05.05.2013 Views

Op 'n ligter noot / On the lighter side

Op 'n ligter noot / On the lighter side

Op 'n ligter noot / On the lighter side

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Oordenking / Food for Thought

Ps 150 " Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige

Nuusbrief 01/2013

hemelgewelf! 2 Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige

grootheid! 3 Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! 4

Prys hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente

en fluite! 5 Prys Hom met simbale, prys hom met galmende simbale! 6 Laat

alles wat asem haal, die Here prys! Prys die Here!"

Hoe dikwels prys ek en jy die Here? Dink bietjie hieroor na! Gebeur dit nie maar ook met jou soos met

my dat jou gebede ‘n soort van ‘n “shopping list “ is nie? In hierdie “shopping list” vra ons maar net

nog meer van dit wat ons alreeds het. Dit is so dat ons soms vir God dankie sê vir dit waarvoor ons

gevra het, soos ‘n nuwe werk of finansiële verligting of beter gesondheid. Maar is dit lofprysing?

Ek dink ons prys God eenvoudig te min! Om die Here te prys is nie ‘n saak vir inkennigheid nie. Dawid

het lofprysinge uitgeroep, gebid, gesing en selfs uit gedans. Die vraag is wie moet God prys? En die

antwoord is duidelik! Almal en alles! Oud en jonk! Ek en jy!

Hoekom moet ons God prys? Om hierdie vraag te antwoord is dit is nodig dat jy net vir 2 minute bietjie

daaroor nadink en om jou rond kyk!! Het jy ‘n werk, blyplek, kos om te eet? Is jy gelukkig getroud met

pragtige kinders? Was jy die afgelope tyd met vakansie? Wel, loof die Here, want alles, ja alles, is Sy

groot genade!!

Psalm 103:3 sê: “… dit is Hy wat al my sonde vergewe het…” Het jy al daaraan gedink dat jy heeldag

kan loop en glimlag omdat jy nie hel toe gaan nie. Nee, jy is gered! God het jou lief! Prys Sy Naam!!

Sjoe, kan jy sien, hoor, praat, voel? Is jy dankbaar hieroor? Gebruik dan jou liggaam om die Here te

prys! Loof Sy Heilige Naam.

Dit is my wens vir jou dat jy in 2013 met groot dankbaarheid en vreugde die Here sal loof en intens sal

bewus wees van Sy liefde en genade wat vir jou genoeg is. Mag ons in hierdie jaar lofsange tot Hom

sing, mag ons Hom vereer en dien, mag ons Sy naam groot maak en Sy koninkryk laat kom!

Seën vir 2013!

Bladsy 4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!