06.05.2013 Views

Geagte gebedsvriende

Geagte gebedsvriende

Geagte gebedsvriende

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Geagte gebedsvriende

BIBLIA HAWESENDING

Posbus 47 Port Elizabeth

TEL no 041 5855483 Sel no 083 4697138

E-Pos seafarers @iburst.co.za

REIK OP VIR DIE UITREIK

AUGUSTUS 2011

EEN skip, ‘n verlore Chinese seeman, ‘n oliepyp wat gebars het – en ‘n

almagtige God. . .

Die pad wat die Here met mense loop, slaan soms jou asem weg!

Zhang Danfeng het ernstige brandwonde aan sy gesig opgedoen toe ‘n

oliepyp van die stoomketel aan boord van sy skip gebars het. Hy is in

‘n hospitaal in Port Elizabeth opgeneem. Terwyl hy daar gelê het,

toegewoel in verbande sodat net sy oë, neus en mond sigbaar was, was

die prognose nie baie goed nie: hy sou waarskynlik lelik geskend

wees.

Op dieselfde skip het Fang, ‘n ander Chinese seeman, vir Martin gesê

hoewel hy ‘n Christen is, was hy baie lanklaas in ‘n kerk. Hy het

iemand nodig om hom geestelik te begelei. Weens die taalprobleem

het Martin ‘n baie opgewonde Fang in aanraking gebring met ‘n

Chinese sendeling wat in P.E. werk en hierdie sendeling het ook die

baie siek Zang Danfeng in die hospitaal gaan besoek.

Daar, in die hospitaal, het Zang Dangfeng die Here aangeneem en hy

wil nou gedoop word. Die wonderlike ingryping van God in hierdie

man se lewe het sigbaar geword toe Zang Dangfeng se verbande

afgehaal is. Selfs die dokters was verstom: nie alleen het sy gesig

gestraal van vreugde nie, maar daar was geen teken van ernstige letsels

aan sy gesig nie! Zhang Dangfeng kon nie wag om die wonder-nuus te

gaan oordra aan sy ma in China, wat ‘n Christen is en deur die jare vir

hom gebid het.

Ook in die selfde tyd in die hospitaal was ‘n Filippynse seeman met

kopbeserings, twee gebreekte bene en gebreekte ribbes as gevolg van

`n fratsgolf van 10 meter hoog wat sy skip getref het. Toe Martin hom

besoek, het hy ook vir hom ‘n telefoonkaart geneem sodat hy sy familie

in die Filippyne kon bel. Die suster aan diens het Martin net 5 minute

besoektyd gegee, maar die man het hom gesmeek om langer te bly,

omdat hy nog geen besoekers gekry het nie en baie eensaam in ‘n

vreemde land was. Later kon Martin die evangelie met hom deel. Toe

die man die eerste keer weer kon loop, het hy vir Martin gebel om

dankie te sê vir die besoeke en gebede.

So word daar gereeld in die lief en leed van hierdie mense gedeel. Wat

`n wonderlike voorreg om dit hand-aan-hand met die verspreiding van

die Blye Boodskap te kan ervaar.

Simon Tikiau, ‘n seevaarder van Kiribati (‘n eiland in die Stille

Oseaan), het in ‘n e-pos aan Biblia geskryf: “Greetings to you, my

brother in Jesus Name. I like to thank you for your kind assistance

during my visit to your mission a few weeks ago. Thank you for your

kind hospitality. May Almighty God bless you all.” Op nog ‘n skip

kon die evangelie ook met 5 ander Filippyne gedeel word.

‘n Seeman wat Martin raad gevra het oor sy huweliksprobleme, het ‘n

paar weke later, toe sy skip weer in die hawe was, kom dankie sê vir

die goeie raad; sy huweliksbootjie is weer in rustige waters. Nog ‘n

seeman, van die Filippyne, het uit sy nate gebars van blydskap oor sy

baba se geboorte – veral toe hy via die internet ‘n foto van die baba kon

sien!

Biblia wil dankie sê vir almal se gebede. Die rekenaarstelsel is

opgegradeer. Ons moes ook 3 kwotasies vir ‘n (dringend

noodsaaklike!) bussie na ITF stuur. Bid asseblief daarvoor. Ons het

die Tagalog-Bybels gekry.Daar is n moontlikheid dat ons n heffing vir

Skeepsbesoekke kan kry van die agente - wat nog steeds gebed nodig

het.

GEBEDSVERSOEKE:

Bid vir Zhang Danfeng, wat na sy wonderbaarlike herstel met

‘n stralende gesig en met die Here in sy hart huis toe gaan;

Bid vir Fang, dat hy aan God sal bly vashou en meer

geleentheid kry om met Christene kontak te maak;

Bid vir Gerando, Glen, Rudy en Aldrin van die Filippyne, dat

die evangelie wat Martin met hulle gedeel het, in hul harte sal

groei;

‘n Ertsdraer met ‘n Chinese bemanning is deur Martin en

Benjamin Ho, ‘n Chinese sendeling, besoek. Bid vir die

bemanning. Vyftien DVD’s en 45 traktaatjies in die Chinese

taal is aan hulle gegee. Bid dat die Here elkeen sal ontmoet.

Bid vir die beskerming van seevaarders wanneer hulle verby die

kus van Somalië vaar. Dit lyk of die wêreld magteloos teen die

euwel van seerowery staan.

Bid ook vir die beskerming van seemanne in ‘n stormsee.

Bid asseblief ernstig dat die Here deure vir Biblia by die Coegahawe

sal oopmaak. Daar is nog baie struikelblokke in die pad,

en dit raak al hoe dringender om ook daar geriewe te kry om die

seevaarders te bedien.

Hoewel dit nie altyd so voel nie, is 2011 ook al amper op sy

rug. Kersfees is om die draai. Biblia gaan weer, soos in die

verlede, die Christus-boodskap tasbaar aan seemanne uitdra wat

die hawe in die feestyd besoek. Elke bemanningslid kry dan ‘n

klein geskenkie. Daarvoor het ons ongeveer R4 500.00 nodig.

Bid asseblief dat die Here sal voorsien.

Ons kan nie anders nie as om te jubel en te juig oor die lieflike,

welkome reën wat ons in die Ooskaap ontvang het. Ons is die Here

opreg dankbaar daarvoor.

Dit bly ‘n voorreg om by Biblia betrokke te wees. Die een dag is

nooit dieselfde as die vorige een nie. As ‘n mens so intens by die

lief en leed van die seemanne betrokke raak en later terugvoering

kry oor wat dit vir hulle beteken het, doen dit iets aan jou gees.

Ons dank die Here vir elke geleentheid.

Nog steeds gaan Biblia voort met die Bybels-vir-Seevaardersprojek.

Enigeen wat die projek wil ondersteun, kan bydraes in ons

rekening by Absa inbetaal. Die besonderhede is: Biblia –

rekeningnommer 4060566177. Merk die inbetaalstrokie asseblief:

Bybels vir Seevaarders.

Die Here seën u.

Martin en Sus (Biblia) en Keith (Mission to Seafarers).

Zhang Dangfeng in die hospitaal, nog met ernstige brandwonde

aan sy gesig.

Zhang Dangfeng nadat die Here hom aangeraak het. Die vreugde van

die Here straal uit hom uit.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!