18.09.2013 Views

My teologiese geloof en gelowige teologie

My teologiese geloof en gelowige teologie

My teologiese geloof en gelowige teologie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

My teologiese geloof en

Vir teologiese studente

28 Julie 2005

gelowige teologie

Die transformasie in kerk en samelewing tref ook ons teoloë.

Nuwe verantwoordinge word gevra, soms met agressie,

soms met hoop. Een teoloog wat in die branding staan

is prof Julian Müller. Hier is sy verantwoording as ’n

getuienis en belydenis.

Julian Müller

Ek moes al ‘n paar keer in my lewe my geloof bely (as jong lidmaat; met legitimasie en bevestiging

as predikant by 3 geleenthede; by die doop van 4 kinders; met my bevestiging as dosent). Dit was

telkens uiters positiewe en soms aangrypende ervaringe. Maar onlangs moes ek aan ‘n radioprogram

deelneem en uit die bloute word ek toe deur een van die ander deelnemers gevra om daar en dan, oor

die lug, te verklaar of ek glo in die “historiese opstanding van Christus”. Ek het geantwoord dat ek telkens

saam met die gemeente die Twaalf Atikels bely waarin ek ook bely dat ek glo in die opstanding van Christus.

Waarom ek so geantwoord het, sal hopelik in die loop van my voordrag duidelik word. Nou wil ek

net reageer op my ervaring van die gebeure. Wat my later, toe ek op die gebeure geflekteer het, getref

het, was hoe negatief die ervaring was, teenoor die positiewe ervaringe van al die ander belydenisse

waarna ek verwys het. En ek het gewonder waarom ek dit enersyds so positief beleef het en andersyds so

ontsettend negatief. My gevolgtrekking was dat dit in die een geval belydenisse was wat van my binne

die veilige en insluitende omgewing van die liturgie gevra was, in die hart van die geloofsgemeenskap;

terwyl die ander keer dit in ‘n konfronterende en uitdagende gesindheid van my gevra is. Binne die liturgiese

ruimte was die doel van die belydenisse om in te sluit; binne die konfronterende ruimte van die

radioprogram, was dit om my uit te sluit. Dis die verskil.

Vandag se gesprek vind op my versoek plaas. Want ek het die vertroue dat hierdie ook ‘n veilige vertrouensomgewing

is – soos in ‘n erediens. ‘n Omgewing waar ons mekaar wil insluit en nie uitsluit

nie, waar ons na mekaar wil luister en met mekaar in ‘n konstruktiewe gesprek wil tree. Dankie dat julle

gekom het!

Teologie as fides quaerens intellectum (geloof wat soek na verstaan).

Hierdie is seker die mees klassieke formulering van wat teologie is en ek wil eerstens daarby aansluit.

Vir my is teologie per definisie ‘n geloofsaak (fides). Ek hou my besig met die teologie omdat ek ‘n

gelowige is.

19

Maar dit is geloof wat soek (quaerens). Teologie kan nie sonder geloof nie, maar dan eerstens soekende

geloof. Nie vierende of selfs belydende geloof nie, maar soekende geloof. Teologie is nie maar net

‘n verlengstuk van die individule spiritualiteit en kerk nie. Die teologiese fakulteit is nie maar net nog ‘n

stukkie kerk waar ons mekaar se geloof warm maak en opskerp en vier nie. Dit is die kerk se taak. As die

teologie ook maar net dit doen, het dit eintlik nie ‘n funksie nie. Dan kan die kerk sonder die teologie

klaarkom. Die geloof binne die teologiese ruimte het ‘n soekende funksie. Dit vra en worstel en soek in ‘n

poging om te verstaan. Die bydrae van die teologie in die kerk is nie om net te bevestig wat die kerk reeds

glo nie, maar om te soek na verstaan, na rede, na intelligensie (intellectum) van dit wat ons glo en bely.

Daarom het die teologie altyd ‘n kritiese funksie – ‘n geloofs-kritiese funksie. Dit word nie sommer maar

net tevrede gestel met die eerste beste formulering nie. In dié sin is daar ‘n ongemak tussen kerkgeloof

en teologiese geloof. Wat ons by mekaar hou en moet hou is dat dit in albei gevalle steeds om geloof

gaan.

Maar hierdie klassieke formulering van wat geloof is, is ook mettertyd aangevul met ‘n tweede formule.

Teologie as fides quaerens verbum (geloof wat soek om te verwoord)

Noodgedwonge lei verstaan na verwoording. Teologiese geloof soek nie net verstaan nie, maar soek

daarna om te formuleer, om deel te neem aan die diskoers. Die teologiese diskoers, maar ook die diskoerse

van die lewe. Teologie is geloof wat behoefte het daaraan om in gesprek te tree, met mekaar, met

die kerk, met die samelewing, met ander wetenskappe. Die geloof wat in die teologie funksioneer, wil

nie isoleer nie, wil kommunikeer en verwoord. Daarom is taal en formulerings van geloof in die teologie

belangrik en soos julle weet gaan baie van ons energie en tyd juis daarin.

Wat egter maklik gebeur, is dat ons ons geloof formuleer en dan so beïndruk raak met ons eie formules,

dat ons dit net daar en dan laat stol. Dat ons aan ons eie taalkonstrukte ewigheidswaarde

toeken. As dit gebeur, hou ons nie alleen op om kreatief voort te gaan met formulering en herformulering

nie, maar ons begin om dit wat ons reeds geformuleer het, te beskerm asof dit God se eie woorde is.

Nee, ons moet beide (quaerens intellectum en quaerens verbum) as voortgaande, rustelose prosesse

verstaan. Teologiese geloof is onversadigbaar soekend. Dit hou nooit op om nuwe insigte te probeer

verwerf nie en dit hou ook nooit op om hierdie nuwe insigte opnuut te verwoord en te kommunikeer

nie. Daarom is die verwoording en bewoording van ons geloofskonstrukte nooit finaal nie. Dit is altyd

voorlopig en daarop moet altyd weer krities-gelowig gereflekteer word.

Dit is my teologiese geloof. Ek voel myself vry. Nee, ek voel myself geroepe om my geloofsoortuiginge

altyd weer te ondersoek en vraend, soekend te konstrueer aan nuwe taal, om uitdrukking te gee aan

my geloof. Niks, geen menslike formulering is onaantasbaar, verhewe bo kritiese bevraagtekening nie.

Natuurlik is ek geroep en verplig om dit met die grootste respek te doen. Respek teenoor die geloofstradisie

waarin ek staan, want ek is nie die eerste wat glo nie, ek staan in ‘n lang ry van “geloofshelde”.

Maar ook respek teenoor my medegelowiges. Daarom gaan ek nie sommer links en regs bevraagteken

en verander aan geloofskonstrukte wat vir gelowiges rondom my dierbare betekenis gekry het nie.

Omdat my pogings tot verwoording van ons opstandingsgeloof onlangs bevraagteken is en na my

mening onbehoorlik en disrespekvol verdraai is, wil ek bietjie langer daarby stilstaan.

Die nut van die opstanding

In my eie verstaan en verwoording van my geloof in die opgestane Heer, het ek my nog altyd sterk laat

lei deur die benadering van die Heidelbergse Kategismus.

20

Dit is sekerlik nie sonder betekenis nie dat die Kategismus uit die 129 vrae en antwoorde, net een enkele

vraag en antwoord aan die opstanding afstaan (vraag 45). En al wat gevra word is: “Watter nut het die

opstanding van Christus vir ons?” Daar word nie gevra na of gespekuleer oor die fisiese opstanding van

Christus nie. Dit word waarskynlik as ‘n vanselfsprekende gegewenheid aanvaar. In plaas daarvan word

daar besin oor die metaforiese of figuurlike betekenis van die opstanding. Die opstanding is iets wat nut

het, wat vir ons iets verwerf het en die opstanding is iets wat in ons moet plaasvind. Ons word ook opgewek

tot ‘n nuwe lewe. Dit is ook vir ons ‘n pand met die oog op ons toekoms. Alles metafore wat nie die fisiese

bevraagteken nie, maar betekenis probeer toevoeg aan ons onvolmaakte verstaan en verwoording van ‘n

ondenkbare en onsêbare misterie.

Ek voel my in goeie geselskap. Die aanklagte wat teen my ingebring is, sal definitief ook teen die Heidelbergse

Kategismus ingebring moet word, want die Leermeester het nagelaat om die woorde “historiesfisies”

te gebruik in sy verwoording van die opstandingsgeloof.

Soos ek die teologiese geloof wat soek om te verwoord en formuleer (fides quaerens verbum) verstaan, is

dit ‘n geloof wat soek na meer begrip, na verwoording van die misterie, wat soek na insluiting. Dit het

niks te doen met die pogings van die ortodoksie en die fundamentalisme om met korrekte formulerings uit

te sluit, te veroordeel en seer te maak nie. Mag ons in hierdie teologiese fakulteit daarvan bewaar word!

Teoloog

Mag ons bewaar word van ‘n teologie wat, in die woorde van Annette Snyman “geleerd” glo en argumente

fyn aftel om klein oorwinninkies te behaal:

gedig Teoloog is die moeite werd om hier aan te haal:

H aar

Jy glo geleerd

Ek glo “verkeerd”.

En God verkneuter hom

In die warm kroon van ‘n botterblom.

Jy stel jou argumente fyn,

Ek luister, en tes hulle op my aftelrym:

Kammalag, kammalos, kammalie

Hiersynie – hiersywel – hiersynie.

En die heelal lê heerlik borriegeel onttroon

In duisend goue flenters botterblomkroon!

Ek is kwaad daaroor dat ek moet redeneer, argumenteer en selfs verdedig oor die korrekte bewoording

van ‘n geloofskonstruk. Want die botterblomkroon lê daarbuite in duisend flenters. Ek dink dis tragies

dat teologiese studente en dosente hulle energie aan ortodokse praatjies moet bestee, terwyl honderdduisende

mense daarbuite vasgevang is in die greep van die verskriklikste armoede en werkloosheid;

doodgaan aan Vigs; ly en gemarginaliseer word omdat ons samelewing en ook ons kerklike samelewing

besmet is met homofobie, met intolleransie, met rassisme en seksisme.

Ons moes oor ander goed gepraat het vanoggend. Ons teologie moes ons gehelp het om nie oor die

tossels van die kleed van die priesters te praat, terwyl die Russiese rewolusie daarbuite woed nie (by

wyse van spreke). Mag ons nie van koers gedwing word nie. Mag ons genade ontvang om werklik kontekstuele

teologie te beoefen, relevante teologie, teologie wat ‘n verskil maak, teologie wat ons help om die

opstandingsgeloof uit te leef en nie daaroor te stry nie!

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!