06.05.2013 Views

November 2011 (Vraestel 1) - Bishops Afrikaans Webtuiste

November 2011 (Vraestel 1) - Bishops Afrikaans Webtuiste

November 2011 (Vraestel 1) - Bishops Afrikaans Webtuiste

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

PUNTE: 80

TYD: 2 UUR

Bishops

EKSAMINATOR: T. HOEFNAGELS

MODERATOR: J. NOLTE

Afrikaans Departement

NOVEMBER EKSAMEN

GRAAD 11

AFRIKAANS VRAESTEL 1

2011

Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

INSTRUKSIES en INLIGTING:

Lees die volgende instruksies / opdragte noukeurig deur voordat jy

die vraestel beantwoord.

Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

LEESBEGRIP (30)

OPSOMMING (10)

TAAL (40)

Beantwoord alle vrae.

Begin elke afdeling op ‘n nuwe bladsy.

Skryf netjies en leesbaar.

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae.

DIE CAPE EPIC – ‘n GROOT DROOM OF ‘n NAGMERRIE?

1. Baie mense droom om iets groots met hulle lewens te doen. As jy die Cape Epic

Fietswedren doen, is dit GROOT. Dis groot ambisie, groot afstande en groot pyn.

2. Die Cape Epic is een van die moeilikste fietswedrenne in die wêreld. Dit neem agt

dae om te voltooi. Elke fietsryer moet elke dag ongeveer 100km ry. Dit begin op

Knysna en eindig in Somerset-Wes. Jy ry deur die mooiste dele van Suid-Afrika.

Soms is jy langs die see, soms in die berge, soms in die fynbos-areas en soms in

die Karoo. Die roete is 886km.

3. Daar is ongeveer 1200 deelnemers. Daar word elke aand 1200 tente by elke

slaapplek opgeslaan. Die fietsryers drink 500 000 liter water en eet 12 000

muffins en 5000 kg pasta, rys en aartappels.

4. Daar is baie pyne wat deel word van die wedren. Sonsteek, krampe, gebreekte

sleutelbene (collar bones) en saalsere (saddle sores) is maar ‘n paar probleme.

Maar die grootste vrees is om “afgesny” of gediskwalifiseer te word. Die reëls is

baie streng. Al is jy net een sekonde na die afsnytyd by die einde, is jy uit.

5. Dag drie is die ergste. Jou bene is doodmoeg en jy het nie meer adrenalien van

die eerste twee dae nie. Dis die warmste dag – dis op oop teerpad. Die son brand

jou. Soms is die temperatuur tot 35°C. Die saalsere begin ook erg raak. Sommige

ryers gebruik Milko Balm – dit is ‘n salf wat gebruik word om koeie te melk. Maar

dit is die ryers se geheime wapen. Dit bevogtig (moisturise), streel (soothe) en

ontsmet (disinfect) die sere op die boude.

6. Op dag ses begin jy die Epic regtig geniet. Die swaarkry pla jou minder en jy begin

fokus op die lekker dinge. Daar is baie mense wat langs die pad staan en hande

klap en daar is baie vriendelike helpers by die waterpunte. Aan die einde van dag

sewe is jy opgewonde omdat jy amper klaar is, maar ook hartseer. Dis omdat jy

na dag agt moet terugkeer na die wêreld waarvan jy vergeet het: die een met

verkeersknope, kitskos, e-posse en roetines.

7. Aan die einde van dag agt weet jy dat ‘n GROOT droom voltooi is. Die dae was

eenvoudig: opstaan, fietstrap, gaan slaap... maar daar was ook vriendskappe en

wonderlike herinneringe wat jy nooit sal vergeet nie.

VRAE:

1.1 Wat is (a) die beginpunt, en (b) die eindpunt van die Cape Epic? (2)

1.2 Noem een van die mooi plekke waar jy ry. (1)

1.3 Pas die woorde in KOLOM A by die woorde in KOLOM B.

KOLOM A

1.3.1 die fietsryers slaap hierin

1.3.2 voedsel

1.3.3 dit word gedrink

KOLOM B

A 500 000 liter water

B tente

C 5000 kg pasta, rys en aartappels

1.4.1 Watter besering kan fietsryers kry as hulle van hulle fietse afval? (1)

1.4.2 Watter besering kan fietsryers kry as hulle lank sit? (1)

1.5 Waarvoor is die fietsryers die bangste? (1)

1.6 Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR? Gee telkens ‘n rede vir jou

antwoord.

1.6.1 Adrenalien help jou op dag drie. (2)

1.6.2 Saalsere is die fietsryers se geheime wapen. (2)

1.7 “die son brand jou” beteken...

A die son koel jou af

B die son maak lang skaduwees

C die son bak op jou vel

D die son verdwyn agter die wolke (1)

1.8 Noem TWEE dinge wat die mense langs die pad doen om die fietsryers te

ondersteun. (2)

1.9 Haal vier agtereenvolgende woorde uit paragraaf 7 aan wat die fietsryers se

dae beskryf. (1)

(3)

[17]

VRAAG 2: ADVERTENSIE

EN

Lees die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae.

CAPE EPIC INSKRYWINGS

As jy wil inskryf om deel te wees van die Cape Epic moet jy aanlyn registreer

by www.cape-epic.co.za.

Omdat daar slegs plek vir 1200 fietsryers is, sal jy deelneem aan ‘n lotery.

Stuur asseblief R20 sodat jy kans staan om gekies te word. Die geld sal aan

liefdadigheid geskenk word.

Koste:

As jou naam gekies word, sal dit vir jou R12 500 vir ‘n span van twee kos.

Slaapplek:

‘n Tentkamp word opgerig op dorpe langs die roete. Etes word verskaf. Daar

is ook storte, toilette, mediese sorg en masserings deur fisioterapeute.

En jou goed?

Deelnemers se sakke word elke dag met vragmotors na die nag se tentkamp

vervoer.

VRAE:

2.1 Wat sal van al die R20 registrasiefooie word? (1)

2.2 Hoe weet jy dat jy nie kos hoef saam te neem nie? (1)

2.3 Hoe weet jy dat beserings op die Epic versorg sal word? (1)

2.4 Moet deelnemers self hulle sakke vervoer? Sê JA of NEE en gee ‘n rede vir jou

antwoord. (2)

[5]

VRAAG 3: INLIGTINGSTUK

EN

Lees die onderstaande inligtingstuk en beantwoord die vrae.

Die koninklikes van die skoenlapperwêreld

1. Die koningskoenlapper is ‘n pragtige insek met ‘n vlerkspan van 90 tot

100mm. Vir duisende jare al migreer ongeveer 1000 miljoen

koningskoenlappers vanaf Meksiko, waar hulle nesmaak, na die woude in

die ooste van Kanada en dele van Noord-Amerika waar hulle die res van

die jaar deurbring.

2. Soms word hulle melkkruid skoenlappers genoem omdat dit een van hulle

gunsteling kossoorte is. Die klein ruspers eet die melkkruid blare en die

volwasse skoenlappers drink die nektar in die blomme.

3. Die delikate skoenlappers het baie blare nodig om hulle teen die reën en

koue te beskerm. Koningskoenlappers is nog nie ‘n bedreigde spesie nie,

maar verlore habitat is beslis ‘n bekommernis. Satellietfoto's wys dat bome

in ʼn oerwoud in Meksiko waar die skoenlappers broei, afgekap word. Dit is

teen die wet om hierdie bome af te kap. Hierdie wette is spesiaal gemaak

om die skoenlappers te beskerm.

3.1 Gee twee name van die skoenlapper waarvan daar gepraat word. (2)

3.2 Votooi die onderstaande sinne deur slegs die korrekte woorde tussen hakies

te kies.

3.2.1 Die (ruspers / volwasse skoenlappers) word heel waarskynlik deur die geur

of kleur gelok.

3.2.2 Die larwes sal heel waarskynlik in (Meksiko / Kanada) uitbroei. (2)

3.3.1 Watter twee natuurelemente bedreig die skoenlappers? (2)

3.3.2 Watter menslike element bedreig die skoenlappers? (1)

3.3.3 Op watter manier het mense probeer om die skoenlappers te beskerm? (1)

[8]

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 4:

TOTAAL AFDELING A: (30)

Die onderstaande leesstuk bevat inligting oor beter slaappatrone.

Skryf SEWE wenke neer wat die skrywer aanbeveel om beter te slaap.

Elke feit moet ‘n VOLSIN wees.

Jy mag nie meer as een sin oor elke feit skryf nie.

Skryf jou sinne puntsgewys en onder mekaar van 1 tot 7 neer.

Laat ʼn reël tussen die sinne oop.

Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.

Dui die getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

Slaap, o wonderlike slaap !

Die meeste mense hou van slaap. Dit is’n manier om weer jou batterye te herlaai en

om weer lus te wees vir die lewe. Slaap is absoluut noodsaaklik en dit is baie

belangrik dat ‘n mens genoeg slaap kry. Daar is sommige dinge wat veroorsaak dat

‘n mens nie goed slaap nie en ‘n mens moet bewus wees hiervan. Daar is egter ook

‘n paar dinge wat veroorsaak dat ‘n mens soos ‘n baba slaap.

Die hoenders is reg. ‘n Mens moet so vroeg gaan slaap as wat jy kan. Jou

liggaamsfunksies word veral tussen 23:00 en 02:00 herlaai. So as jy nie in hierdie

stadium reeds slaap nie, is die herstelproses stadig en sommige organe word

afgeskeep. Dit maak dat jy die volgende dag moeg en lusteloos is. Slaap dus sodra

jy kan. Kry nog vandag iemand om vir jou bedsokkies te brei. As jou voete warm en

gemaklik voel, sal jy warm en gemaklik voel…. al is dit in die middel van die somer.

Dis ‘n goeie idee om te stort of te bad in warm water net voor slaaptyd. As jou

liggaamstemperatuur styg voor jy gaan slaap, maak jy seker dat die temperatuur

daal as jy in die bed klim. Wanneer jy TV kyk of werk, doen dit ver van jou kamer.

As jy jou kamer deel van jou werkroetine maak, gaan dit vir jou moeilik wees om

daar te ontspan. Jou bed moet dus absolute kalmte en ontspanning simboliseer.

Het jy al een van daardie nagte ervaar waarin jy elke uur op die horlosie sien aftik ?

Wel, draai vandag nog jou horlosie se gesiggie weg van jou bed af. Moet jou nie

bekommer oor die probleme van môre nie, want dit sal ‘n negatiewe effek op jou

slaappatrone hê. Probeer om nie tot net voor slaaptyd aktief besig te wees nie en

onthou dat ‘n takkie laventel onder jou kussing jou heerlik aan die slaap kan sus. Om

jou te kalmeer is ‘n heerlike koppie kamilletee net voor slaaptyd ‘n goeie idée.

TOTAAL AFDELING B (10)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!