03.05.2013 Views

Geagte Ouer NUUSBRIEF 1 VAN 2013 - Afrikaanse Hoër Seunskool

Geagte Ouer NUUSBRIEF 1 VAN 2013 - Afrikaanse Hoër Seunskool

Geagte Ouer NUUSBRIEF 1 VAN 2013 - Afrikaanse Hoër Seunskool

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Geagte Ouer

NUUSBRIEF 1 VAN 2013

‘n Hartlike woord van welkom na die Desember-vakansie. Ons beste wense vir 2013!

‘n Besondere woord van welkom aan al die ouers wat vanjaar vir die eerste keer tot die

Affie-gemeenskap toetree. Ons glo dat die volgende vyf jaar ook vir u ‘n verrykende ervaring

sal wees. Die uitdrukking “Eenmaal ‘n Affie, altyd ‘n Affie!” sal weldrae vir u betekenis kry,

nadat u seun amptelik vir die eerste keer sy Affie-baadjie aantrek en sy pet opsit.

Om die jaar mee in te lei, word daar in hierdie skrywe kortliks verslag oor ‘n paar sake

gedoen, belangrike inligting word gegee en enkele reëlings getref.

1. Leerlingtal

Dit is aangenaam om u mee te deel dat Affies stampvol is. 244 graad 8-leerlinge is

vanjaar toegelaat en ons totale leerlingtal staan tans op 1220.

2. Matriekuitslae

‘n Woord van gelukwensing aan die 2012-matrieks, hul ouers en onderwysers vir

hulle aandeel om Affies se status as een van ons land se uitnemendste skole op

akademiese gebied te bevestig.

Ons kan met groot dankbaarheid getuig dat indien die aantal onderskeidings in

verhouding tot die aantal kandidate bereken word en die persentasie kandidate wat

tot graadstudie toegelaat word, in ag geneem word, dit duidelik is dat kwaliteit

onderrig by Affies aangebied word.

Soos verlede jaar het die Onderwysdepartement weer met die samestelling van hul

ranglys ‘n skool se onderskeidings getel sonder om dit met die aantal kandidate in

verband te bring. Volgens mnr. Charles Phahlane, Gauteng-onderwyswoordvoerder,

is onder meer gekyk na hoeveel leerlinge geslaag het; hoeveel toelating tot

graadstudie gekry het; en hoeveel vakonderskeidings ’n skool behaal het. (Beeld, 13

Januarie 2012) Hierdie kwantitatiewe benadering het tot gevolg dat skole met kleiner

matriekgroepe, soos Affies, oor die hoof gesien word wanneer rangordes bepaal

word.

Indien die gemiddelde aantal onderskeidings per kandidaat en die persentasie

kandidate wat tot graadstudie toegelaat word as maatstaf geneem word, is die beste

prestasie waarskynlik deur AHMP gelewer. Die 213 meisies het 688 A’s behaal –

3.23 per kandidaat. 96.7% van die kandidate slaag met universiteitstoelating.

Afrikaanse Hoër Seunkool behoort volgens hierdie benadering tweede of derde op

die ranglys te lê. AHS se 217 seuns het 484 A’s behaal – 2.2 per kandidaat. 92% van

die seuns het met universiteitstoelating geslaag. Die skool wat deur die departement

eerste geplaas is, se 305 kandidate het 726 A’s behaal – 2.38 A’s per kandidaat en

87% het met universiteitstoelating geslaag. Interessantheidshalwe kan genoem word

dat een van die skole op die departement se top 5 lys 1.94 onderskeidings per

kandidaat opgelewer het en slegs 76.1% universiteitstoelating verwerf het. Op grond

van hierdie inligting kan ons sonder vrees vir teenspraak sê dat Affies 'n plek onder

die top 5 akademiese skole verdien.

Wat AHS se vertoning egter nóg merkwaardiger maak, is die feit hierdie prestasie

slegs met ‘n span seuns, wat tradisioneel om verskeie redes swakker as meisies in

die eindeksamen presteer, behaal is.

Die Affie-seuns het, alle kandidate en alle vakke bereken, ‘n gemiddelde persentasie

van 71.2% behaal. 50 manne het ‘n gemiddelde persentasie van 80%+ en soos bo

aangedui, kwalifiseer 92.6% vir graadstudie. (Volgens Beeld van 3 Januarie het slegs

26.6% van die land se matrikulante met universiteitstoelating geslaag.)

Affies lewer 1 kandidaat met 10 A’s op, 8 met 9 A’s, 6 met 8 A’s, 14 met 7 A’s, 7 met

6 A’s, 10 met 5 A’s, 9 met 4 A’s, 17 met 3 A’s, 19 met 2 A’s en 39 kandidate behaal 1

A-simbool.

Baie geluk ook aan Affies se top 10 matrieks met puik individuele prestasies – Alpha

Wiskunde en Wiskunde 3 ingesluit:

Dewet Van Schoor 93,7 (9 A’s)

Alkmaar Swart 93,6 (9 A’s)

Henco Posthumus 93,4 (9 A’s)

Johan Conradie 91,4 (9 A’s)

Johan Kotze 91,1 (9 A’s)

Francois Lamont 90,9 (10 A’s)

Frikkie Snyman 90,9 (7 A’s)

Jean Hough 90,6 (9 A’s)

Eduard Grabe 89,4 (8 A’s)

Izak van der Merwe 89 (9 A’s)

Soos in die verlede was die twee sogenaamde probleemvakke, Wiskunde en Fisiese

Wetenskap, weer ‘n fokuspunt in die media se berriggewing oor die matriekuitslae.

Volgens Beeld was daar verlede jaar 527 335 heeltydse kandidate en 120 352

deeltydse kandidate waarvan 226 218 Wiskunde geneem het – die res het vir

Wiskundige Geletterheid ingeskryf. Slegs 35.68% van die leerlinge wat landswyd

Wiskunde geneem het, kon ‘n persentasie bo 40% behaal. 184 van Affies se 217

matrieks het Wiskunde geneem en ‘n gemiddelde persentasie van 67% (52 Asimbole)

behaal. Affies se 33 seuns wat Wiskundige Geletterheid geneem het, het ‘n

gemiddeld van 71.6% behaal. 10 Seuns het met onderskeiding geslaag. Landswyd

het daar 179 194 kandidate Fisiese Wetenskap geneem en slegs 70 076 (39.1%)

kon 40% of hoër behaal. Affies se matrieks behaal ‘n gemiddeld van 73% en 50

seuns slaag met A-simbole.

Dit is egter nie nét in Wiskunde en Wetenskap waarin ons seuns uitgeblink het nie.

Rekeningkunde spog met ‘n gemiddeld van 82% (39 A’s), Afrikaans met ‘n

gemiddeld van 73% (53 A’s), Engels Eerste Addisionele Taal met 74% (36 A’s),

Lewensoriëntering met 78% (98 A’s), Geskiedenis met 77% (19 A’s), Geografie met

72% (7 A’s), Duits met 72% (6 A’s), en Musiek met 72% (7 A’s). Alpha Wiskunde se

gemiddeld is 78% (13 A’s).

3. Personeelsake

Die volgende personeellede word tot die Affie-personeelkorps verwelkom:

Mee. Anina Brits (Afrikaans), Martina De Vos (Rekeningkunde), Ronel du Plessis

(Musiek), mnre. Thinus Boshoff (Musiek) en Nick van der Merwe (Tegniese dienste –

koshuis). Mnr. Pieter van Zyl, vroeër aan die hoof van die skool se

Musiekdepartement, skakel op deeltydse basis as dirigent van die simfonieorkes in.

4. Leerlingsake – die graad 8’s van 2013

Affies se 244 graad 8’s deurloop tans onder die leiding van die graad 12-lede van die

Affieraad en voogde ‘n oriënteringsprogram waaraan hulle met groot entoesiasme

deelneem. Alles dui daarop dat hierdie mannetjies vorentoe hulle plek in Affies met

onderskeiding gaan volstaan.

Hierdie kannetjies kom uit 85 verskillende laerskole. 37% van die seuns loop op die

spoor van ‘n oupa, pa of broer, 8% het Affies gekies op aanbeveling van vriende,

maar 55% is nuwe bloed wat ‘n eie Affie-tradisie wil begin. 96% van die graad 8’s se

woonhuis is nader aan ‘n ander skool as aan Affies.

5. Skakelpersone

Mnre. Deon Botes (adjunkhoof – deon.botes@affies.co.za) en Dirk Taljard

(dirk.taljard@affies.co.za) is vir skakelwerk verantwoordelik.

Alle navrae oor u seun se welsyn moet aan die betrokke graadvoogde gerig word:

• Graad 12: Mnr. Jan Grabie (jan.grabie@affies.co.za)

• Graad 11: Mnr. Cobus Coetzee (cobus.coetzee@affies.co.za)

• Graad 10: Mnr. David Jaquire (david.jq@affies.co.za)

• Graad 9: Mnr. Wim Mulder (wim.mulder@affies.co.za)

• Graad 8: Mnr. Rooies Andrianatos (rooies.andrianatos@affies.co.za)

Vgl. in hierdie verband ook bl. 4 tot 15 in die beplanningsgids vir meer besonderhede

oor ander saakgelastigdes.

6. Inligtingsbronne

Vergewis u asseblief van die volgende sake soos opgeneem in die 2013beplanningsgids

wat aan elke seun gegee is:

• Kerninligting (adresse, telefoonnommers, klerebanktye, ens.)

• Kloktye

• Skoolkalender vir 2013 en 2014

• Kleredragvoorskrifte

• Gedragskode

• Selfoonbeleid

• Detensie, prosedure om leerlinge tydens skoolure uit te teken en afwesigheid

tydens toetse en eksamens

• Prosedure wanneer ‘n leerling laat kom vir skool

• Jaarprogram

Bevestig asseblief dat u die beplanningsgids onder oë gehad het deur onder

aan bl. 30 te teken.

Raadpleeg ook die Affie-webwerf (www.affies.co.za) deurlopend vir verslae,

programwysigings en ander inligting. Mnr. Brown (billy.brown@affies.co.za) tree as

stelselbestuurder op. Affie-nuus kan ook op Twitter gevolg word: @ahs1920

7. Skoolfondskorting

Let daarop dat korting ten bedrae van R1 800 per leerling toegestaan word, indien

die volle skoolfondsrekening voor of op 31 Januarie 2013 betaal word.

8. Terrein en geboue

Die bouwerk aan die studentesentrum vorder flink. Die betonvlak van die grondvloer

is reeds gegooi en die binnemure begin vorm aanneem.

Deur die loop van die vakansie is uitheemse bome met inheemse bome vervang.

9. Verbetering van verkeersvloei

Om verkeersknope soggens en sluitingstyd uit te skakel, word ouers versoek om nie

in- en uitgange te versper nie. Trek asseblief by een van die parkeerplekke in terwyl

u vir u seun wag.

U word ook versoek om soggens in een van die bane van ons parkeerterrein wat

parallel met Lynnwoodweg loop te stop wanneer u passasiers aflaai. Persone wat in

die baan wat na die skoolgebou loop parkeer, veroorsaak ‘n opeenhoping by die

toegangshek en in Lynnwoodweg.

As gevolg van bouwerk moes ‘n deel van die parkeerterrein afgeskort word wat

groter verkeersprobleme veroorsaak. Die hekke sal voortaan op Vrydae toegemaak

word, wanneer alle parkeerplekke beset is. Indien daar nie meer parkeerplek op die

terrein is nie, moet u asseblief u seun elders oplaai. Ons vra om verskoning vir die

tydelike ongerief.

10. Affie-verbruikersgids

Nuwe ouers wat vir hulleself werk of gespesialiseerde dienste lewer, word uitgenooi

om hulle besonderhede vir opname in die Affie-verbruikersgids aan mnr. Dirk Taljard

(dirk.taljard@affies.co.za) te stuur. Belangstellendes kan op die Affie-webwerf

(www.affies.co.za) na die gids gaan kyk en om ‘n idee te kry van die tipe

besonderhede wat benodig word. Skakels na ondernemings se webwerwe en eposadresse

is lewendig. ‘n Kort opsomming van die diens wat gelewer word, moet

asb. in Afrikaans aangebied word. Dui asseblief ook u verbintenis met die skool

duidelik aan.

11. Veiligheid

Misdadigers teiken veral jonger seuns wat op die sypaadjies in Lynnwoodweg vir

hulle ouers wag. Ons versoek dat leerlinge eerder na ure wanneer dit begin stil raak,

op die parkeerterrein wag om opgelaai te word.

12. Bankinbetalings

Die onus rus op die ouer om seker te maak dat inbetalings na die korrekte rekening

gekanaliseer word.

Bankbesonderhede: ABSA (Hatfield), takkode 632005, tjekrekening 2140140255

In geval van bankinbetalings word u seun se rekeningnommer in die verwysingsveld

aangedui. Faks die betalingsbewys ook asseblief aan die skool – 012 344 3907

Ons sien met groot verwagting uit na nóg ‘n jaar van gesonde vennootskap tussen die skool

en sy Affie-ouergemeenskap.

Die uwe

DR. P. EDWARDS / HOOF

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!