04.05.2013 Views

23. Selfwaarde - By Jesus se Voete

23. Selfwaarde - By Jesus se Voete

23. Selfwaarde - By Jesus se Voete

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

23. SELFWAARDE

(Jy kan vir hierdie genesingslesing ‘n foto’tjie van jouself as klein kindjie gebruik en ‘n spieëltjie.)

Staan 'n op jou knieë en kyk ‘n bietjie om jou rond. Kan jy nog onthou hoe die wêreld vir jou gelyk het

toe jy nog net so groot was? Dink 'n bietjie hoe jy gelyk het toe jy nog klein was. As jy 'n kleintyd foto

het kyk daarna. Kyk net 'n bietjie hoe oulik was jy. Is dit nie die oulikse, mooiste, onskuldigste ou

dingetjie wat jy al ooit gesien het nie?

Ek wil vir julle 'n storietjie lees wat Abba Vader vir my gegee het toe ek vir Hom gevra het, hoe Hy ons

sien. Ek wil graag hê dat jy hierdie storietjie jou eie moet maak want dit is ook jou storie.

Eendag lank gelede is daar 'n pragtige babatjie gebore. Hierdie baba was sommer 'n baie, baie

spesiale kleinding gewees. Die engele in die hemele was in ekstase en het vol verwondering hul

opgewondenheid oor hierdie kleinding met mekaar gedeel. Hulle het gejubel en verskeie het die wens

uitgespreek dat hulle die bevoorregtes kon wees om na hierdie kindjie op aarde te mag omsien. Want

hierdie kind is deur God self beplan. God die Vader, Jesus Christus en Heilige Gees het geweet presies

wat Hulle wou hê. Saam het Hulle besluit, hoe hierdie kindjie moes wees. Hulle het sorgvuldig

spesifieke eienskappe, fisiese voorkoms, talente, voorkeure, afkeure, vermoëns, genadegawes en

roeping uitgesoek en dit bymekaar gevoeg totdat Hulle oortuig was dat hierdie kind 'n meesterstuk is,

'n Beeld van Hulself, 'n Koningskind, weinig minder as Hulself (Ps 8:5,6 AOV).

“Heilige Skepper, waar op aarde gaan U ouers vir hierdie spesiale kindjie vind?” het die engele aan

God, op Sy troon, gevra terwyl hulle eerbiedig voor Hom neerbuig.

God die Vader, het geglimlag maar daar was 'n tikkie hartseer in Sy stem. “Ons het reeds die ouers

uitgekies.” En Hy wys met Sy vinger na 'n paartjie op aarde.

Daar volg 'n doodse stilte in die hemel. Die engele kyk verstom na God en luister as Hy trots verder

praat.

“Soos julle kan sien is hierdie kindjie baie, baie spesiaal want dit is My mensekind wat Ek self gemaak

en uitgekies het. Hierdie is My geliefde kind, die appel van Ons oog. Kyk, Ons gee die perfekte

kwaliteite vir hierdie nuwe mensie, presies wat nodig gaan wees om in hierdie spesifieke plek op

aarde in My liefde en roeping te kan funksioneer en op die koop toe 'n groot verskil aan Ons

Koninkryk op aarde te kan maak.”

“Hm, hm, skuus tog Alwetende God” begin 'n groot engel respekvol praat. ”Ons weet, U weet altyd

die beste, maar gaan dit nie verskriklik moeilik vir hierdie kindjie wees om daar te moet groot word

nie? Die vyand het sterk vestings in daardie familie en daardie spesifieke gebied kry besonder swaar

onder invloed van die heersers van die duisternis. U kan dalk hierdie kind verloor . . .”

“Ek weet dit gaan moeilik wees,” antwoord Abba Vader, “maar daarom het Ons hierdie enetjie so

uniek gemaak. Daar is nie nog 'n mens op aarde wat presies dieselfde samegestel is om so 'n verskil

daar te kan maak nie. Net hierdie kindjie, kan met al die kwaliteite wat Ons gegee het, daar in daardie

omstandighede geestelik oefen, groot en sterk word om tot volle potensiaal in My te groei.”

“Maar wat van die aanvalle van die vyand, o, Grote Skepper?”

God antwoord geduldig; “Jy weet mos, Ons het reeds daarvoor voorsiening gemaak,” “Ek gaan Self as

Heilige Gees die heeltyd naby hierdie kindjie wees.” Sy oë is vol deernis en tevredenheid. Hy wys weer

met sy vinnger na iemand op die aarde. “ Kyk, 'n gebed vir spesiale beskerming, daar is 'n ouma wat

bid.”

1

God kyk na die twee groot engele wat langs die een staan wat eerste gepraat het. ”Julle twee is

spesiaal uitgekies vir die groot taak om saam met hierdie kindjie op aarde te wees.” Die twee engele

knik verheug in stemmend en buig respekvol laag voor God. Hulle straal van opwinding en glimlag

breed.”

Van die ander engele wens hulle dadelik geluk oor die groot taak wat aan hulle opgedra is.

Abba Vader praat weer. “Julle het reeds gesien hierdie gaan nie 'n maklike taak wees nie, juis omdat

die roeping op hierdie kind se lewe so groot is, gaan die vyand harder probeer om te keer. Maar Saam

sal ons seker maak dat hierdie spesiale mensie reeds op 'n jeugdige ouderdom 'n geleentheid sal kry

om My te kies. My Geliefde Seun, Jesus, het reeds Sy Lewe as die volmaakte offer gebring sodat

hierdie enetjie vir ewig kan lewe. Ons sal sekermaak dat hierdie kind elke aanslag, vloek, binding en

aanval van die vyand oorleef, ongeag watter wettige reg hy ookal het om te steel, te slag of te

verwoes.”

Nog engele sluit by die groepie aan. Hulle buig diep voor God Almagtig en kyk vol bewondering na

Hom en die pragtige baba.

“Ons loof U, Heilige Almagtige God, hierdie enetjie is voorwaar besonders. Hoe kosbaar is U

handewerk. Die kleinding is so perfek, so broos en tog sterk.”

“Alwetende Skepper, wat is hierdie een se roeping?”

God die Vader wys vir hulle die prentjie.

Die engele roep uit in verwondering: “Dit is perfek vir daardie plek!”

“Maar hoe gaan U hierdie mensie in hierdie spesiale roeping laat groei? Ons het verneem dat die

vyand reeds klaar sy planne teen hierdie enetjie smee.”

God die Vader sug: “Dis niks nuuts nie, net maar die ou plan wat hy in die mou voer, maar soos

gewoonlik sal Ek juis dit gebruik vir karakter bou en om geloof, geestelike sterkte en krag in hierdie

mensie te bewerk.”

“Dan sal hy weer van kleintyd af emosionele wonde en telleurstellings oor hierdie kind se lewe stuur

om baie diep seer te maak in 'n poging dat die kind nie sal wil vergewe nie?” praat 'n engel met 'n

geirriteerdheid in sy stem en plaas sy hand op sy swaard.

'n Tweede de engel vul aan “En natuurlik sal hy sy ou leuens aan hierdie mensie wysmaak dat daar

niemand is wat omgee of liefhet nie en dat hierdie kind waardeloos is, sodat dit kan lei tot aanstoot

neem, bitterheidsverwagtings, innerlike geloftes en 'n harde hart, sodat U Seën en plan vir hierdie

mensie nie tot uitvoer moet kom nie?”

'n Derde Engel is kwaad as hy praat. “Sy doelwit sal sekerlik weer wees om die kind se geloof in U

Ewige God, te ondermyn en dan boonop die skuld vir sy dade op U te pak. Hy en sy demone weet hoe

om hierdie kindjie verwerping op verwerping te laat beleef wat onsekerheid, vrees,

minderwaardigheidsgevoelens, selfverwerping en selfhaat te weeg kan bring?”

God die Vader lig sy hand en dadelik is die engele stil.

“Die vyand is desperaat want My Seun, Jesus, het hom reeds volkome verslaan. Hy is magteloos teen

die wapens wat ek vir hierdie mensekind gee. Kyk op hierdie dag gaan hierdie mensekind tot

wedergeboorte kom.” Abba Vader wys met 'n vreugdevolle glimlaggie na 'n dag op die kalender van

die toekoms. “Dan is die krag van My Gees tenvolle beskikbaar saam met al die wapens van Ef 6. Ek

het ook reeds geleenthede uitgeroep soos geestelike kampe en lof en aanbiddingsessies waardeur

daar volkome genesing vir hierdie mensie sal kom. Dit is dan juis ook in hierdie geneesde areas waar

Ek aan die mensekind My ekstra outoriteit gee sodat baie ander mense daardeur kan vrykom.”

“Maar dit is nog niks, kyk wat beplan Ek vir hierdie kind van my!” Vader God glimlag gelukkig en wys

vlugtig nog 'n paar toekoms prente aan die engele.

Hulle lag vreugdevol. “Dis maar goed die vyand ken nie hierdie kind se toekoms nie. Dan sal hy nog

2

meer benoud wees oor hierdie enetjie.”

Die engele kyk deernisvol terug na die prentjies van hierdie pragtige spesiale kindjie in kleuterjare.

“Heilige Skepper, ons het U nog nie eens gevra nie, wat gaan hierdie kind se naam op aarde wees?”

Jy wat hiersit, het 'n foto'tjie of 'n prentjie ter herinnering van hierdie spesiale kindjie in jou besit. Kyk

daarna. Hierdie spesiale kindjie is jy. Is dit die nie oulikste laaitjie of die skattigste klein pop van 'n

dogtertjie op daardie foto nie. Kyk die pragtige gesiggie. Die drukbare ou lyfie. Sê vir jouself: “Ek is

deur my Pappa, Vader God, beplan. Hy het my waardevol en uniek gemaak. Ek is kosbaar in Sy oë. Ek

behoort aan Jesus. Hy het my lief. So lief dat Hy Sy lewe vir my afgelê het, sodat ek kan lewe tot in alle

ewigheid saam met Hom.”

Die vyand het deur die jare slegte en swaarkry dinge oor jou pad gebring met die een doel voor oë,

sodat jy jouself en vir God moet haat. Wanneer jy klein is en slegte dinge gebeur soos bv, russies

tussen mamma en pappa, jou ouers skei of gesinsgeweld het plaasgevind, jy word geboelie of het net

nooit genoeg liefde gekry het nie, dan begin jy dink, dat dit jou skuld is dat dit gebeur. Jy is die

oorsaak van alles, want jy was nog te klein om goed los van jouself te kon sien. Dan begin jy dink jy is

sout en lelik en begin al minder van jouself hou totdat jy jouself begin haat en dink jy verdien dit om

sleg behandel te word. Jy hou niks meer van jouself nie. Dit voel vir jou of jy die grootste mislukking is.

Niemand kan jou liefhê nie. Niemand kan jou aanvaar vir wie jy is nie. Om die waarheid te sê, jy kan

nie eens jouself liefhê of aanvaar nie.

Wanneer die seer so bitter groot word hier binne jou kom daar ‘n dag wat jy daardie klein kindjie, wie

jy was, verwerp. Jy distansieer jou van daardie kind. Wanneer jy groter word kan hierdie gevoelens

draai in intense woede, rebellie, verslawings, depressie en selfvernietiging. Jy voel so alleen!

Iewers het jy jou kleinwees kindjie agtergelaat. Dit was net te seer om langer kind te wees. Kan jy

daardie dag of die geleentheid onthou toe jy daardie kindjie eenkant gelos en weggestap het? Was dit

onder jou bedjie waar jy weggekruip het toe pappa en mamma baklei het? Of Dalk daar op die

speelgrond agter die badkamermuur waar jy geboelie is. Miskien onder die kersboom waar boetie ‘n

groot en duur geskenk gekry het en jy sommer net iets onbenulligs? Dalk in die parkie binne-in die

speeldrom, waar jy jou in jou stukkende hartjie voorgeneem het, dat niemand ooit weer sal weet hoe

seer hulle jou maak nie? Of, in die hoë boom agter jul huis waar julle gebly het toe jy 9 jaar oud was

en gesweer het dat wanneer jy eendag groot is, gaan jy almal terugkry wat jou so seergemaak het?

Gaan soek daardie kindjie. Vra vir Jesus dat Hy jou wys waar jy jou kindjie gelos het? Hy sal weet waar.

Daardie kindjie wag nog steeds net daar vir jou om hom of haar te kom haal? Sien jy jou kleinwees

kindjie? Kry jy hom of haar? Kyk mooi, kyk daar is hy/sy en Jesus staan ook daarby. Kan jy sien hoe

vreeslik bly is daardie kindjie om jou weer te sien?

Kyk weer na jou foto'tjie en sien hoe Jesus se bloed, die seerkry en die sonde van hierdie kindjie

afwas en genees. Jesus was daardie kleintyd seer af, net soos deur Sy Gees, reg deur die kursus, met

jou grootmens besig was. Kyk na die foto’tjie en sien in jou geestes oog, hoedat die bloed van Jesus

jou volkome skoonwas. Dit is wat Hy reg deur hierdie kursus vir jou gedoen het. Hy het jou as

volwassene sowel as kind skoongewas van sonde. Maar nou is dit jou beurt om hierdie kindjie, wat jy

moontlik lankal terug verwerp het, te vergewe en vry te spreek van enigiets waarvoor jy jouself

kleintyd kwalik geneem het.

3

Sê vir hierdie kleinding: “Ek vergewe jou vir al die goedjies wat jy verkeerd gedoen het en waar jy te

kort geskied het. Ek is jammer dat ek jou weggegooi het en nie beskerm het nie. Ek is jammer dat ek

jou verwaarloos en nie liefgehad het nie. Ek vra dat jy my sal vergewe omdat ek jou verwerp het en

nie van jou gehou het nie, omdat ek die vyand se leuens oor jou geglo het.” (Gee tyd)

Sê vir hierdie kindjie: “Ek aanvaar jou en is lief vir jou en sal jou van nou af beskerm.” Maak jou hart

groot oop vir jou kleinwees kindjie. Sien hoe dankbaar is hierdie kleintjie oor jou woorde en hoe

hy/sy die armpies om jou lyf gooi en styf teen jou aandruk. Plaas jou arms om hom of haar en druk jou

selfie styf teen jou vas. Kom, sit jou arms om jouself. Sê: “Ek is lief vir jou, ek aanvaar jou. Pappa Vader

is versot op my, ek is die appel van Sy oog.” Druk jou kleinwees kindjie nog stywer vas en nog stywer

vas en voel hoe julle een word en die Heilige Gees volmaakte genesing en eenwording laat plaasvind.

(Gee tyd)

Neem jou spieëltjie en kyk na jouself daarin. Sê vir jouself: Ek aanvaar myself en is lief vir myself.

Hemelse Pappa Vader het my pragtig en uniek gemaak en Hy is tevrede en gelukkig met hoe Hy my

gemaak het, daarom is ek tevrede en gelukkig met hoe Hy my gemaak het.”

Ek glo nie meer ‘n enkele leuen van die vyand oor myself en my waarde in Jesus my Verlosser nie.

Gees van selfverwerping en selfhaat in die Naam van Jesus Christus maak ek julle magteloos en

kragteloos en beveel julle om uit my uit te gaan, onder Jesus se voete in en julle kom nooit weer terug

na my nie.

Dankie Pappa Vader, dat U ons elkeen spesiaal gemaak het, ons liefhet en ons aanvaar. In die Naam

van Jesus, vra ons dat U Heilige Gees my volkome te vul met Uself as die Gees van Aanneming sal gee

soos wat daarstaan in Rom 8:15 Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees

nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

Dankie dat met die Gees van Aanneming, wat ook die Heilige Gees is, gaan die nare gees van

verwerping dit nooit weer regkry om my te mislei rond om my waarde en my kindskap in U nie.

Pappa Vader is ‘n liefdevolle God. Sy hart is vol liefde vir ons. Hy wil die beste vir ons hê. Hy het alles

vir ons gedoen om te verseker dat ons Sy seën kan ervaar en vir altyd kan by Hom kan lewe. Hy het vir

ons Sy Woord en Sy Gees gegee sodat ons kan weet hoe om dit te verkry en hoe om ‘n verhouding

met Hom te kan hê. Hy is so lief vir elkeen van ons. Dit maak Sy hart baie seer om te sien hoe sleg ons,

onsself deur die jare behandel het. Kom ons bely aan Hom al daardie leuens wat ons oor onsself en

Hom geglo het en toegelaat het dat dit ons denke en optrede gerig.

Doen finale belydenis en breek van leuens (Lesing nr 24).

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!