06.05.2013 Views

santamfokus

santamfokus

santamfokus

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Santamfokus

bring jou maandelikse

nuus oor Santam. Dié

nuusbrokkies hou jou

op hoogte van wat in

die maatskappy gebeur.

NUTTIGE NUUS

Oktober 2007

santamfokus

Santam is besig om die versekeringspeelveld

te verander en is oortuig voorsorg voorkom

nasorg. Hulle is daartoe verbind om kliënte

te help om hul risiko’s te bestuur en te

verminder wat eindelik u en u geliefdes se

lewens veiliger en aangenamer sal maak.

“Ons het die afgelope tyd risikobestuur onder

die vergrootglas geplaas en hoe meer ons

daarna kyk, hoe makliker word dit om die

oplossings raak te sien waarmee jy risiko’s kan

vermy en verminder,” sê Edward Gibbens,

uitvoerende hoof: Makelaarsdistribusie.

“Nou bied ons jou nóg ’n oplossing vir jou en

jou kliënte se risiko: ’n Baanbreker-brandblusser,

die nuwe Fire Extinguisher Ball. Die Fire Extinguisher

Ball kan oor ’n afstand na ’n vuur gerol word

en aktiveer outomaties wanneer dit in aanraking

met vlamme kom. Dié brandblusser benodig

geen instandhouding nie, weeg slegs 1.3 kg en

het ’n lewensduur van vyf jaar. Dit is die veiligste

en maklikste manier om ’n vuur te blus.

Onthou asseblief om die makelaarsbladsy op

Santam se internet te besoek vir meer inligting

oor hoe om ’n Fire Extinguisher Ball te wen

STALKER HUTCHISON EN

ADMIRAL SMELT SAAM

Ian Kirk, Santam se uitvoerende hoof, het die

jongste inligting verskaf oor die samesmeltingsonderhandelinge

tussen Stalker Hutchison

Rus verseker

santamfokus

bedryfsfokus

ekonomiefokus

mediafokus

santam e-fokus 1 oktober 2007

and Associates (SHA) en Admiral

Underwriting Group, twee van Santam

se onderskrywings-bestuurders, wat in

Junie 2007 ’n aanvang geneem het.

“Dit is met genoeë dat ons nou bekend

maak dat ons ná ’n deeglike ondersoek en

omvattende konsultasie tot die gevolgtrekking

gekom het dat die voorgestelde samesmelting

in belang van die aandeelhouers, ons kliënte,

makelaars en personeel sal wees. ’n Saamgesmelte

maatskappy sal nie net waarde vir

aandeelhouers nie maar, ook waarde vir ons

kliënte en makelaars toevoeg namate ons

die gesamentlike tegniese deskundigheid benut,

ons produkreeks uitbrei en ons verbind tot

ongeëwenaarde diensstandaarde aan die mark.”

SHA spesialiseer in breë aanspreeklikhede,

skadeloosstellingversekering vir beroepslui,

finansiële instellings, versekering teen

mediese wanpraktyke, persoonlike ongevalle,

vlootmotors, huishoudelike aanspreeklikheid

en passasiers-aanspreeklikheid. Die Admiral

Underwriting Group spesialiseer in

skadeloosstellingversekering vir beroepslui

en versekering teen mediese wanprayktyke

vir die tradisionele en opkomende beroepe,

asook breë aanspreeklikhede.

Volgens Kirk is hy bly om aan te kondig dat

Basil Palmer, tans hoof uitvoerende van Stalker

Hutchison and Associates, ingestem het om

die leiding te neem in die samesmeltingsproses

en die pos van uitvoerende hoof van die

nuwe maatskappy te aanvaar. Meer inligting

Hannes du Plessis

oor die naam van die nuwe maatskappy,

toekomstige strukture, verteenwoordiging in

die direksie en samestelling van die

uitvoerende bestuur sal binnekort

gekommunikeer word.

‘Dit is belangrik om minderheidsaandeelhouers

in so ’n samesmelting te

beskerm en vir hierdie doel het ons reeds

met die Admiral-minderheidsaandeelhouers

in verbinding getree. Ons is oortuig dat ons

binnekort ’n aanvaarbare oplossing sal vind.

“Tydens die samesmeltingsproses het ons

ons onvoorwaardelik daartoe verbind om

steeds die hoë standaarde van diens en

ondersteuning aan u, ons gewaardeerde

sakevennote, te lewer. Ons is uiters positief

oor hierdie samesmelting en sien uit daarna

om ons verhouding met u verder te versterk

deur die nuwe onderneming,” sê Kirk.

• Andrew Packman, uitvoernede hoof van

Admiral, het ná die aankondiging van die

samesmelting ‘n verklaring uitgereik dat hy aan

die einde van September aftree.

BOERE KRY MEER

ONDER EEN SAMBREEL

Rus verseker

santamfokus bedryfsfokus ekonomiefokus mediafokus

santam e-fokus 2 oktober 2007

Santam het sy posisie in die landbouversekeringsmark

versterk deur sy bestaande

bedrywighede saam te smelt met dié van

Agri-risikospesialiste (ARS) om ’n enkele

besigheidseenheid te vorm wat hom op

bate-sowel as oesversekering sal toespits.

Santam en ARS het ’n bestaande suksesvolle

verbintenis – Santam is die 100%-aandeelhouer

in ARS en onderskryf sedert 2001 sy

produkte.

“Dit maak Santam die onbetwiste leier in

die landbouversekeringsmark, met ongeveer

30% van die bateversekering-en meer as 70%

van die oesversekeringsmark,” sê Edward

Gibbens, Santam se uitvoerende hoof van

Makelaarsdistribusie.

“Santam het bykans 90 jaar se ervaring in

landbouversekering en, tesame met ARS

se kundigheid in die oesversekeringsektor,

kan ons nou omvattende risikobestuuroplossings

aan boere en tussengangers bied.

“Navorsing het getoon dat boere se

risikobestuurbehoeftes voortdurend

verander, en Santam het daarom sy strategie

oor landbou hersien om dit in ooreenstemming

met marktendense te bring. Ons

glo dat goeie sakegeleenthede in die

landboumark bestaan en wil beslis ons

betrokkenheid in dié sektor bevestig en

uitbrei,” sê Gibbens.

“Ons verseker ons sakevennote dat die

bestaande verhouding tussen ons geensins

deur die samesmelting geraak word nie.

Santam sal steeds innoverende produkte

verskaf wat deur voortreflike kliëntediens

gesteun word.”

Hannes du Plessis is as bemarkingsbestuurder

van die nuwebesigheidseenheid

aangestel om Santam se bestaande

verhoudings te ondersteun, toekomstige

terug na bo

Bedryfsfokus bring jou

op hoogte van kwessies wat

van aktuele belang vir die

korttermymversekeringsbedryf

is. Die inligting is bedryfsgerig,

saaklik en bied jou 'n breër

perspektief.

vennootskappe aan te gaan en geleenthede

te benut. Santam stel ook tans 'n

hoof vir dié besigheidseenheid aan.

Du Plessis het op 1 Oktober vanjaar by die

senior bestuurspan aangesluit en sal

verantwoordelik wees vir bemarking,

kommunikasie en verhoudingsbestuur.

“Hannes is ’n bekende figuur in dié bedryf.

In die jare wat hy sy kundigheid en ervaring

opgedoen het, het hy ook talle verbintenisse

opgebou. Sy aanstelling bevestig Santam se

vaste voorneme om sy leiersposisie in die

mark te verstewig en uit te brei,” sê Gibbens.

bedryfsfokus

‘OORDREWE REGULERING’

GROOTSTE GEVAAR VIR

VERSEKERINGSBEDRYF

Die Centre for the Study of Financial Innovation

(CSFI) het in samewerking met

PricewaterhouseCoopers LLP ’n “piesangskilopname”

gedoen om te bepaal wat die

finansiëledienstebedryf wêreldwyd as die

grootste gevare beskou. Die humoristiese titel

behoort nie afbreuk te doen aan die erns van

die bevindinge nie. Die webwerf Insurance

Gateway het kommentaar gelewer oor

sommige van die bevindinge wat hulle as

besonder toepaslik op Suid-Afrika beskou.

Meer as 100 respondente het aangedui dat

oordrewe regulering die bedryf in gevaar stel

deur maatskappye met koste te oorlaai,

bestuur se aandag af te lei, en in die pad van

mededinging en innovasie te staan. Dié

Rus verseker

santamfokus bedryfsfokus ekonomiefokus mediafokus

santam e-fokus 3 oktober 2007

bevinding hou verband met kommer oor

toenemende politieke inmenging, veral in

markte waar regerings versekeringsprodukte

en -pryse reguleer.

Die opname haal die uitvoerende hoof van

’n groot lewensversekeraar in die Verenigde

Koninkryk aan. Volgens hom “raak regulering

al meer opdringend, tydrowend en

voorskriftelik. Dit is ondanks die retoriek

oor beginsel-gebaseerde regulering. Meer as

80% van die respondente uit die

versekeringsbedryf was senior uitvoerende

beamptes of direkteure.

Finweek berig die opname wys daarop dat

oordrewe regulering ook in ’n opname onder

banke in 2006 bo-aan die lys was. Waarom

al hierdie regulatiewe inmenging? Is dit

onverdiend, of is die frustrasie in die raadsaal

die gevolg daarvan dat hulle nou aanspreeklik

gehou word vir die jare lange misbruik van

hul vertrouensposisie?

Enron en ander het wêreldwyd aandag

getrek, maar die besprekingsdokument wat

in 2005 deur die Nasionale Tesourie uitgereik

is, het talle plaaslike praktyke wat veel te

wense oorlaat, geïdentifiseer. Sommige

hiervan is in beperkte mate opgelos deur

die Verklaring van Voorneme, die boetes wat

betaal is vir versweë samevoeging van fondse,

die vervolging van diegene wat pensioenfondsreserwes

gestroop het, en ander

wanpraktyke wat tans in die nuus is, maar roer

dit die hoofoorsake aan?

’n Mening wat deur Trevor Manuel

uitgespreek en deur Charles Pillai, die FAISombudsman

beaam is, is dat ’n oudit en

hersiening van raadsaaletiek nodig is. Geen

wetgewing kan misdaad voorkom nie, en

maniere word dikwels gesoek om die

regsvereistes te omseil. Dit lei tot wantroue

onder die reguleerders en strenger

terug na bo

wetgewing. Dit word gou 'n bose kringloop

waarin die stryd gevoer word sonder gedagte

aan of bekommernis oor waarom daar in die

eerste plek ’n oorlog is.

’n Ander groot bekommernis vir die bedryf

is die hoër nakomingskoste en fel mededinging

wat ’n impak op wins het.

Volgens respondente poog versekeraars om

inkomste te handhaaf deur groter risiko te

aanvaar, pryse te sny en die bewoording van

versekeringskontrakte minder streng te maak.

Dit wek kommer oor die winsgewendheid van

die bedryf, en die gevaar dat versekeraars

blootgestel sal word aan versekeringsrisiko’s

wat dalk jare kan neem om verwerklik te word.

ekonomiefokus

Ekonomiefokus

gee jou ’n momentopname

van die Suid-Afrikaanse

ekonomie. Belangrike

ekonomiese, inflasieen

sake -aanwysers sal

jou help om die huidige

situasie in ons

land te verstaan.

MONETÊRE FONDS VERSUS

DIE OPTIMISTE

Die “kragmeting” tussen die optimiste en die

pessimiste is aan die gang, berig Finweek. Trevor

Manuel, Minister van Finansies, projekteer hoë

ekonomiese groei van 5,1% vir volgende jaar.

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) stem

egter nie met hierdie siening saam nie, en

verwag ’n styging van slegs 4,5% in bruto

binnelandse produk in 2008.

Die IMF stem ook baie duidelik nie saam

dat Suid-Afrika in 2010 ekonomiese groei van

6% kan behaal nie. Hulle verwag dat

ekonomiese groei tussen 2007 en 2012

gemiddeld 4,76% sal wees. Daarenteen is die

regering oortuig dat 'n gemiddelde van 6%

Rus verseker

santamfokus bedryfsfokus ekonomiefokus mediafokus

van 2010 tot 2014 bereik sal word. Volgende

jaar gaan ’n baie belangrike jaar wees om te sien

of Suid-Afrika die stukrag kan opbou om teen 6%

per jaar te groei.

Dit is interessant om daarop te let dat daar

in die privaatsektor uiteenlopende sienings oor

toekomstige ekonomiese groei, veral volgende

jaar, is. Vir sommige is ’n styging van 5% tot

6% net te veel om te verwag.Vir ander is dit

’n uitgemaakte saak.

‘BEWAAR ONS’

santam e-fokus 4 oktober 2007

Namate rentekoerse wêreldwyd styg, leer

almal – van verskansingsfondsbestuurders tot

verbandslawe – dat wanneer rentekoerse styg,

swak finansiële beplanning en besluitneming

duidelik na vore kom. Merrill Lynch sê dat

wanneer leningstoestande in die wêreld se

grootste ekonomie verstram, slegte dinge

geneig is om te gebeur.

Alles van bankmislukkings tot aandelemarkineenstortings

en selfs die bars van die

tegnologieborrel dui klaarblyklik op die feit

dat hoër rentekoerse gewoonlik finansiële

ellende beteken.

Die jongste voorbeeld is die subprimaverbandkrisis

in die VSA. Toe rentekoerse

laag was, het fondsbestuurders wat hoër

opbrengste gesoek het, besluit om geld aan

mense met swak kredietrekords te leen. Sodra

rentekoerse begin styg het, het hierdie riskante

leners begin wanbetaal. Dit het massiewe

verliese tot gevolg gehad vir verskansingsfondse

en banke.

As hulle maar net na die historiese gevolge

van hoër leningskoste op die ekonomie gekyk

het, sou hulle baie finansiële ellende kon

vermy het.

terug na bo

NIE SO OPGEWEK NIE

Mense wat oorgewig is, is meer vatbaar vir

siektes en beserings by die werk en is in groot

mate verantwoordelik vir die geraamde

R12 miljard per jaar wat afwesigheid van die

werk die Suid-Afrikaanse ekonomie kos.

Volgens navorsing deur die John Hopkins

Bloomberg School of Public Health in die VSA

is daar 'n baie hoë korrelasie tussen mense

wat oorgewig is en beserings by die werk.

Statistiek vir die aluminiumbedryf in die VSA

toon dat ongeveer 85% van alle beserings by

die werk opgedoen word deur mense met 'n

liggaamsmassa-indeks (LMI) van 25 en hoër

EKONOMIESE BAROMETER

santam e-fokus 5 oktober 2007

(18,5 tot 24,9 is normaal). Dr Keshia Pollack,

wat aan die hoof van die ondersoek gestaan

het, sê die groep met ’n LIM van meer as 40

het die meeste beserings opgedoen, veral

hand-, vinger- en kniebeserings.

Professor Tessa van der Merwe, hoof van

die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Studie

van Vetsug, sê sterftes onder Suid-Afrikaanse

mans weens vetsug het sedert 1997 met 35%

toegeneem en met 18% in die geval van Suid-

Afrikaanse vrouens.

“Die Internasionale Vereniging vir Diabetes

voorspel dat die voorkoms van diabetes in

Suid-Afrika oor die volgende 10 tot 15 jaar

met 98% sal toeneem.”

BBP-groei teen markpryse 4,7% 5,0% (2006)

Petrol

(premiepompprys per liter, Gauteng) R7,16 (05/07/07) R6,12 (30/05/06)

Prima oortrekkingskoers (gemiddelde) 13% (05/07/07) 10,5% (30/05/06)

R/£ 14,09 (05/07/07) 12,27 (30/05/06)

R/$ 6,99 (05/07/07) 6,53 (30/05/06)

R/Euro 9,52(05/07/07) 8,40 (30/05/06)

INFLASIE-INDEKS

Rus verseker

santamfokus bedryfsfokus ekonomiefokus mediafokus

Mei 2007 Mei 2006

Inflasiekoers (VPI) 6,9% 3,9%

Voedselprysstyging 8,7% 6,9%

Behuisingsinflasie 9,8% 2,3%

SAKE-AANWYSERS

Vervaardiging (volume, vanjaar tot April)

(in vergelyking met ’n jaar gelede)

Styg met 5,6%

Totale voertuie verkoop (vanjaar tot Junie): 340 489 Daal met 0,6%

Trekkerverkope (vanjaar tot Mei): 2 249 Styg met 5,9%

Bouplanne goedgekeur (vanjaar tot April) Styg met 0,5%

Kleinhandelverkope (vanjaar tot April) Styg met 8,4%

Elektrisiteit verpruik (vanjaar tot April) Styg met 5,4%

Advertensiebesteding (vanjaar tot Februarie): R2,0 miljard Styg met 18,8%

Aantal likwidasies (vanjaar tot Mei): 1 118 Daal met 1,4%

terug na bo

Mediafokus

bied ’n opsomming

van die jongste

inligting wat

wêreldwyd

gepubliseer is.

mediafokus

BRING DIE SPRINGMIELIES

Suid-Afrika het uiteindelik sy eie DVD-huurwebwerf

soortgelyk aan die gewilde NetFlixdiens

in die VSA. Die webwerf, bekend as

PushPlay, bied sy kliënte 60 000 DVDs om

van te kies vir vaste maandelikse intekengeld.

Intekenare kan tot drie DVDs op ’n slag

huur en, soos in die geval van NetFix, is daar

geen vervaldatums of fooie vir laat

terugbesorging nie.

Drie huuropsies is beskikbaar: Die goedkoopste

(R90/maand) bied intekenare een

DVD op ’n keer; die duurste (R140/maand)

bied drie DVDs op ’n slag. PushPlay-webwerf

sé: “Wanneer jy 'n DVD terugbesorg, stuur

ons jou outomaties die volgende een

op jou lys. Dit beteken dat jy altyd ’n

roterende biblioteek van DVD’s by

die huis het.”

Om die duurste PushPlay-opsie die

moeite werd te maak, moet

intekenare ten minste ses DVDs per

maand uitneem. Vir fliekvlooie is die

prys spotgoedkoop.

AGTERSTALLIGE DIENSGELDE

= R26 MILJARD

Agterstallige gelde en onbetaalde diensrekeninge

van R26 miljard is aan Suid-Afrika

se ses metropoolrade gesamentlik verskuldig,

sê die department van plaaslike regering.

Rus verseker

santamfokus bedryfsfokus ekonomiefokus mediafokus

Ekurhuleni is bo-aan die lys met agterstallige

gelde van R8,6 miljard, gevolg deur

Johannesburg met R7,2 miljard. ’n Bedrag van

R4,2 miljard is aan Kaapstad verskuldig en R3,5

miljard aan Ethekwini.

SELFONE IN SYFERS

Vind graag selfoonstatistiek soos onlangs deur

selfoonverskaffers uitgereik is.

41,4 miljoen – Die aantal selfoonintekenare

in Suid-Afrika (bereken deur die getalle vir

Vodacom, MTN en Cell C bymekaar te tel).

24,6 miljoen – Intekenare van Vodacom Suid-

Afrika; ’n styging van 6,9% sedert 31 Maart.

13,4 miljoen – Intekenare van MTN Suid-Afrika;

’n styging van 7% sedert 31 Desember 2006.

14 miljoen – MTN-intekenare in Nigerië,

die groep se grootste mark; ’n styging van

14% sedert 31 Desember 2006.

3,4 miljoen – Cell C-intekenare aan die einde

van Junie; 27% meer as ’n jaar gelede.

48,2 miljoen – MTN-intekenare wêreldwyd

op 30 Junie; ’n styging van 90% van jaar tot

jaar (konsolideer Investcom-verkryging).

32,4 miljoen – Vodacom-intekenare wêreldwyd

op 30 Junie; ’n styging van 28,4% van jaar tot jaar.

R118/per maand – Vodacom se gemiddelde

inkomste per gebruiker.

R149/maand – MTN se gemiddelde inkomste

per gebruiker.

R152/maand – Cell C- se gemiddelde inkomste

per gebruiker.

Bronne: Die Burger, News24, SAIA, allAfrica.com, Business Day, Post Magazine, Sapa-AP, Sunday Times, Business Report,

Moneyweb.co.za, Automobile, Financial Mail, Cover, Autonews, SAIRR, Advantage, Insurance and Investment Times, Reader’s

Digest, Citizen, FANews, I-Net Bridge.

Kontak ons

Bel gerus vir Shireen Sedres, redakteur: e-fokus and Fokus by (021) 915 7120 of stuur 'n e-pos na fokus@santam.co.za

met enige navrae, kommentaar of voorstelle.

santam e-fokus 6 oktober 2007

terug na bo

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!