04.05.2013 Views

Verbruikersgids - Dedea

Verbruikersgids - Dedea

Verbruikersgids - Dedea

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Verbruikersgids

Jou Verantwoordelikhede en

Regte kragtens die Wet op

Verbruikersbeskerming,

Nr. 68 van 2008

Inl e i d i n g

Die Wet op Verbruikersbeskerming is verorden ten

einde die ekonomiese welvaart van verbruikers in Suid-

Afrika te ondersteun en te bevorder. Die Wet bereik dit

deur die regte van verbruikers te beskerm, maar ook

deur ‘n kultuur van verbruikersverantwoordelikheid

aan te moedig.

Hierdie Verbruikersgids beoog, so ver moontlik, om

die volgende te verduidelik:

• Op wie en waarop die Wet van toepassing is

• Wat nie deur die Wet gedek word nie

• Jou verantwoordelikhede as ‘n verbruiker

• Jou regte ingevolge die Wet op

Verbruikersbeskerming

• Hoe jy jou regte kan verwesenlik en beskerm

• Die rol van Nasionale

Verbruikersbeskerminginstellings

Hierdie Verbruikersgids mag vir die opleiding van

verbruikers gebruik word ten einde hulle in staat te

stel om ingeligte en verantwoordelike keuses te maak.

© Hierdie Verbruikersgids is namens die Oos-Kaapse Departement van Ekonomiese

Ontwikkeling, Omgewingsake en Toerisme deur Professor Vivienne Lawack-Davids,

Uitvoerende Dekaan van die Regsfakulteit aan die Nelson Mandela Metropolitaanse

Universiteit opgestel.

Op wie en waarop is die Wet

van toepassing?

Die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) is van

toepassing op:

• Elke transaksie binne die Republiek van Suid-Afrika

(RSA), behalwe waar dit deur die Wet vrygestel

word

• Die bevordering van enige goedere of dienste, of

van die verskaffer van enige goedere of dienste

binne die RSA, tensy die goedere of dienste nie

redelikerwys die onderwerp van ‘n transaksie

kragtens die Wet kan wees nie, of tensy die

bevordering van sodanige goedere en dienste

vrygestel is

• Goedere of dienste wat ingevolge ‘n transaksie

waarop die Wet van toepassing is, gelewer word

(dit maak nie saak of die goedere of dienste saam

met ander goedere of dienste, of apart aangebied

of gelewer word nie)

• Goedere ingevolge ‘n vrygestelde transaksie

gelewer, maar waar die goedere en die invoerder,

verspreider en kleinhandelaar van sodanige

goedere steeds aan sekere artikels van die Wet

onderworpe is

Is ek ‘n “verbruiker”?

Jy is ‘n verbruiker indien:

• Goedere en dienste aan jou bemark word

• Jy ‘n transaksie met ‘n verskaffer aangegaan het

(tensy vrygestel)

• Jy ‘n gebruiker of ontvanger of begunstigde van

goedere of dienste is, selfs al is jy nie ‘n party by

die transaksie nie

• Jy ‘n konsessie gekoop het.

Wat is hierdie “goedere” en

“dienste” waarvan jy praat?

Goedere is:

• Enigiets wat vir menslike verbruik bemark word

(wat jy kan eet of gebruik)

• Enigiets tasbaars (wat jy kan sien, voel, ens.)

insluitende enige medium waarop of waarin dit

geskryf of geënkodeer mag wees

• Enige literatuur (boeke, ens.), musiek, foto’s, films,

speletjies, inligting, data, sagteware, kodes of

ontasbare produkte (enigiets waaraan jy nie kan

raak nie, of wat jy nie kan sien nie, ens.) of ‘n lisensie

om enige tasbare produk (bv. ‘n sagteware-lisensie)

te gebruik

• ‘n Regsbelang in grond of enige ander onroerende

eiendom

• Gas, water en elektrisiteit.

‘n Paar voorbeelde:

Wat is ‘n “diens”?

‘n “Diens” sluit in:

• Enige werk of onderneming deur een persoon verrig vir

die regstreekse of onregstreekse voordeel van iemand

anders

• Die voorsiening van onderwys, inligting, raad of

konsultasie, behalwe raad ingevolge die Wet op

Finansiële Advies en Tussengangerdienste (FAIS-Wet)

• Enige bankdienste of verwante finansiële dienste of die

onderneming, onderskrywing of aanvaarding van risiko

deur een persoon namens ‘n ander, behalwe as dit raad

of tussengangerdienste ingevolge die FAIS-Wet is, of

as die bankdiens ingevolge die Wet op Langtermyn-of

Korttermynversekering gereguleer word

• Vervoer van ‘n individu of vervoer van goedere

• Verskaffing van

Enige akkommodasie of lewensmiddele (bv.

bed-en-ontbyt, ens.)

Enige vermaak of soortgelyke ontasbare produk

of toegang tot enige sodanige vermaak of

ontasbare produk

Toegang tot enige elektroniese kommunikasie-

infrastruktuur (bv. Internet, ens.)

Toegang, of ‘n reg tot toegang, tot ‘n gebeurtenis

of tot enige perseel, aktiwiteit of fasiliteit

Toegang tot, of gebruik van, enige perseel of

ander eiendom ingevolge ‘n verhuring (dit sluit

nie ‘n huurkontrak ingevolge die WVB in nie)

• Reg van okkupasie van, of bevoegdheid of voorreg

in verband met enige grond of onroerende eiendom,

anders as ingevolge ‘n verhuring

• Regte van ‘n konsessie-houer ingevolge ‘n konsessieooreenkoms

Ongeag of die persoon wat die diens bevorder, aanbied of

voorsien regstreeks of onregstreeks aan die diens deelneem,

daaroor toesig hou of daarby betrokke is

Voorbeelde sluit in:

• John bou Mary se huis

• Sipho lei vissermanne en plaasarbeiders op

• Bheki wil ‘n spaarrekening open (let wel dat alle

bankdienste onder die WVB val; dit is alle dienste wat

deur banke gelewer word, behalwe indien sodanige

dienste onder die FAIS-wet val of indien dit deur

die Wet op Langtermyn- of Korttermynversekering

gereguleer word)

• Nico het ‘n taxi en vervoer mense daagliks werk toe

en terug

• Matapelo gebruik haar huis as ‘n bed-en-ontbyt

• Jacqui en Marvin is deel van ‘n jazz musiekgroep

en speel by funksies soos troues, 21ste

verjaardagpartytjies, kantoorfunksies, en “goue

oues”

• ComTel verskaf toegang tot die Internet en tot

selfone

• Claudia is ‘n student en huur ‘n woonstel op die

strandfront saam met twee ander studente (maar

onthou, ‘n huurooreenkoms vir ‘n kar val onder die

Nasionale Kredietwet, en nie onder die WVB nie)

• Victor koop ‘n “Chicken King” konsessie

Gee die Wet meer duidelikheid oor wat

dit as transaksies tussen ‘n verskaffer

en ‘n verbruiker beskou?

Ja, die Wet doen dit.

Die volgende reëlings moet as ‘n

transaksie tussen ‘n verskaffer en

verbruiker beskou word:

Die verskaffing van enige goedere of dienste in die

gewone loop van sake aan enige van sy lede deur ‘n klub,

vakbond, assosiasie, vereniging, genootskap of ander

kollektief, hetsy ingelyf of oningelyf, van persone

vrywillig vir ‘n algemene doeleinde of doeleindes

geassosieer en georganiseer, hetsy vir billike waarde

of teenprestasie, al dan nie, ongeag of ‘n heffing of

ekonomiese bydrae vereis of verwag word ten einde ‘n

lid te word of te bly.

Let Wel: Dit beteken dat selfs ‘n stokvel of

besparingsklub of ‘n kerkbasaar ingesluit sal wees,

solank as wat “goedere of dienste” aan sy lede verskaf

word!

Wat van die “Chicken King”

konsessie wat ek wil koop?

Sal dit ingesluit wees?

Ja, dit sal.

Die WVB meld dat die volgende

aksies met betrekking tot konsessieooreenkomste

sal beteken dat die

transaksie ‘n “transaksie” tussen ‘n

“verskaffer” en ‘n “verbruiker” is:

• Uitnodiging vir aanbiedinge om ‘n konsessieooreenkoms

aan te gaan

• ‘n Aanbod deur ‘n potensiële konsessie of (persoon

wat die konsessie verkoop) om ‘n konsessieooreenkoms

aan te gaan

• ‘n Konsessie-ooreenkoms of ‘n ooreenkoms

aanvullend tot ‘n konsessie-ooreenkoms

• Die verskaffing van enige goedere en dienste aan ‘n

konsessie ingevolge ‘n konsessie-ooreenkoms

Let Wel: die WVB is van toepassing, ongeag of die verskaffer:

• In die RSA woon of ‘n hoofkantoor in die RSA het

• Sy sake met winsoogmerk of andersins bedryf

• ‘n Individu, juristiese persoon (regspersoon), vennootskap, trust,

staatsorgaan, ‘n entiteit deur ‘n staatsorgaan besit of bestuur, ‘n persoon

deur ‘n staatsorgaan gekontrakteer of gelisensieer om enige goedere of

dienste aan te bied of te verskaf, of ‘n openbare-private vennootskap is

• Ingevolge enige openbare regulasie vereis of gelisensieer word om

die verskaffing van die bepaalde goedere of dienste aan die hele of ‘n

gedeelte van die publiek beskikbaar te stel

Wat word nie deur die

WVB gedek nie?

Die WVB is nie van toepassing op enige transaksie:

• Ingevolge waarvan die verbruiker ‘n regspersoon is

wie se jaarlikse omset gelyk is aan of meer is as die

drempelwaarde deur die Minister bepaal nie

• Indien die transaksie binne die vrystellings deur die

Minister verleen, val nie

• Wat ingevolge die Nasionale Kredietwet ‘n

kredietooreenkoms is nie (Let wel: goedere

en dienste wat die onderwerp van die

kredietooreenkoms is, val binne die WVB)

• Betreffende dienste wat kragtens ‘n dienskontrak

verskaf sal word nie

• Wat uitvoering gee aan ‘n kollektiewe

bedingingsooreenkoms kragtens die Wet op

Arbeidsverhoudinge nie

• Wat uitvoering gee aan ‘n kollektiewe ooreenkoms

kragtens die Wet op Arbeidsverhoudinge nie

Wat is my verantwoordelikhede

as ‘n verbruiker?

Die Wet beoog om verbruikersverantwoordelikheid te

verbeter. Hier is ‘n paar nuttige wenke om verbruikers

in staat te stel om ingeligte keuses te maak:

• Begroot vir jou onkostes - basiese behoeftes eerste,

daarna dinge wat jy wil hê indien jy die geld daarvoor

het

• Betaal verpligte rekeninge/vaste verpligtinge

eerste en diens jou kontraktuele verpligtinge (soos

‘n huisverband, verhuring, staats- en stadsbelasting,

versekering, ens.)

• Onthou om kwaliteit, bekostigbaarheid en

duursaamheid in ag te neem wanneer jy meubels of

toestelle aankoop

Regte

Wat is my regte kragtens

die WVB?

Sjoe, ek het gehoor

dat alle verbruikers 8

verskillende regte het

Ja, daar is 8 regte. Hierdie verbruikersregte is:

• Reg op gelykheid

• Reg op privaatheid

• Reg om te kies

• Reg op blootlegging en inligting

• Reg op regverdige en verantwoordelike bemarking

• Reg op billike en eerlike verhandeling

• Reg op regverdige, billike en redelike bepalinge en

voorwaardes

• Reg op billike waarde, gehalte en veiligheid

Kom ons bespreek

elkeen van hulle:

1. Reg op gelykheid in die

verbruikersmark

‘n Verbruiker word soos volg teen diskriminerende

bemarking beskerm:

Behoudens die Wet (artikel 9), moet ‘n verskaffer van

goedere of dienste nie op onbillike wyse:

• Enige persoon of kategorie persone van toegang

tot enige goedere of dienste deur die verskaffer

aangebied, uitsluit nie

• Eksklusiewe toegang tot goedere of dienste aan

enige persoon of kategorie persone verleen nie

• Voorkeur van verskaffing van goedere of dienste

deur die verskaffer aangebied aan enige persoon of

kategorie persone verleen nie

• Goedere of dienste van ‘n ander gehalte aan enige

persoon of kategorie persone verskaf nie

• Verskillende pryse hef vir enige goedere of dienste

aan enige persone of kategorie persone verskaf nie

• Bepaalde gemeenskappe, distrikte, bevolkings- of

marksegmente teiken vir eksklusiewe, prioriteits- of

voorkeurverskaffing van enige goedere of dienste

deur die verskaffer aangebied nie.

Op die basis van een of meer gronde van onbillike diskriminasie

in die Grondwet (artikel 9) of Hoofstuk 2 van die Wet op die

Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onregverdige

Diskriminasie beoog.

‘n Verskaffer mag ook NIE enige persoon regstreeks of onregstreeks

anders as ‘n ander behandel op ‘n wyse wat neerkom op onregverdige

diskriminasie op een of meer gronde in die Grondwet (artikel 9) of

Hoofstuk 2 van die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming

van Onregverdige Diskriminasie uiteengesit nie, wanneer:

• Die persoon se vermoë om die koste te betaal of

die verpligtinge van ‘n voorgenome transaksie of

ooreenkoms na te kom, beoordeel word

• Besluit word of ‘n transaksie of ooreenkoms

aangegaan moet word

• Enige aspek van die koste van ‘n transaksie bepaal

word

• By die verskaffer se plek van besigheid of in die

loop van die uitstal of demonstrering van enige

goedere, toetsing of installering van enige goedere

met die verbruiker in gesprek getree word of die

bepalings van ‘n ooreenkoms onderhandel word

• Enige goedere vir die verbruiker gekies, voorberei,

verpak of afgelewer word

• Die bepalings van ‘n ooreenkoms voorgestel of

ooreengekom word

• Die persoon se voldoening aan die bepalings van

die ooreenkoms beoordeel of vereis word

• Enige reg van die verskaffer kragtens ‘n transaksie

of ooreenkoms ingevolge die Wet of enige

provinsiale verbruikerswetgewing uitgeoefen

word

• Bepaal word of ‘n transaksie of ooreenkoms

voortgesit, afgedwing, beëindig of ‘n hofbevel ten

opsigte daarvan aangevra moet word

• Bepaal word of enige persoonlike inligting van

sodanige persoon aangemeld moet word, of by

aanmelding daarvan

Voorbeelde van diskriminerende bemarking:

• Meubelwinkel X besluit om meubels verkieslik “slegs aan kleurlinge”

te verkoop en, indien dit aan ander etniese groepe verkoop word,

verskil die prys, afhangende van die verbruiker se etniese groep.

• Bed-en-ontbyt eienaars, Pete en Sipho, besluit om alle heteroseksuele

mense van die gebruik van hulle onderneming uit te sluit.

Die WVB maak egter onder spesifieke omstandighede voorsiening vir

redelike gronde vir gedifferensieerde behandeling:

n Verskaffer oortree nie die Wet indien sodanige verskaffer:

• Weier om goedere of dienste of toegang daartoe aan

ongeëmansipeerde minderjariges te verskaf nie

• Op redelike gronde weier om ‘n ooreenkoms met ‘n minderjarige

aan te gaan, tensy die verskaffer rede het om te glo dat sodanige

minderjarige geëmansipeer is nie

• Enige fasiliteit of diens redelikerwys vir minderjariges in die

algemeen, vir minderjariges bo of onder ‘n spesifieke ouderdom of

ouderdomme of vir volwassenes van 60 jaar of ouer aanwys nie

• Afsonderlike, maar wesenlik ekwivalente fasiliteite vir die uitsluitlike

gebruik van persone van elke geslag redelikerwys voorsien en aanwys

(bv. openbare badkamerfasiliteite) nie

• Aanbied om ‘n fasiliteit of toegang daartoe eksklusief vir persone

van een geslag te verskaf of te voorsien nie (bv.”mansklubs”)

• Aan ‘n spesifieke groep bemark indien die besondere goedere of

dienste redelikerwys bedoel of ontwerp is om enige spesifieke

behoefte of belangstelling wat algemeen of uniek aan daardie

spesifieke groep kliënte is, te bevredig nie

Voorbeelde:

• Met ander woorde, dit is aanvaarbaar

om onder sekere omstandighede nie

aan minderjariges te verkoop nie en dit

is ook in die haak om spesiale pryse

aan minderjariges of sogenaamde

“pensioenarispryse” aan te bied.

• Mansklubs word toegelaat!

Die sleutelwoord hier is BILLIKHEID.

Let Wel: Die hof het die outoriteit om die redelikheid van enige

gedrag te beoordeel en te bepaal of enige gedrag onregverdige

diskriminasie uitmaak. Die hof mag ook bepaal of enige gedrag onder

die omstandighede van ‘n spesifieke transaksie of die bemarking van

enige goedere of dienste billik was. Die hof wat regsbevoegdheid het

oor hierdie deel van die WVB, is die Gelykheidshof.

2. Reg op Privaatheid

Hierdie reg sluit die reg in om:

• Te weier om enige toenadering of kommunikasie

vir die doel van regstreekse bemarking (soms ook

“spam” genoem) te aanvaar

• Van enige persoon te eis om sodanige toenadering of

kommunikasie stop te sit

• Enige sodanige toenadering of kommunikasie

voorkomend te blokkeer

Wat kan ek doen indien ek

regstreekse bemarking ontvang?

• Jy mag binne ‘n billike tyd nadat jy die regstreekse

bemarking ontvang het, eis dat die verantwoordelike

persoon ophou om enige verdere kommunikasie aan

jou te stuur

• Die Verbruikerskommissie mag ‘n REGISTER

waarin enige persoon ‘n voorkomende blokkering

in die algemeen, of om spesifieke doeleindes mag

registreer, instel of as gesaghebbend erken

• Enige persoon wat enige regstreekse bemarking

magtig, beheer of uitvoer, moet gepaste prosedures

implementeer om die ontvangs van eise te fasiliteer

en mag geen persoon beveel of toelaat om enige

regstreekse bemarking aan ‘n persoon wat ‘n

voorkomende blokkering teen sodanige verskaffer

geëis of geregistreer het, te lei nie

Let Wel: Indien jy ‘n voorkomende blokkering geëis

of geregistreer het, mag daar nie ‘n verbruikersfooi

van jou gehef word vir die indiening van die eis of die

registrasie van die voorkomende blokkering nie!

• ‘n Verskaffer mag nie tydens ‘n verbode tydperk

(wat deur die Minister bepaal sal word) regstreekse

bemarking lei, tensy jy as verbruiker dit uitdruklik

of implisiet versoek het of daartoe ingestem het

nie

Wees versigtig vir selfoon teksboodskappe

(SMS) waarin jy gevra word om te bevestig dat ‘n

regstreekse bemarker jou mag skakel. Indien jy per

SMS instem, het jy uitdruklik toestemming gegee

dat die regstreekse bemarker jou mag kontak, selfs

al is dit tydens ‘n verbode tydperk!

3. Die reg om te kies

Hierdie reg sluit die volgende in:

• As ‘n verbruiker het jy die reg om jou verskaffer te

kies

• Jy het sekere regte by die verval en met die

hernuwing van vaste termynkontrakte en sekere

kostes mag nie deur verskaffers gehef word nie

• Verskaffers en diensverskaffers mag nie sekere

kostes ten opsigte van vooraf-magtiging van

herstel- en onderhoudsdienste van ‘n verbruiker

vorder tensy die verskaffer of diensverskaffer ‘n

kosteberaming verskaf het en die verbruiker die

werk gemagtig het OF die verbruiker die aanbod

van ‘n kosteberaming teen ‘n vooraf-gemagtigde

heffing tot ‘n gespesifiseerde maksimum skriftelik

van die hand gewys het nie

• Jy het ‘n afkoelreg bykomstig tot enige ander

afkoelreg kragtens enige ander wetgewing

• Jy het die reg om ‘n voorafbespreking, -

plekbespreking of -bestelling te kanselleer, maar

die verskaffer mag vooruitbetaling van ‘n billike

deposito vereis of ‘n billike kansellasiefooi hef,

behalwe in die geval van die dood of hospitalisering

van die persoon vir wie of tot wie se voordeel die

voorafbespreking, -plekbespreking of -bestelling

gedoen is

• Jy het die reg om goedere te kies of te ondersoek.

Dit beteken dat:

Jy in die geval van oop voorraad, die reg

het om te kies

Indien ‘n monster verskaf is en jy die goedere

alleenlik op die grondslag van ‘n beskrywing

of monster gekoop het, moet die goedere

in alle wesenlike opsigte en karaktertrekke

ooreenstem met dít wat ‘n gewone, waaksame

verbruiker op grond van die gegewe

beskrywing of monster sou verwag het

• ‘n Verbruiker het regte ten opsigte van lewering

van goedere of dienste of die verskaffing van

diens:

Tensy die teendeel ooreengekom is, is dit ‘n

versweë bepaling van die ooreenkoms dat

die verskaffer verantwoordelik is vir lewering op die

ooreengekome datum, of binne ‘n billike tydperk, by

die ooreengekome plek van lewering of verrigting,

teen die VERSKAFFER se ONKOSTE.

Let Wel: Die ooreengekome plek van lewering is die

verskaffer se plek van besigheid of sy woonplek

indien die verskaffer nie ‘n plek van besigheid het nie

EN die goedere wat gelewer moet word, bly teen die

verskaffer se risiko totdat die verbruiker lewering

daarvan aanvaar het

Wees versigtig - onder seker omstandighede hoef

jy nie lewering te aanvaar nie

• Jy het die reg om goedere terug te gee

• Jy het sekere regte ten opsigte van ongevraagde goedere

en dienste

Benodig jy meer besonderhede

oor enige van die bogenoemde?

Die reg om jou verskaffer te kies

• Dit beteken dat ‘n verskaffer nie as ‘n voorwaarde

vir die aanbied of verskaffing, of as ‘n voorwaarde

vir die ooreenkoms mag eis dat jy ‘n bykomstige

ooreenkoms met dieselfde verskaffer of ‘n

aangewese derde party moet aangaan of dat jy

moet toestem om enige bepaalde goedere of

dienste van ‘n aangewese derde party te koop nie,

tensy die verskaffer:

Kan aantoon dat die gerief aan jou swaarder

weeg as die beperking van jou reg om te kies

Kan aantoon dat die saambondeling jou

kostes bespaar

Saamgebondelde goedere en dienste afson-

derlik en teen individuele pryse aanbied

Reg op afkoeltydperk ná regstreekse bemarking

• Jy mag die ooreenkoms binne vyf (5) besigheidsdae

ná die laatste van die datum waarop die

ooreenkoms aangegaan of die goedere ontvang is,

deur middel van skriftelike kennisgewing of ander

aangetekende wyse en vorm, sonder rede of boete

terugtrek (kanselleer)

• Die verskaffer moet enige betaling wat vanaf die

verbruiker ontvang is binne 15 besigheidsdae ná

ontvangs van die kennisgewing van terugtrekking

of ontvangs van die goedere teruggee

• Die verskaffer mag nie poog om enige betaling te

vorder nie, behalwe onder sekere omstandighede,

bv. indien die goedere in hul oorspronklike

verpakking en toestand is, mag ‘n billike bedrag vir

gebruik en enige verbruik gehef word

Wat doen ek indien ek ongegevraagde

goedere ontvang?

• Jy mag die goedere behou of die goedere teen

die verskaffer of afleweraar se risiko aan die

verskaffer of afleweraar terugbesorg

• Indien jy die goedere onwettig behou, word jy,

behoudens die reg of geldige eis van ‘n onbetrokke

derde party, die eienaar

• Die verskaffer of afleweraar van die goedere is

teenoor enige ander persoon aanspreeklik ten

opsigte van enige reg of geldige eis betreffende

die goedere

• Jy is onder geen verpligting om vir die aflewering van ongevraagde goedere te

betaal nie

• ‘n Verskaffer mag nie enige betaling vanaf die verbruiker eis, sodanige reg tot

betaling aanvoer, of poog om sodanige betaling in te vorder, tensy die verskaffer

die verbruiker binne 10 dae vanaf aflewering ingelig het dat die goedere

verkeerdelik afgelewer is nie

4. Reg op blootlegging en inligting

Hierdie reg behels dat:

• Jy ‘n reg het tot inligting in gewone en verstaanbare taal - die WVB lê vereistes

neer en die Verbruikerskommissie mag riglyne neerlê vir hoe daar beoordeel

word of ‘n kennisgewing, dokument of visuele voorstelling aan hierdie vereistes

voldoen.

• ‘n Kleinhandelaar geen goedere of dienste te koop mag uitstal sonder om die

prys aan te dui, tensy dit oorwegend as ‘n vorm van advertensie uitgestal word

nie.

Let wel: Kleinhandelaars moet kennis neem van die spesifieke bepalings met

betrekking tot die uitstal van pryse en die implikasies ingevolge die WVB

• Die etikettering van produkte en handelsbeskrywings nie misleidend mag wees

of gewysig, geskend, bedek, verwyder of belemmer mag word op ‘n wyse wat

verbruikers mislei nie (kleinhandelaars, let wel)

• Daar ‘n opvallende kennisgewing aan opgeknapte of grysmark goedere aangebring

moet word wat dit duidelik stel dat dit opgeknap, herbou of hervervaardig is

• ‘n Verbruiker geregtig is op ‘n verkoopsrekord op die wyse deur die WVB

voorgeskryf

• ‘n Tussenpersoon (behalwe ‘n eksekuteur, likwidateur of trustee) voorgeskrewe

inligting bekend moet maak en voorgeskrewe rekords van alle verhoudings en

transaksies moet hou. Let wel: Die Minister mag inligting en die wyse waarop die

inligting en rekords gehou moet word, voorskryf.

5. Reg op billike en verantwoordelike

bemarking

Hierdie reg behels dat:

• Die WVB algemene standaarde vir bemarking van goedere en dienste het,

naamlik dat ‘n vervaardiger, verspreider, kleinhandelaar of diensverskaffer geen

goedere mag bemark op ‘n wyse wat redelikerwys moontlik ‘n vals of misleidende

voorstelling sal impliseer op ‘n wyse wat op enige manier misleidend, bedrieglik

of oneerlik is nie

• Lokaas-bemarking - ‘n Verskaffer mag die beskikbaarheid van goedere of

dienste nie adverteer op ‘n wyse wat verbruikers ten opsigte van die ware

beskikbaarheid van daardie goedere en dienste teen die geadverteerde prys

mag mislei of bedrieg nie EN die verskaffer moet die goedere en dienste tot die

omvang van die uitdruklike beperkings teen die geadverteerde prys beskikbaar

stel

• Geen negatiewe opsie bemarking word toegelaat nie - dit beteken dat ‘n

verskaffer nie goedere of dienste mag bevorder of aanbied of mag teweeg

bring dat ‘n persoon goedere of dienste aanvaar op die grondslag dat sodanige

goedere en dienste verskaf sal word of dat die ooreenkoms outomaties in

werking sal tree tensy die verbruiker die aanbod of lokmiddel van die hand wys

nie - sodanige ooreenkoms is ONGELDIG

• In die geval van regstreekse bemarking, moet die verbruiker van die reg op ‘n

afkoeltydperk ingelig word

• In die geval van katalogusbemarking, maak die WVB voorsiening vir sekere

inligting wat ingesluit moet word, bv. die verskaffer se naam en lisensie- of

registrasienommer, adres, geldeenheid, kansellasiebeleid, ens.

• Die WVB bevat baie streng vereistes vir borge of verskaffers van

handelskoeponss, verbruikerslojaliteitsprogramme, promosionele kompetisies

en alternatiewe werkskemas

• Met betrekking tot verkoping deur verwysing, maak die WVB daarvoor

voorsiening dat ‘n persoon geen goedere of dienste mag verskaf of instem om

dit te doen, goedere of dienste mag aanbied of ‘n verbruiker mag oorhaal om

enige goedere of dienste te aanvaar op die voorstelling dat die verbruiker ‘n

terugbetaling, kommissie of ander voordeel sal ontvang indien die verbruiker

name van verbruikers aan die verskaffer gee of die verskaffer andersins

bystaan om goedere en dienste aan ander verbruikers te verskaf EN sodanige

terugbetaling, kommissie of ander voordeel afhanklik is van ‘n gebeurtenis wat

plaasvind nadat die verbruiker tot die transaksie toegestem het nie

• Enige ooreenkoms met ‘n handelingsonbevoegde persoon (bv. ‘n persoon wat

verstandelik ongeskik is) is ongeldig

• ‘n Ooreenkoms met ‘n minderjarige is vernietigbaar indien die minderjarige ten

tye van die ooreenkoms ‘n ongeëmansipeerde minderjarige was, die ooreenkoms

sonder die toestemming van ‘n volwassene wat vir daardie minderjarige

verantwoordelik is, aangegaan is en die ooreenkoms nie ten volle deur sodanige

volwassene of die verbruiker (minderjarige) bekragtig is nadat die minderjarige

geëmansipeer is of volwassenheid bereik het nie

6. Reg op billike en eerlike

verhandeling

• Die WVB verbied gewetenlose gedrag deur ‘n verskaffer of agent - ‘n verskaffer

of agent van die verskaffer mag nie fisieke geweld, dwang, onbehoorlike

beïnvloeding, druk, vryheidsberowing of teistering, onbillike taktieke of

enige ander soortgelyke gedrag in verband met enige bemarking, verskaffing,

onderhandeling, aangaan, uitvoering of afdwinging van ‘n ooreenkoms, eis vir,

invordering van betaling vir goedere of dienste, of terugneem van goedere of

dienste teen ‘n verbruiker gebruik nie

• Dit is gewetenloos vir ‘n verskaffer om wetend misbruik te maak van die feit

dat ‘n verbruiker weens fisiese of geestelike gestremdheid, ongeletterdheid,

onkunde, onvermoë om die taal van die ooreenkoms te verstaan, of enige ander

soortgelyke faktor wesenlik nie daartoe in staat is om die verbruiker se eie

belange te beskerm nie

• Die bepalings met betrekking tot gewetenlose gedrag is ook op hofverrigtinge

van toepassing

• Die WVB bevat streng bepalings met betrekking tot vals, misleidende of

bedrieglike voorstellings waarvan verskaffers van goedere of dienste moet

kennis neem

• Die WVB verbied bedrieglike skemas en aanbiedinge, en piramied- en verwante

skemas

• Die verbruiker het ‘n reg om aan te neem dat ‘n verskaffer wettig gemagtig is

om goedere te verkoop, en, indien die reg of eis van ‘n derde party as gevolg

van enige transaksie of ooreenkoms geskend of in gevaar gestel word, is die

verskaffer tot die omvang van die skending of in gevaar stelling van die persoon

se regte tot die derde party aanspreeklik, tensy die verbruiker saamgesweer het

om die derde party te bedrieg

• Die WVB het ook spesifieke bepalings met betrekking tot veilings, kostes,

oorhouding en kwytskeldings en vervanging van goedere, en met betrekking tot

oorbespreking en oorverkoping

7. Reg op regverdige, billike en redelike bepalings

en voorwaardes

• ‘n Verskaffer mag nie:

Aanbied om enige goedere of dienste te verskaf of ‘n ooreenkoms aangaan

om enige goedere of dienste te verskaf teen ‘n prys wat onbillik is of op

terme wat onregverdig, onredelik of onbillik is nie

Enige goedere of dienste bemark of ‘n transaksie vir die

verskaffing van goedere of dienste onderhandel, aangaan of

bestuur op ‘n wyse wat onregverdig, onredelik of onbillik is nie

Vereis dat ‘n verbruiker afstand doen van enige regte, enige verpligting

aanvaar, of die verskaffer kwytskeld van enige aanspreeklikheid op terme

wat onregverdig, onredelik of onbillik is nie

sodanige terme as ‘n voorwaarde vir die aangaan van ‘n transaksie oplê nie

• Die WVB verskaf voorbeelde van sodanige onregverdige, onredelike of onbillike

gedrag

• Die WVB vereis dat die verbruiker sekere kennisgewings en bepalings en

voorwaardes onder die verbruiker se aandag moet bring vóór die vroegste

van die tydstip waarop die verbruiker die transaksie of ooreenkoms aangaan,

die aktiwiteit begin beoefen of die fasiliteit betree of toegang daartoe verkry

OF wanneer daar van die verbruiker vereis of verwag word om betaling vir die

transaksie of ooreenkoms aan te bied

• ‘n Bepaling, kennisgewing of voorwaarde moet opvallend wees en in gewone taal

geskryf word

• Die Minister mag voorskryf dat sekere ooreenkomste op skrif moet wees

• Die WVB verbied sekere transaksies, ooreenkomste, bepalings of voorwaardes

• Die hof beskik oor seker bevoegdhede ten einde regverdige en billike gedrag,

bepalings en voorwaardes te verseker (artikel 52)

8. Reg op billike waarde, goeie gehalte

en veiligheid

(a) Reg op gehaltediens

• ‘n Verbruiker het ‘n reg om op goeie gehalte diens aan te dring:

Wanneer ‘n verskaffer onderneem om enige diens vir, en namens ‘n verbruiker te

verrig, het die verbruiker ‘n reg op:

Die tydige verrigting en voltooiing van daardie dienste en tydige

kennisgewing van enige onvermydelike vertraging in die verrigting

Die verrigting van die dienste op ‘n wyse en van ‘n gehalte wat mense in die

algemeen geregtig is om te verwag

Die gebruik, lewering of installering van goedere sonder defek en wat van

‘n gehalte is wat mense in die algemeen geregtig is om te verwag indien

enige sodanige goedere vir die verrigting van die dienste vereis word

Die teruggee van enige eiendom of beheer oor eiendom van die verbruiker

in ten minste dieselfde toestand as waarin dit was toe die verbruiker dit

aan die verskaffer beskikbaar gemaak het met die doel om sodanige

dienste te verrig

Met inagneming van die omstandighede van die verskaffing en enige

spesifieke kriteria of voorwaardes vóór of tydens die verrigting

van sodanige dienste tussen die verskaffer en die verbruiker

ooreengekom

• Indien ‘n verskaffer versuim om ‘n diens op hierdie standaarde te lewer, mag

verbruikers van die verskaffer vereis om enige defek in die gehalte van dienste

verrig of goedere verskaf, reg te stel of om die verbruiker te vergoed vir ‘n billike

gedeelte van die prys wat vir die verrigte diens of verskafte goedere betaal is,

met inagneming van die omvang van die versuim.

(b) Reg op veilige, gehalte goedere

• Elke verbruiker het ‘n reg om goedere te ontvang wat:

Van goeie gehalte, in goeie werkende toestand en vry van defekte is;

Vir ‘n billike tydperk bruikbaar en duursaam sal wees, met inagneming van

die gebruik waartoe dit gewoonlik onderwerp sal word en aan al die

omstandighede rondom die verskaffing daarvan

Aan enige toepaslike standaarde wat kragtens die Wet op Standaarde,

1993, vasgestel is, voldoen.

• Indien ‘n verbruiker die verskaffer spesifiek in kennis gestel het van ‘n bepaalde

doeleinde waarvoor die verbruiker die goedere wil aanskaf of die gebruik

waarvoor die verbruiker beoog om daardie goedere aan te wend en die verskaffer

gewoonlik aanbied om sodanige goedere te verskaf of op ‘n wyse optree wat

bestaanbaar is met kundigheid rakende die gebruik van daardie goedere, het

die verbruiker die reg om te verwag dat die goedere redelikerwys geskik is vir

daardie spesifieke doeleinde

• Versweë waarborg - daar is ‘n versweë bepaling dat die vervaardiger of invoerder,

die verspreider en die kleinhandelaar ELK waarborg dat die goedere voldoen aan

die vereistes en standaarde (van veilige en gehalte goedere), behalwe tot die

omvang waartoe daardie goedere strydig met die instruksies gewysig is, of nadat

dit die beheer van die vervaardiger, invoerder, verspreider of kleinhandelaar

verlaat het, na gelang van die geval

• Die verbruiker mag die goedere binne ses (6) maande ná lewering sonder boete

en op die verskaffer se risiko en onkoste aan die verskaffer terug besorg indien

die goedere nie aan die vereistes en standaarde van die WVB voldoen nie en die

verskaffer moet die gebrekkige, onveilige of defektiewe goedere op lasgewing

van die verbruiker òf herstel òf vervang òf die prys wat die verbruiker vir die

goedere betaal het, terugbetaal

• Indien die verskaffer die goedere herstel en die gebrek, defek of onveilige

kenmerk nie reggestel is nie, of ‘n verdere gebrek, defek of onveilige kenmerk

aan die lig kom, moet die verskaffer die goedere vervang of die prys wat die

verbruiker vir die goedere betaal het, terugbetaal

• Die versweë waarborg en reg om goedere terug te gee, is bykomstig tot enige

versweë waarborg deur die gemene reg opgelê of enige uitdruklike waarborg of

voorwaarde deur die vervaardiger of invoerder, verspreider of kleinhandelaar

gestipuleer

• ‘n Diensverskaffer waarborg elke nuwe of herboude onderdeel wat tydens

enige herstel- of onderhoudswerk geïnstalleer word, asook die arbeid wat

vereis word om dit te installeer, vir ‘n tydperk van drie (3) maande ná die datum

van installering of sodanige langer tydperk wat die verskaffer skriftelik mag

spesifiseer

• Hierdie waarborg:

Geld samelopend met enige ander erkende, uitdruklike of versweë

waarborg

Is ongeldig indien die verbruiker die onderdeel van die goedere of eiendom

waarin dit geïnstalleer is, aan wangebruik of misbruik onderwerp het

Is, met inagneming van die omstandighede waaronder goedere gewoonlik

gebruik word, nie op gewone slytasie van toepassing nie

• Waarskuwing ten opsigte van feite en aard van veiligheid:

Verbruikers moet gewaarsku word oor die feit, aard en potensiële

uitwerking van die risiko met betrekking tot die goedere of dienste

‘n Persoon wat enige gevaarlike of onveilige goedere verpak, moet ‘n

kennisgewing tot daardie strekking wat aan die vereistes van die WVB

voldoen, op of binne die verpakking aanbring

• Terugkryging van en veilige wegdoening van aangewese produkte en

komponente

• Indien enige nasionale wetgewing die wegdoening of storting van enige

bepaalde goedere of komponente, oorblyfsels of verpakking van goedere in

‘n gemeenskaplike afvalversamelingstelsel verbied, moet die verskaffer of

vervaardiger, invoerder of verspreider wat sodanige goedere in die gewone

verloop van sake verskaf, produseer, versprei of invoer, die teruggawe van

sodanige goedere sonder enige koste aan die verbruiker, aanvaar

• Indien enige regulasie van bedryfsafvalbestuursplan deur enige ander wetgewing

vir die bestuur van ‘n spesifieke soort afval goedgekeur, van toepassing is, mag

die verbruiker die goedere by ‘n versamelingspunt waarvoor daar in die regulasie

of bedryfsafvalbestuursplan voorsiening gemaak word, stort of daarmee

wegdoen

• Die Kommissie moet die ontwikkeling, aanvaarding en toepassing van

bedryfswye praktykkodes ten opsigte van veiligheid en monitering van goedere

en herroeping van onveilige goedere bevorder

• Die WVB maak voorsiening vir aanspreeklikheid vir skade wat onder sekere

omstandighede deur goedere aangerig word

• Die WVB maak voorsiening vir die verskaffer se verantwoordbaarheid teenoor

verbruikers

Hoe word my regte deur die Wet op

Verbruikersbeskerming beskerm?

• Indien jy opstaan vir enige van jou regte kragtens

die WVB of in ‘n ooreenkoms met ‘n verskaffer, of

sodanige regte uitoefen of wil verdedig, mag die

verskaffer nie in reaksie:

Regstreeks of onregstreeks teen die

verbruiker diskrimineer in vergelyking met

die verskaffer se behandeling van enige

ander verbruiker wat nie opgestaan het vir

sodanige regte of sodanige regte uitgeoefen

of verdedig het nie

Die verbruiker penaliseer nie

Die bepalings en voorwaardes van ‘n

transaksie of ooreenkoms met die

verbruiker tot die verbruiker se nadeel

wysig of voorstel om dit te doen nie

Enige aksie neem om ‘n ooreenkoms met

die verbruiker te versnel, af te dwing, op

te skort of te beëindig nie

• Indien enige ooreenkoms of enige bepaling van ‘n

ooreenkoms ingevolge die bepalings van die WVB

ongeldig verklaar word, of uit die ooreenkoms

weggelaat word, mag die verskaffer wat ‘n party

by die ooreenkoms is, nie in reaksie op daardie

besluit:

Die ander party by die ooreenkoms

regstreeks of onregstreeks penaliseer nie

Die bepalings en voorwaardes van enige

ander transaksie of ooreenkoms met ‘n

ander party by die ongeldige of weggelate

ooreenkoms wysig, behalwe tot die omvang

wat nodig is om ‘n soortgelyke onwettige

bepaling reg te stel nie

Enige aksie neem om ‘n ander ooreenkoms

met ‘n ander party by die ongeldige of

weggelate ooreenkoms te versnel, af te

dwing, op te skort of te beëindig nie

Verwys na

alternatiewe

geskilbeslegting

Hoe kan ek my regte

kragtens die WVB afdwing?

Jou opsies:

Verwys

aangeleentheid

regstreeks na

Tribunaal

OF

OF

Verwys

Verwys na

aangeleent-

gepaste

heid na

industrie-

OF

Verbruikershof

in provinsie

OF

ombud (indien

verskaffer

OF

(met regs-

aan ombud

bevoegdheid) onderworpe is)

Indien jy al jou opsies

ingevolge nasionale

wetgewing uitgeput het,

nader ‘n hof met

regsbevoegdheid oor die

aangeleentheid

Verwys na ombud

(met regsbevoegdheid)

Dien ‘n

klagte by die

Kommissie in

Wat gebeur as ek die aangeleentheid

na ‘n Alternatiewe Geskilbeslegting

(AGB) verwys?

Alternatiewe Geskilbeslegting

• ‘n AGB-agent mag:

‘n Ombud met regsbevoegdheid wees, indien die

verskaffer aan die regsbevoegdheid van sodanige

ombud onderworpe is

‘n Bedryfsombud wees wat op die Kommissie se

aanbeveling deur die Minister geakkrediteer is

‘n Persoon of entiteit buiten ‘n ombud met

regsbevoegdheid of ‘n geakkrediteerde

bedryfsombud wees wat versoening, bemiddeling- of

verbruikersdienste verskaf ten einde met die

beslegting van verbruikersgeskille te help

By die verbruikershof in die provinsie met

regsbevoegdheid oor die aangeleentheid aansoek

doen indien daar so ‘n verbruikershof is, behoudens

die wet wat die stigting van daardie verbruikershof

ingestel het of reguleer

• Indien ‘n AGB-agent tot die slotsom kom dat daar geen

redelike waarskynlikheid is dat die partye hul geskil

deur middel van die prosesse waarvoor daar voorsiening

gemaak word, sal besleg nie, kan die agent die proses deur

middel van kennisgewing aan die partye beëindig waarna

die party wat die aangeleentheid na die agent verwys het

‘n klagte by die Kommissie kan lê

• Indien ‘n AGB-agent hul geskil besleg het of partye gehelp

het om hul geskil te besleg, kan die agent:

Die beslegting van daardie geskil in die vorm van ‘n

bevel aanteken

Indien die partye by die geskil instem tot daardie

bevel, die bevel tot die Tribunaal of die Hoër Hof

indien om ingevolge sy reëls na ‘n

toestemmingsbevel verander te word

• ‘n Bevestigde toestemmingsbevel mag, met ‘n klaer se

toestemming, ‘n toekenning van skadevergoeding aan

daardie klaer insluit

Hoe lê ek ‘n klagte by die

Kommissie?

• Lê ‘n klagte op die voorgeskrewe wyse en op

die voorgeskrewe vorm by die Kommissie

• Voer aan dat ‘n persoon strydig met die WVB

opgetree het

Wat is die res van die proses?

Die Kommissie stel ondersoek in en mag:

• ‘n Kennisgewing van nie-verwysing aan die

klaer uitreik indien die klagte beuselagtig of

kwelsiek blyk te wees, geen feite aanvoer wat,

indien waar, gronde sal uitmaak vir ‘n remedie

kragtens die WVB nie, of verwysing na die

Tribunaal verhoed word (indien meer as drie

(3) jaar ná die voorval verloop het of indien

die person reeds ‘n respondent in ‘n wesenlik

soortgelyke klagte kragtens die WVB is)

• Na ‘n AGB-agent verwys

• Na ‘n provinsiale

verbruikersbeskermingsowerheid of

verbruikershof (tensy voorheen onsuksesvol

beslis) verwys

• Na ‘n ander regulerende owerheid met

regsbevoegdheid verwys

• ‘n Inspekteur opdrag gee om die klagte so gou

as moontlik te ondersoek

Uitkoms van ‘n ondersoek

Nadat ‘n ondersoek afgehandel is, mag die Kommissie:

• ‘n Kennisgewing van nie-verwysing in die voorgeskrewe vorm uitreik

• Die aangeleentheid na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys

• Indien die Kommissie glo dat ‘n persoon op ‘n verbode wyse opgetree het:

Die aangeleentheid na die Gelykheidshof verwys indien dit die moontlike

skending van ‘n verbruiker se reg tot gelykheid behels

‘n Konsep-toestemmingsbevel voorstel

‘n Verwysing tot die verbruikershof van ‘n provinsie maak indien die

Kommissie glo dat die aangeleentheid ten volle en vinnig deur sodanige

verwysing afgehandel kan word

Die aangeleentheid na die Tribunaal verwys

Let wel:

Indien die aangeleentheid na ‘n provinsiale Verbruikershof verwys is,

mag enige party by daardie verwysing in die voorgeskrewe vorm en op die

voorgeskrewe wyse by die Tribunaal aansoek doen

Die Tribunaal mag beveel dat die aangeleentheid na hom in plaas van

die Verbruikershof verwys word, indien die oorwig van gerief of belang van

geregtigheid dit vereis

‘n Bevel van die Verbruikershof oor ‘n aangeleentheid na hom verwys, het

dieselfde waarde asof dit deur die Tribunaal gemaak is

Indien ‘n aangeleentheid deur die Kommissie ondersoek is en die

Kommissie en die respondent saamstem oor die voorgestelde bepalings

van ‘n geskikte bevel, mag die Tribunaal of ‘n hof, sonder om die getuienis

aan te hoor, daardie ooreenkoms as ‘n toestemmingsbevel bevestig

Ná die aanhoor van ‘n mosie vir ‘n toestemmingsbevel, moet die

Kommissie, soos ooreengestem, ‘n bevel maak; enige wysigings wat aan

die konsepbevel aangebring moet word, aandui; of die Kommissie mag

weier om die bevel te maak. Die toestemmingsbevel mag, met die klaer se

toestemming, ‘n toekenning van skadevergoeding aan die klaer insluit

Verwysing na die Tribunaal:

• Indien die Kommissie ‘n kennisgewing van nie-verwysing uitreik in antwoord op

‘n eis behalwe op die gronde waarvoor ‘n nie-verwysing uitgereik mag word, mag

die klaer die aangeleentheid regstreeks verwys na:

Die verbruikershof binne die provinsie met regsbevoegdheid, indien

daar een is, behoudens provinsiale wetgewing wat die werking van daardie

verbruikershof beheer

Die Tribunaal, met die Tribunaal se verlof

• Indien ‘n aangeleentheid regstreeks na die provinsiale verbruikershof verwys

word, mag die respondent by die Tribunaal aansoek doen

• Alle verwysings na of aansoeke by die Tribunaal moet in die voorgeskrewe vorm

wees en op die voorgeskrewe wyse geskied

• Die Tribunaal moet die aangeleentheid ooreenkomstig die WVB en toepaslike

bepalings van die Nasionale Kredietwet aanhoor

• Die Tribunaal mag ‘n toepaslike bevel kragtens die WVB of kragtens die

toepaslike bepalings van die Nasionale Kredietwet maak

• Die Voorsitter van die Tribunaal mag sekere aangeleenthede opdra om deur ‘n

enkele lid van die Tribunaal aangehoor te word, bv. wanneer ‘n aangeleentheid

na die verbruikershof verwys is en die respondent by die Tribunaal aansoek

doen, of waar daar aangevoer word dat die inligting vertroulik is, ens.

Hof se bevoegdhede om Verbruikersregte af te dwing:

• Bykomstig tot enige ander bevel kragtens die WVB of enige ander wet, mag die

hof:

‘n Verskaffer beveel om enige gedrag wat onbestaanbaar met die WVB is,

te wysig of te staak

Enige bevel spesifiek deur die WVB beoog, maak

Skadevergoeding vir kollektiewe skade aan alle of ‘n klas verbruikers in

die algemeen teen ‘n verskaffer toeken, wat op enige bepalings en

voorwaardes wat die hof as regverdig en billik en gepas ag ten einde die

oogmerke van die Wet te vervul, betaalbaar is

• Die WVB verminder nie die verbruiker of die verskaffer se reg om rente of

spesiale skadevergoeding te verhaal in enige geval waar rente of spesiale

skadevergoeding kragtens die wet verhaalbaar mag wees, of om geld te verhaal

indien die teenprestasie vir die betaling daarvan misluk het (bv. die tjek is deur

die bank geweier) nie.

Wat is die rol van die Nasionale

Verbruikerskommissie?

Die Wet stel ‘n Nasionale Verbruikerskommissie in

(hierin “die Kommissie” genoem) en maak voorsiening

vir provinsiale verbruikersbeskermingsowerhede wat

oor regsbevoegdheid binne sy provinsie beskik.

• Die Kommissie is ‘n staatsorgaan en moet die

funksies kragtens die Wet deur die Minister

aan hom toegeken, verrig en moet sy funksies

ooreenkomstig die waardes van die Grondwet en

enige ander nasionale wetgewing verrig. Bykomstig

tot sy algemene bevoegdhede betreffende sy

funksies

• Mag die Kommissie die vrywillige gebruik van

praktykkodes ontwikkel en bevorder

• Moet die Kommissie enige nasionale en provinsiale

wetgewing of ander openbare regulasie wat die

welsyn van verbruikers raak en onbestaanbaar is

met die WVB, identifiseer

• Moet die Kommissie enige relevante provinsiale

verbruikersbeskermingsowerhede, staatsorgane,

verbruikersbeskermingsgroepe, AGB-agente

en verskaffers raadpleeg ten opsigte van

geïdentifiseerde wetgewing met die oogmerk om

voorstelle vir hervorming van daardie wetgewing

te ontwikkel

• Moet die Kommissie van tyd tot tyd voorstelle vir

die bereiking van progressiewe wetshervorming

aan die Minister inlewer

• Moet die Kommissie relevante provinsiale

verbruikersbeskermingsowerhede en staatsorgane

binne die nasionale regeringsfeer,

regulerende owerhede,

verbruikersbeskermingsgroepe en ombuds raadpleeg

met die oogmerk om enige praktyke te identifiseer wat

onbestaanbaar is met die Wet en voorstelle vir die

hervorming van sodanige praktyke te ontwikkel

• Moet die Kommissie die doeltreffendheid van hierdie

entiteite monitor ten einde inligting te verskaf wat benodig

word vir verslagdoening en rapportering aan die Minister

• Is die Kommissie verantwoordelik daarvoor om kennis

en openbare bewustheid van verbruikersbeskermingaangeleenthede

te verhoog

• Is die Kommissie verantwoordelik daarvoor om die Minister

oor verbruikersbeskerming-aangeleenthede te adviseer

• Maak die Kommissie aan die Minister aanbevelings oor

veranderinge

• Rapporteer die Kommissie jaarliks oor markpraktyke

• Doen die Kommissie navraag en rapporteer hy aan die

Minister ten opsigte van enige aangeleentheid rakende die

oogmerke van die Wet

• Adviseer die Kommissie die Minister ten opsigte van enige

aangeleentheid deur die Minister na hom verwys

• Pas die Kommissie die WVB in ooreenstemming met die Wet

toe

Wat is die Kommissie se

afdwingingsbevoegdhede?

Die Kommissie dwing die Wet af deur:

• Informele beslegting van enige geskil tussen ‘n

verbruiker en ‘n verskaffer te bevorder, maar dit is

nie verantwoordelik daarvoor om in te gryp of die

geskil regstreeks te bereg nie

• Klagtes betreffende beweerde verbode gedrag of

oortredings te ontvang en te hanteer

• Die verbruikersmark en die doeltreffendheid van

geakkrediteerde verbruikersgroepe, bedryfskodes,

AGB-skemas, dienslewering aan verbruikers deur

staatsorgane en enige regulerende owerheid met

regsbevoegdheid oor verbruikersaangeleenthede

binne ‘n besondere bedryf, te monitor

• Nakomingskennisgewings uit te reik en af te dwing

• Toestemmingsbevele en ondernemings te onderhandel

en aan te gaan

• Enige besorgdhede ten opsigte van markaandeel

en teen-mededingende optrede en gedrag wat

ingevolge die Wet verbied mag word, na die

Mededingingskommissie te verwys

• Aangeleenthede na die Tribunaal te verwys en, soos

deur die WVB toegelaat of vereis, voor die Tribunaal

te verskyn

• Beweerde oortredings ingevolge die WVB na die

Nasionale Vervolgingsgesag te verwys

Wat is die rol van die provinsiale

verbruikersbeskermingsowerhede?

‘n Provinsiale verbruikersbeskermingsowerheid beskik

oor regsbevoegdheid binne sy provinsie om:

• Nakomingskennisgewings namens die Kommissie

uit te reik aan enige persoon wat eksklusief binne

daardie provinsie sake verrig

• Die bemiddeling of versoening van ‘n geskil te

fasiliteer wat ingevolge die Wet ontstaan tussen

persone wat in daardie provinsie woonagtig is, of

wat eksklusief binne daardie provinsie sake verrig

• Die geskil na die provinsiale verbruikershof binne

die provinsie te verwys, indien daar een is

• Die Kommissie te versoek om ‘n klagte ten

opsigte van enige klaarblyklike verbode gedrag of

oortreding ingevolge die WVB wat binne daardie

provinsie plaasvind, in te stel

Wenke:

• Oefen jou magte as ‘n verbruiker kragtens die WVB

uit

• Verwys na die voorskrifboek van toevlug- en

regsteldienste op die Departement van Ekonomiese

Ontwikkeling, Omgewingsake en Toerisme se

webwerf

• Wees versigtig vir swak sakepraktyke

• Vermy die onthulling van persoonlike inligting soos

identiteitsnommers, bankkaarte, ens.

Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewingsake

en Toerisme Hoofkantoor en Streekkantore

• Beacon Hillkantoor - Tel: (043) 605 7171

Hockeystraat, King William’s Town

• Amathole Streekkantoor - Tel: (043) 707 4000

Alderwood House, Palm Square Sakepark, Beaconbaai, Oos-Londen

• Cacadu Streekkantoor - Tel: (041) 508 5808/ 508 5800

p/a Belmont Terrace & Castle Hill, Sentraal, Port Elizabeth

• Chris Hani Streekkantoor - Tel: (045) 808 4000

Ou Royal Hotelgebou, Cathcartstraat, Queenstown

• O.R. Tambo Streekkantoor - Tel: (047) 531 1191

h/v Owen- & Leedsstraat, Botha Sigcaugebou, 5de Verdieping, Mthatha

• Joe Gqabi Streekkantoor - Tel: (051) 633 2901

Smitstraat 10, Aliwal-Noord

• Alfred Nzo Streekkantoor - Tel: (039) 256 0230

Erf Nr. 2 Maluti Onderwyskollege, Maluti

www.dedea.gov.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!