08.08.2013 Views

Heiligmaking as gawe en opdrag

Heiligmaking as gawe en opdrag

Heiligmaking as gawe en opdrag

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Heiligmaking as gawe en opdrag

Is jy bang dat jy dalk nie in die hemel gaan opeindig nie? Is jy iemand wat graag wil glo, maar so

dikwels twyfel? Is jy iemand wat soos ‘n goeie Christen wil lewe, maar dit nie eintlik regkry nie?

Geniet jy nog te veel van sommige sondes? As dit die geval is, is dit vir jou belangrik om hierdie

artikel te lees.

Ons gaan kyk na:

- hoe behoort ‘n Christen te lyk?

- wat is ‘n heilige lewe?

- maak dit ‘n verskil of jy jou bes doen of nie?

Trek jou sokkies op

Die Bybel is duidelik daaroor dat as jy glo, dit nie net ‘n kwessie is dat jy ‘n opinie het nie. Om te

glo is ‘n lewenswyse.

Jakobus 2:19-22: Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle

sidder. Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?

Kortom, as jy in die hemel wil kom, sal jy jou sokkies moet optrek en beter begin te lewe!

Genade alleen?

Aan die ander kant kom die vraag dan op: ja maar ons word mos gered uit genade alleen?

Protestante beklemtoon tog dat jy nie ‘n plekkie in die hemel kan verdien nie, maar dat God

alles vir jou moet doen. Hoe kombineer mens hierdie twee – op die oog af – teenstrydige

waarhede?

Ingeplant in Christus

In die teologie is daar al baie hieroor geskryf. Daar word gepraat oor die heilsorde. Om in die

hemel te kom, is daar verskillende stappe wat gevolg moet word. Dit word beskryf as ‘n stapvir-stap

plan (‘n kronologiese volgorde):

Heilsorde

1 Uitverkiesing God het van ewigheid af besluit om jou te red of nie

2 Regverdiging Op Golgota het Jesus vir jou sondes betaal

3 Roeping God roep jou om te glo en by sy kerk te wees

4 Bekering Jy verklaar oorlog teen jou sondige natuur en neem Jesus aan

5 Heiliging Jy begin al hoe beter te lewe

6 Verheerliking Jy eindig in die hemel

Daar skuil egter gevare in so ‘n kronologiese stappeplan. Om enkeles te noem:

- Dit kan jou moedeloos maak. Alles begin by God se uitverkiesing, maar hoe weet ek of

God my uitverkies het of nie?

1

- Dit kan ‘n soort transaksie word – God doen iets vir my, en dan moet ek weer iets doen

as ‘n teenprestasie.

In sy Institusie het Johannes Calvyn ons gedien met ‘n meer Bybelse kyk op die heilsorde.

Vergeet van ‘n stappeplan, maar fokus veral op die feit dat jy ingeplant word in Christus. Calvyn

verwys hier na die gelykenis van die wingerd waar Jesus sê: “Bly in My, soos Ek in julle. Net soos

die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle

in My nie bly nie. Ek is dit wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom hy dra veel vrug;

want sonder My kan julle niks doen nie.” (Johannes 15:4-5)

God se grootste geskenk aan ons is sy Seun Jesus Christus. In Hom ontvang ons ALLES. Al die

stappe in die heilsorde is geskenke wat ons in Hom ontvang. Die volgorde kan verskil, van mens

tot mens, maar elke Christen ontvang in Hom ALLES:

regverdiging

heiliging

bekering

Ingeplant in Christus

Opstanding uit die

dood

uitverkiesing

verheerliking

Jy hoef dus nie die hele tyd te wonder of jy uitverkies is of nie. Fokus op Christus en volg Hom.

Dan sal al hierdie geskenke in jou skoot val. Buite Christus om is jy nie regverdig nie. Buite

Christus om kan jy nie jouself bekeer nie. Buite Christus om kan jy nie ‘n woord rep oor jou

uitverkiesing nie. Stap die pad saam met Christus, dan sal alles reg kom. Buite Christus om is die

heiliging van jou lewe ook ‘n onbegonne taak.

Calvyn het ‘n keer geskryf: Lewensheiliging is die weg tot, en nie die oorsaak van die toetreding

tot die hemelse koninkryk nie.

Oorsaak van jou redding Pad na die hemelse koninkryk

Christus se betaling op Golgota

Geen enkele aktiwiteit van jou kom hier voor

Heiliging van jou lewe

2

nie

Leerder in Christus se skool

Calvyn gebruik ’n mooi voorbeeld in hierdie verband. Christus regverdig jou en bewerk jou

saligheid. Dit is al ’n uitgemaakte saak dat jy in die hemel kom. Vervolgens plaas Christus jou in

sy skool. Sy doel daarmee is om jou nou voor te berei op die hemelse koninkryk. Op Christus se

skool moet hard gewerk word om van jou ’n beter mens te maak. Jy kan nie lyf wegsteek nie.

Jou hele lewe word aan verandering onderwerp.

Wat is Christus se skool? Dit is die kerk. Wie is die onderwyser op hierdie skool? Dit is die

Heilige Gees. Deur sy Woord en Gees ruk Christus ons reg in sy skool. Dit is ’n ongekende

voorreg om ’n leerder te mag wees in Christus se skool. Oftewel, dit is ’n ongekende voorreg

om kerklid te wees. Want hier verander jou lewe ten goede, hier kan jy nie dieselfde bly nie.

Beteken dit dan dat elke kerklid outomaties in die hemel sal kom? Nee. God se verbondsbelofte

is duidelik: Christus is aan elke kerklid tot Saligmaker gegee. Hy is die oorsaak van jou redding.

In die kerk word jy nou op die pad na die hemelse koninkryk geplaas. Maar elkeen wat die

voorreg om kerklid te wees in die wind slaan, wat lyf wegsteek, wat nie wil saamwerk as die

Onderwyser (Heilige Gees) jou lewe wil verbeter nie, sy bevoorregte plekkie in die kerk sal al

hoe meer in gedrang kom. Of elkeen wat homself onttrek uit die invloedsfeer van die Gees, wie

versuim om reëlmatig by die skool op te daag, hy of sy moet maar begin besef dat die helse

vuur wag. Of die persoon wat weier om vordering te maak op skool. As kerklid kan jy nie

lewenslank dieselfde bly wat betref jou karakter, jou humeur, jou sondige begeertes, jou

verslawings, jou twyfels, jou konflikte ensovoorts nie. Jy is juis in Christus se skool / kerk om van

al hierdie dinge ontslae te raak. En dit is moontlik, omdat die Heilige Gees jou onderwyser is.

In hierdie konteks sê Jakobus vir mense wat al jare lank kerklid is: “Wat baat dit, my broeders,

as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? … Net so is ook die geloof, as

dit geen werke het nie, in sigself dood.” Jakobus 2:14,17

Die werk van die Onderwyser, die Heilige Gees, is dat Hy in ons die strewe wakker hou om soos

Christus te word. Christen wees mag nie net vashaak in die hê van ’n opinie, of ’n

geloofsbeskouing, of ’n geloofsleer nie. Heiliging is ’n geskenk wat Christus ons skenk deur ons

op sy skool te plaas, oftewel lid van sy kerk maak. ’n Geskenk wat ons moet uitpak en gebruik.

As kerklede mag ons ervaar dat ons geestelik groei, maar ook dat ons afsterf. In die groeiproses

kan ons nie passief sit nie. Ons sal die stryd moet aanbind met ou sondes in ons, met ons eie

karakter. Ons moet self al die werk doen, maar die inspirasie kom van elders. Die Gees van

Christus is ons Leermeester.

Lei ‘n heilige lewe… Wie dit nie doen nie, sal die Here nie sien nie…

Hebreërs 12:14

3

Om saam te vat: heiligmaking is ook ’n geskenk wat ons in Christus ontvang. Genade op genade,

al die geskenke wat ons in Hom ontvang! Goeie werke is moontlik, omdat ons op die stam

Christus ingeplant is. Heiligmaking is moontlik, omdat ons ’n plekkie in Christus se skool, sy

kerk, ontvang het. Soos die titel van die artikel dit verwoord: heiligmaking is sowel gawe as

opdrag.

Ds. P.G. Boon

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!