierdie verlossingspad sal die blydskap bring te

midde van wisselende lewensomstandighede, die innerlike gemoedsrus wanneer bekommernisse in gebede

omskep word en die bevryding van allerlei knellende en belemmerende aardse bande.

Prys: R110.00 (BTW en posgeld ingesluit).

Reeds beskikbaar – bestel sommer dadelik.

Inligting, navrae en diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42

• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

• Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za

Bybel-Media-groete.

Hans Steyn

Departement Fondswerwing

E-pos: hans@bmedia.co.za

Tel: 021 864 8223

April 2013

L’CHAIM

NUUSBRIEF VAN DIE FAMILIE VAN NG KERKE SE SIMCHA

BEDIENING AAN JODE

In gesprek met mense van ’n ander geloof

Die verhouding van Christene tot Jode, Moslems en mense van ander gelowe het onlangs weer onder die

soeklig gekom.

Ekself is gevra om by twee openbare geleenthede – in ’n Kruis en Dwars-gesprek op RSG en by die

Woordfees op Stellenbosch – oor hierdie kwessie in gesprek te tree met onder andere ’n Moslem-sjeg.

By beide hierdie geleenthede het dit my opgeval by hoe baie mense daar ’n wanopvatting is oor hoe sulke

geloofsgesprekke gevoer kan word. Dit is by baie die oortuiging dat dit verkeerd is om in jou gesprek met

iemand van ’n ander godsdiens voor te gee dat jy meen jou eie godsdiens is die enigste of beste weg na

God toe.

Die Christelike geloof die enigste weg?

So ’n benadering, voel sommige mense, is ’n hovaardige benadering, wat ander godsdienste nie genoeg

respekteer nie. Dit verkleineer Jode, Moslems, Boeddhiste en ander – en mag selfs lei tot konflik en

geweld. Om die waarheid te sê, die stryd tussen godsdienste oor watter die regte pad na God is, was in die

verlede, en is steeds dikwels die oorsaak van oorloë.

Dit is belangrik dat Christene hierdie manier van dink vriendelik van die hand wys.

Die eerste rede is natuurlik omdat dit teenstrydig is met Jesus se laaste opdrag aan sy dissipels: “Gaan dan

na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en

die Heilige Gees...” (Matt 28:19), en die ganse Nuwe Testament.

Maar dit is nie al rede nie. Om net ’n paar ander te noem:

Tweedens, dit is natuurlik vir godsdienste om te dink hulle geloof is die regte pad om met God in ’n

verhouding te staan. Dit is in die aard van godsdienste om so te dink, want elke godsdiens maak daarop

aanspraak dat hulle die sterkste greep op die waarheid het.

Volgens die Christelike geloof het mense sonder ’n geloof in Christus, wel ’n algemene kennis van God se

skepping en sy onderhouding daarvan, maar is dit slegs deur God se openbaring in Jesus en deur die

Heilige Gees dat ons God waarlik kan leer ken. Dit is inherent deel van die etos van die Christelike geloof

om dus hierdie oortuiging op ’n vriendelike wyse met ander te deel.

Dit is nie net waar van Christene nie. Dit is net so waar van Jode en Moslems. Die Judaïsme het respek vir

Jesus as profeet en wysheidsleraar, maar hulle Joodse godsdiens verbied hulle ten strengste om iets of

iemand ander as die God van Abraham te aanbid – en dit is, na hulle mening, wat in die Christendom

gebeur.

Dieselfde geld van Moslems: Volgens die Koran is dit ’n dwaalleer en belediging vir God om te beweer dat

God ’n Seun kan hê.

Dus, oor die kwessie van Jesus glo die drie Abrahamitiese godsdienste teenoorgestelde dinge – en elke

godsdiens dink hulle s’n is die regte pad na God toe.

Dit sal onsinnig en onprakties wees om te probeer om dié drie godsdienste te verbied, of om hulle te

probeer oorreed dat hulle nie dit wat, na hulle mening, die waarheid oor God is, met ander te deel nie.

Derdens, is dit heeltemal onwaar om te redeneer: Omdat verskillende godsdienste glo hulle geloof is die

enigste of beste weg na God toe, gaan dié verskille noodwendig tot vyandigheid en geweld tussen

godsdiensgroepe lei.

Lei openhartigheid noodwendig tot onmin en geweld?

Dit is wel waar dat daar in die geskiedenis oorloë was wat deur godsdiensverskille aangewakker is – maar

dit beteken nie dat godsdiensverskille noodwendig tot geweld moet lei nie. Daar is baie voorbeelde van

Christene, Moslems en Jode wat vir lang tye in dieselfde plekke vreedsaam saamgeleef het.

Dit is ook nie so dat egte vriendskappe slegs kan bestaan tussen mense waar nie een van die partye

daarop aanspraak maak dat sy of haar geloof die regte een is nie. Die teendeel is eerder waar:

vriendskapsverhoudings waarin elke persoon die reg en vrymoedigheid het om te sê wat sy as die

geloofswaarheid beskou (al verskil dit van die ander se opvatting van waarheid), is dikwels sterker as

vriendskappe waar, uit beleefdheid, godsdiensverskille vermy word.

Dit is dus nie so dat toegewyde Christene, Jode of Moslems vrede in Suid-Afrika sal bevorder deur nie

mense van ’n ander geloofsgroep van hulle geloof te probeer oortuig nie. Afgesien daarvan dat dit nie in

die praktyk sal gebeur nie, is dit ook nie nodig nie.

Egte vrede sal die beste bevorder word deur ’n bereidheid om die persoon van ’n ander godsdiens die reg

te gun om sy geloof te verkondig, en om self die mense aan wie jy jou geloof verkondig, as mense te

respekteer.

Francois Wessels

Kontak Simcha by 021 422 4841 of simchaministry@gmail.com.

Die volledige nuusbrief is by www.kaapkerk.co.za onder Nuutste Gebeure beskikbaar.

VGK GEMEENTE WELLINGTON–BERGRIVIER

VAKATURE: LERAAR

In biddende afhanklikheid maak die kerkraad hierdie vakature bekend en nooi belangstellende,

gekwalifiseerde proponente en leraars uit om aansoek te doen.

’n Toegewyde kind van die Here wat deur Hom tot die bediening geroep is.

GEMEENTEPROFIEL:

VGK Bergrivier is ’n gemiddelde grootte gemeente in die Ring van Wellington-Boland. Die gemeente het

ongeveer 2000 lidmate. ’n Volledige gemeenteprofiel is by die Administrasie-kantoor beskikbaar.

LERAARSPROFIEL:

Die leraar moet die gemeente se verantwoordelikheid uitleef t.o.v. die uitbouing van die bediening in die

betrokke gemeente soos uiteengesit volgens Bepaling 22 van die Kerkorde.

1. Omvattende bediening sluit in prediking, pastoraat, leiersontwikkeling, bestuur, opleiding, asook

konflikhantering.

2. Uitbou van die jeug- en gesinsbediening.

3. Beskik oor leiervermoëns, bestuursvaardigheid en spanervaring.

4. Vermoë om saam met mense in verskillende lewensfases te bedien.

5. Mobilisering van gemeente en plaaslike uitreikbediening.

6. Kandidaat moet rekenaarvaardig wees.

7. Geldige rybewys hê (Kode 8).

AANSOEKE:

Aansoeke per e-pos / geregistreerde pos of faks na 021 864 1464.

Volledige CV met drie verwysings.

Sluitingsdatum vir aansoeke is 26 April 2013.

KONTAKBESONDERHEDE:

Admin: vgkwellingtonbergrivier@telkomsa.net

Madeliefiestraat 10, Wellington, 7655

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

FAKULTEIT TEOLOGIE

PRAKTIESE TEOLOGIE EN MISSIOLOGIE/OU EN NUWE

TESTAMENT/SISTEMATIESE TEOLOGIE & EKKLESIOLOGIE

POSTDOKTORALE GENOOTSKAPSBEURS: DIE BEVORDERING VAN

MENSWAARDIGHEID (2 JAAR)

Omvang van Navorsing:

Die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, kondig twee postdoktorale genootskapsbeurse aan in

enige van bogenoemde akademiese dissiplinegroepe, afhangend van die suksesvolle aansoekers se

agtergrond en kundigheid. Die navorsing hou verband met ’n fokus in die Fakulteit op menswaardigheid as

sentrale tema.

Vereistes:

• ’n Doktorsgraad in Teologie (verwerf binne die afgelope 5 jaar in enige van bogenoemde

teologiese vakrigtings)

• uitstekende navorsingsvaardighede

• bewese akademiese ervaring/kundigheid/belangstelling ten opsigte van menswaardigheid

Pligte:

• Ontwikkeling en lewering van hoë kwaliteit navorsingsuitsette wat verband hou met die tema van

menswaardigheid

• deelname aan die openbare aktiwiteite van die Fakulteit wat met menswaardigheid verband hou

Datum van indiensneming: 1 Junie 2013 of so gou doenlik daarna

Sluitingsdatum: 30 April 2013

Stuur ʼn aansoekbrief, ʼn volledige curriculum vitae insluitend ʼn lys van publikasies en die name en

kontakbesonderhede van ten minste twee referente, asook ʼn artikel wat gebaseer is op u proefskrif of ʼn

kort opsomming (2-3 bladsye) oor die aard en strekking van u proefskrif aan:

Marieke Brand, Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch 7600 of

mariekeb@sun.ac.za.

Applikante moet verseker dat hul referente hul konfidensiële verslae (wat onder meer die navorsing wat in

die proefskrif gedoen is asook die kandidaat se vermoë om verdere hoë kwaliteit navorsingsuitsette te

lewer, evalueer) na dieselfde adres stuur om dit voor die sluitingsdatum te bereik.

Navrae: Me Liena Hoffman, tel 021 808 3261, e-pos liena@sun.ac.za.

20 Maart 2013

‘N POPPIE HELP KINDERS IN NOOD

BADISA TRIO

POPPIE HELP KINDERS IN NOOD

Badisa Trio, ’n program van Badisa (’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk in die Wes-en-Suid-

Kaap en die VG Kerk in Kaapland) is ’n organisasie wat maatskaplike en kinderbeskermingsdienste lewer in

Durbanville en plaas omgewing, Fisantekraal, Brackenfell, Kraaifontein en Scottsdene.

In 2013 het Badisa TRIO aan 11 180, kinders, individue, gesinne, bejaardes en gestremdes dienste

gelewer. ’n Verskeidenheid van dienste word gelewer met die fokus op die versterking en behoud van

gesinslewe in ’n gesonde gemeenskap. As gevolg van die Maatskaplike probleme in ons samelewing en ten

spyte van die dienste wat gelewer word is daar egter steeds ’n baie hoë voorkoms van gesinsgeweld,

kindermishandeling, kinderverwaarlosing, molestering, kinders wat verlaat word of wees gelaat word,

gedragsmoeilike kinders, ontoereikende ouerskapvaardighede en middelafhanklikheid. Sedert Maart 2012

tot Februarie 2013 is daar in die genoemde areas 81 kinders vanuit hulle ouers se sorg beveilig en vele

ander hoë risiko sake word deurlopend gemonitor en hanteer.

Kinderbeskermingsdienste is intensief en duur en vereis dikwels dat spesialis dienste ingekoop word vir

forensiese assesserings en terapie vir getraumatiseerde, emosioneel stukkende kinders se heelword proses.

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling subsidieer ongeveer 64% van Badisa TRIO se

werksaamhede. Die begrotingstekort word aangevul deur fondsinsameling om die volle koste van

dienslewering te dek.

Die poppie projek word as ’n fondsinsamelingsprojek geloods om volhoubare en kwaliteit

kinderbeskermingsdienste aan kinders te verseker.

Elke Lappop verteenwoordig ’n werklike kind aan wie dienste gelewer word en bevat ’n naamkaartjie met

inligting. Benewens die moderne lappop is daar ook ander poppie produkte soos ’n yskas-magneet,

sleutelhouer, geskenkpapier en ’n virtuele “screensaver” wat verkoop word en ook bemark word om

bewustheid rondom die groot nood te verhoog.

As die publiek ’n poppie koop teen R120, stel dit die maatskaplike dienskantore in staat om kinders kos te

gee, te beskerm en op te voed, sowel as die lewering van noodsaaklike statutêre maatskaplike dienste.

Hierdie kantore het tydens die afgelope naweek by die Durbanville Plaasfees formeel hul poppie projek

geloods.

Die poppies is geskep deur ontwerper Jo Davidson van Rowgue Innovative Design Studio in samewerking

met Esme Brink van EB Consulting en Badisa Trio se Bellville kantoor. Die poppies word met die hand

gemaak deur vrouens afkomstig van Fisantekraal Development Centre, Wallacedene en Morningstar

informele nedersettings, onder die leiding van naaldwerkster en entrepreneur Elaine du Toit. Dit dien dus

ook as ’n geleentheid vir noodsaaklike werkskepping.

Die poppies is tot dusver goed ontvang en volgens Juanita Beukes, Bestuurder Maatskaplike

Diensprogramme by Badisa Trio, bekoor dit nie net almal wat daarna kyk nie, maar gryp dit ook die

verbeelding en harte aan van kinders wat hulle ouers smeek om ’n poppie aan te neem.

Die publiek en maatskappye word gevra om die projek te ondersteun. Daar word ook tans handelaars of

winkels gesoek wat die poppies of enige van die ander artikels sal verkoop.

Enige navrae rakende die poppies kan gerig word aan Esme Brink by esme@badisatrio.co.za. Die poppies

kan ook aanlyn bestel word by www.thegiftroom.co.za, ’n nuwe aanlyn dekor-en geskenkwinkel en virtuele

borg van die projek.

Vir meer inligting besoek ook www.badisatrio.co.za

Me. E Steenkamp

Voorsitter van die Beheerraad

NOORD-KOREAANSE KERKLEIERS

VRA VIR GEBED

Noord-Koreaanse kerkleiers vra Christene regoor die wêreld om vir hul land te bid. Christenskap (sowel as

enige ander godsdiens) is verbode in Noord-Korea. Volgens ondergrondse Christene is daar ’n

oorlogsatmosfeer in die land. Gebed is meer belangrik as ooit, berig Geopende Deure, ’n organisasie wat

vervolgde Christene in 60 lande ondersteun.

“Ons moet die deurslaggewende oorlog benader met ’n geweer in een hand en ’n hamer in die ander,” som

’n Christenleier die boodskap wat Noord-Koreaanse burgers onlangs ontvang het vanaf opperbevel op. “Die

militêre weermag, vloot, lugmag-troepe, strategiese vuurpyl-troepe, die Rooi Wagte en die jeugafdeling

van die Rooi Wagte is reeds reg om te veg. Dringende vergaderings word dag en nag gehou. Tydens

daardie byeenkomste neem amptenare besluite oor wat moet gebeur indien oorlog sou uitbreek en almal,

insluitende vroue, moet reg wees om te veg.”

Volgens Geopende Deure se bronne is baie karre toegegooi met kamoefleringsnette op die pad en soldate

dra hoede wat gekamoefleer is met gedroogde takke en is bewapen met gewere. Leier Kim Jong-Un het ’n

verklaring uitgereik aan sy mense wat sê dat, “As oorlog uitbreek weens die aksies van die VSA en hul

Suid-Koreaanse marionet se onverskoonbare gedrag, sal hulle ’n skandalige ondergang in die gesig staar

terwyl ons mense ʼn skitterende nuwe dag van hereniging sal binnegaan.”

Maar die Christene en ander burgers vrees ’n oorlog en wat dit tot gevolg sal hê. “Baie mense is haastig

om noodkosvoorraad en daaglikse benodighede aan te skaf – net ingeval. Die pryse van goedere,

insluitend kos, skiet die hoogte in soos wat die tyd verby gaan.”

Die Christene is dankbaar vir hulle buitelandse medewerkers en versoek dringend hul gebede. “Ek wil die

baie broers en susters rondom die wêreld bedank vir hulle volgehoue liefde en ondersteuning. Ons weet

dat ons reis nie ’n maklike een gaan wees nie, maar ons is seker dat ons geloof, desperate hoop en

passievolle begeerte eendag vrug sal dra. Maak nie saak hoe moeilik die lewe vir ons is nie, ons sal nooit

ander blameer of kla oor ons omstandighede nie. God het ons in die Bybel belowe dat as ons eerste Sy

koninkryk soek, alle ander dinge ook tot ons bygevoeg sal word. Bid asseblief vir ons.”

www.opendoors.org.za

Met dank oorgeneem uit Namibië se Feldmuis von Schanzen-nuusbrief van 10 April 2013.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!