05.09.2013 Views

met Jesus - Straatwerk

met Jesus - Straatwerk

met Jesus - Straatwerk

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

PROJEK HERSTEL

Straatwerk se bediening aan vroue vasgevang in

prostitusie het die afgelope jaar deur ‘n groot transformasieproses

gegaan. Dit het gelei tot die ontstaan

van PROJEK HERSTEL: Die toerus van plaaslike gemeentes

in hulle uitreik na en herstel van vroue vasgevang in prostitusie.

Vir baie jare het ons direk met die vroue op die straat gewerk,

deur gereelde uitreike, opvolgbesoeke en dissipelskap

van nuwe gelowiges. Terwyl ons die voorreg gehad het om

verskeie vrouens op die pad van herstel te ondersteun, het

ons begeerte gegroei om te sien dat die plaaslike kerk na

die gebroke vrouens uitreik en die plek word waar hulle

heling ontvang.

Gedurende die afgelope 14 maande het ons ervaar hoe die

Here ons rol verander van direkte werk met die vrouens

en getroue ondersteuning van die kerk, na ‘n rol waar ons

die kerke toerus, ondersteun en mobiliseer om direk na die

vrouens in prostitusie in hul gemeenskappe uit te reik.

Hierdie afgelope jaar het ons die geleentheid gehad om

opleiding in agt verskillende gemeenskappe in en rondom

Kaapstad aan te bied. Hierdeur het ons agt nuwe uitreik-spanne

(wat bestaan uit gelowiges uit verskillende

kerke vanuit die gemeenskap) sien vorm kry, help toerus en

gemobiliseer. Daar is nou plaaslike uitreik-spanne in Brooklyn,

Kenilworth, Bergvliet, Goodwood, Parow, Bellville, Paarl

en Wellington.

Saam met die mense wat uitreik op straat, is daar ook ander

in die plaaslike kerk wat ontdek hoe hulle betrokke kan

raak deur hulle gawes, talente en tyd beskikbaar te stel. Een

voorbeeld hiervan is ‘n paar dames wat ‘n handwerk projek

begin het vir vrouens wat van die straat af wil kom. Die Here

se hart vir gebroke vrouens kry uitdrukking in die uitreike

van die plaaslike Kerke en die hele liggaam van Christus is

nodig in die proses!

Die opleidingskursus van Projek Herstel behels ‘n drievlak-kursus

wat oor 3 werkswinkels aangebied word, asook

opleiding op die straat, waar ons spanne ondersteun om in

hul eie areas uit te reik. Om die plaaslike kerk te sien uitreik

(amper elke aand van die week) in hul eie areas van Kaapstad,

is ‘n droom wat besig is om waar te word! Soos ons

aanhou om ondersteuning te gee aan verskeie spanne, op

die straat en op ander maniere, sien ons al hoe meer hoe die

Here gebroke vrouens aanraak en herstel.

Ons kry baie versoeke vir hulpbronne en materiaal vanaf

individue en groepe oor die land, wat antwoord op God se

roeping om uit te reik na vrouens in prostitusie. Vir dié wat

buite Kaapstad bly en nie die Opleidingskursus kan bywoon

nie, het ons ‘n Projek Herstel opleidingspakket (net in Engels

beskikbaar) saamgestel, wat beskikbaar is teen R50.

w w w. s t r a a t w e r k . o r g . z a

Dit sluit ‘n handleiding, opleiding CD’s en uitdeelstukke in,

wat vir individuele- of groepsopleiding gebruik kan word.

PRYS DIE HERE saam met ons vir Sy werk wat Hy in ons harte

en in Sy kerk doen, hier in Kaapstad en ook regoor die land.

Bid asseblief vir krag en wysheid vir elke uitreikspan. Bid

ook asseblief saam met ons dat die proses sal voortgaan,

sodat nog baie vrouens in prostitusie bereik en herstel kan

word tot die Here se eer! Die werk behoort aan ons Heer!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!