05.05.2013 Views

Chroniese Limfositiese Leukemie (CCL) Feb2001.cdr

Chroniese Limfositiese Leukemie (CCL) Feb2001.cdr

Chroniese Limfositiese Leukemie (CCL) Feb2001.cdr

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

SEZARY SYNDROME

Hierdie is 'n laegraadsse T-sel limfoom wat presenteer met 'n kutane limfoom en klein serebriforme

limfosiete in die perifere bloed. Daar is aanvanklik 'n uitsparing van die beenmurg, maar soos die

siekte ontwikkel word die beenmurg geleidelik betrek.

Die velletsels presenteer as 'n eksfoliatiewe erythroderma wat bestaan uit 'n intradermale

akkumulasie van serebriforme limfosiete bekend as Pautrier's absesse, wat hoofsaaklik die gesig,

palms en voetsole betrek. Limfadenopatie en splenomegalie kan soms voorkom. Mycosis

fungoides, 'n T-sel kutane limfoom wat feitlik dieselfde presenteer het gewoonlik die serebriforme

selle in die perifere bloed eers in die eindstaduim van die veloop.

Die tipiese serebriforme selle in die perifere bloed is diagnosties, maar is dikwels baie moeilik om slegs

on die ligmikroskoop te diagnoseer. In hierdie gevalle kan 'n elektronmikroskoop van waarde wees.

Selmerkers kan ook help CD4 + asook ander pan-T merkers nl. CD2, CD3, CD5 en soms CD7

GROOT GRANULERE LIMFOSITIESE LEUKEMIE (LGL)

'n Persisterende limfositose (> 5000 per mikroliter) vir ten minste 3 maande en verkieslik langer as 6

maande is nodig vir die diagnose van LGL. Die limfosiete het baie sitoplasma met azurofiliese

granules. Die selmerkers CD8 EN CD56 is gewoonlik positief. Daar is gewoonlik 'n meegaande

neutropenie en anemie teenwoordig. Die oorsaak hiervan is gewoonlik limfokiene wat afgeskei word

deur die maligne selle wat die normale hemopoiese onderdruk.

Limfadenopatie en slpenomegalie kom soms voor en lg kan bydra tot die voorkoms van sitopeniee.

Hierdie siekte het gewoonlik 'n benigne verloop, maar soms presenteer die pasiente met 'n meer

aggressiewe verloop wat 'n swak prognose het.

-7-

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!