05.05.2013 Views

Chroniese Limfositiese Leukemie (CCL) Feb2001.cdr

Chroniese Limfositiese Leukemie (CCL) Feb2001.cdr

Chroniese Limfositiese Leukemie (CCL) Feb2001.cdr

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

4. Beenmurgbiopsie

Die infiltrasie kan noduler of diffuus wees. Lg het prognostiese waarde, nodulere infiltrasie het 'n beter

prognose.

5. Uraat vlakke

Die uraatvlakke styg tydens behandeling agv selafbraak.

6. Proteienelektroforese en immunoglobuliene

Immuunparese is feitlik altyd teenwoordig en bly so al is die pasient suksesvol behandel. Die IgA vlakke is

altyd eerste laag. Die gevolg is 'n verhoogde insidensie veral in respiratoriese infeksies. Soms is 'n

monoklonale band ook teenwoordig.

7. Sitogenetika

Sitogenetiese abnormaliteite is teenwoordig in 50% van gevalle. Die drie mees algemene afwykings is

trisomie 12(10_15%), delesies of translokasies wat die langarm van chromosoom 13 betrek(15_20%) en

delesies van 11q23 (20% van gevalle). Die FISH- metode is die mees akkurate metode tans beskikbaar vir

die opsporing van bg abnormaliteite.

Prognostiese faktore en verloop:

Die belangrikste prognostiese faktor is die kliniese stadiering (i.e. Binet of Rai), die limfosiet

verdubbelingstyd (afsnypunt 12 maande)en die beenmurginfiltrasie patroon op die biopsie (diffuse

infiltrasie het 'n swakker prognose). Del(11q23) teenwoordigheid is geassosieer met 'n swak prognose

terwyl del(13q) geassosieer is met 'n beter prognose.

Pasiente met 'n lae CD38 uitdrukking op die immunophenotipering het 'n beter prognose as die met 'n sterk

uitdrukking van CD38.

CLL kan transformeer na:

1) CLL/PLL-verhoging in die prolimfosiete. Dit word geassosieer met 'n swakker verloop en terapie

weerstandigheid. Prolimfosiete 11%-54%, hoer insidensie van splenomegalie met positiewe uitdrukking

van FMC7 en sterk SmIg teenwoordig op die imminophenotipering

2) Richter's sindroom- Grootsellige limfoom ontwikkel, hoofsaaklik begin die verandering in een of meer

limfnodes met unilaterale vergroting, maar soms kan die beenmurg ook die primere area van

transformasie wees. Diagnose is histologies- CLL selle word vervang met grootsellige limfoomselle met

1/2 prominente nucleoli. Pasient presenteer ook dikwels met koors en gewigsverlies.

B-SEL PROLIMFOSITIESE LEUKEMIE (PLL)

Die gemiddelde ouderdom van pasiente is 70jaar.

-3-

Kliniese beeld en diagnose: Die pasient presenteer gewoonlik met splenomegalie (>10cm) sonder

limfadenopatie, 'n meegaande limfositose (>100 000 per mikroliter) met anemie en trombositopenie

gewoonlik teenwoordig in ten minste 50% van gevalle. Pasiente het ook 'n meegaande verhoogde

uriensuur, immuunparese en soms 'n M_proteien.

Die prolimfosiete is die dominante seltipe in die bloed- 55% of meer. Die immunophenotipering toon

++FMC7 en sterk SmIg uitdrukking. Die verloop van die siekte is meer agrresief as in CLL en die

pasietne het dus 'n veel swakker prognose.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!