02.05.2013 Views

Geagte Ouer / Voog A rthur U nderhay - Hoërskool Linden

Geagte Ouer / Voog A rthur U nderhay - Hoërskool Linden

Geagte Ouer / Voog A rthur U nderhay - Hoërskool Linden

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Baie welkom terug na die Desembervakansie. Ek glo en vertrou dat u goed uitgerus is en dat 2012 vir u

en u gesin ’n wonderlike jaar sal wees. Toe die personeel verlede week begin het, het ek geweet dat

hierdie ie jaar ’n ongelooflike jaar vir Hoërskool Linden gaan wees. Almal is oorgehaal vir 2012!

Ons is ongelooflik trots op Linden se matrieks van 2011. Linden het dit dan ook reggekry om vir 20 jaar

in ’n ry ’n 100%-slaagsyfer slaagsyfer te hê. Ek wil aan al die onderwysers wysers wat hard werk om dit reg te kry, baie

dankie sê ook aan die personeel van vorige jare wat hierdie visie vir die skool help realiseer het. Ek wil

ook die vorige hoof, mnr. L. van Dyk, gelukwens. Hy kan saam met ons hierdie prestasie vier. Die uitsl uitslae uitsl

sal volledig in die nuusbrief geplaas word.

Aan die nuwe graad 8’s wat by ons aangesluit het, ook baie welkom, asook aan al hulle ouers. Ons is

baie trots om te noem dat ons ’n volle 180 nuwe graad 8’s het. Ek wil aan al die ouers die uitnodiging rig

om die skool te skakel indien daar enige probleme is wat u ondervind. Ons het verlede week reeds die

groentjiekonsert en atletiekuitdunne gehou. Baie dankie vir elke ouer wat die kinders by die skool kom

afhaal en weer gebring het. Dankie, ook vir u betro betrokkenheid kkenheid by die potjiekos. Ek wil u graag aanmoedig

om hierdie betrokkenheid die volgende vyf jaar vol te hou.

Welkom aan die nuwe personeel wat hierdie jaar by ons begin het. (Name en foto’s in hierdie nuusbrief)

Die beheerliggaam en bestuurspan van die skool het onderhoude met hulle gehou en glo my in die

personeel wat aangestel is, het ek die volste vertroue dat hulle die belangrikheid van akademie by

Hoërskool Linden verstaan.

Ek wil volgende week meer inligting oor wiskunde gee wat nou ook in die nuus baie prominent is.

Geniet die week.

Franciska Smit is die vakansie getroud en heet nou Franciska Lintvelt. Baie geluk!

Melanie de Lange (nuwe personeellid) is opgeneem in die netbalspan vir die Afrika-spele wat in Dakar

plaasvind! Baie geluk – dit is voorwaar ‘n groot prestasie!

Baie geluk aan die volgende personeellede wat in Januarie verjaar. Mag dit ‘n wonderlike bederfdag

wees en mag jul ‘n geseënde jaar hê!

1 Sonja Crafford

3 Sakkie Motshego

6 Peter Schutte

25 Nick Wessels

100% slaagsyfer (twintig jaar agtereenvolgend)

100 matrieks behaal altesaam 213 onderskeidings.

87% slaag met universiteitsvrystelling

15 vakgemiddeldes bo 70%

9 Onderskeidings

Louise Krüger

Zadie Becker

8 Onderskeidings

Anéy de Villiers

LeOui Janse van Rensburg

7 Onderskeidings

Wikus Koen

Carien van der Meer

Erica Vermaak

6 Onderskeidings

Roelof Geertsema

Mia Jordaan

Jessica Kahts

Trumari Marais

Chrisanda Schneider

Karmen Vermaak

5 Onderskeidings

Adeline de Villiers

Ruan Oosthuizen

Lindy Prinsloo

Alecia van Aarde

Baie welkom aan die volgende personeel wat by Linden begin skoolhou het. Ons hoop dat julle al tuis

voel en dat julle baie gelukkig by ons sal wees!

Me. Adri Uys : Afrikaans/ Natuurwetenskappe

Me. Benita Strydom : Engels

Me. Christel Carstens : Afrikaans

Mnr. Da Nielle Jordaan : Afrikaans

Mnr. Jaco Booysen : Tegnologie

Me. Mariska Botes : Wiskundige geletterdheid/

Lewensoriëntering/ Wiskunde

Me. Melanie de Lange : Lewensoriëntering

Me. Petra Rocher : Dramatiese Kunste

Me. Susan Keuris : Fisiese Wetenskap

Mnr. Peter Schutte : Lewensoriëntering

Buiten die gr.8’s het daar ook ander nuwe leerders by die Linden-familie aangesluit. Baie welkom – jul is

nou in die beste hoërskool in die land!

Danielle Coetzee HTS Middelburg

Jani Rossouw Hoërskool Randburg

Simone Jones Hoërskool Florida

Marolda Hulley Hoërskool Randburg

Vanessa Tsao Hoërskool Florida

Celeste Pretorius Hoërskool Randburg

Justine Erwin John Vorster

Jomandi Boshoff Hoërskool Fochville

Joanita Boshoff Hoërskool Fochville

Excelda Maree Hoërskool Strand

Jenél Smit Hoërskool Middelburg

Francois Rossouw Hoërskool Randburg

Lamont Kasselman Hoërskool Randburg

Daniel Barnardt Hoërskool Randburg

Zander Woite Voortrekker Hoërskool

Josh Boonzaaier Helpmekaar Kollege

Zack de Lemos Hoërskool Vorentoe

Dillan van Tonder Hoërskool Florida

Louwtjie Jansen v Vuuren Hoërskool Florida

Dian Jonker Bekker

Jonathan Langford HS Die Anker

Jean Rabie HS Kempton Park

Kristin Stephens Helpmekaar Kollege

Damian Piek Helpmekaar Kollege

Victor De Gaulle Helpmekaar Kollege

Brett van Jaarsveld Gill College

’n Vriendelike beroep word op u gedoen om asseblief betrokke te raak by die “My School Card”

kaartsisteem wat vir Hoërskool Linden ‘n ekstra inkomste kan genereer – sonder veel moeite van u kant

af ! Gebruik slegs die kaart met al u aankope by sekere instansies. Omliggende skole kry tot ‘n bedrag

van R12 000 per kwartaal, met slegs die ouers se hulp.

Indien u alreeds in besit is van ’n kaart, maak net seker dat dit in die naam van Hoërskool Linden

geregistreer is. Hier verwys ons veral na ouers wie se jongste kind die laerskool verlaat het. (Laerskole

maak ook van hierdie sisteem gebruik en ’n naamsverandering moet gedoen word; anders trek die

laerskool nog steeds uit u aankope voordeel).

’n Aansoekvorm is op die “School Communicator” beskikbaar. Vul dit asseblief in en e-pos of faks dit

aan my terug. (011-7824565 / linden@linden.co.za )

Met ontvangs van bogemelde kaart/e sal dit onverwyld aan u kind uitgedeel word. Aansoekvorms is ook

op aanvraag beskikbaar.

By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning en samewerking. Hierdie inkomste word beslis op een of

ander wyse weer in u kind se opvoeding teruggeploeg. Aan die einde van die eerste kwartaal word daar

’n “beloning” aan die gesin, wat die meeste aankope op ’n betrokke kaart gedoen het, oorhandig.

Marina Theron

Indien u berigte of advertensies in die nuusbrief wil plaas, kan u dit stuur na maraispc@mweb.co.za. Alle

berigte en advertensies moet my asseblief voor die Woensdag van daardie week bereik.

Kostes aan advertensies is as volg:

Geklassifiseerde advertensie : R75

Besigheidskaartjie: R100

Kwartblad : R200

Halfblad : R300

Volblad : R500

Skakel my gerus – ook as u voorstelle of kommentaar het.

Groete.

Cecilia Marais

083 269 5463

Donderdag 26 SAAL Studiemetodes & Tydsbestuur 08:00 – 09:00

KULTUUR-UUR 14:15

GIMSAAL Kooroefening 18:45 – 21:00

SAAL Toneeloefening 19:00 – 22:00

SKYFSKIET Proewe

Vrydag 27 SAAL CSV – 2de pouse

ATLETIEK Linden Prestige by Herman Immelman 13:00

SEUNSTENNIS A-span @ St. Johns A (tuis)

B-span loslootjie

GHOLF @ KES C, Kind David B, Fourways C,(Weg)

Saterdag 28 SAAL Toneeloefening 15:00 – 18:00

SKYFSKIET GTRA Durban Deep Liga 1

Sondag 29 SAAL Gemeenskapskerk

Maandag 30 LAPA Dramastudio 14:30 – 18:30

SEUNSTENNIS C-span @ Trinity C (weg)

D-span loslootjie

PERSONEELKAMER Gr. 11-ouervergadering 18:30 (matriekafskeid)

Dinsdag 31 GIMSAAL Kooroefening 18:45 – 21:00

FEBRUARIE 2012

SAAL Toneeloefening 19:00 -22:00

SKYFSKIET Proewe

TENNIS Dogterstennisliga

LAPA Dramastudio 14:30 – 18:30

Woensdag 1 ATLETIEK Aflosbyeenkoms by Tukkies 14:15

SKYFSKIET Proewe

KAMER 14 Skaakoefening 14:15 – 15:15

SAAL/GIMSAAL Toneeloudisies 14:15 – 18:00

SAAL Gr. 9-12 Akademiese-prysuitdeling 18:30

LAPA Dramastudio 14:30 – 18:30

Donderdag 2 KULTUURUUR 14:15 – 16:00

SKYFSKIET Proewe

SAAL Toneeloefening 19:00-22:00

GIMSAAL Kooroefening 18:45 – 21:00

SAAL Gr. 8-baadjie-inhuldiging 18:00 – 19:00

NB: Atletiekoefenprogram op “School Communicator” !

DATUM GRAAD 8 & 9 GRAAD 10, 11 & 12

Vry 3 Feb Wiskunde Wiskunde / Wisk Gelett

Don 9 Feb N W Fisiese Wetenskappe

Don 16 Feb Rekeningkunde Lewenswetenskappe

Don 23 Feb English English

Woens 29 Feb Afrikaans Afrikaans

Don 8 Maart E B W Ekonomie

Don 15 Maart M S W Geografie

Don 22 Maart Tegnologie Rekeningkunde

Don 29 Maart K K Ontwerp

Vry 30 Maart Skool Sluit

Dins 10 April Skool heropen - punte na rekenaar

Woens 18 April Akademiese oueraand

NEEM ASSEBLIEF KENNIS DAT VAKKE WAT NIE OP DIE TOETSROOSTER VERSKYN NIE SE

TOETSDATUMS DEUR DIE ONDERWYSERS IN DIE BETROKKE KLASSE GEREËL SAL WORD.

Baie geluk aan die leerders wat deel vorm van ons Akademiese Eerste span. Welgedaan! Sien name

onderaan foto.

VAN LINKS NA REGS:

Nicola Toerien, Tia Wessels, Cormarie Nel, Esmari Maré, Ingrid Dreyer, Nedine Schoeman, Janet

Myburgh, Madelein van Heerden, Willie du Plessis, Louis Loubser, Jacques Liebenberg, Riaan Myburgh,

Marié Griffiths

Ingrid Dreyer en Jacques Pansegrouw van die Hoërskool Linden was onderskeidelik tweede en sesde in

die nasionale Duits-olimpiade vir gr. 10’s wat Duits as Tweede Addisionele Taal neem.

‘n Paar leerlinge van die Hoërskool

Linden is terug op eie bodem nadat

hulle in Desember en Januarie

gaan voel het hoe die Duitsers leef.

Gerhard Marais (gr. 12) en Chané

van den Heever (gr. 11) was

onderskeidelik ses en vier weke

lank by gasfamilies in Duitsland en

het ook daar skoolgegaan.

Hoogtepunte was die interessante

tradisies rondom Kersfees en

Nuwejaar. Dit was lekker dat hulle

vryliker daar as in Suid-Afrika kon

rondbeweeg.

Ingrid Dreyer, Jacques Pansegrouw

Vyftien gr. 10’s en Frau De Lange, Duits-onderwyser by Linden, het twee weke lank by gasfamilies van

hul susterskool, die Landschulheim Schloss Ising, in die skilderagtige omgewing van die Chiem-meer

suid van München gebly. Die koue en sneeu het hulle nie afgeskrik nie. Hulle was op uitstappies na

München, Salzburg en koning Ludwig II se kasteel, Herrenchiemsee. Hulle kon ski,

ysskaats,sneeumanne bou en “snow-tube” en het ook drie dae lank skoolgegaan.

Baie dankie en geluk aan me. Jenilee Axsel, Werner Bekker en Kevin Crause wat hierdie jaar

verantwoordelik is vir die begeleiding en sang in die saal.

Me. Jenilee Axsel, Werner Bekker, Kevin Crause

Die gr. 8-leerders het Saterdag, 21 Januarie aan

uitdunne deelgeneem vir die atletiekseisoen wat

voorlê. Leerders het aan 8 items deelgeneem

nl.100 m hekkies, 600m hs, vs, gs, diskus en

spiesgooi. Almal is in 8 groepe gedeel en het

aan al die items deelgeneem. Na afloop van die

uitdunne het die afrigters byeengekom en die

beste 3 in elke item gekies. Hierdie atlete vorm

nou deel van die atletiek-oefengroep. Goeie

prestasies is gelewer en ons is opgewonde oor

die atletiektalent onder ons gr.8’s. Hulle gaan ‘n

positiewe bydrae lewer tot Hoërskool Linden se

atletiekuitslae.

Na afloop van die uitdunne het ouers,

onderswysers, beheerliggaam en leerders mekaar

leer ken tydens ‘n potjieskos-geselligheid.

Ons wil graag vasstel of die volgende ruiters steeds verbonde is aan SANESA en aktief kompeteer in die

SANESA interskole-liga.

1. Abri Bezuidenhout (Gr. 11)

2. Elicia Venter (Gr. 10)

3. Anika Prinsloo (Gr. 10)

4. Brigitte Snyman (Gr. 8)

5. Jacques Els (Gr. 8)

Ons is nuwe ouers en leerders by Linden en wil kyk of ons 'n verteenwoordiger vir die skool kan

registreer by SANESA om sodoende ouers en ruiters op hoogte te hou met die nodige nuus en inligting.

Kontak asseblief vir Karin Snyman, 083 289 9773 of henningkaren@iafrica.com

Riekert Koen het by die Gauteng-Skermtoekenningsaand die volgende toekennings vir 2011ontvang.

Hy het Gauteng-kleure verower in: 1] Cadet u.17 – Mens Epee

2] Cadet u.17 – Mens Foil

3] Junior Mens Epee

4] Junior Mens Foil

5] Junior Mens Sabre

Hy het verder toekennings in die volgende afdelings ontvang:

1] Gauteng Closed Champion for Junior Mens Sabre - 2011

2] Gauteng Closed Champion for Junior Mens Foil – 2011

Hy het ook die volgende wisseltrofeë ontvang:

1] Beste o.17 – Foil -skermer vir 2011

2] Beste o.17 – Epee-skermer vir 2011

Vir die beste skermer in Gauteng het hy die volgende trofeë ontvang:

1] Top ranked fencer 2011 in Cadet Mens Epee

2] Top ranked fencer 2011 in Cadet Mens Foil

3] Top ranked fencer 2011 in Junior Mens Foil

4] Top ranked fencer Junior Mens Sabre

Riekert Koen is in Desember 2011 verkies tot die SA Span vir skerm vir 2011/2012

1] Hy is gekies om deel te neem aan die “African Fencing Competition” vanaf 25/12/2012 -

31/12/2012, in Algiers. Ons het hom nie gestuur nie as gevolg van die onluste in die area en omdat dit

Kersfees was.

2] Hy is ook gekies om aan die Junior Commonwealth Games wat vanaf 10/2/2012 – 16/2/2012

plaasvind, deel te neem. Hy gaan in al drie die wapens vir die SA-span deelneem.

3] Hy is ook gekies om aan die Wêreldkampioenskappe in Moscow deel te neem, wat gehou

gaan word vanaf die 27/3/2012 – 5/4/2012.

Baie geluk Riekert! Wat ‘n klomp besondere prestasies! Ons is trots op jou!

20 Jan. Linden, Parktown, St John’s, Aurora by Randpark-gholfklub

27 Jan. KES C, King David B, Fourways C, Linden

3 Feb. Fourways C, Silver Oaks, Linden, Parktown B

10 Feb. King David B, Dainfern B, Silver Oaks, Linden

17 Feb. Redhill, Dainfern B, Linden, Aurora

24 Feb. St Dunstan’s C, KES C, Linden , St John’s

2 Maart Parktown B, Jeppe, Dainfern B, Linden

9 Maart Linden, Redhill, St Dunstan’s C, Fourways C by Randpark-gholfklub

16 Maart Linden, Jeppe, KES C, Dainfern B by Randpark-gholfklub

• Skool se naam wat eerste geskryf is, reël die baan.

Verspring en

Driesprong

ITEM AFRIGTER DAG TYD

Hoogspring Calvin Maelongwie

Melanie de Lange

Gewigstoot en

Diskus

Emmarié Fouché Maandag

Dinsdag

Woensdag

Liezel vd Berg (Voog)

Eben Vermaas en Jaco

Booysen

Morné Oosthuizen (Voog)

Donderdag

Maandag tot

Donderdag

Maandag

Dinsdag

Woensdag

Donderdag

Langafstande Francois Vosloo Maandag –

Woensdag

Naellope en

Hekkies

Franciska Lintvelt

Peter Schutte

400 m Morné Oosthuizen

Christel Carstens

Spiesgooi Mariska Botes

Susan Keuris

Aflos Emmarié Fouché

Morné Oosthuizen en alle

afrigters

Wegspring

Franciska Lintvelt en Marietjie

Annandale

Eerste oorgee

Peter Schutte

Tweede Oorgee

Jaco Booysen

Derde Oorgee

Mariska Botes en Melanie de

Lange

Saterdag

Maandag

Dinsdag

Woensdag

Donderdag

Maandag tot

Donderdag

Maandag tot

Donderdag

Maandag

Woensdag

• Organiseerder – Mnr. Francois Vosloo

• Spanbestuurders – Me. Franciska Lintvelt en Marietjie Annandale

• Tegniese bestuurders – Mnre. Peter Schutte en Da Nielle Jordaan

14:30 – 15:30

16:00 – 17:00 UJ

14:30 – 15:30

16:00 – 17:00 UJ

14:30 – 15:30

15:30 – 17:00

14:30 – 15:30

15:30 – 17:00

14:30 – 15:30

14:30 – 16:00

08:00 – 09:00

15:00 – 16:00

14:30 – 15:30

15:00 – 16:00

14:30 – 15:30

14:30 – 15:30

14:30 – 15:30

07:00 – 08:00

06:30 – 07:30

Byeenkomste

• 27 Januarie by Herman Immelman-stadion aangebied deur H/S Marais Viljoen

• 3 Februarie by Universiteit van Johannesburg aangebied deur H/S Bastion

• 10 Februarie by Universiteit van Johannesburg aangebied deur H/S Linden

• 18 Februarie by Sasolburg aangebied deur H/S Driehoek

• 1 Maart Interhoër by Herman Immelman-stadion aangebied deur Benoni High

Die skool sluit Vrydag, 27 Januarie om 13:00 vir alle leerders. Atlete vertrek reeds 12:45 met bussies na

die stadion vir die atletiekbyeenkoms.

Sterkte aan al ons atlete!

()*+(,-)*((,(./,0/,+*1230*10

()*+(,-)*((,(./,0/,+*1230*10

Net ‘n woord van dank aan al ons onderwysers wat die afgelope paar weke so hard gewerk het om ons

graad 8’s tuis te laat voel. Die kamp, atletiek, potjiekosdag, die uitgewerkte program het net gewys dat

julle 110% gee. Elke geleentheid was puik georganiseer en fyn afgerond en ons kon sien dat daar ure se

werk in is.

Baie dankie vir die passie en entoesiasme waarmee julle ons skool en ons kinders dien. Ons waardeer

dit en sien dit raak. Julle is ‘n span duisend!

Baie, baie dankie!

‘n Ouer

Saamrygeleentheid

Saamrygeleentheid vanaf Allensnek/Weltevredenpark, vir 4 leerders. Skakel

Marina by 0823596929.

EKSTRA WISKUNDE

LESSE

GRAAD: 8 ~ 12.

EK BIED OOK GESPESIALISEERDE HULP

AAN leerlinge wat ‘n ‘A’ simbool wil behaal

of wil behou

Twee hersiening sessies van 2 ure elk

sal gedurende die eksamen, net voor

die wiskunde vraestelle, beskikbaar

wees aan leerlinge wat belangstel.

SKAKEL: A.Taljaard

By 082 4504256

ART CLASSES

By renowned artist and

experienced teacher

AMANDA ELLIS

B.A.(ART), B.A. FINE ART,

ADVANCED DIPLOMAIN FINE

ART, HIGHER DIPLOMA IN

EDUCATION P.G (SECONDARY)

U.C.T.

All welcome : 011 782 1686 /

072 179 6574

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!