05.05.2013 Views

DE WAAL Stamboom - Hendrik Louw

DE WAAL Stamboom - Hendrik Louw

DE WAAL Stamboom - Hendrik Louw

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

f7 Magtildus ?

f8 Cornelia

e2 Anneken

e3 Guurtje

d2 Wiebout?

d3 Guurtje

b4 Frank

(Die 2 Michiel’s is dus dieselfde persoon * 1527 en is die voorvader van Jan wat Kaap toe gekom het. Hy was

Kaptein in die Burgery 1573 tydens die beleg van Haarlem en daarna vermis. Of ons Suid-Afrikaanse DE WAAL’s

nou afstam vanaf b1 – Jacob of b3 – Michiel, dit is egter baie seker dat Jan van Rozenburg wel beide se voorvader

is.)

Daar is natuurlik ander wat verskil en tans is daar mense in Nederland wat vir my help om te

kyk of ons die raaisel kan oplos. Volgens Ds. P. DE WAAL net die volgende uit sy verkorte en

verbeterde weergawe van sy DE WAAL register en ek haal net so uit sy werke aan, met erkening

aan Ds. P de Waal.

“Die DE WAAL - geslag is van ‘n baie ou adelstand sover terug bekend as 1345 in GENT. Die

latere raadsheer Jan Franz DE WAAL was die gevolmagtigde van keiser Karel IV en het

volgens patentbrief, 1 Aug 1739 die titel van BARON ontvang. Onder hulle was senatore,

advokate, ‘n professor in die teologie (Antonius DE WAAL 1573 – 1639, Leiden), beroemde

skilders van die Vlaamse skool, t.w. Lucas, Cornelius en Johann (c. 1622 – 1631), soos hul beelde

te sien is in Rome en Munich en hul skilderye te Berlyn, Weenen, Amsterdam en Florence.

Sommige het later ook ‘n aktiewe deel in die Protestantse stryd in Nederland geneem en een is te

Utrecht op die markplein onthoof vir sy geloof.

Oorsprong van die Naam – Name is dikwels afkomstig van die woningsoord of benaming van die

plaas van die eienaars en so het die landgoed “DER WALE” of “WALLONE” geheet, met ‘n

latere toegepaste naam van DE WAAL aan die bewonders self. Die naam het in Suid-Nederland

ontstaan, later versprei in alle lande van Europa in verskillende vorme, soos De Waele, De Wael,

De Wal (frankryk), Walen, De Waal en eindelik in 1715 na Suid-Afrika.

Die Geslag in Nederland

Ons noem hulle agtereenvolgens met net enige aanmerkings by die name:-

1. Johan DE WAAL – ‘n Ryk koopman van Amsterdam wat in 1473 die voortreflike

landgoed Rosenburg aangekoop het. Hierdie pragtige plek was geleë te Voorschoten

by Den Haag.

2. Jacob DE WAAL – Woonagtig te Rosenburg. Koopman, raadslid en regter. Later te

woonagtig te Haarlem, waar hy in 1521 burgermeester geword het. Oorl. 1524.

3. Michiel DE WAAL – Van Haarlem, in 1573 kaptein van die burgermag.

4. Jan DE WAAL – Burgermeester van Haarlem, 1597

5. Jan DE WAAL – Burgermeester van Haarlem, 1627 en nog neëntien maal daarna.

Later woonagtig te Amsterdam. Oorl. 1678

6. Johan DE WAAL – Miskien is dit die kleinseun van hierdie stamvader wat na Suid-

Afrika vertrek het. Die skakel is hier enigsins onduidelik.

7. Johan DE WAAL – Oorl. 1691. Miskien is die Jan wat na Suid-Afrika in 1715 gekom

het hierdie Johan se seun. A. F. van Beurden, ‘n deskundige van Nederland meen

egter dat die Kaapse Jan ‘n Michiel tot Vader had.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!