04.05.2013 Views

Copper Oxychloride WP A_UCP - Villa Crop Protection

Copper Oxychloride WP A_UCP - Villa Crop Protection

Copper Oxychloride WP A_UCP - Villa Crop Protection

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

COPPER OXYCHLORIDE WP

Reg. No. L 5809 Act/Wet No. 36 of/van 1947

FRAC FUNGICIDE GROUP CODE / FRAC SWAMDODER GROEPKODE: M1

ACTIVE INGREDIENT / AKTIEWE BESTANDDEEL:

copper oxychloride / koper oksiechloried ………..................................................................…....850 g/kg

(metallic copper equivalent / metaalkoper ekwivalent)……….....................................................500 g/kg

Registration holder / Registrasiehouer:

UNIVERSAL CROP PROTECTION (PTY) LTD.

Co. Reg. No. 1983/008184/07 Mpy. Reg. Nr.

P.O. Box / Posbus 801, KEMPTON PARK, 1620

Tel. (011) 396 2233

CAUTION / VERSIGTIG

1: 31/05/99 –May2010

WAARSKUWINGS

Minimum tyd wat moet verstryk tussen laaste toediening en oes of voer:

Seldery 1 dag

Tamaties, Bone, Pampoengewasse, Grenadellas, Koolgewasse en Rissies 3 dae

Appels, Pere, Perskes, Aartappels, Pruime, Sitrus, Koffie, Koejawels, Appelkose,

14 dae

Avokado's, Mango's, Olywe, Boysenbessies, Youngbessies, Kersies en Aarbeie

Wyndruiwe 21 dae

Tafeldruiwe (moet nie toedien nadat die korrels ertjie-grootte bereik het nie, aangesien

latere toedienings die korrels mag vlek)

28 tot 42 dae

• Hanteer versigtig.

• Kan vel en oë irriteer.

• Giftig wanneer ingesluk.

• Giftig vir visse en wild.

• Berg die produk in die oorspronklike houer/sak en hou altyd dig toe.

• Berg in ‘n koel, droë, goed geventileerde plek, weg van voedsel, saad en voer.

• Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.

• Herbetreding: Moet nie behandelde gebied betree alvorens die spuitneerslag droog is nie, tensy

beskermende oorklere gedra word.

Lugtoediening:

Stel alle inwoners van die gebied in kennis van area wat bespuit gaan word en reik die nodige waarskuwings

uit. Moet nie oor water of aangrensende gebiede spuit nie en verhoed besoedeling as gevolg van

spuitstofwegdrywing.

Alhoewel hierdie middel omvattend onder 'n groot verskeidenheid toestande getoets is, waarborg

die registrasiehouer nie dat dit onder alle toestande doeltreffend sal wees nie, aangesien die

werking en effek daarvan beïnvloed kan word deur faktore soos abnormale grond-, klimaats- en

bergingstoestande, gehalte van verdunningswater, verenigbaarheid met ander produkte wat nie op

die etiket aangedui is nie en die voorkoms van weerstand van die siekte teen die betrokke middel,

sowel as die metode, tyd en akkuraatheid van toediening. Verder aanvaar die registrasiehouer nie

verantwoordelikheid vir skade aan gewasse, plantegroei, die omgewing of vir nadelige effekte op

mens of dier of vir 'n gebrek aan doeltreffendheid, as gevolg van die versuim van die gebruiker om

die etiketaanwysings na te kom of as van die ontstaan van toestande wat nie kragtens die

registrasie voorsien kon word nie. Raadpleeg die verskaffer in geval van enige onsekerheid.

VOORSORGMAATREËLS

• Vermy inaseming van die stof of spuitnewel.

• Dra beskermende klere, ‘n masker en rubberhandskoene tydens hantering en toediening van die produk.

• Was besoedelde klere na gebruik.

• Was deeglik met seep en water na gebruik en na toevallige velkontak.

• In die geval van oogkontaminasie, spoel die oë deeglik met groot hoeveelhede skoon, koue water, vir

ten minste 15 minute. Indien irritasie voortduur, verkry mediese hulp.

• Moet nie eet, drink of rook tydens vermenging, toediening of voordat hande en gesig gewas en skoon

klere aangetrek is nie.

COPPER OXYCHLORIDE WP PAGE 2 OF 8

1: 31/05/99 –May2010

• Verhoed wegdrywing van die spuitnewel na ander gewasse, weiding, riviere, damme en areas nie onder

behandeling nie.

• Maak toedieningsapparaat deeglik skoon na gebruik en gooi spoelwater uit waar dit nie voedsel, weiding,

riviere of damme sal besoedel nie.

• Houers/sakke en verpakkings moet heeltemal leeggemaak word voordat hulle vernietig word. Skud

deeglik uit in die mengtenk en vernietig daarna die leë houer/sak en begrawe.

• Moet nooit die leë houer/sak vir enige ander doel hergebruik nie.

• Moet nie die leë houer/sak verbrand nie.

• Voorkom besoedeling van voedsel, voer, drinkwater en eetgerei.

WEERSTANDSWAARSKUWING:

COPPER OXYCHLORIDE WP is ‘n groepkode M1 swamdoder. Enige populasie van ‘n spesifieke swam

mag individue insluit wat ‘n natuurlike weerstand teen COPPER OXYCHLORIDE WP of enige ander

groepkode M1 swamdoderdoder het. Indien hierdie swamdoder herhaaldelik aangewend word, kan die

weerstandbiedende individue uiteindelik die swampopulasie oorheers. Hierdie weerstandbiedende swamme

sal waarskynlik nie deur COPPER OXYCHLORIDE WP of enige ander groepkode M1 swamdoder beheer

word nie.

Om weerstand teen swamdoders te vertraag:

• vermy die eksklusiewe herhaaldelike gebruik van swamdoders met dieselfde groepkode. Wissel af

met, of gebruik tenkmengsels van produkte in verskillende swamdodergroepkodes,

• raadpleeg toepaslike individuele produketikette wanneer daar afgewissel word, of tenkmengsels

gemaak word, met produkte in swamdodergroepkodes M,

• integreer ander beheermaatreëls (chemies, verbouing, biologies) in swamdoder programme.

Vir spesifieke inligting oor weerstandsbestuur kontak die registrasiehouer van hierdie produk.

GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik alleenlik soos aangedui.

Verenigbaarheid:

COPPER OXYCHLORIDE WP is verenigbaar met die meeste swam- en insekdoders en spoorelemente.

Nie mengbaar met kalkswael, DNOC en tiram nie. Dit is wenslik om COPPER OXYCHLORIDE WP nie in

mengsels met ander produkte wat pH gevoelig is, te gebruik nie. Moet nie water buffer onder pH 6 wanneer

COPPER OXYCHLORIDE WP gebruik word nie. Die gebruik van ‘n buffer word nie saam met COPPER

OXYCHLORIDE WP aanbeveel nie.

Meng- en toedieningsinstruksies:

Meng die aanbevole hoeveelheid met 'n bietjie water om 'n dun pasta te vorm en voeg dit by die water in die

spuittenk, terwyl aanhoudend geroer word. Roer voordurend tot ‘n gladde mengsel. Verseker roering terwyl

toegedien word. Die toedieningssterktes hieronder aangegee is vir hoë volume bespuiting (1000 liter of

meer spuitmengsel per hektaar).

TOEDIENING

Grondtoediening:

• COPPER OXYCHLORIDE WP kan met konvensionele hoë volume spuittoerusting toegedien word.

• Dit is belangrik dat die toerusting vooraf gekalibreer word om lewering van die korrekte dosis en die

eweredige verspreiding daarvan te verseker.

Lugtoediening:

COPPER OXYCHLORIDE WP kan slegs deur ‘n geregistreerde lugbespuitingsoperateur met ‘n korrek

gekalibreerde, geregistreerde vliegtuig volgens die instruksies van SANS Kode 10118 (Aerial Application of

Agricultural Pesticides) uit die lug bespuit word. Verseker dat die spuitmengsel eweredig oor die teikenarea

versprei word en die verlies aan spuitmengsel tydens toediening tot ‘n minimum beperk word. Dit is daarom

belangrik om aan die volgende vereistes te voldoen:

• Volume: ‘n Spuitmengsel volume van 30 liter per hektaar word aanbeveel. Hierdie produk is nie teen ‘n

verlaagde volume getoets nie. Die registrasiehouer kan nie effektiteit waarborg, of verantwoordelik

gehou word vir enige nadelige effekte indien hierdie produk teen ‘n laer volume, as hierbo aanbeveel,

toegedien word nie.

• Druppelbedekking: 30 tot 40 druppels per cm² moet op die teikenarea herwin word.

• Druppelgrootte: ‘n Druppelspektrum met ‘n VMD van 200 tot 250 mikron word aanbeveel. Beperk die

produksie van druppels kleiner as 150 mikron (hoë drywing en verdampingspotensiaal) tot ‘n minimum.

• Vlieghoogte: Handhaaf die hoogte van die spuitbalk bo die teiken op 3 tot 4 meter. Moet nie spuit

wanneer die vliegtuig duik, uitklim of draai nie.

COPPER OXYCHLORIDE WP PAGE 3 OF 8

1: 31/05/99 –May2010

• Gebruik geskikte atomiseringsapparaat wat die vereiste druppelgrootte en bedekking sal produseer,

maar die minste verlies van produk verseker. Die spuitstelsel moet ‘n druppelspektrum met die kleinste

moontlike Relatiewe Span produseer.

• Plaas al die atomiseerders in die binneste 60 tot 75 % van die vlerkspan om te verhoed dat druppels

binne-in die vlerkpuntvorteks beweeg.

• Die verskil in temperatuur tussen die nat- en droëboltermometer van ‘n swaaihigrometer, moet nie 8°C

oorskry nie.

• Stop bespuiting indien die windspoed 15 km per uur oorskry.

• Stop bespuiting tydens turbulente, onstabiele en droë toestande gedurende die hitte van die dag.

• Bespuiting onder temperatuur inversie toestande (deur bo of binne die inversie laag te spuit) en/of hoë

lugvog toestande (relatiewe humiditeit 80 % en meer) mag tot die volgende probleme aanleiding gee:

a) verlaagde effektiwiteit aangesien die druppels as ‘n wolk in die lug bly hang en moontlik verdamp

(onvoldoende bedekking op teiken),

b) skade aan nie-teiken gewasse of sensitiewe areas as gevolg van wegdrywing van die spuitwolk na

nie-teiken area.

• Verseker dat die lugbespuitingsoperateur presies weet watter lande bespuit moet word.

Dit is noodsaaklik om ‘n versekering van die lugbespuitingsoperateur te verkry dat aan al die bogenoemde

vereistes voldoen sal word en dat data van belang in ‘n logboek saamgevat word vir toekomstige verwysing.

TOEDIENINGSHOEVEELHEDE

Gewas / Siekte Dosis Opmerkings

Aarbeie

Blaarvlek (blaar-

skroei)

Aartappels

Vroeë- en Laatroes

Appelkose

Bakteriese kanker

Bakteriese vlek

Gomvlek

250 g / 100 l water

500 g / 100 l water

Dien elke 10 tot 14 dae toe, tot 3 weke voor pluk,

afhangend van hoe straf die besmetting is.

Dien voorkomend toe met 7 tot 10 dae intervalle afhangend

van die weersomstandighede. Dien 500 tot 1500 liter

spuitmengsel per hektaar toe, afhangend van die

plantgrootte om volbedekking van bo- en onderkante van

die blare te verkry. Vir lae volume aanwending, afhangend

van die toedieningsapparaat, wysig die konsentrasie ten

einde nie meer as 2.5 tot 7.5 kg per hektaar toe te dien nie.

Herhaal die bespuiting na meer as 13 mm reën of

sprinkelbesproeiing.

2.5 tot 7.5 kg / ha Lugtoediening: Dien in 40 liter water toe.

400 tot 500 g / 100 l

water

100 tot 400 g / 100 l

water

400 tot 500 g / 100 l

water

Afhangend van hoe straf die infeksie was die vorige

seisoen, dien een of twee toedienings by 50 % en/of 75 %

blaarval toe. Indien loot- en botselinfeksie waargeneem is

voor die eerste tekens van bot, dien 'n verdere bespuiting

toe tydens die eerste tekens van bot. Gebruik die hoër

konsentrasie in herfs en die laer konsentrasie met eerste

tekens van bot. Voeg 200 g Spuitkalk per 100 liter water

by al die bespuitings.

Na-oes by 75% blaarval:

Dien 200 g plus 200 g Spuitkalk per 100 liter water toe.

Rus periode:

Dien 400 g per 100 liter water toe.

90 tot 100% Blomblaarval:

Dien 100 g plus 400 g Spuitkalk per 100 liter water toe.

75% Blaarval:

Dien 400 g tot 500 g plus 200 g spuitkalk per 100 liter water

toe, in gevalle van ligte of swaar infeksie, tydens die vorige

seisoen.

Bot:

Dien 400 g tot 500 g COPPER OXYCHLORIDE WP plus

200 g Spuitkalk per 100 liter water toe.

COPPER OXYCHLORIDE WP PAGE 4 OF 8

Gewas / Siekte Dosis Opmerkings

Appels & Pere

Skurfsiekte

Angeliere

Blaarvlek &

Bruinroes

Boontjies

Bakteriese skroei

Avokado's

Vrugvlek

(Pseudo-cercospora

purpurea) &

Antraknose

Boysen-bessies en

Young-bessies

Antraknose

Grenadellas

Blaar- en

Vrugtevlek

250 g / 100 l water

500 g / 100 l water

400 g / 100 l water

300 g / 100 l water

600 g / 100 l water

300 g / 100 l water

Katoen - Slegs op suurontveselde saad.

Saailingsiektes:

Saailing-verwelking,

Antraknose,

Saailing-siekte 650 g / 100 kg saad

(Rhizoctonia solani)

& Bakteriese

skroeisiekte

Kersies

Bakteriese kanker 400 g / 100 l water

Koejawels

Knopvelsiekte &

Blomentvrot

Verwelksiekte

Koffie

Bruinroes

200 g / 100 l water

250 g / 100 l water

750 g / 100 l water

Koolgewasse

Bakteriese vlek 400 g / 100 l water

Saadbeddings:

Donsige skimmel &

Bakteriese vlek

Okkerneute

Bakteriese

skroeisiekte

400 g / 100 l water

150 tot 300 g / 100 l

water

1: 31/05/99 –May2010

Gebruik slegs op die vroeë groenpuntstadium op appels en

vroeë groenpunt tot gevorderde groenpuntstadium op pere.

Moet nie op Doyenne du Comice, Josephine de Malines en

Kieffer peerkultivars gebruik nie.

Begin aanwending wanneer die plante goed gevestig is en

herhaal met weeklikse intervalle vir so lank nodig.

Dien gereeld toe met 7 tot 14 dae intervalle, afhangend van

weersomstandighede.

Dien 3 voldekbespuitings toe. Begin middel/einde

November en herhaal met vier-week intervalle.

Dien toe vandat bloeisel oopgaan, totdat lote omtrent 2 cm

lank is.

Begin spuit sodra eerste tekens van die siekte verskyn en

herhaal 14 dae later. Dien ten minste 2000 liter

spuitmengsel per hektaar toe, afhangend van plantgrootte.

Meng deeglik met saad deur middel van droë of

flodderbehandeling.

Eerste toediening tydens ogieswel. Herhaal na oes,

wanneer blare begin val, 3 weke later, en weer wanneer

alle blare geval het.

Dien COPPER OXYCHLORIDE WP as 'n voldekbespuiting

toe in vroeë stadium, totdat die vrugte begin swel. Spuit

elke 30 dae, as beskerming teen Knopvelsiekte.

Ontsmet die plukkiste in COPPER OXYCHLORIDE WP

suspensie, om te verhoed dat die siekte na die infeksievrye

dele van die boord versprei.

Voldekbespuiting voordat siektesimptome verskyn. Dien 4

tot 5 bespuitings toe elke 4 weke. Dien ten minste 1000

liter spuitmengsel per hektaar toe, afhangend van die

plantgrootte en plantdigtheid.

Dien elke 7 tot 14 dae toe. Maak seker dat plante deeglik

benat word. Die gebruik van ‘n geskikte benatter word

aanbeveel.

Bespuit saailinge elke 7 tot 14 dae. Maak seker van

volledige, ligte bedekking van saailinge.

Dien die eerste bespuiting toe gedurende die vroeë voorblomstadium

en gebruik die hoër konsentrasie. Dien die

tweede bespuiting toe met 200 g per 100 liter water by laatblomstadium

en die finale bespuiting by volle blomblaarval,

met die laer konsentrasie.

COPPER OXYCHLORIDE WP PAGE 5 OF 8

Gewas / Siekte Dosis Opmerkings

Mango’s

Antraknose 300 g / 100 l water

Bakteriese vlek

Na-oes verrotting

Olywe

Antraknose

Blaarvlek

Perskes

Bakteriese kanker &

Bakteriese vlek

Gomvlek

Krulblaar

Pampoengewasse

Donsige skimmel

Rissies

Bakteriese vlek

300 g / 100 l water

300 g

PLUS

25 g Benomyl

(500 g / kg WP) per

100 l water

500 g / 100 l water

500 g / 100 l water

400 tot 500 g / 100 l

water

400 tot 500 g / 100 l

water

500 g / 100 l water

300 g / 100 l water

400 g / 100 l water

1: 31/05/99 –May2010

Dien drie weke na blomtyd toe, wanneer die vrugte ertjie-

tot albastergrootte is en herhaal toediening wanneer vrugte

ten volle ontwikkel is.

Dien toe vanaf vrugset, elke 14 tot 28 dae, afhangend van

die weersomstandighede. Toediening mag verruwing op

sommige vesellose kultivars veroorsaak. Die gebruik van ‘n

geskikte benatter word aanbeveel.

Voldekbespuiting wanneer die vrugte albastergrootte is.

Herhaal toediening met 3 weke intervalle, tot 14 dae voor

oes. Daarna doop vrugte vir 5 minute in 'n verhitte

suspensie (55 tot 57 °C) van 200 g Benomyl per 100 liter

water, voordat vrugte in koelkamers geberg word. Verwys

na die Benomyl etiket vir gebruiksaanwysings.

Eerste toediening in die herfs, voordat die vrugte verkleur.

Herhaal 2 tot 3 keer met maandelikse intervalle.

Dien in die lente toe net voor nuwe groei en weer in die

herfs, voor die begin van die winter.

Afhangend van hoe straf die infeksie was die vorige

seisoen, dien een of twee toedienings by 50 % en/of 75 %

blaarval toe. Indien loot- en botselinfeksie waargeneem is,

voor die eerste tekens van bot, dien 'n verdere bespuiting

toe tydens die eerste tekens van bot. Gebruik die hoër

konsentrasie in die herfs en die laer konsentrasie met

eerste tekens van bot. Voeg 200 g Spuitkalk per 100 liter

water by al die bespuitings.

Bot:

Dien 400 g tot 500 g COPPER OXYCHLORIDE WP per

100 liter water waar loot- en botselinfeksie waargeneem

word.

50 % Blaarval:

Dien 400 g plus 200 g Spuitkalk per 100 liter water toe in

gevalle van swaar infeksie tydens die vorige seisoen.

75 % Blaarval:

Dien 400 g tot 500 g plus 200 g Spuitkalk per 100 liter

water toe in gevalle van ligte of swaar infeksie tydens die

vorige seisoen.

Dien ‘n enkel bespuiting toe met ogieswel. Hierdie

toediening sal ook help met die beheer van Gomvlek. Die

regte stadium van toediening is baie belangrik vir goeie

beheer.

Begin spuit met die eerste tekens van siekte en herhaal met

weeklikse intervalle gedurende gunstige

weersomstandighede vir die siekte. Afhangend van

blaarbeddeking, dien tot 1500 liter spuitmengsel per

hektaar toe. Maak seker dat die onder- en bokante van die

blare bedek is.

Dien COPPER OXYCHLORIDE WP as 'n voldekbespuiting

toe, sodra die eerste siektesimptome opgemerk word.

Herhaal toedienings elke 7 tot 10 dae afhangend van die

weersomstandighede.

COPPER OXYCHLORIDE WP PAGE 6 OF 8

Gewas / Siekte Dosis Opmerkings

Pruime

Bakteriese kanker

Bakteriese vlek

Gomvlek

Rose

Swartvlek

Ander Sierplante

Donsige skimmel,

roes & Blaarvlek

Saad-beddings:

Grond-gedraagde

siektes bv.

Saailing-verwelking,

Saadverrotting &

Wortelvrot

Seldery

Blaarvlek

Sitrus

Swartvlek &

Melanose

Bruinvrot

Skurfsiekte

400 tot 500 g / 100 l

water

100 tot 400 g / 100 l

water

400 tot 500 g / 100 l

water

300 g / 100 l water

500 g / 100 l water

250 g / 100 l water

400 g / 100 l water

200 g / 100 l water

200 g / 100 l water

200 g / 100 l water

1: 31/05/99 –May2010

Afhangend van hoe straf die infeksie was die vorige

seisoen, dien een of twee toedienings by 50 % en/of 75 %

blaarval toe. Indien loot- en botselinfeksie waargeneem is

voor die eerste tekens van bot, dien 'n verdere bespuiting

toe tydens die eerste tekens van bot. Gebruik die hoër

konsentrasie in die herfs en die laer konsentrasie met die

eerste tekens van bot. Voeg 200 g Spuitkalk per 100 liter

water by al die bespuitings. Moet nie op Ruby Nel kultivar

toedien nie.

Na-oes met 75 % blaarval:

Dien 200 g COPPER OXYCHLORIDE WP plus 200 g

Spuitkalk per 100 liter water toe.

Dormante periode:

Dien 400 g per 100 liter water toe.

90 tot 100 % Blomblaarval:

Dien 100 g plus 400 g Spuitkalk per 100 liter water toe.

75% Blaarval:

Dien 400 g tot 500 g plus 200 g Spuitkalk per 100 liter

water toe in gevalle van ligte of swaar infeksie tydens die

vorige seisoen.

Bot:

Dien 400 g tot 500 g COPPER OXYCHLORIDE WP plus

200 g Spuitkalk per 100 liter water toe.

Dien COPPER OXYCHLORIDE WP as 'n voldekbespuiting

toe. Begin toedienings sodra die eerste simptome van die

siekte opgemerk word en herhaal weekliks. Toedienings

kan gestaak word gedurende droë periodes.

Dien COPPER OXYCHLORIDE WP as 'n voldekbespuiting

toe. Dien elke 7 tot 14 dae toe afhangend van

weersomstandighede. Verseker algehele bedekking.

Dien COPPER OXYCHLORIDE WP toe teen 1.5 liter

spruitmengsel per m² as 'n saadbedbehandeling.

Dien COPPER OXYCHLORIDE WP as 'n voldekbespuiting

toe. Dien tot 2000 liter spuitmengsel per hektaar toe,

afhangend van plantgrootte. Herhaal toedienings elke 7 tot

14 dae afhangend van weersomstandighede.

Normale seisoen:

Dien 3 bespuitings COPPER OXYCHLORIDE WP toe met

30 tot 35 dae intervalle. Begin toediening voor einde

Oktober en voor die begin van die reënseisoen.

Nat seisoen:

Dien 4 bespuitings toe met 30 tot 35 dae intervalle. Begin

toedienings by 100 % blomblaarval.

Dien 3 weke voor oes toe op alle vrugte wat 100 cm bo

grondoppervlak is. Bespuit ook die stam en

grondoppervlak onder die boom.

Dien toe op kommersiële suurlemoene en/of lemmetjies,

wanneer lemoenbome in die nabyheid 75 tot 100 %

blomblare verloor het.

COPPER OXYCHLORIDE WP PAGE 7 OF 8

Gewas / Siekte Dosis Opmerkings

Wingerd

Antraknose

Bakteriese

skroeisiekte

Streepvleksiekte

Botrytisvrot

Donsige skimmel

Tabak

Saadbed:

Saailing-verwelking

& Wildvuur

Tamaties

Bakteriese vlek,

Septoria blaarvlek,

Vroeë- & Laatroes

Alle Gewasse

Saadbeddings:

Grondgedraage

siektes bv. Saailingverwelking,Saadverrotting

Wortelvrot

500 g / 100 l water

500 g / 100 l water

400 tot 500 g / 100 l

water

400 g / 100 l water

500 g / 100 l water

250 g / 100 l water

500 g / 100 l water

250 g / 100 l water

1: 31/05/99 –May2010

Winterreënvalstreek:

Dien die eerste bespuiting toe wanneer lote 1 tot 2 cm lank

is en herhaal wanneer lote 10 cm lank is en weer wanneer

lote 25 cm lank is. Dien daarna elke 2 tot 3 weke toe.

Sal ook Bakteriese skroeisiekte, Streepvleksiekte, Donsige

skimmel en Botrytis vrot beheer.

Dien eerste bespuiting toe wanneer lote 1 tot 2 cm lank is.

Dien daarna 2 tot 3 keer toe met 3 weke intervalle.

COPPER OXYCHLORIDE WP sal ook Antraknose,

Streepvleksiekte, Donsige skimmel en Botrytis vrot beheer.

Dien eerste bespuiting toe wanneer lote 1 tot 2 cm lank is.

Dien daarna 2 tot 3 keer met 8 tot 10 dae intervalle toe. Sal

ook Antraknose, Bakteriese skroeisiekte, Donsige skimmel

en Botrytis vrot beheer. Deeglike benatting is belangrik.

Tafeldruiwe alleenlik: Dien toe net voor die trosse styf toe

gaan. Begin met toedienings 6 weke voordat bessies ryp

word. Herhaal die toediening. Dien 500 tot 1500 liter

spuitmengsel per hektaar (Hoë Volume) toe, sodat ‘n ligte

algehele bedekking van bessies verkry word. Sal ook

Antraknose, Streepvleksiekte, Donsige skimmel en

Bakteriese skroeisiekte beheer.

Voorblom:

Dien eerste bespuiting toe wanneer lote 10 cm lank is.

Verdere bespuitings met 7 tot 10 dae intervalle, afhangend

van die weersomstandighede.

Blom tot 80 % Blomblaarval:

Bespuit slegs indien die blomperiode langer as 14 dae is.

Na-blom:

Dien 2 of meer COPPER OXYCHLORIDE WP bespuitings

toe, met 7 tot 10 dae intervalle, afhangend van die

weersomstandighede.

LET WEL

Tafeldruiwe: Moet nie toedien nadat korrels ertjiegrootte

(4 tot 6 weke voor oes), bereik het nie, aangesien ‘n sigbare

neerslag by oes mag voorkom.

Dien COPPER OXYCHLORIDE WP toe teen 12 liter

mengsel per 9 m². Verseker volle bedekking van saailinge.

Begin bespuiting net nadat die verplante plantjies gevestig

is en ongeveer 15 cm hoog is, voor die eerste tekens van

die siekte verskyn. Dien elke 7 tot 10 dae toe, afhangend

van die weersomstandighede.

Dien 500 tot 1500 liter spuitmengsel per hektaar toe,

afhangend van die plantgrootte, om volbedekking van die

bo- en onderkante van die blare te verkry.

Vir lae volume aanwending, afhangend van die

toedieningsapparaat, wysig die konsentrasie ten einde nie

meer as 2.5 tot 10 kg per hektaar toe te dien nie. Herhaal

die bespuiting na meer as 13 mm reen of

sprinkelbesproeiing.

Dien COPPER OXYCHLORIDE WP toe teen 1.5 liter

mengsel per m² as 'n saadbedbehandeling.

COPPER OXYCHLORIDE WP PAGE 8 OF 8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!