04.05.2013 Views

SKOFFEL® SUPER - Villa Crop Protection

SKOFFEL® SUPER - Villa Crop Protection

SKOFFEL® SUPER - Villa Crop Protection

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

GEBRUIKSAANWYSINGS INGESLUIT

Date formulated: VERWYS NA BESONDERHEDE

Formuleringsdatum: GEDRUK OP HOUER/SAK

DIRECTIONS FOR USE ENCLOSED

Batch number: REFER TO DETAILS PRINTED

Lotnommer: ON CONTAINER/BAG

A water-soluble herbicide for the control of annual grasses and broadleaf weeds in

crops as listed and for fire breaks and industrial use. Inactivated on contact with soil.

’n Wateroplosbare onkruiddoder vir die beheer van eenjarige grasse en

breëblaaronkruide in gewasse soos aangedui en vir voorbrande en industriële

gebruik. Onaktief na aanraking met grond.

l

UN Number: 3016

BEFORE USING THIS PRODUCT READ THE LABEL CAREFULLY!

SKOFFEL ® SUPER

Reg. No. L 6328 Act/Wet No. 36 of/van 1947

W 130059 / N-AR 1097

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL

paraquat ion (bypiridyl) 200 g/l parakwat ioon (bipiridiel)

(as dichloride salt) 274 g/l (as dichloriedsout)

3:23/6/2011-June2011

HRAC HERBICIDE GROUP CODE D HRAC ONKRUIDDODER GROEPKODE

Registration holder / Registrasiehouer: Universal Crop Protection (Pty) Ltd.

Co. Reg. No. / Mpy. Reg. Nr. 1983/008184/07

PO Box / Posbus 801, Kempton Park, 1620 Tel. (011) 396-2233

Website / Webblad: www.villacrop.co.za

TOXIC

GIFTIG

Willow Set & Print 011 394-4486

SKOFFEL ® SUPER

Reg. No. L 6328 Act/Wet No. 36 of/van 1947

HRAC HERBICIDE GROUP CODE / HRAC ONKRUIDDODER GROEPKODE: D

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL:

paraquat ion / parakwat ioon (bipiridiel)…..…………………………………….……….200 g/l

(as dichloride salt / as dichloriedsout)………………………………………..….……....274 g/l

Registration holder / Registrasiehouer:

UNIVERSAL CROP PROTECTION (PTY) LTD.

Co. Reg. No. 1983/008184/07 Mpy. Reg. Nr.

P.O. Box / Posbus 801

KEMPTON PARK, 1620 Tel. (011) 396 2233

TOXIC GIFTIG

3:23/6/2011 – June2011

WAARSKUWINGS

• Hanteer uiters versigtig.

• Giftig deur velkontak, indien ingesluk of ingeasem word.

• Die produk is irriterend vir die vel en oë.

• Giftig vir visse, bye en wild.

• Berg agter slot en grendel in 'n koel plek weg van voedsel, voer, saad, misstowwe en ander

landbouchemikalieë.

• Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.

• Herbetreding: Moet nie behandelde gebied betree vir 2 dae na die bespuiting nie, tensy beskermende

oorklere gedra word.

• Hou lewende hawe weg van behandelde gebiede vir 3 weke.

• SKOFFEL ® SUPER kan noodlottig wees indien ingesluk of ingeasem word - moet nie vanaf hierdie

houer herverpak nie.

• In geval van vergiftiging ontbied ‘n geneesheer en toon hierdie etiket aan hom/haar.

Alhoewel hierdie middel omvattend onder 'n groot verskeidenheid toestande getoets is, waarborg

die registrasiehouer nie, dat dit onder alle toestande doeltreffend sal wees nie, aangesien die

werking en effek daarvan beïnvloed kan word deur faktore soos abnormale grond-, klimaats- en

bergingstoestande, kwaliteit van verdunningswater, verenigbaarheid met ander produkte wat nie

op die etiket aangedui is nie en die voorkoms van weerstand van die onkruide teen die betrokke

middel, sowel as die metode, tyd en akkuraatheid van toediening. Verder aanvaar die

registrasiehouer nie verantwoordelikheid vir skade aan gewasse, plantegroei, die omgewing of vir

nadelige effek op mens of dier of vir 'n gebrek aan prestasie, as gevolg van die versuim van die

verbruiker om die etiketaanwysings na te kom of as gevolg van die ontstaan van toestande wat nie

kragtens die registrasie voorsien kon word nie. Raadpleeg die verskaffer in geval van enige

onsekerheid.

VOORSORGMAATREËLS

• Vermy inaseming van spuitmis of spuitdampe.

• Dra beskermende klere: ‘n oorpak, rubberstewels, handskoene, ‘n gesigskerm en respirator, wanneer die

produk hanteer, spuitmengsel aangemaak en toegedien word.

• Was met seep en water na gebruik of na toevallige velkontak.

• Was besoedelde klere daagliks na gebruik.

• Moet nie eet, drink of rook tydens meng of toediening of voordat hande en gesig gewas is en skoon klere

aangetrek is nie.

• Voorkom wegdrywing na ander gewasse, weiding, riviere, damme of enige gebied nie onder behandeling

nie of na naasliggende waterbronne.

• Maak die toedieningsapparaat deeglik skoon na gebruik en gooi spoelwater uit waar dit nie voedsel,

weiding, boorgate, riviere of damme sal besoedel nie.

• Leë houers moet DRIEKEER UITGESPOEL word soos volg: Keer die leë houer om oor die spuittenk of

mengbak en dreineer vir minstens 30 sekondes nadat die vloei tot 'n gedrup verminder het. Spoel die

houer daarna driekeer uit met 'n volume water gelykstaande aan 'n minimum van 10 % van die inhoud

SKOFFEL ® SUPER PAGE 2 OF 5

3:23/6/2011 – June2011

van die houer. Gooi die spoelwater by die inhoud van die spuittenk voordat die houer op die

voorgeskrewe wyse vernietig word.

• Vernietig die leë houer deur gate daarin te kap en plat te slaan en doen weg daarmee op ‘n veilige wyse.

• Moet nooit die leë houer vir enige ander doel hergebruik nie.

• Voorkom besoedeling van voedsel, voer, drinkwater en eetgerei.

SIMPTOME VAN MENSLIKE VERGIFTIGING

Die hoeveelheid Parakwat ingeneem bepaal die aanvanklike simptome wat, afhangend van omstandighede,

vertraag kan word. Inname van klein hoeveelhede mag skadelik wees, terwyl groter hoeveelhede tot die

dood kan lei. Indien die vel beskadig is, kan dit die tempo van opname van Parakwat versnel.

Aanvanklike aanduidings van vergiftiging sluit in braking en pynlike slymvliese van die mond en keel. In

ernstige gevalle kan diarree volg en skade aan die niere en lewer kan binne 1 tot 3 dae na blootstelling

ontwikkel. Skade aan die longe kan na ongeveer 3 dae waargeneem word en kan tot die dood lei. Die

konsentraat kan ernstige oogskade tot gevolg hê, hoewel simptome tot 24 uur vertraag kan word.

Blootstelling aan die spuitmis kan lei tot neusbloeding en teerheid binne die mond en keel.

NOODHULPBEHANDELING

• Verwyder die pasiënt van bron van vergiftiging en hou hom/haar rustig en kalm.

• Inaseming: Verwyder die pasiënt onmiddellik van blootstellingsarea na area met vars lug. Hou die

geaffekteerde persoon kalm en gerus. Verkry onmiddellik mediese hulp. Moet NIE aanvullende

suurstof gee NIE.

• Velkontak: Verwyder gekontamineerde klere, skoene en leeritems (bv. horlosiebande en gordels)

onmiddellik. Was vel sagkens en deeglik met nie-skurende seep en water. Moet nie die vel vryf nie.

Parakwat kan deur beskadigde vel opgeneem word. Noodhulppersoneel moet handskoene dra en

voorsorg tref teen kontaminasie. Indien irritasie voortduur moet mediese hulp onmiddellik verkry

word.

• Oogkontak: Spoel oë onmiddellik uit met stadig vloeiende louwarm water vir ten minste 20 minute, of tot

alle produk uitgespoel is, terwyl die ooglid(e) oopgehou word. Dra sorg dat gekontamineerde water nie

in die ongeaffekteerde oog of op die gesig gespoel word nie. Indien irritasie, ‘n rooi uitslag of brandende

gevoel ontwikkel, moet mediese hulp onmiddellik verkry word.

• Indien ingeneem: Moet nie braking induseer nie. Spoel mond deeglik uit met water en gee volop water

om te drink. Verkry onmiddellik mediese hulp.

NOTA AAN GENEESHEER

Spoedige behandeling is krities. Spoel die maag uit en toets urine en maagvloeistof (indien helder), vir

teenwoordigheid van Parakwat. Gee oraal of via ‘n gastriese buis, tot 1 liter van ‘n 15 % vloeibare oplossing

van Vollersaarde (Fuller’s Earth), saam met ‘n geskikte purgeermiddel (200 ml vloeibare mannitol oplossing).

Herhaal toediening van die absorbeer- en purgeermiddels totdat die absorbeermiddel in die stoelgang

waargeneem word. Dit sal normaalweg 4 tot 6 ure na aanvang van die begin van die behandeling

waargeneem word.

Moet NIE aanvullende SUURSTOF gee NIE.

WEERSTANDSWAARSKUWING

SKOFFEL ® SUPER is ‘n groepkode D onkruiddoder. Enige populasie van ‘n spesifieke onkruid mag

individue insluit wat ‘n natuurlike weerstand teen SKOFFEL ® SUPER of enige ander groepkode D

onkruiddoder het. Indien hierdie onkruiddoder herhaaldelik aangewend word, kan die weerstandbiedende

individue uiteindelik die onkruidpopulasie oorheers. Hierdie weerstandbiedende onkruide sal waarskynlik nie

deur SKOFFEL ® SUPER of enige ander groepkode D onkruiddoder beheer word nie.

Om weerstand teen onkruiddoders te vertraag:

• vermy die eksklusiewe herhaaldelike gebruik van onkruiddoders met dieselfde groepkode. Wissel af

met, of gebruik tenkmengsels van produkte in verskillende onkruiddoder groepkodes,

• integreer ander beheermaatreëls (chemies, verbouing, biologies) in onkruiddoderprogramme.

Vir spesifieke inligting oor weerstandsbestuur kontak die registrasiehouer van hierdie produk.

GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik alleenlik soos aangedui.

• Meng die aanbevole hoeveelheid SKOFFEL ® SUPER met skoon water in die spuittenk.

• Vir optimale werking, voeg 'n benattingsmiddel soos byvoorbeeld EXIT (L 8055), SORTIE (L 8058),

FASCILITATOR ® (L 8315) of VILLA 51 (L 8050) teen die geregistreerde dosis by.

• Dien toe met grondspuite in 200 tot 500 liter water per hektaar.

SKOFFEL ® SUPER PAGE 3 OF 5

3:23/6/2011 – June2011

• Gebruik die hoër volume water en toedieningshoeveelheid vir die bespuiting van digte onkruidgroei.

• Verseker deeglike bedekking.

• Moet nie knoppe of enige groen dele van enige gewas bespuit nie.

• SKOFFEL ® SUPER sal enige groen weefsel vernietig, maar sal nie volgroeide boombas beskadig nie.

• Dit word deur kontak met die grond vinnig onaktief en het dus geen nawerking nie.

TOEDIENINGSHOEVEELHEDE

Gewas Dosis per ha Opmerkings

Alle gewasse

Berei die saadbed voor met kunsmis, besproei en laat

Ou saadbed metode

die onkruide opkom en die grond bedek. Bespuit en

1.25 tot 2.0 l

saai binne 3 dae sonder om die saadbed te bewerk.

Hierdie metode is veral geskik vir gewasse waarop

geen ander onkruiddoder geregistreer is nie. Gewasse

mag ook 'n paar dae voor bespuiting gesaai word.

Dien toe voor of net na plant van eenjarige gewasse.

Minimum bewerking 1.5 tot 4.0 l Mag met 'n toepaslike nawerkende onkruiddoder

gemeng word.

Bos-aanplantings

2.5 tot 3.75 l

Spuit rondom jong

toedieningsapparaat.

bome met 'n spesiale

Piesangs, Tee en Koffie

1.25 tot 2.5 l Dien toe met 'n lae druk vloedstraalspuitkop.

Sitrus, Avokado’s,

Papajas, Pekans, ens.

1.25 tot 5.0 l

Alleenlik in sitrus, kan dit met 'n geskikte nawerkende

onkruiddoder gemeng word.

Sagtevrugte

Bespuit soos nodig vanaf die lente. Meng met

2.5 tot 5.0 l Simasien vir nawerkende effek, alleenlik vir in

kernvrugte.

Voorbrande

Twee maande voordat die veld brandbaar begin word:

Bespuit 'n 1 tot 2 meter wye strook (hoe yler die gras

hoe breër die strook), weerskante van 'n onbespuite

baan (of omtrent 10 m van 'n pad of kanaal). Brand

2.5 tot 3.75 l die bespuite stroke 3 weke later, terwyl die onbespuite

areas nog groen en nie brandbaar is nie. Die

tussenbaan kan dan relatief veilig afgebrand word,

sodra die eerste ryp of droogte voorkom en dit droog

sodat dit maklik brandbaar is.

Industriële gebiede

Jong onkruide

Volgroeide onkruide

2.5 l

5.0 l

Gebruik 500 tot 1000 liter spuitmengsel per hektaar,

afhangend van die digtheid van die onkruide.

Lusern

(meer as 6 maande oud)

2.5 tot 5.5 l

Dien toe voor die einde van die rusperiode of voordat

hergroei plaasvind, nadat lusern gesny is..

Aartappels

Gebruik 200 tot 500 liter water per hektaar. Moet nie

Bogroei-vernietiging

toedien indien die bogroei tekens van verwelking toon

2.5 tot 5.0 l nie, aangesien knolbeskadiging mag voorkom. Spuit

ALLEENLIK wanneer ten minste 5 ure sonskyn

verwag word.

Suikerriet

Gerigte na-opkoms bespuiting in plant- en hergroeiriet.

Indien die spuitstof in kontak met die groen rietblare

1.5 tot 3.0 l kom, sal dit skroei, maar dit is 'n tydelike effek. Ander

geskikte onkruiddoders mag vir nawerking bygevoeg

word.

Groente

Gebruik 'n rugsakspuit toegerus met ‘n geskikte skerm,

(in rye gekweek) 1.25 tot 2.5 l om alle dele van die gewas, teen die spuitmis te

beskerm. Moet nie die gewas raak spuit nie.

Wingerde

Dien as 'n algehele bespuiting toe wanneer onkruide

2.5 tot 5.0 l 10 tot 15 cm hoog is, maar voor die wingerde bot.

Volg later as 'n gerigte bespuiting.

SKOFFEL ® SUPER PAGE 4 OF 5

3:23/6/2011 – June2011

Onkruide beheer:

Alle bogrondse groen weefsel van aktief groeiende plante word deur SKOFFEL ® SUPER gedood. Eenjarige

onkruide word goed beheer. Onkruidsoorte wat reserwes ondergronds stoor herstel, bv. Uintjies,

Bolgewasse, Gousblom, Suring, Kikoejoe, ens.

SKOFFEL ® is a registered trademark of / is ‘n geregistreerde handelsmerk van

UNIVERSAL CROP PROTECTION (PTY) LTD.

FASCILITATOR ® is a registered trademark of / is ‘n geregistreerde handelsmerk van

VILLA CROP PROTECTION (PTY) LTD.

VILLA 51 and/en SORTIE are registered products of / is geregistreerde produkte van

VILLA CROP PROTECTION (PTY) LTD.

EXIT is a registered product of / is ‘n geregistreerde produk van

MILLER CHEMICALS SA.

SKOFFEL ® SUPER PAGE 5 OF 5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!