04.09.2013 Views

Die dissipline van stilte - Business Prayer Watch

Die dissipline van stilte - Business Prayer Watch

Die dissipline van stilte - Business Prayer Watch

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die dissipline van

stilte

Uit ‘Doelgerigte Gebed’ deur Bennie Mostert, CUM uitgewers

Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom

minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag te

gebruik om die geestelike dissipline van stilte te

beoefen. Vind vir jou 'n plek wat so stil as

moontlik is en waar jy alleen kan wees.

Kontroleer Kontroleer Kontroleer jou jou besluit:

besluit:

Dag 1 Dag 2 Dag 3 Dag 4 Dag 5

Praktiese lewenstoepassing

1. Watter praktiese toepassing is daar van dinge wat in my

daaglikse lewe moet verander a.g.v. die toepassing van die

dissipline van stilte in my lewe? Watter praktiese daad kan ek

gaan doen om uitdrukking te gee aan dit wat ek gebid het?

2. Watter spesifieke verandering moet ek in my lewe en gedrag

aanbring vanuit my tyd van gebed hierdie week?

3. Met watter twee persone kan ek gaan deel wat ek oor hierdie

saak geleer het?

4. Skryf enige vrae wat jy oor hierdie onderwerp het, in jou

gebedsjoernaal neer. Bid daaroor en vra die Heilige Gees vir

leiding en openbaring.

Praktiese riglyne

1. Dissiplineer jouself om die volle halfuur stil te wees. Maak

jou hart en gedagtes stil. Sit net in stilte voor God. Laat God

toe om jou hele wese te vul.

2. Hou 'n notaboek byderhand sodat jy wanneer dinge wat jy

skielik onthou gedoen moet word, dit kan neerskryf. Na 'n

rukkie sal jy vind dat al hierdie "dringende" dinge wat gedoen

moet word, ophou en jou hart begin stil raak.

3. Gee al jou begeertes, bekommernisse en laste een-een vir die

Here totdat jou hart onbesorg stil is voor die Here. Spandeer

enkele minute daaraan.

4. Moenie skryf, uit die Bybel lees of musiek luister nie. Sit in

stilte by die Here. Moenie die fokus daarop plaas om te

probeer om te luister wat God vir jou wil sê nie. Indien jy

ervaar dat die Here wel met jou praat, skryf dit neer en raak

weer stil.

5. Na hierdie 30 minute van stilte, kan jy jou joernaal uithaal en

jou belewenis, emosies, frustrasies en gedagtes oor hierdie

tyd neerskryf. Oor die loop van 'n week sal jy sien hoe jou

gedagtes en emosies groei en verander.

6. Stilte het normaalweg die effek dat dit jou tot stilstand bring,

wat tot gevolg het dat dit stres se invloed op jou lewe breek

en dit jou tot besinning bring om weer mooi te dink waarmee

jy besig is. Daarom sal dit goed wees om die volgende vraag

vir jouself te antwoord: Wat was die effek van die stilte op

my lewe en wat behoort ek in my lewe te verander noudat ek

die krag van stilte ervaar het?

2

Studiestuk oor die dissipline van stilte

Daar is 'n tyd om te praat en 'n tyd om stil te bly. (Pred.3:7). In die

moderne wêreld met sy voortdurende geraas, moet die dissipels van

die Here Jesus weer opnuut die dissipline van stilte herontdek.

Sonder gereelde en verlengde tye van stilte waar ons in stilte op God

wag en waar ons stilte toelaat om sy werk in ons te doen, sal ons nie

krag hê om staande te bly teen die vloed van woorde wat elke dag

teen ons aanspoel, die menings van mense, die suigkrag van die

wêreld en die aanslae van die Bose nie.

Die stilte is nodig om al die menslike stemme uit te doof sodat ons

God se stem kan hoor: koerante, tydskrifte, TV, radio,

advertensieborde, plakkate, e-posse en die internet, mense se

menings, gesagsfigure in ons lewe, predikers, boeke wat ons lees of

gelees het, ons eie ambisies en drome, begeertes en drange. Daar is

die stemme uit die verlede: my pa se woorde wat in my ore dreun

wanneer ek iets wil doen, 'n onderwyser se vermaning, die voorbeeld

van 'n vriend. Daar is die stemme van kultuur, tradisies en die

gemeenskap rondom ons wat wil voorskryf en bepaal hoe ons moet

lewe. In die stilte leer ons die Herder se stem ken. Jesus sê: My

skape ken My stem. Hoeveel van ons ken Sy stem? Kan ons dit

onderskei van al die ander stemme in die wêreld?

Stilte kan vreesaanjaend wees. Dit is in die stilte dat ek skielik kan

besef dat dit net ek en God alleen is. In die stilte word ek met my eie

leegheid, niksheid en eindigheid gekonfronteer...en met God.

En God kan kies om in die stilte te praat of nie te praat nie. Daar is

'n plek waar ons die Onsienlike God "in stil wees en vertroue"

ontmoet. (Jes.30:15) Daar in God se teenwoordigheid kan ons tot

bedaring kom: "Bedaar en erken dat Ek God is." Hierdie

Skrifgedeelte kan ook vertaal word met: "Laat staan / wees stil en

weet dat Ek God is." (Ps.46:10) In die stiltes leer ons dat om stil by

God te wees, genoeg is. Daar leer ons dat dit nie altyd vir God nodig

3

is om met ons te praat nie, dat dit nie nodig is dat God Homself hoef

te openbaar nie en dit nie vir God nodig is om in drome en visioene

aan my te verskyn, tekens en wonders te doen en my gebede te

antwoord voordat ek in Hom sal glo nie.

Ons lees van die Egiptiese woestynvaders in die derde en vierde eeu

dat hulle nie 'n verwagting van God gehad het dat Hy Homself aan

hulle sou openbaar nie. Hulle het hulleself maar net daar alleen in

die woestyn aan Hom toegewy en daarna gestreef om heilig voor

Hom te leef. Hulle het hulleself nie waardig geag dat God Homself

aan hulle hoef te openbaar nie, want per slot van rekening was hulle

net eenvoudige, sondige monnike wat uit genade gered was. Ten

spyte daarvan het hulle God "gesien" en die krag van God gesien,

maar hulle het dit nie van Hom gevra of geëis nie. By geleentheid

het 'n duiwel hom as 'n engel van die lig voorgedoen en na een van

die monnike gekom en gesê: "God het my na jou gestuur." Die

monnik het geantwoord: "Kyk of daar nie iewers 'n fout is nie. Jy is

verseker na iemand anders gestuur. Ek het niks gedoen dat God 'n

engel na my sal stuur nie." Daarmee het die duiwel moed opgegee

en die monnik verlaat.

Ons het stilte nodig waar alle aktiwiteit en al ons "doen" stop, waar

daar geen planne is nie, geen ambisie, geen drome en geen

verwagtinge nie - waar alles in ons van onsself af gedesentraliseer

word totdat alles op God fokus en in Christus Jesus sentraliseer.

Stilte vernietig hoogmoed, want stilte reageer nie op al ons woorde,

prestasies, dade, geleerdheid, titels en aanstellings nie. Ons kan stilte

nie met onsself imponeer nie. Stilte stroop ons van onsself en

openbaar al ons pretensie, voorgee en valse verwagtinge. Stilte maak

al ons "groot" werke baie klein. Wat gebeur met iemand wat angstig

en vol blydskap huis toe hardloop om sy ouers te vertel van iets

"groots" wat met hom gebeur het en wanneer hy dit vertel, word sy

woorde met stilte begroet? Wat word skielik van hierdie "groot"

4

ding wat gebeur het? Dit word baie klein. Stilte verklein ons groot

dade tot min of meer hoe groot en belangrik dit werklik is.

Stilte is so dikwels ongemaklik omdat ons so graag wil presteer,

beïndruk en aan ander se verwagtinge wil voldoen. Stilte openbaar

ons eie onsekerheid, ons onvermoë en dwing ons om met onsself

eerlik te wees. Dit help ons om te sien wat of wie dit werklik is wat

ons dryf om die dinge te doen wat ons doen.

Ons het nodig om stil te word tot by die punt waar alles in ons deur

God alleen bevredig word, tot by die punt waar ons soos 'n klein

kindjie stil, tevrede, sonder enige kwelling en aksieplanne en sonder

enige ander begeertes - volkome vergenoegd.

Stilte bevorder kreatiwiteit. Dit is in die stilte wat nuwe beelde

opduik, vars idees, nuwe planne. Stilte en rus verbreek ou patrone,

ou gewoontes, ou idees en konsepte. Ons kan nie sinvol met ander

omgaan as ons nie tye het waar ons stilte het om te besin, te evalueer,

te reflekteer, te beoordeel en te bevraagteken nie. Dit bring

vernuwing, nuwe krag, nuwe insig, nuwe moed, nuwe oortuiging.

Stilte is selde moontlik sonder afsondering. Soms is dit nodig om

letterlik weg te gaan na 'n plek waar niemand anders by jou is nie.

Dit is nodig, dat ons nou, meer as ooit van tevore, weer moet begin

om die dissipline van afsondering te beoefen. Daar is 'n verskil

tussen eensaamheid en afsondering. Jesus wil ons telkens weglei van

eensaamheid na afsondering. Aan die eindpunt van die pad van

afsondering, in die stilte, wag die Here Jesus vir ons.

Min ander dinge konfronteer diepste motiewe en dimensies van die

self, ons goddeloosheid en god-loosheid soos stilte en afsondering.

‘Self’ in sy rou, onverwerkte, onbeskermde en onverbloemde, naakte

vorm, is afstootlik en 'n verskrikking. Daarom bedek ons ‘self’ met

mooi klere, filosofieë, swierige huise, mooi motors, etiket, baie

5

geraas en woon ons partytjies, konferensies en allerlei byeenkomste

by.

Stilte leer ons weer die waarde van woorde. Winston Churchill het

by geleentheid by 'n skool opgetree en sy toespraak het net drie sinne

gehad. Hy het op die verhoog gestap en gesê: "Never give up. Never

give up. Never give up." Dit was een van die kragtigste toesprake

ooit in die geskiedenis. Indien hy vir 'n uur gepraat het en o.a.

hierdie drie sinne deel van sy toespraak gemaak het, sou niemand dit

onthou het nie. Min woorde en die regte woorde het groot krag.

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!