04.05.2013 Views

GELOOF VAN ISLAM - Lewende Waters Bedieninge

GELOOF VAN ISLAM - Lewende Waters Bedieninge

GELOOF VAN ISLAM - Lewende Waters Bedieninge

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

QADASH Woordskool Lesing 9

Be Prepared

GELOOF VAN ISLAM

(Hierdie lesing word NIE aangebied om die geloof van Moslems aan te val nie. Dit word aangebied om

vals eise te verklaar dat die Christen geloof en die Islam geloof dieselfde god aanbid, dieselfde grondslag

het ens. Hierdie lesing het NIE veroordeling ten doel nie, maar opvoeding. Waar kontroversiele uitlatings

gemaak word, het ek ook bron verwysings in gevoeg vir naslaan doeleindes)

REDE VIR LESING

• Baie mense, insluitende beleidende Christene, dink dat die god van Islam [Allah]

dieselfde God kan wees van die Bybel, net n ander naam.

• Die Islam geloof gee erkenning aan die Bybel, Jesus, Abraham ens. Dus kan hulle nie

te ver verkeerd wees nie (??) - is dit korrek?

• Sommige glo weer dat die Islam geloof gebore is uit Ismael, Abraham se eerste seun by

die slavin Hagar. Alhoewel die volgelinge van hierdie geloof (Oorspronklik Arabies) wel

afstam van Ismael, en die profesiee van die Bybel aangaande die vyandskap tussen

Ismael en Isak en hulle nageslag wel gekoppel is aan die Islam geloof en haat teen die

Jode, moet ons onthou dat Ismael NIE die geloof van Islam gestig het nie.

o Daarteen was die volk van God, Israel, (die Jode) wel gebore met Isak, Jakob en

sy 12 seuns. Daar is n onmiddelike stigting van die Joodse geloof deur die

besnydenis en God se verbond.

• Dit is belangrik dat Christene toegerus is om eerstens n persoonlike oortuiging te he van

die verskille tussen Islam en Christendom, en Allah en God (Jahweh), en dan tweedens

toegerus is om ander in die waarheid te lei.

BELANGRIKST E OORTUIGINGS:

• Die Islam geloof is begin deur Mohammed, 610 n.C. Hy was gebore in die stad Mekka

in die destydse Arabie.

• Mohammed beweer dat hy n openbaring ontvang het vanaf god (Allah) deur die engel

Gabriel.

• Hierdie openbaring is deur ander mense neer geskryf en saam gevat in n boek,

genaamd die Quran (Koran).

• Die Islam geloof is verdeel in 2 hoofstrome (daar is wel nog ander kleiner/onerkende

skole van denke), en n derde on-erkende mistiese been.

o Sunni beslaan ongeveer 90% van die Islam aanhangers

o Sjiitiese ongeveer 10%

o Sufis word nie ingereken in die erkende Islam Statistieke nie. Die Sufis is die

Moslem-mistici wat grootliks spirituele ervaringe aanhang. Daar is etlikke

miljoene navolgers.

• Moslems moet die volgende 6 geloofs oortuigings aanvaar van die Islam geloof

o Geloof in Allah - Daar is net een god, sy naam is Allah en hy is verhewe bo alles

o Engele - Moslems glo in die bestaan van engele, geestelike wesens in diens van

Allah

o Heilige Boeke

Page 1

QADASH Woordskool Lesing 9

Be Prepared

Islam glo dat Allah deur verskeie openbaringe, verskeie boeke vir die

mensdom gegee het, insluitende die Tora (eerste 5 boeke van Bybel), die

Psalms en die Evangelies (soos gevind in die Bybel)

Die Koran was egter laaste gegee en is verhewe bo die ander. Dus

vervang die Koran vir alle praktiese doeleindes die vorige boeke en

verklaar dit nietig.

o Profete - Moslems glo dat Allah verskeie profete gehad het. Die 6 vernaamste

van alle profete is

• Adam die uitverkorene van Allah

• Noag die prediker van Allah

• Abraham - die vriend van Allah

• Moses die spreker van Allah

• Jesus die woord van Allah

• Mohammed die apostel van Allah. Mohammed is die grootste

van alle profete/apost els en sy gesag is bo almal. Hy word ook

genoem seel van die profete; vrede van die wereld en 200

ander name.

o Voorbestemming - Moslems glo dat ALLES wat gebeur, goed en sleg, deur Allah

se dekreet gebeur vooraf bepaal is deur hom.

o Die oordeelsdag - Moslems glo in n oordeelsdag

Op die dag, sal alle Moslems se dade, goed en sleg, op n skaal geplaas

word. Moslems met genoeg meriete, persoonlike geregtigheid en Allah se

guns sal in die hemel opgeneem word , terwyl alle ander mense in die

ewige hel beland.

Let op dat (anders as die Christelike geloof), is daar geen waarborg van

saligheid nie. Jy sterf in onsekerheid van jou redding.

• Benewens hierdie geloofsoortuigings, moet alle moslems ook 5 geloofspligte uitvoer.

Dit word die 5 pillare genoem.

o Om die credo van Islam voor te dra: Daar is geen ander god behalwe Allah nie,

en Mohammed is sy profeet

o n Moslem moet 5 maal per dag die voorgeskrewe gebede bid.

Dit moet in voorgeskrewe posisies gedoen word, bv. Staan, op kniee met

gesig na grond ens.

Die oproep tot gebed word gedoen deur die Moslem-muezzen - die

roeper.

Dit word gedoen vanuit die toring minaret

In die Moskee die openbare aanbiddings plek (soos n Kerk vir

Christene en n Sinagoge vir die Jode)

o Om die heilige maand van Ramadan te hou (maand van vas). Moslems moet vir

n maand vas, die vas is slegs gedurende die dag.

o Om aalmoese aan die armes te gee

o Ten minste een pelgrimstog na Mekka te neem

o Sommige verkondig dat daar n sesde geloofsoortuiging is: die Djihad (Jihad)

Page 2

QADASH Woordskool Lesing 9

Be Prepared

ONTSTAAN VAN ISLAM

n Djihad is n stryd

Dit kan intern wees n geestelike stryd om iets te oorwin

Of ekstern; n Geveg/oorlog waarin die Islam geloof fisies verdedig word

teen sy teenstanders.

Mohammed het visioene ontvang vanaf Allah, deur die engel Gabriel sedert 610 n.C.

Aangesien hy ongeletterd was, is hierdie openbaringe gememoriseer en het volgelinge hierdie

leringe neergeskryf.

Mohammed het hierdie openbarings ontvang sy hele lewe lank, tot sy dood, 632 n.C. (volgens

The Cambridge History of Islam, 1970, Volume 2)

Na sy dood het die geloof in 2 verdeel, elk maak aanspraak daarop dat hulle die ware

interpritasie het van die Islam geloof.

MEER OOR MOHAMMED EN SY LERING

Hy het geglo dat hy die laaste, en belangrikste profeet is van Allah.

Hy het egter ook geglo dat hy n profeet was van die God van die Bybel.

Hy beweer om die ENIGSTE verteenwoordiger te wees van Allah, maar ook n

verteenwoordiger van God (Jahweh) wat presies die teenoorgestelde lering aan die mens gee.

Hier is n paar verskille:

• Allah is n enkel god, ons God is drie-enig

• Allah het geen seun, as jy dit glo pleeg jy n onvergeeflike sonde. God het n seun, en

Hy is Jesus.

• Die Koran leer dat mense of hemel of hel toe gaan gebasseer op Allah se vooraf

bepaling, en dat goeie werke en persoonlike geregtigheid hiertoe bydra. Die Bybel leer

dat geen mens uit werke gered word nie, maar genade alleen, deur die geloof in Jesus

Christus.

• Die Koran erken die bestaan van Jesus, maar as profeet (ondergeskik aan Mohammed).

Hy het nie gesterf aan n kruis nie, en beslis nie vir die mens se sondes en vrymaking

nie. Die Bybel leer dat Jesus die middelpunt van God se verlossingsplan is.

• Allah is verhewe bo als, en sal genade op arbitrere wyse skenk, maar NIE n god van

liefde is wat onvoorwaardelik liefhet nie. Hy sal nooit sy verhewe posisie verlaag om

gelyk te word aan mens nie. Die Bybel leer ons dat God ons lief gehad het toe ons

nog verlore/sondaars was. Dat God genade skenk aan almal, onvoorwaardelik wat in

Sy seun Jesus glo geen persoonlike werke word oorweeg. Jesus het sy heerlikheid

verlaat om n dienaar te word, en selfs te sterf vir die mens.

• Allah kan geen verhouding he met sy volgelinge nie, en moet slegs gehoorsaam en

gedien word. God plaas egter Sy Gees in die mens, en verenig die mens met Hom en

begeer n intieme verhouding met Sy KINDERS.

Page 3

QADASH Woordskool Lesing 9

Be Prepared

Hier is werklik n dilemma.

Hy het nie net persoonlik geglo in die vermenging van hierdie 2 godhede se beginsels nie,

maar dit ook so oorgelewer in die leringe van Islam; Bv.

• Die Koran leer dat beide die Koran en die Bybel eerbiedig moet word: Ons glo in Allah

en dit wat aan ons gestuur is, en na Abraham en na Ismael, Isak en Jakob en die

Joodse stamme, en dit wat aan Moses en Jesus gegee was, en aan die profete, deur

hulle Here; ons tref geen onderskeid tussen hulle nie (AJ Arberry, the Quran Interpreted

1976, p.8)

• Die Koran beweer dat Allah die god is wat die Tora en die Evangelies van die nuwe

testament geinspireer het: aan Moses die Boek en die verlossing gegee het, dat julle

miskien daardeur gelei kan word. En Moslems word beveel: Gedenk die Tora en die

Evangelies wat Allah daaruit geopenbaar het (NJ Dawood, The Koran With A Parallel

Arabic Text, 1997, p.384)

• O, gelowiges, glo in Allah en sy Boodskapper [Mohammed], en die Boek wat hy aan sy

boodskapper op aarde gestuur het [Koran], en die Boek wat hy voorheen gestuur het

[Die Bybel]. Wie nie in Allah en sy engele en sy Boeke en sy boodskappers en die laaste

dae glo nie, het ver afgedwaal Allah sal al die skynheiliges en ongelowiges in

Gehenna [die hel] bymekaarmaak. (AJ Arberry, the Quran Interpreted 1976, p.120-121)

Die Koran leer dus dat die Bybel deur Allah inspireer is, erken moet word en die inhoud moet

aanvaar. Ook so moet die boodskappe van die profete aanvaar word, dus behoort dit die

geskrifte van Paulus insluit ens. Die Bybel leer egter duidelik die lering van JESUS as seun van

God, die enigste verlosser en weg na God.

Die Bybel verwerp die moontlikheid van n ander god, of verlossing op n ander wyse as dit wat

deur God se Woord voorgeskryf word. Die Bybel word deur God verkondig as die ENIGSTE

geskrewe waarheid, Joh 17:17. Dus verwerp die Bybel die Koran as die waarheid en die enkelgod

Allah as oppergod en verlosser.

As n Moslem dus die voorskrif aanvaar, moet hy dus die Bybel aanneem, en die Koran

verwerp.

Hierdie dilemma word verwyder deur te se dat Waar die Bybel en die Koran bots, moet die

Koran aanvaar word, want die Bybel was histories verkeerd vertaal en interpriteer

Hierdie stelling is egter nie n feit nie, en is n ongeldige argument n beweerde onakkuratheid

kan nooit as n feit gebruik word nie. Die dilemma leef voort !!

MOHAMMED SE OPENBARINGS EPISODES

Mohammed het sy openbaringe ontvang tydens of net na trans-episodes. Getuies het verklaar

dat hy opgetree het soos n mens onder die invloed van n bose gees [djin].

Selfs van sy familielede het hierdie oortuiging gehad, insluitende sy pleegma, Halima. Sy het

gese: ..ek gedink het hy is van die duiwel besete (JND Anderson, The Worlds Religions, 1966,

p.54)

Aan die begin het Mohammed self geglo dat hy deur n bose gees besit word en die gees [djin]

gee aan hom hierdie inligting, totdat sy vrou hom anders oortuig het. (McDowell and Gillcrest, The

Islamic Debate, p.16)

Die vroee aanhoorders van Mohammed se openbarings en sy gedrag, was nie sulke oortuigde

aanhangers soos die latere jare se navolgers nie. Inteendeel, hulle het die gedrag beskryf as

die van n mens wat deur die duiwel besete is. Hierdie oortuiging het egter vervaag, en later uit

gesterf. (AM Holt, The Cambridge History of Islam, 1970)

Page 4

QADASH Woordskool Lesing 9

Be Prepared

IS DIE GESKRI FTE VAN ISLAM BETROUBAAR?

• Moslems en Christene aanvaar dat die Koran en Bybel (onderskeidelik) die onfeilbare

Woord (of boek) van van God (of Allah) is.

• Die Bybel is egter foutloos, terwyl die Koran vol foute is. Bv. Die Koran verklaar dat

Mohammed in die Tora en Evangelies verkondig word as die finale en groot profeet en

apostel van Allah. (NJ Dawood, The Quran, 1972, p.253)

o Hierdie feit word egter nooit verkondig in die Bybel nie, Mohammed se naam

word nooit genoem nie.

• Ander teenstrydighede uit die Koran

o Die ark van die vloed het op die berg Judi beland, nie Ararat soos die Bybel leer

nie.

o Die vloed was in die tyd van Moses, nie Noag nie

o Abraham se pa was Asar, nie Tera soos die Bybel leer nie

o Abraham het Ismael gaan offer, nie Isak nie

o Farao se vrou het Moses aangeneem, nie sy dogter soos die Bybel leer nie

o Maria, moeder van Jesus, het geboorte geskenk aan haar eersgeborene onder n

palmboom, nie in n stal nie.

o en baie ander veskille Bv. Die skepping van die mens, sonde, Moses en die

brandende bos, Noag se ark, Josef wat na Egipte ontvoer is, die lewens van

Sagaria, Johannes die Doper, Maria, Jesus en vele ander.

o En tog beweer die Koran: dit [Koran] bevestig die Boeke van Moses en die

Evangelies. (Arberry, Quran Interpreted, p. 135 & 229)

• Die vroee Moslem geleerdes het herken dat daar duisende weergawes was, met etlike

verskeie weergawes van inligting en dat daar nie na DIE Koran verwys kon word nie.

(The Origins Of The Quran, www.secularislam.com)

AFSLUITING

• Allah en Jahweh is NIE dieselfde God nie

• Die Koran erken die Bybel, en dan verwerp dit die Bybel met latere argumente

• Christene en Jode se oortuigings word verwerp asook ons God

• Islam se doel is om die wereld te regeer onder Shariah Wetgewing Islam wette

• Daar is geen plek vir die Christelike geloof nie

U MOET EGTER ONTHOU

• Jesus is die weg, die waarheid en die Lewe, en niemand gaan na die Vader behalwe

deur Jesus

• Die Bybel is die waarheid, die woord van God en die finale gesag.

• Die finale openbaring wat God die mens wou gee, was deur sy apostels, veral Paulus.

Na die Bybel se periode, was daar niks nuuts deur God gegee.

• JESUS HET OOK VIR ELKE MOSLEM GEST ERF

• Ons kan hulle nie bereik met veroordeling en haat nie, maar met die waarheid - in liefde!

Page 5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!