04.05.2013 Views

TAAL, GELETTERDHEID EN KOMMUNIKASIE

TAAL, GELETTERDHEID EN KOMMUNIKASIE

TAAL, GELETTERDHEID EN KOMMUNIKASIE

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

TALE

AFRIKAANS HUISTAAL

GEMEENSKAPLIKE TAKE VIR ASSESSERING (GTA)

AFDELING A

GRAAD 9

2007

LEERDERBOEK

Tyd: 5 UUR

Punte: 120

Bladsye: 28

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

GEMEENSKAPLIKE TAKE VIR ASSESSERING (GTA)

Tema: Rampe

Fokus: Hoe raak natuurrampe ons?

Nota aan die leerder:

• Die GTA vir Afrikaans Huistaal bestaan uit twee afdelings.

• Afdeling B sal gedurende die laaste termyn onder gekontroleerde

omstandighede (volgens ‘n nasionale eksamenrooster) voltooi word en 80

punte tel.

• Hierdie Leerderboek is Afdeling A van die GTA.

• Tydens Afdeling A van die GTA gaan jy ʼn aantal aktiwiteite doen waarin jy jou

vaardighede sal toon.

• Afdeling A van die GTA sal ongeveer vyf uur duur en 120 punte tel.

• Sommige aktiwiteite sal in groepe of pare gedoen word terwyl jy ander

aktiwiteite op jou eie in gekontroleerde omstandighede sal voltooi.

• Alle assessering sal met punte aangedui word.

Prente gebruik in hierdie GTA is verkry vanaf die internet.

INHOUD

bladsy

PUNTEKAART 3

AKTIWITEIT 1 KONTEKSTUALISERING 4

AKTIWITEIT 2 RESPONS OP TEKS 8

AKTIWITEIT 3 FUNKSIONELE SKRYFWERK 14

AKTIWITEIT 4 TAAL IN AKSIE 18

AKTIWITEIT 5 KREATIEWE SKRYFWERK 22

BYLAE MET KONTROLELYSTE, VRAELYSTE ENS. 25

BLADSY 2 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

PUNTEKAART

Naam van leerder:

Skool:

Aktiwiteit Bl. Tyd in Moontlike

minute punte

1. KONTEKSTUALISERING 4 60 10

1.1 Inleiding: Klasbespreking 4 10

1.2 Bespreking in pare: Illustrasies 4 15

1.3 Mondelinge terugvoering: Rolspel 7 35 10

2. RESPONS OP TEKS 8 90 40

2.1 Luisterbegrip 8 30 10

2.2 Gedig: Klasbespreking 9 15

2.3 Gedig: Vrae 10 15 10

2.4 Begriplees 10 30 20

3. FUNKSIONELE SKRYFWERK 14 40 10

3.1 Voorbereidingsaktiwiteit: Groepwerk 14 15

3.2 Funksionele skryfwerk:

Dagboekinskrywing

16 25 10

4. TAAL IN AKSIE 18 60 30

4.1 Groepwerk: Grafiek 18 15

4.2 Vertaling 19 15 4

4.3 Taal 20 30 26

5. KREATIEWE SKRYFWERK 22 50 30

5.1 Kreatiewe skryfwerk: Opstel 22 50 30

5 uur 120

Punte

Behaal

BLADSY 3 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

AKTIWITEIT 1 KONTEKSTUALISERING

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal jy:

TYD: 60 minute PUNTE: 10

• ‘n definisie formuleer van wat ‘n ramp is;

• dink aan voorbeelde van verskillende soorte rampe;

• gesels oor rampe en die gevolge daarvan;

• gesels oor moontlike maniere om rampe te voorkom;

• saam met jou maat terugvoering aan die klas gee oor die illustrasie wat julle

bespreek het.

Hulpmiddels: Foto’s/prente in Leerderboek

Aktiwiteit 1.1 Inleiding: Klasbespreking

INSTRUKSIES

Tyd: 10 minute

• Jou onderwyser(es) sal hierdie aktiwiteit lei.

• Maak jou eie woordelys en vul dit aan as jy nuwe woorde teëkom.

• Julle gaan gesels oor rampe en ‘n definisie probeer saamstel.

• Maak aantekeninge van die verskillende soorte rampe wat julle in die klas

bespreek.

Aktiwiteit 1.2 Bespreking in pare: Illustrasies

INSTRUKSIES

Tyd: 15 minute

• Vir hierdie aktiwiteit gaan julle in pare werk.

• Bestudeer die illustrasies op die volgende twee bladsye. Elke illustrasie

beeld ‘n ramp wat plaasgevind het of moontlik gaan plaasvind, uit.

• Jou onderwyser(es) sal aan elke paar ‘n illustrasie toeken. Julle moet dan die

illustrasie wat aan julle toegeken is, bespreek. (Tydens Aktiwiteit 1.3 gaan

julle in die vorm van ‘n rolspel terugvoering doen van wat julle bespreek. Jou

onderwyser(es) sal aan julle verduidelik wat julle gaan doen.)

• Voer die verdere instruksies aan die einde van die illustrasies saam met jou

maat uit.

BLADSY 4 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

Illustrasies

1

4

7

10

13

2 3

5

8

sinkgat

erosie

11 12

14 15

6

9

BLADSY 5 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

16

19

VERDERE INSTRUKSIES

17 18

20 21

• Besluit watter ramp deur die illustrasie uitgebeeld word.

• Gee vir die foto wat aan julle toegeken is, ‘n gepaste byskrif.

• Bespreek die gebeure wat in die illustrasie vasgevang is, met jou maat. Gee

aandag aan die volgende vrae tydens julle bespreking:

o Hoekom dink jy het die fotograaf dié spesifieke foto geneem? / Wat

beeld dié spesifieke illustrasie uit?

o Watter gevare is daar vir die mense wat in die nabye omgewing is van

dít wat uitgebeeld word? Motiveer waarom jy so sê.

o Watter emosies dink jy ervaar die mense wat bewus is van die

gebeure wat uitgebeeld word?

o Watter probleme lê voor vir die mense wat betrokke is by dít wat deur

die illustrasie uitgebeeld word?

o Wat sal jy doen as jy in so ‘n situasie beland?

• Gedurende die volgende aktiwiteit gaan julle aan die klas terugvoering

gee van wat julle as paar bespreek het.

• Die terugvoering sal in die vorm van ‘n rolspel geskied. Jou

onderwyser(es) sal aan julle verduidelik wat julle moet doen.

BLADSY 6 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

Aktiwiteit 1.3 Mondelinge terugvoering: Rolspel

INSTRUKSIES

Tyd: 35 minute Punte: 10

Assesseringsmetode: Formele assessering

Assesseringsinstrument: Rubriek

• Jy en jou maat gaan terugvoering doen oor die illustrasie wat julle bespreek

het.

• Terugvoering geskied in die vorm van ‘n rolspel.

Opdrag vir rolspel:

Jy en jou maat woon albei in die omgewing waar die ramp plaasgevind het.

o Leerder 1 is op een of ander manier deur die ramp geraak.

o Leerder 2 moet ‘n berig vir die plaaslike koerant oor die ramp skryf.

o Rolspeel die onderhoud wat gevoer word om inligting te bekom vir die

koerantberig.

• Gedurende die aanbieding van die rolspel moet julle die volgende in gedagte

hou:

Assessering

o Hou by die onderwerp.

o Julle rolspel moet sinvol en geloofwaardig wees.

o Speel jou rol oortuigend.

o Dra jou idees en gevoelens op ‘n kreatiewe, ekspressiewe en

verbeeldingryke manier oor.

o Gebruik jou liggaamshouding, gebare, liggaamstaal en

gesigsuitdrukkings om die gehoor te boei.

Jou onderwyser(es) sal die rolspel met behulp van die rubriek op bl. 25 van

hierdie Leerderboek assesseer. Maak seker dat jy die kriteria waarvolgens julle

geassesseer gaan word, verstaan.

BLADSY 7 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

AKTIWITEIT 2 RESPONS OP TEKS

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

TYD: 90 minute PUNTE: 40

Gedurende hierdie AKTIWITEIT sal jy

• aandagtig luister na hoof- en/of ondersteunende gedagtes en dit aanteken

deur vrae te beantwoord;

• jou luistervermoë demonstreer;

• skriftelik bewys dat jy verstaan wat jy lees;

• inligting bekom en verwerk;

• ‘n gedig bestudeer en vrae daaroor beantwoord.

Aktiwiteit 2.1 Luister

INSTRUKSIES

Tyd: 30 minute Punte: 10

Assesseringsmetode: Formele assessering

Assesseringsinstrument: Nasienmemorandum

• Jy gaan die vrae op die antwoordblad aan die einde van die leerderboek

skriftelik beantwoord na aanleiding van ‘n teks getitel “Neem die aarde

wraak?”

• Jou onderwyser(es) gaan die teks voorlees.

• Jou onderwyser(es) gaan die teks drie keer voorlees.

• Beantwoord die vrae op die antwoordblad (sien bl. 26 van die Leerderboek)

nadat jou onderwyser(es) die teks die laaste keer voorgelees het. Onthou:

jou onderwyser(es) gaan nie gedeeltes herhaal as jy nie aandagtig geluister

het nie.

• Merk jou antwoorde na aanleiding van die antwoorde wat jou onderwyser(es)

aan jou voorlees.

• Handig jou antwoordblad in sodat jou onderwyser(es) dit kan kontroleer.

ASSESSERING

Hierdie aktiwiteit word met ‘n nasienmemorandum geassesseer.

BLADSY 8 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

Tydens hierdie aktiwiteit sal jy volgens die volgende kriteria

geassesseer word:

• Kan jy die kernboodskap identifiseer en verstaan?

• Kan jy gegewe inligting selekteer en weergee?

• Luister jy vir detail?

Aktiwiteit 2.2 Gedig: Klasbespreking

INSTRUKSIES

Tyd: 15 minute

• Hierdie aktiwiteit gaan deur jou onderwyser(es) gelei word.

• Julle gaan die gedig Advice from above van Peter Snyders in die klas

behandel.

• Jy sal gedurende Aktiwiteit 2.3 vrae oor die gedig beantwoord wat jy moet

ingee vir assessering. (Vrae verskyn op bl. 27 van die Leerderboek.)

Advice from above – Peter Snyders

Die water willie weg vannie deer af bly nie,

nie iens met ‘n little help

vannie neighbourhood kids nie;

die hys raakie droëre nie,

want die rient hou nie oppie;

die modder byrie voordeer

het al quicksand gewid;

die pad ommie drai is ‘n yslike vlei.

en iemand het al verdrink

wat ‘n shortcut wou vat ...

Maarie Council herrie problem mooi gesolve,

en stier dié advice:

Move to higher ground.

BLADSY 9 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

Aktiwiteit 2.3 Gedig: Vrae

INSTRUKSIES

Tyd: 15 minute Punte: 10

Assesseringsmetode: Formele assessering

Assesseringsinstrument: Nasienmemorandum

• Beantwoord die vrae oor die gedig op bladsy 27 in die bylaag. Jy mag die

gedig in jou Leerderboek by jou hê.

ASSESSERING

Jou onderwyser(es) sal hierdie aktiwiteit met ‘n nasienmemorandum assesseer.

Aktiwiteit 2.4 Begriplees

INSTRUKSIES

Tyd: 30 minute Punte: 20

Assesseringsmetode: Formele assessering

Assesseringsinstrument: Nasienmemorandum

• Lees die internet-artikel getitel “Rampe wat Suid-Afrika getref het” sorgvuldig

deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

Rampe wat Suid-Afrika getref het

1. Suid-Afrika het die afgelope eeue ook rampe ervaar. Hieronder word net ‘n

paar van die rampe genoem.

1869 Groot Brand

2. In 1869 breek die Groot Brand uit wat die omgewing (later bekend as die

Tuinroete) onherroeplik verander. Die brand - heel moontlik veroorsaak deur

veldbrande wat buite beheer geraak het - maak die pad oop vir reisigers wat

voorheen deur die digte Tsitsikamma-woude verhinder is en vir die bou van

die latere kuspadstelsel in hierdie pragtige streek. Die woude het baie

kilometers ver met die kus langs gestrek. Teen 10 Februarie brand al die

berge rondom Knysna, en die brand woed maande lank voort. Teen Maart

1869 is baie min van die Tsitsikamma-woude oor.

BLADSY 10 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

1902 Die ergste sneeustorm

3. Die ergste sneeustorm waarvan ons weet, tref Suid-Afrika op 12 Junie 1902.

In Griekwaland-Oos lê die sneeu anderhalf (1½) meter dik en 13 000 skape

vrek.

1948 Die verwoestendste tornado

4. Die ergste Suid-Afrikaanse tornado waarvan ons weet, tref die dorp

Roodepoort net voor 6 nm. op 26 November 1948. Bome en blikke tol rond in

die donker lug, hael stort neer en huise se dakke word opgelig en weer

neergelaat - soos ’n man wat sy hoed lig. Alles is binne slegs ses minute

verby, maar sewehonderd huise word verwoes en dit lyk of die dorp deur ’n

bomaanval verniel is. Die tornado woed hom eers uit nadat hy sowat ’n uur

lank oor 64 km ’n spoor van verwoesting gelaat het. Net vier mense sterf in

hierdie ramp, maar sewentig word beseer.

1969 Die Bolandse aardbewing

5. In die nag van 29 September 1969 word die grootste aardbewing-skade in

Suid-Afrika aangerig toe veral die dorpe Ceres, Wolseley en Tulbagh erg

verniel word deur ’n aardskok op die sogenaamde Worcester-breuk in die

aardkors. Honderde huise word in bouvalle verander en moet gesloop en

herbou word. Elf mense is op die omringende plase dood waar swak

geboude tuistes ineengestort het.

1981 Die vloedramp op Laingsburg

6. Skielike vloede is die hoofoorsaak van sterftes wat met donderstorms verbind

word. Een van die ergste oorstromings in die Suid-Afrikaanse geskiedenis

vind op 23 Januarie 1981 plaas toe skielike vloedwaters onverwags ’n groot

deel van die Karoo-dorp Laingsburg tref en mense en huise meesleur.

Altesaam 104 mense verdrink, 185 huise, die ouetehuis en 23 kantore word

verwoes en slegs 21 huise bly staan. Die rede vir die groot skade en

lewensverlies is moontlik omdat mense niksvermoedend die dorp in die

meestal droërige loop van die Buffelsrivier gebou het sonder om die gevaar

van ’n skielike vloed te besef.

1984 Die sikloon Domoina

7. Meer as 200 mense sterf toe die sikloon Domoina in Februarie 1984

verwoesting saai in Swaziland, Mosambiek, die teenswoordige Mpumalanga

en in die noordooste van KwaZulu-Natal. Geweldige skade word aan brûe en

suikerrietplantasies aangerig. Die hoogste aangetekende reënval op een dag

op ’n enkele plek in Suid-Afrika word gemeet: 597 mm by die St. Luciameer.

1987 Die ergste vloed

8. Die ergste vloed in KwaZulu-Natal tref die streek aan die einde van

September 1987. Altesaam 388 mense sterf, terwyl 68 000 dakloos gelaat

word deurdat huise verbrokkel of in modder begrawe word. Durban is per

BLADSY 11 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

pad heeltemal van die res van die land afgesny, duisende kilometer paaie

word beskadig en veertien brûe word weggespoel.

(Uit: www.mieliestronk.co.za)

ASSESSERING

• Hierdie aktiwiteit word met behulp van ‘n nasienmemorandum geassesseer.

• Gebruik korrekte taal, spelling en punktuasie sodat die betekenis van jou

antwoorde baie duidelik is.

VRAE:

1. Die Groot Brand het die omgewing onherroeplik verander. Wat

beteken die voorvoegsel on- in die woord onherroeplik? (Gee slegs

een woord.) (1)

2. Die Groot Brand het egter twee positiewe gevolge gehad. Wat was

dit? (Noem TWEE dinge.) (2)

3. Watter ander woord sê vir ons dat die tornado in 1948 die ergste was

wat Suid-Afrika nog getref het? (1)

4. Waarvoor staan die volgende afkortings? Skryf die woorde voluit neer.

4.1 nm.

4.2 km (2)

5. Waarmee word die verwoesting van die tornado in 1948 vergelyk?

(Gee slegs een woord.) (1)

6. Het die Bolandse aardbewing (1969) net die dorpe Ceres, Wolseley

en Tulbagh verniel? Haal ’n gedeelte aan om jou antwoord te bewys. (1)

7. Daar is elf mense op die omringende plase dood. Wat het hulle dood

veroorsaak? Gee jou antwoord in ’n volsin. (1)

8. Hoeveel jaar gelede het die vloedramp op Laingsburg plaasgevind?

Skryf jou antwoord in woorde neer. (1)

9. Dit is nie net skielike vloede wat sterftes tydens donderstorms

veroorsaak nie. Gee EEN woord uit paragraaf 6 waaruit ons dit

kan aflei. (1)

10. Wat is die eintlike rede vir die groot skade en lewensverlies in

1981 in Laingsburg? Gee jou antwoord in ’n volsin. (1)

11. Watter woord sê vir ons dat Mpumalanga vroeër anders genoem is? (1)

12. Was dit moontlik om direk ná die vloed in 1987 met mense in

Durban kontak te maak? Verduidelik jou antwoord in ’n volsin. (2)

13. Op watter twee maniere is mense in 1987 dakloos gelaat? (2)

BLADSY 12 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

14. Watter een van die genoemde rampe dink jy is die ergste? Verduidelik

jou antwoord in nie meer as vyf sinne nie. (2)

15. Honderde huise moes herbou word. (Paragraaf 5). Wat beteken die

voorvoegsel her- in die woord herbou? Gee slegs een woord. (1)

ASSESSERING

Punte: 20

Jou onderwyser(es) sal hierdie aktiwiteit met ‘n nasienmemorandum assesseer.

Aan die einde van hierdie aktiwiteit wil die onderwyser(es) sien of jy die volgende

kan doen:

• opinies formuleer;

• die kernboodskap van ‘n teks kan identifiseer en verstaan;

• skriftelik kan wys dat jy verstaan wat jy lees;

BLADSY 13 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

AKTIWITEIT 3 FUNKSIONELE SKRYFWERK

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

TYD: 40 minute PUNTE: 10

Gedurende hierdie AKTIWITEIT sal jy

Assesseringsmetode: Formele assessering

Assesseringsinstrument: Rubriek/Matriks

• ‘n Dagboekinskrywing maak deur gebruik te maak van inligting wat jy in

vorige aktiwiteite bekom het.

• Die kennis wat jy bekom het, skriftelik demonstreer.

Aktiwiteit 3.1 Voorbereidingsaktiwiteit: Groepwerk

INSTRUKSIES

Tyd: 15 minute

• Vir die volgende aktiwiteit gaan julle in groepe werk.

• Gedurende hierdie aktiwiteit moet julle konsentreer op die verskillende

emosies wat mense ervaar wanneer hulle in ‘n krisissituasie is.

• Vul jou woordelys aan indien nodig.

• Lees die onderstaande scenario en strokiesprent sorgvuldig in jou groep deur

en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel is.

Scenario:

In Suid-Afrika is ons gelukkig dat ons nie so erg blootgestel is aan aardbewings

en orkane soos van die ander vastelande nie. Vir hierdie aktiwiteit moet jy

jouself in die skoene van iemand anders probeer plaas.

Die Jones-gesin woon naby Houston in Texas. Daar is vier lede in die gesin en

die kinders se oupa woon by hulle in.

Oupa Jones is egter ‘n baie siek man. Hy het probleme met sy niere en moet

gereeld aan ‘n dialise-masjien gekoppel word. Dit is dus uiters noodsaaklik vir

die gesin om altyd naby ‘n eenheid (hospitaal) te wees indien Oupa Jones sou

siek word.

Die gesin het so pas gehoor dat daar ‘n orkaan voorspel word en dat hulle moet

ontruim aangesien hulle in ‘n laerliggende gebied woon en heel waarskynlik in

die pad van die orkaan mag wees.

BLADSY 14 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

Lees nou die volgende strokiesprent om uit te vind wat die gesin doen.

BLADSY 15 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

• Beantwoord nou die volgende vrae in jul groep:

o Hoe dink julle het die verskillende gesinslede gevoel direk nadat hulle

die nuus van die orkaan gehoor het?

o Wat is die doel van dié spesifieke strokie en wie dink julle is die

teikengroep?

o Wat dink julle het die onderskeie lede van die gesin, tydens die

ontruiming, met hulle saamgeneem?

o Wat sal jy saamneem as jy skielik jou huis moet ontruim en nie weet of

jy weer sal kan teruggaan nie?

• Onthou om jou woordelys aan te vul. Jy kan jou woordelys tydens die

volgende aktiwiteit gebruik.

Aktiwiteit 3.2 Funksionele skryfwerk: Dagboekinskrywing

INSTRUKSIES

Tyd: 25 minute Punte: 10

Assesseringsmetode: Formele assessering

Assesseringsinstrument: Rubriek

• Die volgende aktiwiteit gaan jy op jou eie doen.

• Jy mag die woordelys wat jy met verloop van die GTA saamgestel het, tydens

hierdie aktiwiteit gebruik.

• Lees die onderstaande situasie sorgvuldig deur en doen dan die opdrag.

Situasie:

Jy het vir die naweek by vriende gaan kuier. Hulle woon naby ‘n groot rivier.

Daar het onverwags ‘n hewige reënbui uitgesak en die plaaslike owerheid het

laat weet dat julle moet ontruim aangesien die rivier besig is om af te kom.

Mense wat jy vandag vir die eerste keer ontmoet het, gee vir julle huisvesting.

Jy sit nou in die kamer en skryf in jou dagboek. Jy skryf jou ervaringe van die

dag en die emosies wat jy op verskillende tye beleef het, neer.

• Maak ’n dagboekinskrywing.

• Jou dagboekinskrywing moet tussen 120 en 180 woorde lank wees.

• Kyk na die assesseringskriteria voordat jy die dagboekinskrywing maak.

BLADSY 16 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

ASSESSERING

Hierdie aktiwiteit word deur middel van ‘n rubriek geassesseer.

Tydens hierdie aktiwiteit sal jy volgens die volgende kriteria geassesseer

word:

• Inhoud van die dagboekinskrywing: het jy goed gekyk na wat van jou verwag

word?

• Aanbieding: manier hoe jy die inhoud aangebied het.

• Taalgebruik.

• Emosie – is dit ‘n duidelike persoonlike besinning?

Rubriek: Dagboekinskrywing

Kriteria Kode 7

Uitmuntend

Inhoud

Taal en

styl

Kode 6

Met meriete

Kode 5

Aansienlik

Kode 4

Taamlik

goed

Kode 3

Redelik

Kode 2

Elementêr

Kode 1

Presteer nie

8-10 7 6 5 4 3 0-2

Uitstekende:

effektiewe

/kreatiewe

inligting

volgens die

situasie.

Deeglike,

logiese,

samehangende

eenheid.

baie goeie,

effektiewe

inligting

volgens die

teikengroep.

Organisering

is baie goed,

logies en

samehangend.

toepaslike en

taamlik

effektiewe

inligting

volgens die

teikengroep.

Organisering

is logies en

samehangend.

toepaslike

inligting

volgens die

teikengroep.

Organisering

is taamlik

logies, maar

samehang

ontbreek

soms.

redelik

toepaslike

inligting

volgens die

teikengroep.

Organisering

is redelik,

maar

samehang

ontbreek

dikwels.

meesal

onvanpaste

inligting

volgens die

teikengroep.

Organisering

is selde

voldoende

en samehang

ontbreek.

nie korrekte

inligting

volgens die

teikengroep

nie.

Organisering

ontbreek;

slegs

losstaande

gedagtes.

8-10 7 6 5 4 3 0-2

Effektiewe

taalstrukture

en

oorspronklike

woordeskat

wat uiters

gepas vir die

opdrag en

doel is.

Baie goeie,

effektiewe

taalstrukture

wat baie

gepas vir die

opdrag en

doel is.

Akkurate

taalstrukture

en

woordeskat

wat meesal

gepas vir die

opdrag en

doel is.

Taalstrukture

en

woordeskat

is taamlik

gepas vir die

opdrag en

doel.

Taalstruk-

ture en

woordeskat

is redelik

gepas vir die

opdrag en

doel.

Taalstrukture

en

woordeskat

is selde

gepas vir die

opdrag en

doel.

Taalstrukture

en

woordeskat

is onvanpas

vir die

opdrag en

doel.

Punte: 10

BLADSY 17 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

AKTIWITEIT 4 TAAL IN AKSIE

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

TYD: 60 minute PUNTE: 30

Gedurende hierdie AKTIWITEIT sal jy

• ‘n grafiek saam met die groeplede ontleed;

• taalvrae beantwoord;

• ‘n vertaling doen.

Aktiwiteit 4.1 Groepwerk: Grafiek (Verrykingsaktiwiteit)

INSTRUKSIES

Tyd: 15 minute

Assesseringsmetode: Groepassessering

Assesseringsinstrument: Kontrolelys

• Hierdie aktiwiteit gaan julle in groepe doen.

• Bestudeer die grafiek hieronder en bespreek dan die vrae wat daarop volg, in

die groep.

Verlies as gevolg van

rampe

(in biljoen US $)

VRAE:

400

350

300

250

200

150

100

50

0

Aantal rampe en verliese as gevolg van rampe

Verlies Aantal Rampe

1963-67 1968-72 1973-77 1978-82 1983-87 1988-92 1993-97 1998-2002

5 jaar periode

1. Oor watter tydperk is die opname gemaak? (Hoeveel jaar?)

2. In watter tydperk is die grootste verlies weens rampe aangeteken?

3. In watter tydperk is die meeste rampe aangeteken?

4. Watter gevolgtrekking kan julle maak op grond van die inligting in die

grafiek?

2500

2000

1500

1000

500

BLADSY 18 VAN 28 BLADSYE

0

Aantal Rampe

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

• Doen terugvoering van dít wat julle in die groep bespreek het. Jou

onderwyser(es) sal die terugvoering lei.

• Assesseer groepdeelname met behulp van die kontrolelys.

ASSESSERING: Groepassessering

Gebruik die volgende kontrolelys om die groepdeelname te assesseer.

Kriteria Ja Nee

1. Groeplede het na mekaar geluister.

2. Groeplede respekteer mekaar se standpunte.

3. Groeplede betrek maats in die groep by die bespreking.

4. Elke groeplid het ‘n bydrae gelewer.

5. Groeplede reageer op mekaar se bydraes.

6. Groeplede onderbreek/verskil van mekaar op ‘n hoflike wyse.

7. Die groep het gehou by die opdrag.

Aktiwiteit 4.2 Vertaling

INSTRUKSIES

Tyd: 15 minute Punte: 4

Assesseringsmetode: Formele assessering

Assesseringsinstrument: Rubriek

• Vertaal die strokie Aktiwiteit 3.1 in Afrikaans. Vul die vertaling op die strokie

met leë praatborrels in.

ASSESSERING

Hierdie aktiwiteit word deur middel van ‘n rubriek geassesseer.

Tydens hierdie aktiwiteit sal jy volgens die volgende kriteria geassesseer

word:

Vertaling: Beskik jy oor die vermoë om ‘n teks vanuit Engels in Afrikaans te

vertaal?

Punte: 4

BLADSY 19 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

Aktiwiteit 4.3 Taal

INSTRUKSIES

Tyd: 30 minute Punte: 26

Assesseringsmetode: Formele assessering

Assesseringsinstrument: Memorandum

• Lees die koerantartikel Plan kom om te waarsku oor rampe en beantwoord

dan die taalvrae.

ASSESSERING

Hierdie aktiwiteit word deur middel van ‘n nasienmemorandum geassesseer.

Tydens hierdie aktiwiteit sal jy volgens die volgende kriteria geassesseer

word:

• Kan jy woordeskat, spelling en punktuasie in taalgebruik toepas?

• Kan jy afleidings uit ‘n teks maak?

• Verstaan jy die grammatikale verskil en funksie van sinsoorte?

• Kan jy met woorde werk?

• Kan jy met sinne werk?

• Kan jy met tekste werk?

1 LONDEN. - Planne vir 'n vroeë

internasionale waarskuwingstelsel om die

wêreld oor natuurrampe soos

aardbewings, tsoenami's, vulkane,

asteroïede en komete in te lig, is hier in

opdrag van die premier, mnr. Tony Blair,

opgestel.

2 'n Paneel onder die voorsitterskap van

prof. David King, die Britse regering se

hoofwetenskaplike, het voorgestel dat

£100 miljoen beskikbaar gestel word vir

'n internasionale waarskuwingstelsel.

3 Blair sal na verwagting by die

komende G8-leiersberaad in Julie in

Gleneagles, Skotland, die leiers van die

wêreld se rykste lande se ondersteuning

vra vir só 'n stelsel, het The Times gister

berig. Die premier, wat voorsitter van die

Plan kom om te waarsku oor rampe

beraad sal wees, sal voorstel dat 'n

internasionale komitee - gegrond op die

inter-regeringspaneel vir klimaatsverandering

- tot stand gebring word.

4 Buiten verteenwoordigers van die G8lande

sal pres. Thabo Mbeki en die

regeringshoofde van China, Indië,

Brasilië en Mexiko op uitnodiging van

Blair daar wees. Blair het die Britse

komitee om voorstelle gevra kort ná die

tsoenami wat in Desember 2004

derduisende in Asië geëis het.

5 King het gesê die jongste aardbewing

wat Indonesië vandeesweek getref het,

het opnuut die noodsaak van 'n

internasionale natuurramp-waarskuwingstelsel

onderstreep.

(Sarel van der Walt)

BLADSY 20 VAN 28 BLADSYE

VRAE:

1. Verduidelik waarom daar ‘n deelteken op die e in vroeë en Indië is. (1)

2. Verduidelik waarom die kommas in paragraaf 1 gebruik word by:

2.1 ‘aardbewings, tsoenami’s, vulkane, asteroïede ...’ (1)

2.2 ‘... die premier, mnr. Tony Blair, opgestel.’ (1)

3. Waarvoor staan die volgende afkortings:

3.1 prof. (paragraaf 2) (1)

3.2 pres. (paragraaf 4) (1)

4. 'n Paneel het voorgestel dat £100 miljoen beskikbaar gestel word.

4.1 Waarom word die lydende vorm (vetgedrukte gedeelte) in dié sin

gebruik? (Gee twee redes.) (2)

4.2 Skryf die sin oor in die teenwoordige tyd. (1)

5. 'n Paneel het voorgestel dat £100 miljoen beskikbaar gestel word vir 'n

internasionale waarskuwingstelsel.

5.1 Skryf die direkte woorde neer wat die paneel gesê het. (1)

6. Beantwoord die volgende vraag. Begin soos aangedui:

Is daar alreeds ‘n waarskuwingstelsel om die wêreld oor natuurrampe te

waarsku?

Nee, ... (1)

7. Skryf in woorde: £100. (2)

8. Kyk na die volgende sin:

King het gesê die jongste aardbewing wat Indonesië vandeesweek getref

het, het opnuut die noodsaak van 'n internasionale natuurramp- waarskuwingstelsel

onderstreep.

8.1 Skryf die hoofsin neer. (1)

8.2 Skryf die bysin neer. Is dit ‘n bywoordelike of ‘n byvoeglike

bysin? (2)

9. Verbind die volgende sinne.

9.1 Blair voel ernstig oor die saak.

Blair sal die wêreldleiers se ondersteuning vra.

9.1.1 Gebruik die woord aangesien (1)

9.1.2 Verbind die twee sinne sonder ’n voegwoord. (1)

9.2 Die koerant is gou uitverkoop.

Die berig het in die koerant verskyn. (in + wat) (2)

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

10. Voltooi die volgende paragraaf. Gee telkens die korrekte vorm van die

woord(e) tussen hakies óf vul die korrekte woord in.

Dit is 10.1 (baie + nodig) dat daar ‘n waarskuwingstelsel kom. ‘n

Mens kan 10.2 ______ net indink wat nog kan gebeur. Die paneel

is 10.3 (vasbesluit) om ‘n plan te maak. Selfs ’n klein 10.4

(tsoenami) kan groot skade veroorsaak. Mense naby die kus is

10.5 (benoud) as dié in die binneland. Ons kan baie 10.6 (dank)

wees dat hier nie ernstige aardbewings in 10.7 (SA – skryf uit)

voorkom nie.

AKTIWITEIT 5 KREATIEWE SKRYFWERK

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

TYD: 50 minute PUNTE: 30

Gedurende hierdie AKTIWITEIT gaan jy

• ‘n beskrywende of verhalende opstel skryf.

Aktiwiteit 5.1 Kreatiewe skryfwerk: Opstel

INSTRUKSIES

Tyd: 50 minute Punte: 30

Assesseringsmetode: Formele assessering

Assesseringsinstrument: Rubriek

(7)

Punte: 26

• Kyk na die illustrasies op die volgende bladsy. Elke illustrasie beeld ‘n toneel

net ná ‘n natuurramp uit.

• Maak gebruik van die illustrasies en skryf ‘n verhalende óf beskrywende

opstel.

• Jou opstel moet handel oor die dag ná ‘n natuurramp.

• Gee jou opstel ‘n gepaste titel.

• Beplan jou opstel eers deeglik voor jy dit begin skryf.

• Jou opstel moet tussen 250 en 350 woorde lank wees.

• Lees jou opstel na voltooiing noukeurig deur.

• Redigeer jou opstel na voltooiing.

BLADSY 22 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

ASSESSERING

• Hierdie aktiwiteit word deur middel van ‘n rubriek geassesseer.

Illustrasies:

BLADSY 23 VAN 28 BLADSYE

RUBRIEK VIR OPSTEL

Kriteria Vlak 7 Vlak 6 Vlak 5 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1

8-10 7 6 5 4 3 0-2

Paragrafering, Deeglike

Baie goeie

. Goeie

Bewys van ‘n Sekere mate Beperkte bewys Baie min bewyse

Beplanning beplanning. beplanning. beplanning. beplanning. van beplanning. van beplanning. van beplanning.

Gedagtes

Gedagtes baie Gedagtes goed Voldoende Paragrawe in ’n Paragrafering Geen

uitstekend

goed

georganiseer. paragrafering. mate

taamlik

paragrafering.

georganiseer. georganiseer. Goeie

georganiseer. onsuksesvol.

Paragrafering Paragrafering baie paragrafering.

uitstekend. goed.

8-10 7 6 5 4 3 0-2

Inhoud, Uiters kreatief en Baie goed, Goed, suksesvol. Voldoende, Vervelig,

Baie leemtes. Onvoldoende,

register en oorspronklik. treffend.

relevant.

alledaags.

niksseggend;

styl

Toon insig.

Register goed

Register kwalik onderwerp

Register vaardig Register baie goed gebruik en

Register

Register neig na gepas en kwalik verkeerd

gebruik.

gebruik. Baie goed aangepas vir doel bevredigend gewoon /

aandag aan doel geïnterpreteer.

Uitmuntend aangepas vir doel en konteks. gebruik en

stereotiep.

en konteks. Baie beperkte

aangepas vir doel en konteks.

aangepas vir doel Redelik aandag

bewustheid van

en konteks.

en konteks. aan doel en

gepaste register.

konteks.

Byna geen aandag

aan doel en

konteks nie.

8-10 7 6 5 4 3 0-2

Taalgebruik Uitmuntende, Baie goeie

Goeie woordeskat Voldoende Voldoende Beperkte

Baie beperkte

idiomatiese woordeskat en en taalgebruik met woordeskat en woordeskat en woordeskat en woordeskat en

taalgebruik en taalgebruik met min spel- en taalgebruik. frases. Min bewys frases. Baie frases. Sterk

woordeskat met min spel- en leestekenfoute. Taamlik spel- en van oorspronklike woordorde-, spel- moedertaal

min spel- en leestekenfoute. Woordorde soms leestekenfoute. woordkeuse. en leestekenfoute invloed. Ernstige

leestekenfoute. Geen woordorde verkeerd.

Woordorde dikwels Heelwat

wat betekenis woordorde-, spel-

Geen

foute nie.

verkeerd.

woordorde-, spel- verwring. Basiese en leestekenfoute

woordordefoute

en leestekenfoute sinstruktuur selde wat betekenis

nie.

maar dit beïnvloed korrek.

verwring. Basiese

nie betekenisnie.

sinstrukture feitlik

nooit korrek nie.

Punte: 30

BYLAAG MET KONTROLE LYSTE, VRAELYSTE ENS.

NAAM : ________________________________________________________

Aktiwiteit 1.3 Terugvoering: Rolspel

Die onderwyser(es) sal die volgende rubreik gebruik om julle rolspel te

assesseer.

Rubriek: rolspel

Beplanning en

interpretasie

van tema

Aanbieding, styl en taalgebruik

Kode 1

Oortref die

vereistes van die

taak

Kode 2

Voldoen aan die

vereistes

Kode 3

Voldoen

gedeeltelik aan die

vereistes

Kode 4

Voldoen nie aan

die vereistes nie

PUNTE 8-10 5-7 2-4 0-1

KRITERIA • Baie goed • Dialoog toon • ‘n Mate van • Feitlik geen

beplan

tekens van

beplanning is beplanning

• Onderwerp

beplanning

gedoen

• Byna geen

goed geïnter- • Bevredigende • ‘n Mate van

skakel tussen

preteer

interpretasie waninterpretasi die onderwerp

• Leerder hou by van onderwerp e of swak

en wat

die onderwerp

interpretasie aangebied is

• Kreatief en

van die

nie

interessant

onderwerp

PUNTE 8-10 5-7 2-4 0-1

• Rolspel uiters • Taalgebruik van • Taalgebruik van • Taalgebruik te

geloofwaardig sprekers

sprekers klink gebrekkig om te

aangebied.

lewensgetrou. nie eg nie.

verstaan wat

• Hou die aandag • Aandag van • Redelik daarin die sprekers sê.

van maats

maats in ’n

geslaag om • Hou glad nie

deurentyd.

groot mate

aandag van

die aandag van

• Taalgebruik van behou.

maats te behou. maats nie.

sprekers eg en • Skryf duidelik • Baie taal- en • Rolspel oortuig

gepas vir

ondanks taal- spelfoute wat glad nie.

situasie

en spelfoute dikwels die

• Baie goeie

betekenis

taalgebruik met

byna geen foute

nie

versluier

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

NAAM : ________________________________________________________

Aktiwiteit 2.1 Luisterbegrip Punte: 10

VRAE

1. Waardeur word natuurrampe volgens kenners aangehelp?

. (1)

2. Wat beteken die woord ‘aardverwarming’? Kies die korrekte antwoord. (1)

Die aarde se hulpbronne

word misbruik en

opgebruik.

Die aarde se

temperatuur styg te

vinnig.

Die nywerheidsrevolusie

laat die temperature

styg.

3. Wie is hoof van die humanitêre aanbevelingsdepartement van die

internasionale federasie van die Rooi Kruis? (1)

4. In watter land is die konferensie in 2005 gehou? (1)

5. Wat het die Verenigde Nasies by die konferensie probeer vind? (1)

6. Sedert watter jaar het natuurrampe verdubbel? Kies die korrekte

antwoord. (1)

2005 1969 1996

7. Watter twee lande het nie die Kyoto Protokol onderteken nie? (2)

8. Wat maak aardverwarming so gevaarlik? Onderstreep die korrekte

antwoord: (1)

• Die ys in Alaska smelt.

• Die uitwerking van aardverwarming word oor die hele aarde gevoel.

• Woude en dierespesies sterf uit.

9. Is daar vir ons hierdie jaar enige rede vir troos rakende die uitwerking

van aardverwarming? (1)

Ja Nee

Handtekening van assesseeer: _____________________

Punt uit 10: ______

BLADSY 26 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

NAAM : ________________________________________________________

Aktiwiteit 2.2 Gedig

VRAE

Tyd: 15 minute Punte: 10

1. Gee die korrekte Afrikaanse woorde vir die volgende Engelse woorde:

1.1 neighbourhood

1.2 quicksand

1.3 shortcut

1.4 council

1.5 solve

1.6 advice (6 x ½) (3)

2. Hoe voel die spreker in die gedig oor die reën? Verduidelik hoekom

hy/sy so voel. (2)

3. In versreël 11 lees ons: “Maarie Council herrie problem mooi gesolve”.

3.1 Watter oplossing het die Council vir die probleem gegee? (1)

3.2 Het die spreker dit as ’n goeie oplossing beskou? Verduidelik

jou antwoord. (1)

4. Kyk na die prentjie langs die gedig. Watter TWEE ooreenkomste (dinge

wat dieselfde is) is daar tussen die gedig en die prentjie? (2)

5. Die gedig is nie in Standaardafrikaans geskryf nie. Sou dit ‘n verskil aan

die boodskap van die gedig gemaak het as dit wel in Standaardafrikaans

geskryf is? Verduidelik jou antwoord. (1)

Punte: 10

BLADSY 27 VAN 28 BLADSYE

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 9 GTA - 2007 LEERDERBOEK

NAAM : ________________________________________________________

Aktiwiteit 4.2 Strokie

Punte: 4

BLADSY 28 VAN 28 BLADSYE

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!