05.05.2013 Views

NG Gemeente Stellenberg: As die winde van verandering waai

NG Gemeente Stellenberg: As die winde van verandering waai

NG Gemeente Stellenberg: As die winde van verandering waai

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

32

Die kantoorpersoneel het van drie na nege gegroei.

Daar is ’n jaarlikse begroting goedgekeur vir die ontwikkeling van predikante wat onder meer die

bywoon van internasionale konferensies insluit.

Die vyf “homogene” eredienste van 10 jaar gelede is vervang met ses eredienste waarvan die karakter

van al ses verskil. Diversiteit word graag gevier.

’n Groeiende hoeveelheid konferensies word deur die gemeente aangebied waaronder ’n aantal

netwerk-konferensies en Verantwoordelike Vernuwing, sekerlik van die belangrikste is.

Verantwoordelike Vernuwing het ’n geleentheid geskep vir vrywilligers in die gemeente om by ’n

energieke vernuwingsaksie betrokke te raak.

Indien mense sou vra wat van die sleutelmomente in die

transformasieproses was sou die volgende uitgelig kon word:

1. ’n Effektiewe beplanningskommisie waarin gewone lidmate ’n sleutelrol gespeel het. ’n

Paar jaar gelede het die leierskap besef dat kwynende stadsgemeentes ’n wrede werklikheid

is wat ook Stellenberg sou kon inhaal en het daarom indringend die vraag gevra

oor hoe die gemeente relevant en dinamies kon bly sonder om haar identiteit te verloor.

2. Die predikante is deurlopend blootgestel aan ander dinamiese gemeentes, sowel

plaaslik as internasionaal. Dit het ’n groot verruiming in denke meegebring,

3. Daar is ’n spesifieke keuse vir die liggaamsmodel gemaak. Terselfdertyd word deeglik

besef dat kontak met die gemeente en bepaalde versorgingsfunksies nie agterweë gelaat

kan word nie

4. Visionering en strategiese beplanning het deel van die kerkraad se brood en botter

geword terwyl die bestuursfunksies na ’n gemeentebestuurder en uitvoerende bestuur

afgewentel is.

5. Die kerkraad het 4 eenvoudige waardes aanvaar wat aksies, prediking, bedienings,

strategiese beplanning en die jaarlikse formulering van doelwitte rig. Die vier waardes is:

Nader aan God

Nader aan mekaar

Om ’n verskil in die wêreld te maak

Voortdurend te vernuwe

Dit alles beteken egter nie dat alles in die gemeente perfek is en dat daar nie

probleme is wat oorkom moet word nie. Die volgende

uitdagings is seker van die grootste wat ons tans in die gesig staar:

❑ Die uitklaring van predikante funksies en rolle binne ’n groter wordende gemeente en

liggaamsmodel. Sinergie en goeie samewerking tussen predikante bly van die hoogste

prioriteite in enige gemeente en baie energie en tyd word spandeer om daaraan goeie

gestalte te gee.

❑ Die geestelike groei van lidmate en veral die ontwikkeling van geestelike leiers bly ’n

groot uitdaging.

❑ So ook die ontwikkeling van kleingroepe om geestelike groei te stimuleer en veral die

onpersoonlike kant van ’n groot gemeente aan te spreek.

❑ Evangelisasie is vir ons ’n al dringender prioriteit

❑ Goeie kommunikasie bly ’n probleem in ’n groot gemeente

❑ Die gemeente het nog altyd ’n gerigtheid na buite gehad, maar worstel tans ernstig met

die vraag oor watter bydrae gelewer kan word om ’n wesenlike bydrae in SA te lewer.

Stellenberg wil baie graag ’n groeiende missionêre gemeente wees.

’n Kerk wat nie verstaan dat dit uit sondaars en vir sondaars bestaan nie, beland

spoedig in groot moeilikheid. Daarom bid ons dat ons bo alles ons verbondenheid aan

Christus en gerigtheid op die sentrale boodskap van die evangelie met steeds groter

erns sal omarm.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!