06.05.2013 Views

steentjie skoonmaak projek 2 Mei 2011 - Voortrekkers

steentjie skoonmaak projek 2 Mei 2011 - Voortrekkers

steentjie skoonmaak projek 2 Mei 2011 - Voortrekkers

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

By die Irene konsentrasiekampkerkhof is daar 573 van die oorspronklike grafsteentjies wat deur die

mense in die kamp uitgekerf is, meestal vir kinders wat in die kamp gesterf het.

Hierdie steentjies is van onskatbare waarde - by al die ander kampe uit die ABO-tydperk wat ek was

het ek weinig van die oorspronklike grafsteentjies gesien.By Brandfort is daar nie 'n enkele een oor nie

omdat dit alles van sandsteen gemaak is en totaal verweer het. E was so twee weke gelede vir die

eerste keer by die Howick kamp, die kerkhof is baie mooi versorg, maar van die oorspronklike grafte is

daar nie 'n teken oor nie.

Die steentjies is oorspronklik by die grafte in die grond geplant. Hierdie foto van Irene kampkerhof is

geneem tydens 'n kranslegging (ongeveer 1940).

Om hierdie steentjies te probeer bewaar is dit in 1959 deur die SAVF en Raad op Oorlogsgrafte uit

die grond verwyder en teen mure vasgesit. Dit het tot 'n mate die steentjies beskerm, maar sedert 'n

paar jaar gelede het ons agtergekom dat die steentjies (om watter rede?) gesteel word, en in die

proses het 15 van die steentjies spoorloos verdwyn. Die steentjies het ook natgereen en die nuwe

sproeiers wat installeer was, wel... het bietjie te goed gewerk!

Die steentjies is nou opgesluit in 'n skeepsvraghouer

en ons beplan nog hard daaraan om 'n nuwe gebou

op te rig op die perseel van die kampkerhof om dit uit

te stal.

Intussen het ons 'n redelike taak op hande om te

bepaal presies hoeveel spasie ons nodig het om dit uit

te stal, en ons moet elke steentjie opmeet. Daar is

bietjie rof te werk gegaan toe die mure geverf is en

baie van die steentjies het verf op gemors wat ons wil

skoonmaak. Met die eerste probeerslag het ons

redelik goed gevorder, daar was meer as 80 mense

wat kom help het, en ons het omtrent 100 van die steentjies gemeet, skoongemaak, afgeneem en met

die amptelike begrafnisregister vergelyk. 15 van die name was nie op die register nie.

Meer as 1000 van die mense wat in die kamp gesterf het, was kinders onder die ouderdom van 15

jaar, soos hierdie Petrus van der Merwe.

Hy was van Tygerpoort, Pretoria, op 3 jaar en 3 maande gesterf aan masels.

Inskripsie:

RUST PLAATS VAN Ons geliefde zoon Petrus Jacobus van der Merwe Gebore de 21ste April 1898

en is overleden de 19 de Augustus 1901

Ons gaan weer verder gaan met die skoonmaak van die

steentjies op Maandag 2 Mei vanaf 8uur tot so 1-uur se kant. As

jy dit kan maak, selfs al kom jy net vir 'n uur of twee, sal dit opreg

waardeer word. Ons sal so van 8-uur se kant af begin, ek sal vir

die wat belangstel so 'n toer deur die kampkerhof gee, en so

teen 12-uur se kant sal ons ietsie braai.

Bring asb jou eie stoele, en 'n paar ou lappe. Die

ververwyderaar is daar en daar is skropborseltjies, maar 'n

emmer of twee sal help, en as jy 'n gasbraaiertjie het. Wat laas

baie gehelp het was die "gazebo" tente vir die son.

Almal is welkom, so nooi jou vriende ook, kinders ingesluit!

Cilliers du Preez

cilliers@erfenis.co.za

083 325 9768

012 667 2213

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!