03.05.2013 Views

EN EKO-SKOU

EN EKO-SKOU

EN EKO-SKOU

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2

WEES BEDAG!

Op ‟n minder aangename toon – in die afgelope tyd was Fernkloof ‟n toneel van kleinmisdaadinsidente.

Daar is by die besoekersentrum by motors ingebreek en selfone, kameras en kontant is

van twee stappers afgeneem. Alle Fernkloofbetrokkenes doen hul uiterste bes om hierdie

verskynsel in die kiem te smoor en die diewe aan die pen te laat ry. Tref asseblief vooraf alle

sinvolle maatreëls teen insidente van hierdie aard. Moenie waardevolle artikels oop en bloot in die

voertuig los nie, en meld asseblief alle verdagte insidente aan.

BOTSOC-AKTIWITEITE

Lede-aande word steeds goed ondersteun. Grant Forbes het ‟n weldeurdagte saak vir volhoubare

oeslewering aangebied wat ‟n versigtige debatvoering oor die onderwerp tot gevolg gehad het,

en ons was gelukkig om “Mnr. Erica” in die persoon van Ted Oliver, wat ons betower en geboei

het met manjefieke foto's en stories van hierdie talryke (en gewilde) genus, by ons te hê.

Die lede van Botstap het ‟n genotvolle uitstappie na Witsand, wat aan die mond van die

Breederivier geleë is, onderneem, waar sterk winde geïgnoreer is en almal dit geniet het.

Beste wense aan al ons lede vir ’n gelukkige en gesonde vakansie.

Pat Miller

SKOU-BROKKIES

Driehonderd agt-en-sestig botaniese spesimens van die Overberggebied was op uitstalling

by die Blomme- en Eko-skou. Verreweg die vreemdste was ‟n gedroogde spesimen van ‟n

wortelparasiet genoem Cytinus capensis wat in die sand by Vermont gevind is. Dit kom van

die familie Rafflesiaceae, wat oor die grootste blom in menseheugenis, Rafflesia arnoldi,

beskik, bykans een meter in deursnee, met ‟n buitengewoon klein Pillostylis van slegs ‟n

paar millimeter hoog. Die Cytinus produseer rooi tot pers blomstekels. Slegs drie van

hierdie genus word in Suid-Afrika aangetref: twee in die Suidwes-Kaap en die derde verder

noord.

Die pragtige silwer trofeë wat trots op ‟n rak in die spesimen-uitstalling pryk, het heelwat

kommentaar uitgelok. Die groot een in die middel is die Kaapse Skiereiland

Reklamevereniging-wisseltrofee wat aan plattelandse distrikte toegeken word vir

wildeblomversamelings. Die toekenning is van 1916 tot 1935 sporadies gemaak. 'Hermanus

Public School' was vir sewe uit sestien jaar die wenner. Die Hermanus Botaniese Vereniging

is in 1970 vereer met ‟n lewenslange toekenning van die trofee. Die twee bekers

weerskante is tuinmaak-trofeë, geskenk deur Reitz Hofmeyr.

As jy gedink het dat die wegwysers in die blommeskousaal die herbenaming van al jou

gunsteling Sondagstaproetes is, is jy verkeerd. Dit was ‟n huldeblyk aan ‟n handjievol

manne en vroue uit die vele wat Fernkloof, en alles daarby inbegrepe, dien en gedien het –

die blommeprag, die honderde botaniese spesies, die berge en hul besonderse inwoners.

Hierdie mense verteenwoordig ‟n dwarssnit van almal wat lief was en gewerk het vir die

fynbos en Fernkloof en die vele wat daarin volhard. Geraldine Gardiner

BOTANIESE GEDAGTES VAN PLAASLIKE LEERDERS

( Voortspruitend uit praatjies gelewer by skole deur Hermanus Botsoccers)

Geagte Pat en Christa, ek het regtig gehou van u aanbieding oor fynbos. Dit was baie interessant.

Ek het die meeste van die Proteas gehou; die Ericas was ook mooi.

Hulle het ons van die blomme en die bobbejane vertel. Hulle het ons van die botaniese tuin vertel.

Hulle het ons alles omtrent die blomme in Hermanus vertel. Die blomme was mooi.

Daar was ‟n kleur wat met ‟n ander kleur versmelt het. Hulle het vir ons allerhande goed vertel. Dit

was verbasingwekkend. Dit was baie lekker. Party het medisyne!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!