08.09.2013 Views

16 Mei 2013 - Hoërskool Linden

16 Mei 2013 - Hoërskool Linden

16 Mei 2013 - Hoërskool Linden

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Uit die waarnemende hoof se kantoor

Dit is met groot opgewondenheid dat ek hierdie week se nuusbrief begin! Ons het ’n ongelooflike groot

volume gr. 8-inskrywings vir 2014 alreeds ontvang. My dank aan al my leerkragte, leerders en ouers wat

elk waardevolle insette gelewer het met betrekking tot bogenoemde suksesverhaal.

Baie dankie vir die afgelope week se harde werk en prestasies op sport-, kultuur-, akademiese, sosiale

en leierskapgebied. Elke rolspeler se insette word waardeer en maak dit moontlik vir Hoërskool Linden

om as voorloper op hierdie gebied voort te bou.

Sterkte met die week se aktiwiteite – veral op akademiese gebied – waar die belangrike Junie-eksamen

om die draai is. Ek hoop elke leerder het alreeds die eksamenrooster bestudeer en begin gebruik in hul

beplanning vir die komende eksamen.

Geniet die res van die week.

S. ROODMAN

VERJAARSDAE

Baie geluk met die volgende personeellede wat hierdie week verjaar. Ons bid julle Gods rykste seën vir

hierdie lewensjaar toe.

16 Mei Annalene Amtsbuchler

20 Mei Annabeth Marshall

20 Mei Shadrack Mamphwe

Uitgawe 15/2013

16 Mei 2013

WEEKPROGRAM

Donderdag 16 Verjaardag: Annalene Amtsbuchler

Vrydag 17

TOETS Gr.8-9 MSW, Gr.10-12 FIS. WET.

GIMSAAL Skyfskiet 14:15 – 17:00

GIMSAAL Dansmeisies 17:00 – 20:00

SAAL Koor 19:00 – 21:00

HOKKIE-OEFENING o.14A, o.15B, o.16A dogters + 0.16 seuns 14:30 – 15:30

o.15A dogters 15:30 – 16:30

(seuns + dogters)

1ste + 2de dogters 16:30 – 17:30

RUGBY-OEFENING o.14 span 14:15 – 16:00

o.15 span 15:45 – 17:15

o.16 span 14:15 – 16:00

Oop spanne 15:45 – 17:15

RESTAURANT Rekordeksamen prakties (gr.12-Gasvryheidstudies)

begin 14:00

SEUNSTENNIS Oefening 14:15 – 15:30

PERSONEELKAMER Matriekafskeidvergadering 2014 18:00

SEUNSHOKKIE Wedstryd teen King’s School verskuif na 23 Mei

NETBAL Randburg vs Linden (weg)

14:30 o.16A, o.14B, o.16B

15:05 o.14A, o.15A, o.14C

15:40 o.17A, o.15B, o.15C

16:15 1ste span

SAAL CSV : 2de pouse

REDENAARS ATKV-redenaars semi-finaal

SEUNSTENNIS St Stithians vs Linden (weg) 14:15

DETENSIE 13:45 – 17:00

SAAL/GIMSAAL

SEUNSHOKKIE

HERFSKONSERT 17:00 – 20:30 Gert Potgieter

Aitken & Boden Toernooi

o.15 Boden B–toernooi by Jeppe Boys High Astro

1ste span Aitken C-toernooi by St. Davids en Wanderers Astro

Bussies word gereël vir Vrydag en Saterdag, maar NIE vir Sondag nie, spelers

maak van eie vervoer gebruik.

PERSONEELKAMER Gr.8-graadvergadering

UITSTAPPIE Ukunaka na Randburg DBV

Saterdag 18 SKYFSKIET DD/GTRA – Durban Deep

NETBAL Gauteng netbalproewe o.14, o.15, o.16, EG Jansen

RUGBY Loslootjie

SEUNSHOKKIE

Aitken & Boden Toernooi

o.15 Boden B–toernooi by Jeppe Boys High Astro

1ste span Aitken C-toernooi by St. Davids en Wanderers Astro

Bussies word gereël vir Vrydag en Saterdag, maar NIE vir Sondag nie, spelers

KOORFEES Menlopark

maak van eie vervoer gebruik.

SAAL Musiekblyspeloefening 13:30 – 16:30

Sondag 19 SAAL Gemeenskapskerk

SEUNSHOKKIE

Aitken & Boden Toernooi

o.15 Boden B–toernooi by Jeppe Boys High Astro

1ste-span Aitken C-toernooi by St. Davids en Wanderers Astro

Bussies word gereël vir Vrydag en Saterdag, maar NIE vir Sondag nie, spelers

maak van eie vervoer gebruik.

Maandag 20 Verjaardag: Annabeth Marshall en Shadrack Mamphwe

GIMSAAL Skyfskiet 14:15 – 17:00

SAAL Tienertoneeloefening 17:00 – 21:00

KAMER 28 Wêreldkennis olimpiade : 14:00 – 15:15 (R15)

HOKKIE-OEFENING

(seuns en dogters)

RUGBY-OEFENING

Sien “communicator”

o.14 span 14:15 – 16:00

o.15 span 15:45 – 17:15

o.16 span 14:15 – 16:00

Oop spanne 15:45 – 17:15

Dinsdag 21 GIMSAAL Skyfskiet 14:15 – 17:00

SAAL Musiekblyspeloefening 18:00 – 21:00

PERSONEELKAMER Fin verg

OLIMPIADE Afrikaans Snr Olimpiade 14:00 – 17:00

HOKKIE-OEFENING

(dogters & seuns)

RUGBY-OEFENING

Sien “communicator”

o.14 span 14:15 – 16:00

0.15 15:45 – 17:15

o.16 14:15 – 16:00

Oop spanne 15:45 – 17:15

KOOROEFENING 19:00 – 21:00, NG Linden 5de straat

Woensdag 22 GIMSAAL Skyfskiet 14:15 – 16:30

KULTUUR-UUR 14:15 – 15:30

KAMER 14 Skaak 14:15 – 15:30

GIMSAAL Glee Club 17:00 – 20:00

SAAL Tienertoneelofening 17:00 – 21:00

HOKKIE-OEFENING

(seuns & dogters)

Sien “communicator”

RUGBY-OEFENING o.16 14:15 – 16:00

Oop spanne 14:15 – 16:00

BALLADE VAN ‘N BANGGAT

Oud en jonk, Wind-, Hard-, Slap- of BANGGAT - hierdie show kan jy nie misloop nie.

TOBIE CRONJE kom vermaak ons met BALLADE VAN 'N BANGGAT, die opvolg van Annale van 'n

Windgat.

Kom geniet die première saam met ons.

Datum: Maandag 27 Mei 2013

Plek: Linden Höerskool

Tyd: 19:00

Sjerrie en pannekoek te koop

Kaartjie prys: R100

Kaartjie verkope: Alicia 011 888 1433

SIEN JULLE DAAR

NEA NASIONALE PRYSUITDELING

Bianca Cronjé behaal die volgende prestasies by die NEA Nasionale prysuitdeling:

National Senior top 10 Crossover Music - 5de

National Senior top 10 Contemporary Music - 7de

Baie geluk Bianca!

ATKV-REDENAARS

Baie geluk aan Lume Botha, gr 8 en Suzanne van de Venter, gr 9 wat deurgedring het na die nasionale

semi-finale rondte van die ATKV- redenaarskompetisie.

Die semi-finale rondte is Vrydag 17 Mei by Helpmekaar Kollege. Baie sterkte julle twee.

VERKENNERS JUBEL…. ...IN 2013

Die Verkenners Jubel oor die geskiedenis!

Vrede en protes ....klink nogal na antonieme van mekaar...maar

is dit werklik?

Saterdag 13 April het verskeie verkenners van Unika

Kommando vir ‘n wyle in Gandhi se voetspore gestap...of soms

ook gery.

Die Kommando het vir hulle verkenners ‘n stadsmars, met die

hoof doel om praktiese kaartwerk- en navigasie-vaardighede

aan te leer, aangebied in en om die middestad van

Johannesburg met leidrade by strategiese punte waar hulle meer kon leer oor die lewe van Gandhi en sy

rol in nie net die Suid-Afrikaanse geskiedenis nie, maar ook internasionaal.

Van die plekke wat die verkenners moes “opspoor” was Museum Africa, Die Fort, asook die ou

gevangenis en selblok 4 op Hospitaal-heuwel, Braamfontein-begraafplaas, waar hulle ook die graf van

Enoch Sontonga (skrywer van die eerste vers van Nkosi Sikelela i’Afrika) gesien het, Gandhi- plein, en

die Sterrewag (hier is ‘n klipstapel-monument opgerig ter nagedagtenis van Hindu’s, Sikhs, Christene,

Moslems en ander lede van die Indiese vrywilligerskorps wat tydens die Anglo Boere-oorlog hulle

lewens afgelê het.

Staptog in die Magaliesberg

Elf gr 9-verkenners en 'n paar ouers van Unika

Voortrekkers het die Magaliesberg aangepak

saam met die Bergklim-klub van SA (BKSA).

27 en 28 April, wat 'n koue en nat naweek

moes weet, het uitgedraai in 'n droë sonskyn

naweek.

Na fyn beplanning van wat gepak moet word

en wat moet bly, is die Leeuspan van Unika

Voortrekkers se rugsakke gepak en reg vir die

staptog na die Dome-poele. 5km berg-op en

berg-af, deur yskoue waterstroompies, deur

grasvelde en oor 'n magdom rotes, het ons by

ons oornag-kampplek aangekom.

Die kinders was verantwoordelik om hulle eie

kos te maak. Let wel geen vure mag gemaak word nie dus is die gasstofies uitgehaal en 'n hele paar

“gourmet” disse is voorgesit.

Die staptog tot by die kampplek kon binne 2 ure afgehandel wees maar die poele en gly-rotse moes eers

op die proef gestel word. Laatmiddag het ons bietjie gaan stap om die omgewing te verken en 'n

uitkykpunt te besoek.

Vroeg Sondagoggend, na stiltetyd in die natuur, was dit tyd om die tog terug aan te pak. So kuier-kuier al

langs die rivier, besoek ons 'n springgat en baljaar weer in die water, gly teen die natuurlike glybane af

en raak een met die skepping. Ons Jubel......

Gemeenskapsdiens

Saterdag 11 Mei het San Salvador-tehuis vir gestremde vroue

hul weefwerk- uitverkoping gehad. Die gr 8-dogters (Eekhorings)

het met hulle helpende hande take gaan verrig om die dag

suksesvol te maak.

Ons spog!

Baie geluk aan Cormari Nel, Kommando-jeugleier van Unika

Kommando, wat Saterdag verkies is op die Gebiedsjeugraad van Transvaal! Sterkte vir jou termyn

Cormari.

Wat lê vir ons Verkenners voor?

17 Mei - Bloedskenk en fliekaand

18 Mei - Die Kruin GGA

24 – 26 Mei – Oord Goudrand GGA

21 - 29 Junie 2013 – Seejol

Klink dit vir jou lekker? Wil jy deel word van die Voortrekkers?

Gaan kyk na ons nuwe webwerf: www.unikavories.org.za

Kontak: Chaleen Strydom

082 494 8847 of E-pos: chaleen@vodamail.co.za

SKERM

Riekert Koen het deelgeneem aan Kwazulu-Natal se Ope Skermkampioenskappe

Hy behaal ‘n silwer medalje in Sabre o.20.

Baie geluk Riekert.

RUGBY

Linden vs Riebeeckrand

o.14A verloor 17 - 0

o.15A wen 24 - 3

o.16A wen 62 - 6

2de span speel gelykop 15 elk

1ste span wen 33 - 15

Baie geluk aan hierdie spanne.

ADVERTENSIES

Intensiewe Wiskunde Werksessies

Gr 11/12 Wiskunde en Wiskunde Vraestel 3.

Intensiewe 1 tot 1 werksessies.

Tydens die Junie- Julievakansie.

In die gerief van jou eie huis.

R100 per uur.

Ideaal vir rekord- en eindeksamen voorbereiding.

Kontak:

Sarah Keartland (Oud-Lindeniet/B.Sc-student by Wits)

072 419 7037 / (011) 477 4974

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!