03.05.2013 Views

EN EKO-SKOU

EN EKO-SKOU

EN EKO-SKOU

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KRUIDE

Nr. 94 Desember 2009

Hierdie geïllustreerde nuusbrief vervat die jongste botaniese nuus en opvattings oor die fynbos-

toneel. Dit kom ook voor op ons webtuiste www.fernkloof.com

BLOMME- EN EKO-SKOU 2009 WAS DIE 'BESTE SKOU OOIT'

VERSLAG VAN DIE VOORSITTER

Die afgelope tyd het dit gewoel by Botsoc, met die voorbereiding en aanbieding van die Blomme- en

Eko-skou, middel September, die woeligste. Te oordeel aan die terugvoer, het die nuwe formaat,

met ‟n sterk omgewingselement deur ons vennootskap met die Overstrand Bewaringstigting

aanklank gevind by die besoekers, en baie mense se kommentaar was dat dit die “beste ooit

was.”

Die onbetwisbare hoogtepunt van die skou was die

manjefieke blomme-uitstalling wat so ryklik deur

David Davidson en Riaan Maritz geskep is.

Die fotografiese agtergrond van “Sculptured Corner”

(kyk foto) het die uitstalling van fynbosprag

gekomplementeer.

Gunsteling Fernkloof-plekkies, soos die waterval, is

lewensgetrou weergegee, die moerasplante het

deurentyd geblom (die sooie uit die moerasgebied is,

agterna, nog lewendig, in situ teruggeplaas) en die

groot bome het aan die publiek bewys dat dit by

fynbos nie net om “bosssies” gaan nie. Die perfekte

komplement hiervoor was die wonderlike versameling

botaniese spesimens wat die uitstallings baie spesifiek

gemaak het.

Die Eko-tent het ‟n paar betowerende voorstellings van ‟n reeks omgewingsaangeleenthede

uitgestal, van beleid tot uitvindings, en ‟n reeks interessante sprekers het hul ware in die mini-tent

aangebied. Ons opregte dank gaan aan die Munisipaliteit Overstrand vir hul borgskap van die

tente. Die kwekery was ‟n miernes van bedrywigheid wat gesorg het vir uitstekende verkope en

die kombuis was ‟n hoogs effektiewe produksielyn van heerlike geregte (aan-wie-ook-al die hamen-sampioen

“quiche” berei het – wel gedaan!) Die kinderaktiwiteite was baie populêr by die

jonges, veral die skoolgroepe wat na die skou gebring is - te danke aan die Rotariërs se ruim

borgskap van die busse.

Baie mense het onvermoeid gewerk om die skou ‟n sukses te maak – gans te veel om elkeen by

name hier te bedank – en ons diepe dankbaarheid gaan aan julle almal. Die enigste aspek van die

skou wat minder indrukwekkend was, was die weer. Twee dae van reën, koue en wind.

Bywoningsyfers het verband gehou met vorige jare s'n en ‟n finale wins van ongeveer R56 000 is

gemaak. As enigiemand spesifieke inligting wil hê oor die skougelde, skakel asseblief vir Michael

Clark.

Volgende jaar se skou sal vanaf Donderdag 30 September tot Sondag 3 Oktober

plaasvind.

1

2

WEES BEDAG!

Op ‟n minder aangename toon – in die afgelope tyd was Fernkloof ‟n toneel van kleinmisdaadinsidente.

Daar is by die besoekersentrum by motors ingebreek en selfone, kameras en kontant is

van twee stappers afgeneem. Alle Fernkloofbetrokkenes doen hul uiterste bes om hierdie

verskynsel in die kiem te smoor en die diewe aan die pen te laat ry. Tref asseblief vooraf alle

sinvolle maatreëls teen insidente van hierdie aard. Moenie waardevolle artikels oop en bloot in die

voertuig los nie, en meld asseblief alle verdagte insidente aan.

BOTSOC-AKTIWITEITE

Lede-aande word steeds goed ondersteun. Grant Forbes het ‟n weldeurdagte saak vir volhoubare

oeslewering aangebied wat ‟n versigtige debatvoering oor die onderwerp tot gevolg gehad het,

en ons was gelukkig om “Mnr. Erica” in die persoon van Ted Oliver, wat ons betower en geboei

het met manjefieke foto's en stories van hierdie talryke (en gewilde) genus, by ons te hê.

Die lede van Botstap het ‟n genotvolle uitstappie na Witsand, wat aan die mond van die

Breederivier geleë is, onderneem, waar sterk winde geïgnoreer is en almal dit geniet het.

Beste wense aan al ons lede vir ’n gelukkige en gesonde vakansie.

Pat Miller

SKOU-BROKKIES

Driehonderd agt-en-sestig botaniese spesimens van die Overberggebied was op uitstalling

by die Blomme- en Eko-skou. Verreweg die vreemdste was ‟n gedroogde spesimen van ‟n

wortelparasiet genoem Cytinus capensis wat in die sand by Vermont gevind is. Dit kom van

die familie Rafflesiaceae, wat oor die grootste blom in menseheugenis, Rafflesia arnoldi,

beskik, bykans een meter in deursnee, met ‟n buitengewoon klein Pillostylis van slegs ‟n

paar millimeter hoog. Die Cytinus produseer rooi tot pers blomstekels. Slegs drie van

hierdie genus word in Suid-Afrika aangetref: twee in die Suidwes-Kaap en die derde verder

noord.

Die pragtige silwer trofeë wat trots op ‟n rak in die spesimen-uitstalling pryk, het heelwat

kommentaar uitgelok. Die groot een in die middel is die Kaapse Skiereiland

Reklamevereniging-wisseltrofee wat aan plattelandse distrikte toegeken word vir

wildeblomversamelings. Die toekenning is van 1916 tot 1935 sporadies gemaak. 'Hermanus

Public School' was vir sewe uit sestien jaar die wenner. Die Hermanus Botaniese Vereniging

is in 1970 vereer met ‟n lewenslange toekenning van die trofee. Die twee bekers

weerskante is tuinmaak-trofeë, geskenk deur Reitz Hofmeyr.

As jy gedink het dat die wegwysers in die blommeskousaal die herbenaming van al jou

gunsteling Sondagstaproetes is, is jy verkeerd. Dit was ‟n huldeblyk aan ‟n handjievol

manne en vroue uit die vele wat Fernkloof, en alles daarby inbegrepe, dien en gedien het –

die blommeprag, die honderde botaniese spesies, die berge en hul besonderse inwoners.

Hierdie mense verteenwoordig ‟n dwarssnit van almal wat lief was en gewerk het vir die

fynbos en Fernkloof en die vele wat daarin volhard. Geraldine Gardiner

BOTANIESE GEDAGTES VAN PLAASLIKE LEERDERS

( Voortspruitend uit praatjies gelewer by skole deur Hermanus Botsoccers)

Geagte Pat en Christa, ek het regtig gehou van u aanbieding oor fynbos. Dit was baie interessant.

Ek het die meeste van die Proteas gehou; die Ericas was ook mooi.

Hulle het ons van die blomme en die bobbejane vertel. Hulle het ons van die botaniese tuin vertel.

Hulle het ons alles omtrent die blomme in Hermanus vertel. Die blomme was mooi.

Daar was ‟n kleur wat met ‟n ander kleur versmelt het. Hulle het vir ons allerhande goed vertel. Dit

was verbasingwekkend. Dit was baie lekker. Party het medisyne!

Ek het baie gehou van die fynbos en die een wat soos ‟n meisie-perdeby gelyk het en die ander

perdebye haar toesak. Ek het gehou van die Erica wat lyk asof dit so groot soos ‟n pinkienael is.

Ek het gehou van die dames wat met ons kom praat het oor die fynbos en die plante en die

insekte en my beste blom is die proteablom, maar ek het ook van al die blomme gehou en as ‟n

mens hulle waardeer, sal hulle jou waardeer en ek het gehou daarvan toe hulle ons vertel het

van die bobbejane wat die speldekussing-blomsade eet en wanneer hy vol is ontlas hy dit orals

sodat hulle orals kan groei. Die blomme is baie verbasend, maar onthou net hou hulle veilig.

KOOLSTOFBERGING-SPEKBOOM IN FERNKLOOF GEPLANT

‟n Spesiale boomplantseremonie het teen die einde van September in die Fernkloof

Natuurreservaat se botaniese tuin plaasgevind. Die voorsitters van verskeie bewaringsorganisasies

en verteenwoordigers van die Munisipaliteit Overstrand, insluitend die Burgemeester, Theo

Beyleveldt, het vergader om deel te neem aan die plant van ses plantjies van die klein maar baie

betekenisvolle spekboom, Portulacaria afra.

Alhoewel die Acacia galpinii – gewone naam Apiesdoring – die Boom van die Jaar is, is daar, met

die bespreking van aardverwarming hoog op die wêreldwye prioriteitslys, besluit om die spekboom

te plant. Hierdie klein boompie is sinoniem met aardverwarming. Dit is ‟n belangrike bron van

koolstofsekwestrasie of berging van koolstof en kan, as volwasse boom, tot 4.2 ton koolstof

jaarliks berg.

Groot maatskappye belê nou in uitgestrekte lappe grond wat met spekboom beplant is, om te

kompenseer vir hul koolstofvrystelling in die atmosfeer in. ‟n Inligtingsbord in die Fernkloof se

vetplanttuin sal die storie van hierdie plante vertel.

Tydens die seremonie het Christa Clark van die Botaniese Vereniging ‟n kort praatjie gelewer oor

die herlewing van die fynbos teen die laer hange van die Kleinrivierberge na die 2008 brand.

Pat Miller (Voorsitter: Hermanus Botaniese Verenging) en David Beattie (Voorsitter: Fernkloof

Raadgewende Bestuur) en die ses Portulacaria afra plante wat in die vetplanttuin in die Fernkloof

Natuurreservaattuin geplant is. Grant Forbes: Bestuurder Fernkloof

FERNKLOOF JAARMARK!

Jack Bold van die Fernkloof Kwekery het hierdie mandjie vol

glansende bessies van die Nylandtia spinosa-struike in die

Fernklooftuin gepluk. Die plante is lede van die

Polygalaceae familie en is algemeen bekend

as 'skilpadbessies' of 'Augustusbossies.' Die bessies is ‟n

gunstelingkos vir skilpaaie en ander diere. Hulle kan dors

les en is ryk aan Vitamien C.

„n Belofte van honderde klein Nylandtiaplantjies volgende

jaar te koop by die kwekery!

3

DIE PELARGONIUMS VAN FERNKLOOF

Pelargoniums hoort tot die familie GERANIACEAE, ‟n familie wat Malvas en Monsonias insluit. Baie

van die hibriede wat ons vandag sien blom, terwyl hulle helder kleure die vensterblombakke en

die beddings vul, is gekweek van die eerste spesies wat in die 17de eeu van Suid-Afrika na Europa

gestuur is. John Tradescant, die Engelse tuinier en plantversamelaar, is bekoor deur die wilde

Pelargoniums van die Wes-Kaap. Hy het in 1632 Pelargonium triste teruggeneem Engeland toe

wat dit een van die eerste Pelargoniums gemaak het wat uit die Kaap oorgeplant is.

Daar is ongeveer 250 spesies Pelargonium waarvan 80% in die winterreënvalstreek van Suid-

Afrika groei. Die orige 20% word gevind in die res van Afrika en Australasië; twee spesies groei op

Madagaskar en een elk op die eilande St. Helena en Tristan da Cunha.

Fernkloof beskik oor 16 spesies

Die verlengde vrug of peul, wat 'n schizocarp genoem word, en 'n hol blomsteel (met een

uitsondering) is algemene diagnostiese kenmerke van Pelargonium. Die lengte van die hol

gedeelte van die blomsteel is 'n aanduiding van die lengte van die monddele van die bestuiwende

insek. Die algemeen-populêre naam “Ooievaarsbek” is afgelei van die Griekse woord 'pelargos‟,

wat ooievaar beteken omdat die saadkapsules soos die bekke van dié voëls lyk.

Saadkop van die P. capitatum Saad en baard van P. triste

Die droë krulbaard wat aan die saad vas is, is aan die punte geveer. Die baard is higroskopies en

wanneer dit nat word staan dit regop en boor die saad in die grond in. Pelargoniums is hoofsaaklik

meerjarig , 'n paar verloor hul blare in die somer. Die meeste het veselagtige wortelstelsels en

sommige het groot, knolagtige risome (wortelstokke). Hulle blomme is, met min uitsondering,

sigomorf d.i. monosimmetries (kan verdeel word in twee gelyke helftes, slegs in een vlak.) Die

blare het steunblare en blaarvorms kan wissel van rond met gekartelde rande, tot handvormig, tot

baie veeragtig. Wanneer die blare van baie van die Pelargoniums gevryf word, sal hulle wonderlike

aromatiese geure van neutmuskaat, pypkaneel, suurlemoen, rose en ment vrystel en die olies van

sekere spesies word gebruik as plaasvervanger van die duur roosolie (of -essens) wat in die

parfuumnywerheid gebruik word. Baie spesies bevat genesende en medisinale eienskappe.

P.cucullatum (Wilde malva) is die mees opvallende van die Fernkloof-

spesies en ook een van die grootste van die struik-Pelargoniums. Hy

blom gewoonlik dwarsdeur die jaar maar is veral in die lente

aanskoulik, waar hy teen die berghange as pienk drapeersels

waargeneem kan word, die tweede jaar na 'n brand. 'n Wit vorm

kom soms voor. Dit was die eerste wat vanaf 1838 as 'n heiningplant

in Kaapstad se tuine gekweek was.

4

Wanneer 'n mens die kranspaadjies stap, is die laaggroeiende P.capitatum (Roosgeurige

pelargonium, Kusmalva) verreweg die mees treffende klein struikie met ferweelagtige blare wat

kommersieel verbou word vir sy malva-olie. Dit is 'n merkwaardige velversagter en die blare kan

eelte op hande en voete vertroetel.

P. capitatum P. lobatum P. suburbanum

P.lobatum (Kaneelbol, Aandblom) groei in gruiserige grond en die naam 'lobatum' verwys na die

blare wat gelob is en tot so groot as 30 cm. in deursnee kan groei. Die opvallende blomme word

in blomskerms gedra en ruik teen die aand se kant na kaneel.

Die pragtige P.suburbanum var. bipinnatifidum is 'n spesie wat selde gesien word. Dit kom op die

strande voor en het 'n aantreklike groen blaar met getande rande. In Latyn beteken

'suburbanum'- 'hou verband met dorpe en stede' wat impliseer dat die spesies aanvanklik in

stedelike gebied bymekaar gemaak is.

P. longicaule var. longicaule P. alchemilloides P. incarnatum

Die blomme van P. longicaule verskyn soos pienk skoenlappers tussen die fynbos wanneer hulle

van Augustus tot Januarie blom; „longicaule' verwys na die lang blomstele. Hulle word dikwels

gesien waar hulle tussen rotse rank. Die blare is fyn verdeel en die elegante blomme het beetrooi

merke op die grootste, boonste twee kelkblare.

P. alchemilloides het klein, delikate blommetjies, die blare is handpalmvormig gelob en 'n

perdeskoenvormige pers of bruin merk is kenmerkend van baie van hul blare. Miskien is die mees

treffende klein Pelargonium P. incarnatum (Horlosies, Kraanvoëlbek). Dit is die enigste

Pelargonium in Fernkloof wat 'radiaal-simmetriese' blomme het. Die helder pienk blomme met rooi

en wit ogies het in November 2008 die aandag getrek op die brand op Northcliff. Hierdie

Pelargonium het nie 'n hol stammetjie nie, net 'n geringe indentasie in die basis van die blom. Die

blare is van 'n growwe tekstuur, die boonstes hartvormig en die onderstes gelob. Hulle groei teen

klipperige hellings en is dikwels onder ander struike versteek. Maak dus, wanneer julle die

paadjies van Fernkloof bewandel, seker om op te let na ons pragtige Pelargoniums, voorsate van

miljoene wat deur kwekerymanne dwarsoor die wêreld geproduseer word vir opskikking en

verfraaiïng.

Bibliografie:Pelargoniums of Southern Africa: J.J.A.van der Walt

Stellenbosch to Hermanus:Wild Flower Guide 5: Anne Bean and Amida Johns. Sandy Jenkin

5

BYWERK VAN HOY SE KOPPIE

Watsonia sp. Gladiolus hirsutus Gladiolus carneus

Terwyl die Botaniese Vereniging 'n jaar na die brand opgewonde 'n ogie hou oor die nuwe groei

van plante op die koppie, is geweldig baie positiewe veranderings besig om gemaak te word, om

die juweel van Hermanus te beskerm en te verfraai.

'n Nuwe plankpad, met 'n uitsig oor die see, is aan die

suidekant van die heuwel gebou om besoekers aan te

moedig om uit die dorp, oor die koppie na die berge agter

te loop. Dit skep 'n nuwe oop ruimte vir ons

vinniggroeiende dorp.

Die Klipkopgrot, wat so lank geneem het om skoon te

maak het drie sensors wat in verbinding is met die

sekerheidsmaat skappy wat waarsku teen rondlopers wat

die grot snags as 'n skuiling wil gebruik, en HPP patrolleer

die paadjies bedags.

Grant Forbes, Fernkloofbestuurder en David Beattie,

voorsitter van die Kranspad-bestuursgroep, is tans

besig om die paadjies skoon te maak, gereed om 'n

verdere 75 meter rolstoelvriendelike pad by te voeg

as sirkelroete om die koppie, wat hierdie wildeblom-

tuin vir almal bereikbaar maak.

Bolle wat in die lente blom, soos Gladiolus hirsutus en

Watsonia in wisselende tinte van wit tot donker pienk,

verander na somerplante. Massas Hermannia rudis word

verdring deur die harige, grysblarige Hermannia salviifolia.

Blou Senecio filifolia langs die paadjie, en helder geel

Aspalathus callosa en Pelargonium cucullatum kleur die

heuwelhange.

Senecio filifolia Hermannia salviifolia Aspalathus callosa

6

Christine Wakfer

7

'N PARADYS OP AARDE!

('n Uittreksel uit die Flora Capensis deur J. Breyne 1637-1697)

“ Vanaf die tyd toe reisigers en koloniste voet aan wal gesit het in die Kaap, het die flora hulle

gaande gehad; dit was baie anders as dié van Europa, en 'n soveel groter variasie. Die groot

Sweedse botanis, Linnaeus, het in 'n ongedateerde brief aan goewerneur Ryk Tulbagh

breedvoerig en met bewondering geskryf oor die rykdom van die flora aan die Kaap die Goeie

Hoop: “Mag u ten volle bewus wees van u geseënde lotgeval, sowel daarin om deur die

Allerhoogste Beskikker van geleenthede toegelaat te word om hierdie paradys op aarde te bewoon

as om opperheerskappy daaroor te voer, die Kaap die Goeie Hoop wat die Weldadige Skepper

verryk het met sy sorgvuldig gekeurde wonderdade. Indien ek bevoorreg sou wees om my geluk

met dié van Alexander die Grote of van Salomon, of Croesus of Tulbagh te verruil, sou ek sonder

twyfel laasgenoemde verkies. Mag u u benybare situasie lank geniet, en my toelaat om u mees

opregte en toegewyde dienaar te wees.”

(Met dank aan Margaret de Villiers)

DATUMS VIR DIE DAGBOEK

Broeityd is vir voëls, onder die gunstigste omstandighede,

spanningsvol, maar sommige sterk gebiedsgebonde spesies maak die

lewe vir hulself nog moeiliker. Hierdie Kaapse Flap het bewus geraak

van sy beeld in die Herbarium se venster in Fernkloof en hy is meeste

van die tyd besig om homself oor hierdie indringer in die venster op te

werk!

Vryday 15 Januarie 2010 om 18h00

A.J.V. Gevolg deur VERSNAPERINGS EN WYN

Vrydag 5 Maart

JAARLIKSE BRAAI en BOTSOC se 50ste VERJAARSDAGVIERING

Donderdag 30 September tot Sondag 3 Oktober

BLOMME EN EKO-SKOU

Onthou asseblief om jou Botsoc jaargeld to betaal! As jy nog nie ‘n vorm

ontvang het nie, hulle is beskikbaar by die kantoor of op e-pos.

Ons sé hartlik dankie aan Andre van der Spuy vir die vertaling.

Ons verwelkom enige bydraes tot/terugvoer op die nuusbrief. Skakel asseblief die redakteur

Sandy Jenkin by: botsochermanus@telkomsa.net

Donderdag 30 September tot Sondag 3 Oktober

BLOMME- EN EKO-SKO

Hermanus Botanical Society

Postnet Suite 167

Onthou asseblief om jou BotSoc-jaargeld te betaal! As jy nog nie ‘n vorm

Hermanus, 7200 Tel: 028 313 0819 / 028 314 0554

ontvang het nie, hulle is beskikbaar by die kantoor of op e-pos.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!