05.09.2013 Views

met Jesus - Straatwerk

met Jesus - Straatwerk

met Jesus - Straatwerk

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Lente 2010

Volume 42 No. 4

IN HIERDIE

UITGAWE

Projek Herstel ................2

Waarlik Waardevol vir

Jesus .................................3

Dankie vir ekstra Vitamiene

C ...........................3

Kry ‘n education! ...........4

Bid saam met

ons regdeur die

nuusbrief!

Die lewe saam

met Jesus

“Here, wag so ‘n bietjie. Wanneer het

ons U kos gegee toe U honger was of

‘n glas water toe U dors was? Ons kan

nie onthou dat ons ooit vir U klere of

blyplek gegee het nie.” (Matteus 25:37-

40 uit Die Boodskap)

Egte Christenskap weet ons is baie meer

as ‘n belydenis op papier, of die weeklikse

godsdienstige handelinge by die kerk. Die

regte navolging van Jesus gebeur vandag op

straat, by die werk, tuis en op die sportveld.

Vandag se Christenskap is opreg, deursigtig,

soekend en nederig. Dit deins nie terug van

eerlike gesprekke nie en dit probeer nie om

almal gelukkig te hou nie.

Ware navolging van Jesus gaan altyd verder

as praatjies en debat op die kerkplein en die

markplein. Dit is sigbaar, proebaar, voelbaar;

dit word gedoen, gesien en beleef.

Die Christendom se kernbesigheid is die uitdeel

van lewende brood en gewone brood,

lewende water en gewone water. Ware reformasie

is een wat ons altyd terugneem na die

genadige God sodat ons saam met Hom na

die lewe kan stap.

Jesus het ‘n heeltemal nuwe lewensritme

aarde toe gebring met nuwe prioriteite, nuwe

waardes, nuwe sienings van wat belangrik is

en wat nie. Nee, Jesus was nie die plaaslike

pretbederwer wat almal kom verdoem het

nie. Hy het gereeld op die markpleine be-

weeg om mense te red. Jesus se vriende was

inderdaad gewone mense, uitgeworpenes,

onreines. By Hom was die laastes eerste en

die kinders die grootste.

Om in vandag se wêreld ‘n Jesus-volgeling

te wees vra spesiale toewyding, maar ook ‘n

ekstra stukkie wysheid. As Christen bevind jy

jou waarskynlik daagliks in ‘n multikulturele

samelewing met baie verskillende gelowe.

Hierbinne moet jy juis Jesus se verteenwoordiger

wees. Dit alles begin deur mense

met respek te behandel, maak nie saak wie

hulle is nie. Stel opreg belang in hulle doen

en late en reik uit deur gebare van deernis.

Wees sensitief om klein dingetjies in mense

se lewens op te tel, ‘n terloopse verwysing

na seerkry, pyn, vreugde, ‘n nuwe uitdaging…

Bid dat die Here op die regte tyd die regte

deure sal oopmaak om iets oor Hom te sê.

Ons het dikwels gefaal in ons pogings om

advertensieborde te wees vir die Here se

goedheid. Ons moet daarom daadwerklik

begin om al die beskuldigings wat deesdae

na die kerk geslinger word met liefde stil te

leef. Die wagwoord is egtheid. Nou tel eerlikheid,

opregtheid en goeie verhoudinge meer

as ooit.

Groete van Fourie en almal by STRAATWERK.

PROJEK HERSTEL

Straatwerk se bediening aan vroue vasgevang in

prostitusie het die afgelope jaar deur ‘n groot transformasieproses

gegaan. Dit het gelei tot die ontstaan

van PROJEK HERSTEL: Die toerus van plaaslike gemeentes

in hulle uitreik na en herstel van vroue vasgevang in prostitusie.

Vir baie jare het ons direk met die vroue op die straat gewerk,

deur gereelde uitreike, opvolgbesoeke en dissipelskap

van nuwe gelowiges. Terwyl ons die voorreg gehad het om

verskeie vrouens op die pad van herstel te ondersteun, het

ons begeerte gegroei om te sien dat die plaaslike kerk na

die gebroke vrouens uitreik en die plek word waar hulle

heling ontvang.

Gedurende die afgelope 14 maande het ons ervaar hoe die

Here ons rol verander van direkte werk met die vrouens

en getroue ondersteuning van die kerk, na ‘n rol waar ons

die kerke toerus, ondersteun en mobiliseer om direk na die

vrouens in prostitusie in hul gemeenskappe uit te reik.

Hierdie afgelope jaar het ons die geleentheid gehad om

opleiding in agt verskillende gemeenskappe in en rondom

Kaapstad aan te bied. Hierdeur het ons agt nuwe uitreik-spanne

(wat bestaan uit gelowiges uit verskillende

kerke vanuit die gemeenskap) sien vorm kry, help toerus en

gemobiliseer. Daar is nou plaaslike uitreik-spanne in Brooklyn,

Kenilworth, Bergvliet, Goodwood, Parow, Bellville, Paarl

en Wellington.

Saam met die mense wat uitreik op straat, is daar ook ander

in die plaaslike kerk wat ontdek hoe hulle betrokke kan

raak deur hulle gawes, talente en tyd beskikbaar te stel. Een

voorbeeld hiervan is ‘n paar dames wat ‘n handwerk projek

begin het vir vrouens wat van die straat af wil kom. Die Here

se hart vir gebroke vrouens kry uitdrukking in die uitreike

van die plaaslike Kerke en die hele liggaam van Christus is

nodig in die proses!

Die opleidingskursus van Projek Herstel behels ‘n drievlak-kursus

wat oor 3 werkswinkels aangebied word, asook

opleiding op die straat, waar ons spanne ondersteun om in

hul eie areas uit te reik. Om die plaaslike kerk te sien uitreik

(amper elke aand van die week) in hul eie areas van Kaapstad,

is ‘n droom wat besig is om waar te word! Soos ons

aanhou om ondersteuning te gee aan verskeie spanne, op

die straat en op ander maniere, sien ons al hoe meer hoe die

Here gebroke vrouens aanraak en herstel.

Ons kry baie versoeke vir hulpbronne en materiaal vanaf

individue en groepe oor die land, wat antwoord op God se

roeping om uit te reik na vrouens in prostitusie. Vir dié wat

buite Kaapstad bly en nie die Opleidingskursus kan bywoon

nie, het ons ‘n Projek Herstel opleidingspakket (net in Engels

beskikbaar) saamgestel, wat beskikbaar is teen R50.

w w w. s t r a a t w e r k . o r g . z a

Dit sluit ‘n handleiding, opleiding CD’s en uitdeelstukke in,

wat vir individuele- of groepsopleiding gebruik kan word.

PRYS DIE HERE saam met ons vir Sy werk wat Hy in ons harte

en in Sy kerk doen, hier in Kaapstad en ook regoor die land.

Bid asseblief vir krag en wysheid vir elke uitreikspan. Bid

ook asseblief saam met ons dat die proses sal voortgaan,

sodat nog baie vrouens in prostitusie bereik en herstel kan

word tot die Here se eer! Die werk behoort aan ons Heer!

Waarklik Waardevol vir Jesus

Drie jaar gelede was ons gebed: “Here, gee asseblief

dat ons met ‘n 1000 poppies, ‘n 1000 kinders kan

gaan waarsku teen die euwels van seksuele misbruik,

prostitusie en pornografie”… vandag 47 000 poppies,

10 koördineringspunte in die Kaapse Vlakte en 68

verdere koördineringspunte regoor die land later is

ons dankbaar vir elkeen wat op een of ander manier

betrokke is by die veldtog.

Ons visie vir die Waardevol vir Jesus veldtog is gebore uit die

toenemende heilige ontevredenheid teen die euwels wat

soveel Christene al vir jare in hulle harte dra:

Ons glo dat Jesus Christus, deur Sy kerk en in Sy naam

‘n einde wil bring aan seksuele misbruik, prostitusie en

pornografie, deur gefokusde gebed en gedringde aksie.

Hierdie visie staan in die geloof en roep ons op, as Christus

se Liggaam hier op aarde, om ‘n groeiende sirkel te wees

waarbinne kinders veilig kan wees en die oorvloedslewe

kan ervaar. ‘n Sirkel wat heling dra vir elkeen wat in hom

staan (binne en rondom).

Die visie klink vir baie na ‘n onmoontlikheid, maar ons glo in

die God wat steeds wonderwerke in 2010 kan doen. Ons glo

dat, deur hierdie veldtog, vandag anders is as gister en dat

more nog minder van vandag se euwels sal dra.

Wanneer kinderstemmetjies regoor die land opklink met:

“Ek is spesiaal. God is lief vir my. Ek kan droom. Roep om

hulp. God kan help. Ek kan kies.” En van die kinders op die

Kaapse Vlakte die byvoeging gemaak het van: “Dis my lyfie,

en ek sê: NEE, NEE, NEE”, dan weet ons dat God hulle (en

ons) noodkrete hoor.

Hou aan met praat en luister. Hou aan met brei en bid.

Here, leer my om U wat liefde is beter te leer ken; en met

U oë te kyk.

Wys my vandag hoe U ‘n einde wil bring aan elke vorm

van seksuele misbruik, prostitusie en pornografie.

Mag ek, as deel van U hele Kerk, voortdurend hiervoor

bid en volg soos U my hierin lei.

Dit is die gebed van my hart.

Amen.

Laat weet ons asseblief as jy die Waardevol vir Jesus veldtog

in jou area wil loods: valuabletojesus@straatwerk.org.za of

skakel vir Madri Bruwer by 021 930 8055.

Dankie vir ekstra Vitamiene C

“Het jy al ooit ‘n 100 sakke lemoene agter in‘n bakkie gesien?”

Dit was een van die vrae wat gevra was toe ‘n baie

lojale ondersteuner ‘n bakkie vol lemoene hier by STRAAT-

WERK se hoofkantoor laat aflaai het. Dit laat ‘n mens trane

in die oë kry hoe mense nog omgee en ‘n gedeelte van hulle

plaas se vrugte met ander mense deel.

Ons het van die soet sappige lemoene by OPHELP Projekte

gaan aflaai. Ons het skaars daar gestop of daar was ‘n paar

gewillige hande om te help aflaai. Om nie te praat van al die

opgewonde gesigte van mense wat baie lank laas ‘n lemoen

geëet het nie.

“As jul klaar van shift afgekom het kan julle van die lekka

lemoene kry…” was die opdrag van die stoorvoorvrou, Charlotte,

aan al die werkers. ‘n Mens kon sien hoe hierdie sappige

storie ‘n ligpunt in die werkers se dag was!

Kry ‘n education!

In hierdie uitgawe kyk ons bietjie verder na die

mense agter die skerms by OPHELP Projekte – hulle

wat elke dag op die strate is om die werk gedoen te

kry, of dit nou sonskyn of stortreën is!

Vandag het Karlien du Preez ‘n onderhoud gevoer met een

van die manne wat al lank by OPHELP Projekte werk, Japie

Moos. Hy is 56 jaar oud en werk al ses jaar lank by die projek.

Wat is jou werkstitel? Vandag is ek ‘n voorman. Ek sou by

Admakers gewerk het maar daar het nie genoeg voormanne

op skof gekom nie, en daar is net ‘n paar van ons

wat dit mag doen, toe moet ek kom inspring.

Wat doen julle vandag? Ons haal graffiti van die mure af.

Wat is jou gunsteling werk by OPHELP Projekte? Ek gee

nie om vir werk nie. Ek hou van enigiets. Ek hou van

graffiti afhaal en houtwerk. Sien jy daai bankies by die

OPHELP Projekte depot? Ek het hulle gemaak.

Het jy ‘n vrou en kinders? Ek is nie getroud nie. Ek het

een kind wat 23 jaar oud is. Hy is in die gevangenis by

Brandvlei.

Hoe het jy by OPHELP Projekte uitgekom? Ek het op straat

beland weens mense wat my gekroek het toe hulle my

huis by my wou koop. Dit het my gelos met niks geld nie. ‘n

Vriend van my, China, het my verwys na OPHELP Projekte.

Waar bly jy? Ek bly op die oomblik in Kraaifontein, maar trek

een van die dae Phillipi toe.

Waar het jy grootgeword? Ek het in P.E. grootgeword en

daar skoolgegaan tot standerd agt.

Wanneer het jy tot bekering gekom? In 1973, ek was so 30

jaar oud gewees. Een van my vriende het op die Parade in

Kaapstad gepreek en daardie dag het ek my lewe vir die

Here gegee.

STRAATWERK

Die Liggaam van Christus

in Aksie

Posbus 910

Parow

7499

Tel: +27 21 9308055

Faks: +27 21 9307690

E-pos: admin@straatwerk.org.za

Registrasienr. NPO 003276

ABSA takkode: 502110

ABSA rekeningnr: 450800457

Na watter kerk

toe gaan jy nou?

P e n t e c o s t a l

Church in Kraaifontein.

Vertel my nog

bietjie van jou

lewe? Ek was

1986-1990 in die

gevangenis gewees

vir aanranding.

Ek was op

Ro b b e n e i l a n d

Die liefde van Christus dring ons!

w w w. s t r a a t w e r k . o r g . z a

daardie tyd. In 1978 het iemand my oog uitgesteek met ‘n

mes.

Ek het geleer om nie met boewe bevriend te wees nie. Meng

jou met die semels dan vreet die varke jou op.

Geniet jy jou werk? Ek is mal oor my werk by OPHELP Projekte.

Hannes van der Merwe is my rolmodel.

Wat was die lekkerste jaar van jou lewe? 1983, ek het as

toesighouer by Pollsmoor Gevangenis gewerk.

Wat doen jy in jou vrye tyd? Ek kuier by vriende. Gister was

so lekker, ek het by ‘n vriend in Simonstad gekuier.

As jy vir die jongmense van vandag enigiets kan vertel wat

jy in jou lewe geleer het, wat sou dit wees? Leer hoe om

hard te werk. Jy moet hard werk om iets te word in die lewe.

Jy moet skool toe gaan en ‘n education kry.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!