05.05.2013 Views

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

SANLAM-PENSIOENFONDS

(KANTOORPERSONEEL)

Jaarverslag aan lede en pensioentrekkers

vir die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009

Daar is voortdurend nuwe verwikkelinge in die

aftreefondsbedryf. Dit is belangrik dat u as lid van

die Fonds op hoogte moet bly van u fondsvoordele

en wysigings in die bedryf wat ’n impak op u

fondsvoordele mag hê.

Dit mag soms vir u nodig wees om u finansiële

beplanning vir aftrede te hersien in lyn met nuwe

praktyke ten opsigte van belasting, gewysigde

wetgewing, ens.

In hierdie verslag verduidelik ons onder meer

die uitwerking van wysigings aan belasting op

aftreefondsvoordele. Ons gee ook terugvoer oor

die fonds se surplusverdelingsoefening en verskaf

inligting oor die nuwe webblad wat spesiaal vir

pensioentrekkers geskep is.

By huwelik, egskeiding, sterfte van ’n gade en

geboorte van ’n kind het lede die keuse om

hul dekkingsvlakke te verhoog. Ons kry egter

gereeld lede wat nie die keuses betyds, binne

twee (2) maande na die gebeurtenis, by Menslike

Hulpbronne indien nie. In daardie geval verval die

keuse en kan dit nie geïmplementeer word nie.

Inhoud

Raad van Trustees 4

Webblad vir pensioentrekkers 5

Surpluswetgewing 5

Verwikkelinge in die fonds gedurende die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009 8

– Ledestatistiek 8

– Pensioenverhogings 8

– Beleggings 9

– Reëlwysigings 10

– Tariewe vir sterfte-, trauma- en ongeskiktheidsvoordele 11

– Gadedekking – Wysiging/Uitbreiding van definisie van huwelik 12

Belasting op uitdienstredingsvoordele 13

Boedelbelasting op fondsvoordele 13

Bewys van gesondheid vir risikovoordele 13

Trustees se diskresie by verdeling van sterftevoordele 14

Voordele van lede wat ’n arbeidsongeskikte-inkomste ontvang 15

Fondsinligting en ander navrae 16

Raad van Trustees

Deur die lede en pensioentrekkers verkies:

Trustees Sekundusse

WALTER SCHEFFLER

MARIUS SAAYMAN JOHAN BESTER ANTON GILDENHUYS

FRANCOIS MARIAS

Deur die werkgewer aangewys:

4

Tel: 021 976 3255 Tel: 021 913 2360

E-pos: walter@scheffler.co.za E-pos: kabeljou@gmail.com

Tel: 021 913 2933 Tel: 021 947 2457

E-pos: andriesfmarais@gmail.com E-pos: fred.broeze@sanlam.co.za

Tel: 021 947 6962 Tel: 021 947 5629

E-pos: anton.gildenhuys@sanlam.co.za E-pos: gerrit.stander@sanlam.co.za

Trustees Sekundusse

JOUBERT FERREIRA

Tel: 021 947 3082 Tel: 021 947 3401

E-pos: johan.bester@sanlam.co.za E-pos: anton.swanepoel@sanlam.co.za

Tel: 021 947 2113 Tel: 021 947 2908

E-pos: marius.saayman@sanlam.co.za E-pos: robert.goff@sanlam.co.za

Tel: 021 947 3495 Tel: 021 947 4910

AT NEETHLING

ROBERT GOFF ANTON SWANEPOEL GERRIT STANDER

FRED BROEZE

E-pos: joubert.ferreira@sanlam.co.za E-pos: barry.laggar@sanlam.co.za

BARRY LAGGAR

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

Jaarverslag aan lede en pensioentrekkers vir die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009

Webblad vir pensioentrekkers

Op Sanlam se Internet by https//www.sanlam.co.za/pensioners is daar nou spesiaal voorsiening gemaak vir inligting

aan Sanlam Pensioentrekkers.

Ons sal graag hierdie nuwe ontwikkeling wil uitbou en verbeter, en ons nooi dus alle pensioentrekkers uit om vir die

trustees insette te gee oor spesifieke behoeftes wat hulle mag hê. Die inligting op die webblad is ongelukkig oop vir die

publiek en daarom moet ons dit beperk tot inligting wat nie vertroulik of persoonlik is nie. Die volgende inligting is reeds

beskikbaar:

Fondsreëls

Dokumentasie oor die bestuur

van die fonds

Besonderhede van die trustees

Pensioenverhogingsgeskiedenis

Pensioenverhogingsbeleid

Reëls oor dekking na aftrede

Benoemingsvorms vir

groeplewensversekering

Jaarverslag

Surpluswetgewing

Inleiding

Die Tweede Wysigingswet op Pensioenfondse, 2001 (die Wet), vereis dat alle pensioenfondse ’n toedeling van surplus

moet maak op ’n basis en datum soos in die Wet voorgeskryf. Die surplustoedelingsdatum van die Fonds is 1 April 2003.

Die Raad van Trustees het nou in samewerking met hul raadgewers die surplustoedelingskema voltooi en goedgekeur.

Belanghebbers

Die volgende partye word as belanghebbers beskou ten opsigte van die Wet en is ingesluit by die surplustoedelingskema

soos op 1 April 2003:

Voormalige lede van die Pensioenfonds: Dit is alle lede wie se lidmaatskap van die Pensioenfonds tussen

1 Januarie 1980 (soos gespesifiseer in die Wet) en 31 Maart 2003 beëindig is. Dit sluit in alle uitdienstredes,

aftredes en ook die persone wat oorgeplaas is na die Aftreefonds.

Aktiewe lede: Dit is al die lede wat op 31 Maart 2003 aan die Pensioenfonds behoort het. Enige van hierdie lede

wat ná 1 April 2003 uitdiens getree, afgetree of te sterwe gekom het, word steeds as aktiewe lede beskou.

Arbeidsonbevoegde lede: Dit is al die lede wat op 31 Maart 2003 aan die Pensioenfonds behoort het, maar nie

meer aktief in diens was nie en ’n ongeskiktheidsinkomste ontvang het.

Pensioentrekkers: Dit is al die persone wat op 31 Maart 2003 ’n pensioeninkomste vanuit die Pensioenfonds

ontvang het.

Die Werkgewer

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

Jaarverslag aan lede en pensioentrekkers vir die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009 5

Partye wat nie belanghebbers is nie

Die volgende partye word regtens nie as belanghebbers beskou nie en word dus uitgesluit by die

surplustoedelingskema van die Pensioenfonds:

6

Alle voormalige lede wat voor of op 31 Maart 2003 te sterwe gekom het

Alle pensioentrekkers wat voor of op 31 Maart 2003 te sterwe gekom het.

Verteenwoordiger vir voormalige lede

Die Trustees het mnr Des Rabe in Mei 2003 as Verteenwoordiger vir Voormalige Lede aangestel om die belange van die

voormalige lede te verteenwoordig in die besprekings oor die surplustoedelingskema. Mnr Rabe is ’n voormalige lid van

die Pensioenfonds en praktiseer tans as ’n prokureur.

Geskiedenis van die Pensioenfonds

Die Sanlam-Pensioenfonds (Kantoorpersoneel) is ’n vastevoordeelfonds wat op 1 Oktober 1927 opgerig is. Die Fonds is

sedert 1 April 1997 geslote vir nuwe toetredes.

Surplus beskikbaar vir toedeling

Volgens die Wet is die surplus wat op die toedelingsdatum beskikbaar is vir toedeling aan belanghebbers gelyk aan:

die surplus soos bepaal deur die Aktuaris; plus

die waarde van enige sogenaamde onbehoorlike aanwending; minus

die waarde van enige goed gemotiveerde gebeurlikheidsreserwes.

Die Pensioenfonds beskik oor ’n toedeelbare surplus soos op 1 April 2003.

Toedeling van surplus

Die Wet bepaal dat voormalige lede en pensioentrekkers eerste aanspraak op die toedeelbare surplus het, maar slegs

indien die voordele wat reeds aan hulle betaal is (soos bepaal deur die Reëls van die Pensioenfonds) minder is as

die voorgeskrewe minimumvoordeel (soos bepaal deur die Wet). Daarna word alle belanghebbers gelyk behandel wat

betref die toedeling van oorblywende surplus (indien enige).

Minimumvoordele aan pensioentrekkers

Die pensioene wat aan pensioentrekkers betaal word en die verhogings wat toegestaan is, voldoen aan die

minimumvoordeelvereistes, soos uiteengesit in die Wet. Geen verdere aanvulling is dus nodig nie.

Minimumvoordele aan voormalige lede

Die voordele wat aan sommige voormalige lede (hoofsaaklik uitdienstredes) betaal is voldoen nie aan die

minimumvoordeelvereistes van die Wet nie. Hierdie voormalige lede kwalifiseer vir ’n aanvulling vanuit die

toedeelbare surplus. Die totale bedrag benodig om al hierdie voordele tot die voorgeskrewe minimum vlak aan

te vul is egter meer as die beskikbare toedeelbare surplus.

In dié gevalle bepaal die Wet dat die berekende aanvulling proporsioneel afwaarts aangepas moet word.

Oorblywende surplus

Die volle beskibare toedeelbare surplus word aangewend vir die proporsionele aanvulling tot minimumvoordele

aan kwalifiserende voormalige lede. Daar is dus geen oorblywende surplus vir verdere toedeling aan ander

belanghebbendes nie.

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

Jaarverslag aan lede en pensioentrekkers vir die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009

Opsommend

Die Trustees en die Verteenwoordiger vir Voormalige Lede is tevrede dat die surplustoedelingskema

voldoen aan die vereistes van die Wet en dat dit ’n regverdige toedeling van die surplus is.

Persone wat tussen 1 Januarie 1980 en 31 Maart 2003 vir Sanlam gewerk het en gedurende hierdie

tydperk Sanlam se diens verlaat het (anders as pensioentrekkers), mag moontlik kwalifiseer vir ’n

toedeling van surplus kragtens Artikel 15B van die Wet. Hulle moet met die Pensioenfonds in verbinding

te tree en registreer as voormalige lede.

Die finale surplustoedelingskema sal teen 30 November 2009 by die Registrateur ingedien word. Die

surplustoedelingskema kan eers na goedkeuring deur die Registrateur geïmplementeer word.

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

Jaarverslag aan lede en pensioentrekkers vir die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009 7

Verwikkelinge in die fonds gedurende die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009

Ledestatistiek

8

1 April 2008 1 April 2009

Aktiewe lede 236 223

Arbeidsonbevoegde lede 25 24

Pensioentrekkers 709 698

Pensioenverhogings

Pensioentrekkers se pensioene is op 1 Januarie 2009 met 5% verhoog. Diegene wat gedurende 2008 afgetree het, het

’n pro rata verhoging ontvang.

Die trustees se teiken is om jaarliks verhogings toe te staan wat gelyk is aan 80% van pensioentrekkerinflasie, mits die

Fonds dit kan bekostig.

As gevolg van die groot dalings in die finansiële markte gedurende 2008 en die gepaardgaande drastiese styging in

inflasie, was dit ongelukkig nie moontlik om op 1 Januarie 2009 aan hierdie teiken te voldoen nie.

Die geskiedenis van die pensioenverhogings vir die laaste 5 jaar is as volg:

Verhogingsdatum

Pensioentrekker-

inflasie*

Teiken

verhoging

Werklike

verhoging

% van

inflasie

1 Januarie 2005 2.8% 2.2% 4.0% 143%

1 Januarie 2006 4.4% 3.5% 8.0% 184%

1 Januarie 2007 5.1% 4.1% 5.0% 98%

1 Januarie 2008 7.2% 5.8% 9.0% 125%

1 Januarie 2009 13.8% 11.0% 5.0% 36%

Gemiddeld oor laaste 3 jaar 8.7% 6.9% 6.3% 73%

Gemiddeld oor laaste 5 jaar 6.6% 5.3% 6.2% 94%

*Pensioentrekkerinflasie tot 31 Augustus elke jaar word geneem as maatstaf, om die Fonds genoeg tyd te gee om die verhoging op 1 Januarie te

implementeer.

In tye van onstabiele finansiële markte is dit nodig om pensioenverhogings op lang termyn te beoordeel. Soos u kan

sien, het die Fonds steeds daarin geslaag om oor die afgelope vyf jaar gemiddeld groter verhogings as die 80% inflasieteiken

toe te staan.

Pensioenverhogings word grootliks beïnvloed deur die beleggingsopbrengs wat die Fonds op die pensioentrekkers

se bates verdien. Op 1 Januarie 2008 is ’n uitsonderlike goeie verhoging, op grond van volgehoue hoë

beleggingsopbrengs, toegestaan. Die trustees het toe gewaarsku dat daardie vlak van verhogings nie volgehou sal kan

word in tye van laer beleggingsopbrengs nie, wat ongelukkig toe vanjaar ’n werklikheid geword het.

Die onlangse beleggingsprestasie en die uitwerking van die wêreldwye finansiële krisis word verder op bladsy 9 bespreek.

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

Jaarverslag aan lede en pensioentrekkers vir die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009

Beleggings

Totale bates van die fonds soos op 31 Maart 2009

Portefeuje Markwaarde 2008 Markwaarde 2009

Aktiewe lede R479 404 642 R404 697 218

Pensioentrekkers

Absolute opbrengsportefeulje R281 631 609 R253 629 887

Versekerde jaargeld (aktuariële waarde in hakies) R216 997 213

(R214 040 338)

R242 667 402

(R230 495 220)

Beleggingsprestasie van die fonds se bates vir die tydperk 1 April van die vorige jaar tot 31 Maart van die

betrokke jaar soos aangedui

AKTIEWE LEDE PORTEFEULJE

Sektor

Gewig

2007 2008 2009

Opbrengs

% per jaar

Gewig

Opbrengs

% per jaar

Gewig

Opbrengs

%per jaar

Aandele 67.0 36.5 68.6 -0.23 63.7 -28.28

Rentebeleggings 7.6 6.6 5.3 0.20 6.6 13.32

Kontant 12.2 8.4 12.2 10.26 15.0 13.45

Internasionale bates 13.2 30.8 13.9 15.03 14.7 -17.15

Totaal 100 28.9 100 3.18 100 -17.86

PENSIOENTREKKERS – ABSOLUTE OPBRENGS PORTEFEULJE

Sektor

Gewig

2007 2008 2009

Opbrengs

% per jaar

Gewig

Opbrengs

% per jaar

Gewig

Opbrengs

%per jaar

Aandele 40.9 22.5 33.4 0.07 24.0 -32.23

Rentebeleggings 10.9 9.7 11.5 8.03 12.0 12.70

Kontant 36.2 8.1 41.4 10.13 47.3 13.91

Internasionale bates 12.0 30.6 13.7 15.39 16.7 -10.93

Totaal 100 17.4 100 7.00 100 -1.30

Die laaste jaar of twee het die wêreld sy grootste finansiële krisis sedert die depressiejare van die 1930’s beleef. Ons finansiële

markte het nie ongeskonde gebly nie en die Algehele Indeks van die Johannesburgse Effektebeurs het byvoorbeeld met 32%

gedaal in die jaar tot einde Maart 2009. Hierdie daling word gereflekteer in die opbrengssyfers hierbo.

Die trustees wil egter al sy lede gerus stel dat, ten spyte van die negatiewe beleggingsomstandighede, die Fonds

steeds in ’n gesonde finansiële posisie verkeer en ten volle befonds is.

Met die bates van die pensioentrekkers word ’n omsigtige beleggingsbeleid gevolg. Die bestaande pensioene word met

’n gewaarborgde jaargeldbelegging by Sanlam befonds. Die balans van die pensioentrekkerbates, wat vir toekomstige

verhogings moet voorsien, is in ’n absolute opbrengsportefeulje belê. Die portefeulje het die laaste twee jaar goed vertoon

in vergelyking met gebalanseerde portefeuljes – soos ook uit die syfers hierbo blyk.

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

Jaarverslag aan lede en pensioentrekkers vir die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009 9

10

Wat die bates van aktiewe lede betref, het die bulmark van 2003 tot middel 2008 bygedra om ’n

gesonde buffer te skep. Verder het die trustees ook ’n gedeelte van die aandeleblootstelling verskans,

wat die verliese sedert middel 2008 ietwat beperk het.

Gegewe die moeilike beleggingsomstandighede is die trustees baie tevrede met die beleggingsprestasie

die afgelope tyd en met die huidige finansiële posisie van die Fonds.

Reëlwysigings

Die Fonds is in die jaar deur die Raad op Finansiele Dienste geoudit en het ’n baie gunstige verslag

ontvang. Die volgende wysigings tot die Fonds se reëls is gedurende die fondsjaar geregistreer, onder

meer na aanleiding van die oudit:

Trustees: ’n Aktiewe lid wat ’n trustee is kan na aftrede aanbly as ’n trustee.

Verantwoordelikhede van beleggingskomitee: Die Raad van Trustees moet deurlopend die

beleggingskomitee se verantwoordelikhede hersien en aanpas.

Definisie van werkgewer: Lede wat oorgeplaas word na ’n ander werkgewer, ingevolge Artikel

197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge mag vir ’n maksimum tydperk van 24 maande lid van

die fonds bly. Dit sal die nuwe werkgewer genoegsame tyd gun om aftreevoorsiening vir sulke lede in

plek te sit.

Trusteevergaderings: ’n Minimum van twee trusteevergaderings moet per jaar gehou word.

Aanstelling van ’n deskundige: Wanneer ’n meerderheidsbesluit nie bereik kan word ten opsigte

van die aanstelling van ’n deskundige nie, moet die aanstelling deur die voorsitter van die

Balieraad gedoen word.

Ondertekening van dokumente: Dié Raad van Trustees kan die Hoofbeampte magtig om

nie-statutêre dokumente te onderteken in ooreenstemming met besluite van die Raad.

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

Jaarverslag aan lede en pensioentrekkers vir die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009

Tariewe vir sterfte-, trauma- en ongeskiktheidsvoordele

Die tariewe vir die sterfte-, ongeskiktheid en traumavoordele wat deur die fondse en groeplewensversekering

voorsien word, word jaarliks deur Sanlam hersien. Indien nodig, word dit aangepas na aanleiding van die eiseondervinding.

Die volgende maandelikse tariewe geld vanaf 1 April 2009:

Pensioenfonds: Die koste van sterftevoordele is onveranderd gehou op 2.15% van pensioengewende

vergoeding.

InkomsteSorgversekering: Die koste van die inkomste-ongeskiktheidsvoordele bly onveranderd op 1.00% van

gewaarborgde pakket.

Groeplewensversekering: Die tariewe vir groeplewensversekering (enkelbedragongeskiktheids- en

sterftevoordele) bly onveranderd op 27c per R1 000 dekking.

Traumaversekering: Die tariewe vir die traumaversekering is verhoog van 20c na 22c per R1 000 dekking.

Gesinsversekering: Die tariewe en die voordele van die gesinsversekering bly onveranderd.

Die tariewe is:

Premie vir hooflid, gade en kinders R7.00 per maand

Premie vir ouers R22.50 per ouer per maand

Premies vir addisionele gades R 3.20 per gade per maand

Die sterftevoordele wat deur die versekering voorsien word is soos volg:

Voordeel

Hooflid R15 000

Kwalifiserende gade en addisionele gades R15 000

Kwalifiserende kinders 14 jaar en ouer R15 000

Kwalifiserende kinders 6 jaar en ouer, maar jonger as 14 jaar R 8 250

Kwalifiserende kinders onder 6 jaar, insluitend doodgebore babas R 5 500

Ouers (wat verseker is) R 5 500

Verhaling van premies: Die koste vir die sterftevoordele wat deur die Fonds voorsien word, en

die ongeskiktheidsvoordele kragtens die InkomsteSorgversekering, word verhaal van die lid se

werkgewerbydraes.

Die koste van die Groeplewens- en Gesinsversekering is ’n na-belaste aftrekking van die lid se vergoeding

en die werklike premie wat elke werknemer betaal word op sy/haar betaalstaat aangedui. Omdat die

premies met na-belaste geld betaal word, is die voordele betaalbaar kragtens die huidige wetgewing

belastingvry.

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

Jaarverslag aan lede en pensioentrekkers vir die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009

11

12

Gadedekking – Wysiging/Uitbreiding van definisie van huwelik

Dit is belangrik dat werknemers wat getroud is volgens Suid-Afrikaanse Gewoontereg en wat gadedekking

geniet, kennis moet neem van die volgende:

Wysiging/Uitbreiding van Definisie van Huwelik

Die definisie van “Huwelik” in die Groepversekeringspolis is uitgebrei om te vereis dat huwelike volgens

Suid-Afrikaanse Gewoontereg geregistreer moet word kragtens Artikel 4 van die Wet op Erkenning van

Gebruiklike Huwelike, No. 120 van 1998, by die Departement van Binnelandse Sake.

Implikasies van wysiging/uitbreiding

In die geval van sterfte van ’n gade na 1 Julie 2009, wie se lewe kragtens die groeplewensversekering

verseker was, sal een van die volgende huweliksertifikate/dokumente vereis word voordat die betaling

van die sterfte-eis goedgekeur kan word:

’n Huweliksertifikaat ten opsigte van huwelike gesluit kragtens die Huwelikswet, 1961; of

die Civil Union Act, 2006; of

die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike, 1998; of

die leerstellings van ’n godsdiens.

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

Jaarverslag aan lede en pensioentrekkers vir die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009

BELANGRIK

Aksies verlang van lede

Belasting op uitdienstredingsvoordele

Vanaf 1 Maart 2009 is die belasting wat gehef word op uitdienstredingsvoordele gewysig. Voorheen was slegs die eerste

R1 800 van ’n uitdienstredingsvoordeel, wat in kontant betaal word, belastingvry.

Vanaf 1 Maart 2009 is die bedrag verhoog na R22 500. Alle fondsvoordele wat aan ’n lid betaal is sedert 1 Maart 2009

word in die berekening in ag geneem.

Voorbeeld: ’n Lid ontvang ’n voordeel van R70 000 op 1 April 2009. R22 500 van hierdie bedrag sal belastingvry wees.

Twee jaar later ontvang dieselfde lid weer ’n voordeel van R20 000. Hierdie lid het klaar sy/haar belastingvrye voordeel

van R22 500 geniet en daarom is die volle R20 000 belasbaar.

BELANGRIK: By aftrede is ’n enkelbedrag van R300 000 belastingvry. Alle kontantbetalings, ongeag of dit

belastingvry was of nie en wat ontvang is sedert 1 Maart 2009, sal vanaf die R300 000 belastingvrye perk

afgetrek word. Dit is dus baie belangrik dat lede die advies van ’n kundige finansiële adviseur inwin voordat hul

besluit om hulle voordeel by diensbeëindiging in kontant te neem.

Boedelbelasting op fondsvoordele

Vanaf 1 Januarie 2009 is enige enkelbedragbetaling van fondsvoordele by die dood van ’n lid (wat na 1 Januarie 2009

sterf) vrygestel van boedelbelasting. Voorheen was alle enkelbedragbetalings deur ’n fonds by sterfte as ’n bate geag vir

die berekening van boedelbelasting. Slegs bedrae aangewend vir verpligte lyfrentes was vrygestel.

Bewys van gesondheid vir risikovoordele

Die sterfte- en ongeskiktheidsvoordele wat deur die Fonds en relevante versekering toegestaan word, word bereken op

grond van die uitslag van ’n lid se mediese evaluering by aanstelling.

Totdat die volledige mediese evaluering afgehandel is en alle uitslae in die besit van die maatskappy is;

OF

Alle lede wat volgens Suid-Afrikaanse Gewoontereg getroud is en dekking op hul gades se lewe het,

moet hul verbintenis registreer kragtens Artikel 4 van die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike,

No. 120 van 1998, by die Departement van Binnelandse Sake.

In geval van ’n verbintenis soos bedoel in die Civil Union Act, moet die verbintenis ingevolge hierdie wet

geregistreer word.

By sterfte van ’n gade moet die vereiste bewys van huwelik soos hierbo beskryf aan die Menslike

Hulpbronne Dienssentrum gelewer word.

Indien ’n lid by aanstelling verkies om nie te gaan vir ’n mediese ondersoek nie;

sal die volgende voordele betaalbaar wees:

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

Jaarverslag aan lede en pensioentrekkers vir die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009 13

14

In geval van dood/ongeskiktheid as gevolg van natuurlike oorsake

– Sterfte- en ongeskiktheidsvoordele deur die groeplewensversekering

Die kleinste van:

– R180 000; of

– Een (1) of twee (2) keer die lid se pensioengewende vergoeding, volgens sy/haar keuse by

aanstelling.

– Ongeskiktheidsvoordele deur InkomsteSorgversekering

– ’n Ongeskiktheidsinkomste voordeel van R24 000 per jaar.

In geval van dood/ongeskiktheid as gevolg van onnatuurlike oorsake

(Hierdie voordele is ook van toepassing op lede aan wie by aanstelling beperkte dekking of geen dekking

toegestaan is.)

– Sterftevoordele: Die volle sterftedekking voorsien deur die fonds en groeplewensversekering waarvoor

die lid kwalifiseer volgens sy/haar ouderdom of keuse sal betaal word.

– Ongeskiktheidsvoordele: Die volle enkelbedrag-ongeskiktheidsvoordeel, volgens die lid se keuse vir

Groeplewensversekering, is betaalbaar.

Wanneer lede se dekkingsvlakke die volgende perke oorskry sal hulle weer mediese bewys van gesondheid moet lewer:

Lewensdekking: R40 miljoen

Inkomste-ongeskiktheid: Indien 75% van gewaarborgde pakket > 150 000 per maand

Trustees se diskresie by verdeling van sterftevoordele

Een van die belangrike pligte van ’n Raad van Trustees is die verdeling van sterftevoordele by die dood van ’n lid.

Volgens Artikel 37C van die Wet op Pensioenfondse moet die Raad die afhanklikes en benoemde begunstigdes van

oorlede lede identifiseer en die verdeling van die voordele hanteer.

Die Wet omskryf ’n afhanklike as enige persoon:

teenoor wie die lid regstens aanspreeklik was vir onderhoud;

vir wie die lid nie regstens aanspreeklik was om te onderhou nie, indien so ’n persoon:

– na die Raad se oordeel by die lid se dood in werklikheid van die lid afhanklik was vir onderhoud;

– die gade van ’n lid is, insluitend ’n party tot ’n gewoonte- of godsdienstige verbintenis;

– die kind van ’n lid is, insluitend ’n postume kind, ’n aangenome kind en ’n buite-egtelike kind; of

ten opsigte van wie die lid regtens aanspreeklik sou geword het vir onderhoud indien die lid nie gesterf het nie.

Om te verseker dat die Raad van Trustees ’n lid se wens in ag neem by die verdeling van sterftevoordele, kan lede hul

begunstigdes benoem deur benoemingsvorms in te vul. Benoemingsvorms is beskikbaar op die Intranet by: My zone>

Remuneration>Funds & other insurance>Pension Fund communication & documentation. Die Raad word nie deur so

’n benoeming gebind nie, maar sal die toewysing volgens die benoemingsvorm as ’n riglyn gebruik.

’n Persoon word as ’n afhanklike beskou indien hy/sy op die lid staatgemaak het vir lewensmiddele, soos voedsel,

verblyf, mediese sorg en opvoeding.

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

Jaarverslag aan lede en pensioentrekkers vir die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009

Sodra die Raad alle afhanklikes opgespoor het, word die voordele aan die afhanklikes en benoemdes

toegeken soos wat die Raad as billik beskou.

Ter wille van billikheid oorweeg die Raad van Trustees faktore soos die volgende:

Die wens van die oorledene (benoemingsvorm)

Die ouderdom van die partye

Verwantskap met die oorledene

Die mate van afhanklikheid, indien van toepassing

Die finansiële omstandighede van die afhanklikes/benoemdes

Toekomstige verdienvermoë en vooruitsigte van die afhanklikes/ benoemdes.

Die Raad van Trustees moet seker maak dat daar so ver moontlik voorsiening gemaak is vir afhanklikes.

Sterftevoordele maak net deel uit van ’n lid se boedel indien ’n lid geen afhanklikes en/of benoemdes

het nie. ’n Lid se vryheid om in ’n testament oor sy/haar fondsvoordele te beskik, word beperk deur die

Wet, omdat die oogmerk van die Wet primêr is om voorsiening te maak vir afhanklikes.

Die sterftevoordele protokol van die fonds, wat volledig verduidelik hoe sterftevoordele hanteer word, is op

die Intranet beskikbaar by My Zone>Remuneration>Funds & other insurance>Pension Fund.

Voordele van lede wat ’n arbeidsongeskikte-inkomste ontvang

In die geval van ’n lid wat totaal en permanent arbeidsongeskik verklaar word, geld die volgende voordele:

Lid- en werkgewerbydraes tot die fonds

Geen werkgewerbydraes word afgetrek van die inkomste van lede wat arbeidsongeskik verklaar

is nie.

Vir die eerste twaalf maande nadat die lid arbeidsongeskik verklaar is word lidbydraes van sy/

haar inkomste afgetrek. Daarna word die lid- sowels as werkgewerbydraes tot die fonds deur

Sanlam, as versekeraar, betaal.

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

Jaarverslag aan lede en pensioentrekkers vir die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009 15

16

Lidmaatskap van die fonds

Lede wat arbeidsongeskik verklaar word bly lede van die fonds. By sterfte of aftrede (wat ook al eerste gebeur)

word die lid se sterfte- of aftreevoordele betaal ooreenkomstig die reglement van die fonds.

Sterftedekking op lid se eie lewe

Sterftedekking (indien van toepassing) onder die groeplewensversekering gaan voort tot datum van aftrede of

sterfte, wat ook al eerste gebeur.

Die dekkingsbedrag soos op datum van ongeskiktheid word konstant gehou en geen premies is deur die lid

betaalbaar nie.

Trauma

Lede wat traumadekking geniet se traumadekking gaan voort tot:

– datum van sterfte;

– erkenning van ’n trauma-eis; of

– datum van aftrede,

wat ook al eerste gebeur.

Die dekkingsbedrag vir traumaversekering soos op datum van ongeskiktheid word konstant gehou en geen

premies is deur die lid betaalbaar nie.

Gadeversekering

Lede wat arbeidsongeskik verklaar word en gadedekking geniet het kan die dekking op hul gade se lewe

behou. Die dekkingsbedrag wat gegeld het op datum van arbeidsongeskiktheid word konstant gehou. Die lid

is verantwoordelik vir die betaling van die volle premie wat jaarliks hersien word. Lede het ook die opsie om die

dekking te kanselleer indien hulle verkies.

Gesinsversekering

’n Arbeidsongeskikte lid se gesinsversekeringsvoordeel word in stand gehou sonder betaling van verdere premies.

Die dekkingsvlak bly konstant volgens die dekkingsbedrae wat gegeld het op datum van ongeskiktheid.

Fondsinligting en ander navrae

Addisionele fondsinligting is vir aktiewe lede beskikbaar op die Intranet by My zone>Remuneration>Funds &

other insurance>Pension Fund communication & documentation.

Enige navrae oor fondsinligting of voordele kan gerig word aan Chrisna Swart of Natasha Martin by:

E-pos: chrisna.swart@sanlam.co.za of natasha.martin@sanlam.co.za

Posadres: Posbus 1260, Sanlamhof 7532

SANLAM-PENSIOENFONDS (KANTOORPERSONEEL)

Jaarverslag aan lede en pensioentrekkers vir die tydperk 1 April 2008 tot 31 Maart 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!