03.05.2013 Views

Intimiteit met God - Kanaan Ministries

Intimiteit met God - Kanaan Ministries

Intimiteit met God - Kanaan Ministries

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die vlak van jou intimiteit met iemand kan

altyd gemeet word aan die vlak van jou

verhouding met daardie persoon.

Hoe nader jou hart aan iemand is, hoe meer intiem

ken jy daardie persoon en hoe veiliger voel jy in

daardie intimiteit en om te deel met daardie

persoon.

Wanneer jy jou innerlike/geheime wêreld

met iemand deel, sal dit iemand wees by wie

jy:

• Veilig voel en vertrou.

• Hou daarvan om daar te wees – jy wil

daar wees.

• Gemaklik voel om van jouself te gee.

• Oop is om te luister na daardie

persoon.

• Maklik daardie persoon se raad en

bydrae in jou lewe kan ontvang.

• ‘n Groeiende passie ervaar om daardie

persoon te dien.

Hoe is jou spesiale tye met God?

(Ons praat nie hier bloot van Bybellees en gebed =

stiltetye nie).

• Vertrou jy Hom?

• Is dit vir jou lekker om alleen met Hom te

wees? Wil jy GRAAG by Hom wees?

2

• Praat jy maklik?

• Is jy oop om na Hom te luister?

• Hoor jy Hom?

• Ontvang jy Sy advies/bydrae in jou

lewe?

• Het jy ‘n passie om Hom te dien?

• En ander te dien?

Dikwels kom ons na Hom as ‘n priester, profeet,

pastoor, intersessor, evangelis, dienaar of

administrateur, maar ten einde intimiteit te kan

ervaar, kan ons nie bloot ‘n amp vervul nie.

Weereens het ons nodig om ons priesterlike

bediening en priesterlike hart te herontdek.

Indien jy Hom nie ken as een van Sy

geheiligde priesters nie, sal dit onmoontlik

wees om Sy aangesig te soek in enige van die

ander ampte.

Eksodus 19:5-6:

5” As julle dan nou terdeë na my stem luister en

my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die

volke wees, want die hele aarde is myne.

6 En júlle sal vir My ’n koninkryk van priesters

en ’n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy

aan die kinders van Israel moet meedeel.”

3

Dit is hierdie selfde passie waarvan Petrus praat in

1 Petrus 2:9:

9 ”Maar julle is ’n uitverkore geslag, ’n

koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk

as eiendom verkry, om te verkondig die deugde

van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot

sy wonderbare lig,...”

Hierdie koninklike, heilige priesterdom is tot

ons beskikking deur Christus Jesus.

Beskikbaar gestel – maar dit moet tot ons kom

deur Heilige Gees openbaring!

Tot ons God – sal ons ‘n heilige priesterdom wees

– tot Hom alleen.

Onthou:

• Ons is teen ‘n prys gekoop.

• Almal van ons behoort aan Hom, aan

Christus.

• Elke deeltjie van jou wese is reeds voor

betaal.

4

Daarom:

Moet ons in ons eie aansien herstel word as

God se eie priester.

Sonder visie sal ons sterwe ...

Selfs die woord “priesterskap” bring ‘n reaksie in

ons van, “Dit is Ou Testamenties”, so asof dit ons

roep tot iets soos Roomse Katolisisme.

Ons voel gemakliker om onsself te sien as

enigiets en alles, behalwe ‘n priester:

• Ons sien onsself as God se kinders – ‘n seun

of dogter van God.

• Ons sien onsself as gelowiges, profete,

evangeliste, predikers, leraars, intersessors

• Enigiets behalwe ‘n priester.

Daar is ‘n wanopvatting dat die priesterskap slegs

vir die Ou Testament is. As gevolg hiervan,

verwerp ons in ons gees om priester te wees,

MAAR ...

Ons wonderlike Messias sit en heers as ‘n

Priester!

5

Sagaria 6:11-15

11 ”...neem dan aan silwer en goud, en maak ’n

kroon en sit dit op die hoof van Josua, die seun van

Jósadak, die hoëpriester,

12 en sê vir hom dít: So spreek die HERE van die

leërskare: Kyk, daar kom ’n Man wie se Naam is

Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die

tempel van die HERE bou.

13 Ja, Hý sal die tempel van die HERE bou, en Hý

sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon;

ook sal Hy ’n priester wees op sy troon, en

die raad van vrede sal tussen hulle twee

bestaan.”

Onderwerping en outoriteit!

• Selfs Paulus het homself gesien as ‘n

priester (Rom 15:15)

• Dawid het homself gesien as ‘n priester –

deur van die voedsel in die tempel te neem

wat aan die priesters toegesê was.

• Jesus was ‘n Priester volgens die Orde van

Melgisedek (Heb 6:19-20; 7:20-21).

Ons is almal geroep tot hierdie wonderlike

amp van priesterskap – 1 Pet 2:9

Wat was die passie van God se priesters (soos

gesien in die Ou Testament?)

6

• Die priesters is slegs twee weke per

jaar in die allerheiligste toegelaat – om

God te bedien.

• Die hele jaar deur, regdeur hul lewe,

het gesentreer rondom bediening van

die Here gedurende hierdie twee

weke.

Wat het plaasgevind tydens daardie soort

priesterlike diens? (Heb 9).

• Slegs die hoëpriester was een keer per

jaar toegelaat in die Allerheiligste, tydens

Joom Kippoer, d.w.s. gedurende Sept/Okt.

• Die Ark van die Verbond was daar binne –

hy alleen kon in God se Heilige

Teenwoordigheid ingaan.

• Slegs priesters was binne die

Binne/Heilige voorhof toegelaat ; hulle

was uitsluitlik manlik.

• Voorhof: Slegs mans van die res van die

stamme en die Leviete jonger as 30,

was daar toegelaat.

• Hof van die heidene: Daar kon die

vroue en kinders inkom.

MAAR toe is die voorhangsel geskeur – Heb 9

– ‘n weg is gebaan deur die tweede voorhangsel.

7

Daar is vir ons ‘n plek gemaak in die Allerheiligste

deur ‘n voorhangsel van:

• 60 voet hoog

• 60 voet breed

• 5 voet dik!

• 30 000 pond

• Jy hoef nie meer gebore te wees uit ‘n

priesterlike bloedlyn nie.

• Jy hoef nie langer eksklusief te behoort

aan een deel van God se volk nie.

• Jy kan beweeg vanaf die voorhof na die

binnehof.

• Dit was nie langer eksklusief vir die

manlike bevolking nie, hallelujah!!

Sien God se hartklop vir die binnehof:

• In Esegiël 44:15-18 word die woord “My” 10

keer deur Hom gebruik!

• God is besitlik oor Sy priesterskap.

• God hou daarvan wanneer Sy priesters

bloot vreugde daaruit put om HOM te

bedien.

• Dit is die priesterlike passie – hul hele jaar

is daaraan gewy om uit te sien en hul harte

voor te berei vir daardie tyd van binnehofbediening,

wanneer hulle moes fokus en

Hom alleen moes bedien.

8

Is dit jou passie?

Jou grootste vreugde? OF

Soek jy vir ‘n tintelende sensasie?

‘n Antwoord op ‘n groot gebed?

Om onder die salwing te kom is God se genade

aan ons, maar om onder die salwing te bly, is ons

intieme ontvangs en teruggee van Sy liefde en

genade.

Jy kan dit vergelyk met die realiteit van die

huwelik: Jy bly nie voortdurend in die plek van

fisieke intimiteit nie, maar indien jul harte verenig

is en julle eenders dink, kan julle bly binne die

atmosfeer van sekuriteit van volgehoue intimiteit

van verhouding – altyd. Dit is die verskil tussen

“getroud te wees” of “’n huwelik te hê”. Iemand

het gesê: “Hu-we-lik = Hier wil ek wees.”)

Ons het ons priesterlike passie om die Here

ons God lief te hê met ons hele hart, ons hele

siel en al ons krag, verloor. Ons het dit wel

verloor, maar God is besig om dit te herstel –

hallelujah!

In die Binnehof:

• Daar is hulle geklee in linneklere (‘n

teken van geregtigheid).

• Geen wol nie – andersins sou hulle

sweet (teken van die vlees).

9

• Hy het bedoel dat hul mees gemaklike

posisie sou wees om die Here te dien

(geen selfpoging, maar rus in Sy

Teenwoordigheid).

• Daar dien jy slegs die Here.

• Jy is weg van mense en hul behoeftes,

hul goedkeuring, openbare diens.

In die Ou Verbond: As hulle uitgegaan het na

die volk toe, het hulle hul klere neergelê om

nie heiligheid oor te dra deur hul

kledingstukke nie.

In die Nuwe Verbond: Sê Hy ons moet nooit

ons kledingstukke aflê nie – “nou”, sê God,

“dra My Heiligheid oor”. Ons kan nie heiligheid

gee nie, maar deur Sy Heilige Teenwoordigheid oor

te dra deur in Hom te WEES, kan ons die vrees van

die Here oordra!!!! Om terug te kom.

Daar is ‘n verskil tussen Voorhof-bediening

en Binnehof-bediening. God begeer om die

Binnehof-Bediening te restoureer.

Baie van dit wat op die oomblik binne die

Liggaam plaasvind, is Voorhof Bediening!!!

Die voorhof is deel van God se huis – ‘n

nodige en Godgegewe deel, MAAR baie

dikwels is ons passie en missie gebore daar

waar die behoeftes van die mense is, i.p.v.

om gelei en openbaar te word deur die Here.

10

Daar in die voorhof, word dié wie die mense

dien, uitgebrand! Die maklikste weg uit, is om

terug te keer na die Here - weg van die

mense!

NB: In plaas van die Here te bedien, bedien

ons die mense. Wanneer dit gebeur, val

gesinne uitmekaar, kinders is rebels, ens.

Is jy moeg?

• Vra jouself – hoe lyk jou tyd met die Here?

• As ons eers hierdie priesterlike passie

verloor het, word alle ander dinge

nutteloos, omdat ons nie God se salwing

daarop het nie.

Ons DOEN dinge i.p.v. om soos HY te

WORD!!!

Die lieflikheid van die binnehof is dat ons meer

soos Jesus word.

Wat ‘n groot verskil vanaf dinge DOEN vir Hom,

(voorhof) na dinge DOEN in Hom (binnehof.)

Die VOORHOF is gebaseer op doen = ons

klem vandag is om dinge te doen in die

bediening.

11

“Wat is jou bediening?” Mense wil weet. Wat

hulle eintlik wil weet, is – wat doen jy daar in die

voorhof waar die mense is?

Hul siening van bediening is gebaseer in

terme van Voorhof denke:

• Wat doen jy in terme van Christelike diens?

• Dit is waaraan ons gemeet en geweeg

word.

• NB: Daar is gewoonlik baie min salwing

daarop – hulle mag dalk baie goed doen,

maar die grootste vyand van God se

maksimum is altyd iets wat baie goed

lyk.

Oswald Chambers sê, God se konsep van

diens is nooit in wat ons doen nie, maar in

wat ons word!!!

Daar is so baie mense wat dinge doen ... daar is

niks daarmee verkeerd om dinge te doen nie,

maar ons het ons intimiteit verloor!

Intimiteit is ‘n plek IN Hom waar jy WORD

wat jy alreeds in Hom is.

12

Wanneer priesterskap eers werklik herstel is

en ons terugkom in die volle passie as God se

priester, dan doen God dít wat te doene is,

deur ons!

En daar is ‘n groot verskil tussen ‘wanneer

ons dinge doen’, en ‘wanneer God dit deur

ons doen’.

Handelinge 1:8

8”... maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige

Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in

Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría

en tot aan die uiterste van die aarde.”

Jesus het nie “doen” as eerste prioriteit

geplaas nie, maar om te WEES!!!

Die enigste ding wat groter is as om reg te doen, is

om reg te wees!!!

Ons is vasgevang in doen ... MAAR

Dikwels wil God nie hê dat ons iets anders moet

doen as om te lees en te bid en nader aan Hom te

kom nie! Dit dan, is om alles te doen! En vanuit

daardie plek word God se bestemming dan vir

ons gebore.

Die hele Koninkryk is algeheel priesterlik en God is

besig om Sy priesters tot Homself te keer – jy is

een van Sy priesters!!!

13

God beveel Sy seën op Sy priesters.

Volgens die Bybel is die mees betekenisvolle

verteenwoordiging van olie, priesterskap:

• Hulle moes olie meng met alles wat

hulle gedoen het.

• Dit was die salfolie van Ps 133

• Die olie is op God se priester

uitgegooi.

• Dit is waar die seën neerdaal.

Hoe meer ons verenig word met Christus,

hoe meer kom die seën! Ons kyk dikwels na

die “seëning”, terwyl dit al die tyd in die

Vader se hande is!

In die gelykenis van die tien maagde is dit wat

die meeste op die voorgrond is, die olie:

• Dit spreek van God se priesterskap.

• Elke maagd wat bloedgewas is, het ‘n

geleentheid om daardie priesterskap te

beoefen.

• Ons redding in Jesus is die toegang na God

se Koninklike verbond.

Ons moet daardie wonderlike redding uitwerk wat

God ingewerk het.

Fillippense 2:12 – “...werk julle eie heil uit met

vrees en bewing;”

14

Miga 6:8

8 ”Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is;

en wat vra die HERE van jou anders as om reg te

doen en liefde te betrag en ootmoedig te

wandel met jou God?”

Dit is uiters noodsaaklik dat ons dit verstaan.

Vyf wyse maagde

• Vyf van hierdie maagde was so

verstandig en versigtig.

• Hulle was geoefen in hul priesterskap.

• Hulle het beweeg vanaf die

eenvoudige menigte wat Jesus gevolg

het, tot gedissiplineerde en radikale

liefhebbers van Hom.

Daar is ‘n groot skeiding tussen die menigte wat

Jesus volg, en Sy dissipels.

Daar is allerhande soorte maagde in die menigte

wat Jesus volg:

• Mense wat die Here opreg liefhet, maar

hul lewens is nie gedissiplineerd nie,

TERWYL ...

• Sy dissipels diegene is wie Hy gedurig

na Homself roep en met wie Hy praat,

omdat hulle ‘n oor het om te hoor.

15

Hoe meer gedissiplineerd ons is in die dinge

van die Gees, hoe meer sal ons onsself begin

beklee in priesterlike klere. Ons begin sien

wat die vreugde in die priesterlike erfenis is.

Alle gewilde leringe in die Liggaam vandag is

priesterlik, bv.:

• Intersessie en gebed is die brand van die

reukoffer.

• Persoonlike aanbidding van die Here.

• Lofprysing en Aanbidding.

• Dra die Ark van God se Teenwoordigheid.

Alles wat ons vandag ontvang, is priesterlik, maar

ons het nie die priesterlike openbaring nie!

In plaas daarvan, word ons só meegevoer met net

een deel van die priesterskap. God wil hê dat ons

‘n openbaring ontvang van die héle prentjie:

• Oor persoonlike bediening aan die Here.

• Die ‘staan in die gaping’ vir die verlorenes,

selfs vir die kerk.

• Dit is om uit te kom by ‘n plek van identiteit

– net soos Jesus gedoen het.

• Dit beteken die binnegaan met lofprysing en

aanbidding.

• Om jouself te gee en om God lief te hê in

daardie dimensie.

• Dit beteken om die Verbond van Sy

Teenwoordigheid oral saam met jou te

neem.

16

• Die sensitiwiteit om nie Sy Heilige Gees te

bedroef nie, ens.

Vyf dwase maagde

• Vyf van die maagde was dwaas.

• Hulle het nie genoeg olie gehad nie.

• Dit is interessant dat die verstandige

maagde aan hulle gesê het, “ons kan dit

nie vir julle gee nie ... julle moet

teruggaan na die handelaar ...”

Geliefdes, nie ek of enigiemand anders kan

aan jou priesterskap gee nie – dit is God se

eie besitting ... jy moet teruggaan na die

Vader, die Seun en die Heilige Gees – want

dit is waar dit vandaan kom ... HY is die

Handelaar.

GEEN mens kan aan jou priesterskap gee nie

– dit is God se eie, goedbewaarde besitting!

LET WEL: Sommige sal die Huweliksfees van die

Lam in hierdie millenium mis, alhoewel hulle nie hul

redding sal verloor nie.

Kyk in die Skrif na die gelykenis van die

Huweliksfees ... Wat is die rede dat sommige die

fees gemis het? Mat 22:11-13 – dit wat hulle

gediskwalifiseer het, was hul klere!

17

Deur Sy wonderlike genade, gaan God

diegene verander wat in geregtigheid

gewandel het – Hy gaan hul priesterlike klere

verander na die Bruidskleed, diegene wie

priesterlike “houers” is, diegene met ‘n

herstelde, priesterlike passie.

• God het Sy Seun so lief.

• Hy gaan seker maak dat Sy Bruid Hom

waardig is.

• Hierdie Bruid gaan God so liefhê soos

Jesus!

• Hierdie Bruid sal so ‘n passie hê om die

Vader te bedien, om met die Vader te praat,

in te tree, die Ark van Sy Teenwoordigheid

oral saam te dra.

• En omdat sy Hom so liefhet, sal sy die

Bruid wees wat waardig is om met Sy

Seun te trou!

God wil hê dat ons wys moet wees in ware

priesterlike diens.

• Die restourasie van ons diens as heilige

priesterskap, is baie belangrik vir hierdie

uur waarin ons ons tans bevind.

18

• Hierdie is eindtye en die meeste mense is

besig om uit te werk hoe hulle kan oorleef

of hulself kan verbeter op baie gebiede in

hul lewens, maar min mense is radikaal

besig met dit wat werklik vir God saak

maak, nl ‘n priesterlike diens wat vir

Hom aanneemlik is, sodat ons deel mag

wees van daardie Bruid, waardig vir Sy

Seun!

STOP en WEES EERLIK:

• Waar staan jy in jou lewe, motiewe en

doen en late?

• Is Hy besig om Sy wil en weg in en

deur jou uit te werk?

• Of is jy besig om dinge uit te werk

volgens jou wil en jou begrip van wat

Sy wil vir jou lewe is?

• Is jy eerlik besig om jou vaardighede en

kragte te gebruik om Hom te dien?

• Of beroep jy jou op jou eie kragte om jou

deur te sien?

19

NB:

• Hoe gouer ons eerlik is met onsself,

hoe gouer kan ons gaan en ons lampe

vul met olie – slegs in die Vader, Seun en

Heilige Gees – terwyl daar nog kans is om

Hom te soek en te vind.

• Binnekort sal die uur aanbreek wanneer

baie sal sê: “Here, Here, het ons dan nie

...” En Hy sal sê: “Gaan weg, Ek het jou

nooit geken nie” of Hy mag dalk sê: “Maak

toe die deur, want die Bruilofsfees van die

Lam gaan begin”.

Is jou hart op ‘n plek in God waar Hy jou wolklere

kan verander na ‘n priesterlike, linnekleed? En

soos ons wandel in opregtheid en

geregtigheid, sal Hy daardie kleed verander

na ‘n Bruilofskleed – geskik vir die Bruilofsfees

van die Lam, ons Wonderlike Bruidegom.

Johannes 12:23-26

“...en as iemand My dien, sal die Vader hom eer”.

MAAR ...Sommige dinge MOET STERF voordat

ons die Here kan dien.

Lukas 10:38-42 (Martha en Maria) – Vers 42 –

42”... maar een ding is nodig;... Maria het die goeie

deel uitgekies...” ; om naby Hom te sit en na

Sy stem TE LUISTER.

20

Dit toon so duidelik die toestand van die Kerk –

diegene wie so naby IN HOM is, en diegene wie

VIR Hom werk.

Marta (vers 38)

• Sy het Jesus in haar huis verwelkom.

• Sy was baie besig om Jesus te bedien

asook om die behoeftes van die mense

te vervul.

• Haar naam simboliseer haar karakter en

haar funksie. Marta beteken

“minnares”.

‘n Minnares = het baie intimiteit met die

Meester, maar besit nie die Bruid se posisie

nie ...

Maria (vers 39)

• Die beskrywing van Maria is dat “sy

luister!”

• Sy het ‘n oor om te hoor;

geoefen/gedissiplineerd daarin om Hom te

hoor.

• Sy wil die Here hoor – sy luister al die tyd.

• Sy is in

afwagting/verwagting/gedissiplineerd om in

Hom te doen wat Hy begeer.

21

In ons fisiese liggaam:

• Slegs een been bly presies dieselfde vanaf

geboorte tot sterfte – die binneoor/oordrom.

• Die heel laaste sintuig wat die liggaam

verlaat, is die gehoor.

• Dit is ook die heel eerste sintuig wat

lewend word in ‘n baba – ongebore babas

kan van binne hul moeders reeds hoor!

Die Bybel sê herhaaldelik, hy wat ‘n oor het om

te hoor, laat hom hoor.

• Jesus het gesê dat ons versigtig moet wees

hoe ons luister.

• Dit is belangrik dat ons ‘n oor het om te

hoor, omdat God baie het om aan ons te sê!

• So ook mense! Wees versigtig wie jou

gehoor beinvloed.

• Die vyand het ook baie te sê! Hy kan jou

vernietig deur jou gehoor.

• “Soos ‘n man dink, so is hy”.

Johannes 10:27

27” My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en

hulle volg My.”

22

1 Konings 3:9 – Salomo het na God uitgeroep vir

‘n horende hart, sodat hy kon weet hoe om hierdie

groot en verskriklike volk van die Here te onderskei

en te rig.

Jesaja 50:4-5

“Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge.

5 Die Here HERE het my oor geopen, en Ek was nie

wederstrewig nie;”

Jesus het geweet dat Hy altyd die Vader moes kon

hoor.

Jesus het van tyd tot tyd ‘n hele nag in gebed

deurgebring – daarna het Hy Sy dissipels gekies –

gewag om 12 goeie luisteraars te kies?

As jy eers die Here gehoor het, dan sal jy iets

te sê hê.

• Maria kon beide Sy seëninge en vermanings

hoor, omdat elke woord van Jesus

persoonlik was.

• Sy was intiem met Jesus se Woord.

• Sy het gesit in ‘n plek van rus.

• Haar algehele troos was om by Sy voete te

sit – sonder bekommernisse of agendas,

onrus of ander gedagtes wat die verstand

kon besig hou.

• Sy was in ‘n plek van algehele tevredenheid

– genoegdoening – het net gesit en luister

na die woorde van Jesus.

23

Is dit jou gerieflike plek van rus? Die plek

waar Hy deur jou kan werk?

In teenstelling: vers 40 – prentjie van Marta:

• Ons kry ‘n beskrywing van Marta se

innerlike onrus.

• Sy was afgetrokke deur al haar

voorbereidings.

• Sy is weggetrek deur haar pligte; met haar

werk; met haar skedule; met haar

bediening.

NB: Wanneer dit ONS of MY bediening is, sal

daar innerlike onrus wees!!!

Vra jouself daagliks: Met wie se bediening is ek

besig?

Marta het baie dinge VIR die Here gedoen,

i.p.v. om dit IN Hom te doen ... groot verskil!

Sy het heel moontlik goeie werk gedoen, ‘n baie

nodige werk, ‘n regverdige bediening ... iemand

moet tog iets doen ...?!

24

Interessant: Betanië beteken “huis van

armoede”.

• Jesus word aangetrek na armoede in huise.

• Indien jy en ek arm van gees is

onthou,Jesus is aangetrokke daartoe.

• Indien ons nie dink ons is iets spesiaal nie –

behalwe vir die feit dat Jesus in ons is – is

Hy aangetrokke tot ons.

• Marta voel verwyder van wat binne

aangaan ... terwyl sy so besig buite is ...

• Marta is vervreemd, sy is alleen ...

• Sy is lewend vir haar bediening – maar

nie vir die behoefte van haar innerlike

hart nie.

“...as ‘n koringkorrel nie in die grond val en

sterf nie ... bly dit enkel ...”

Ons moet dood wees vir ons bediening – dan

leef God.

• En sterfte aan die self vind in die

Binnehof plaas ...

• ...wanneer ons by Jesus se voete sit.

• Sterfte aan die self kom wanneer ons

soos Hy word ...

• ... want dan word Hy meer en ons

minder.

Voel jy soms soos Marta?

25

Let nou op haar gesindheid (en ons s’n

wanneer ons wegdwaal op ons eie sending):

• Sy probeer aandag kry – Jesus s’n, of

enigiemand s’n.

• Onthou, sy dien die Here, terwyl hierdie

mense niks doen nie. “Ek is die enigste

een wat iets doen ... al die ander doen

niks ...”

• Nou bars die vulkaan, want ... van

binne kom die jaloesie, veragting,

bitterheid, frustrasie en leegheid ...

meeste van die tyd teenoor ons

susters en ons broers ...

• En die hare waai ...

Wanneer ek dinge doen in my eie krag, ontvang ek

baie min erkenning. Die Meester kyk nie na my nie

– daar is geen salwing en geen Goddelike

besoeking nie. Dit is slegs “gelukkige” EK, besig

om MY eie bediening te seën; geen dieper sin van

vervulling nie. Dit is dood, omdat dit werke is!

Wanneer jy reageer vanuit hierdie plek van

vervreemding en selfaangedrewe pogings,

gee jy nie om wat enigiemand dink nie ...

NB: Toe sê sy: “Here, gee U nie om nie ...?”

26

Het jy dit al ooit gevra?

NB:

• Here, gee U nie om nie?

• Sien U nie wat ek deurmaak nie?

• Sien U nie hoe moeilik dit op die oomblik is

nie?

• Sien U my dan nie, Jesus?

• Wanneer ookal ons vrae soos hierdie begin

vra, is daar iets in ons lewens wat

Voorhof-bediening is ...

• Daar is iets in ons lewens wat opgeneem

word met diens VIR die Here ... i.p.v. IN

Hom.

• Dit beteken dat ons nog nie ‘n openbaring

gehad het van die priesterskap van God nie,

omdat ‘n priester besef dat GOD ALTYD

OMGEE ...

ALTYD ALTYD ALTYD

ALTYD ALTYD ALTYD

ALTYD ALTYD ALTYD

ALTYD ALTYD ALTYD

Die priester van God weet dat maak nie saak

wat, God gee altyd om ...

Marta het die woord Adoni gebruik toe sy gevra

het “Here, gee U nie om nie?” Dit is ‘n

respekvolle aanspreekvorm. Dit is soos om te sê,

“verskoon my Meneer”.

27

Marta het geen openbaring van Adonai gehad nie.

Adoni = respek vir ‘n mens; Adonai = aanbidding

van die Meester. Omdat hierdie Marta se eie

bediening was, was haar behoeftes belangriker

as die ander s’n.

Haar eerste prioriteit was ek en my bediening! As

dit is hoe jy voel, skenk jy geen gedagte aan

iemand anders se behoeftes nie! Jy gee nie om vir

enigiemand anders se behoeftes totdat joue eers

bevredig is nie!

Dit is nie die hart van God se priesterskap nie

• God se priesterskap verheug hom daarin om

te sien hoe ander se behoeftes vervul word

– selfs al word hul eie nie vervul nie.

• Hulle juig saam met iemand wanneer hulle

sien hoedat God daardie persoon oorvloedig

seën en niks daarvan in hul eie lewe sien

nie.

Omdat:

• Dit was haar eie bediening, sy is

vervreemd.

• Dit was alles uit haar eie krag, sy was

gefrustreerd.

Onthou:

Wat ons in ons eie krag doen, moet ons in ons eie

krag onderhou

28

MAAR

Wat ons in God se krag doen, onderhou Hy.

Soos Marta, is die vrug van ons dade in eie

krag as volg:

• Ons word moeg om aan te hou in eie krag!

• Ons begin ons suster/broer blameer omdat

hulle ons nie bystaan met die hulp wat

ons nodig het nie.

• En hier kom die sonde van verwaandheid =

“Here, sê haar dat sy my moet kom

help”.

• Sy is nou besig om HOM te beveel!

Terwyl ons in eie krag opereer, neem ons

dikwels aan dat God met ons is ...

In Marta se begrip het sy aangeneem dat:

• God besig was om haar te seën en te salf;

dat Hy aan haar kant was; dat Hy met haar

was,

en

• Vanuit daardie veronderstelling het sy ‘n

bevel gegee aan die Allerhoogste God!

Ons moet NOOIT, OOIT AAN GOD ‘N BEVEL

GEE NIE.

• Ons moet Hom altyd aanspreek met die

gesindheid van ‘n kind.

29

• Ons kan Hom herinner aan wat Hy gesê

het, of wat Hy geskryf het in Sy Woord,

maar ons kan Hom nooit, ooit voorskryf om

dit of dat te doen nie.

• Ons moet bloot vra soos ‘n kind.

Wat nog meer skokkend is, is ons hantering

van die “Martas” rondom ons, in vergelyking

met ons Messias se manier van doen:

• Wanneer iemand iets aan ons doen of iets

teen ons sê, het ons drie keuses van

optrede:

1. Ons kan hulle verwerp.

2. Ons kan reageer op hulle.

3. Ons kan gehoor gee aan hulle en

antwoord.

• Ons doen altyd een van hierdie drie dinge

• Bv., wanneer iemand my op die wang slaan,

kan ek die ander een draai, of ...

In die woord verantwoordelikheid, is die

vermoë om te reageer, ingebou. Dit is wat

Jesus aan ons gegee het!

Ons het die VERANTWOORDELIKHEID OM TE

REAGEER!

30

Jesus sal nooit diens wat vir Hom is, verwerp

nie – ons doen dit!!! Maar Hy sal ‘n kans soek

om ons te bemoedig met:

• Daar is ‘n beter ding, ‘n beter manier.

• God is lief vir diens en Hy sal ons nooit, ooit

verwerp omdat ons koffie-koppies uitpak of

al hierdie klein, maar nodige takies doen

nie, omdat Hy selfs gehou het van dit wat

Marta daar gedoen het.

• Die kwessie was dat Marta nie die

openbaring van die groter deel gehad het

nie – dit was die toestand van haar

hart wat openbaring kortgekom het.

• Sy het nie die openbaring van die

Binnehof gehad nie.

• Haar hele bediening was Voorhof

gerig.

Haar hele begrip van redding het behels wat

sy vir mense gedoen het, omdat sy aangeneem het

dat as sy dit vir mense doen, dit was asof sy dit vir

die Here doen!

• Dit is verkeerd om.

• Ons moet eers word en dan kan God

Almagtig dit deur ons doen!

• In ‘n geval soos Marta s’n, rig God al Sy

aandag op haar en sê, “Marta, Marta ...”

• Dit sou baie radikaal gewees het in die Kerk

soos ons dit ken vandag!!

31

• Ons sou verkies om liewer nie vandag

“Martas” in ons kerklike liggaam te sien

ontplof uit selfbejammering en frustrasie

nie.

• Maar Jesus fokus altyd Sy aandag op waar

die behoefte die grootste is.

• Maar ons hou daarvan om tyd te spandeer

met mense wat Jesus liefhet en die gloed

van ‘n passie vir Jesus in hulle het; dit is

opwindend om saam met hulle te wees.

• Maar Jesus fokus Sy aandag op die een

met die meeste pyn ... Jesus gaan na die

mees verlatene!

Sien en hoor en pas aan by Sy manier van

doen:

1. Hy roep haar en toe Hy haar aandag

het, roep Hy haar weer, hierdie keer om

haar gees te trek, sodat sy die

openbaring om Hom te hoor, kan

aangryp!

Wanneer Hy my gees trek en Gees

tot gees spreek, is daar

lewensverandering – “deep calls

unto deep”.

2. Sy het voor Hom gesmelt – soos klei in

Sy Hande geword.

32

3. Toe het Hy gesê: “Jy bekommer jou en

is angstig oor baie dinge, maar slegs

een ding is nodig en Maria het daardie

deel gekies.”

Dit wat ons en ander rondom ons dikwels

die meeste nodig het, is om bloot terug te

keer na ‘n plek van algehele aanvaarding

en algehele liefde. Jesus wil ons ontmoet

... nie waar ons moet wees of

veronderstel is om te wees nie, maar daar

waar ons nou is.

Sou dit nie wonderlik wees indien ons so

verander kon word en so sensitief kan

word a.g.v. die tyd wat ons in die

Binnehof spandeer, dat ons in staat sal

wees om elke ander persoon presies só te

ontmoet nie?

Markus 3:31-35 Dikwels is die Here se

‘gesin’ buite – en roep Hom daarvandaan!

Dikwels is ‘n deel van die Liggaam buite, en

roep ...

• En Hy sê vir diegene wat by Sy voete

sit, diegene wie Hom hoor en doen wat

Hy deur hulle wil doen, hulle is Sy broers

en susters, hulle is Sy familie.

33

Die Woord van God daag ons altyd –

• Indien dit nie so is nie, is ons buite,

roepende ...

• “Nou is die tyd”, sê die Here. Hy wil weer

ons verhouding met die Binnehof herstel.

• Ons kan aangaan vir lang tye, welwetende

wat reg is, maar ons doen dit nie ... dit is

sonde – sonde deurdat ons nie word in Sy

Teenwoordigheid nie.

• Indien jy en ek nie daagliks by Hom sit

onder Sy salwing en oortuiging nie, sal

ons vervreemd raak (buitestaanders),

en dan doen ons werke vanuit ‘n

selfaangedrewe poging.

• More gaan ons dieselfde besige skedule

hê wat ons vandag van Hom weghou.

• Ek benodig ‘n belydende hart om weg te

draai van my skedule en my hart te rig

op GOD se skedule.

Daar is geen kortpad na ware en

betekenisvolle verhouding nie. Daar is geen

plaasvervanger vir Hom nie. ‘n

Verbondsverhouding neem tyd en sal ons

altyd ons lewens kos.

34

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!