03.05.2013 Views

Lente - Sep 2012 - Ngkbloubergstrand.co.za

Lente - Sep 2012 - Ngkbloubergstrand.co.za

Lente - Sep 2012 - Ngkbloubergstrand.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Lente 2012 : ‘n brief aan die gemeente

“Dis heerlike lente, die winter is verby...!”

Bataviastraat 3, Bloubergstrand, 7441

Posbus 17, Bloubergstrand, 7436

Tel: 021 554 1290 / Faks: 086 591 5147

E-pos: ngkblouberg@mweb.co.za

www.ngkbloubergstrand.co.za

Ons weet dit voel nog nie al dag so nie, maar miskien as ons dit sê, dan gebeur dit. Diè winter was koud, baie

koud en baie nat, met so nou en dan ‘n bederf dag. Ten minste hoop ons dat daar baie blommetjies sal wees, die

graanoeste bo verwagting goed sal wees, die damme vol is en die muskiete permanent terug is Egipte toe. Wie

sou nou dink ons sal na die suid-ooster verlang? Ons is wel ten diepste bewus dat die winter weer ons

gesondheid op die proef gestel het. Veral van ons meer kwesbare lidmate sukkel steeds om die winter-siekwees

af te skud. Wees asseblief steeds verseker dat ons saam met julle bid vir gesond word, en nie sal vergeet van die

wie se gesondheid nie die winter kon weerstaan nie.

Drome, drome, drome. Ons droom steeds voort! Ons glo ons mag omdat die guns van die Here ons steeds laat

groei. Ons groei in getalle, begroting, verhoudings, godsbegrip en missionêre gerigtheid.

Getalle:

“Hoe meer siele, hoe meer vreugde”, lui die spreekwoord. Weer eens baie welkom aan al ons nuwe intrekkers,

en baie dankie vir julle wat al langer saam met ons, hier by NG Kerk Bloubergstrand, die Here dien. Hierdie groei

het ons genoop om weer te evalueer wat ons doen, en hoe ons dit voortaan moet doen. Ons het die gemeente se

bydrae gevra, en dankie vir almal wat deelgeneem het. In groot afhanklikheid van die Gees van die Here, verwerk

ons nou die resultate van hierdie proses.

Begroting:

Ons sien dat die tendens in ons gemeente is dat die dankoffers wat op Sondae gegee word daal, maar dat die

maandelikse dankoffers steeds styg. Ons is bevoorreg om een van die slegs 45% van die gemeentes in die Wes-

Kaap te wees wat finansieel met meer as 5% groei. Van hierdie gemeentes is net die helfte binne ons

begrotingsvlak (onder R 2 mil), die res is almal groter. Die groei van getalle plaas natuurlik al meer druk op ons

begroting. Vrae word die hele tyd gevra na nog personeel en/of fasiliteite. Hieroor meer in ‘n latere brief. Baie

dankie dat julle ons as betroubare rentmeesters beskou, met die dankoffers aan ons toevertrou.

Verhoudings:

‘n Gemeente wat groei in getalle, hoef nie skade te ly aan intimiteit nie. Steeds maak ons daarop staat dat dit juis

die onderlinge verhoudinge is wat die gemeente se intieme atmosfeer dra. Kinders van die Here wat oor mekaar

waak en mekaar dien as lede van dieselfde liggaam, is die fondasie van gemeente-wees. Baie dankie vir elke

stukkie uitreik, elke getroue gebed en die liefdevolle manier waarop mense hier ontvang word. Ons sit met

soveel getuienisse van wedersydse omgee.

Ds Thinus Britz Ds Elmarie Wiesner

Tel: 021 554 3266 / 082 603 5508 Tel: 021 554 1277 / 083 276 4944

thinus@ngkbloubergstrand.co.za elmarie@ngkbloubergstrand.co.za

Godsbegrip:

Ons bly in verwondering dat die Jesus wie ons bely as Koning en Verlosser, ondeurgrondelik is. Daar is altyd nog

om te ontdek oor Hom, en Sy betrokkenheid in ons lewens. Dankie vir almal wat die afgelope tyd saam met ons

gereis het deur Hebreërs. Wat ‘n wonderlike voorreg om Hom as ons Hoëpriester te hê. Ons word die hele tyd

bederf deur getuienisse van groei in geloof en insig uit ons sel- en Bybelstudiegroepe. Een van die finalejaarkatkisante

vertel verwonderd na afloop van ons studie van Galasiërs: “Ek het altyd geweet ‘n mens moet glo.

Nou verstaan ek ook dis belangrik WAT jy glo, die inhoud van jou geloof.” Mag ons altyd leergierig bly.

Missionêre gerigtheid:

“’n Gemeente sonder ‘n missionêre hart, kan tog geen gemeente wees nie”, het ons lankal besef. Die Here is vir

ons goed. Hy gee vir ons soveel geleenthede om aan Sy mense die evangelie te bring. Dikwels gaan dit met iets

te ete gepaard. ‘n Hele paar jaar terug reeds het die kerkraad onderneem om ‘n tiende van sy begroting te wy

aan uitreik buite die gemeente. Die basis van so ‘n uitreik-gemeente is natuurlik goeie onderlinge versorging en

‘n liefdevolle uitreik na mekaar. Daarmee is ons, soos ons hierbo geskryf het, reeds geseën. Hierdie uitreik na

verder as net ons eie gemeente-mense is nou ‘n integrale en seënende deel van die gemeente se bestaan. Ons

noem dit die Diensgetuienis-bediening. Kyk gerus op die gemeente se webwerf wat dit alles behels. Baie dankie

aan elkeen wat hiertoe bydra en hiervoor getrou bid.

Om hierdie en ander uitreik aksies te help finansier, vra die gemeente 1 maal per maand ‘n spesiale dankoffer wat

by die spesifieke eredienste by die deure ingesamel word. Hierdie aksies word dan in die gemeentebladjie

bekend gemaak, sodat die bydraers presies kan weet waarvoor die fondse ingesamel word. Verdere pogings om

fondse te genereer hiervoor gebeur deur die jaar. Hiervan is die gholfdag, die geborgde deelname aan die Two

Oceans-marathon en Cape Argus fietstoer, die pretstap en die musiekaande in die kerk goeie voorbeelde.

Tiendemaand dankoffer:

Die meeste van die fondse vir hierdie uitreik-bediening is nog steeds die Tiendemaand dankoffer waartoe ons die

gemeente jaarliks uitdaag. Dit behels dat ons hierdie tyd van die jaar die gemeentelede uitdaag om die gemeente

te bedien met ‘n tiende van ‘n tiende van een maand se inkomste, vir enige van die maande September, Oktober

of November. Dit gaan meer oor ‘n bewusmaking as enige iets anders, maar vir die afgelope paar jaar is dit die

gemeente se derde grootste bron van inkomste. Hierdie inkomste is ook dikwels baie naby aan wat ons moet

begroot vir bogenoemde uitreikaksies. Ons vra dan weer of u ons hiermee sal bedien.

Dit bly ‘n groot voorreg om juis hier die Here saam met julle te dien.

Namens die kerkraad.

Galasiërs 5:6b... “al wat belangrik is, is geloof wat deur liefde tot dade oorgaan.”

Thinus Britz Elmarie Wiesner

Ds Thinus Britz Ds Elmarie Wiesner

Tel: 021 554 3266 / 082 603 5508 Tel: 021 554 1277 / 083 276 4944

thinus@ngkbloubergstrand.co.za elmarie@ngkbloubergstrand.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!