04.09.2013 Views

Die dissipline van stilte - Business Prayer Watch

Die dissipline van stilte - Business Prayer Watch

Die dissipline van stilte - Business Prayer Watch

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

is om met ons te praat nie, dat dit nie nodig is dat God Homself hoef

te openbaar nie en dit nie vir God nodig is om in drome en visioene

aan my te verskyn, tekens en wonders te doen en my gebede te

antwoord voordat ek in Hom sal glo nie.

Ons lees van die Egiptiese woestynvaders in die derde en vierde eeu

dat hulle nie 'n verwagting van God gehad het dat Hy Homself aan

hulle sou openbaar nie. Hulle het hulleself maar net daar alleen in

die woestyn aan Hom toegewy en daarna gestreef om heilig voor

Hom te leef. Hulle het hulleself nie waardig geag dat God Homself

aan hulle hoef te openbaar nie, want per slot van rekening was hulle

net eenvoudige, sondige monnike wat uit genade gered was. Ten

spyte daarvan het hulle God "gesien" en die krag van God gesien,

maar hulle het dit nie van Hom gevra of geëis nie. By geleentheid

het 'n duiwel hom as 'n engel van die lig voorgedoen en na een van

die monnike gekom en gesê: "God het my na jou gestuur." Die

monnik het geantwoord: "Kyk of daar nie iewers 'n fout is nie. Jy is

verseker na iemand anders gestuur. Ek het niks gedoen dat God 'n

engel na my sal stuur nie." Daarmee het die duiwel moed opgegee

en die monnik verlaat.

Ons het stilte nodig waar alle aktiwiteit en al ons "doen" stop, waar

daar geen planne is nie, geen ambisie, geen drome en geen

verwagtinge nie - waar alles in ons van onsself af gedesentraliseer

word totdat alles op God fokus en in Christus Jesus sentraliseer.

Stilte vernietig hoogmoed, want stilte reageer nie op al ons woorde,

prestasies, dade, geleerdheid, titels en aanstellings nie. Ons kan stilte

nie met onsself imponeer nie. Stilte stroop ons van onsself en

openbaar al ons pretensie, voorgee en valse verwagtinge. Stilte maak

al ons "groot" werke baie klein. Wat gebeur met iemand wat angstig

en vol blydskap huis toe hardloop om sy ouers te vertel van iets

"groots" wat met hom gebeur het en wanneer hy dit vertel, word sy

woorde met stilte begroet? Wat word skielik van hierdie "groot"

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!