09.09.2013 Views

Armageddon 2012 - Afrikaans

Armageddon 2012 - Afrikaans

Armageddon 2012 - Afrikaans

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Armageddon

in

2012--??

Deur Letta Pretorius

Hoofstuk 1 Die “Bible Code”

Hoofstuk 2 Die Maya Kalender

Hoofstuk 3 Die Boek van Daniël

Hoofstuk 4 Die Boek van Openbaring

Hoofstuk 5 Die ANC-Regering van Suid Afrika.

Hoofstuk 6 Wat Dink Ek?

Hoofstuk 7 Die Droombeeld.

Hoofstuk 8 Gevalle Engele

Hoofstuk 9 Die Volk van Israel

Hoofstuk 10 Evangelie van Die Koninkryk

Hoofstuk 11 Die Een Gebod

Hoofstuk 12 Ons Enigste Maatstaf

Hoofstuk 13 Jy Neem Outoriteit

Hoofstuk 14 Die Angel van die Dood

Hoofstuk 15 Verlos Ons van Satan

1

ARMAGEDDON

Hoe lank voor Armageddon?

Ons kan net sowel vra; hoe lank voor die end van tyd, soos ons dit ken?

In die jaar 2000 het miljoene mense van reg oor die aarde verwag dat dit die end van

tyd kon wees; party het verwag “die aarde sal vergaan”, ander het geglo die vorige era

is verby en ‘n nuwe era sal aanbreek.

Ander het verwag dit sou Armageddon wees—en ook nie mooi geweet presies wàt

hulle vrees nie.

Baie Christene het verwag dat dit die wederkoms moet wees, en baie nie-Christene

het daarmee gespot.

Nou is ons reeds in die begin van 2008 en oënskynlik het niks nog gebeur om aan te

dui dat daar wel ‘n einde aan tyd sou wees nie—of het daar?

Ek wil nou hê ons moet stap vir stap volg hoe verskillende gebeurtenisse wat tans oor

die aarde gebeur, dui op ‘n sekere datum sodat ons maar, elkeen vir homself kan

besluit of dit miskien die einde van dae sou wees—of wat ons daarmee wil doen.

Nee, ek is nié ‘n profeet nie! Ek is ook nié ‘n waarsêer nie! Daar het ook nié ‘n engel

aan my verskyn met ‘n datum nie!

Ek kyk net eerlik en noukeurig na sekere feite.

Hoofstuk 1.

Die “Bible Code.”

Sodra mens praat van die “Bible Code”, dan stel meeste Christene nie belang nie,

want die twee bekende “Bible Code” boeke is geskryf deur ‘n man wat sê dat hy nie

aan God glo nie—hy sê hy weet nie eens of daar ‘n God is om aan te glo nie.

Nie-Christene sê hùlle glo nie die “Bible Code” nie, want dis uit die Bybel geneem en

hùlle glo nie die Bybel nie.

Dan is daar ook baie mense—Christene sowel as nie-Christene—wat NIKS glo nie!

Hulle stry oor alles! Ek ken sulke mense; hulle is stryers! Daarom glo hùlle ook nie

die “Bible Code” nie.

Dit is wel geneem uit “die vyf boeke van Moses” soos dit genoem word, nie uit die

hele Bybel nie. Dit is daarom ook net in die Hebreeuse taal leesbaar, nie in ‘n ander

taal nie. (Ek dink hulle sal wel nog uitvind dat dit in die Griekse N.T. ook opgeskryf

is)

Elke gebeurtenis en saak wat vandag gebeur en wat op die aarde is, is ingesleutel in

daardie geskrifte—ja, JY is ook daar ingesleutel, as iemand wat daarmee kan werk net

2

jou naam ken en daarna soek, sal hy alles van joù daar optel—erg, maar die waarheid!

Dit is egter verborge op so ‘n wonderlike manier dat dit net met ‘n rekenaar ontsyfer

kan word, so, as iemand iets het om weg te steek, is hy redelik veilig!

Iemand, wat àlles weet en ook alles vooruit weet, het gesorg dat alles opgeteken

word, en nou is ons, meer as 3000 jaar daarna, vir die eerste keer in staat om dit te kan

ontsyfer, want dit kan nie gedoen word sonder ‘n rekenaar nie.

Daardie ontsaglike, alwetende Iemand het ook vooruit geweet en beplan dat dit eers

ontsyfer sal kan word nadat die mensdom die rekenaar uitgevind het—in die tyd

waarin òns lewe!

Nog ‘n teken vir ons om te kan sien hoe baie na aan die “einde” ons is.

Van die Bible Code word gepraat in Jes.29:11,12, van die verseëlde boek wat nie kan

gelees word nie, omdat dit verseël is—in vers 15 wys hy duidelik dat God alles van

almal sien—hulle weet dit net nie; alles is daar in die Bybel, net om deur die rekenaar

gelees te kan word—indien iemand dit kan doen.

(Dit wat ek skryf kan nie duidelik verstaan word as iemand nie die moeite doen om al

die skrifte wat ek aangee, te lees nie.)

Die mense wat die “Bible Code” ontdek het en daarmee aangaan, sê dat as al die

rekenaars op die aarde vandag saamgegooi word, sal hulle dit nie sò kan opstel nie—

en natuurlik, dan weet hulle ook nog nie wat vooruit sal gebeur om al die toekomstige

gebeurtenisse te kan voorspel nie.

Wanneer mens egter die voorspellings in hierdie boeke noukeurig nagaan, kan mens

sien dat dit iets sò akkuraat, en sò onvertelbaar wonderlik is, dat géén mens wat met

homself eerlik is en ernstig soek, nie die absolute waarheid daarvan sal kan erken nie.

Die eerste boek is onverbeterlik; die eerste deel van die tweede Bible Code is ook

goed want dit is uit die Bybel, maar daarna probeer die skrywer mense saamsleep op

sy manier van glo, wat glad nie in die Bybel is nie, en dan is dit sommer net klomp

nonsens—hoegenaamd nie eens die moeite werd om die tweede boek te koop nie; hy

gaan op loop met iets wat daar nié is nie, net omdat hy nie aan God “glo” nie! En dis

iets wat ook nie in die Bybel is nie.

Daar is niks verkeerd met die Kode nie; net die man se siening is verkeerd.

Natuurlik kan daar verkeerde interpretasie daarvan wees, dit is maar net mense wat

dit uitwerk met mensgemaakte rekenaars, en mense maak foute, maar die waarheid

daarvan is so oorweldigend dat dit die enkele foute wat deur die uitwerk mag

voorkom, heeltemal oorskadu.

Die Kode self is honderd persent akkuraat en betroubaar—soos die Kodeerder.

So is die presiese datum van die sluipmoord op Israel se destydse eerste Minister

Yitzhak Rabin ‘n jaar vòòr dit gebeur het, deur die skrywer van die “Bible Code” en

‘n Joodse Rabbi Eliyahu Rips in hierdie kode opgetel. (Die Joodse jaartelling is

gebruik)

Die skrywer, Michael Drosnin, ‘n joernalis, het dan ook meer as ‘n jaar voor dit

gebeur het, sy bes gedoen om die eerste minister te laat waarsku, maar Mnr. Rabin het

3

hom nie daaraan gesteur nie—blykbaar is dit iets wat gereeld daar voorkom, dat daar

vir die eerste Minister en ander Israelis “geprofeteer” word of stellings gemaak word

en al sulke dinge—soos elkeen mos maar sy eie uitleg van die Bybel verstaan—so hy

was gewoond daaraan.

Ongelukkig vir hom, was dit hierdie spesifieke keer die waarheid; hy het hom nie

daaraan gesteur nie, en is op die 4de Nov. 1995 vermoor. Dit is bekende geskiedenis.

Sy dood was egter akkuraat voorspel en gekodeer in die Bybel, 3000 jaar vantevore!

Tientalle geskiedkundige gebeurtenisse het hulle daar in die kode gekry, elkeen

presies voorspel met die regte tyd wat dit gebeur het. Die bewyse is daar so duidelik

soos daglig.

Die skeptiese mense wat altyd alles in twyfel trek, vra hoe kan ek dit glo? Wel, as JY

twyfel, vat die boek na iemand wat Hebreeus magtig is—en wat eerlik is—en vra

hom om jou te sê of dit die waarheid is, of nie—pasop net vir die stryers!

Ongelukkig weet die mense wat dit ontsyfer mos nie wat in die toekoms sal gebeur

nie, so hulle kan dus net dinge insleutel wat reeds gebeur het en waarvan hulle weet,

want jy moet tog na iets soek en dit moet ‘n naam hê waarna jy kan soek.

Die val van kommunisme in Rusland is akkuraat daarin gekry; die botsing van die

komeet met Jupiter is so akkuraat, dat tot die sterrekundiges wat dit eerste ontdek het,

se name daarin aangegee is!

So het hulle die woord Armageddon ingesleutel, en die jare gekry 1996 en 2006, soos

hulle dit verstaan het. Alhoewel daar van 1996 af erge moorde en selfmoord-aanvalle

en misiele op Israel was, was dit nie Armageddon nie—nog nie.

Wat hulle wel daarvan gekry het, is dat Armageddon ‘n atoom-verwoesting sal wees.

In 2006 het dit baie naby daaraan gekom toe Iran skielik sy stem dik gemaak het met

atoom-krag en ook duidelik gemaak het dat hy “Israel van die aarde wil vee”.

Ons weet dat Armageddon ‘n oorlog in Israel sal wees, en uit Joël 3:2, waar dit die

“dal van Josafat” genoem word, verstaan ons dit duidelik dat dit sal gebeur mét, of

omrede van die verdeling van die land van Israel deur “al die nasies,” wat die VN is.

Dit is waarmee hulle nou, op hierdie oomblik besig is; die verdeling van Israel om vir

die Palestyne deel van die land te gee. (Einde van 2007)

Dit word spesifiek in die “Bible Code” genoem dat dinge verander of verhoed kan

word indien dit vooraf uitgevind word—so is Armageddon heel moontlik verhoed nou

met Iran se streke. Dit is nie te sê dat die datums verkeerd was nie, dit is moontlik net

verhoed deurdat Iran betyds betrap is.

Armageddon sàl wel nog gebeur.

Maar wat het die “Bible Code” te sê oor die end van tyd, of oor die end van die aarde

of so iets?

Op bls.154 van die eerste boek is geskryf dat die gekodeerde woorde: “Earth

annihilated” staan reg bo die datum 2012 en dit is wanneer ‘n komeet die aarde sal

tref.

4

Dit kàn ook wees dat die komeet in stukke sal opbreek soos dié een wat Jupiter getref

het, wat in 20 stukke gebreek het en vir Jupiter vir ‘n week aanmekaar gebombardeer

het. “En die sterre van die hemel het op die aarde geval…” (Openb.6:13) Dit kan mos

stukke van ‘n komeet wees?

Wat hy presies bedoel met “earth annihilated” weet ek ook nie—mens kan jou dit net

probeer voorstel. Dit is egter soos dit daar opgeteken is, 3000 jaar of meer gelede

voorspel vir die jaar 2012.

Hier ontmoet ons vir die eerste keer die jaar 2012.

Selfs al sou so ‘n komeet in stukke opbreek en sò die aarde tref, sal dit erge gevolge

vir die mensdom hê.

Ek glo die “Bible Code.” Dit is oor en oor bewys as die volkome waarheid, so ek glo

dit. Ek het ook nog ‘n boek “The Signature of God” deur Grant R Jeffrey, ‘n wedergebore

man, waar hy ook deur die rekenaar hierdie kosbare voorspellings deur die

“Bible Code” opspoor; dit is alles baie, baie kosbaar.

Wat my net erg verbaas, is dat die geleerde mense; die verskillende regerings van die

wêreld, die wetenskaplikes, die skole en universiteite en die godsdienstige leiers van

die verskillende gelowe en godsdienste, nié ag gee op hierdie “Bible Code” nie!

Hier sien ons maar net weer presies dieselfde gees waarvan ons lees omtrent die

houding van die Fariseërs en skrifgeleerdes (die owerstes en geleerde garde) in Jesus

se tyd, toe hulle sarkasties vra: “Het een uit die owerstes in Hom geglo, of uit die

Fariseërs?” (Joh.7:48,49)

Presies soos dit toé die geval was, is daar vandag niemand wat tog kan stry hiermee of

bewys dat dit nié die waarheid is nie; elkeen wat eerlik belangstel en bereid is om

eerlik na feite te kyk en dit te glo, sal moét erken dat dit alles as die waarheid bewys

is, en kàn dan daarop ingaan—en ek dink dit sal vir elkeen wat daarop ag gee, van

onskatbare waarde wees. Party mense stry sommer net omdat hulle in elk geval met

alles stry—ek praat nie met hùlle nie.

Hoofstuk 2.

Die Maya Kalender.

Die sterrekundige en skrywer, Adrian Gilbert, het verskillende male na Mexico

gegaan en maande daar spandeer, om na te vors na die geskiedenis en gewoontes van

die Maya stam.

Dit is baie interessant, en vandag oral bekend.

Dit kom hierop neer, dat hierdie mense, tot sowat duisend-vyfhonderd jaar gelede baie

goeie sterrekundiges was en daarvolgens hulle kalender opgestel het.

Sulke danige kalenders is daar gekry en dit is ook ontsyfer.

Daarvolgens het die son drie verskillende siklusse; een van 11 jaar, een van 187 jaar

(11x17) en een van 18,139 jaar. (11x1649) Hierdie siklusse het te doen met die son se

vlamme (sonvlekke) wat op ‘n sekere manier gebeur. Dit is nie aan die slim mense

bekend hoe hulle, in daardie tyd en sonder die nodige teleskope en instrumente wat

5

vandag beskikbaar is, daardie noukeurige berekenings kon maak nie, maar die

kalenders is daar.

Nou sê hulle dat elke keer wanneer hierdie drie siklusse op dieselfde jaar val—dit is

natuurlik elke 18,139 jaar—dan gebeur daar erge dinge op die aarde; alles val om

soos berge, mure ens. Natuurlik mense ook!

Ek neem aan dat elke keer wanneer die 11 jaar en die 187 jaar op dieselfde jaar val,

dan gebeur daar ook eienaardige dinge, maar nou het niemand seker daarvan geweet

om daarna op te let, die vorige keer wat dit gebeur het nie, dit was in 1825, en ek ken

die geskiedenis te swak, so ek weet nie wat gebeur het nie.

Blykbaar spoeg die son elke 11 jaar vuurtonge uit wat partykeer groot skade op die

aarde doen. Een so ‘n “grote” was in 1869, dit het groot skade gedoen. Volgens die

TV program, “Universe Secrets of the Sun” sal die volgende “grote” wees in 2012,

maar hulle verwag dit sal alle elektrisiteitsvelde verwoes; rekenaars sal nie werk nie

en alles sal in duisternis wees. 1869 was 11x13 jaar voor 2012.

Nouja, 18,139 jaar is ‘n baie lang tydperk en daar was beslis nog nie geskiedskrywers

wat kon opskryf wat gebeur het nie—soos dit is, is ons nou maar eers ‘n derde van

hierdie jare, naamlik 6000 jaar van Adam af, en dit klink soos ‘n ewigheid.

Hoe hierdie Maya-stam hierdie inligting bekom het weet ek nie; hoe akkuraat dit is

weet ek ook nie, maar die interessantste daaraan is dat die volgende keer wat hierdie

drie siklusse weer op dieselfde jaar sal val, sal wees in 2012!

Weer 2012.

Dit is net vyf jaar van waar ons vandag is, aan die begin van 2008—en alles op die

aarde gaan stil en rustig en lekker “normaal”!

Hierdie Maya-stam het geglo dat in die jaar 2012 op die 21ste Desember, dan hou

hierdie era waarin ons nou leef op, en die volgende dag is dan die begin van ‘n nuwe

era—wat dit ookal sal wees.

Hulle noem die huidige era die era van die Jaguar. Daaroor skryf ek ook later meer in

die hoofstuk oor “Gevalle Engele”.

Nou is dit baie interessant dat op die oggend van die 22ste Desember 2012, die son sal

opkom presies deur daardie spesifieke “star-gate” in die hemelruim, wat dan die nuwe

era sal aankondig.

(Omdat ek nie ‘n sterrekundige is nie, weet ek nie hoe om dit te verduidelik nie; die

beste sal wees om self die boek te lees.)

Nouja, ek kan beslis nie instaan vir die akkuraatheid van hierdie stelling nie, maar dit

is baie interessant dat dit weer dieselfde jaartal is, naamlik 2012.

Onthou, alle elektrisiteit sal ook ophou; alles sal stikdonker wees en niks sal werk

nie—soos dit is, is daar vandag feitlik niks wat ons kan doen sonder elektrisiteit nie.

Dit sal dus nie net figuurlik of in die geesteswêreld wees wat dit duisternis sal wees

nie, maar ook letterlik.

Ons kom nou-nou weer by die duisternis.

6

Is daar nog ander bronne waar ons kan lees van sulke gebeurtenisse? Die enigste

ander geskiedenisboek waarin melding gemaak word van so iets, is weer die Bybel.

Die Bybel skryf in Heb.12:26,27. “Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy

belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel

bewe.

27. En hierdie woord: Nog een maal, wys duidelik op die verandering van die

wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly.”

“Nog een maal” wys dat dit wel al een, of meer kere vantevore gebeur het, dat die

aarde so geskud was, maar dit sê nie of dit was omrede van die siklusse van die son,

of waardeur dit veroorsaak was nie, behalwe dat dit deur God se stem was. Maar so

iets hét reeds al gebeur.

Dit sàl wel nog een keer gebeur, volgens hierdie voorspelling—ja, ek glo die Bybel.

Wat hieruit wel duidelik is, is dat hierdie skudding die era van wankelbare dinge—dit

is geskape dinge soos die berge en eilande en dies meer (Openb.6:14, “al die berge en

eilande is uit hulle plekke versit.”)—sal laat plek maak vir onwankelbare dinge, dus

dat saam met hierdie gebeurtenis sal ‘n geestelike era begin.

Kyk wat lees ons verder van hierdie duisternis wat sal gebeur: (Openb.16:8-10, 16)

“En die vierde engel het sy skaal op die SON uitgegooi, en daaraan is dit gegee om

die mense met vuur te skroei…En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die

troon van die dier, en sy koninkryk is verduister en hulle het hulle tonge gekou van

pyn…en hulle het nie bekeer van hul bose werke nie. En die eilande het gevlug, en

berge is daar nie gevind nie.”

Hier is duidelik die rol wat die son sal speel met sy elf jaar siklusse wat volgens die

voorspellings in 2012 hul hoogtepunt gaan bereik.

Dan het ons nog ‘n ander plek in die Bybel waar melding gemaak word van so iets

wat sal gebeur, en dit wel saam met die wederkoms van Jesus. Dit is in Openb.6.12-

14. Vers 12. “Daar was ‘n groot aardbewing; en die SON het swart geword soos ‘n

harige sak, en die maan het geword soos bloed;

13. en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n

groot wind geskud word, sy navye laat afval;

14. en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en

eilande is uit hul plekke versit.”

Dit lyk nogal na die voorspelling van die Maya-stam dat alles sal omval! Die sterre

wat op die aarde val lyk nogal soos die komeet van die “Bible Code” wat in stukke

breek en die aarde tref!

Wanneer alle elektrisiteit deur die sonvlekke tot niet gemaak word, sal al daardie baie

sateliete wat reeds om die aarde wentel mos ook afval aarde toe, en dit sal dan wees

soos wat die Bybel sê: “Die sterre sal van die hemel val soos ‘n sterk wind die

vyeboom sy navye laat afgooi.” As ons snags opkyk dan lyk die sateliete vir ons soos

bewegende sterre. Dit sal geen grap wees nie!

Met hierdie erge verspoelings wat op die omblik in SA aan die gang is, is die mense

7

enoud en wonder of dit nie die einde is nie. Ons het egter die reënboog as bewys dat

die aarde nie weer deur water sal vergaan nie, so dit is nie dit nie.

Die Bybel sê uitdruklik dat die huidige aarde vir die vuur bestem is—die aarde is

brandhout. So as iemand miskien bang en benoud is oor aardverwarming, is dit nader

aan die waarheid. (2 Pet.3:6,7)

Let op na die SON.

Voordat ek aangaan na die volgende hoofstuk, kan ons net eers kyk na presies wat die

sterrekundiges is.

Dit is mense wat die hemelruim bestudeer; nee, dit is nie die mense wat sogenaamd

“die sterre voorspel” in tydskrifte aangee nie! Hierdie “fortuinvertellers” is nie

sterrekundiges nie, sommer net sterre-wiggelaars! Of iets!

Ons beste en betroubaarste geskiedenisboek en bron van inligting, is die Bybel, dus

moet ons noukeurig oplet wat die Bybel daarvan sê.

Wel, reeds in Gen.1:14 sê God dat die “ligte aan die uitspansel”, dit sluit in die son,

maan en sterre, sal dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.

Ons weet dat die SON ons naaste ster is.

Die wyse manne uit die ooste wat die ster gesien het, wat die teken was vir Jesus se

geboorte, en Hom dus gaan opsoek het, was sterrekundiges. Ander mense het nie die

ster opgemerk nie, want ander het nie in sterre belanggestel nie; net sterrekundiges

het. Die Bybel noem die sterrekundiges; wyse manne. Vandag word alles wat met

sterre te doen het, afgeskiet as sou dit okkulties wees, veral deur Christene; dit is

nogal jammer.

Nou voorspel Jesus dat met sy wederkoms sal “die teken van die Seun van die mens”

in die hemel verskyn. Hy sê nie dit sal weer ‘n ster wees nie, maar ‘n ster was die

teken met sy eerste koms, naamlik sy geboorte.

En dit sal in die hemel verskyn—sterre verskyn in die hemel.

Die meeste mense stel nie belang in sterre nie, so wié sal weer eerste die “teken”

sien? Sekerlik weer die sterrekundiges, soos 2000 jaar gelede.

Talle plekke in die Bybel waar gepraat word van die wederkoms van Jesus Christus,

word ook gepraat van erge dinge wat sal gebeur met son, maan en sterre. Party plekke

is dit nie duidelik of dit van die wederkoms praat, of van ‘n ander gebeurtenis nie.

(Matt.24:29) “Dan sal die son verduister word en die maan sal sy glans nie gee nie, en

die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.”

“Want die sterre van die hemel en sy Orions sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is

duister by sy opgang en die maan laat sy lig nie skyn nie.” (Jes.13:10)

“En as Ek jou uitblus sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son

met wolke oordek; en die maan sal sy lig nie laat skyn nie. Al die skynende ligte aan

die hemel, dié sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou

land.” (Eseg.32:7,8)

(As ons kyk na hierdie inleiding; “as Ek jou uitblus” word spesifiek gesê van Egipte

8

en ons weet dat Egipte ook een van die nasies is wat die slagspreuk het om vir Israel

van die aarde te vee, so miskien is dit ook met die aanval van “al die nasies” teen

Israel, met Armageddon?)

“En die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed;

en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot

wind geskud word, sy navye laat afval.” (Openb.6:12-14)

Ons moet maar oplet na die son, maan en sterre!

Elkeen moet maar net vir homself besluit of hierdie sommer net toevallig so geskryf

staan, of nie—wees net eerlik!

Tenminste één sterrekundige, Adrian Gilbert, verwag ‘n totale verandering wanneer

die bestaande orde in die jaar 2012 tot ‘n einde sal kom!

Wat verwag die gevalle engele?

Ek het onlangs ‘n boek gelees oor “Engele” deur ‘n vrou wat ‘n “medium” is; met

ander woorde, hulle glo aan reïnkarnasie, hulle roep geeste op—of te wel, hulle glò

daaraan. Hulle is spiritiste.

Haar naam is Doreen Virtue.

Hulle glo dat daar tientalle “engele” met hulle praat en boodskappe bring, en nou het

hierdie “engele” ook vir haar gesê dat die hele bestaande orde van tyd—en sommer

alles—sal in 2012 ophou, en iets heeltemal anders sal begin; ‘n totaal nuwe era—maar

die gevalle engele weet natuurlik nie presies wàt dit sal wees nie!

Nog een van hierdie mediums, Diana Cooper, het die aand van die 26ste Oktober

2007 op TV ook dieselfde gesê; hulle praat van “engele” en weet nie dat dit gevalle

engele is nie! Hulle verwag steeds die einde van een era en die begin van ‘n nuwe in

Desember 2012.

Ons weet almal dat hierdie “engele” is die gevalle engele wat baie bedrywig is met

die mense wat vir hulle plek gee in hulle lewe, en nou is dit net interessant dat hùlle

ook verwag iets ergs moet gebeur, juis in 2012, maar hulle weet nie wàt nie!

Weer 2012.

Hoofstuk 3.

Die Boek van Daniël.

Meeste mense “glo” die Bybel al is hulle nie Christene nie; hulle is verstandig genoeg

om te erken dat al die dinge wat in die Bybel voorspel is tot op hierdie tyd waarin ons

nou lewe, presies net so uitgekom en gebeur het—waarom sou die res dan nie net so

akkuraat wees nie?

Meeste ander godsdienste glo ook in die voorspellings van die Bybel. Net Moslems

glo dat die Bybel verander is deur Christene om nie te pas by hulle Koran nie. Dit het

hulle mos gehoor by die gevalle engel wat met Mohammed gepraat het ongeveer 610-

9

NC. Baie jare nàdat die Bybel geskryf is.

(Later skryf ek ‘n hoofstuk oor die gevalle engele. Mense vra waarom ons noù moet

weet van gevalle engele; dit is omdat ons nou moet weet waarom die verskillende

nasies van hierdie end tyd doen wat hulle doen—dat ons hulle kan kén, dat ons kan

verstaan waarvan die Byel praat. Waarom anders sou Heilige Gees noù vir ons hierdie

openbaring gegee het, as Hy nie geweet het dat dit vir ons noodsaaklik is om dit noù

te weet nie?)

Daar is egter ook baie mense, veral half-geleerdes, wat skuil agter die stelling dat die

Bybel al so oor en oor vertaal is, dit kan nie meer akkuraat wees nie, so hulle “glo” dit

nou nie! (Die Bybel word elke keer weer uit die oorspronklike tale vertaal; Hebreeus

vir die O.T. en Grieks vir die N.T.)

Dit is sommer vyeblare waaragter hulle wegkruip om hulle naaktheid en geestelike

onkunde en ongeloof te bedek.

Veral baie sogenaamde “teoloë” dink dit is mode en slim om die Bybel te probeer

uitmekaar trek—omdat God vir hulle ‘n bedreiging is! Hulle durf nie die Bybel glo

nie, want dan moet hulle ook glo dat hulle, elkeen vir homself, voor God sal moet

verskyn en rekenskap doen van sy eie lewe—en die gevolge daarvan dra—en

daarvoor sien hulle nie kans nie, nou stry en “bewys” hulle en maak al groter gekke

van hulleself. Vir hùlle is daar nie eintlik raad nie.

Vir die eerlike soekers kan ek net sê, baie van die vertalings hét foute in, maar dit

maak nie dat die Bybel verkeerd is nie; die Bybel is soos dit oorspronklik geskryf

was; die Ou Testament is Hebreeus, en die Nuwe Testament in Grieks. As daar foute

in die vertalings is, maak dit nie Die Bybel verkeerd nie!

Sodra iemand gedoop is in Heilige Gees en wegkom van die godsdienstige

oorlewerings, sal hy baie duidelik deur Heilige Gees geleer en gelei word in die hele

waarheid, as hy wil leer, dan sal hy weet dat die Bybel die waarheid is.

Al wat hulle hoef te doen is, gaan koop vir jou ‘n Griekse Bybel—daar is Griekse

Bybels met die Engelse woorde onder die Grieks geskryf, en as jy dink die Engels is

verkeerd vertaal, koop sommer vir jou ‘n Grieks-Engelse woordeboek en soek sélf die

woorde op.

Daar sal jy sien dat vir feitlik elke Griekse woord, daar verskillende Engelse woorde

is wat dit beteken, en so word dan vir jou die betekenis so pragtig oopgemaak, dit is

kosbaar. Dan weet jy sommer wàt om te glo—nouja, dan glò jy dit!

Omdat die Bybel ons oudste en betroubaarste geskiedenisboek is, kyk ons nou na ‘n

paar voorbeelde uit die Bybel om te sien of ons daar iets kry oor hierdie onderwerp,

nl. die einde van die aarde, of die einde van tyd. Ons is mos eerlik, so waarom sou

ons dan nie elke beskikbare bron ontgin al is ons van ‘n ander “geloof” nie?

Die Boek van Daniël.

Ons kyk eers na die Boek van Daniël. Daarin kry ons baie interessante getalle van tye

en dae, wat meestal vir niemand sin maak nie.

Die Boek is geskryf ongeveer 500-700 VC, maar die verskillende geskiedskrywers het

uiteenlopende berekenings en jaartalle. Omdat niemand weet nie—niemand het

10

almanak-gehou nie—behalwe in “Bible Code” en tot sover het niemand nog genoeg

belang gestel om dit daaruit te ontsyfer nie—is die tyd naaste aan die waarheid, so

ongeveer 600 VC.

Eerstens in Dan.8:14 praat ‘n heilige met Daniël en sê onder andere: “Tweeduisend

driehonderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.”

In vers19 sê die heilige vir hom; “Kyk ek maak jou bekend wat aan die einde van die

strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde.”

In vers 26 haal die heilige dit weer op: “En die gesig van die aande en die môres

waarvan gepraat is, dit is die waarheid; en jy, hou die gesig geheim, want dit sien op

die verre toekoms.” (Hou die gesig geheim, beteken dit moet eers in die verre

toekoms, op die bepaalde tyd van die einde geopenbaar word.)

Kom ons kyk nou eers wàt is die “heiligdom” wat in sy regte staat herstel moet word.

Nadat Salomo ‘n tempel vir God gebou het, het God hom verseker dat: “Ek het

hierdie huis wat jy gebou het geheilig deur My Naam daar te vestig tot in ewigheid;

en my oë en my hart sal daar altyd wees.”

Dit is die tempel en tempelgrond in Jerusalem. Nou weet ons dat die tempel deur die

eeue verskillende male afgebreek en verwoes en weer herstel is, so is dit ook verwoes

in ongeveer 700VC. en die ark, waarin God se teenwoordigheid gewoon het, het net

verdwyn. (In die tyd van Daniël wàs die tempel en Jerusalem reeds verwoes en die ark

was reeds weg.)

Teen die tyd toe Herodus weer vir die Jode ‘n tempel gebou het, was God nie meer

daarin nie, want die ark was nie daarin nie; God se heerlikheid het in die ark gebly,

nie in die tempel as sodanig nie.

Maar Jerusalem was steeds beskou as die Heilige stad van God. (Matt.23:37)

Vanaf 333 VC toe Alexander die Grote begin het om die hele wêreld in te neem en

die lot van Jerusalem ook totaal verander het, het Jerusalem nooit weer aan die Jode

behoort nie; met die tyd van Jesus as mens op die aarde het Jerusalem aan die

Romeine behoort, alhoewel die Jode ook daarin gewoon het.

(“Atlas of the Bible” deur Reader’s Digest, bladsy 152.)

Daniël het gepraat van ‘n verwoesting van Jerusalem, wat deur Jesus bevestig is in

Matt.24:15 en ander plekke. Jesus noem dit uitdruklik: “Die gruwel van verwoesting,

waarvan Daniël praat…” so dit is hierdie gebeurtenis wat in 70 NC gebeur het, wat

deur Daniël voorspel is. (Dan.9:27)

In 70 NC het hierdie verwoesting van die tempel en Jerusalem toe ook plaasgevind,

en is die Jode oor die hele wêreld verstrooi, en Jerusalem het nooit weer aan die Jode

behoort nie, tot met die sesdae-oorlog in 1967, toe hulle weer onder andere vir

Jerusalem teruggeneem het. Jerusalem word genoem: “Die heilige Stad.”

Nou neem ons die getal wat die heilige vir Daniël gee van 2300 aande en môres voor

die heiligdom in sy regte staat sal herstel word; van 333 VC met Alexander die

Grote tot 1967 toe die Jode Jerusalem teruggekry het, is dit presies 2300 jaar!

Sou dit nou toevallig wees?

11

Jy sal sê ja, maar dit is dae, nie jare nie, maar dit was die gebruik om dae te gee vir

“elke dag een jaar” verskillende plekke in die Bybel. (Num.14:34)

Jy is slim genoeg om self te weet dat “toevallig” ook maar net sò ver kan gaan, en nie

verder nie.

Maar, dit is nie àl eienaardige getal wat Daniël noem in verband met die einde van

tyd nie!

In Dan.12 lees ons oor en oor van “die tyd van die einde”. (Dan.12:4,6,7,9)

Maar daar is weer ‘n paar interessante getalle: Daar is weer ‘n heilige wat met Daniël

praat, en vir hom sê: “En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf word en

die ontsettende gruwel opgerig word, sal 1290 dae verloop. Welgeluksalig is hy wat

bly verwag en 1335 dae bereik.” (Dan.12:11,12)

Nou, wat is so ‘n ontsettende gruwel wat opgerig is? Dit is toe die Mohamedane eers

‘n tydelike houtstruktuur as moskee, en later hul “Dome of the Rock” opgerig het op

die heilige grond van die Joodse tempel, waar God beloof het dat sy oë en hart altyd

daar sal wees!

Kan jy jou ‘n groter gruwel bedink?

Wanneer is dit gedoen? Die “Dome” is later opgerig, maar die hout-moskee is in 677

NC gebou. In 680 het die houtgebou reeds daar gestaan, volgens die geskiedenis.

In die geskiedenisboek: “The Fight for Jerusalem” deur Dore Gold, skryf hy op bls.97

dat ‘n Christen pelgrim, ene Arculf, Jerusalem besoek het in 680nC; toe het hy reeds

daardie houtgebou daar aangetref wat die Moslems gebou het met regop planke en

balke oor bouvalle. Hy’t gehoor die plek kan 3000 mense vat.

As ons dus wil weet presies wanneer hierdie gruwel opgerig is, kyk in die Bybel; dit

is daar.

Nou sê die heilige vir Daniël: Van hier af, van die oprigting van die ontsettende

gruwel af, sal 1290 dae verloop. Van 677nC tel ons dan 1290 jaar, en dit kom presies

tot 1967 met die ses-dae oorlog! Vir die eerste keer het die Jode toe weer Jerusalem

besit, presies nà 2300 jaar nà die inval van Alexander die Grote, en presies 1290 jaar

na die ontsettende gruwel opgerig was.

Dit is egter nie klaar nie; die heilige sê verder: “Welgeluksalig is hy wat bly verwag

en 1335 dae bereik.”

Die 1290 jaar is nou verby in 1967, nou moet hulle bly verwag vir nog 45 jaar, want

tussen hierdie twee getalle, 1290 en 1335, is ‘n verskil van 45 dae.

Nou is dit 1290 jaar van 677 tot 1967, en 45 dae (jaar) daarby is 2012.

Weer 2012; wéér “toeval?”

Dit is ook moontlik dat hierdie getalle nòg ‘n betekenis kan hê, soos byvoorbeeld as

daardie “Dome” op een of ander manier afgebreek sal word en die Jode dan hulle

tempelgrond sal terugkry, dit kan dan miskien in dae getel word soos 1335 dae—of

iets.

Op die oomblik is die onderhandelings in Amerika aan die gang tussen die Palestyne

en Jode vir die verdeling van die grond (begin Desember 2007) en omdat die

Palestyne lankal sê die Bybel is ‘n mite, en dat daar nooit ‘n koning Dawid was nie en

so aan, wonder ek of die dag wanneer hierdie groot gruwel gebeur en deur die VN

erken word, dat die land verdeel word, of dit nie die begin sal wees van die 1335

12

dae na die einde toe nie. (Dat dit dan in dae sal wees.) Sal maar sien. Mnr. Bush se

termyn is om in November 2008, en hy wil “vrede” hê in die Midde-Ooste voor hy

aftree—die sogenaamde vrede sal glo wees wanneer die Palestyne stuk van die land

het!

‘n Ander moontlikheid is dat wanneer die slag van Armageddon gebeur, wat volgens

Joël 3:2 saam, of om rede van, die verdeling van die land sal gebeur, daarna miskien

nog 1335 dae sal wees tot by die wederkoms—dit is net bespiegelings, ek weet nie;

dit is moontlik. (Dit is ‘n tydperk van bietjie meer as 3 ½ jaar.)

Maar ons het intussen die vaste datum van 1967 en die getalle in Dan.12. Niemand

kan daarmee stry nie.

Die sterrekundige, Adrian Gilbert, skryf dat volgens die sterre, Jesus gebore is in 7vC,

so dit beteken vanaf Jesus se geboorte was dit reeds 2000jaar in 1993.

Die Jode het hulle land teruggekry in 1948 en dit is ‘n baie belangrike datum; van

1948 tot 1993 is weer hierdie 45 jaar! Terug van 1948 vir 1290 jaar, bring ons by 658

nC; steeds daar by die ontsettende gruwel rond.

(Die jaartalle in die geskiedenis kan verkeerd opgeskryf wees, maar nie die getalle in

die Bybel nie. Ons het nou die vaste jaartalle van 1948 en 1967, so as ons ‘n datum

agtertoe wil weet, kan ons net die Bybel se getalle aftrek en ons het die presiese

jaartal. Dit kan verkeerd opgeskryf wees deur die geskiedenis. Geskiedenis is nié

betroubaar nie; die Bybel is.)

Ons het altyd gewonder waarom daar tussen 1948 en 1967 hierdie 19 jaar is, want

19 het nie veel van ‘n betekenis nie; maar nou is hier weer 19 jaar, en dit is van 1993

—die 2000 jaar na Jesus se geboorte— tot 2012! Negentien jaar; ek weet nog steeds

nie waarom dit negentien moet wees nie.

Nog weer 2012.

Hoofstuk 4.

Die Boek van Openbaring.

Hier moet ek net inbring hoe presies pas Dan. 7 aan by Openb.6, want dit trek vir ons

die geskiedenis van die gevalle engele en ook die end van tyd bymekaar. Om dit te

kan raaksien, moet ons die grootheid van die hele wêreld-opset probeer sien uit God

se oë, hoe Hy alles vooruit weet en ken en dan ook sê.

Hier word die rede baie duidelik waarom òns noù moet weet van die gevalle engele;

dit is omdat ons hierdie skrifte moet verstaan oor die tyd van die einde. Dit is noù die

tyd.

Daniël is beveel om die gesig te verseël tot die tyd van die einde toe; in Openb.6 word

nou vertel hoe dit sal wees wanneer Jesus hierdie seëls breek en oopmaak in die tyd

van die einde.

In Daniël beskryf Hy die vier Vorste wat die vier regerings oorheers as die vier

“diere”; die Leeu, die Beer, die Luiperd en dan die vierde, wat heeltemal verskillend

13

is van die voriges; hierdie vier is die ruiters op die perde van Openb.6, want dit is die

vier vorste.

Dan kom Hy in Openb.6 en beskryf die vier perde, om die prent duidelik te maak.

Die perde is die vier verskillende nasies wat deur die ruiters (vorste) beheer word. Die

perde is wit, rooi, swart en vaal (bleek). In Openb.13 brei Hy dan meer volledig uit

oor die laaste twee “diere” van Dan.7 en die laaste twee perde van Openb.6.

Hier wil ek net sê; dit sal min help om te lees wat ek hier skryf as jy nie die

skrifte wat ek gee noukeurig daarmee saam lees nie; die hele saak gaan juis oor

wat die Bybel daarvan sê.

Die Eerste Dier van Dan.7 / Eerste Seël van Openb.6.

Dan.7:4. “Die eerste dier was soos ‘n leeu. (Waar gepraat word van “dier” moet jy

altyd onthou dis ‘n koninkryk, of heerskappy, of regering, volgens Dan.7:23) en hy

het vlerke van ‘n arend gehad; en ek het bly kyk tot sy vlerke uitgeruk is…en daaraan

‘n mensehart gegee is.”

Openb.6:2. “Daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit het ‘n boog; en aan hom is ‘n

kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.”

Die eerste “dier” was soos ‘n leeu; Engeland se embleem is ‘n leeu, selfs hulle

rugbyspan was leeus. Vir eeue het Engeland uitgetrek en elke land wat hy wou hê,

eenvoudig gevat—S.A. was een daarvan. Presies soos ‘n leeu doen.

“Totdat daaraan ‘n mensehart gegee is.” Totdat Engeland sy kolonies onafhanklikheid

gegee het—vir S.A. ook; maar nie voordat Engels die wêreldtaal was nie. Dit is baie

belangrik!

“Aan hom is ‘n kroon gegee.” Engeland word regeer deur ‘n kroon.

“Sy vlerke is uitgeruk” Die vlerke van ‘n arend is die verwantskap van Engeland se

koningshuis met Duitsland, wat die arend as vors het—daardie verwantskap is

heeltemal verbreek.

“En dit is van die grond af opgehef en op twee voete neergesit.” God, die opper-

heerser van die nasies het Engeland gestop dat hy nie meer nasies sou oorweldig

nie—hy moes verder op sy eie twee voete staan.

Die vors van die regering van Engeland is die leeu-gees, die gevalle engel wat die

Leeu is; dit is die ruiter op die perd, die vors oor die nasie. Die nasie aard na sy vors,

die leeu, hy het die leeu se geaardheid; vat wat hy wil hê.

Die ruiter beheer die perd, so beheer die vors die nasie.

Tweede Dier van Dan.7 / Tweede Seël van Openb.6.

Dan.7:5. “Die tweede dier het gelyk soos ‘n Beer en is aan die een kant opgerig. Sò

het hulle vir hom gesê: staan op, eet baie vleis.”

Openb.6:4. “’n Ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is

dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem, en dat hulle mekaar sou

doodmaak.”

Die vors van Rusland is die beer-gees; die ruiter op die rooi perd is die heersende

14

gees-vors. Die geaardheid van Rusland se regering is die geaardheid van die beer, wat

sy geestelike vors is.

“Hy is aan die een kant opgerig.” Rusland het homself so afgesonder van die res van

die wêreld, dat hy agter die ystergordyn weggekruip het.

“Hy het die vrede van die aarde af weggeneem”. Hierdie beskrywing wat die Bybel

gee is eintlik die beste beskrywing wat van kommunisme gegee kan word; baie

duisende Christene is reeds vermoor en gemartel deur Kommunisme.

Hierdie een word hier genoem omrede van sy verspreiding deur propaganda, die

swaard wat hy het is sy woorde.

(Dink jy nog dat dit alles blote “toeval” is? Hoe het Daniël ongeveer 2600 jaar gelede

geweet van Rusland, die Rooi Beer agter die ystergordyn—“hy is aan die een kant

opgerig”? )

Die volgende twee “diere” of heerskappye, word nog, behalwe in Dan.7 en Openb.6,

in Openb.13 ook beskryf, asook is Dan.2.

Derde Dier van Dan.7 / Derde Seël van Openb.6./ Eerste Dier van Openb.13./

Klei van Dan.2

Dan.7:6. “Daar was ‘n ander dier, soos ‘n Luiperd en dit het vier vlerke van ‘n voël

op sy rug gehad; ook het die dier vier koppe gehad…aan hom is heerskappy gegee.”

Openb.6:5,6. “Daar was ‘n swart perd, en hy wat daarop sit het ‘n skaal in sy

hand…’n rantsoen koring vir ‘n penning…en moenie die olie en die wyn beskadig

nie.”

Openb.13:1-10. “En ek (Johannes op Patmos) het ‘n dier uit die see (see is die

mensdom volgens Openb.17:15) sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op

sy horings tien krone, en op sy koppe ‘n naam van godslastering.

En die dier wat ek gesien het was soos ‘n Luiperd en sy pote was soos die van ‘n

Beer, en sy bek was die bek van ‘n Leeu…En ek het een van sy koppe gesien, net

asof dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees, en die hele wêreld het

verwonderd agter dié dier aangegaan.”

Die swart perd is die swart Afrika-nasies en die Luiperd is sy geestelike vors, die

gevalle engel, Luiperd. Luiperdvelle neem ‘n baie prominente plek in, in hulle

tradisionele drag, veral onder die Zoeloes van Suid-Afrika. Die ruiter op die perd is

die geestelike vors wat die regerings van die swart Afrika-nasies vat waarheen hy

hulle wil hê; dit is die gevalle engel wat die luiperd is.

Let ook op dat die dier (luiperd) het die pote van ‘n beer; beer is Russiese

kommunisme, dié neem hom rond, dis die pote; en hy het die bek van ‘n leeu —hy

praat Engels! (Nou hoé het Daniël en Johannes DIT geweet!)

Dit is ook hierdie selfde dier (regering) wat op die ou end met die heiliges, dit is die

wedergeborenes, sal oorlog maak en hulle sal wen, volgens Openb.13:7. Nou, in

Desember 2007, word Jacob Zuma, ‘n Zoeloe, gekies as leier van die ANC-Party, en

dus van die ANC-regering en so as president van Suid-Afrika—dit is verder net blote

formaliteit.

Zuma is as president van die ANC gekies vir die volgende vyf jaar; dit beteken tot

15

Desember 2012! En minstens vier keer het hy al gesê hy—of die ANC—sal regeer

tot met die wederkoms van Jesus!

Dit laat my dink aan die profesie wat die hoëpriester geprofeteer het oor Jesus, toe hy

gesê het dit is beter as een man vir die volk sterwe, as wat die hele volk sterwe; en die

Bybel sê dit is omdat hy hoëpriester was wat hy dit geprofeteer het—dit was nie

omdat hy so ‘n danige goeie profeet was nie. (Joh.11:49-52)

So, nou profeteer hierdie heidense Zuma ook seker omdat hy president is van die

luiperd-kop wat was net asof hy dodelik gewond was, en herstel het—die ANC van

SA. Nie omdat hy sodanige goeie profeet is nie. (Openb.13:3)

Soos Maria gedoen het, bewaar ek ook maar al hierdie dinge in my hart; ek gee ag.

(Luk.2:19)

Vierde Dier van Dan.7 / Vierde Seël van Openb.6 / Tweede Dier van Openb.13. /

Yster van Dan.2

Dan.7:21,23. Die vierde dier word nie met ‘n naam genoem nie en verskil heeltemal

van die vorige drie diere. (regerings) Hy het ystertande en koperkloue.

Openb.6:8 “En daar was ‘n vaal perd, en hy wat daarop sit, sy naam is die Dood, en

die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die

aarde, om dood te maak.”

Sjina, die Draak, het hier iets mee te doen, daarom is dit ‘n vaal perd—dit is ‘n bleek

perd of ‘n bleek nasie. Geel soos Sjina.

Hierdie het te doen met besigheid, want dit kom neer op koop en verkoop. Sjina is

tans besig om die hele kontinent van Afrika te probeer oorneem deur “besigheid” en

dit lyk vir my dit is van Sjina af wat die merk van 666 dan sal nodig word vir die

mense van Afrika op die hand of die kop, om te kan koop of verkoop. (Dit is die

strepieskode.) Hulle is beslis wreed genoeg daarvoor. Ek is nog nie seker hieroor nie.

Sjina is beslis die Draak.

Openb.13:11. “En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en dit het twee

horings gehad, net soos ‘n lam, en het gepraat soos ‘n draak.”

Hierdie is nie ‘n menslike heerskappy nie, (rekenaarstelsel) dit kom nie uit die see

(mensdom) soos die vorige drie nie, maar wel uit die aarde. Hy is dus uit die aarde

gemaak. Hy is baie slim, baie wreed, en het te doen met koop en verkoop.

(Openb.13:17)

Hy heers terselfdertyd en ook gesamentlik met die luiperd, hy werk ook vir die

luiperd. So gesamentlik dat Daniël en ook Johannes, dit deurmekaar sien as een,

alhoewel hulle sê dis twee.

Dan.2. Dit is ook die twee voete van die droombeeld van Nebukadnesar waar die

voete en tone gemaak is van yster met klei gemeng; twee verskillende dinge maar tog

dieselfde en gesamentlik. Hieroor in ‘n latere hoofstuk.

Hierdie laaste heerskappy het ‘n merk, sowel as ‘n nommer, 666. Hierdie heerskappy

is Menslike Kennis; die boom van die kennis van goed en kwaad wat die dood voort-

16

gebring het, en so is die ruiter op die perd dan ook die Dood.

Dood is die gees-vors van menslike kennis!

Hierdie is die vier diere, of te wel regerings, wat deur Daniël sowel as Johannes

beskryf word, wat oor die aarde sal heers en wat deur die Bybel genoem word vir die

laaste dae. Dit is alles breedvoerig behandel in die Wederkoms-boek.

Wanneer ons vandag terugkyk op die geskiedenis van Suid-Afrika, vir die afgelope

eeu, dan is die prentjie van hierdie vier perde wat deur Daniël en Johannes op Patmos

gesien was, baie helder duidelik.

Kommunisme was reeds bedrywig in Engeland van 1860 af, volgens ‘n boek deur

Dr.Fred Schwartz, ‘n Australiese Christen.

Met die Boere-oorlog van 1899 tot 1902 het Engeland S.A. verower en saam met

hulle het hul liberale denkwyse en Kommunistiese ideologie gekom na ‘n baie

onkundige nasie; die Boere, en na ‘n baie ontvanklike massa; die swart mense van

SA.

Dit was:

(1) Engeland; die wit perd wat hardloop met die leeu as ruiter.

Met hulle saam het hulle Kommunisme gebring, so onmiddelik op hulle hakke volg

toe die

(2) rooi perd van Russiese Kommunisme met die beer as ruiter.

Omdat die swart mense so uiters ontvanklik is vir Kommunisme het dit hulle net tien

jaar geneem om die terroriste-organisasie van die “African National Congress” (ANC)

te stig is 1912. En so het

(3) die swart perd, die swart Afrika-nasies met die luiperd as ruiter gevolg

onmiddelik op die hakke van die rooi perd.

Op die vars spoor van die wit perd, Engeland, die rooi perd Russiese Kommunisme

en ook die swart perd, die ANC terroriste-beweging volg toe

(4) die “vaal” of bleek perd met sy ruiter; die Dood.

Die terroriste organisasie, die ANC, het toe op ‘n terreur orgie gegaan van moorde en

ander misdaad; deur die jare is duisende mense deur hulle vermoor deur verskillende

metodes, en ook deur kar-buitebande om die slagoffers se nekke te hang en dit dan

aan die brand te steek! Hulle het dit genoem die halssnoer-moorde! So is duisende

swart mense wat nie met hulle saamgestem het nie ook deur hulle doodgebrand en op

ander maniere vermoor—hulle noem dit die “struggle” en elkeen wat daaraan

deelgeneem het, word vandag beskou as ‘n held.

Baie duisende is ook deur die jare op ander metodes vermoor. Al hierdie moorde en

misdade word vandag verdoesel en goedgepraat en weggesteek agter die baie sondes

van die apartheidsregering.

Die ANC terroriste organisasie was ‘n verbode organisasie, soos ook die

kommunistiese party, maar hulle het ‘n baie vrugbare teelaarde gehad in die swart

massas, en hulle het ook die ondersteuning geniet van die meeste buitelandse nasies.

Die uitsondering hier was Israel en die VSA—op ‘n manier.

17

Meeste van die mense wat vandag in die parlement is, was betrokke by terrorisme

deur die jare; hulle is almal “comrades” agter kommunisme aan. (Dit is beslis ook die

rede waarom hulle dit nooit sal waag om weer die doodstraf in te stel vir moordenaars

nie; die misdaad van moord “verjaar” nie.) Jacob Zuma is voor in die koor!

Daar is ook baie Moslems in die ANC regering, en dit bring nog ‘n ander profesie van

die Bybel in werking, naamlik Openb.16:13, waar gepraat word oor die valse profeet,

wat Mohamed met al sy Muslim volgelinge is, die dier, wat die luiperd is, en dan

ook die draak, wat Sjina is, wat die heersers van die aarde sal opsweep teen die Jode,

die volk van God, en ook teen die kinders van God.

Die feit dat hulle die verkiesing gewen het in 1994 en nou die regerende party is, het

nie verander aan wie en wàt hulle is nie: hulle is steeds dieselfde; kommunisme is die

voete van die beer soos die Bybel dit beskryf (Openb.13:1) en dit neem steeds die

luiperd (ANC regering) waarheen die voete hom wil hê. En dit is steeds die “bek van

die leeu” wat Engels praat en dit verkies bo alle ander tale. Die sosiale verandering

verander nie die terroriste-hart nie.

Die posisie van ‘n terroriste beweging mag verander van verbanning tot heersende

party, maar hulle hart en natuur verander nie saam met die buitenste verandering nie.

Dit is waarom moorde, verkragtings, bedrog, plaasmoorde en haat teen alle witmense,

ook verontagsaming van en rebellie teen die wet, nog steeds hoogty vier in S.A.

Wanneer die swart man Obama, president word in Amerika—of às hy president

word—sal dit ook deel wees van die vervulling van die profesie van die Luiperd se

heerskappy oor die aarde—sy bloed is afkomstig van Afrika.

(Let tog op, ek sê nie witmense is sondeloos nie, witmense het ook baie verkeerde

dinge, maar ek skryf nie nou hier van witmense nie, ek skryf van wat die Bybel noem,

“die Luiperd” en dit is die swart Afrika-nasies, maar veral swart Suid-Afrika.)

In die laaste paar jaar het Sjina ook vinnig in die prentjie verskyn, en Sjina is

kommunisties. Vandag is S.A die broeiplek vir die volgende voorspelling van die

Bybel, waarin Christene gedood sal word vir hulle geloof, soos reeds vir baie jare in

Rusland gebeur het, en soos reeds vir baie jare en ook vandag in Sjina gebeur.

(Openb.13:7)

Op die 25ste Oktober 2007 is aangekondig dat Sjina 20% aandeel oorgeneem het in

Standard Bank in SA. Hier het die draak nou die beherende aandeel in hierdie bank,

so hy is nou die een wat die kitaar slaan.

Karl Marx het vir God gehaat—jy kan nie verwag dat sy volgelinge nou die kinders

van God sal liefhê nie!

In die volgende hoofstuk sal ons kyk daarna hoe hierdie ANC regering verbind is met

die jaar 2012.

Hoofstuk 5.

18

Die ANC-regering van Suid-Afrika.

Om die uiters belangrike rol wat deur die ANC-regering vertolk word in die “end tyd”

te kan verstaan, moet ek u verwys na een van my vorige boeke oor die Wederkoms

van Jesus Christus. (Gratis te kry by die adres agter in hierdie boek.)

Ek wil dit net weer beklemtoon: Ek stel géén belang in enige soort politiek nie; ek stel

net belang in dit wat in die Bybel geskryf is, en dit wat dan deur Heilige Gees aan my

geopenbaar word, en wat Hy vir my duidelik maak. Hierdie is dus nié politiek nie.

Omdat ek reeds baie jare daaraan wy om te soek en ondersoek, het ek op die 20ste

Maart 1986 ‘n datum gekry—uit Openb.11—op ‘n bonatuurlike manier, naamlik;

“28ste van die vierde maand”.

Dit is natuurlik die 28ste April—maar daar was nie ‘n jaartal by nie. Baie goed, want

ek sou beslis daarmee op hol gegaan het en miskien aangeneem het dit is die tyd van

die “einde van tyd” of miskien van die “wederkoms” of so iets. Daardeur sou ek

myself en baie ander mense mislei het.

In 1988 het Suid-Afrika geval; min mense het ag gegee, maar dit is toe die troepe

teruggetrek is uit Angola, en dit is toe Mnr.P.W. Botha die beroerte gekry het, en dit

is toe Mnr. de Klerk en Pik Botha en dié manne vir Mnr. P.W. Botha uitgeskuif het;

dit was dus die val van SA en die begin van die verval.

Nouja, ons weet 7 is die volmaakte getal; 1988 gedeel deur 7 = 28.4 Dus die 28ste van

die vierde maand. Getalle is belangrik, soos ons later sal sien.

Ek en party van my vriende, (daar lewe nog ‘n paar van die ou garde wat daardie tyd

saam met my was as my vriende, wat weet van hierdie datum) het hierdie datum op

elke denkbare manier probeer ontleed en ondersoek, soos ook hierbo van 1988, maar

sonder enige resultate, tot ek dit noodgedwonge na die agterste stoofplaat moés

verskuif het, aangesien ‘n ongelooflike ramp my lewe getref het net ‘n paar maande

later, en ek moes net klou en bid om my eie lewe aan die gang te hou; ek kon nie

bekostig om met ander dinge besig te wees nie.

Die lewe het aangegaan; met die jare is alles in my huwelik weer herstel, die jare het

verbygegaan, my Boet wat met my saamgewerk het is dood in Februarie 1994, en die

verkiesing van die 27 April 1994 was verby, waarop die ANC-regering begin regeer

het op die 28ste April 1994.

Eers in November van dieselfde jaar het een van my vriende, Dave, gebel en gevra of

ek die datum van 28ste April onthou wat ons agt jaar tevore gekry het? Natuurlik het

ek onthou. Hy sê toe: “Nouja, die ANC-regering heers van die 28ste April 1994 af in

SA!”

Hoe belangrik was hierdie gebeurtenis dat ek en baie ander mense, dit moes weet en

daarna moes oplet? Hieroor kyk ons bietjie na die numeriese waardes van syfers en

letters.

Numeriese Waarde van letters.

Hierdie is ook ‘n oneindige interessante studie waarvan min mense weet—ook tot my

verbystering!

19

Dit kan ek ook nie hier verduidelik nie, net dat elke letter in die Griekse en Hebreeuse

alfabet het ‘n syfer-waarde; byvoorbeeld soos: A =1, B =2, C =3, as dit nou in

Afrikaans sou wees, en elke getal het ‘n spesifieke betekenis. Nee, dis nie toor of

okkult of bygeloof nie; dit is ‘n uiters betroubare wetenskap.

Net ‘n paar getalle vir meer lig daarop;

6. Ses is die getal van die mens. (Die mens is ook op die 6de dag geskape)

7. Sewe is natuurlik God se volmaakte getal—ek dink dit weet almal. Om die getal 7

te kan behandel, sal baie boeke moet geskryf word, waarvoor ek nie plek of kennis het

nie.

Oor die getal 7, net hierdie: In 1988 toe die gekonkel in die destydse Nasionale Party

begin het om die ANC te ontban, met Pik Botha en trawante aan die voorpunt, was dit

ook 40 jaar nà Israel onafhanklikheid verkry het, en 40 jaar nadat die NP as apartheidsregering

begin regeer het. 1988 gedeel deur 7 = 28.4—28ste van die 4de maand!

9. Nege is die getal vir “finaal”; 9 is ook die laaste en finale enkelgetal.

17. Sewentien is die getal van die “uitgeroeptes” (die wedergebore mense) Die getal

van die visse wat Jesus laat vang het in Joh.21:11, was 153, dit is 17 x 9=153. Die

finale (9) getal van uitgeroeptes. (Natuurlik beteken dit nie dat daar net 153 mense

wedergebore sal word nie, maar dit sal sekerlik 153 maal zillioene of meer wees—153

sal daarin kan deel.) Die som van 17 is ook 153, soos 1+2+3+4+5+6 tot +17, is dan

153. Dis som van 153; 1+5+3=9

37. is “Die Woord van God,” een van die wonderlikste getalle; maal dit net met 3of 6

of 9 ensovoorts, en sien waarop kom dit neer.

Hoe jy ookal hierna kyk, dit is uitermate wonderlik!

So, met die oog op die numeriese waarde van getalle, kom ons kyk net na een of twee

gebeurtenisse in Suid-Afrika.

Vandat Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap aangekom het—party sê ten goede,

ander sê ten kwade—is dit presies 360 jaar tot by 2012. Dit is 6x6 = 36; dit is 6 sesse!

(dink aan 666) en as jy die twee bymekaartel; 3+6=9 en 9 beteken finaal!

Dus weer 2012.

(Die aankoms van Jan van Riebeeck in die Kaap is die begin van die uitgrawings van

die fondament vir die latere gebruik van die merk van 666. Daarvoor kan ek jou ook

net verwys na die boek oor die wederkoms.)

Almal weet op een of ander manier van die merk van 666 wat in die Bybel genoem

word—ook vir die laaste tyd. Nouja, 6 is die getal van die mens in sonde, en 666 is

die hoogste uitdrukking van menslike kennis. (“Number in Scripture” by Bullinger)

Die ANC-regering het begin heers op 28/4/1994. Tel op: 2+8+4+1+9+9+4 =37—die

vaste, onwrikbare, onveranderlike Woord van God! Soos Hy die datum vir my gegee

het 8 jaar voor dit gebeur het! (37=die Woord van God.)

Vandat die ANC-regering in SA begin heers het in 1994, plus 18 jaar na 2012 toe;

18= 6 +6 +6 is 2012. En as mens 18 optel soos in 1+8, dan is dit 9; nege beteken

finaal!

Weer 2012.

20

Kom ons vat nou 28/4/1994 en tel dit op: 2+8+4+1+9+9+4=37 en ons maal dit met

die 18 jaar vandat die ANC begin heers het in 1994 tot 2012; dit is 37x18=666!

Trouens, die ANC is gestig in 1912, hulle sal een eeu oud wees—100jaar, in 2012.

Weer 2012.

Jacob Zuma is gekies as president van die ANC tot 2012.

Weer 2012.

Is dit nie bietjie erg vir blote toeval nie?

Onthou net, die getalle se waarde is onveranderlik tot in ewigheid; vyf sal altyd vyf

bly, en drie sal altyd drie bly tot in ewigheid.

Jesus sê met sy wederkoms sal dit wees net soos in die dae van Noag en Lot. Wel, in

die dae van Noag het die sondvloed gekom en almal het verdrink, juis omrede van die

erge geweld wat geheers het. (Gen.6:11)

Vandag, onder die ANC-regering, is geweld in S.A. so erg dat niemand weet wat om

daaraan te doen nie—dit het totaal hand uitgeruk. Kon dit regtig erger gewees het met

Noag se dae?

Dan ook die dae van Lot.

Die rede waarom Sodom en Gommora verbrand is, was oor homoseksualiteit wat so

erg was; dit is waar die woord Sodomie vandaan kom. Was dit erger as wat dit vandag

oor die aarde is?

Hierdie selfde ANC-regering het in 2006 ‘n wet deurgevoer dat mans met mans, en

vroue met vroue mag trou! Van die opposisie was daar baie teenkanting, maar die

ANC met sy oormag het dit deurgevoer. Dit is nòg iets op die ANC-regering se kerfstok.

Die “wet” van die land het totaal sy gewete verloor! Hulle noem dit menseregte en

“demokrasie.”

In Rom.1:22 praat die Bybel van mense wat “terwyl hulle voorgee dat hulle wys is,

het hulle dwaas geword.” dan noem Hy hierdie homoseksualiteit (verse 24-27) en nog

‘n hele lys van ongeregtighede (verse 29,30) en sê uitdruklik dat hierdie mense,

alhoewel hulle weet dat die wat sulke dinge doen die dood verdien, die dinge nie

alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen. (v 32)

Onder die ANC-regering het geweld en homoseksualiteit ‘n hoogtepunt bereik; hoe

ver moet dit nog gaan voor God sê; genoeg is genoeg, soos in die dae van Noag en

Lot?

Hierdie ANC-regering is ook besig om sogenaamde “regstellende aksie” toe te pas;

hulle is voortdurend besig om witmense uit die werke uit te vat en swart mense aan te

stel; hulle noem dit “transformasie.”

Nee, dit gaan nie oor meriete of bekwaamheid nie, net enkel oor kleur. Kyk, die

regering self is nie bekwaam om te regeer nie—kyk maar hoe lyk dit in die skole en in

die hospitale, in Eskom en Telkom, kyk die verval van die paaie en strate, en selfs in

die polisie—om nie te praat van die verkeerspolisie nie!— maar die regeerders se

kleur is swart, so dit is vir hulle reg.

21

Met die begin van 2008 het die reus, Eskom, die krag-voorsiener van SA, skielik

begin konk en uitgevind dat hulle nooit voorsiening gemaak het vir genoeg krag om in

die groeiende bevolking van die land se behoeftes te voldoen nie; dit is chaos! Elke

dag word die krag afgesit vir twee uur in die oggend en twee uur in die middag, soms

net vir 2 uur per dag, maar dit bring alles tot stilstand; dit kos die land biljoene rand

net sommer binne die eerste maand—hulle noem dit beurtkrag—en daar is geen lig

voorkant nie—hulle het nie geweet om vroegtydig voorsorg te tref nie; hulle is

onbekwaam om te regeer.

Wat ek hier skryf gaan nie oor die swart mense nie, dit gaan oor die ANC-regering.

Een van die groot maatskappye in SA het in Oktober 2006 ‘n omsendbrief uitgestuur,

waarin hulle sê dat swart bestuurders bestuur al hulle groot besighede in SA en hulle

beplan ‘n groot swart ekonomiese bemagtiging as ‘n verreikende reformasie proses.

Hulle sê hulle wil ‘n leier wees in transformasie.

As witmense ooit sou waag om ‘n “wit bemagtigingsgroep” te stig, of om in hul

besighede die swart mense te vervang met witmense, of ‘n “wit-transformasie,” dan

sal jy net die hele wêreld hoor skree: “Apartheid!! Rassisme!”

Die swartes mag dit doen—en van die wittes word verwag om maar ooglopend terug

te staan en hulle poste af te gee aan swartes. Dit is die luiperd; die swart perd wat in

die Bybel voorspel is 2000jaar gelede deur Johannes op Patmos.

Hierdie ANC-regering is die grootste rassistiese beweging wat ek ken, en hulle steek

dit nie eens weg nie—dit is wat in Openb.13 voorspel is van hierdie luiperd. Dit is nie

politiek nie, dis wat die Bybel skryf.

Nou, op die 18de Desember 2007 (18=6+6+6= 666, en Desember is 12=6+6. 2007=

2+7=9—dit is finaal!) is Jacob Zuma gekies as president van die ANC, en wanneer

die tyd as president vir Mbeki om is, word Zuma dan president van die land.

Zuma is aangekla vir bedrog, daar is hoeveel sake teen hom hangende; hy was ook al

aangekla vir verkragting, en alhoewel hy openlik erken het dat hy die daad gepleeg

het, is hy tog onskuldig bevind—is DIT hoe ‘n land se president lyk? Waar is die man

se integriteit? Maar sò lyk die ANC! Soos ek sê, hulle noem dit “demokrasie!”

En Zuma is ‘n Zoeloe; dit is die Zoeloes wat so die luiperdvelle dra—die kop van die

luiperd. Dit is Zuma wat so haatsprake geskree het teen die witmense: “Kill the Boer,

kill the farmer!”

Dit is die verhoog wat gereed gemaak word vir die finale toneel; “Dit is ook aan hom

gegee om oorlog te voer teen die heiliges (wedergeborenes) en hulle te oorwin…”

(Openb.13:7) Dit is wat hiervan sal kom.

Dit is hierdie selfde Zuma wat nou al vier keer—waarvan ek weet—gespog het dat

hy, of die ANC, sal regeer tot met die wederkoms van Jesus! Hy dink dit is honderd

jaar in die toekoms, hy weet nie dis voor die deur nie!

Maar hoe het hy dit geweet? Sekerlik het die gevalle engele—wat hùlle dink wat hulle

voorvadergeeste is—hom gesê om sulke aanmatigende dinge kwyt te raak—en nou

kan dit maklik gebeur, as dit so is dat Jesus in 2012 kom!

Nee, ek het hoegenaamd niks teen Zoeloes nie; dit gaan nie oor Zoeloes nie, dit gaan

oor die ANC regering.

22

Let op na hierdie ANC-regering!

Hoofstuk 6.

Wat Dink Ek?

1) Nou vra mense; wat dink ek, sal die “aarde vergaan” in 2012?

2) Christene vra; dink ek Jesus kom terug in 2012?

3) Dink ek Armageddon sal in 2012 wees?

4) Ander vra of ek dink dit sal die “oordeelsdag” wees in 2012.

5) Is dit die oorlog van die Gog en Magog in 2012?

Op hierdie eerste vraag kan ek baie eerlik antwoord: “Ek weet nie!”

Ek weet ook nie eens of daar werklik iets snaaks sal gebeur in 2012 nie!

Aan die begin het ek mos gesê ek is nie ‘n profeet of ‘n waarsêer nie, so ek weet nie.

Ek sien net hierdie baie interessante dinge wat alles dui op die jaartal 2012, so ek

noem dit net—maar ek wéét nie.

Na ‘n baie deeglike studie van baie verskillende boeke en ook die Bybel, weet ek

egter dat daar nog 1000 jaar kortkom voordat “die aarde kan vergaan”, want die Bybel

sê ons moet onthou, duisend jaar is vir die Here soos een dag, en een dag soos duisend

jaar. (2 Pet.3:8)

Nouja, met Adam en Eva se skepping sê die Bybel dat God ses dae gewerk en

geskape het, en daarna een dag gerus het. Altesame 7 dae.

Vat dit nou vir duisend jaar vir een dag, dan beteken dit dat daar sesduisend jaar van

werk op die aarde is, en dan een duisend jaar van rus—anders klop dit nie.

Waar ons nou is, is ons reeds by 6000 jaar na Adam, so daar kort dan nog 1000 jaar

om die 7 dae op te maak. Maar ons moet onthou, deur al hierdie duisende jare waarin

die mense ongeleerd was en meeste tye nie almanak-gehou het nie, kon daar maklik

paar jaar dié kant toe of daardie kant toe verlore geraak het.

Die regte jaartal van die skepping af en enige ding daarnà, weet net God betroubaar.

Adrian Gilbert, die sterrekundige, sê dat volgens die stand van die sterre, wat hulle

blykbaar deur ‘n rekenaarprogram tot op die sekonde kan bereken vir elke datum in

duisende jare terug, is Jesus gebore op die 29ste Julie in 7 vC.

Ons weet dat volgens die geskiedenis is Herodus wat die kindertjies doodgemaak het

dood in 4vC. Toe was Josef en Maria al in Egipte met die Seuntjie; ons weet nie hoe

lank hulle daar gebly het nie, want daarnà het hulle met Hom teruggegaan na Israel.

Baie moontlik is Hy dan gebore in 7vC. Dit is tussen 7 en 6 vC volgens Herodus se

dood.

Of dit 7vC is weet ek egter nie, maar as dit so is, dan is ons almanak al die tyd 7 jaar

te laat, en dan was dit al die jaar 2000 in 1993!

Dan is ons nou al 15 jaar nà die 2000 van Jesus se geboorte af, vanwaar ons huidige

23

almanak werk—dit is ook maar te sê as iemand nie nòg ‘n glips gemaak het met die

opskrywery deur die donker eeue nie; dan was die millenium reeds in 1993.

Soos net terloops genoem in ‘n vorige hoofstuk, is die kersie op die koek dat dit van

1948 af, toe die Jode weer hulle eie land gekry het, presies 45 jaar is tot met 1993!

Kyk tog net! Daar is oor en weer voorsiening gemaak om alles op elke soort kalender

te laat uitwerk! Geen plek vir twyfel of toeval nie! (45 is die verskil tussen Daniël

se getalle van 1290 en 1335)

Wel, net vir interessantheid, daar word beweer dat elke 2000 jaar iets baie drasties

gebeur het; die eerste 2000 jaar nà Adam was dit die sondvloed, en moes die aarde

weer nuut begin.

Na die volgende 2000 jaar was dit die geboorte van Jesus, met ‘n hele nuwe geestelike

begin. En vir die Jode was dit die begin van verstrooiing oor die hele aarde vir nog

amper 2000 jaar, tot met 1948.

En nà die 2000 jaar van Jesus se geboorte af, is dit dan vir ons om te kyk wat gebeur

rondom 1993, die jaar wat volgens Adrian Gilbert 2000jaar na Jesus se geboorte is.

Watter drastiese veranderings het reeds gebeur en gaan nog gebeur?

Eerstens het dit begin oploop na die profesieë van Daniel en Openbaring toe Engeland

ongeveer 200 jaar gelede so met nasies begin oorlog maak en inneem het. Maar toe

aan meeste van hulle onafhanklikheid gegee het in die eerste helfte van die 20ste eeu.

(Dan.7:4, ‘n mense hart is vir die leeu gegee!) Tot waar ons vandag is met die

regering van die luiperd en ook die doenigheid van Sjina, die draak.

Toe het die Jode hulle land teruggekry in 1948 en teruggekeer na hulle eie land na

amper 2000 jaar; en toe, 19 jaar daarnà, in 1967 het hulle Jerusalem teruggekry!

Hierdie is baie belangrike datums en oor en oor voorspel in die Bybel. Dit werk alles

so rondom hierdie 2000jaar.

Terloops, indien daar enige mens is wat twyfel aan die waarheid van die Bybel, kyk

na die Jode en hulle land Israel—en kyk wat daarvan in die Bybel geskryf is! As jy

wil weet waar ons in Tyd is, kyk na wat in Israel gebeur; hulle is die horlosie.

In Suid-Afrika begin ‘n nuwe era deurdat die regering van wit Afrikaners wat vir ‘n

tydperk van 342 jaar gehou het, (342=3+4+2=9, finaal!) oorgeneem is deur die swart

ANC regering wat heers van 28 April 1994 af! Dit is uiters noodsaaklik dat ons dit

moet weet; dit was ‘n baie belangrike gebeurtenis, want kyk wanneer het ek al voor

die tyd, daardie datum gekry.

Uiters noodsaaklik om te weet dat dit die kop van die luiperd is wat was net asof dit

dodelik gewond was deur apartheid, en dat die dodelike wond toe genees is toe

apartheid opgehef is.

Dit net terloops; elkeen moet maar vir homself besluit wat hy wil glo.

Almal oor die aarde erken hierdie almanak wat vorentoe sowel as agtertoe die datums

aangee van Jesus se geboorte af—of iemand in Jesus glo en ‘n “Christen” is, of nie.

Maar waarop dit alles neerkom, daar sal nog ‘n duisend jaar moet wees vir die aarde

om te bestaan in Tyd, soos ons dit ken, om die “week” vol te maak. So, dan kan dit

nie noual die “end van die aarde” of “die end van Tyd” wees nie.

24

Nou skryf die Bybel van 1000 jaar wat daar nog sal wees, maar dit sal wees eers nà

die wederkoms van Jesus, waarin “die duiwel vasgemaak” sal wees, sodat daar nie

sonde op die aarde sal wees nie, maar wat òns, die wedergeborenes, in verheerlikte

liggame nog steeds op die aarde sal wees, en eers daarnà sal die einde dan aanbreek.

Daar sàl dus ‘n “nuwe era” van 1000 jaar aanbreek nà Jesus se verskyning.

Vòòr dit, egter, voorspel die Bybel dat daar nog 3 ½ jaar van die grimmigheid van

God sal wees, waarop dit ongelooflik erg op die aarde sal gaan, veral met Christene.

Jesus vergelyk dit met die dae van Noag en Sodom en Gomorra.

Alhoewel daar genoeg van alles sal wees, sal die geld net nie werk nie, want die merk

van 666 sal nodig wees vir koop en verkoop, en die Christene sal weier om die merk

op hul liggame te laat aanbring. Hulle geld sal nutteloos wees sonder die merk. Dit is

reeds voorspel in Eseg.7:19.

“Hul silwer sal hulle op die strate gooi, en hulle goud sal ‘n voorwerp van afsku wees;

hulle silwer en hul goud sal hulle nie kan red op die dag van die grimmigheid van die

Here nie; hulle siel sal hulle nie versadig of hulle ingewande vul nie, want dit was die

struikelblok tot hulle ongeregtigheid.”

Helder soos daglig; die geld sal nie werk in daardie tyd nie!

(Daar sal genoeg wees want in die dae van Noag en Lot het die mense geëet en

gedrink en gebou en getrou—daar was nie ‘n tekort nie.)

Om te koop en verkoop sal nie baie hard wees op nie-Christene nie, want hulle sal die

merk vat en voorspoedig aangaan; maar op Christene wat nie die bykomende olie in

hul kanne het nie sal dit baie hard wees, want sonder die merk sal hulle nie kan koop

of verkoop nie.

Maar, ons lees van ontsettende plae wat dié mense sal tref wat wél die merk vat; dit

sal vir hùlle ‘n bittere grimmigheid van God wees, en dan land hulle nog almal in die

hel ook! (Openb.14;9-11,17-20. Openb.16. en verder.)

Verskillende male in die geskiedenis van die Ou Testament het God besluit om sy

grimmigheid op mense uit te stort, en dan, omdat God liefde is en so ‘n teer hart het,

het Hy bekeer van sy besluit voordat Hy dit gedoen het. Een so ‘n voorbeeld is in die

tyd van Nineve, met Jona die profeet, toe God die stad gespaar het—tot groot ergernis

van Jona!

So, waarom sal God nie hierdie keer weer bekeer voor sy beloofde grimmigheid en

sommer almal verskoon en hemel toe vat nie?

Omdat Jesus baie duidelik sê: Dit sal wees net soos in die dae van Noag en Lot—twee

keer in die geskiedenis wat God nié bekeer het van sy besluit nie. Maar God het wel

‘n uitkoms gegee!

Christene sal nie die merk vat nie en hulle sal niks kan koop of verkoop nie—dink dit

goed deur terwyl daar tyd is! Maar dit sàl vir hulle moontlik wees om deur hierdie

middernag duisternis te kom, alleen as hulle hierdie bykomende olie in hulle kanne

het.

In die boek: “Die Koning en sy Koninkryk” het ek julle reeds vertel wàt hierdie ekstra

olie is.

25

In die dae van Noag het baie mense bekeer toe die reën begin, maar hulle was te laat

om in die ark te kon ingaan, hulle moes toe met hulle lewe boet. Maar hulle siele is

gered, want hulle het bekeer. Dit lees ons in 1 Pet.3:20 en 4:6.

Omdat dit “net so” sal wees, sal daar ook baie Christene wees wat nie die ekstra olie

sal hê om deur die verdrukking te kom nie, maar ook nie die merk sal vat nie, daarom

sal hulle moontlik van honger of iets sterf na die liggaam, maar na die gees gered

word, want hulle het nie die merk gevat nie—en volgens Openb.13:7 sal hulle ook

deur die luiperd (swart regerings) doodgemaak word.

In ‘n voorspelling in 2 Pet.3:9-13 word ook geskryf van die wederkoms van Jesus, en

in een asem daarmee, ook hoe die huidige aarde uitgebrand sal word en ‘n nuwe

hemel en aarde sal ontstaan. Dit kan nie dieselfde gebeurtenis wees nie, want daar

kort nog 1000 jaar om die “week” vol te maak. Ons moet dus hier plek gee vir die

1000jaar.

Die tyd wannéér die nuwe hemel en aarde (splinternuwe era!) sal gebeur is

duideliker met die voorspelling in Openb.21:1, nà die oordeelsdag en nà die 1000 jaar

van rus.

As ons na alles kyk, kan die aarde dus nie “vergaan” in 2012 nie.

Nou kom ons by die tweede vraag: Dink ek Jesus kom in 2012?

Hier wil ek net weer onomwonde sê: “Ek wéét nie.” Onthou, ek is nié ‘n profeet nie.

Hier antwoord duisende monde tegelyk: “Die Bybel sê niemand sal weet wanneer

nie.”

Nie MY Bybel nie!

Hier bedoel almal dit wat Jesus vir die dissipels gesê het in Matt.24:36. “Maar van dié

dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele van die hemele nie, net my Vader

alleen.”

Nouja, Jesus praat met sy volgelinge wat 2000 jaar gelede daar saam met Hom was;

hoekom moes hùlle dit toé weet? Dit het mos nie op hulle of op hulle tyd enige

betrekking gehad nie! Dit was vir hùlle wat Hy gesê het: “Niemand weet nie.”

Niemand van hùlle het geweet nie; niemand het in dààrdie tyd geweet nie.

Kyk wat sê Hy uitdruklik vir hulle in Hand.1:7, toe hulle Hom gevra het of dit tyd

was om die koninkryk van Israel weer op te rig: “Dit kom jùlle nie toe om die tye of

geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie.” Dit het begin

gebeur eers in 1948, so wat het hùlle in daardie tyd daarmee te doen gehad? Dit het

wel beslis te doen met òns tyd!

Dieselfde hier in Matt.24; hoekom moes iemand 2000 jaar gelede geweet het wat

vandag sou gebeur?

Jesus sê nie dat niemand ooit sal weet nie; Hy sê net op daardie tydstip weet

niemand nie. Vir ons sê die Bybel egter: “Julle, broeders—en susters—is nie in

duisternis dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.” (1 Thes.5:4)

26

Buiten dit, Hy sê niemand weet die dag of die uur nie, maar Hy sê beslis nie dat

niemand ooit die jaartal sal weet nie; mense let net nie op na wat die Bybel regtig sê

nie.

Verder sê Hy dit sal wees net soos in die dae van Noag en Lot. Die “Boek van die

Opregtes” (Jos.10:13 en 2 Sam.1:18) skryf dat God vir 120 jaar lank die mense

gewaarsku en tyd gegee het om te bekeer; (Gen.6:1) nou weet ons dat met die

uitstorting van Heilige Gees wat hier aan die einde van die negentiende eeu weer

begin het, was daar weer ‘n tydperk van ongeveer 120 jaar om mense kans te gee en te

waarsku dat hulle moes regmaak met God.

Dit is ook toe die kinders van God soos die tien maagde elkeen met ‘n brandende

lampie begin loop het, want die Heilige Gees is die olie in die lampie om Jesus, die

lig, te laat skyn. Mense loop nie in die sonlig met brandende lampe nie, dit beteken dit

was in God se tyd reeds skemer en daarom het Hy toe olie gegee vir lig.

Daarna het dit al donkerder geword in die geestelike, skemer, nag, en dan sal

middernag volg wanneer die merk van krag sal word en die ekstra olie nodig sal wees.

Sag.14:7 sê dat in die aand sal dit lig word. In tyd is dit reeds skemerte, daarom was

dit nodig om die olie—doping met Heilige Gees—terug te bring vir God se kinders

om lig in die lampe te hê.

In die natuurlike en verstandelike is dit die teenoorgestelde van die geestelike, want

toe dit in die geestelike reeds skemer word, word die mense so slim in die natuurlike

dat dit “die verligte eeu” genoem word!

Die Boek van die Opregtes skryf ook Noag het vyf jaar aan die ark gebou, en toe het

God sewe dae voor die reën vir hom presies gesê om nou klaar te maak en alles te laai

ens. “want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde…” (Gen.7:4)

Sewe dae, een dag vir elke jaar, en dan is dit in 2006 die eerste van die laaste sewe

jaar voor 2012. Dit is in 2006 wat Heilige Gees hier diep in my hart begin werk het

oor 2012, ook my Broer Deon het dit in sy gees so ervaar.

Hoekom nie?

Veronderstel dat die wederkoms van Jesus wél in 2012 sal gebeur, dan moet ons

onthou dat, soos ek hierbo genoem het, dit voorafgegaan sal word deur ‘n tydperk van

3 ½ jaar van grimmigheid waar die merk van 666 van krag sal wees, soos ek reeds

verduidelik het.

Ons moet onthou dat ons reeds ‘n voorbeeld het van 3 ½ jaar in die O.T., toe dit

daardie kwaai droogte was in Elia se tyd; daar het hierdie selfde God wat nou,

vandag, ons eie Vader is, vir Elia gesorg deur daardie tydperk—eers deur vir hom

brood en vleis te stuur met die kraaie by die spruit, en later deurdat die weduwee se

meel en olie nie opgeraak het nie.

Dieselfde God, met dieselfde onbeperkte Almag en liefde—en Hy het ons die gebruik

van sy Magtige Naam gegee om te verseker dat ons veilig deur die grimmigheid sal

kom, as ons vandag sal begin met die beoefening van die gebruik van die outoriteit in

die Magtige Naam van Jesus Christus. Dit is ons ekstra olie, want God is nie toornig

op sy eie nie.

27

3 ½ jaar voor Desember 2012 is Junie-Julie 2009, waarop hierdie groot verdrukking

dan moet begin gebeur. Onthou, dan is ons noù, die begin van 2008, reeds in die derde

jaar van die laaste 7 jaar.

Middernag word eers voorafgegaan deur skemer en daarna nag, voordat middernag

kan aanbreek. Skemerte en donker het reeds vir ons in SA in 1990 begin met die

ontbanning van die ANC en kommunisme.

Nog ‘n baie interessante “toevalligheid” is dat die wapenlisensies in Suid-Afrika alles

vernuwe moes word; alle wapeneienaars moes nuwe lisensies gekry het—dit was

veral witmense wat wapens besit het, en uit die ANC-regering se oogpunt was dit

seker ‘n gevaar! Dit was ‘n hele ding—en die ou wapenlisensies verstryk op die 30ste

Junie 2009! Dit is presies net 3 ½ jaar voor Desember 2012.

Ons het dan nog net 5 jaar oor, waarvan die laaste 3 ½ jaar die grimmigheid sal wees,

wanneer niemand sal kan koop of verkoop sonder die merk op die hand of kop nie; dit

is te sê, as dit in Desember 2012 die wederkoms sal wees.

Dit is die jaar wat vir ons aangewys word deur die getalle in Daniël 12; vandat die

ontsettende gruwel opgerig word volg 1290 “dae” wat dit bring op 1967, en dan nog

45 jaar daarby wat ons bring tot by 2012 om 1335 jaar te bereik, soos ek reeds

verduidelik het.

Volgens die Bybel word die duiwel dan gebind nadat Jesus gekom het, en dan breek

die 1000 jaar van rus aan—steeds op die aarde. (Openb.20:1)

Dit is die antwoord op die tweede vraag: “Ek weet nie, maar dit is moontlik.” As dit

egter so is dat die wederkoms wel in 2012 sal gebeur, sal mense beslis nou moet begin

aandag gee aan hulle eie geestelike lewe.

Vraag drie is of ek dink Armageddon sal in 2012 gebeur. Dit weet ek ook nie.

Om enigiets oor Armageddon te weet, moet ons maar weer na die Bybel gaan, want

dit is al waar ons ooit daarvan lees.

Ons lees daarvan in Openb.16:13-21, en ook in Openb.14: 17-20. En in Sag.12:11

word dit ook genoem as Megiddo. Die woord, of naam Armageddon kom egter net

voor in Openb.16:16.

Lees asseblief hierdie beskrywings van ‘n ontsettende oorlog wat sal gebeur, soos dit

in Sag.14:2 geskryf staan: “En Ek sal al die nasies (VN) versamel om oorlog te voer

teen Jerusalem.”

Sag.14:3 beskryf dit so: “En die Here sal uittrek en stryd voer teen die nasies, soos op

die dag van sy stryd, die dag van oorlog.”

Dit kom oral duidelik daarop neer dat “al die nasies” vir Jerusalem sal aanval, opge-

steek deur

(1) “die draak”, dit is Sjina,

(2) die “valse profeet” dit is Islam, en

(3) die “dier”, dit is die regerings van die swart Afrika-nasies. (Openb.16:13)

28

In Sag.14:12 word duidelik beskryf die soort dood en skade wat deur atoombomme

aangerig word, waarmee “al die volke” wat teen Jerusalem aangekom het, getref gaan

word.

Ons moet daarop let dat die atoombom nie verskil maak tussen vyand en vriend nie—

hy tref almal eenders. “Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete

staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong verteer in hulle mond.”

Dit is presies wat gebeur met ‘n atoombom: die mense en diere se oë en tonge en vleis

smelt sommer net dood.

Dit is dan ook wat in die “Bible Code” duidelik word, dat Armageddon ‘n atoomaanval

op Israel sal wees. Nouja, soos Iran en ander Moslemlande smaak, wil hulle

Israel van die aarde af vee, en Iran is sterk besig om sy atoombom af te rond. Israel is

altyd die teiken, van veral die Moslem-nasies. (Lees tog asseblief die geskiedenisboekie;

“The Mountains of Israel” deur Norma P Archbold.)

Op Sondagaand die 4de November 2007 was daar een of ander riller op TV met die

naam van “Armageddon.” Ek het net die stukkie daaroor gelees, van hoe dat ‘n

meteoriet of ‘n ding afpyl op die aarde en hoe mense met ‘n ruimtetuig gestuur word

om die ding te gaan vernietig voor dit die aarde tref. Dit noem hulle dan Armageddon.

Nee, ek het dit nie gekyk nie; maar dit wys jou net dat mense geen idee het van wat

Armageddon sal wees nie, nou noem hulle enige verwoesting, Armageddon. Terwyl

die Bybel baie duidelik daaroor is: Armageddon is ‘n oorlog.

Om dit duidelik genoeg te maak, kom ons lees dit in Openbaring 16:14-16. “Want dit

is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en

die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die

almagtige God.

En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armageddon.”

Hieruit is dit glashelder dat dit ‘n oorlog is, nie sommer enige katastrofe wat die aarde

sal tref nie. En die plek van Armageddon is in die land van Israel, so daardie oorlog

sal teen Israel wees.

Dit is waarom ek hierdie boekie se naam noem: “Armageddon in 2012?” Omdat dit

lyk of alles daarop dui dat dit wat deur alles voorspel word vir 2012, miskien kan die

slag van Armageddon wees—dit kan egter ook baie gouer gebeur as 2012.

Baie mense verskil egter hiervan, want volgens die oorleweringe van die kerke moet

die “antichris” nog sewe jaar regeer en wat nie alles nie. Dit is omdat hulle nie by

Heilige Gees die openbaring gekry het van die sewe jaar van Daniël 9 nie. Daarin is

dit baie duidelik dat dit daar handel oor 70nC—so, Dan.9 is reeds vervul.

In my boek oor die Wederkoms het ek omslagtig geskryf oor presies wàt die Bybel

skryf van “die antichris.”

Ons wag dus nié vir die antichris nie, ons wag vir Jesus Christus.

Of Armageddon dit is wat in 2012 sal gebeur, weet ek nie, dit is moontlik.

29

Vraag vier vra mense of ek dink dit sal “die oordeelsdag” wees in 2012.

Wat mense presies bedoel met “die oordeelsdag” weet ek ook nie, want dit lyk my al

drie die vorige dinge, die end van tyd, die wederkoms en Armageddon, word almal

saamgevat en dan genoem; “die oordeelsdag”. Nie een van hierdie drie is werklik die

oordeelsdag nie. Ek het ook al gehoor mense praat van “die wêreld sal vergaan” en

dan noem hulle dit die oordeelsdag.

“Nou is die oordeel van hierdie wêreld…” (Joh.12:31) Die oordeel wat God gefel het

toe Hy vir Adam gesê het: “Die dag as jy van daardie boom eet, sal jy sekerlik

sterwe” het gebeur met Jesus se kruisiging; dit was God se oordeelsdag oor alle mense

want almal moes sterwe, en toe vat Jesus die oordeel en Hy sterwe vir almal.

Daarna is daar geen veroordeling vir die wat in Christus is nie—wat nie na die vlees

lewe nie, maar na die Gees. (Rom.8:1) Almal is egter nie in Christus nie, so daardie

biljoene moet nog by die oordeel kom.

Daar is natuurlik ‘n oordeelsdag voorspel in die Bybel, maar dit gebeur eers nà die

1000 jaar van rus, of vrede, en ons lees daarvan in Openb.20:11-15. Dit is by die

einde van die 7000 jaar van Tyd, soos ons tyd ken; die sewe “dae” van duisend jaar

elk.

Net soos elke voorspelling in die Bybel honderd persent akkuraat en die waarheid is,

so is hierdie ook, en so sal dit dan ook gebeur, maar beslis nié in 2012 nie!

My antwoord hierop is dus “Nee! Dit is nié die oordeelsdag in 2012 nie.”

Die vyfde en laaste vraag is; is dit die oorlog van die Gog en Magog in 2012?

Nee; dit kan nie hierdie oorlog wees nie, want dit is nié dieselfde as Armageddon nie.

Die oorlog van Gog en Magog word baie verwar met Armageddon, meeste mense

dink dit is dieselfde; maar soos reeds gesien, Armageddon gebeur nou enige tyd—kan

wees in 2012—maar die oorlog van Gog en Magog is duidelik eers nà die duisend

jaar van rus.

Ons lees hiervan in Openb.20:7,8. “Wanneer die duisend jaar voleindig is…sal die

Gog en Magog versamel word vir oorlog en God sal hulle deur vuur verbrand.”

Dit kan dus nié in 2012 wees nie! Wanneer mens in Eseg.38,39 lees van die Gog en

die Magog, dan lyk dit op die oog af of dit dieselfde kan wees as die oorlog van

Armageddon, maar hier in Openbaring is die verskil baie duidelik. Ons moet onthou

dat Openbaring die Boek is wat alles oopmaak; openbaar.

Om op te som: 2012 is nié die “end van Tyd” nie, ook nie “die wêreld vergaan” nie,

dit is ook nie “die oordeelsdag” nie, dit is ook nie die oorlog van Gog en Magog nie.

Die jaar 2012 kàn wel moontlik Armageddon wees, dit kàn ook moontlik die

30

wederkoms wees, maar ek weet nie of dit een van die twee is nie; my antwoord is

weereens: “Ek weet nie”! Jammer!

So, moet asseblief nie hardloop en vertel: “Letta sê 2012 is dit die wederkoms of

Armageddon” nie—ek het nooit so gesê nie! Ek het gesê: “Ek weet nie!”

Hoofstuk 7.

Die Droombeeld.

Voordat ek met die hoofstuk oor die gevalle engele begin, is daar eers iets waarna ons

moet kyk, weer in die Boek van Daniël, naamlik na die beeld waarvan Nebukadnesar

gedroom het, in Dan.2.

Die koning het blykbaar die droom vergeet, hy’t net geweet dit was ‘n verskriklike

droom, en toe moes die wyse manne vir hom die droom sowel as die betekenis

vertel—wat natuurlik vir hulle onmoontlik was; geen mens kon dit uit sy eie doen nie.

Omdat Daniël vol was van die Gees van God, het Heilige Gees vir hom die droom

plus die uitleg gegee, en toe ook aan hom bekend gemaak dat hierdie droom vir die

koning gegee is met die oog op wat aan die einde van die dae sal gebeur—nie vir die

tyd waarin hulle toe gelewe het nie. (Dan.2:28)

Die beeld was sò saamgestel:

1) Die kop was van goeie goud;

2) Die bors en arms van silwer,

3) Die buik en lendene van koper,

4) Die bene van yster, en

5) Die voete gedeeltelik van yster, en gedeeltelik van klei.

6) Daarna het ‘n klip losgeraak, sonder toedoen van mensehande, wat die beeld

getref het aan sy voete van yster en klei, en dit fyngestamp het. Daardeur is

tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp,

dat dit soos kaf geword het en deur die wind weggewaai is, dat daar niks van

oorgebly het nie. Maar die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot rots

geword en die hele aarde gevul!

Die uitleg wat Heilige Gees vir Daniël gegee het was soos volg:

Die hoof van goud, was koning Nebukadnesar self; ons weet dat hy op daardie tydstip

die koning van Babel was, en oor die hele bewoonde wêreld geheers het, ook oor die

Jode en Jerusalem, want die leërmag van Babel het die Jode oorwin en baie van hulle

gevange geneem en na Babel weggevoer—dit is op dié tydstip toe die ark van die

verbond weggeraak het; sommer net uit die geskiedenis verdwyn het, in ongeveer

600 VC. Die tempel was ook verwoes.

Op daardie oomblik was Daniël en baie ander Jode toe die diensknegte van die koning

van Babel.

Daarna was die ark nooit weer gekry nie! Ek het paar jaar gelede op die TV gesien

31

waar iemand ‘n onderhoud gevoer het met ‘n ou Joodse Rabbi, en hom uitgevra het

oor ‘n fonds wat hierdie Rabbi en nog een ander Rabbi gemaak het in 1982.

Ongelukkig kan ek nie die man se naam onthou nie!

Hierdie ou Rabbi het, vir die hele wêreld om te hoor, gesê dat hy met sy eie oë die

ark gesien het, want hulle het ‘n tonnel gegrawe of ondergrondse tonnels bereik van

iewers af tot onder die “Dome of the Rock” die moskee van die Moslems wat op die

tempelgrond van die Jode gebou is.

Daar het hulle die ark gesien, met nog baie ander goed, maar hy het nie gesê watter

ander goed nie. Hulle het dit probeer geheim hou, maar die Moslems het dit uitgevind

en net eenvoudig die hele tonnel met konkreet opgevul en toegestop!

Hoekom sou hulle dit gedoen het? Want as dit toegelaat was om die fonds van die ark

te onthul, sou die hele wêreld geweet het dat die Bybel die waarheid is; dat dit werklik

Isak was wat die erfgenaam van Abraham was en nie, soos die Moslems by die

gevalle engel gehoor het, die ouboet Ismael nie.

Ek het die ou man se gesig gesien; ek het gehoor wat hy sê, ek weet hy het die waar-

heid gepraat!

Wat hiervan wonderlik is, is dat die Bybel sê: Die natuurlike is eerste, en daarnà die

geestelike.” ( 1 Kor.15:46) Nou sien ons dat in Openb.11:19 staan geskryf dat die

tempel van God in die hemel oopgegaan het, en sy verbondsark is in sy tempel gesien.

Hierdie moet nog gebeur, maar voor dit kan gebeur in die geestelike, moet die ark

eers sigbaar word in die natuurlike—want die natuurlike is eerste. Dit het hier gebeur!

Dit is die eerste keer in ongeveer 2600 jaar wat die ark weer gesien was! Nou was dit

tyd om die natuurlike ark te sien, en volgende sal die ark in die geestelike gesien

word.

Dit is TYD!

(Daarna was daar skielik nog mense wat gesê het dat hulle die ark ontdek het onder

die plek van die kruisiging van Jesus—want dit was nou nodig dat Jesus se bloed op

die ark moes drup deur ‘n skeur wat met die aardbewing daar gekom net. Hulle het

die hele soektog afgeneem—ons het dit op CD gesien—maar kon nie die ark

afgeneem kry nie! Dit sê alles! Toe sê hulle die Jode wou nie dat hulle dit

bekendmaak nie—die Jode sal die blyste van almal wees om die ark te kan kry!)

Die Bybel sê uitdruklik dat die bloed van offerdiere vir die aardse tabernakel was, wat

die aardse ark insluit. Maar die bloed van Jesus was vir die hemelse tabernakel, nie vir

die aardse nie. (Heb.9:11,12,23-26)

Destyds, toe die Jode agterkom dat Babel hulle gaan binneval, het hulle sekerlik nie

kans gesien dat die ark in die koning van Babel se hande sou beland nie, en het hulle

toe onder die tempel kamers gemaak—miskien wàs daar reeds kamers vir so ‘n

gebeurlikheid — waarin hulle die ark en ander kosbare goed van die tempel

weggesteek het. Hoe kan dit anders wees? Wat anders het van die ark geword?

Dit is ook ‘n bewys dat die Moslems, tenminste die grootkoppe in Jerusalem, deeglik

bewus is van hierdie ark en dinge, en dat hulle teen hulle beterwete dit geheim hou en

dus self wéét dat hulle godsdiens vals is!

32

Goed, terug na die beeld. Nà die kop van goud, dit is nà die wêreldheerskappy van

Babel, kom die bors en die arms van silwer; dit is die heerskappy van Persië, en

daarna volg die buik en lendene van koper—dit is die wêreldheerskappy van

Griekeland, toe Alexander die Grote die hele bewoonde wêreld ingeneem het.

Ek het reeds genoem dat dit deur God so beplan was, dat Grieks die skryftaal sou

wees wanneer Jesus as mens op die aarde sou verskyn, want die numeriese waarde

van Jesus se Naam en nog baie ander kosbare getuienisse van Jesus, was net moontlik

in die waarde van die Griekse alfabet.

Op dieselfde manier het God ook beplan dat Engels vandag, op die end van tyd, ‘n

wêreldtaal sou wees; dit is deur die Engelse taal (die bek van die leeu!) wat dit vandag

vir ons moontlik is om oor die hele wêreld die evangelie van die koninkryk van God

aan alle nasies te kan verkondig—as dit nie vir Engels was nie, sou dit nie moontlik

gewees het nie! God se voorsiening om die evangelie te kan verkondig!

Nà die Griekse heerskappy, was dit die heerskappy van yster; dit is die Romeinse Ryk

wat so hard en ongenaakbaar was soos yster.

Die Romeinse Ryk was die heerser in die tyd toe Jesus as mens op die aarde gelewe

het, Jerusalem het aan Rome behoort.

Dit is baie interessant, want net soos die bene die langste dele van die liggaam is, so is

die Romeinse Ryk se heerskappy die langste tydperk; vir die afgelope 2000 jaar strek

hierdie twee bene reeds op die aarde; een as die Roomse Kerk, hard en ongenaakbaar

soos yster, en die ander een as die Romeinse Reg.

Alhoewel die Romeinse Ryk as sodanig, tot ‘n val gekom het in 1065NC, het die twee

bene net eenvoudig aangehou, en dit “heers” vandag steeds.

Hierdie twee bene loop uit op die voete, wat gedeeltelik van yster en gedeeltelik van

klei is. Nou, die Bybel sê yster en klei meng nie, maar dit is deur menslike

gemeenskap wat hulle onder mekaar vermeng sal raak. Dit is baie interessant!

In Dan.7 en Openb.6 het ons gesien van die laaste twee “diere” of regerings, wat so

ineengestrengel is dat hulle dit as een behandel het, maar tog gesê het dis twee. Nou

dit is hierdie vermenging met die Roomse Kerk as die een voet, en die Romeinse Reg

as die ander voet, gemeng met die klei, die luiperd-vors wat die swart Afrika-nasies

se regerings is.

Klei is ‘n nasie wat totaal en al verskil van die nasies van metaal, dit meng nie met die

metaal nie; dit is ‘n onnatuurlike mengsel met die yster—dit hoort nie bymekaar nie.

Daar is vandag so ‘n onnatuurlike mengsel van nasies, waar die Romeinse Reg

gebruik word om swart nasies se regstelsel te probeer vervang en verwesters, terwyl

swart nasies se natuurlike “reg” een is van die sterkste man wen en oorlewe.

Van die Romeinse Reg en gepaardgaande beskawing kom ook die kennis wat uitloop

op die rekenaarstelsel, wat weer op sy beurt die 666 voortbring. Dit is die ysterdeel

van die twee voete en tien tone.

Dieselfde met die Roomse kerk wat vir eeue al probeer om van die swart nasies

“Christene” te maak, deur hulle net lidmate van die kerk te maak. Swart nasies glo

33

meestal aan voorvadergeeste en en dit pas sekuur in by die Roomse kerk wat so bid

vir Maria en ander dooie “saints.”

Terwyl ons nou van die Roomse kerk praat; daar was ‘n voorspelling gemaak in die

12de eeu deur Saint Malachy waarin hy elke Pous beskryf het wat nog sou volg, ook

die jaartal waarin elkeen sou “heers” en dinge wat gedurende elkeen se heerskappy

sou gebeur.

Hy het onder andere voorspel dat die laaste Pous voor Jesus kom, sou die 265ste een

wees—die huidige Pous Benedict XVI, (2006) is die 265ste. (‘n AP skrywer van die

Vatikaan, 13/10/1987) [Dr. Mary Relfe, “When Your Money Fails.” Bls.163]

Baie interessant is dat hierdie Pous gekies is in 2006—die eerste van die laaste 7 jaar!

Swart mense kan net so wedergebore word soos wit mense en geel mense, maar dit

het niks te doen met die Roomse kerk nie.

Nie dat een nasie beter is as die ander nie, wit nasies is nie beter as swart nasies nie,

hulle is net anders; die twee verskil net hemelsbreed—een is beslis totaal verskillend

van die ander, tog word daar vandag op onnatuurlike manier probeer om van wit en

swart gesamentlik een nasie te maak! Dit is nie een nasie nie, dit is verskillende

nasies; een is nie beter as die ander nie, maar hulle verskil totaal van mekaar—kàn nie

een nasie wees nie!

In SA word onder die ANC-regering sommer net uitgevaardig: nou is ons een nasie!

Maar ons is ten minste elf verskillende nasies in SA! Nasies gebeur nie deur

wetgewing nie, hulle gebeur deur geboorte—tog!!!

Onthou, die voete is die laaste deel van die beeld; daar is niks verder as die voete nie,

so ons moet dringend oplet dat dit noù, vandag, die voete is wat op die aarde heers,

die mengsel van klei en yster. Dit hou hier by die voete op! Maar nouja, dit is soos

dit voorspel is vir vandag.

Die tien tone is hoe hierdie yster, wat die Romeinse Reg en die Roomse kerk is,

tussen baie verskillende lande en nasies versprei is.

Hiermee was die beeld klaar, maar nie die droom nie. Die volgende gebeurtenis in die

droom, is dat daar ‘n klip iewers losraak, sonder menslike hulp, dit was dus totaal van

God af. Hierdie klip tref die beeld aan sy voete—en ongelukkig vir die beeld, het hy

nou die klei as deel van die voete, en klei is baie bros, so toe tref die klip die bros klei

en daardeur val die hele beeld en word fyngemaal.

Die klei was ‘n groot fout!

Hierdie klip is die ontstaan van die koninkryk van God met die opstanding van

Jesus, wat hier teen die einde, by die voete, daardie beeld tref en tot niet maak, en dat

die koninkryk van God dan groei tot dit die hele aarde vul. Hierdie heerskappy sal in

ewigheid nie vernietig word nie, want dit is die koninkryk van God.

(Hieroor volg ‘n latere hoofstuk.)

Soos ons in die volgende hoofstuk sal sien, is hierdie beeld die liggaam van satan, wat

saamgestel is uit die verskillende nasies van die aarde.

Hoofstuk 8

34

Gevalle Engele.

Vir duidelikheid wil ek net eers sê; ek stel absoluut geen belang in die duiwel nie; ek

weet dat Jesus deur sy dood en opstanding die duiwel oorwin het; die Sterker Man het

die sterk man oorval en hom vasgebind en al sy buit uitgedeel! (Luk.11:22)

So, ek verkondig nie die duiwel of sy gevalle engele nie; Heilige Gees het egter vir

my hierdie openbaring gegee, daarom weet ek dit is noodsaaklik dat ek dit moet weet

—en daarom deel ek dit met almal.

Die Bybel sê egter dat die hele wêreld lê in die mag van die bose—en dit is vandag

net so van krag as ooit vantevore. Al die verskillende nasies van die wêreld is deel

van die koninkryk van duisternis; net wedergebore mense is in die koninkryk van lig.

Dit is noodsaaklik vir ons om te weet van die gevalle engele wat oor die verskillende

nasies heers, want dit is wat nou, in hierdie tyd van die einde, vir ons moet duidelik

wees, om die tye en geleenthede te kan verstaan; dit is waarom Heilige Gees juis noù

vir ons hierdie openbaring gee, vir die eerste keer ooit. Dit was nog nooit deur die

vorige duisende jare nodig dat mense dit moes weet nie, maar Hy wil hê ons moet dit

nou weet.

Hier sal dit baie duidelik word wat bedoel was in Hoofstuk 2, waar die Maya-stam

hierdie bestaande era noem; die era van die Jaguar.

Die jaguar is maar dieselfde as wat ons die Luiperd noem—swart luiperd miskien,

maar tog luiperd.

Ons sal moet aandag gee aan die rol wat die gevalle engele op die aarde speel, aangesien

ek reeds daarna verwys het dat dit ‘n gevalle engel was wat vir Mohammed gesê

het om die Koran in stryd met die Bybel te skryf. (Lees asseblief Gal.1:8,9)

Feitlik alle inligting wat ons oor gevalle engele het, kom uit die Bybel. Christene

sowel as nie-Christene moet maar elkeen vir hulself besluit of hierdie sake blote

toeval is, en of hier enige waarheid in steek. Wees net eerlik!

Dit is ‘n baie besliste openbaring wat Heilige Gees aan my gegee het, nadat Hy dit

eers gegee het aan my vriendin Christine; dit word duidelik in die Bybel genoem,

maar die openbaring was nog nooit vantevore nodig nie; vandag is dit nodig.

Elkeen sal moet erken dat ons, behalwe vir die Bybel, geen betroubare inligting het

van die verlede en veral oor die toekoms nie.

Veral as ons moet kies tussen inligting deur gevalle engele voorsien, en inligting deur

die Bybel voorsien, dan kies ek beslis elke keer die Bybel!

Geskiedenis word opgeskryf uit elke skrywer se eie oogpunt en oortuiging; ‘n baie

maklike voorbeeld is ons geskiedenis vandag, van Suid-Afrika.

Soos dit vir die afgelope meer as driehonderd jaar opgeskryf was deur geskiedskrywers

en soos ons dit almal geleer en geglo het, word dit vandag totaal oorgeskryf

in S.A.

Die helde van die verlede is vandag die skurke, en die skurke van die verlede is

vandag die helde!

35

Geskiedenis is dus nie betroubaar nie. Van al die geskiedenis is nét die Bybel steeds

betroubaar, omdat dit nog steeds bewys is dat dit presies so gebeur het—ek praat nie

met die mense wat probeer snaaks wees nie, ek praat met verstandige mense; dit is

beslis nié verstandig om alle “geskiedenis” sommer net vir soetkoek op te eet nie.

Ek praat ook nie met “Christene” nie, ek praat met àlle mense; ek praat met mense.

Ons sal ook die rol agterkom van die gevalle engele wat so aanhoudend en onafgebroke

werk deur regerings en mense wat aan hulle plek gee, soos die mediums, die

waarsêers, die fortuinvertellers die mense wat glo in reïnkarnasie en in voorvadergeeste,

en nog baie ander. Dit wat die mense dink wat hulle voorvaders se geeste is, is

ook gevalle engele.

Kom ons kyk nou wat sê die Bybel, waar kom gevalle engele vandaan. Om dit

duidelik te kan sien, moet ons bietjie teruggaan na die begin van die Bybel.

Gen.1:1. “In die begin het God die hemel en die aarde geskape.” Let tog op; daar is ‘n

punt na hierdie sin; dit is dan ‘n afgehandelde saak, en met vers 2 begin dan ‘n nuwe

saak.

Dit sê nie watter metode God gebruik het nie, ook nie wanneer die begin was of hoe

die aarde gelyk het, of wat alles van die skepping in die begin, op die aarde was nie.

God en sy engele woon, of bly, of lewe, van ewigheid af in die geestelike dimensie

wat ons onsigbaar noem, want God IS self die Begin. Jesus sê: “Ek is die begin.”

(Openb.1:8)

Toe het die rebellie gebeur waar een van die aartsengele, Satan (of Lucifer) soos dit in

Jes.14:4-21 beskryf is, teen God gerebelleer het. Hy wou hom aan die Allerhoogste

God gelykstel, maar sy rebellie het misluk en hy is uitgewerp, saam met sy navolgers

—alle gevalle engele.

Jesus sê: “Ek het die satan soos bliksem uit die hemel sien val.” (Luk.10:18) Hy sê

ook nie hoe lank gelede dit gebeur het nie. Ons kan dieselfde lees in Openb.12:9 waar

satan neergewerp is met al sy engele.

Gen.1:2. “En die aarde was woes en leeg en duisternis was op die wêreldvloed.” Dit

is nie in God se aard om iets so onklaar te maak en so te los nie. Hy sê ook nie hoe

lank het hierdie duisternis so aangehou nie.

God is Lig, duiwel is duisternis; omdat die duiwel, wat duisternis is, nou op die

aarde neergewerp was, was die aarde gehul in duisternis en woes en leeg. Omdat satan

daar was, was daar ook moord en geweld deur die verskillende soorte diere wat

mekaar doodgemaak en gevreet het—dit was duisternis omrede van satan. Daar was

beslis sonde, want satan is sonde.

Daar was ook nog nie mense wat na God se beeld en gelykenis gemaak was nie. Of

daar reeds twee-benige voor-“mense” was weet ek nie, daar is baie dinge wat wel

daarop dui, maar as daar wel sulke “mense” was, was hulle beslis nié na God se beeld

en gelykenis gemaak nie; God se beeld en gelykenis is die Gees met sy siel wat die

mens van God kry.

36

Diere het wel ‘n siel, dit is ‘n lewe, maar geen dier het ‘n gees nie—die gees maak die

verskil tussen mense en diere; die gees maak ook die verskil tussen mense wat na

God se beeld gemaak is, en “mense” wat nié na God se beeld gemaak is nie—as daar

sulkes was.

Die opgrawings en fossiele verskil nie van die Bybel nie, dit verskil net van die

uitlegging van die Bybel soos dit deur die verskillende godsdienste geglo word, en

dan verskil die interpretasies van baie van die wetenskaplikes ook van die Bybel.

Die Bybel sê nie vir hoeveel miljoene jare hierdie toestand van duisternis aangehou

het nie, maar in Gen.1:3 het die Gees van God gesweef op die waters en God het

gesê: “Laat daar Lig wees!” En daar wàs Lig! En God het gesien dat die lig goed

was—Lig IS goed!

Dieselfde oomblik toe God lig geskape het deur dit te sê; toe die ontsettende lig uit

God se mond voortgekom het en teen ‘n spoed van ongeveer 300 000 kilometer per

sekonde die ruimte gevul het, het duisternis onmiddelik weggegaan en gevlug—

duisternis vlug voor lig. So was die duiwel wat duisternis is, nie meer baas op die

aarde nie—hy het gevlug voor God wat Lig is.

Toe het God begin om die aarde te herstel—onthou, die aarde wàs mos reeds al

geskape in die Begin. (Gen.1:1.) Hy het die aarde beveel om plante en diere voort te

bring, en elke keer het Hy gesien dat dit goed, en ook baie goed was. Op hierdie nuutgemaakte

aarde was nie diere wat bloed gevreet het nie; almal het plante gevreet,

want daar was niks oor van die duiwel en duisternis nie; daar was geen sonde op

hierdie nuwe aarde waar lig geheers het nie. (Gen.1:30)

Ek weet nie vir hoe lank het hierdie toestand van vrede op die aarde geduur nie, want

die Bybel sê dit nie.

In hierdie tyd het God ook die eerste twee mense na sy beeld en gelykenis gemaak.

(Gen.1:26,27) God is Gees, so Hy het hulle Gees gemaak—hulle het nog nie aardse

liggame gehad nie; hulle was na die beeld en gelykenis van God, Gees met Siel.

Dit was die eerste mense wat uit Gees gemaak is, God se beeld en gelykenis.

So, hierdie twee mense, man en vrou, was toe in dieselfde Gees-dimensie waar God

met sy engele bly. Hulle het dus die gees-dimensie geken en hulle het ook al die

engele geken. Hulle het beslis geweet van die val van satan; hulle het hom geken met

ook al sy gevalle engele.

God het hierdie twee mense, Adam en Eva, aangestel as heersers oor die hele aarde en

oor alles wat daarop lewe; dus was hulle die eerste heersers op die aarde, en omdat

hulle onder God en saam met God was, was God hulle geestelike Vors, so was

hierdie heerskappy dan die koninkryk van God op die aarde. (Gen.1:28)

Eers in Gen.2:7 het God vir die man, Adam, ‘n aardse liggaam gemaak en toe die

gees-mens met sy siel in daardie liggaam ingeblaas; die siel is die lewe. Nog later, in

vers 21, het God vir die vrou ook ‘n aardse liggaam gemaak.

Nog voordat God vir Eva ‘n aardse liggaam gemaak het, het Hy vir Adam die werk

gegee om name te gee aan al die diere op die aarde, en omdat hy al die gevalle engele

geken het, en duidelike ooreenkomste tussen hulle en die diere gesien het, noem hy

37

toe die diere na hierdie gevalle engele! Ek het dikwels gehoor mense wonder waar

Adam name gekry het vir al die diere!

Hy sien een dier wat net soos die gevalle engel lyk met die naam van Leeu, so toe

noem hy daardie dier ook Leeu. Die dier se geaardheid is net soos daardie gevalle

engel s’n.

Die ou nors en nukkerige dier noem hy na die ou nors en nukkerige gevalle engel,

Beer.

Die skelm en onvoorspelbare dier noem hy na die skelm en onvoorspelbare engel,

Luiperd.

Die skelmste en mees sluwe en giftigste van al die gevalle engele was natuurlik

Slang, en hy was die baas oor die lot, toe pas sy naam mooi op die dier wat net soos

hy is, naamlik die slang. (Openb.20:2) Baie interessante diere!

Ons ken almal die storie van die gevalle engel die Slang, duiwel en duisternis,

(Openb.20:1) wat toe die liggaam van sy diere-naamgenoot geskaak het en vir Eva

gaan mislei het, sodat Adam ongehoorsaam geword het aan God, sy Geestelike Vors,

en daarmee het Adam die aarde en die hele skepping oorgegee aan die slang, sodat die

duiwel, die gevalle engel Slang, die heerser op die aarde geword het.

Daarna was die aarde nie meer deel van God se koninkryk nie. (Rom.8:19-22)

Omdat gevalle engele, net soos God se engele, geeste is, moet hulle ‘n aardse lyf hê

om iets op die aarde te kan doen; toe leen die gevalle engel Slang, sommer sy

naamgenoot, slang, se aardse lyf om sy gif by Eva te saai.

As heerser oor die aarde moes Adam nie toegelaat het dat satan en sy gevalle engele

op die aarde kom nie; hy moes nie toegelaat het dat die slang met Eva praat nie; hy

het immers die slang geken! Maar menslike kennis—die boom van kennis van goed

en kwaad—het die oorhand gekry en Adam het daarvoor geval.

Die wortel voor die neus was dat hy “soos God” sou wees; dit is dieselfde dwaling

wat die val van die satan veroorsaak het; hy wou ook soos God wees, hom aan God

gelykstel.

Baie mense dink dat as hulle net genoeg probeer om “goed genoeg” te wees, dan sal

dit vir hulle moontlik wees om “soos Jesus” te wees. Dit kan nie! Jesus is God. Mens

volg vir Jesus na, maar geen mens kan ooit uit sy eie poging en verdienste so goed

“soos Jesus” wees nie!

Dit veroorsaak ook die val van baie mense!

Dieselfde oomblik wat Adam geëet het, het hy uitgesterwe van onder die Geestelike

Vors wat God is, en onder die heerskappy van satan in—presies die teenoorgestelde

van wedergeboorte.

Daarvandaan was die duiwel die geestelike vors oor die aarde; hy het dit omtrent

geniet, want uit die staanspoor was dit moord en geweld, tot sy gevalle engele later vir

hulle vroue gevat het uit die dogters van die mense en reuse voortgebring het,

gepaardgaande met erge geweld. Onthou, hierdie gevalle engele doen net kwaad;

hulle kan baie goed voordoen, maar hulle is teen God. (Gen.6:1,2)

Dit was beslis ook hierdie selfde gevalle engele met hulle seuns wat reuse was, wat

38

die piramides in Egipte gebou het; met die presiese afmetings en presiese ooreenkoms

met die sterre.

(Daar is mense wat glo dat God die piramides gebou het, omdat dit so ontsaglik groot

is en onmoontlik vir mense om te bou, en omdat hulle afmetings so sekuur is en so tot

in die fynste besonderheid pas by die sterrestelsels—maar waarom sou God

grafkelders bou vir die Farao’s?)

Die geweld het so toegeneem dat God later die hele menslike ras saam met al die

diere deur die sondvloed laat omkom het—behalwe vir Noag en sy drie seuns en hulle

vroue.

Jammerlik dat die gevalle engele nie omgekom het nie, maar hulle is geeste en geeste

kan nie doodgaan nie; so hùlle het maar net so aangegaan om die mensdom te verpes.

Uit hierdie drie seuns van Noag het die mensdom toe maar weer begin. (Gen.9:19)

Eintlik was dit net uit Noag, want die seuns was tog almal uit hom gebore.

Noag se seuns het weer baie kinders gehad en baie sonde gedoen en hulle het

honderde jare gelewe. Totdat daar weer genoeg mense was dat Nimrod, Noag se

agterkleinseun van sy seun Gam en dié se seun Kus, vir homself ‘n koninkryk gestig

het; Babel. Gevalle engele het deur Nimrod se liggaam hulle eie sondige dade

gepleeg, en ook deur duisende ander menslike liggame—deur elkeen wat vir hulle

plek gee in hulle lewe. (Gen.10:8-10)

Babel was geleë in Babelonia, die huidige Irak, in die omstreke van die oorspronklike

paradys.

Die duiwel was steeds die geestelike vors oor die aarde; so met Nimrod as aardse

koning van Babel, was satan die geestelike koning van Babel. (Jes.14)

Nimrod met sy koninkryk van Babel het ook begin met die hoer-gees van godsdiens

wat afgode van satan gedien het en weggegaan het van die enigste Heerser oor alles,

die Here Christus. Dit is waarom, in die tyd van die einde, godsdiens genoem word;

Babilon, die groot hoer. (Openb.17 en 18. Gen.10:10)

Nà Nimrod het ander aardse konings, as konings en heersers van Babel gevolg—die

jongste was Saddam Hussein—maar satan was steeds, soos duidelik vandag nog, die

geestelike koning van Babel.

Net soos Christus ‘n geestelike liggaam het wat saamgestel is uit al die wedergebore

mense, so het satan ook ‘n liggaam wat saamgestel is van al die verskillende nasies

en regerings, en dit is die beeld wat koning Nebukadnesar, die aardse koning van

Babel, in sy droom gesien het. Hy het homself gesien as die kop van die beeld, van

goeie goud. (Dan.2)

Dit is ook waarom hy, kort na die droom, daardie beeld gebou en beveel het dat

almal dit moes aanbid. (Dan.3)

Daniël sê uitdruklik dat hierdie beeld vir die koning gewys is met die oog op wat in

die laaste dae sal wees.

Om hierdie rede is dit baie interessant om te let op die afmetings van die beeld wat die

koning opgerig het—60 el hoog en 6 el breed.

39

Vandag, in hierdie laaste dae, het ons weer te doen met ‘n beeld en ‘n merk—666.

As geestelike koning van Babel het satan gesorg dat elke nasie wat gevolg het nà

Nimrod, een van die gevalle engele as vors het, en dit is steeds vandag so; dit is hoe

die liggaam van satan saamgestel is uit al die verskillende regerings wat onder die

heerskappy van die gevalle engele is.

Dit is waarom die Bybel sê: “Die hele wêreld lê in die mag van die bose.” (Joh.5:19)

Elke nasie aard ook na sy vors, bv. Engeland die Leeu, (gevalle engel wat soos ‘n leeu

is, na wie die leeu genoem is deur Adam.) Rusland die Beer ens. So regeer satan die

wêreld deur die regerings van die nasies. Die geestelike vors van ‘n nasie heers oor

die regering van die nasie. (Dan.10) Dit is waarom die Bybel telkens die regerings

noem “diere.” (Dan.7:23)

Dit is waarvan Paulus skryf in Efe.6:12. “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en

bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die

duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste (gevalle engele) in die lug.”

Ons sien ‘n nasie doen slegte dinge en ons blameer die nasie, maar dit is die

geestelike vors van die nasie wat die nasie oorheers, dit is nie die vlees-en-bloed nasie

nie.

Ons blameer die trok vir die skade wanneer hy in ander karre vasjaag, maar dis die

bestuurder wat met die trok doen wat hy wil. (Dan.10)

Elke nasie aard na sy geestelike vors.

Daardie beeld het vandag steeds dieselfde kop; Babel, die koning van Babel, satan.

Sy einde sal kom wanneer die klippie wat losgegaan het met die opstanding van Jesus

die beeld aan die voete sal slaan—hierdie beeld wat saamgestel is uit al die

goddelose nasies, die liggaam van satan—en dit sal vergruis en uitwis.

Dan sal die Rots, die koninkryk van God, groei en die hele aarde vul.

As ons vandag die natuur en geaardheid van ‘n nasie wil verstaan, dan moet ons weet

wie hulle vorste is.

Dikwels het ‘n nasie een of ander aanduiding om te wys wie hulle vors is, behalwe

hulle geaardheid, natuurlik. Nie dat die nasie enige kennis dra dat hulle ooit onder ‘n

gevalle engel as vors is nie.

Hulle handel en wandel is eintlik in hul gene; of eerder in hulle “geestelike gene”; dis

iets waaroor die mense nie beheer het nie; dis omrede van hulle ingebore geaardheid

waarom hulle na ‘n sekere embleem neig.

Die geaardheid kom nie van die embleem nie, die embleem kom van die geaardheid.

Net vir meer duidelikheid haal ek nou weer aan uit Dan.7 en Openb.6. Om hierdie

voorspellings oor die tyd van die einde te kan begryp, moet mens weet wat die

verskillende vorste van die nasies is; die verskillende gevalle engele wat oor die

nasies heers—anders weet mens nie waarvan die Bybel praat nie.

Dit is juis verborge deur al die eeue, tot die tyd van die einde toe, soos die heilige dit

ongeveer 2600 jaar gelede reeds vir Daniël gesê het, en dit is wat toe deur Johannes

op Patmos ook gesien is, met die oopmaak van die verskillende seëls.

40

Die gevalle engel wat die vors van Engeland is, is die Leeu; hy gryp alles wat hy wil

hê en speel baas oor almal. Dit is die ruiter op die wit perd; die perd is die nasie, die

ruiter vat die perd waar hy hom wil hê. (Hulle rugbyspan was nog altyd die Leeus—

nou het hulle dit skielik verander na “die Rose.”)

God het in die afgelope paar jaar aan Engeland ‘n mense-hart gegee, daarom het hy

onafhanklikheid gegee aan die lande wat onder hom was. (Dan.7:4)

Die vors van Rusland is die engel wat nors en eenkant is—agter die ystergordyn—die

Beer; die ruiter op die rooi perd; die perd is die nasie. Rooi vir kommunisme. Kyk

maar op ons nuus hoe rooi is die SAKP met hulle saamtrekke—en kyk watter

hooggeplaasde ANC-lede is almal deel daarvan! (Openb.6:4)

Swart Afrika se vors is die gevalle engel die Luiperd, ‘n nagdier; slu en totaal

onvoorspelbaar; hy is die ruiter op die swart perd. Die swart perd is die swart

nasies. (Openb.6:5) Let op die geaardheid van die swart Afrika nasies. Luiperdvelle

het ‘n prominente plek in hulle tradisionele drag.

Daar was ‘n Afrika-rugbyspan gekies—wat nie eintlik van die grond af gekom het

nie—maar die naam was “die Luiperds.”

Die geld-note van S.A het die “vyf grotes” se koppe op en die hoogste noot is die

R200—en het die luiperd op—natuurlik!

Hier kan ons ook sien waarom noem die Maya-stam hierdie era die era van die Jaguar,

want dit is die era van die luiperd; veral in die laaste eeu waar Afrika so erg na vore

gekom het. Die eeu van Afrika—die eeu van die luiperd; Afrika is skielik op die

voorpunt van die nasies, hulle wil hê dat almal na hulle pype moet dans. Dit is hierdie

era wat dan sal ophou op 21 Desember 2012 volgens die Maya se kalender en

voorspelling.

Dit is ook by hierdie gevalle engele waar hierdie Maya-stam hulle kennis van die

sonvlekke en sterre en planete gekry het. Hierdie gevalle engele is oral oor die aarde

met nasies en godsdienste besig.

Dit is ook een van hulle wat as ‘n engel uit die hemel aan Mohamed verskyn het en

vir hom die Koran voorgesê het—teenstrydig met die Bybel.

Bybel sê: “As ons, of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met

die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees.” (Gal.1:8,9)

Hierdie was so ‘n engel!

God het baie goed geweet van hierdie “engel” wat hierdie groot leuen aan Mohamed

sou vertel en daardeur baie erge moorde en opstande op die aarde sou ontketen, dit is

waarom Hy die waarskuwing deur Paulus gegee het.

Menslike kennis is nie ‘n nasie nie, maar het ook ‘n gevalle engel as vors, naamlik

engel van die dood; dit is die ruiter op die vaal perd. Dood was die resultaat nadat

Adam kennis van goed en kwaad gekies het.

Natuurlik het God mag oor al die gevalle engele en oor die duiwel—hulle beurt kom!

(Ex.12:23. Jes.54:16)

As mens weet van hierdie vorste, dan is dit makliker om te verstaan hoe die dood en

die doderyk en die duiwel en die valse profeet en die dier (regering) in die vuurpoel

gegooi kan word soos in Openb.20:10,14. Dood is ‘n vors, ‘n gees, en dit is almal

41

geeste; gevalle engele.

Die vors van Duitsland is die gevalle engel, die Arend; dit is die hoogste van die voëls

en ‘n roofvoël. Let op hoe Duitsland altyd die hoogste wil wees. Die twee wêreldoor-

loë is bewys daarvan. Hulle embleem is die arend; dis hierdie gevalle engel wat vir

Hitler so aangehits het.

Die arend wou die hoogste wees, maar die Jode was in sy pad omdat die Jode steeds

as aardse volk die uitverkore volk van God is; toe probeer Hitler die Jode uitroei!

Juis omdat Adam gesien het wat is die geaardheid van hierdie voël, dat hy altyd die

hoogste wil wees, en hy die gevalle engel met die naam van Arend geken het wat ook

altyd die hoogste wil wees, daarom noem hy toe hierdie voël na daardie engel; Arend.

Ook al die ander lande wat die arend as embleem het, het dieselfde geaardheid.

Die Romeinse Ryk het ook die arend as vors gehad, sy embleem was ook ‘n arend.

Dit is die twee bene van yster van die beeld van koning Nebukadnesar; die bene strek

oor die langste tydperk, vir die laaste meer as 2000 jaar; een been is die Roomse Kerk

en die ander is die Romeinse Reg. Hulle geaardheid het nou nog nie verander nie,

hulle wil steeds dié een wees wat “reg” is, bo almal.

Dit is baie interessant dat die Bybel skryf van “die jeug wat weer nuut word soos dié

van ‘n arend.” Die eerste Arend-nasie waarvan ek weet, is die Romeinse Ryk en na dit

het Duitsland gekom as die arend, en die jongste vernuwing van die arend is Amerika.

Amerika word in die Bybel genoem as “die groot arend” wat met sy vlerke vir Israel

help, so sy vors is ook die arend—Amerika wil ook altyd die hoogste wees en die hele

wêreld regeer. (Openb.12) Sy embleem is ook ‘n arend. Amerika is ‘n nasie wat

saamgestel is uit verskillende Europese volke.

Onthou, nasies gaan verby en ander nasies staan op, maar geestelike vorste gaan nie

verby nie omdat hulle gevalle engele is. Elkeen gaan maar net weer oor op die

volgende nasie.

Dit is dieselfde met reïnkarnasie; mense dink hulle word weer oor en oor gebore en

onthou selfs dinge uit ‘n vorige lewe, maar dis nie die mense wat oor en oor gebore

word nie; dit is dieselfde gevalle engele wat, wanneer een mens doodgaan, hom maar

net weer in die volgende mens kom tuismaak—dan weet hy mos alles van al die baie

vorige mense in wie se liggame hy deur die eeue was.

Soos ‘n bosluis op ‘n bees; dit is nie deel van die bees nie, dit is net tuis op die bees.

Wanneer die bees vrek, klim hy net doodluiters weer op die volgende bees—of op ‘n

hond of iets.

Dis nie die bees wat weer as ‘n hond lewe nie, dis net dieselfde bosluis wat eers op

die bees was, en nou op die hond lewe.

Toe ek jonk was het ek soms ook snaakse ondervindings gehad, soos wanneer ek

miskien op ‘n vreemde plek kom, ek presies geweet het hoe dit lyk en dit ook goed

geken het, alhoewel ek nooit vantevore daar was nie.

Ook dikwels met gesprekke, waar ek presies vooruit geweet het elke woord wat

mense in die gesprek sou gebruik, alhoewel ons nooit vantevore so ‘n gesprek gehad

42

het nie.

Dit het opgehou toe Jesus my gered het en my verlos en bevry het van alle sonde en

bose gevalle engele—nie dat ek op daardie stadium enige idee gehad het van gevalle

engele of so iets nie. Vir hierdie verlossing loof en prys ek vir Jesus!

Dit is ook so dat gevalle engele nie net oor nasies heers nie, maar ook tuisgaan in

miljoene mense wat vir hulle plek gee—onwetend ja, maar tog. Dan sien jy ook die

mens doen verkeerde dinge en jy neem die mens kwalik, maar al die tyd is dit die

gevalle engel in hom wat die mens laat doen wat daardie engel wil hê. (Elke mens het

altyd ‘n eie keuse.)

So kry jy die mediums wat met die goed werk en dan roep sy vir die Ma die gestorwe

seun op en dié praat net soos die seun en skryf ook soos hy en weet ook alles van die

seun—en dan GLO die Ma dis die seun! Maar al die tyd is dit die gevalle engele wat

al die tyd saam met die seun was en alles van hom af weet en maklik sy stem en skrif

kan namaak.

Hier by ons was ‘n geval waar ‘n vrou na die spesialis gegaan het, na ander vorige

ondersoeke, en toe sê dié vir haar sy het kanker in haar bors; dit was natuurlik ‘n

geweldige skok vir haar, en nadat sy terug is, kom sy na my toe. Ek het die kanker in

die Magtige Naam van Jesus Christus uitgejaag.

Toe sy hier van my weg is en by die huis kom, sê ‘n vrou, wat altyd besig is met New

Age en reïnkarnasie en sulke goed, vir haar: “Jy is gesond, die engele het my vertel, jy

is gesond.” Dit was ‘n kwessie van ‘n halfuur nadat die vrou by my was.

So, toe het daardie gevalle engele natuurlik dadelik by haar gaan stories dra dat hulle

met hul bose werke van kanker, moes vlug uit die vrou uit!

Wat hulle nié vertel het nie, is dat dit vir die Magtige Naam van Jesus is wat hulle so

gevlug het!

Onthou, of jy ‘n Christen is of nie, die waarheid is dat die duiwel die duisternis is en

die vader van die leuens! Sy spesialiteit is bedrog! Sy gif is leuens; dit is waarmee hy

mense mislei. (Joh.8:44) En die hele wêreld lê in die mag van die duisternis!

Die vors van Frankryk is die haan—let op hulle geaardheid, altyd reg vir ‘n flirtasie;

hulle staan ook bekend daarvoor. Hulle rugbyspan is natuurlik die Hane!

Net soos Amerika, is die wit Afrikaners van S.A., die Boere, ook nie ‘n “nasie” nie,

maar ook saamgestel uit baie ander nasies, veral uit Holland. Ek sien op Holland se

embleem is eintlik 3 leeus!

Toe die Afrikaners nog enige sê gehad het was die Springbok hulle embleem—maar

toe word die Springbok die prooi van die Luiperd (swart ANC-regering) en

daarvandaan het die Boere met hulle springbok nie meer enige sê nie.

Ons sien oral oor die aarde hoe die Moslems veg en moor; net waar daar ‘n opstand is,

is Moslems betrokke, dan wonder ons waarom? In Gen.16:12 sien ons dat die vors

van die Arabiere is die wilde esel; sy hand teen almal en almal se hand teen hom!

Geen woorde kan beter die geaardheid van die volgelinge van Mohamed beskryf nie.

Alle Arabiere is die nageslag van Ismael en het die wilde esel as vors, maar die wat

43

ekeer is tot Jesus Christus, het dan Heilige Gees as Vors.

Mohamed was ook ‘n Arabier, so die Moslem-godsdiens is onder die vorsskap van die

wilde esel.

Elke mens uit enige nasie wat nou “bekeer”tot die Moslem-godsdiens, gaan dan

vrywillig in onder die heerskappy van hierdie gevalle engel, die wilde esel—sy hand

teen almal en almal se hand teen hom.

Die vors van Irak is die “koning van Babel” dit is die duiwel self; hy is in elk geval

vors oor al die gevalle engele.

Die vors van Sjina is die gevalle engel wat die Draak is. Dit sien ons elke keer

wanneer hulle fees vier en ons sien dit in hulle geaardheid. Sjina is op hierdie oomblik

besig om vir Afrika subtiel in te neem en te onderwerp deur “besigheid.”

Indië het verskillende gevalle engele, want hulle behoort aan verskillende groepe.

Daar is een groep wat sulke lelike olifante aanbid, so die gevalle engel na wie die

olifant genoem is, is seker hulle vors. Ander het weer sulke poppies en dinge, almal

aard na hulle afsonderlike gevalle-engele vorste—baie het ook die kobra. Ek ken dit

nog nie alles nie, want dit is nog nie op die oomblik my saak nie.

Die vors van Israel is die aartsengel van God, Michael. Hy is die engel van oorlog, so

dit is waarom Israel maar dikwels in oorlog gewikkel is. Hulle is nie bang nie! Toe

die engel Gabriël na Daniël gestuur was, (Dan.10) was dit net die vors Michael wat

dapper genoeg was om hom te gaan help teen die vorste van Persië en Griekeland. Let

op dat die verskillende gevalle engele gedurigdeur met die engele van God in gevegte

is, maar Michael is nie bang nie!

Met so ‘n vors, hoekom sou Israel bang wees?

Israel gaan nog grootliks gebuk onder die gees van godsdiens, die hoer-gees wat

Babilon is, want hulle oorlewerings en godsdiens hou hulle vasgebind om nie gehoor

te gee aan die evangelie van Jesus Christus nie.

In die volgende hoofstuk skryf ek oor ‘n openbaring wat Heilige Gees my gegee het

oor die volk van Israel—dit maak baie dinge oop oor hierdie volk, asook oor dinge

wat tans op die aarde gebeur.

Die vors van Persië is die Ram, want in Dan.8:21 lees ons dat die Mede en Perse die

Ram is. ‘n Skaap is nie ‘n roofdier nie, dit beteken iets vir Persië.

Die vors van Griekeland is die Bokram, (Dan.8:21) en die groot horing was

Alexander die Grote wat die hele bewoonde wêreld verower het van 333 VC af, sodat

Grieks die skryftaal sou wees in die tyd van die Nuwe Testament.

Dit was so beplan deur God, omdat die numeriese waarde van die Naam van Jesus in

Grieks is: 888—soos in geen ander taal nie. Terloops, 8 staan vir opstanding, of nuwe

begin. Na die sondvloed het Noag met sy gesin van 8 mense, weer ‘n nuwe begin

gemaak. Na elke week is die agste dag die begin van die nuwe week. Jesus het op die

eerste dag van die week opgestaan; dit is ook die 8ste dag.

Selfs elke gemeente of kerk het sy eie geestelike vors, of engel; party is van God,

ander is gevalle engele. (Openb.1:20)

44

Elke mens het ook ‘n engel, en die engele van klein kindertjies is almal van God se

engele. (Matt.18:10) Sodra hulle egter opgroei, kies hulle vir hulleself of hulle God of

satan wil dien, meeste kies dan satan plaas van God, en dan het hulle nie meer God se

engel by hulle nie, maar gevalle engele; nie langer vir beskerming nie, maar vir

smarte —maar, op elkeen se eie keuse.

Dit is dan waar hulle plek gee vir die gevalle engele, waar hulle ondersoek na satan en

na reïnkarnasie en na die oproep van geeste en al sulke dinge—jy sal verbaas wees

hoe bedrywig hierdie gevalle engele is, veral onder jongmense.

Omdat hierdie gevalle engele so lank saam met soveel mense kom, ken hulle ook

alles, en daarom is dit baie maklik vir hulle om mense in Mexico ook te leer om

piramides te bou, want hulle het reeds piramides gebou in Egipte. Daardie Maya-

mense het niks geweet van Jesus nie, hulle was totaal afgodsdienaars.

Dan wonder die slim mense waar het daardie oeroue Maya-stam met Egiptenare in

aanraking gekom en al die dinge geleer soveel eeue gelede—dit was nie met Egiptenare

nie, dit was net eenvoudig dieselfde gevalle engele wat oral rond is en almal se

verlede ken.

Die geestelike vors van godsdiens is die gees van prostitusie; dit is Babilon. Hierdie

gees heers oor feitlik alle mense, Christene sowel as nie-Christene, al is hulle ook

onder die onderskeie vorste van hulle nasies. Dit is hierdie godsdiens-vors wat so

verdeeldheid bring tussen mense, waar elkeen sy eie siening van godsdiens vashou en

selfs daaroor oorlog maak en ander mense martel!

Dit is hierdie godsdiens-gees wat elkeen laat glo dat hy en dié wat soos hy glo, alleen

reg is en alleen aanspraak het op die ewige lewe.

Godsdiens, (“religion”) is Babilon, die groot prostituut waarvan Openbaring 17 en

18 skryf, dit is die bruid van satan, wat die koning van Babel is. (Openb.17,18)

Godsdiens, (“religion”) is die grootste verslawing en binding van alle dinge; dis

duisend maal erger as drank, want dit tas nie net die liggaam aan nie, dis die gees van

die mens wat verslaaf is—die slaaf van godsdiens. Daar is bitter min mense op die

aarde—onder watter vors ookal—wat nie gebonde is deur hierdie godsdiens-gees nie.

Geen wonder nie dat God sê: “Gaan uit haar uit, My volk, sodat julle nie gemeenskap

met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.” (Openb.18:4)

Mense weet nie dat hulle deur godsdiens verslaaf is nie; as hulle dit weet, kan hulle

deur God se genade en die krag van Heilige Gees daarvan verlos word—as hulle wil!

Moeilikheid is, hulle dink en glo dat dit juis dit is wat hulle saligheid bevorder!

Godsdiens het vir Jesus gekruisig; godsdiens bring skeuring tussen Christene; een is

‘n bedreiging vir die ander! Godsdiens is ‘n siekte, ‘n verslawing! As jy ‘n Christen

is, is jy ‘n volgeling van Christus en almal wat Christene is, is dieselfde! Die dag as

die merk inkom en die vervolging teen die wedergebore volgelinge van Christus

begin, sterwe ons almal vir dieselfde Naam: Jesus Christus.

Daar is ook ‘n wettiese-gees wat oor biljoene mense heers; die duiwel en sy engele is

45

nie so ywerig dat mense die wette moet hou nie, maar hy stel hom voor as engel van

die lig, en klae die mense aan as hulle nie die wette hou nie—Ou Testamentiese wette,

Nuwe Testamentiese wette, kerkwette—elke soort wet waarmee hulle dan moet

aansukkel en waaronder hulle moet bly, om hulle besig te hou; net om nie in die

vryheid te kom waarvoor Jesus hulle vrygekoop het aan die kruis nie. (Gal.5:1)

Alles net om mense te bedrieg en in gebondenheid te hou.

So, satan het ook ‘n liggaam, dit is saamgestel uit alle goddelose nasies; hy het ook ‘n

bruid, dit is godsdiens, en hy het ook ‘n sinagoge, en dit is dié wat hulleself Jode of

Israeliete noem, maar dit nie is nie. Vandag is hierdie laasgenoemde soos ‘n plaag op

die aarde; DIT is die “kerk” van satan, die sinagoge van satan. (Openb.3:9) (Die

Bybel noem vir duisende jare reeds die volk van Israel Jode; in die boeke van Esra,

Nehemia, Ester, Jeremia, Daniël, Sagaria en in 13 boeke van die Nuwe Testament.)

Israeliete en Jode is presies dieselfde.

Die Geestelike Vors van die wedergebore mense is Heilige Gees. Elke mens, onder

watter vors ookal, kan deur te kies om wedergebore te word deur Jesus Christus,

onder sy nasie se vors uitkom en onder die Vors wat Heilige Gees is, inkom. Met

Heilige Gees as Vors hoef geen mens ook ooit vir enigiets bang te wees nie; mense

weet dit net nie!

Die Bybel leer ons dat ons moet die geeste op die proef stel, of hulle van God is,

omdat daar baie valse profete (wat deur gevalle engele praat) op die aarde is.

(1Joh.4:1)

Net so moet ons ook die verskillende geestelike vorste van die verskillende nasies op

die proef stel.

Ek gee nie om onder watter vors ek gebore is nie, want met my wedergeboorte is ek

ingebore in die koninkryk van God, onder die heerskappy van Heilige Gees wat nou

my Vors is—Hy lewe nou IN my en ek is nie bang vir enige gevalle engel of vors of

duiwel nie, want; “baie groter is Hy wat IN my is as hy wat in die wêreld is.” (1

Joh.4:4)

Kommunisme en Islam is twee van die ergste siektes wat vandag op die aarde is;

miljoene mense is deur die jare doodgemaak en meer mense word doodgemaak en

ontsettend gemartel deur hierdie twee, as wat sterf aan HIV/Aids!

Jesus het gesterf vir die genesing van die nasies, so ons as wedergebore Christene het

hierdie Magtige Naam van Jesus waarmee ons mense kan help vir genesing ook van

hierdie twee siektes. Ons het die mense lief, maar ons verafsku hulle ideologie.

Christene wat die Naam van Jesus ken het nie nodig om bang te wees vir die Moslemgodsdiens

of vir kommunisme of vir enigiets anders nie; dit is geestelike dinge, en

alle bose geeste en gevalle engele is reeds oorwin deur Jesus 2000jaar gelede, saam

met hul leier, die duiwel.

Hùlle is bang vir òns! Ons is vir hulle die groot gevaar; hulle is nie vir òns ‘n gevaar

nie! Ons moet net in die Gees optree en outoriteit daaroor neem en daarteen staan!

Lig is nie bang vir duisternis nie; duisternis vlug voor lig!

Die probleem kom daarin dat kinders van God dit nie weet nie! Hulle bewe en sidder

46

van vrees en kruip weg—asof hulle nie die Magtige Naam van Jesus het nie! Dit is

die godsdiens-gees wat hulle so op ‘n dwaalweg het, so uiteindelik is dit weer ‘n keer

die godsdiens wat die Christene wen en tot ‘n val bring.

Jy neem vir Jesus Christus aan, nié die storie oor Hom nie; Jesus Christus die Een

lewende God, Skepper van die heelal. Nié godsdiens of een of ander kerk wat

skeiding maak tussen volgelinge van Christus nie!

Deur sy uiterste genade het Jesus my verlos van die godsdiens-gees, Babilon, en my

daar uitgered. Dit was die grootste verlossing waarvan ek ooit verlos is; vir my het Hy

soos brandhout uit die vuur geruk, en ek kan net met die grootste dankbaarheid vir

Jesus, die Koning van die koninkryk daarvoor loof en prys tot in ewigheid!

Hoofstuk 9

Die Volk van Israel (Is ‘n Profesie)

Anders as met die vorige hoofstuk waar daardie openbaring van die gevalle engele

nou vir die eerste keer ooit aan mense gegee word deur Heilige Gees, was hierdie

openbaring aangaande die volk van Israel blykbaar alreeds aan verskillende mense

gegee—ek het dit egter nie geweet nie; Heilige Gees het dit noù eers vir my gegee; en

hierdie is beslis ook nie àl waaroor die volk van Israel ‘n profesie is nie.

Baie van die vergelykings, of die tipes, het ek ook lankal geken, maar ek het nooit

vantevore die openbaring gehad nie.

Vandat God vir Hom die nageslag van Jakob uitgekies het as sy eie—en enigste—

volk, is die volk van Israel—vandag se Jode—deur soveel nasies en soveel mense

gehaat, meer as enige ander volk; en vandag is dit erger as ooit.

In die diepste, diepste sin kom dit neer op jaloesie, maar die nasies weet dit nie—hulle

geestelike vorste vertel dit nie vir hulle nie!

Net die feit dat die volk van Israel deur die eeue—soos vandag—so wêreldwyd gehaat

word, soos geen ander volk nie, behoort tog te bewys dat hierdie volk ‘n spesiale volk

is.

(Reeds vir duisende jare word na die volk van Israel verwys as “Jode;” in die boeke

van Esra, Nehemia, Ester, Jeremia, Daniël, Sagaria en in 13 boeke van die Nuwe

Testament.)

Jakob en Lea se seun Juda (beteken lofprysing) en sy nageslag het in Judea gewoon;

dit sluit onder andere ook vir Jerusalem en Hebron in. (Jos.5)

Agter hùlle aan word die volk van Israel vandag genoem Jode; ook nie nét meer die

nageslag van Juda nie, maar ook mense met die naam Levin wat uit die stam van Levi

is, word genoem Jode.

Deur die duisende jare het die stamme so inmekaar ondertrou, dat daar nie meer ‘n

verskil is tussen die verskillende stamme nie.

47

Die ander ding is, in 70nC met die verwoesting van die tempel, het alle

geslagsregisters uitgebrand en tot niet gegaan—dit was in die tempel bewaar vir al die

vorige eeue. Sedert 70nC kan geen Jood meer sy geslagsregister nagaan en dus vir

seker weet van watter stam hy is nie.

Mense wat vandag so met geslagsregisters doenig is, bedrieg hulleself!

Abraham was nie Israel nie. Abraham het 8 seuns gehad waarvan die name in die

Bybel genoem word, en hy het nog ander byvroue ook gehad wat seker ook kinders

gehad het, so heel moontlik was daar nog meer kinders van Abraham. (Gen.25:1-6)

Net Abraham se kleinseun Jakob is deur God genoem Israel, so net sy nageslag van sy

12 seuns het die twaalf stamme van Israel gevorm; nié die ander afstammelinge van

Abraham of Isak nie.

Die nageslag van Jakob is dan die volk van Israel waarvan ons praat.

Die volk van Israel is ‘n profesie van dit wat God vir die mensdom wou doen en

wat Hy ook gedoen het, en steeds besig is om te doen.

Met hulle geboorte as volk was hulle wiegie die land van Egipte; as net ‘n honger en

arm familie het hulle na Egipte getrek; Egipte het hulle grootgemaak; en as ‘n ryk

volk het hulle 430 jaar daarnà daar weggetrek.

Hulle was vir God sy “eersgebore seun” en toe hulle daar uittrek, het God sò na hulle

verwys: “Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek My

Seun geroep.” (Hos.11:1)

(Ex.4:22) “My eersgebore seun is Israel,” sê God.

Die volk van Israel was ‘n profesie wat in Jesus Christus vervul is; toe Jesus ‘n

pasgebore baba was, was Egipte ook sy wiegie; sy ouers het met Hom na Egipte

gevlug en daar het Hy sy eerste jare deurgebring, tot God weer ‘n keer gesê het: “Uit

Egipte het Ek My Seun geroep.” (Matt.2:15)

Uit die twaalf stamme van Israel het God die stam van Levi gekies om vir Hom die

priesteramp te verrig; om die baie offerandes te doen. Hulle het nie ‘n porsie van die

beloofde land gekry nie; die ander elf stamme moes hulle tiendes afgee vir die stam

van Levi, en daarmee moes hulle die tempel en die offerandes onderhou, asook self

lewe.

Dit was weer ‘n profesie; soos God uit die twaalf stamme hierdie een stam gekies

het om die offerandes te doen en om so vir die geestelike behoud van die hele volk te

sorg, het God weer uit al die nasies van die aarde hierdie een nasie gekies om vir

Hom die offerande te doen—hierdie volmaakte offer waarvan al die offerandes ‘n

profesie was—sodat weer deur hùlle offerande die hele mensdom geestelik versorg

kon word.

Verstaan jy? Kyk:

Ruben, Simeon, Levi, Juda, Sebulon, Issaskar, Dan, Gad, Aser, Nàftali, Josef en

Benjamin.

God kies Levi om die offerandes te doen.

48

Egipte, Arabië, Israel, Engeland, Amerika, Duitsland, Suid-Afrika en al die ander

nasies van die hele wêreld—uit al die nasies kies God vir Israel om vir Hom die

grootste en ewige offer te bring, naamlik om vir Jesus, die volmaakte offerlam, te

offer vir eens en vir altyd, as redding vir elke mens uit elke nasie; Hy het hierdie volk

uitgekies vir hierdie sekere doel.

Omdat die stam van Levi die offerandes moes bring en die tempeldiens moes doen,

het hy, as stam, geen deel gekry aan die beloofde land en sy erfenis nie; die

tempeldiens was hulle erfporsie; hulle moes tevrede wees met die oorloopsels van die

ander elf stamme, maar die beloofde land was vir hulle ook bedoel, net soos vir die

ander stamme.

Dit was weer ‘n profesie; omdat die volk van Israel die volmaakte offer moes slag,

het Israel, as volk, geen deel gehad aan die volmaakte versoening wat deur die offer

van Jesus Christus verdien is nie, al was dit vir hulle ook bedoel, want hulle het vir

Jesus verwerp; behalwe vir die enkelinge deur die eeue. (Hulle het dit self so gekies.)

Die ander nasies het die vrugte en heil en guns geniet van die volmaakte offer van

Jesus Christus.

Levi was uit al die stamme gekies om die priesteramp te verrig; om sodoende te sorg

vir die geestelike heil van al die ander stamme. So is Israel ook gekies uit al die volke

om vir God die priesteramp te verrig; om die volmaakte offer te slag, om sodoende te

sorg vir die geestelike heil van al die nasies.

So het God dan sy eersgebore seun, die volk van Israel, (Hos.11:1. Ex.3:22) opgeoffer

sodat hùlle sy Eniggebore Seun Jesus Christus, (Joh.1:14) kon offer om verlossing

en redding vir die hele wêreld te bewerk.

Kyk wat het dit vir God gekos om joù te kon red!

“God het vir Israel liefgehad.” (Hos.11:1) “Ja, Hy het die stamme lief.” (Deut.33:3)

“Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde.” (Jer.31:3)

Talle en talle male sê God dat Hy die volk van Israel liefhet.

Die volk van Israel is weer ‘n profesie:

Sò lief het God die mensdom gehad, dat Hy sy “eersgebore seun,” dit is die volk van

Israel, opgeoffer het om die res van die mensdom kans te gee om gered te word.

“Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat

elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”

(Joh.3:16)

Alhoewel God die volk van Israel so liefhet, is hierdie volk deur die eeue gehaat en

verag en gesmaad en vermoor by die miljoene—dwarsdeur die laaste 2000jaar het

hulle geboet omdat hulle die bloed van Jesus op hul hande gehad het; hulle is keer op

keer verstrooi onder die ander volke, en elke keer het hulle weer as volk in hul land

wat God aan hulle gegee het, gekom, en deur dit alles het hulle hul eie identiteit

behou.

Vandag is hierdie klein landjie met sy uitverkore volk steeds ‘n doring in die vlees

van die hele wêreld.

49

Dit is weer deel van die profesie wat die volk van Israel is: As mens was Jesus ook

verag en gesmaad; vandat Hy ‘n baba was wou Herodus Hom reeds vermoor het; deur

sy lewe is daar dikwels gepoog om Hom dood te maak; Hy was verag; Hy was nie

gereken nie. Totdat Hy later wreed gekruisig is—maar die wêreld kon nie van Hom

ontslae raak nie!

Tog het Hy Seun van God gebly en deur die eeue het Hy net groter en groter geword.

Dit totale godsdiens van die Joodse volk, die Wet, die tempeldiens en die offerandes,

wat die lewensbloed was van die volk van Israel, was ook ‘n profesie wat deur Jesus

Christus vervul was met sy dood en opstanding.

Sion het weer hierdie Joodse nasie in een dag voortgebring, soos voorspel is—weer ‘n

profesie wat dieselfde is as wat met Jesus gebeur het; weer het die vyand probeer om

die volk te vermoor, net soos vir Jesus as baba.

“Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word ‘n land op een enkele dag

gebore? Of word ‘n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry; op een slag

haar kinders gebaar.” (Jes.66:8)

Toe Israel weer as nasie gebore is op die 14de Mei 1948, het ses van die Arabiese

lande wat rondom Israel lê hom daardie selfde volgende dag aangeval en probeer

uitjaag; maar hùlle het nie rekening gehou met die God van Israel nie—dit is die fout

wat al hierdie lande—en mense—maak wat teen Israel is.

Die waarheid van God se Woord kan nie verbygaan nie; volgens die seën van die volk

van Israel word die nasies en mense steeds geseën deur God. Wanneer ons die boeke

lees van Kenneth Hagin, William Branham en ander, wat in die bediening van

genesing gestaan het in daardie tyd toe Israel weer as volk genees is, dan skryf hulle

dat genesings maklik was in 1948.

Hulle sê mense het so maklik gesond geword, jy bid skaars, dan is hulle gesond. Dit

was God se guns oor die aarde wat oorgeloop het van sy guns aan die volk van

Israel; alhoewel nie een van daardie bedienaars die twee in verband gebring het nie.

Die volk van Israel was tot die dood toe siek, veral in die jare van die groot slagting

deur Hitler; gedurende daardie tyd en daarna het baie van hulle, in groot ellende,

probeer vlug na Israel, maar talle is verhinder om daar in te gaan, veral deur Engeland

aan wie die land toe “behoort” het.

Toe hulle in 1948 die land terugkry, was dit soos God in sy guns vir Israel die volk en

land genees het van daardie dodelike siekte en smarte—en gepaardgaande daarmee

het God se guns oorgeloop op die ander kinders van God vir wonderlike genesings;

miljoene is gedurende daardie jare gered en genees.

Let mooi op na alles wat met die volk van Israel gebeur, wat met die wedergeborenes

gebeur, en wat met die res van die mensdom gebeur, en gee dringend aandag! As

iemand wil weet wààr in Tyd ons vandag lewe, kyk na die volk van Israel; dit is God

se horlosie.

Deur al die eeue het elke persoon en elke nasie wat kwaadaardig aan Israel geraak het,

50

die prys betaal; raak aan die volk van Israel, en jy raak aan die oogappel van God.

As enkele voorbeelde kan ons net kyk na die uiteinde van Hitler en sy trawante.

Ons kan kyk na die uiteinde van Idi Amin omdat hy dit gewaag het om ‘n Jood dood

te maak.

Kyk na die uiteinde van Saddam Hussein wat in sy bittere Jode-haat die land van

Israel aangeval het met sy scud missiele; hy is opgehang en sy land en nasie is besig

om hulleself te verwoes en uit te roei.

Kyk wat gaan tussen die Moslems aan; hulle het nie RUS nie, omdat hulle vir Israel,

die Jode, nie rus gun nie. Kyk hoe het Suid-Afrika agteruitgegaan en watter armoede

en misdaad heers hier; die ergste misdaad op die hele wêreld; kyk hoeveel moorde is

hier, en kyk na die vigs-epidemie, net omrede van die ANC-regering se vyandigheid

teenoor Israel.

So sal daar deur die eeue miljoene wees waarvan ons nie weet nie, maar wat eendag

sal uitkom wanneer die finale afrekening gedoen sal word.

Al die nasies en mense wat vandag so teen Israel—die Jode—is, moet nie dink dat

hùlle ongedeerd daarvan sal afkom nie!

Hulle mag wel dink dat hulle daarmee wegkom, maar wat sal hulle einde wees? Teen

Israel is teen God—en daarmee kom niemand weg nie!

Kyk hoe het dit in die wêreld gegaan met die tweede wêreldoorlog terwyl Hitler besig

was om die Jode te vermoor; baie sleg!

Omdat satan teen God is, is hy ook noodwendig teen die uitverkore volk van God. Dit

is deurgaans duisternis teen lig; al die nasies en mense wat teen die Jode is—daardie

wêrelwye Jode-haat—is teen God.

Al die mense en nasies en volke wat teen Jesus Christus is, is ook teen God; want

Jesus Christus IS God!

Kyk hoe het die hele wêreld agteruitgegaan in verval in nadat die eerste lyfbom in die

negentigs in Israel ontplof het deur die Moslems. Kyk wat is die wêreld nou besig om

teen Israel te doen, om hulle land te verdeel—watter uitwerking sal dit op die wêreld

hê? Hoe laat is ons in tyd? Hierdie verdeling word geprofeteer in Joël 3:2, en daaroor

sal God die vyande van Israel uitdelg by die slag van Armageddon! Let op die tyd!

Party groepe sê dat die Jode van vandag glad nie die regte volk van Israel is nie; hulle

“bewys” dan deur geslagsregisters en sogenaamde geskiedenis, dat die Jode dan sou

‘n verbastering wees van die Edomiete en dus afstammelinge is van die “Khazaars’ en

al sulke lasteringe—alles net soos hulle steeds probeer om die Jode uit hulle erfenis te

probeer kry!

Dan verkondig hulle dat die stam van Juda het met die Chaldeërs gebaster en dié het

toe sogenaamde Jode geword, en dit is van hùlle wat die Bybel skryf as: “Kyk, Ek gee

jou uit die sinagoge van die satan, die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie.”

(Openb.3:9)

Hierdie is een van die grashalmpies waarna mense gryp om tog te probeer “bewys”

dat die Jode nie die regte Israel is nie, maar dat hierdie mense nou aan God probeer

bewys dat hùlle die regte Israel sou wees.

Dit maak egter geen indruk op God nie!

51

Die Bybel skryf dat Jesus uit die stam van Juda gebore was; (Heb.7:14) dit was

ongeveer 700 jaar nà die storie van die Chaldeërs wat kwansuis die stam van Juda

geskaak het. En sekerlik was Jesus se Ma nie die enigste nageslag van Juda wat in

daardie tyd nog suiwer was nie!

God self het die mense van ander volke die reg gegee om deel te word van die volk

van Israel; (Ex.12:48) alhoewel hulle dan nie die bloed van Jakob gehad het nie, was

hulle in God se oë deel van die volk van Israel; hulle het ook teen hierdie tyd so

ingetrou onder die ander Jode, dat almal wat vandag lewe ook reeds die bloed van

Jakob het. (Num.9:14)

God beloof die volk van Israel, nageslag van Juda ingesluit, dat Hy hulle sou terugbring

na hulle land Israel; (Eseg.36:24) en van 1948 bring God hulle terug by die

miljoene, van oral oor die aarde af—het Hy dan nie geweet van al die verbasterings en

valse Jode nie? Hoe sou God nou so ‘n fout maak om die verkeerde mense na die land

terug te bring?

So, wié is nou hierdie “sinagoge van die satan, die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is

nie?” Omdat die Bybel vir meer as 2600jaar reeds van die volk van Israel praat as om

die beurt Jode en dan weer Israel—dat daar nie meer verskil is tussen Jood en Israeliet

nie—soos ek reeds genoem het in die boeke van van die O.T. Esra, Nehemia, Ester,

Jeremia, Daniël en Sagaria, en ook uit 13 boeke van die Nuwe Testament, so is dit

met hierdie skrif ook, soos met enige ander skrif, dat dit net sowel kan lees: “Die wat

sê dat hulle Israeliete/Jode is en dit nie is nie.” So, dit is dan die sinagoge van die

satan waarna verwys word. (Openb.3:9)

Satan se kerk!!!

Soos deur die eeue gebeur het, is die huidige Jode steeds ‘n bedreiging vir elke mens

wat probeer om teen God in, die Jode uit hulle erfenis te probeer “bewys!”

Dit kan nie slaag nie! Kyk wat het God gedoen van 1948 af en steeds; kyk vir wie

bring Hy by die miljoene terug na die land wat Hy aan hulle toegesê het deur sy

belofte aan Abraham.

God behoort tog te weet wie die regte Jode is; wie die mense is wat die bloed van

Jakob in hulle are het, en dit is vir hùlle wat Hy terugbring na die land—al die twiste

en naywer het nog nooit deur die eeue gehelp nie, en dit sal ook nie nou help nie! God

kan nie ‘n fout maak nie, en Hy steur Hom niks aan hierdie gekwetter teen Hom en sy

uitverkore volk nie!

Op Sondag 3 Junie 2007 het Irak gesê die knoppie is gedruk, die “count down” het

begin, om vir Israel van die aarde af te vee. Op die 1ste Maart 2008 sê die president

van Irak weer: Israel moet binnekort van die aarde afgevee word. Al die Moslemlande

voel dieselfde.

Die volk van Israel is weer ‘n profesie wat vervul word in elke individu wat gered

word. Soos God gedurende die Ou Testament gehandel het met die volk van Israel, so

gebeur dit in die Nuwe Testament met die enkeling wat hom bekeer.

Israel het uit die slawerny van Egipte gekom en is “deur Moses gedoop in die see” en

daaruit het hulle, na die swerwinge en blootstelling in die woestyn, in die beloofde

52

land gekom. (1 Kor.2:10)

Elke mens wat hom bekeer, kom uit die slawerny van sonde—Egipte—en deur die

doopwater, agter Jesus aan; normaalweg word hy in daardie eerste tyd na sy doop

deur familie en vriende vervolg en verguis, maar deur dit alles kom hy nog in die

beloofde land.

Vir al die eeue is daar ook so ‘n gekwetter teen die wedergebore mense wat deur die

bloed van Jesus Christus gered is—net soos deur die nasies van die wêreld teen die

volk van Israel geskinder word!

Die volk van Israel is weer ‘n profesie vir elke mens, maar veral vir elkeen wat

vandag gered word. Dwarsdeur die geskiedenis van Israel in die Ou Testament, sodra

hulle sondig en wetteloos was, het die vyande hulle oorwin en ook soms weggevoer

en hulle land verwoes.

Jerusalem was die hartklop van elke Jood; Dawid sê iewers: “As ek jou vergeet,

Jerusalem, mag my regterhand dan sy krag verloor.”

Die oomblik wat hulle dan weer in hul land terugkom, bou hulle vir Jerusalem eerste

op; alles rondom maak nie saak nie, solank Jerusalem net nie in puin lê nie.

Nou sê Jesus in Hand.1:8: “Want julle sal krag ontvang wanneer Heilige Gees op julle

kom, en julle sal My getuies wees, in Jerusalem, Judea, Samaria en tot aan die uiterste

van die aarde.”

Eerste Jerusalem—onthou, Jerusalem is die hartklop.

Nou is dit vir elke mens sò; Jerusalem is dié wat naaste aan jou is; jou vrou en kinders

en vir die vrou haar man en kinders, dan die ouers en broers en later die ander mense.

Ons kry vandag duisende predikers wat naweke in die kerk staan en kerm en huil

omdat daar geen werking van Heilige Gees is nie; mense bekeer nie; daar is nie krag

nie—hulle weet nie wàt om te doen nie. Maar hulle dink nie daaraan nie; hoé lyk sy

eie Jerusalem; hy wil ander mense vir Jesus wen, maar sy eie Jerusalem lê in puin.

Sy huisgesin lewe in onmin; hy bedien almal rondom, behalwe sy eie vrou en kinders.

Paulus skryf hieroor toe hy opdrag gee oor die opsieners; dit moet manne wees wat

hul eie huise goed regeer; want as hy sy eie huis nie kan regeer nie, hoe sal hy vir die

gemeente sorg dra? Sy huisgesin is sy Jerusalem.

Die kragte en werkinge van Heilige Gees kom nie van buite af nie, dit kom van binne

af, buitentoe; dit kom uit die hart van elke mens teenoor sy naaste—en sy naaste is

eerstens sy eie huisgesin. Begin dadelik en herbou die puin van jou eie Jerusalem!

Soos reeds gesê, hierdie klein landjie, die huidige Israel, een van die kleinstes van die

honderde klein landjies oor die aarde, is ‘n doring in die vlees vir al die nasies op die

aarde; hy hou die hele wêreld op sy tone.

Hoekom?

Omdat, glo dit of nie, Israel IS die uitverkore volk van God.

Ismael, die oudste seun van Abraham, moes as eersgeborene die erfgenaam gewees

het, wat dan sou die land ook geërf het, maar God wat alles vooruit weet van die

begin af, het bo-oor hom gegaan en vir Isak gekies as die erfgenaam.

53

Soos almal weet is hierdie wêreld waarin ons vandag leef maar net die tydelike,

sigbare wêreld; die geesteswêreld waarin God en al sy heilige engele leef is die

permanente wêreld, die ewige wêreld.

In die geesteswêreld is die eersgeboortereg baie belangrik. So het God ook vir Esau

kwalik geneem omdat hy sy eersgeboortereg so min geag het dat hy dit verruil het vir

kos.

Daar is ‘n geesteswêreld van Lig waar God en al sy heilige engele lewe, en daar is ‘n

geesteswêreld van duisternis waar die duiwel met al sy gevalle engele lewe; dit is

twee verskillende geestelike koninkryke.

In die oë—of begrip—van die geesteswêreld van duisternis was dit ‘n groot fout dat

God vir Ismael, die eersgeborene, oor die hoof gesien het as erfgenaam. Daarom het

die afstammelinge van Ismael ook altyd die afstammelinge van Jakob gehaat. Vandag

is die Arabiere die nageslag van Ismael, en die Jode is die nageslag van Jakob, die

seun van Isak.

Deur hierdie Jakob begin God toe die uitverkore volk; uitverkore vir ‘n spesifieke

doel; en noem dit “die huis van Israel” na die nuwe naam wat God vir Jakob genoem

het. (Gen.32:28. Gen.35:10)

Daarvandaan, deur al die eeue van die Ou Testament, was nasies of persone geseën of

vervloek volgens die maat waarmee hulle Israel behandel het.

“Geseënd is die wat jou (Israel) seën, en vervloek is hulle wat joù vervloek!”

(Num.24:9) Hierdie Israel is die hedendaagse Jode, so gee aandag!

Onthou, God het vir Israel lief met ‘n ewige liefde; Hy sê Israel is die appel van sy

oog—raak aan Israel, en jy raak aan God se oogappel!

Toe Bileam probeer het om die volk van Israel te vervloek, het hy in plaas van ‘n

vloek, gesê hy sou wens dat sy einde soos die einde van Israel sou wees. Alhoewel die

volk baie erg gesondig het, het hy gesê hy sien net goed in Israel—dit is wat God hom

laat sien het.

Toe die dag op God se kalender aanbreek waarop die wêreld geoordeel moes word, en

dit dus tyd was vir God se verlossingsplan, kom die rede uit vir watter doel God

hierdie volk uitverkies het—hierdie volk wat Hy so liefhet.

Jesus Christus, God se offerlam, moes geslag word vir die verlossing van die hele

wêreld, en dààrvoor het God toe die Joodse volk nodig gehad. Hulle moes die

priesters wees om die offer te bring en die offerande te slag—en dit het hulle gedoen

omrede van hulle godsdiens! (Joh.12:31)

Presies soos God die stam van Levi uitgekies het tussen die twaalf stamme om die

offers te slag om daardeur die hele volk geestelik te kan versorg, sò het Hy die volk

van Israel tussen al die volke van die aarde uitgekies vir hierdie spesifieke doel, om

die volmaakte offer te bring—Jesus Christus; God geopenbaar in die vlees! Sodat

Hy daardeur verlossing kon bring vir die hele mensdom! Dit is ‘n presiese profesie

wat tot op die letter vervul is! (1 Tim.3:16)

Uit hierdie volk het die Christus na die vlees in die wêreld gekom; watter voorreg vir

54

hulle! En deur hierdie selfde volk is Hy verwerp en doodgemaak! Watter vloek op

hulle!

God gebruik sy eie om sy werk te doen, nie buitestaanders nie; sy eie volk, sy eie

Seun. Hy gee van Homself, nie van ander nie. (Joh.1:11)

Dit is ontsettend!

Wat het God van sy uitverkore volk verwag? Watter onbeskryflike las het Hy op hulle

gelaai om hulle eie God dood te maak? Hulle moes dit doen vir God; dit was nodig

sodat Hy daardeur die hele wêreld kon red.

O God! Hierdie volk wat die appel van U oog is het U uitverkies om hulle eie God

dood te maak, sodat ook ék gered kan word!

My hele wese krimp ineen van jammerte vir hierdie volk en van jammerte vir die God

van hierdie volk, wat hierdie ontsaglike prys moes betaal om sondaars gered te kry

van wie ek die vernaamste was wat ek ken!

En my hele wese juig van onuitspreeklike dankbaarheid!

Ja, hulle hét wel hulle eie keuse gehad om Hom dood te maak of nie, maar God het

hulle geken en Hy het hulle godsdiens geken, so Hy het al die pad geweet, van voor

die grondlegging van die aarde af, dat hulle dit sou doen, om dit daardeur vir Hom

moontlik te maak om al die afstammelinge van Adam te kon red.

Jesus self het ook sy eie keuse gehad; Hy kon kies of Hy op die kruis sou sterf, of nie.

Hy het dit vrywillig gedoen soos Hy beplan het, van ewigheid af.

Soos Hy een van die twaalf stamme gekies het om die offers te slag, en soos Hy die

volk van Israel gekies het om die volmaakte offer te slag, so het Jesus ook een van

die twaalf dissipels gekies om Hom te verraai; omdat Hy ook vir Judas geken het van

voor die grondlegging van die wêreld af; maar Judas het ook steeds sy eie keuse

gehad of hy Jesus wou verraai of nie.

Jesus het hom nie gedwing om dit te doen nie; Jesus het egter geweet dat, as Hy

iemand wou hê om Hom te verraai, dan moet Hy vir Judas kies; hy sou dit doen.

God weet alles vooruit!

So het God nie net sy eniggebore Seun geoffer nie, maar Hy het ook sy uitverkore

volk geoffer, om ook vir MY te kon red! Watter woorde sal hier pas?

Met hierdie daad het die volk van Israel egter nie opgehou om God se uitverkore volk

te wees nie; Hy het hulle nooit weggegooi nie—God verander nie en sy liefde vir sy

volk het nooit verander nie—pasop! Hulle is steeds die appel van sy oog!

Omrede van die onveranderlike Wet van “Saai en Oes,” die wet van die koninkryk,

(Mark.4:26) moet die Jode noodwendig die bittere vrugte van hul daad pluk. Daardie

dag toe hulle Jesus gekruisig het, het hulle uitgeroep: “Laat sy bloed op ons en op ons

kinders kom!”

Van daardie dag af het hulle steeds die bloed van hulle God op hulle hande en hulle

boet steeds—tot op die tyd vooraf deur die Vader bepaal, wanneer die oes klaar sal

wees.

55

Hulle was verstrooi oor die hele aarde vir amper 2000 jaar; hulle was vervolg en soos

‘n klomp vee geslag—sesmiljoen net deur Hitler in die tweede wêreldoorlog. Hulle

was gehaat en word steeds gehaat deur feitlik alle ander volke.

Tog IS hulle steeds die uitverkore volk van God; “die genadegawes en die roeping

van God is onberoulik.” (Rom.11:29) Op die kruis het Jesus uitgeroep dat hulle nie

weet wat hulle doen nie—hoe waar is dit! Baie min mense weet dit selfs vandag, in

ons verligte tyd.

Presies soos in die O.T. mense geseën of vervloek was namate van hulle liefde of haat

vir die Jode, was dit dieselfde gedurende hierdie afgelope 2000jaar, en is dit dieselfde

vandag; mense of nasies wat teen Israel is, is teen God—hulle weet dit net nie!

Die apartheidsregering van Suid-Afrika was al die tyd VIR die Jode en téén die

vyande van die Jode, soos die Arabiere en ander Jode-haters. Dieselfde jaar, 1948, toe

die Jode weer hulle land teruggekry het na soveel eeue, het die apartheidsregering ook

aan bewind gekom in SA. Dit was God se guns vir ons! Hulle het ook vir 40 jaar lank

verderf teengewerk.

Omdat hulle VIR die Jode was, het God ons uitermate geseën as volk, en alhoewel

die hele wêreld teen ons was, en ons ook baie foute gemaak het, was ons so geseënd

en is ons, as hulle nageslag, steeds geseënd en onder die guns van God.

Ons was ‘n eerste-wêreld nasie in ‘n derde-wêreld kontinent. Ons het ‘n baie groter

hoeveelheid van Christenskap en werklike wedergebore mense, as feitlik enige ander

nasie—maar baie van hierdie einste Christene weet nie wàt die rede is vir die guns

van God oor ons nie; dit is omdat ons vir Israel was, en is.

(Oor ‘n TV program wat Sondag 23 Desember 2007 gewys is, wat gehandel het oor

die AGS-kerk in SA, het Dr.Isak Burger, president van die AGS, gesê dat in SA

ongeveer een derde van die volk wedergebore is! Geen ander volk op die aarde kan

hierdie aanspraak maak nie!) [Die miljoene vlugtelinge wat uit die ander Afrikastate—veral

Zimbabwe—in SA instroom, is nie hierby bereken nie; hulle is nié Suid-

Afrikaners nie.]

Alhoewel Amerika ook deur die wêreld geoordeel en gehaat word, en ook baie foute

maak, nogtans is hy ook geseënd meer as ander lande, en onder die guns van God—

oor dieselfde rede, naamlik hulle is aan Israel se kant.

Laat elke mens ook maar na sy eie lewe oplet; vir Israel—dit is vir die Jode—is

onder die guns van God; en teen Israel, is nie meer onder die guns van God nie.

Onthou: “Geseënd is hy wat vir Israel seën en vervloek is hy wat vir Israel (Jode)

vervloek.” (Num.24:9)

Jesus het geprofeteer dat die vyeboom sal bot—en al die bome sal bot—hier naby die

wederkoms, so is Israel wat sy land teruggekry het en as nasie begin bot het dan die

vyeboom, en al die ander bome is al hierdie Afrikalande en ander lande wat

onafhanklikheid gekry het en is die oorloop van die guns van God van Israel af, dat

ander lande ook vrygeraak het.

Die somer is die guns van God!

56

Hier is dit soos ons lees dat die olie afgeloop het van die hoof van Aaron af tot in sy

baard; dit is die seën en guns van God wat van Israel af oorloop op ander nasies—

maar dit is ook die swaarkry van Israel wat oorloop op die nasies wat vir Israel

verdruk.

Toe, in die jaar 570nC word die profeet Mohamed gebore uit die geslag van Ismael,

die eersgeborene van Abraham. Die donker eeue van verval in die Roomse kerk met

al sy heidense gebruike in, weg van die lig van Jesus Christus af, het die tyd ryp

gemaak vir die koms van die “seun van die verderf” soos die Bybel voorspel het. (2

Thess.2:3)

Hy is die valse profeet met al sy volgelinge, al die Moslems. Nie alleen die Arabiese

Moslems nie, maar àlle volgelinge van Mohamed, met die Moslem-godsdiens, is die

valse profeet.

Vir ‘n rede wat vir hulle onbekend is haat hulle vir Israel; hulle geestelike heerser in

die geesteswêreld haat vir God, daarom haat hy God se volk, die Jode, en hy haat vir

Isak, hy haat die navolgers van Christus omdat hy vir Jesus haat.

Daar word beweer dat ‘n engel vir Mohamed gesê het om sy boek, die Koran, te

skryf. Daarvoor stry ek nie; dit mag ‘n engel wees wat dit gedoen het, maar dit was

beslis nie ‘n engel van God nie, want God sal nooit teen sy eie Woord praat nie! Die

Bybel sê dat, al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig wat in

stryd is met die wat deur Paulus verkondig is, laat hom ‘n vervloeking wees. Die

engel met die valse evangelie moet dus ‘n vervloeking wees. (Gal.1:8)

Hier het die gevalle engel—wat voorgegee het dat hy die engel Gabriël was—met die

valse evangelie gekom, en kom probeer “regmaak” wat al die eeue in die koninkryk

van duisternis se oë verkeerd was, naamlik dat die eersgeboortereg nie na die oudste

seun gegaan het nie—toe kom vertel die gevalle engel dat Abraham vir Ismael geoffer

het, nie vir Isak nie, en dat Ismael dus die erfgenaam is.

Hulle sê die Christene het die Bybel verander!

In hierdie valse evangelie van Mohamed word Jesus afgewater asof Hy net een van

die profete was—Jesus is God!

Die gevalle engel weet dit, en sy straf is vas en seker. (Openb.20:15) Maar hierdie

Moslem mense weet dit nie; hulle word aan die neus gelei deur hierdie valse profeet

en hulle volg hierdie valse godsdiens van die gevalle engel soos ‘n klomp skape die

voorbok volg na die slagpale.

Deur die eeue na Mohamed het die Moslem-godsdiens astronomies gegroei; vandag is

dit oral oor die wêreld, alle nasies is deurtrek daarvan; jou buurman kan ‘n Moslem

wees; jou dokter, jou apteker, enige een op enige plek.

Waar hulle ookal is, daar hits hulle onrus en opstand aan—en hulle haat vir Israel.

(Al is hulle ook hoé vreedsaam en “goed,” sodra hulle aangesê word om Christene of

Jode te vermoor ter wille van hulle afgod “Alla” sal hulle dit doen sonder om te

huiwer.)

[Lees die rede waarom hulle so baklei in die hoofstuk oor gevalle engele.]

Die Palestyne is ook Arabiere en meeste van hulle is Moslems. Omdat hulle vir tye in

die land van Israel gebly het terwyl die volk in verstrooiing was, beskou hulle nou die

57

land as hùlle land.

In 1948 toe die Jode hulle land teruggekry het, het die Palestyne dit beskou as

berowing van hùlle grond—hulle dink nie daaraan, of weet nie, dat God self vir Jakob

en sy nageslag die erfgenaam van hierdie land gemaak het nie.

Vir al die jare daarna was daar opstande en moorde en onrus tussen hierdie twee

nasies wat tesame op dieselfde grond moes woon. Vandag eis die Palestyne deel van

hierdie ou klein grondjie vir hùlle as ‘n eie land—en hulle sàl dit kry; die VN sal dit

vir hulle gee.

Die Bybel sê dat “al die nasies” (die VN) die land sal verdeel. (Joël 3:2) En God sal

hulle kry daarvoor! Hulle dink nie daaraan dat die Arabiere reeds vyfhonderd maal

soveel grond het as die ou klein grondjie van Israel nie; hulle wil dit ook hê.

Van die jaar 2000 af het oorlog uitgebreek tussen die twee volke; alle Arabiere en alle

Moslems is aan die Palestyne se kant—vanselfsprekend—so hulle is teen Israel. Hulle

wàs altyd teen Israel, alhoewel hulle nie kan sê waarom nie; hulle haat Israel, hulle

haat die Jode. Hulle weet nie waar kom hierdie diepgesetelde Jode-haat vandaan nie.

Alle simpatiseerders van die Arabiere en Moslems is ook teen Israel.

In 1991 toe Amerika vir Irak aangeval het om vir Kuweit te red, het Saddam Hussein

onmiddelik vir Israel begin skiet! Hy het spesiale langafstand missiele gehad, klaar op

Israel gerig, wagtende vir ‘n rede om vir Israel te skiet!

Saddam Hussein is reeds tereggestel, soos gebeur met moordenaars; hy moes nie met

die Jode gemors het nie; maar die volk van Israel gaan steeds aan, en sal aangaan,

want God het hulle lief.

Israel was Saddam se vyand, want Israel is die Arabiere se vyand; omdat Amerika

‘n vriend van Israel is, is Amerika ook hulle vyand. 11 September 2001 toe die wrede

terroris, Osama Bin Laden, die twee torings in New York verwoes het, was dit

weerwraak op Amerika, omrede van sy vriendskap met Israel.

En soos dit nou gaan, lyk dit of selfs Amerika ook voor die druk van die Moslems

gaan swig—die hele Amerika is deursypel en deurspek van Moslems en hulle ewe

wrede simpatiseerders, en hulle kan enige tyd op enige plek toeslaan en verwoes.

Amerika kan nie sy grense beskerm teen die Moslem-terroriste nie, want hulle is nie

buite sy grense nie; hulle is ingespek in die hele land.

Alles omrede van hulle verterende haat teen Israel.

Wanneer hierdie swart man, Obama, die volgende Amerikaanse President word in

November 2008, dan is die Luiperd, wat die terroriste-maatjie van Islam is, ook

viervoet gesetel binne-in Amerika! Dan is Amerika se val ook nie meer vér nie!

Van 11 September gepraat, in die numeriese waarde beteken 11 verdeeldheid of

disorganisasie. Ek het ‘n paar bladsye waarop dit baie duidelik word dat die gevalle

engele met fyn berekende sekuurheid saam met die Moslems gewerk het aan die val

van daardie twee torings, en dit werk alles met die getal van 11, en die rede is om vir

Israel van die aarde af te vee.

Onthou; vriend van Israel is vriend van God; vyand van Israel is vyand van God. God

58

sê as jy aan Israel raak, dan raak jy aan sy oogappel; Hy het dit nog nooit verander

nie.

Daar word juis beweer dat vyftig tot sestig persent van alle huidige Jode nie aan God

glo nie; hoedanig dit die waarheid is, weet ek nie. Hùlle “glo” miskien nie aan God

nie, maar jy kan verseker wees daarvan dat God aan hùlle “glo!”

Volgens die Bybel sal die groot slag van Armageddon teen Israel geveg word, en “al

die nasies”—dit is die VN—sal betrokke wees; opgesteek deur die valse profeet, dit is

die Moslems, (Openb.16:13-16) ook deur die “dier,” dit is die Luiperd wat die swart

Afrika-nasies is, en ook deur die draak, dit is Sjina.

Vir baie jare al is hulle diepe en innige terroriste-maatjies!

Iets moet net die lont aansteek. Met die onlangse vergadering van die “Beraad van

Onverbonde Lande” het ek die klomp op TV gesien—‘n kruitvat teen Israel wat

mekaar opsteek en aanhits, en net wag vir ‘n vonkie om aan die brand te slaan; mens

kon die onrus en opstand in hulle hele houding aanvoel!

Hulle propageer dat Israel is rassisties omdat hy sy eie land wil hê en sy eie taal wil

praat! Van alle sot dinge!

Omdat Suid-Afrika ook nou ‘n nie-permanente lid van die VN is, is SA weer gekies

as voorsitter vir die vergadering wat in Maart 2008 gehou sal word. Nou het SA te

kenne gegee dat hy staan vir “vrede en veiligheid!”

Hier is dit nou die eerste keer dat hierdie woorde gebruik word, want die Bybel sê:

“Wanneer hulle sê vrede en veiligheid, dan oorval ‘n skielike verderf hulle!” Elke

saak wat gebeur moet noukeurig op gelet word.

Selfs baie Christene is teen Israel met die verskoning dat die Jode vir Jesus gekruisig

het. Waaraan hulle nie dink nie, is die rede waarom Israel dit gedoen het—juis om dit

vir hierdie selfde Christene moontlik te maak om ook deur Jesus gered te word; wàt

dink hulle!

As Christus nie gekruisig was nie, kon geen mens gered word nie—tog!!!

Baie Moslems dink hulle is deur “God” aangestel om “Israel van die aarde af te vee.”

Die gevalle engele van die duisternis-geesteswêreld, baie hoër as hulle, beïnvloed

hulle en steek hulle op teen Israel.

Maar die gevalle engele vertel hulle nie wat sal die uiteinde wees nie!

Wat omtrent Suid-Afrika? Ons ANC-regering is ‘n bondgenoot van die Arabiere en

Moslemlande teen Israel vir baie jare. Dit is ook geprofeteer in die Bybel waar Hy

skryf dat die luiperd ook sal betrokke wees in die geveg teen Israel, saam met die

valse profeet, die Moslems, met die slag van Armageddon. (Openb.16:13) Onthou; dit

is geskrywe!

Dikwels deur die jare het die ANC-regering sy volle steun aan Saddam Hussein en

ander Moslem-lande bevestig. (11 Febr.2003)

Op die 12de Maart 2007 het die verwoede Moslems in Kaapstad ‘n optog gehou om

die ANC-regering te probeer dwing om teen Israel op te staan en om “betrokke te raak

in Gasa” teen Israel, omdat Israel homself moet verdedig teen tientalle missiele wat

gedurigdeur, daagliks, op hom afgeskiet word deur die Palestyne—veral deur die

59

Moslem-Palestyne. Nou mag Israel homself nie verdedig nie, en omdat hulle dit wel

doen, moet SA, die luiperd, nou betrokke raak teen Israel!

Die ANC-regering van SA is vir al die jare alreeds teen Israel en vir die Palestyne.

Armageddon sal die laaste slag teen Israel wees voor die aanbreek van die duisend

jaar van rus; (Openb.20) dit sal heelwaarskynlik ‘n atoomaanval van die Moslemlande

teen Israel wees; dit is die laaste oorlog teen Israel omdat hy sy eie God

doodgemaak het—die nasie wat Hy liefhet met ‘n ewige liefde, liewer as sy eie lewe!

Maar in hierdie geveg sal God aan hùlle kant veg, en hulle vyande sal deur God

uitgeroei word! En die hele oorblyfsel van Israel sal dan gered word.

Dan sal God hulle troos soos ‘n kind wat deur sy moeder getroos word, (Jes.66:13)

oor die vreeslike ding wat hulle moes doen om hulle eie God te kruisig, en ook oor al

die bitter smarte wat hulle daarna moes deurmaak. (Rom.9:27)

Dis die enigste nasie wat ooit hierdie belofte van God gekry het om as volk gered te

word, want geen ander nasie is die uitverkore volk van God nie. Dan sal hulle vir

Jesus ken as hulle God, en Hom ook aanneem as sulks.

‘n Betydse waarskuwing aan Suid-Afrika asook elke ander nasie en land, is om op te

pas om nie kant te kies teen Israel nie. In hulle oë is Israel die boelie, omdat hulle as

vriend van die Moslem-wêreld, waar die Jode gehaat word, gewoond is om net Israel

se foute te sien. Maar oppas! Teen Israel, selfs in jou diepste hart, is teen God.

So trek ook elke mens wat teen die Jode is in dieselfde juk saam met die ANCregering

en al die ander Jode-haters—teen God, en hulle weet dit nie eens nie!

So, dink hierdie ding deur; God kan nie verkeerd wees nie; moenie die appel van sy

oog aanraak nie, jy kan nie teen God wen nie! Beter vir Israel, as teen hom!

Enige opstand of oorlog in die Midde-ooste kan die begin wees van Armageddon, of

dit kan een van die oorloë wees waarvan die Bybel skryf vir die laaste dae; “oorloë en

gerugte van oorloë,” ek weet nie wanneer dit sal gebeur nie.

Nà die duisend jaar sal die duiwel en al sy volgelinge, die Gog en die Magog, weer

teen Israel veg; hulle haat is so groot! Maar God sal hulle wegvee met die asem van

sy mond. (Openb.20) Dan sal dit eindelik die einde wees van Israel se vyande.

Dit is die rede waarom Israel ‘n doring in die vlees vir die wêreld is.

Watter kompensasie en troos is daar dan vir Israel oor hierdie vreeslike daad wat hulle

moes doen?

Ons is vandag baie naby aan die wederkoms van Jesus Christus. Die Bybel is baie

duidelik daaroor dat die oorblyfsel van Israel gered sal word. (Rom.9:27)

Nou, ons weet dat geen volk of groep as sodanig gered kan word nie; elke enkeling

moet hom bekeer en laat doop in die Naam van Jesus Christus en so wedergebore

word om gered te kan wees. (Mark.16:16 Hand.2:38)

60

Dus sal elke Jood wat op daardie oomblik op die aarde is vir Jesus aanneem as sy

Verlosser en Here, en so sal die hele oorblyfsel gered word.

Wat die rede sal wees wat sal aanleiding daartoe gee dat die Jode so gered sal word,

weet ek nie. Ek het gedink dat dit miskien sal wees wanneer hulle vir Jesus op die

wolke sal sien kom, dan sal hulle sien dit was al die tyd Hy wat hulle Messias was, en

dan bekeer—almal van hulle weet van Jesus.

Hoe God dit sal regkry om hulle almal as volk te red, weet ek nie; wat ek wel weet is

dat God enigiets kan doen, al lyk dit onmoontlik; God kàn en Hy sàl, want dit is

klaar geskrywe.

Dit hoef ook nie ure te neem om te bekeer nie; net een opregte sug voor God, en die

geestelike werk is gedoen. God luister nie na die woorde van ‘n gebed nie—Hy ken

dit al van voor die grondlegging af—Hy “luister” na die hart van die gebed en dan

reageer Hy daarop.

Of dit dus met die wederkoms sal wees, weet ek nie—die Bybel is nie duidelik

daaroor nie, maar dit sàl wel gebeur. Wanneer die “tye van die nasies” voltallig is, sàl

die volk van Israel se beurt kom.

Die volk van Israel, die Jode, is die enigste volk wat ooit as volk by God hierdie

belofte gekry het dat die hele oorblyfsel gered sal word—daar is geen ander nasie met

wie dit so sal gebeur nie.

Ek is eerder VIR die Jode as teen hulle!

Hoofstuk 10

Die Evangelie van die Koninkryk.

As jy nog nie seker is van wedergeboorte nie, let noukeurig op die paar bladsye wat

hier volg, en dan neem jy vir Jesus aan vir redding van jou gees, siel en liggaam.

Omdat ons nou aan die einde lewe en, soos voorheen duidelik geword het, verwag dat

Jesus binne die volgende paar jaar sal terugkom, verkondig ons nie langer meer net

gewoonweg “die evangelie” soos dit vir al die jare gedoen is nie.

Jesus sê: “Hierdie evangelie van die koninkryk moet eers aan al die nasies

verkondig word, tot ‘n getuienis vir hulle, en dan sal die einde kom.” (Matt.24:14)

Hierdie evangelie van die koninkryk. Jesus self het deurgaans die evangelie van die

koninkryk verkondig. Oor hierdie verkondiging en lewe van Hom is Hy gekruisig—

Hy was die eerste martelaar van die N.T. wat deur godsdiens gemartel en

doodgemaak is; nà Hom het honderde miljoene gevolg, en hierdie selfde dag wat jy

noù hier lees, word steeds duisende gemartel en doodgemaak deur kommunisme en

die Moslems.

Wees dus bereid om ten koste van jou lewe hierdie evangelie van die Koning, Jesus

Christus en sy koninkryk te dien en te verkondig. Ons staan en sterf vir onse God,

Jesus; nie vir rituele en godsdiens nie. Wees bereid!

61

Wat is die verskil tussen hierdie “twee” evangelies?

Tot dusver is meeste mense net geleer dat hulle moet “hulle hart vir Jesus gee,” dan

sal hulle hemel toe gaan; die Pinksterkerke het darem geleer hulle moet bekeer en

hulle laat doop en dan sal hulle gered wees van die hel, dat hulle sal hemel toe gaan,

en nie langer hel toe nie. Hierdie laaste is die waarheid.

Dan het hierdie mense bekeer, hulle het kerk toe gegaan, en hulle het presies net soos

voor hulle bekering gelewe in armoede, siekte en allerhande verslawings. Dit is dan

alles toegedig aan “die ou duiwel” en hulle is getroos daarmee dat die duiwel nou

maar eenmaal daar is om ons te grief, maar eendag, ja, eendag, sal ons hemel toe gaan

en van hom ontslae wees!

Vir die verslawings en siektes word dan maand-in en maand-uit gebid, party word dan

verlos van so iets soos rook of drank, so nou en dan word iemand selfs gesond, maar

verder sukkel hulle net so aan—hemel toe!

En land ook daar aan, op die ou end.

Hierdie evangelie was goed vir die afgelope amper 2000jaar, maar vir hierdie laaste

paar jaar voor die wederkoms is dit nie meer genoeg nie; in hierdie tyd van die einde

kom die Christene te staan voor die merk van 666, wanneer hulle nie meer sal kan

koop en verkoop sonder om die merk te vat nie, en dan het hulle beslis méér nodig as

om net te weet hulle gaan eendag hemel toe!—al is dit ook hoé wonderlik. Hulle het

die evangelie van die koninkryk nodig, wat hulle kan leer om in oorwinning te lewe,

en ook te sterwe.

Hierdie wat ons tot dusver gehad het is nie dieselfde evangelie as wat Jesus verkondig

het nie!

Dit is nie die evangelie, die goeie nuus, wat Jesus vir elke mens aan die kruis, deur die

hel, en met sy opstanding verdien het nie! Trouens, soos hulle aansukkel is dit nie

eens goeie nuus nie!

Om die duiwel voortdurend in jou lewe te hê en maar met hom te moet uithou, dit is

beslis nié goeie nuus nie!

Die evangelie van die koninkryk van God is nie net vir eendag hemel toe gaan nie,

maar vir die verlossing van die totale mens; gees, siel en liggaam. In àlles méér as

oorwinnaars.

Die gees met sy siel word wedergebore in die koninkryk in, dan is jy uit God gebore;

uit die Koning gebore, en dus self ook ‘n kind van die Koning in die koninkryk.

Onthou, mens kan nie studeer om koning of kind van ‘n koning te word nie, mens

word ook nie in ‘n verkiesing verkies tot kind van ‘n koning soos ‘n president gekies

word nie; ‘n koning word gebore as koning en ‘n kind van ‘n koning is juis konings-

kind omdat hy uit die Koning gebore is.

Maar hierdie evangelie moet verkondig word!

Jy verkondig aan hom dat wanneer hy vir Jesus aanneem, dan word die siel gered en

terselfdertyd verlos deur Jesus van oorlewerings en verslawings wat deur verkeerde

glò in die mens gebeur; hy word verlos van armoede en sukkel, en terselfdertyd word

die liggaam genees van siekte.

62

Dan gaan hy nòg hemel toe, maar intussen lewe hy ‘n kwaliteitslewe hier op die aarde

as ‘n gebore kind van God, vir ‘n getuienis van die reddende genade van die Koning

van die koninkryk.

Dan kan jy staan in die tyd wat voorlê, sonder om deur vervolging of selfs die dood

rondgegooi te word.

En die duiwel word nie eens genoem nie, want Jesus het die hele, totale duiwel gewen

en al sy werke verbreek. Jesus het nie die duiwel gelos vir later, sodat sy kinders

eendag elkeen vir homself die duiwel moet probeer wen nie. Die duiwel het geen plek

in die koninkryk van God nie!

Vir hierdie evangelie sal jy vervolging verduur; nie deur die duiwel nie, maar deur sy

gif, naamlik oorlewerings en godsdiens.

Let op, Jesus sê die evangelie van die koninkryk moet verkondig word “tot ‘n

getuienis vir hulle.” Dit moet dien as getuienis van hoé dit in Jesus se koninkryk is.

(Matt.24:14)

Waar lê die verskil? By die verkondiging.

Tot dusver het met die nuwe bekeerling net gebeur wat aan hom verkondig is, en wat

hy toe geglò en dan ook aangeneem het—om gered te word van die hel en hemel toe

te gaan. Dit is àl wat aan hom verkondig is.

Hy kan nie iets glo wat nie aan hom verkondig word nie!

Wanneer iemand nou die evangelie, of te wel, die goeie nuus, van die koninkryk

verkondig, dan verkondig jy aan die persoon dat wanneer hy Jesus aanneem as sy

Here en Saligmaker, en hy hom laat doop in die Naam van Jesus Christus, dan word

hy deur wedergeboorte ingebore in die koninkryk van God, waar Jesus heers, en

waar Jesus dan sy Here is—dan lewe hy hier op die aarde onder die Heerskappy van

Jesus.

Dan red Jesus hom van die hel, ja, en doop hom terselfdertyd met Heilige Gees soos

beloof is in Hand.2:38, hy verheerlik God in vreemde tale—lees dit vir hom dat hy

sien wat om te verwag dat hy dit kan glò; dan neem hy ook Jesus aan as sy Verlosser

van elke soort sonde en verslawing; lees daarvoor vir hom Efe.1:7 en lê klem daarop

dat hierdie verlossing reeds daar IS vir hom, want àlles is reeds vir hom gegee saam

met Jesus. (Rom.8:32) Hy moet dit net aanneem deur dit te GLO.

Verkondig aan hom dat, soos hy Jesus aanneem as Saligmaker, so neem hy Hom

terselfdertyd aan as Verlosser; ook as Verlosser van armoede en gesukkel, want

daarvoor het Jesus gesterf.

Daarvoor lees jy vir hom 2 Kor.8:9. Doen moeite en lees vir hom hierdie Skrifte.

Jy verkondig aan hom dat hy dan ook terselfdertyd deur Jesus genees word van

enige en elke soort siekte! Verkondig dit aan hom! Lees dit vir hom uit die Bybel;

Hand.28:27, dat hulle sien dat die Bybel sê as hulle bekeer dan genees Jesus jou

terselfdertyd.

Verkondig aan hom dat hy met wedergeboorte ‘n splinternuwe skepsel is; hy is nie ‘n

“oorgemaakte” of verbeterde of gerehabiliteerde sondaar nie; die sondaar sterf daar

met sy bekering saam met Christus aan die kruis, word dan deur die doop begrawe in

die dood, en hy staan dan daar op in ‘n nuwe lewe—die ewige lewe. (2 kor.5:15.

Rom.6:4)

63

Soos ‘n natuurlike baba; met sy geboorte is hy ‘n splinternuwe mens wat nog nooit op

die aarde gelewe het nie, sonder enige verlede.

Die wedergebore mens is ook ‘n splinternuwe skepsel sonder enige verlede; hy loop

nie kruppel en sleep met sy voete vasgemaak aan ‘n sondige verlede nie; hy dra nie

langer enige sondige verlede as bagasie op sy skouers nie; hy is splinternuut; hy begin

daardie selfde dag Lewe!

Hy hoef ook nie na sy wedergeboorte te probeer om nou deur wette te hou—Nuwe

Testamentiese wette, Ou Testamentiese wette, kerkwette—te verdien om gered te

word nie—Jesus het dit vir hom verdien; hy is skoon, sonder enige sonde, wanneer hy

deur Jesus se bloed en die Gees van God uit God gebore is. Geen baba hoef homself

te probeer maak nie!

Hy vergewe alles en almal en ook homself en lewe verder sekonde na sekonde tot eer

en verheerliking van Jesus Christus; ‘n nuwe skepsel. (2 Kor.5:17)

Dit is die volle pakket, want Jesus hét alles vir almal verdien en gedra, terselfdertyd

met sy dood en hel-toe-gaan en opstanding.

Jesus het nie nét gesterwe om mense uit die hel te kry en hemel toe te vat nie—alhoe-

wel dit uitermate wonderbaar is—maar Jesus het vir elke aspek in die mens se lewe

gesterf—dit is alles wat onder die heerskappy van Jesus is, in sy koninkryk.

Dit is ‘n skande op die Naam van Jesus dat wedergebore kinders van God so voortploeter

op pad hemel toe, terwyl ons Vader die Koning van die heelal is; terwyl Hy

alles besit en alle mag het, en terwyl Hy ons uitermate liefhet!

Hierdie volkome voorsiening wat Jesus vir ons verdien het aan die kruis moet net

verkondig word, anders weet mense dit nie, en gevolglik kan hulle dit nie glò nie en

dan neem hulle dit nie aan nie, want hulle weet nie daarvan nie.

Saam met bekering kom dan redding, verlossing van “drugs” soos wat rook en drank

ook is, verlossing van alle slegte gewoontes, verlossing van die armoede-sindroom en

sommer ook verlossing van die duiwel! (Matt.6:13) Ook totale en volkome genesing

vir die hele liggaam.

Dit moet net so verkondig word!

Ek het ‘n jong vrou gesien wat opgevreet was van die kanker; tot haar tandvleise was

al weggevreet; sy het toe reeds verskillende operasies gehad, en sy het ‘n erge reuk

afgegee. Ek het vir haar uit die Bybel gewys in Hand.28:27 dat as sy bekeer, dan

genees Jesus haar—dit sê GOD!!!

Sy het haar bekeer en daar het Jesus haar genees van daardie kanker—dit is nou

ongeveer agt jaar gelede, en sy is blakend gesond en dien vir Jesus met haar hele hart!

Ek het daar absoluut niks mee te doen gehad nie—Jesus het dit klaar gedoen; ek het

dit net verkondig!

Wat jy aan mense verkondig, dit glo hulle en neem dit aan, dan IS dit vir hulle so!

64

Dit is hoekom Jesus sê die evangelie van die koninkryk moet verkondig word tot ‘n

getuienis vir die nasies.

Om in ellende en siekte te lewe is regtig nie ‘n goeie getuienis van mens se Koning

nie; om te kan wys dat Hy red en genees en versorg, is ‘n goeie getuienis; en Hy doen

dit!

Vir hierdie Koning en sy koninkryk kàn jy maar gemartel word en sterf!

Maar nou moet elkeen net sorg dat jy die kennis kan kry van die gebruik van die

Magtige Naam van Jesus; lees dit in my boek: “Die Koning en sy Koninkryk” en

beoefen dit, dan sal jy ondervind dat hierdie duisternis joù nie sal skade aandoen nie.

Hoofstuk 11

Die Koninkryk en die Koninkryk se Wet;

Die Een Gebod.

Terwyl ons nou navors en bietjie dink oor die tyd van die einde, moet ons oplet wat

sê Jesus, wàt moet gebeur voor die einde dan sal kom.

Ons lees in Matt.24:14: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word

in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.”

Vir al die eeue is die evangelie op een of ander wyse verkondig, maar dit was nooit

voorheen die evangelie van die koninkryk wat verkondig is nie.

As ons mooi oplet wat Jesus verkondig het, dan sien ons dat Hy deurgaans hierdie een

boodskap gebring het, naamlik die koninkryk van God, of ook die koninkryk van die

hemele. Alles wat Hy geleer en gedoen en gelewe het, het Hy elke keer gebring by die

evangelie van die koninkryk.

In die vorige hoofstuk het ek bespreek hoé die evangelie van die koninkryk vandag

verkondig moet word.

Ons het reeds gesien hoedat die koninkryk van God op die aarde vervang is met die

koninkryk van satan, deurdat Adam die aarde aan satan oorgegee het. Van daardie tyd

af was die aarde nooit weer onder God se heerskappy nie, God was nie meer die mens

se Geestelike Vors nie; satan met al sy gevalle engele was.

Toe kom God na die aarde in ‘n menslike liggaam, as Jesus, en kom proklameer weer

die koninkryk van God op die aarde, en deur sy dood en opstanding wen Hy vir

satan en neem weer heerskappy oor die aarde, en Hy maak dit moontlik vir elke mens

wat wil, om weer, vir die eerste keer in 4000 jaar, in God se koninkryk ingebore te

word, deur wedergeboorte —die teenoorgestelde as wat met Adam gebeur het; die

mens moet dit net weet, en daarom moet òns hierdie evangelie van die koninkryk

verkondig.

En daar maak Jesus hierdie voorspelling dat die evangelie van die koninkryk eers

oor die aarde verkondig moet word as getuienis vir al die nasies, voordat die einde

kom.

Hy sê nie vir elke persoon nie, maar wel vir elke nasie.

65

Voorheen het ek reeds ‘n boekie geskryf oor die Koning en sy Koninkryk. Skielik

hoor mens oor TV, oor radio, oral waar mense praat, van al die groot predikers wat

nou oor die Koninkryk begin praat en verkondig.

‘n Duidelike teken van die einde wat voor die deur is.

Alhoewel ek oor die koninkryk geskryf het, oor die geestelike prinsiep waarop die

koninkryk werk, naamlik Saai en Oes, en oor die heerskappy van die koninkryk, het

ek nog nie geskryf oor die Wet van die koninkryk nie.

Hierdie wat ek noù skryf is ook deel van die teken van die spoedige verskyning van

Jesus, naamlik; die verkondiging van die evangelie van die Koninkryk.

Jesus, die Koning van die Koninkryk sê: “’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle

mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan

sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.” (Joh.13;34-

35)

Ons weet dat ‘n wet, of ‘n gebod, iets is wat die mens moét gehoorsaam en doen; dit

laat jou nie met ‘n keuse nie; dis nie so dat as jy wil kan jy dit doen, of as jy wil kan jy

dit los nie.

Binne die wet is die enigste vryheid en veiligheid.

Byvoorbeeld, ‘n stopstraat is ‘n wet; as jy stop is jy veilig binne die wet, maar as jy

nie stop nie sal jy maar beslis die gevolge moet dra; jy kom in ‘n botsing of jy kry ‘n

boete; jy het nie ‘n keuse nie, jy moét gehoorsaam.

Nou is dit vandag so dat feitlik alle mense op een of ander manier aanhoudend besig

is om “die gevolge te dra” en niemand weet waarom dit nie goed gaan nie; party is

siek, ander is arm, ander is ongelukkig—alles gevolge van ‘n wet wat oortree is—en

ons weet dit nie!

In die Ou Testament was die Tien Gebooie die samevatting van honderde wette en

voorskrifte en elkeen moes onderhou en gehoorsaam word, anders het plae en

ellendes die volk getref.

Daar was ‘n rede vir elkeen van daardie wette, want die oortreding daarvan het vir die

volk slegte gevolge ingehou en die gehoorsaamheid daaraan het vir die volk goeie

gevolge ingehou—dit was saai en oes! Doen julle die Wet, dan oes julle reg; oortree

julle die Wet dan oes julle ellende.

Die wette moes die volk deursien om te kon stil en rustig en gesond lewe in ‘n aarde

waar die heerskappy aan die duiwel behoort het.

Toe kom Jesus en kom maak die duiwel aan wie die heerskappy behoort het, tot niet

deur sy dood, (Heb.2:14) en so vervul Hy daardie hele wet en wette; Hy kom

proklameer opnuut die koninkryk van God op die aarde—kom vervang die heersende

koninkryk van duisternis met die koninkryk van Lig—en maak dit moontlik vir elke

mens om te kies om voortaan in die koninkryk en heerskappy van God op die aarde te

lewe—deur wedergeboorte. (Joh.3:3-5)

Wanneer mens die geskiedenis van Israel lees sien mens hoe hulle soms vir baie jare

afgedwaal het van God se wette af weg, agter afgode aan, en dan het dit met hulle so

sleg gegaan, alles het verkeerd geloop en hulle is deur die vyande verslaan en alles;

tot op ‘n dag dat iemand weer iewers ‘n rol in die hande kry waarop die wet geskryf

66

is, dan kry die koning dit en dadelik het hy berou en hy bekeer, en die volk bekeer en

begin weer die wet onderhou.

Nie volmaak nie, hulle weet nie eens hoe dit gedoen word nie, want vir geslagte lank

was hulle sonder wet, maar net daardie besluit wat hulle geneem het, daardie berou en

bekering, werk dan vir hulle geestelik so dat dit dadelik met hulle begin voorspoedig

gaan en hulle weer gesond word en alles. “Die Wet is geestelik.” (Rom.7:14)

Die volk van die Ou Testament is ‘n voorbeeld van die individu van die Nuwe

Testament; soos dit met die Joodse volk gebeur het in daardie tyd, gebeur dit met die

enkeling nà Jesus se kruisiging.

God het beloof: “Ek sal My wette in hulle harte gee” (Jer.31:33. Heb.8:10) en Hy

doen dit ook deur aan elke mens met sy wedergeboorte “die Liefde van God in sy hart

uit te stort, deur Heilige Gees wat aan hulle gegee is.” (Rom.5:5)

Dit is hoe Die Wet in ons harte gegee is, want die Wet is liefde. Wat is hierdie liefde?

Die Bybel sê: “God is Liefde.” (1 Joh.4:8,16. 2 Kor.3:17,18)

Na wedergeboorte hét jy die liefde van God—wat God self is—in jou hart, jy hoef nie

meer daarvoor te bid nie, jy hoef ook nie meer te sing: “Kom stort tog die liefde van

Emmanuel uit in my siel” nie!

Die “Wet” van God is nou in jou hart, presies soos God beloof het. Nou moet jy dit

net weet en dit dan lewe—jy moet die liefde wat in jou hart uitgestort is lewe, want

JY moet daardie gebod van Jesus doen en gehoorsaam.

Soos die gehoorsaamheid aan die gebooie van die O.T. vir die volk beteken het vrede,

voorspoed, veiligheid, lang goeie lewe ens. so beteken die hou en lewe van hierdie

nuwe gebod vir elkeen wat dit doen en lewe ook vrede, genesing, lang goeie lewe ens.

Alles wat onder die O.T. wette goed was, en nog meer, want ons is onder ‘n beter

verbond. (Heb.8;6)

“Jesus is Middelaar van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettiglik gegrond is.”

Alles wat seën en guns was vir die volk onder die O.T. wette is nou vir jou seën en

guns—en nog baie meer—want deur die gebod van die liefde te lewe hou jy dan ook

sommer die hele O.T. wet!

Kyk wat skryf die Bybel: Ons is verskuldig om mekaar lief te hê, “want hy wat ‘n

ander liefhet, het Die Wet vervul.” (Rom.13:8)

As ek die ander liefhet en in God, wat binne-in my is, se liefde lewe, dan vervul ek

nie alleen die nuwe gebod wat Jesus gegee het nie, maar ek vervul ook daarmee die

Tien Gebooie—mense wil tog so graag altyd onder die Tien Gebooie wees!

Hoe weet ons dit? Lees net Rom.13:8-10 en ons sien dat die wet waarvan die Bybel

hier praat, is die Tien Gebooie, en dat “hy wat ‘n ander liefhet het die wet—dit is die

Tien Gebooie—vervul.”

“Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: jy moet jou naaste liefhê soos

jouself.” (Gal.5:14)

Wanneer ek Christus doen en lewe, dan lewe ek die liefde van God, want Hy is liefde,

en Hy is ook die vervulling van die wet—en alle wette.

67

As ek nou nié die liefde lewe en so die gebod hou nie, dan moet ek maar die gevolge

dra soos armoede, siekte, onveiligheid, smarte ens. Is dit dan ‘n wonder dat ons almal,

bekeerdes en onbekeerdes, Christene en nie-Christene, so gedurigdeur besig is om

“die gevolge te dra?”

Watter mag van onkunde heers onder God se kinders? Dit is die afgewaterde

godsdiens waarmee die meeste dierbare mense hulle besig hou; godsdiens is nié GOD

nie!

Ons weet nie eens van die gebod nie! Dit word feitlik nooit eens genoem of raakgelees

nie! Ons weet wel van die skrif, maar ons lewe dit nie.

Of mens ‘n Christen is of ‘n heiden, as jy die wet van swaartekrag verontagsaam en

van die dak af stap, dan breek jy jou bene—dit is ‘n wet en dit werk vir almal.

Ek is 77 jaar oud en 51 jaar gered deur Jesus se groot genade; ek het ongeveer 500

verskillende openbarings by Heilige Gees gekry tot dusver, maar ek het nooit die

gebod van die liefde willens en wetens gehou en gelewe as Die Wet nie!

Ek het reeds ongeveer 15 verskillende boeke geskryf waarvan ek daagliks talle gratis

uitstuur vir elke mens wat dit wil hê; ek het deernis en ontferming vir baie mense en

doen wat ek kan, juis omdat die liefde van Christus my so dring, (2 Kor.5:14) maar ek

het nooit daaraan gedink dat ek onder Die Wet is nie, dat ek nie ‘n keuse het nie, dat

ek nie maar net hier en daar daaraan kan raak en dit nooit ‘n gedagte gee nie!

Wanneer mens ‘n wet oortree dra jy die gevolge!

Dit is ‘n geestelike wet; dit het ‘n uitwerking in die geestelike dimensie en mens weet

nie hoeveel siektes en ellendes en ongelukke kom mens oor net omdat jy nie die wet

hou deur in liefde te lewe nie!

Hoe lewe mens dan die liefde?

‘n Baie goeie voorskrif en hulp is 1 Kor.13, maar elkeen van daardie versies kan

amper ‘n boek op sy eie maak soveel vertakkings het elkeen. Liefde verdra alles!

Kyk maar na “die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die

vervulling van die wet.” (Rom.13:10)

Om die naaste géén kwaad te doen nie, beteken jy sien en hoor geen kwaad van enige

mens nie—jy laat ook niks toe wat enigsins kan kwaad doen nie, nie eens in jou gedagtes

nie!

Die Bybel sê nie mens moet nou juis ‘n gevoel van liefde hê nie; dis nie ‘n gevoel nie,

dis gehoorsaamheid aan Christus—jy hou sy gebod al byt jy ook op jou tande—en jy

loof en prys en dank Hom vir die voorreg!

En God se liefde is nie blind nie; God hou Hom nie blind vir ons sondes nie, Hy wil

ons reghelp en Hy vergewe ook onvoorwaardelik wanneer ons met berou bely, maar

Hy weet alles en keur beslis nie ons sondes goed nie.

Net so is dit met ons ook wanneer ons onder God se wet lewe; ons sien die mense se

foute en probeer in liefde reghelp—ons smeer dit nie net toe nie, maar ons vlek dit

68

ook nie oop vir ander mense nie.

Kyk wat skryf die Bybel: “Broeders, wanneer iemand ewenwel deur een of ander

misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid,

terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.” (Gal.6:1)

Mens sien die foute van ‘n regering of ander instansie, maar jy het die mense wat

betrokke is so lief dat jy jou uiterste doen om aan hulle Jesus as redding te bring.

Die Bybel sê God is liefde, nou hoor ons mense sê: “Liefde is God.” Dit is nie die

waarheid nie, want alles wat vandag “liefde” genoem word is beslis nie God nie. Kom

ons kyk net wat die Bybel regtig sê.

Om dit duideliker te maak sal ek moet skryf van die drie verskillende Griekse woorde

wat almal in Afrikaans met “liefde” vertaal word. Ek wou dit nie skryf nie, omdat ek

gedink het alle mense weet dit en ook omdat ek dit reeds in een van my boeke geskryf

het, maar die meisiekinders sê baie mense weet dit nie, so ek moet dit skryf.

Daar is drie verskillende woorde; eros, phileo en agapé. Die eerste woord, nl. eros,

beteken sensuele liefde en hierdie woord kom nie in die Bybel voor nie, so ons praat

nie nou eers verder hieroor nie.

Die tweede woord is phileo en dit beteken “liefde soos vir jou broer” (philedelphia is

broederliefde van phileo af) of ek hou van jou—dit is liefde wat mens vir iemand voel

vir een of ander rede soos; hy is jou broer, neef of goeie vriend, wat verdien dat jy

hom liefhet.

Dit is in ‘n groot mate ‘n selfsugtige liefde, want solank iemand vir my goed is, of

solank ek baat vind by die “liefde” het ek die vriend lief, maar sodra ek dink dis nie

meer vir MY die moeite werd nie, of die persoon kom my te nà, dan verdamp my

“liefde”.

Hierdie twee is wat deur feitlik alle mense as “liefde” ervaar word.

Die derde woord is agapé en dit beteken God-liefde. Dit is soos God liefhet; sonder

verdienste en onvoorwaardelik.

Daarom sê die Bybel God is agapé. Dit is die soort liefde wat God is. (1 Joh.4:8,16)

God is nié eros nie, ook nie phileo nie, Hy is agapé.

Om dit beter te kan verstaan, kyk ons na Joh.21 waar Jesus nà sy opstanding, met

Petrus praat en hom vra: “Simon, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier?” en

Petrus antwoord: “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.” Dan vra Jesus hom die tweede

keer: “Simon, het jy My waarlik lief?” Weer antwoord hy: “Ja Here, U weet dat ek U

liefhet.”

En dan vra Jesus hom ‘n derde keer: “Simon, het jy My lief?” en Simon was hartseer

dat Jesus die derde keer vra: “Het jy My lief?” En hy antwoord: “Here, U weet alles,

U weet dat ek U liefhet.” (Joh.21:15-17)

Die gesprek maak nie vir ons sin soos dit hier geskryf is nie.

Kom ons kyk nou na die regte gesprek: Jesus vra vir Petrus: “Simon, agapé jy My?”

Waarop Petrus antwoord: “Ja Here, U weet dat ek U phileo.”

Die tweede keer vra Jesus weer of Petrus Hom agapé, en Petrus antwoord weer dat

Hy vir Jesus phileo.

69

Die derde keer vra Jesus hom: “Simon, phileo jy My?” en dit is nou hieroor wat

Petrus bedroef geraak het omdat Jesus die derde keer die ander woord gebruik het, en

hy antwoord weer dieselfde: “U weet dat ek U phileo.”

Hier is die verskil in betekenis baie duidelik; Jesus praat van die God-liefde wat in

ons harte uitgestort is deur Heilige Gees, wat reeds in Petrus se hart ook uitgestort was

in Joh.20:22, maar dit was nog so totaal vreemd vir Petrus wat nog steeds ‘n Jood

onder die wet was—oog vir oog en tand vir tand—dat hy geen begrip gehad het vir

die nuwe soort liefde waarvan Jesus praat nie—hy het nie verstaan wat is God-liefde

nie.

Hy het wel geweet wat is phileo, die broederliefde, of die liefde wat mens vir jou

vriende het; die gevoel van liefde, Hy het geweet hoe voel liefde, of hoe proe liefde,

en hy het dit vir Jesus gevoel—Jesus het dit immers verdien, want Jesus was sy goeie

Vriend.

Hy het vir Jesus hierdie liefde gehad terwyl hy Jesus beskou het as die Messias, maar

toe dit lyk of sy vriendskap met Jesus miskien sy eie lewe in gevaar kon stel, verloën

hy vir Jesus en sê hy ken nie die Man nie! Nadat die liefde van God egter in sy hart

uitgestort was het sy liefde so gegroei dat hy, aan die einde van sy lewe, onderstebo

gekruisig is omdat hy gesê het hy is nie werd om soos sy geliefde Jesus te sterwe nie.

Dus kan mens nie sê: “Liefde is God” nie, want dit is nie die waarheid nie; daar is

ander soorte “liefde” wat God beslis nie is nie. God is daardie God-liefde, die onvoor-

waardelike liefde wat nie verdien word nie. God het nie ‘n rede nodig om lief te hê

nie; sy liefde is sonder rede—teen die mens se begrip.

En dit is die een enkele gebod van die koninkryk van God: “Dat julle mekaar moet

liefhê—agapé.”

Julle moet mekaar onvoorwaardelik liefhê, sonder dat die ander dit verdien of sonder

dat dit vir joù iets inhou—dis nie ‘n gevoel nie, dis gehoorsaamheid aan Die Wet.

Elke keer by ‘n stopstraat dan stop jy nie omdat jy so “voel” nie, jy moét daar stop! Jy

stop omdat jy onder die land se wette is.

Solank mens jou land se wette hou is jy vry om te kom en te gaan en te lewe en om

gelukkig te wees; maar sodra jy die land se wette breek is jy gebonde—jy dra die

gevolge.

Binne die Wet is die grootste vryheid.

Solank die volk van Israel die O.T. wette gehou en gehoorsaam het, was hulle vry om

te lewe en handel te dryf en gesond te wees en alles, maar sodra hulle die wette

gebreek het, het dit met hulle sleg gegaan—dan was hulle gebonde. (Lees Deut.28)

Ons is NIE onder die O.T. wette nie. Die O.T. wette was die skaduwee van hierdie

baie beter wet van die N.T. (Heb.10:1) Ons is onder die wet van vryheid (Jak.2:12) en

wanneer ons nié hierdie wet gehoorsaam nie, is ons nié vry nie!

Alhoewel Jusus ons verskillende opdragte en raad gegee het in die N.T., het Hy ons

net één gebod gegee; nét een Wet.

Jesus het self die O.T. wet kom vervul deur sy liefde, en ons is dus onder die “wet van

Christus” die één en enigste wet van die N.T., naamlik die Wet van die God-liefde,

wat baie beter is as die wette van die O.T.

70

Die liefde wat God is, is nie op gevoel gebaseer nie. Hier kry mense swaar oor die

liefde, want hulle dink hulle moet vir almal liefde “voel”, ook vir hule vyande, en dan

weet hulle nie hoe sal hulle hierdie wet kan hou nie—hulle ken net die “voel” liefde.

Kyk na die lewe van Jesus op die aarde; Hy het seker nie baie “liefde” gevoel of baie

gehou van die Skrifgeleerdes en Fariseërs nie, Hy’t gesê hulle is addergeslag en

kinders van die duiwel—maar Hy het hulle so liefgehad dat Hy vir elkeen van hulle

aan die kruis gesterf het!

Dit is die gebod; sò moet ons liefhê. Jesus gee nie vir ons ‘n wet wat Hy nie self hou

nie.

In Jak.2:8,9 word dit genoem die “Koninklike Wet” en dan sê Hy uitdruklik dat wan-

neer iemand nie hierdie koninklike wet van liefde hou nie, dan is hy partydig en doen

sonde—sonde is wetsverbreking—en sal dan deur hierdie selfde koninklike wet van

die liefde gestraf word.

Dit is nie God wat jou dan straf nie—God het klaar vir Jesus gestraf vir alle sonde en

oortreding—dis die geestelike gereg wat teen jou in werking gaan wanneer jy

ongehoorsaam is aan die wet van die koninkryk—dit is saai en oes.

In Efe.5 lees ons ook dat die manne beveel word om hulle eie vroue te agapé—dit is,

hulle moet God-liefde vir hulle eie vroue hê; hulle moet hulle eie vroue liefhê soos

hulle eie liggame soos Christus die wedergeborenes liefhet. Dit is steeds dieselfde

Wet.

In meeste huwelike is dit so dat die man en vrou mekaar “liefhet” met die selfsugtige

liefde—sodra iets nie na MY sin gebeur nie en my huweliksmaat nie vir my tot voordeel

is nie, dan hou my liefde op en ek wil skei.

(Of ek kyk oor die draad en gaan na die “ander vrou” dan is daardie “liefde” vir haar

eros, en ek skei van my vorige “liefde”).

Daar is ‘n verhaal van ‘n Sjinese man en vrou wat saam hulle grondjie in die berge

bewerk het en so hulle daaglikse lewe gemaak het, tot die vrou eendag seergekry het

en verlam was. Toe kon sy nie meer haar deel doen nie, sy was net ‘n erge las op die

man. Omdat sy nie meer vir hom enige waarde gehad het nie, het hy haar ook toe nie

meer “liefgehad” nie en haar ouers laat weet hulle moet haar kom haal—hy wil haar

nie meer hê nie.

Met groot moeite en onkoste het die ouers haar kom haal, en die man het op sy eie

aangegaan; tot op ‘n dag daar iemand by hom kom en hom vertel van Jesus! Hy kom

toe tot bekering en begin om die N.T. noukeurig te lees—en daar kom hy af op Efe.5;

en sien dit is ‘n gebod van God: “Manne, julle moét julle eie vroue liefhê soos

Chistus die gemeente liefhet.”

In bittere berou het hy vergifnis gevra en homself in sy hart verbind om God se gebod

te gehoorsaam deur sy eie vrou so lief te hê. Hy is met die voet deur die berge, wat

hom paar dae geneem het, tot hy by sy vrou se mense kom; daar het hy verduidelik

wat gebeur het en met berou vergifnis gevra, en sy vrou op sy rug terug gedra tot by

hulle huis, waar hy haar in groot teerheid en liefde versorg het.

Onmiddelik het hierdie Wet van liefde vir hulle begin werk, en alle tydelike en gees-

telike seëninge het op hulle en hul grondjie uitgesak en alles was baie voorspoedig

71

— en binne twee maande het Jesus die vrou volkome gesond gemaak en hulle het

gelewe in ‘n huwelik wat deur die Wet van Christus geheg was.

Dit is die duidelike verskil tussen menslike liefde, en God-liefde wat die Wet is.

Natuurlik kan die vrou nie nou wegstap en sê ja, sy hoef nie die man lief te hê nie, dit

is die man se opdrag om hààr lief te hê. Elke mens is tog onder hierdie selfde één wet,

naamlik: “Dat julle mekaar moet liefhê soos Ek julle liefgehad het.” So, die vrou moét

die man ook so liefhê! Dit is Die Wet!

Hier stop dit egter nie; net soos die man daardie bykomende opdrag gekry het,

bykomend by die Wet, dat “Manne, julle moet jul eie vroue liefhê soos Christus die

wedergeborenes liefhet—soos jou eie liggaam, of JY dink sy verdien dit of nie.”

Presies so het die vroue ook ‘n bykomende opdrag: “Die vrou moet die man

respekteer.”

Deur die jare is daardie deel geneem van “die vrou moet die man onderdanig wees”

en daaruit het soms lelike dinge in huwelike gespruit; baie mans het hul vroue soos

slawe gebruik en erg misbruik, met die idee dat die man die “baas” is en die vrou is

die onderdaan.

Wel, daardie woord wat hier vertaal word as “onderdanig” kan net sowel vertaal word

as “respekteer.” Meeste woorde in Grieks het ‘n hele paar verskillende woorde in

Afrikaans.

Om dit beter te kan verstaan, kyk na Efe.5:21 waar met almal deur die bank gepraat

word, mans sowel as vroue. Daar word aan die wedergeborenes gesê: “Julle moet aan

mekaar onderdanig wees.” Dit is almal teenoor mekaar; so wie is nou hier Baas, en

wie is Klaas?

Nee; dit beteken julle moet mekaar respekteer. As hierdie opdrag uitgevoer was, sou

daar ‘n totale ander verhouding tussen die wedergeborenes gewees het, ten goede.

Nouja, die vrou moet die man respekteer; of sy dink hy verdien dit, of nie, sy moet

hom respekteer. Vrou, dit is joù opdrag van God af!

Soos ‘n man die beste uit ‘n vrou kan kry deur haar lief te hê, soos die vrou vir die

man sal oopgaan soos ‘n roosknop oopgaan by die streling van die sonstraal, as hy vir

haar liefde gee en ook dikwels vir haar sê hy is lief vir haar, net so sal die man klim

tot die hoogste hoogtes van sukses in alles, wanneer sy vrou hom respekteer en dit

ook dikwels vir hom sê.

‘n Vrou soek liefde—sy doen enigiets vir liefde—en ‘n man soek respek. Respek

maak van ‘n man ‘n Màn!

Mens hou die Wet vir jou eie ontwil! Dis JY wat skade optel deur nie die wet van

God-liefde te lewe nie, en dis JY wat voordeel trek deur die God-liefde te lewe. Dis

vir jouself; dis ‘n geestelike werking; dit werk soos die wet van swaartekrag; as jy die

wet van swaartekrag gehoorsaam deur nié van die dak af te stap nie, dan breek jy nie

jou bene nie, maar as jy die wet van swaartekrag breek en van die dak afstap, dan

breek jy beslis jou bene, al weet jy nie eens van so ‘n wet nie. So eenvoudig!

Die God-liefde doen die naaste géén kwaad nie! Jou vrou is jou naaste—net soos die

man ook vir die vrou die naaste is. Dikwels sien mens dat iemand vir ander mense so

72

goed is, maar wanneer die huweliksmaat net durf uit die spoor trap, byt hulle mekaar.

Wanneer ‘n man én ‘n vrou die Wet van liefde gehoorsaam en daaronder lewe, sal

hulle huwelik nooit in die skeihof eindig nie.

Hier is ook iets wat deur meeste mense misgekyk is tot nou. In een van my vorige

boeke het ek reeds daaroor geskryf, maar dit nie met die Wet verbind nie. Daardie dag

toe God die mens gemaak het, het Hy hulle nie net vroulik en manlik gemaak soos die

leeu en die skaap nie; Jesus sê: “Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het,

hulle man-en-vrou gemaak het nie?” (Matt.19:4)

God kon enige tyd die vrou ook van grond gemaak het soos die man gemaak is, want

daar was nog baie grond beskikbaar. Hy het ook nog genoeg gees oorgehad om soveel

mense te maak as wat Hy wou, (Mal.2:15) maar dit was nie sy plan vir die mensdom

nie.

Daarom het Hy deel van die man se eie lyf gevat en daaruit ‘n vrou gevorm, dat sy

deel van sy vlees en been was, nie ‘n buitestaander nie. Daarom sê Jesus Hy het hulle

man-en-vrou gemaak; been van sy been en vlees van sy vlees—nie net manlik en

vroulik nie. (Gen.2:23)

Dit is ook die rede wat Jesus sê die man sal sy vader en moeder verlaat en sy vrou

aankleef en hulle sal een vlees wees—want hulle IS uit een vlees gemaak!

Vandag trou enige man sommer met enige vrou en hoop dit sal hou, maar net soos die

menslike liggaam, wanneer dit byvoorbeeld ‘n skenkingsnier ontvang, geneig is om

dit te verwerp omdat dit vreemde vleis is, so is hierdie huwelike ook; dit is nie vlees

van sy vlees en been van sy been nie, so die liggaam verwerp dit—dit eindig dan in ‘n

egskeiding.

Bid en soek totdat God vir jou daardie maat bring wat Hy uit jou eie liggaam vir jou

gemaak het om by joù te pas—dan het jy haar lief soos jou eie liggaam—wat sy dan

ook is, en dan sal sy jou respekteer!

Liefde vergewe elke keer alles onvoorwaardelik; vergifnis is ‘n baie groot deel van

liefde; liefde en vergifnis gaan hand aan hand.

Sodra dit in enige opsig met jou nie na wense gaan nie, begin dadelik ondersoek en

kyk of daar nie miskien bietjie onvergewensgesindheid iewers in jou is nie—en maak

skoon deur onmiddelik te vergewe!

Vlug onder die Wet van liefde in! Jy is net veilig solank jy die Wet gehoorsaam!

Geloof werk ook deur die liefde. (Gal.5:6) Hoeveel keer werk ons “geloof” nie vir ons

nie, en weet ons nie waarom ons tevergeefs bid nie—omdat die geloof deur die liefde

werk, en ons lewe nie die liefde nie—hoe kan ons geloof dan werk?

Ook vir die werking van die verskillende gawes van Heilige Gees het ons liefde

nodig. In een asem skryf die Bybel: “Jaag die liefde na en beywer julle met die oog op

die geestelike gawes…” (1 Kor.14:1)

Baie mense beoefen wel party van die gawes van Heilige Gees sonder dat hulle in

liefde lewe, maar meeste kere is dit soos ‘n klinkende metaal en luidende simbaal—

sonder krag! (1 Kor.13:1)

Dit is weer saai en oes; al saai ‘n boer die beste soort saad wat daar is op die beste

73

grond wat daar is, met presies alles reg; mis en kunsmis en water, alles, maar die

klimaat is verkeerd, dan sal hy nie oes nie—dan is al sy moeite tevergeefs.

Presies so is daar duisende mense wat hulle lewe lank werk en saai en alles probeer

reg en goed doen, maar hulle sukkel, finansieël of met siektes of ander dinge; nie

omdat daar fout is met hulle saaiery nie—net omdat die klimaat nie reg is nie; hulle

lewe nie onder die Wet van Liefde nie.

Dan dink hulle dat hulle nie oes wat hulle so sorgvuldig saai nie, so iewers werk die

wet van saai en oes dan nie vir hulle nie—maar dit is nie dit nie; hulle oes wel, hulle

oes net ‘n tekort omdat hulle in liefdeloosheid saai—onthou altyd: Die Wet is

geestelik.

As iemand ook in sy werksomstandighede die Wet van liefde gehoorsaam en lewe, sal

hy sy werk met blydskap en vreugde doen, nie al sugtende nie; sonder murmurering

en teëspraak, en dan sal hy beslis oorvloed oes.

Toe ek hierdie ding sien, het ek dadelik vergifnis gevra en gekry, en vir Jesus gesê dat

van vandag af begin gehoorsaam en hou ek hierdie wet van liefde, die een gebod van

die Nuwe Verbond, Die Wet van die koninkryk van God. Soos ek heelhartig onder

die wette van die land is en hulle gehoorsaam, so het ek besluit om my heelhartig te

onderwerp aan die Wet van die God-liefde—ek WIL dit lewe.

Sal nie dadelik volmaak wees nie, maar ek sal daarna jaag asof ek dit ook kan gryp!

Ek wil dit doen!

Ek vlug onder die koninklike Wet in want daarin is totale vryheid en veiligheid, want

dit is die Wet van vryheid. (Jak.2:12) My gebed is “om die liefde van Christus te ken

wat die kennis oortref, sodat ek vervul kan word tot al die volheid van God.” (Efe.3:9)

Die liefde vergaan nimmermeer; dit beteken dit faal nooit nie. Dus werk dit altyd vir

iemand wat dit hou, presies soos al die goeie dinge in die O.T. vir die volk gewerk het

as hulle die wet gehou het, so werk dit vir ons baie beter, omdat ons in ‘n beter

verbond met ‘n beter Wet is.

Ons is nié onder die Tien Gebooie of onder enige O.T. wet nie, maar ons IS onder

die Wet van Christus, nl. die liefde. (1 Kor.9:21)

Paulus sê vir die wat sonder wet is het hy geword soos een sonder wet al is hy nie

sonder wet nie, maar onder die wet van Christus—dit is die gebod van die liefde. Dra

mekaar se laste en vervul sò die wet van Christus. (Gal.6:2)

Dit beteken nie nét met geld nie, dit beteken met alles; wanneer een van iemand sleg

praat, vat jy dit op jou om daardie man se part te vat en nie toe te laat dat hy bespreek

word nie—jy dra sy las al verdien hy dit ook nie.

Skinder beskadig jou so erg! As jy van iemand enige slegte ding sê of selfs dink of

suggereer, dan beskadig dit jouself baie meer as wat dit die ander een beskadig, want

dan wandel jy nie in die wet van liefde nie!

Mens hou die wet vir jou eie veiligheid en voorspoed. As mens weet wat goéd is vir

jou, dan lewe jy hierdie een gebod; die liefde van God!

74

Dis nie ‘n moeilike gebod soos dit was met die verskillende wette van die O.T. nie,

dis net een enkele gebod, en daardie Wet is reeds in ons harte uitgestort.

Ons lees in 1 Kor.13 van die baie gawes en die werkinge daarvan en hy noem dat dit

sal verbygaan “as die volmaakte gekom het.” Wat is die volmaakte? Die volmaakte is

God, en God is Liefde!

Liefde is die laaste—hy skryf hy het gelewe en gedink soos ‘n kind, maar nou het hy

volwasse geword en nou is hy klaar met die dinge van ‘n kind; as die liefde oorgeneem

het, is die ander nie meer van toepassing of nodig nie.

Daarom skryf hy; van geloof, hoop en liefde (Godliefde) is die liefde die grootste; dit

is ook die laaste wat genoem word. Liefde is die volmaakte, daarom is dit die laaste.

Ons sien in Kol.3:14 dat liefde die band van volmaaktheid is waarmee ons onsself

moet beklee, so liefde is die volmaaktheid wat moet in iemand se lewe kom dat hy

daar kan kom waar hy volwassenheid kan bereik sodat hy hom nie meer sal besig hou

met die dinge van ‘n kind nie. Dan is die dinge van ‘n kind iets van die verlede; dit het

verbygegaan.

Dwarsdeur mens se geestelike lewe groei jy in die liefde van God wat in ons harte

uitgestort is deur Heilige Gees wat aan ons gegee is, tot jy daar kom waar die liefde

oorneem—waar jy binne-in die gebod lewe; waar jy werklik Christus lewe.

Mens moet net eers agterkom en weet dat dit Die Wet is; die Wet van die Koning in

sy koninkryk: “Julle moet mekaar liefhê—hieraan sal almal weet dat julle My

dissipels is, as julle liefde (God-liefde) onder mekaar het.” (Ook die man en vrou

teenoor mekaar)

Kyk hierna; Hy sê nie die mense sal weet ons is sy dissipels wanneer ons aan ‘n

sekere kerk behoort of van ‘n sekere volk is nie, ook nie wanneer ons in tale praat of

profeteer nie—nee; wanneer ons liefde teenoor mekaar het.

Wanneer ons ons vyande liefhet—doen goed aan die wat jou kwaad aandoen, ook

soos Jesus vir sy vyande gebid het—en meer nog, vir sy vyande gesterf het!

Die liefde loop nie en kwaad praat nie, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek,

dit is toemaak, wegsteek, nie oopvlek nie. (1 Pet.4:8)

Gaan praat met die naaste wanneer jy hom sien sonde doen en probeer hom in liefde

reghelp na Jesus toe; help hom, moenie van hom skinder nie!

Die liefde doen die naaste geen kwaad nie, en wie is jou naaste? Toe hierdie vraag aan

Jesus gevra is, het Hy die gelykenis van die barmhartige Samaritaan vertel en toe by

die antwoord gekom dat die Samaritaan die naaste was van die man wat siek was.

(Luk.10:25)

Vir die Jode was dit totaal onaanvaarbaar want hulle was in gedurige vyandskap met

die Samaritane—dit was hulle vyande, hulle sou nie graag wou vir Samaritane lief

wees en goed doen nie! So het hulle op ‘n keer vir Jesus probeer beledig of vloek,

deur vir Hom te sê Hy is ‘n Samaritaan—heel moontlik nog oor hierdie gelykenis.

(Joh.8:48)

Jesus sê ons moet ons naaste liefhê soos onsself (Matt.19:19 en baie ander plekke) so

75

jy moet jouself lief genoeg hê dat jy hierdie één gebod sal lewe, want sodra jy dit

oortree, kom jy in die moeilikheid en deur die Wet van God-liefde te oortree doen jy

dan jouself skade aan—so as jy die Wet oortree het jy nie jouself lief nie!

Ook as jy jouself nie vergewe nie dan het jy nie jouself lief met God se liefde nie—

maar jy weet dit nie!

Regdeur die N.T. word baie gepraat oor die God-liefde; daar is baie vertakkings en

voorskrifte en hulp vir ons om goed te kan verstaan hoe om liefde te lewe—hoe om

onder Die Wet van liefde te wees; as ek dit alles hier moet neerskryf, sal ek die Bybel

weer moet oorskryf; so lees dit in die Bybel, doen moeite!

Ons moet ons mede-gelowiges liefhê—dit is Die Wet! As ons ons broeder wat ons

sien nie liefhet nie, hoe sal ons dan God liefhê wat ons nie gesien het nie. (1Joh.4:20)

Dit is nog steeds dieselfde Wet!

Maar Jesus het uitdruklik vir hulle en vir ons gesê ons moet ons vyande liefhê; dit is

Die Wet; as ons naaste en ons vyande dan dieselfde is—ons moet hulle liefhê. Elkeen

met wie jy te doen kry, is jou naaste; jou mede-werkers ook.

Jy probeer nie vir God beïndruk deur te probeer liefhê nie, jy lewe onder die Wet van

liefde omdat dit Die Wet is en omdat ongehoorsaamheid aan die Wet vir jouself baie

laste oplaai—dink maar aan die stopstraat.

Ons ken almal die gereg; ons weet wat is die gereg; dit is die onsigbare “mag” van die

regering wat teen iemand in werking gaan wanneer iemand die wet van die land oortree

het.

So is dan die geregtigheid ook daardie onsigbare mag wat in die koninkryk van God

regverdig werk vir iemand wat die Wet gehoorsaam.

Daarom sê Jesus: “Soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid (sy Wet) en

die ander dinge sal vir jou bygevoeg word”. (Die ander is kos, klere, gesondheid ens.)

Nou trek mense los en begin “soek die koninkryk van God” met die oog daarop dat

die ander dinge sal bygevoeg word, en is telkens teleurgesteld omdat dit nie werk nie!

Dit is omdat dit vir hulle gaan oor die “ander dinge” en nie oor die koninkryk van

God en sy geregtigheid nie. Hulle soek die ander dinge, hulle soek nie die gereg van

God naamlik Die Wet nie—ja, ek weet hulle weet dit nie.

Wanneer iemand egter in opregtheid van hart begin soek na die geregtigheid van God,

dan sàl die ander dinge vir hom bygevoeg word—en dan is die ander dinge ook nie

meer vir hom so erg belangrik nie.

Jy sal dit nie altyd perfek kan doen nie, maar jy moet dit net soék; jy moet begeer om

Die Wet te gehoorsaam.

Mense sê hulle ken dit baie lankal, dis nie vir hulle nuus nie—vir my ook nie; ek ken

dit ook baie lankal, maar ek het dit nie onderhou en gehoorsaam nie! 1 Kor.8 skryf:

“Die kennis maak opgeblase maar die liefde stig.”

As jy weet jy moet by ‘n stopstraat stop en dit nie doen nie, dan sal jy ook maar die

gevolge dra; om dit net te weet baat jou niks as jy dit nie doen nie.

Vandat ek myself verbind het om hierdie koninklike Wet te hou en te alle tye te

76

gehoorsaam, kan ek getuig van die vrede binne-in my wese, vrede wat alle verstand te

bowe gaan.

Dit is ‘n rus, so ‘n veiligheid, so asof ek al die jare buite gelewe het in die gevaarzone,

maar nou het ek ingekom in die veiligheid en beskerming van God se liefde;

onder sy Wet in.

Ek is so dankbaar dat Heilige Gees my daarop gewys het dat dit Die Wet is!

Baie dinge het vir my oopgegaan in hierdie paar weke; ek kan nou duidelik sien dat

God net één vereiste het van ewigheid af, want God verander nie. Die Wet wat Hy in

die O.T. gegee het was presies dieselfde; jy moet eerstens God liefhê met alles wat

binne-in jou is, en tweedens jou naaste soos jouself.

Vir die eerste keer in my lewe wéét ek nou wat Die Wet is; ek verstaan nou Die Wet!

Al die jare was ons besig met die geskrewe wet en wette, raak nie, smaak nie, roer nie

aan nie; hierdie ding is sonde, daardie ding is sonde; aanhoudend in jou hart jouself en

ook ander mense beoordeel en oordeel—maar ons het die Gees van Die Wet gemis!

Die Wetmaker is ook onder Die Wet; die wetmaker is nie verhewe bo die wet nie,

want die wet is die gereg. God is die Wetmaker. Hy is nie hoër as Die Wet nie, want

Hy IS Die Wet!

Omdat die O.T. wet gegee was aan onwedergebore mense wat nie die Gees van God

gehad het nie en dus net verstandsmense was, was dit nodig om honderde voorskrifte

en wette te gee wat hierdie mense moes hou om dit vir hulle moontlik te maak om die

“wet te hou” en sodoende onder die seëninge van Die Wet te kon lewe.

Deur Jesus se dood en opstanding egter, het Hy dit moontlik gemaak dat Hy deur sy

Heilige Gees binne-in die wedergebore mens se hart kon kom bly en so was God, wat

Liefde—Die Wet—self IS, dus in ons harte uitgestort en was dit nie meer vir die

wedergebore mens nodig om deur die “hou” van die wette en rituele te probeer om die

Wet te gehoorsaam nie.

Vandat God Die Wet vir Moses gegee het, is God se Wet van liefde die ruggraat van

beskawing. Kyk maar na wetteloosheid; moord, steel, verwoes—sonder Die Wet van

God. Al die barbaarse nasies deur die eeue was barbare omdat hulle nie Die Wet as

agtergrond gehad het nie—en dit is vandag steeds so.

Jy kan jouself net onderwerp aan Christus in jou, die hoop van die heerlikheid en so

binne-in die Wet—dit is God-liefde—lewe. Jy moet dit net weet en dan jouself

daartoe verbind om hierdie één gebod van die koninkryk te gehoorsaam.

Dit kos net een besluit, so besluit nou om van vandag af Die Wet van die liefde te

doen en te lewe, en oes die wonderlike resultate.

Besluit om aan Jesus Christus gehoorsaam te wees; dit is om sy Wet te hou; “Julle

moet mekaar liefhê!”

En begin lewe onder die uitmuntende seëninge van gehoorsaamheid; baie meer en

beter as wat die volk in die O.T. gehad het solank hulle onder die skaduwee daarvan

gelewe het! (Lees Deut.28 om ‘n idee te kry)

77

Dis nie ‘n skande om te erken as mens verkeerd of onkundig was nie, dis ‘n eer!

Wanneer iemand die koninkryk en sy geregtigheid (Die Wet) soék, word al die dinge

vir jou bygevoeg, nie wanneer jy dit volmaak kan doen nie, maar wanneer jy dit soek

om te doen.

Dis nie deur jou doen nie, (jy verdien dit nie! Jy werk nie daarvoor nie!) dis deur die

liefde, die Heilige Gees wat binne-in jou hart WIL. Dis ‘n geestelike saak; dis

gehoorsaamheid aan Jesus Christus met jou hart.

“Dit is God wat in ons werk om te wil, sowel as om te werk na sy welbehae.”

(Fil.2:13)

Nie om kwaad te doen nie, maar na sy welbehae—sy welbehae is om liefde te doen en

te lewe.

Johannes skryf: “Broeders dis geen nuwe gebod wat ek aan julle skryf nie, maar ‘n ou

gebod wat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woord wat julle van

die begin af gehoor het…wie sy broeder liefhet, bly in die Lig.” (1Joh.2:7-10)

Die Skepper-God is van ewigheid af Liefde; daarom is die Reg en Geregtigheid van

sy Wet van ewigheid af Liefde—God verander nie.

Dit is die sabbatsrus waarin ons moet ingaan—nie ‘n sekere dag nie; die “hou” van ‘n

dag was net die skaduwee; die werklikheid is hierdie wonderbare rus! Hierdie rus om

onder God se liefde te lewe, dan doen Hy al die goeie vir jou; veilig onder sy één

gebod! (Kol.2:16,17)

“Ek het gesterwe, en my lewe is saam met Christus verborge in God.” (Kol.3:3) Ek is

dus verborge, weggesteek binne-in Die Wet; Liefde.

Dis ‘n geestelike werking na alkant toe, met gehoorsaamheid aan die Wet, sowel as

met ongehoorsaamheid; “Die Wet is geestelik.” (Rom.7:14)

Hoofstuk 12

Ons Enigste Maatstaf

Wat van Drome?

Wanneer ‘n bouer ‘n gebou moet oprig moet hy ‘n baie betroubare maatlyn hê; hy kan

nie die een dag een soort maat gebruik en die volgende dag weer ‘n ander soort nie—

as hy dit doen sal sy gebou skeef en krom en onveilig wees.

Wanneer iemand klere maak, moet hy ook ‘n baie betroubare maatlyn hê; hy kan nie

die mate neem in duime en dan wanneer hy die kledingstuk maak, weer sentimeters

gebruik nie; die klere sal beslis nie pas nie!

Ons mense is verstandig in hierdie opsig; vir feitlik elke soort werk moet mens ‘n

betroubare maarstaf hê om enigsins ‘n sukses van jou taak te maak. Ons weet dit, en

ons kom dit ook nà—sover as hierdie tydelike, menslike werke aanbetref.

Maar wanneer dit by die geestelike kom, dit wat baie, baie belangriker is as die

tydelike, dan dink ons nooit eens aan so iets nie, ons gaan maar net aan soos dit ons

78

pas. Dit is ook wat Jesus vir ons sê: “Want die kinders van hierdie wêreld is

verstandiger teenoor hul eie geslag, as die kinders van die lig.” (Luk.16:18)

Ons kies ‘n pad en ry maar net, met die hoop dat ons eendag op ons regte bestemming

sal aankom. Dit werk nie sò nie; jy kan nie die pad na die noorde vat en hoop om

eendag in die Kaap te land nie! As die Kaap jou uiteindelike bestemming is waarheen

jy graag wil gaan, dan maak jy seker dat jy die pad na die Kaap vat en dit noukeurig

hou.

Vandat Heilige Gees Die Wet deur Moses laat opskryf het, was daar deur al die baie

duisende jare nog altyd nét een maatstaf vir volke, nasies en enkelinge wat volgelinge

was van die Een Skepper-God. Die Wet van God is die ruggraat van die beskawing.

Met die kruisdood van Jesus is die Ou Testament vervul en die Nuwe Testament het

in werking gegaan, maar die maatstaf het nie verander nie; en dit is dus die

voorskrif en maatstaf van God vir elke mens wat ‘n volgeling van Jesus Christus is.

Dit is àl wat betroubaar is.

Daarom het ons, as volgelinge van Jesus, net één maatstaf, en dit is die Bybel; die

Nuwe Testament.

Vandag kry mens baie verskillende groepe Christene wat baie verskillende gebruike

as maatstaf gebruik. Die verskillende kerke het verskillende tradisies waarvolgens

hulle die mense leer, en feitlik honderd persent daarvan is nie volgens wat God in die

Bybel sê nie; party vat Bybelversies en maak dan rondom hùlle eie idee van wat dit

beteken, vir hulle leerstellings—en dit is hùlle maatstaf.

So het die Roomse kerk deur die eeue baie verskillende dwalinge “uit die Bybel”

gehaal, en die meeste “Christen”-kerke volg dit vandag nog na. Elkeen kry net vir

hom ietsie daarby, of verander een of ander puntjie; daardie dwalings is dan hulle

maatstaf.

Hulle gaan leer nie wat sê God in die Bybel daaroor nie.

Party “profeteer” in elke byeenkoms en dan volg mense daardie profesieë so

noukeurig na, hulle verander hul hele lewe om by die profesie aan te pas—en meeste

kere is dit nie ten goede nie, maar hulle léér nie maklik nie! Ander is rondgaande

“profete” wat van gemeente na gemeente gaan en vir mense “profeteer” en mense

stroom na die byeenkomste en glo alles wat die mense vir hulle sê.

Alhoewel daar ‘n plek is vir profesie, is die Bybel baie duidelik daaroor dat profesieë

moet beoordeel word voordat dit kan aangeneem en nagevolg word. Hoe moet dit

beoordeel word? Dit moet gemeet word aan die Bybel; as dit nie duidelik is in die

Nuwe Testament nie, dan gaan ons na die Ou Testament, want dit is steeds God se

Woord; dit is ons enigste maatstaf; dit is wat ons moet navolg.

Ons moet ons lewe rig volgens die Bybel, nie volgens profesieë nie.

‘n Ander groep “glo” weer aan drome. Alhoewel die Bybel sê dat in die laaste dae sal

die “ou mense drome droom,” sê Hy beslis nie dat mense die drome moet naloop en

gehoorsaam en hoër ag as die Bybel nie.

79

Ander noem dit “droomgesigte,” maar dit is nooit ‘n betroubare maatstaf nie. En hulle

glò dit; hulle loop en verkondig hulle drome tot satwordens toe!

Profesie is een van die gawes van Heilige Gees, maar drome is nie ‘n gawe nie; mens

se drome word deur baie dinge beïnvloed; dit verander na die soort kos wat jy eet of

na dit wat jy drink; dit is totaal onbetroubaar; dit is beslis nie iets om jou godsdiens

of jou toekoms of jou ewige lewe op te bou nie.

Wanneer daar geen ander manier is waarop iemand se geestelike ore vir God kan hoor

nie, sal God so ver gaan om in uitsonderlike gevalle drome te gebruik om mense se

aandag te kry, maar die Bybel skryf duidelik dat die ideaal is dat mense direk van

Heilige Gees moet leer—en Heilige Gees leer mens uit die Bybel. (1 Joh.2:27)

Drome is baie selde van God.

Baie van hierdie mense glo dat àl hulle drome betekenisse het, dan lê hulle die drome

uit en glo dit, maar hulle weet nie eens wat die Bybel sê nie! Party lê sommer self die

drome uit soos dit hùlle pas, ander gaan na uitlêers, ander koop boeke en daarvolgens

lê hulle dit uit!

Dit is niks anders as bygelowe en dwaalleer nie!

Dan sê hulle “God” het vir hulle in drome “gewys” maar hulle kyk nie wat skryf die

Bybel van die sekere saak nie—so bou hulle vir hulleself ‘n hele godsdiens op uit die

drome, en hulle verkondig dit aan ander in die waan dat hulle vir God dien en doen

wat Hy sê! Hulle lê sommer nog die ander mense se drome ook uit!

Dit is uiters ongesond! Dit is ‘n dwaalweg! Drome is ‘n totale verkeerde maatstaf!

Gedurende die Ou Testament wanneer mense deur God in drome gewaarsku of gelei

was, was dit nodig dat hierdie drome deur ‘n geestelike mens uitgelê moes word, soos

wat Heilige Gees hulle gesê het.

Maar in die Nuwe Testament het Heilige Gees elke keer wanneer Hy met mense deur

drome praat, dit baie duidelik en op die man af gedoen; dit was nooit nodig vir enige

uitleg nie, dit was elkers baie duidelik; God het presies gesê wat gedoen moes word.

(Matt.1:20-24. Matt.2:12. Matt.2:19 ens.)

Nadat Jesus gekruisig is en opgestaan het, het Heilige Gees in mense kom woon en is

dit nie nodig dat Hy met mense in raaisels praat wat uitgelê moet word nie!

Die ou dinge het verbygegaan; KYK, dit het alles nuut geword.

Vandag gebruik baie mense hulle drome voor die voet as van God; dit word uitgelê

volgens bygelowe en boeke wat deur bygelowiges saamgestel is en is dikwels meer ‘n

fortuinvertellery in die waan dat dit van God is.

Die enkele kere wanneer ‘n droom wel van God is, is dit glashelder en duidelik en

hoef nie uitgelê te word nie. God gee nie vir mense raaisels nie; wat sou die nut

dààrvan wees?

Mense let nie op na die maatstaf, die Bybel nie; daarin kan duidelik gesien word

wanneer drome van God is, as mense net aandag gee.

Drome kan nie ons maatstaf wees nie! Sodra die duiwel agterkom dat iemand glo dat

sy drome van Heilige Gees is, kom hy self met allerande drome en sleep so iemand

80

gou-gou weg van die waarheid van God se Woord af.

Dit is soos iemand dan vir die duiwel plek gee; jy gee vir hom ‘n oop deur van

bygeloof, om so ‘n vat in jou lewe te kry. Baie gevaarlik vir jou geestelike lewe!

Mense kan nie verwag dat die Bybel by hulle drome moet aanpas nie! Die Bybel is

die enigste vaste en betroubare maatstaf, en die Bybel kan nie aanpas by iets nie, ook

nie by jou drome nie!

Omdat God se Naam is: “EK IS” daarom is sy Woord ook EK IS, en dit beteken dit

is klaar; dit kan nie verander nie, dit kan nie aanpas nie, daar kan niks bygevoeg word

nie. As daar aan te pas is, moet dit by die Woord aangepas word; die Bybel kan nie

aanpas nie!

Dit is geskrywe, en dit kan nooit verander nie; “die hemel en die aarde sal verbygaan,

maar My woorde sal nooit verbygaan tot in ewigheid nie,” sê Jesus.

Jesus sê: “Die woord wat Ek gepraat het sal hulle oordeel in die laaste dag.” Die

Woord het altyd die laaste sê. (Joh.12:48)

Waar is die mense se vrees vir God? Nou verkondig hulle dinge wat hulle gedroom

het, en hulle glo dit, en hulle leer dit vir ander mense ook so, en dit is nie in die

Bybel nie, of dit is selfs totaal teenstrydig met die Bybel. Hulle kén nie die Bybel

nie! Hulle ken ook nie die God van die Bybel nie, anders sal hulle Hom eer en vrees

en nie met drome weghol nie.

Elkeen moet eers by Heilige Gees uit die Bybel leer voordat hy ander mense durf

leer.

Mens kan nie jou drome aan mense verkondig en maak of dit evangelie is nie!

Hier moet ons baie goed oplet na wat die Bybel skryf, en aandag gee: “Al sou ons of

‘n engel uit die hemel julle ‘n ander evangelie verkondig as wat òns (Paulus in die

Bybel) verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!” (Gal.1:8,9)

Verskriklik gevaarlik!

Moenie jou drome gebruik om ander mense te probeer leer nie!

Nou kom mense en verkondig aan ander mense hulle drome, en sê dit is van God af,

en dit is al die tyd teenstrydig met die Bybel—en die Bybel sê dan dat so iemand ‘n

vervloeking moet wees as hy dit doen!

Die een wat die ander evangelie verkondig, moet ‘n vervloeking wees.

Nie eens ‘n engel uit die hemel mag ‘n ander evangelie verkondig nie, so mag ook

geen droom ‘n ander evangelie verkondig nie—dit is ‘n vervloeking!

Elkeen moet bekeer van jou glo-ery in drome voor dit te laat is; begin leer by Heilige

Gees uit die Bybel; vra Hy moet jou leer, dan begin soek jy in die Bybel en hou net

eenvoudig aan daarmee tot jy by Hom die antwoord in die Bybel kry; vir enige saak.

Nie in jou drome nie!

Moenie mense probeer leer en dan daarvoor jou drome gebruik nie! Dit is ‘n dwaling!

Dit is leuens! As mens hulle nie kan leer wat die Bybel regtig sê nie, bly dan liewer

81

stil voor jy ‘n oordeel of vervloeking oor jouself bring!

Die Bybel is die waarheid!

Drome is nié die waarheid nie!

Ander noem dit gesigte; daar is ook plek vir gesigte, maar gesigte moet ook met die

Bybel beoordeel word, want die duiwel kan maklik vir iemand gesigte wys as hy sien

een stel belang—wat dan ook dikwels gebeur.

Ander sê ook “hulle weet dit sommer, want Heilige Gees wys dit vir hulle.” Hulle sê

die drome is soos hulle God se stem hoor—maar hulle vergeet dat dit nie net God is

wat met hulle kan praat nie; die duiwel en sy gevalle engele is baie gewillige praters

as hulle iemand kry wat beïnvloedbaar is—en nie vasstaan op die Bybel nie.

Ander noem dit “profetiese drome;” dan glo hulle dat as dit vir hulle voel so ‘n droom

is van belang, dan is dit van God af en beteken iets—maar hulle weet nie eens wàt dit

mag beteken nie, maak net hulle eie idees op.

Mense raak skoon verslaaf aan hulle drome; dit is eintlik al waarvoor party lewe;

hulle kan nie daarsonder nie! Elke keer wanneer hulle wakker word, sê hulle “toe

maak die Here my wakker,” en dan skryf hulle eers gou die droom op—wat hulle dan

beweer wat Jesus se stem vir hulle is!

So noem hulle dit God se stem, en dan is dit teenstrydig met die Bybel! Heilige Gees

sal jou nooit iets leer wat teenstrydig is met die Bybel nie!

God praat deur die Bybel; wanneer Hy iets oor die alledaagse lewe sê wat nie in die

Bybel staan nie, soos byvoorbeeld ‘n tenniswedstryd, dan sal dit beslis nie teenstrydig

met die Bybel wees nie.

Die Bybel is die maatstaf; alles wat nie op die vaste fondament van die Bybel gebou is

nie, sal met groot geweld inmekaarval—pasop! (Matt.7:24-27)

Die ou mense sal drome droom—dit is al wat hulle kan doen! Net droom! Maar nié

die jongmense nie!

Die jongmense sal gesigte sien, soos hulle ook in hulle gedagtes sien wat hulle vir

God wil doen—as dit met die Bybel ooreenstem; so nie, is dit ook van die bose!

Maar die Bybel sê nie dat hierdie drome van die ou mense sal wees soos Jesus met

hulle praat nie; Hy sê hulle sal drome droom, en hulle droom ook.

Hierdie dromery en uitleg en boeke daaroor is niks anders as bygeloof nie; dit is direk

van satan!

As iemand die stem van God wil hoor, lees die Bybel, veral in hierdie tyd waar ons

vandag reg voor die wederkoms van Jesus lewe; moenie jou laat afbring van die

Bybel af deur tradisies of drome of profesieë of gesigte nie; die Bybel is ons enigste

betroubare maatstaf.

Dit het nou so ver gegaan dat die een dame wat so droom en drome uitlê nou so erg

afgedwaal het, sy noem haar nou self God! Sê as iemand haar nie volg en haar toelaat

om hulle drome uit te lê nie, gaan hulle hel toe—en dan sê sy dat sy alles doen in die

Naam van Jesus!

82

Dit is ‘n besliste teken van die end, want dit is wat Jesus voorspel dat daar valse

Christusse sal kom wat in sy Naam kom en sê: “ek is die Christus.”

Dit is waarvan ons lees in 1 Tim.4:1: “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye

sommige van die geloof afvallig sal word en misleidende geeste en leringe van

duiwels sal aanhang.”

In die laaste tye!

Terselfdertyd is hier ‘n man wat vir jare lank Jesus verkondig het; hy het al groter

geword in sy eie oë, en nou verwag hy mense moet vir hom geld gee, as hulle dit nie

doen nie is hulle vervloek omdat hulle nie in sy koninkryk belê nie! Dit is presies

dieselfde ding!

Jesus leer ons: “Onse Vader wat in die hemel is…want aan U behoort die koninkryk,

die krag en die heerlikheid, tot in ewigheid.”

Tot in ewigheid behoort die koninkryk net aan onse Vader wat in die hemel is! Alle

ander dinge is net mense wat nou hulleself bedrieg, en dit is tekens van die einde wat

eintlik onmiddelik is!

As ek daaroor praat, sê hulle, nee, maar Tannie Letta is outyds; sy sal dit nie verstaan

nie! Wel, dit is tenminste die waarheid; ek hou by die outydse Bybel en die outydse

evangelie van die Bybel—maar ek verstaan maar alte goed die leringe van duiwels

wat vir die laaste tye voorspel is!

Hoofstuk 13

JY Neem Outoriteit.

Die goud en silwer en alle voorsiening wat vandag op die aarde is, dit wat reeds

ontgin is sowel as dit wat nog in die grond is, is nie àl goud en silwer wat daar is nie!

God het hierdie wat reeds hier is, uit sy onsigbare voorsiening geskape, en al daardie

biljoene wat daar nog steeds in die onsigbare voorsiening is, is daar om dit eenvoudig

vir joù te skape wanneer JY dit wil hê. (Heb.11:1) Jy moet dit net weet en dan ook

outoriteit neem om dit te bekom. Geld en alle nodigheid kàn dus letterlik “uit die

hemel val!” (As dit moét!)

‘n Goeie, verstaanbare voorbeeld hiervan is die skepping van die ram in die bos toe

Abraham die offerande nodig gehad het. In sy onsigbare voorsiening het God àlles vir

àlmal vir wanneer nodig.

Presies dieselfde het gebeur toe Petrus en die manne die hele nag gewerk en niks vis

gevang het nie; toe sê Jesus hulle moet na die diepwaters gaan—dieselfde waters waar

hulle niks kon vang nie—en toe vang hulle soveel vis dat die nette wou skeur.

Waarvandaan het daardie baie visse gekom?

Uit die onsigbare voorsiening van God het Hy dit vir hulle deur sy woorde geskape

toe hulle dit nodig gehad het.

83

Toe die owerhede van Petrus wou weet of Jesus die tempelbelasting sou betaal, het

Jesus hom gestuur om ‘n vis te gaan vang, en in sy bek was daar ‘n stater vir die

belasting; waar het die geld vandaan gekom? Dieselfde Skepper-God het dit uit sy

onsigbare, oorvloedige voorsiening geskape omdat hulle dit nodig gehad het.

God se voorsiening is soos ‘n magtige, onsigbare, maar baie werklike stroom, net soos

God onsigbaar, maar baie werklik is. Dit is die stroom van God se geloof wat deur die

liefde werk.

Rede vir oneindige dankbaarheid! (1 Thess.5:18)

Ja, God se onsigbare voorsiening is vir joù, om jou te voorsien van lewe en oorvloed;

dit stroom en storm op jou af; dis joùne—maar dit bereik jou nie! (Joh.10:10b)

Hoekom nie?

Omdat JY dit blokkeer!

Waarmee? Hoé?

Let nou baie mooi op: ons het nét een Wet waaronder ons moét lewe om alles vir ons

baie gunstig en goed te laat verloop; elke haarbreedte uit die Wet, bring teenspoed vir

onsself.

Nou let op jou gedagtes! Elke negatiewe gedagte, hoe vaag dit ookal is, elke

negatiewe woord, elke negatiewe handeling, elke negatiewe lyftaal, elke kwaad word

is negatief, elke klae is negatief, elke sug en gedagte aan tekorte is negatief, gedagte

aan armoede is negatief; alle onvergewensgesindheid is baie negatief—elkeen

daarvan en alles tesame vorm die blok!

Elkeen hiervan, wat àlles van negatiewe gedagtes kom, is ‘n stap onder die Wet van

die liefde uit.

Ons het net hierdie een Wet wat God se Wet is, naamlik: “Dat julle mekaar moet

liefhê soos Ek julle liefgehad het.”

Wanneer jy onder die Wet bly werk dit vir jou; wanneer jy die Wet ongehoorsaam is,

werk dit teen jou.

Jy bly nie onder die Wet om vir God te probeer behaag of om Hom salf om die oë te

smeer nie, ook nie om gered te word of om iets by Hom te verdien nie; jy bly onder

die Wet vir jou eie voordeel, vir jou eie vrede en voorspoed in elke opsig.

Wanneer jy bekommer het jy nie volkome lief nie, want dan vertrou jy nie vir God

soos volkome liefde doen nie—jy vertrou nie sy onsigbare voorsiening nie.

Miskien wéét jy nie van sy onsigbare voorsiening nie; miskien dink jy dat dit nie vir

joù beskore is om rykdom en volop te besit nie. Maar God se onsigbare voorsiening

maak nie onderskeid tussen mens en mens nie; dit is ‘n werkende ‘wet’ soos die wet

van swaartekrag—dit werk vir almal ewe.

Daardie stroom van voorsiening fors op joù af net soos op enige mens; sodra die

blokkasie uit die pad is, of vir soveel as wat die blokkasie uit die pad kom, tref dit jou

met al sy voorsiening.

Die volmaakte liefde dryf die vrees buite; daardie diep binne-vrees wat jy het dat daar

84

tekorte is: “Ek sal nie die bank kan tevredestel nie, ek sal nie kan my mense betaal

nie,” diep binne-in jou is hierdie vrees—en vrees is negatiewe glo, dit werk! Agteruit,

ja, na die verkeerde kant toe, maar dit wérk! Elke negatiewe gedagte werk teen jou, en

elke positiewe gedagte werk vir jou.

Alles wat jy teen iemand hou, is dit die regering, Zuma, Mbeki, die VN, Mnr Bush,

jou man of jou vrou, jou skoonma, een of ander mens, wie ookal, hoe vaag ookal, dit

is alles soos jy onder die sambreel van die beskerming van die Wet van liefde uit is en

dis negatief; dit werk teen jou; teen jou gees, siel en liggaam.

Dit benadeel jou lewensloop in elke opsig; jou gesondheid, veiligheid, finansies, rus

en vrede—elke ding. Alle knorrigheid en kwaai is negatief; dit werk teen jou.

Elke keer wanneer jy een van hierdie negatiewe dinge en gedagtes toelaat, ook onbe-

wustelik, dan keer jy die stroom van God se onsigbare voorsiening van jou af wég!

Wat moet jy doen om die blokkasie uit die weg te kry?

Eerstens moet jy weet God se voorsiening IS daar vir joù! Dan moet jy weet dat JY

iets daaraan moet doen! Dan “bekeer” jy van negatiwiteit en vra ekskuus vir Jesus

omdat jy so negatief gelewe het; jy het gekerm, gemurmureer, geklae en bekommer

en beskuldig en verwyt al was dit net in jou gedagtes; inplaas van om die Woord van

God te doén!

Die woord van God vir ons is eerstens om mekaar lief te hê met die liefde wat God

reeds in ons harte uitgestort het deur Heilige Gees wat ons ontvang het. Dit is dan die

groot rede vir die tweede stap, naamlik om altyddeur bly te wees; dit is om in àlles

dankbaar te wees omdat dit God se wil vir jou is om in alles dankbaar te wees.

En dan is jy dankbaar! Kyk watter groot rede het jy om dankbaar te wees, dat al

daardie onsigbare voorsiening soos ‘n magtige stroom op jou afstroom vir joù! Dat

Jesus nie voor die kruis omgedraai het toe Hy jou groot sonde sien nie, maar

deurgedruk het om ook vir JOU te sterf!

Solank jy dankbaar is en God loof en dank, dan klae en murmureer jy nie!

Derdens neem jy dan elke oomblik jou gedagtes gevange; bind elke negatiewe

gedagte die oomblik wat jy hom gewaar, en smyt hom in die buitenste duisternis,

waar hy hoort—in die Magtige Naam van Jesus, natuurlik. Jy sê vir die gedagte:

“Gedagte van negatiwiteit (noem die gedagte) ek bind jou in die Naam van Jesus

Christus en ek smyt jou uit in die buitenste duisternis!” Moenie speel nie!

Wees polisieman wat waak teen negatiewe gedagtes by jouself; werk aan joù

gedagtes. Vervang elke negatiewe gedagte met ‘n goeie mooi gedagte aan die goeie

voorsiening van God vir jou.

Leer om nét alle goeie gedagtes te dink, volgens Fil.4:8 “Alles wat waar is, alles wat

eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik

is—watter deug en watter lof daar ookal mag wees, bedink dit.” Dis uiters

noodsaaklik, want gedagtes beheer alles.

(In Engels is dit: “Meditate.” Bedink dit, is eenvoudig mediteer daaroor, of dink

daaroor; sodra die woord mediteer egter gebruik word, dan keer die Pinkster-mense

dat die stof staan, want dan is dit “oosterse geloof!” Hoe jammer!)

85

Ek is Pinkster, ja, net so Pinkster soos die Bybel—maar nie met kerklike leerstellings

nie.

Elke negatiewe gedagte trek na hom toe meer negatiewe dinge; dit is waar die mense

se ellendes vandaan kom. Gedagtes is soos ‘n magneet; as dit slegte of negatiewe of

kwaai gedagtes is, trek dit slegte dinge na jou toe soos ‘n magneet spykers trek.

As dit goeie en sagmoedige en vrede gedagtes is, trek dit goeie dinge en vrede na jou

toe. Soort trek soort—en DIT is die waarheid!

“Soos ‘n mens in sy hart bedink, sò IS hy.” (Spr.23:7) Kyk eerlik na jou eie lewe,

dan sal jy duidelik agterkom wàt jy bedink; dit wérk!

Miskien is jou sake al teen hierdie tyd baie deurmekaar, miskien lewe jy in onmin en

kwaaivriendskap, en nou het jy deur Jesus se genade jou houding en gedagtes

verander—want jy moét, ter wille van jou eie vrede en sukses. Maar miskien lyk jou

sake nog sleg, so nou begin werk jy aan jou sake.

Miskien druk jy jou oë toe omdat jy nie wil sien nie; miskien voel jy onveilig. As jy

verder noukeurig lees en aandag gee en eerlik is met jouself, sal dit jou kan help.

Hoe kry mens die antwoorde?

In hierdie tyd warin ons vandag lewe—soos vir baie jare steeds—speel die vrou ‘n

baie groot rol in die geestelike behoud van haar man en kinders en groter gesin—selfs

in die land.

Daar is ‘n profesie in die Bybel wat meestal misgekyk of misverstaan word, naamlik:

“Want die Here het iets nuuts op die aarde geskape: Die vrou sal die man beskerm.”

(Jer.31:22)

(Die voorafgaande gedeelte praat oor die afkerigheid van Israel, wat hier genoem

word: “Die jonkvrou van Israel.”)

Maar dan staan hierdie genoemde skrif in vers 22 sommer so daar tussenin; die vrou

sal die man beskerm!

As die vroue dit weet is dit nie vir hulle nodig om so te kere te gaan oor “vroueregte”

nie, hulle kan dit net baie geniet om hulle rol as werklike vrou te vervul—deur God is

hulle reeds verhoog. Hulle maak net gekke van hulleself soos hulle vandag aangaan,

soos hulle probeer om dieselfde rol as die man te vertolk; dis skoon belaglik!

Omdat die mans so besig is met die daaglikse werk, is dit maar meer die vroue wat die

bidwerk doen; wat geestelik outoriteit neem en indring en die koninkryk bestorm en

deurdruk vir die antwoorde. (Matt.11:12)

Deur outoriteit te neem oor elke ding en te sorg dat alles geestelik goed gaan met die

man en huisgesin, beskerm sy letterlik die man en kinders.

Dit is swaarder werk en groter beskerming as wat met tralies en gewere gedoen kan

word—en baie meer doeltreffend.

Hierdie is baie eenvoudig en baie persoonlik; ek vind net dat mense nie maklik

verstaan wat ek bedoel sonder voorbeelde nie, daarom noem ek dit uit my eie lewe;

86

daar is reeds mense wat sê hulle ken my beter as wat ek myself ken—daarvoor kan ek

nou nie help nie!

Elke aand, en partykeer nog deur die dag ook, indien nodig, stuur ek die beskermengele

(Heb.1:14) van God om ‘n laer te trek rondom my man, elke kind van ons; ek

noem elkeen se naam, elke skoonkind, elke kleinkind en agterkleinkind, om elkeen se

huis en al die voertuie, en om dit honderd persent te beskerm en te bewaar tot eer van

Jesus Christus—en dan sê ek dankie vir Jesus daarvoor. En dan IS ek dankbaar!

Saam met die sê “sien” ek hoe trek die engele laer rondom die huise, rondom die

voertuie, rondom die diere en lusernlande; ek “sien” die hoenderhokke; ek sien die

damme, pompe en alles.

Nee, dit is nie engele-aanbidding nie; die engele is dienende geeste wat vir diens

uitgestuur word deur ons wat die saligheid beërwe. Ek stuur nooit vir God nie! Hy is

nie my dienskneg nie! (Meeste “gebede” wat mens hoor is net om vir God rond te

order.) Ek dank Hom net vir die beskerming wat sy engele doen. Ek loof en prys Jesus

altyd vir alles.

Hierdie is maar net riglyne vir iemand wat miskien nie weet hoé nie; elkeen doen

volgens jou eie behoefte.

Elke keer wanneer iemand in ons naby familie iewers op ‘n ver pad moet ry—as ek

daarvan weet—dan neem ek outoriteit oor die voertuig, die bestuurder, oor elke

voertuig op die pad, elke bestuurder, elke mens, dier, natuur, elke oomblik en elke

haarbreedte van die pad en die tyd, dat alles honderd persent veilig en voorspoedig sal

wees, en tot eer en verheerliking van Jesus Christus.

As iemand van Christienne op ver pad moet ry bel sy my en ons stem saam oor hulle

veiligheid—ons werk daaraan dat almal van ons mense elke dag beskerm moet wees.

Dit is oor die algemeen maar die Ma wat die familie geestelik instandhou; die vrou

bou meestal die geestelike ark om haar familie geestelik veilig te hou.

Daar is nogal uitsonderings waar mans ook vastrap en doen.

Wanneer ons of iemand van ons mense nou so ‘n tog aanvat, dan neem ek outoriteit

soos genoem, en as ek klaar is dan sê ek met so ‘n diepe konsentrasie, met my hart

gefokus op Heilige Gees in my—nie sommer so bolangs nie—in my gedagtes:

“Naam van Jesus, ons sàl veilig wees; ons sal veilig wees.” dan let ek op vir die

antwoord in my gees.

Meeste kere, teen ek dit die eerste keer sê, kry ek al klaar in my hart die sekere wéét

(Heb.1:1) dat ons wel veilig sal wees; maar daar is woorde ook mee gepaard; ek kan

duidelik die woorde ervaar: “Ja, ons sal veilig wees.”

En dan is ons veilig!

Dit is totaal onmoontlik om in woorde te probeer beskryf of verduidelik iets wat ek in

my gees ervaar. Dit is ‘n geestelike ervaring, en dit kom deur beoefening.

Ons kleinseun Nico het, nadat hy van Engeland af gekom het, aansoek gedoen vir ‘n

werk met rekenaars—waarvoor hy daar geleer het. Toe vra hy ek moet bid dat hy die

werk kry. Ek het dadelik met groot erns en konsentrasie in die geestelike gefokus en

87

ingedring en gesê: “Naam van Jesus, Nico sàl daardie werk kry.” So by omtrent die

derde of vierde keer, kry ek die antwoord: “Ja, hy sàl die werk kry.” Saam met die

antwoord gaan altyd groot vrede en blydskap. VREDE is die skeidsregter.

Toe bel ek en vertel hom hy sal die werk kry.

Van die ander kandidate was eintlik beter gekwalifiseer as hy, en sy kleur was ook

teen hom, maar hy het die werk gekry.

Na paar maande of ‘n jaar—kan nie meer onthou nie—het hy ander belangstelling

gekry in ‘n ander rigting; hy het ook gestudeer en eksamens afgelê, hy’t my vertel en

weer gevra dat ek moet bid dat hy daardie goeie werk kry. Ek het gebid en weer

dieselfde geestelike indring gedoen, toe kry ek die eienaardige antwoord: “Hy sal die

werk kry às dit is wat hy wil hê.”

Ek het hom gebel en gesê wat die antwoord is; hy’t gesê dit is wat hy wil hê. So hy

het toe die werk gekry en baie goed aangegaan vir paar jaar, en toe vind hy uit hy wil

by ‘n ander firma werk, in dieselfde rigting—hy vra ek moet bid—“ouma, hoor wat sê

Hoofkantoor!” Wat ek toe ook doen, en weer kry ek die antwoord; “Hy sal die werk

kry.”

Dit is toe eindelik die werk waarin hy baie gelukkig is, en wat hy nou doen. Met ander

woorde, alhoewel hy in die vorige werk gedink het dit IS wat hy wou hê, was dit nog

nie regtig wat hy wou hê nie—hy het dit net nie geweet nie!

Waar “hoor” ek die antwoord? Nie met my gewone ore nie; ek hoor dit op ‘n plek hier

voor my bors, voor my gesig; in my kop en in my hart maar dit voel soos “buite”

myself en tog deel van myself—ek kan dit nie sê of verduidelik nie.

Nouja, omdat party van my skoonseuns daarvan hou dat die Blou Bulle met rugby

moet wen, het ek jare gelede begin oefen om ‘n “ja” te kry dat hulle sal wen. Dis

maklik om dit te beoefen. Dan dring ek weer so in en sê: “Naam van Jesus, die Blou

Bulle sàl wen…hulle sàl mos wen…” tot ek die “ja, hulle sal wen” “hoor.”

(Dit het ek baie lanklaas gedoen.)

Die antwoord kom nie altyd ewe vinnig nie, partykeer kos dit regte indring! Sodra my

hart gefokus is op God—onverdeeld op God—kry ek die antwoord. (2 Kron.16:7)

Partykeer kry ek nie ‘n “ja” antwoord nie, dan sê ek vir die kinders ek kry nie

antwoord nie, en dan is dit die kere wat hulle nie wen nie.

Let op: Hulle wen nie omdat ék die antwoord kry nie; ek kry die antwoord dat hulle

wel wen omdat hulle sàl wen.

Die kere wat hulle nie sal wen nie, kry ek nie die antwoord nie.

Nou met die wêreldbeker van die Springbokke het ek vir ons skoonseun Nico gesê dat

ek sien net alles wenne vorentoe nog voor hulle begin speel het, ek sien geen verloor

nie. Voor elke wedstryd het ek ervaar dat hulle wen—baie sterk en seker. Nouja, hulle

hét ook al hulle wedstryde gewen, dit is waarom ek van die begin af ervaar het dat

hulle sal wen. Nee, ek kyk nie rugby nie!

Hierdie noem ek net omdat dit sulke alledaagse dinge is wat maklik is om te verstaan.

God stel belang in elke aspek van ons lewe.

Dit is heeltemal iets anders as die keer toe Stefan Edberg vir Boris Becker met tennis

gewen het, waarvan ek reeds in verskillende boeke geskryf het. Daardie was Heilige

88

Gees wat my direk gesê het wat ek moes doen dat Edberg moes wen—wat toe ook so

gebeur het.

Hierdie antwoord kry waarvan ek nou praat is iets heeltemal anders. Ek vra oor baie

dinge so antwoorde en ek kry ook baie antwoorde—elke keer as ek ‘n “Ja” kry, dan

gebeur dit waarvoor ek soek—maar ek kry nie altyd ‘n “ja” nie.

Daardie keer toe die vyf mense vir Gideon ge-hijack het, het ek vir ure gevra en nié

antwoord gekry nie, alhoewel hulle hom reeds gelos het soos ‘n warm patat en met al

sy goed en sy bakkie met al die hoenders netso daarin, daar weggejaag het, direk

nadat ek begin het met die Magtige Naam van Jesus Christus—ek het dit net nie

geweet nie!

Daaruit het Heilige Gees my paar dae daarna die groot openbaring gegee van die

kennis van die gebruik van die Naam van Jesus Christus; die ekstra olie in die

kanne.

Arme ou Jakob het 17 jaar getreur oor sy seun Josef sonder dat Heilige Gees ooit vir

hom gesê het dat sy seun al die tyd veilig was.

Gerrie sê sy kwoteer Skrif oor ‘n saak, dan gee Heilige Gees haar die vrede in haar

hart—en vrede is die skeidsregter.

Ek het baie erg gekerm dat Heilige Gees my moet sê òf Hy my gaan sê wanneer Jesus

sal kom, en later kom hierdie Skrif in my gedagte: “Roep My aan en Ek sàl jou

antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.”

(Jer.33:3)

Daarmee het Hy my ook die vaste weet met die blydskap gegee dat Hy my wel sàl sê,

soos Hy vir Noag voor die tyd gesê het—dit sal wees net soos in die dae van Noag, sê

Jesus.

Nee, dis nie omdat ek dit meer verdien of iets, om dit te mag weet nie, dis net omdat

ek die moeite doen om te vra en te soek—vir elkeen wat indring in die geestelike en

regtig vra en wil weet, sal Hy dit ook sê—dit is vir almal wat regtig wil. (2Thes.5:4)

Jesus beloof sy dissipels dat Heilige Gees hulle sal in die hele waarheid lei en die

toekomstige dinge aan hulle verkondig. (Joh.16:13) Dit is wat hier gebeur; Heilige

Gees weet van altyd af alles tot die end van die ewigheid, so Hy maak dit dan ook aan

my bekend dat ons sal veilig wees, of dat die Springbokke sal wen—of wat ookal. Ek

kry nie die antwoorde uit myself nie! Ek is nie ‘n profeet of waarsêer nie! Heilige

Gees wil graag almal lei, almal wil Hom net nie volg waar Hy lei nie.

Mense dink en sê natuurlik dat ek totaal verdwaal is; dat ek besig is met New Age en

allerande ander soorte dinge—party verag my so! Party sê sommer vir my ek is die

antichris!

New Age en ander afgodsdienaars gebruik eenvoudig ook die geestelike wette wat

ons Vader vir ons, as sy kinders voorsien het, en dit werk vir hulle ook—dit werk vir

elkeen wat dit gebruik, net soos die wet van swaartekrag vir almal en alles werk, maar

omdat New Age dit gebruik, wil God se kinders dit nie gebruik nie, nou sê hulle dis

van die duiwel!

Dan dink hulle nie daaraan waarom help die duiwel dan die mense wat hom dien,

maar God help nie vir ons wat sy kinders is nie!

89

Onthou, God laat reën dieselfde reën op regverdiges en onregverdiges; dieselfde reën

benat die koring én die onkruid—maar reën is ‘n wonderlike gawe van God—nie van

die duiwel nie.

Maar meeste mense soek regtig na die waarheid, en as hulle dit lees dan weet

hulle in hul harte dat hierdie dinge van Heilige Gees is—ek is beslis nie slim genoeg

om dit self uit te dink nie.

Ek weet dat ek voor die regterstoel van Christus sal moet verskyn met hierdie selfde

openbarings; dan sal almal weet dat dit die werklike openbarings van God is.

Om aan te gaan met die maniere waarop ons dinge doen—ek wil net sê, ons leer nog

elke dag.

Vir veiligheid vir ons mense sê Christienne: “U weet mos dat hulle veilig sal wees; ja,

ek weet dat God net goed is; van Hom kom nie pak slae of sleg nie.” Om dan te wéét

dat Hy net goed is, is om te weet dat hulle veilig is. Sy sê ook gedurig Ps.91 vir

almal se veiligheid.

Met my skrywery sê ek net gedurig vir Heilige Gees IN my—nie met hoorbare

woorde nie, maar in my Gees, daar waar Hy met my en ek met Hom kommunikeer—

“Heilige Gees in die Naam van Jesus, baie dankie dat U vir my wysheid gee—en my

leer in die hele waarheid.” Dan skryf ek net en dit kom net.

Dit is beoefening; hou aan vir alles! Om saam te stem in Jesus se Naam kom die

gerustheid; dit is die “release” van die saak, wat ook ‘n antwoord is.

Daardie vaste wéét wat gepaard gaan met die “ja” is God se geloof wat Heilige Gees

dan vir mens gee vir die spesifieke saak—en dan is dit ‘n IS; God se geloof is die

wéét; nie hoop nie, maar weet. (Heb.11:1)

Ons doen dit nie nét vir veiligheid nie, ons doen dit vir àlles, maar omdat misdaad

vandag so erg is in SA, is dit baie nodig om te werk aan mens se veiligheid.

Ongeveer 25 jaar gelede toe een van ons dogters swaar gekry het omdat daar nie

genoeg geld was nie, het sy begin om die “onse Vader” te bid; maar ek bedoel, te bid,

elke sekonde aanmekaar, sag en hardop, dag en nag; dit vervang omtrent alle ander

gedagtes.

Na omtrent drie maande hiervan het Heilige Gees begin om hulle finansieël so te seën

dat hulle binne ‘n paar jaar miljoenêrs was en vandag baie miljoene sterk is.

Nadat ons kleinseun Nico begin werk het, het hy dit ook gedoen; dan ry hy tussen

Pretoria en Johannesburg en dit is baie erge verkeer en neem lank, en elke sekonde

daarvan sê hy die Onse Vader; partykeer stap hy al in die werk in, dan sê hy dit nog.

Wel, hy is ook lankal ‘n miljoenêr.

Een van ons ander dogters het omtrent ‘n jaar gelede, toe dit met hulle ook nie

finansieël goed gegaan het nie, begin om so die Onse Vader te bid; seker ook so drie

maande later het Jesus ingegryp en vandag gaan dit baie goed geldelik met hulle.

Ek bid so die Onse Vader, ek sê dit is my “screen saver” want dit vervang alle gewone

gedagtes—en dit wérk!

90

Nouja, ek raai dit aan vir baie mense, maar min doen dit—seker glo hulle dit nie.

Ander begin die Onse Vader uitlê en verduidelik en daar ‘n preek van maak, maar dit

is nie dit nie!

Jesus sê die saad is die woord; as ek ‘n mieliepit plant, dan groei hy, maar as ek hom

uitmekaar haal en vir die mense verduidelik watter deel is die lewe en watter deel is

die meel en watter deel is die dop—en ek gaan plant dan die pit, sal hy nooit groei

nie! Dan het ek hom morsdood verdeudelik en uitgelê.

Dit is wat mense met God se woord doen; begin vandag en bid die Onse Vader as jy

enigsins finansies wil bekom, en hou eenvoudig aan; dit sàl gebeur.

Die woord sê: “Julle het nie, omdat julle nie bid nie, julle bid en ontvang nie, omdat

julle verkeerd bid.” Hoe bid mens rég? Daar is net een gebed wat Jesus ons leer en

Hy sê: “Sò moet julle bid: Onse Vader…”

Ek weet dis voor die kruisiging, ek weet al die verduidelikings en wegpraat daarvan,

maar die gebed wat Jesus sê kan beslis nie verkeerd wees nie—so dan moet dit rég

wees!

Ek kan jou verseker; as JY dit doen sal dit vir joù werk! “Want elkeen wat bid,

ontvang.”

Omdat ons vandag so naby die wederkoms van Jesus lewe, en Jesus uitdruklik sê dit

sal wees soos in die dae van Noag, en Noag ‘n ark moes bou vir die beskerming van

sy huisgesin—vòòr dit begin reën het—weet ons dat ons ook moet gereed maak vòòr

die merk op die hand of kop van krag sal word.

Dink aan die wyse maagde met die bykomende olie in die kanne wat hulle moes

koop vòòr die middernag geroep.

Daarom weet ons dat ons ook veronderstel is om gereed te maak vir ‘n tydperk waarin

niemand sal kan koop of verkoop sonder om die merk te vat nie. Ons moet dit noù

doen, solank daar nog kans is, deur ons eerstens geestelik voor te berei en ook deur

vir ons plek te berei waar ons sal kan deurkom waar water en hout is, dat dit solank

gereed is vir die dag wanneer ons nie meer sal kan werk vir geld, sonder die merk nie.

Nouja, oor die algemeen is die mans so prakties en redeneer hulle die dinge met die

kop uit; heeltemal anders as vroue. Party sê ja, hoeveel keer was daar nie al ‘n datum

genoem nie, en dan het klompe mense al selfmoord gepleeg en al sulke dinge, wat so

is.

Ons vroue voel ons maak ‘n plek gereed; as die merk dan begin wanneer ons dit

verwag, dan is ons gereed; as dit nié daardie tyd begin nie, dan het ons niks verloor

nie, dan hou ons net die plek, want dit sal wel gebeur—en dan is ons steeds gereed.

Noag het ook nie geweet wanneer sou die reën begin nie; hy het net geweet hy moet

die ark gereed kry; eers nadat dit gereed was met al die diere en voer, het die reën

gekom.

Hy het ook nie geweet vir hoe lank hy kos moes vat vir al daardie klomp diere nie,

hy’t net gesorg dat daar kos vir elke soort dier is, en daarmee het God hulle laat

uitkom vir ‘n hele jaar!

Vir Moses vra die Here: “Wat het jy in jou hand?” Hy het toe net ‘n stok, so toe laat

God hom die stok gebruik vir al die wonderwerke. Dit wat jy hét.

91

Vir die dissipels vra Jesus: “Hoeveel kos het julle?” Toe het hulle net vyf brode en

twee vissies, so daarmee laat Jesus hulle werk, en Hy voed daardie groot skare. Dit

wat JY hét.

Ons moet net van ons kant af gereed maak, hoe gebrekkig ookal, God sal sorg dat dit

wat ons gereed gemaak het sal hoù vir solank dit nodig sal wees—soos die weduwee

se meel en olie.

Dit is waarom die vroue nou begin gereed maak om hulle mans en huisgesinne te

beskerm in die verdrukking wat sàl kom. “Die vrou sal die man beskerm.”

Iemand moet net outoriteit neem en dit doén; iemand moet begin om nie net saam te

stem nie—of te stry nie—maar om daadwerklik te begin optree en die berge voor jou

uit gelyk maak dat God se onsigbare voorsiening vir jou en jou huisgesin ongehinderd

sal vloei.

Ons hét reeds die gebruik van die Magtige Naam van Jesus Christus, waarmee ons

elke berg wat in ons pad is see toe kan jaag—as ons dit net doen!

Onthou, Jesus sê nie dat Hy vir jou berg sal sê om pad te gee nie, Hy sê dat as JY vir

die berg sê sal die berg padgee.

Maak seker dat jy presies weet wàt die berg is, en wat jy wil hê, voor jy vir die berg

sê; en dan speel jy nie met die berg nie! Jy doén dit; jy hou net eenvoudig aan tot dit

gebeur—as jy werklik ernstig is en aanhou sàl dit gebeur! Fokus jou gedagtes!

Lees weer die getuienis oor ons seun Gideon en let op hoe ons net eenvoudig

aangehou het tot hy veilig was.

JY sê vir die berg, jy sê en beveel nie vir God nie, jy sê en beveel die berg! God sê

vir Adam hy moet oor die aarde heers; nie oor God en God se voorsiening nie!

Jy loop nie en tob en planne beraam en maklike planne uitdink oor hoe die onsigbare

voorsiening van God vir jou die dinge moet doen nie!

Let wel; die stroom van God se onsigbare en magtige voorsiening IS reeds besig om

met alle mag teen jou aan te stroom, dit IS daar vir jou, saam met Christus hét Hy jou

reeds àlles genadiglik geskenk, (genadiglik beteken uit genade, sonder dat jy iets moet

doen om dit te verdien, en sonder dat jy hoef te presteer in enige opsig; jy kan dit nie

verdien nie, dit IS reeds daar vir jou.)

Jy moet dit net toelaat, deur te doen wat die Woord sê deur:

1 Te sorg dat jy met jou wil en keuse en dankbaarheid onder Jesus se Wet van

die liefde bly, omdat jy eerstens vir Jesus liefhet!

2 Deur hierdie voorsiening in alle goeie dinge voortdurend te bedink, jou

gedagtes is jou glo en jy hét beheer oor jou gedagtes.

3 Om op te hou met alle negatiewe gedagtes en woorde en planne.

4 Deur vir die berg van omstandighede te sê en dan,

5 Deur in àlles, voortdurend dankbaar te wees—nie net dankie sê nie, maar om

dankbaar te wees. (Joh.13:34. Rom.5:5. Fil.4:8. Mark 11:23. 1Thes.5:18)

Nee, dis nie wette om te hou nie, dis net ons elkedagse lewe in Christus, want vir ons

is die lewe Christus. (Kol.3:4)

Wanneer jy al die negatiewe blokkasies uit die pad het, sal jy moet bontstaan om al

die voorsiening van lewe en oorvloed wat teen jou aanstroom, te kan hanteer!

92

Ek wéét hierdie is die waarheid!

Ek weet dit werk magtiglik!

Ek weet ook as jy dit doen, sal dit vir jou ook werk.

Dit is alles goed en wel om dit vir ander te vertel, maar dis soveel beter as hulle die

resultate by jou kan sien, sowel as om die Plan te hoor.

Doen jy dit eers, dan sal die ander dit ook glo en doen!

Ons werk dit so in ons daaglikse lewe; ons doen en handel op die Woord en dit werk

vir ons so. Natuurlik is daar nog plek vir duisende groei en verbetering, en ons leer

daagliks. Ons WIL leer!

Ons is dankbaar met die grootste dankbaarheid en nederigheid aan hierdie grote God

en die Magtige Naam van Jesus, wat die olie in ons kanne is, waarmee ons deur elke

donker kom.

Heilige Gees géé ook die antwoord in ons hart as ons dit so doen; sodat ons vrede het.

Om saam te vat, nie een van ons weet of ons nog ses jaar oor het, of ses dae, of ses

maande nie; wat ons wel sekerlik weet is dat elkeen van ons vir homself voor die

regterstoel van Christus sal verskyn en vir homself sal rekenskap gee van wat hy

gedoen het in die lewe met God se Woord, Jesus Christus.

Die enigste veilige stap wat jy nou kan doen, is om jouself totaal oor te gee aan Jesus,

jou gees, siel en liggaam, jou totale lewe, en om seker te maak dat jy Hom het as jou

Here—en dat jy in sy veilige Wet van God-liefde (ook vir jou man, ook vir jou vrou)

die res van jou lewe bly.

Sien jou daar anderkant oor ‘n paar jaar!

Hoofstuk 14

Die Angel van die Dood.

Nòg ‘n teken van dat ons baie naby die wederkoms is, is die feit dat daar nou kinders

van die Here is wat glo en verkondig dat hulle by Heilige Gees die openbaring gekry

het, dat hulle nooit fisies sal sterwe nie, aangesien Jesus alles wat met die sondeval

verkeerd geloop het, kom regmaak het met sy dood. Fisiese dood is een van daardie

dinge.

Ek het nie so ‘n openbaring gekry nie, maar daarom kan ek nie sê dat iemand anders

dit nie so gekry het nie. Kom ons kyk maar weer na die Bybel.

“Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die Here vertel.” (Ps.118:17)

Alhoewel die Psalmis wat hierdie geskrywe het fisies gesterf het, is hy steeds vandag,

deur hierdie duisende jare, besig om die werke van die Here te vertel deur sy geskrifte

wat daagliks deur duisende mense gelees en daardeur gehelp word.

Baie eeue nadat hulle reeds fisies gesterwe het, sê Jesus dat Moses noem die Here die

God van Abraham, Isak en Jakob: “Hy is tog nie ‘n God van dooies nie, maar van

93

lewendes, want almal lewe vir Hom.” (Luk.20:38) Vir God lewe hulle dus, al lewe

hulle nie meer in hulle sterflike liggame nie.

Nou sê die Bybel: “Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal

ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

In ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die klank van die laaste basuin: want die basuin sal

blaas en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. En

wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met

onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is

verslind in die oorwinning.

Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?” (1 Kor.15:51-55)

Eers met die opstanding van al die wedergeborenes wat deur die eeue in Christus

gesterwe het, sal hierdie woord vervul word. Hy skryf uitdruklik dat wanneer hierdie

verganklikheid met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid

beklee is, dàn sal hierdie woord vervul word.

Kom ons kyk nou mooi na wàt hierbo geskryf is: Eerstens is dit ‘n verborgenheid; dit

beteken dis iets wat aan iemand se gees moet geopenbaar word deur Heilige Gees—

dis nie sommer so ‘n bolangse ding nie. Dis nie iets wat iemand preek en verduidelik

en nou glò ek dit nie.

Daarom moet ons baie aandag hieraan gee.

Wat is die rede waarom hulle nie sal ontslaap nie? Omdat hulle sterflike liggame by

die laaste basuin verander sal word!

Verder kyk ons na wanneer hierdie verandering sal gebeur. “Want dit sê ons vir julle

deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms

van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vòòr wees nie.

Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n

aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus ontslaap

het, sal eerste opstaan.

Daarnà sal ons wat in die lewe oorbly, in wolke weggevoer word die Here tegemoet in

die lug.” (1 Thess.4:15,16)

Met die wederkoms van Jesus Christus sal die basuin blaas, en in daardie oogwink

sal elke wedergeborene wat op daardie tydstip op die aarde lewe, verander word, “wat

ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy

verheerlikte liggaam…” (Fil.3:21)

Dàn sal die dood verslind word in die oorwinning; “die laaste vyand wat oorwin word

is die dood.” (1 Kor.15:26)

Dan word die wat in Christus gesterf het onverganklik opgewek—so waar is die mag

van die dood dan?

Dit is deur die eerste opstanding van al die ontslape heiliges; met die wederkoms van

Jesus, wat die laaste vyand, die dood, vernietig word. Nie vòòr dit nie!

Jesus is ewig ons voorbeeld: Deur sy opstanding het Hy die dood oorwin—Hy het

eers gesterwe, maar deur sy opstanding is daardie dood oorwin.

94

“Omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie.

Die dood heers oor Hom nie meer nie.” (Rom.6:9)

Dit is die opstanding wat die dood oorwin; dit is die opstanding wat die angel uit die

dood haal. Nadat ons opgestaan het—wat maak dit dan saak dat mens ooit gesterwe

het?

Hierdie openbaring, dat dit deur die opstanding is wat die laaste vyand, naamlik die

dood oorwin sal word, het Heilige Gees aan my gegee ongeveer vyf jaar gelede. Ons

lewe in elk geval, al het ons ook gesterwe.

Tot sover nog, van Adam af, het àlle mense gesterwe, met die uitsondering van Henog

en Elia.

Alhoewel die Bybel dit nie sê nie, weet ons dat hùlle ook eers moes verander het voor

hulle kon gaan—dit neem net een oogwink. Hoe weet ek dit? “Maar dit verklaar ek,

broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe

die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.” (1 Kor.15:50)

Voor die sondvloed het mense tot amper 1000jaar op die aarde gelewe. Omrede van

die soort kos wat hulle geëet het, het hulle baie stadig verouder; so kry ons dat hulle

nog tot oor die vyfhonderd jaar steeds getrou en kinders gekry het; hulle het dus in

jare oud geword sonder om fisies te verouder.

Vandag verouder mense baie vinniger as dit; kyk hoe lyk mense op tagtig. (Vir hom-

self lyk hy miskien nog goed, maar beslis nie vir ander mense nie!) As dit nou so is

dat mense nie meer fisies hoef te sterwe nie maar tog deurgaans verouder, hoe sal

hulle lyk en voel op so tweehonderd jaar? Sleg! Op negehonderd jaar? Erg sleg!

Shame!

Stel jou voor met die ou, afgetakelde, verouderde liggaam wat niks meer kan doen

nie, net heeldag voor die TV lê en so die eeue omkry, terwyl hy al eeue gelede by

Christus kon gewees het, “want dit is verreweg die beste.” Nee wat! Sal net lyding

wees! (Fil.1:23)

Die Bybel sê: “En net soos die mens bestem is om een maal te sterwe en daarna die

oordeel…” (Heb.9:27)

Dis nie een of ander predikant of pastoor wat so sê nie, dis die Bybel—en Hy sê die

mens is bestem om een maal te sterwe. Tog duidelik? Daarom noem Hy ook die

menslike liggaam “die sterflike liggaam.”

Ons lees verder: “Soos deur die een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur

die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het…” (Rom.5:12) As

ons verder lees skryf Hy dat deur die misdaad van die één die dood geheers het deur

die één, maar deur Jesus se offer van geregtigheid het almal nou toegang tot die ewige

lewe—dit weet ons is die lewe waarvan ons deel geword het met wedergeboorte, dat

ons dan ewig lewe—eers in hierdie liggaam, tot die liggaam later agterbly en ons net

aanhou lewe en dan weer later, mét die opstanding, die verheerlikte liggaam betrek.

Nie ewige lewe in die menslike liggaam van vlees en bloed nie!

Ons lees: “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het

95

die tweede dood geen mag nie.” (Openb.20:6) Hulle moés eers een keer doodgegaan

het vòòr hulle tog kon opstaan met die eerste opstanding—hulle is salig en heilig.

Die tweede dood is die poel van vuur, (Openb.20:14) so daar is mos dan ‘n eerste

dood ook.

Tog sàl ons wat vandag lewe nié almal sterwe nie, (1 Kor.15:51) maar dis nie omdat

ons sterflike (1 Kor.15:53) liggame nou skielik nie meer sal doodgaan nie!

Wanneer twee boksers boks, dan kry een so sleg slae dat hy hier in die derde rondte

net-net wil neerslaan, maar dan skielik lui die klok vir rus, voor die vierde rondte. Dan

sê ons hy is deur die klok gered—as dit nie vir die klok was nie, was hy klaar. “Saved

by the bell.”

Presies so sal baie van hierdie miljoene wedergebore Christene wat vandag op die

aarde lewe, “deur die klok gered word” met die wederkoms van Jesus Christus, dat

hulle van die fisiese dood gered sal word.

So, mense wat “glo” dat hulle nie fisies sal sterwe nie het ‘n goeie kans om nié fisies

te sterwe nie! Maar dis nie omdat hulle ou sterflike liggame so danig gaan hoù nie, dis

omdat daar vandag miljoene mense op die aarde lewe wat die wederkoms van Jesus

sal beleef!

“Saved by the trumpet!” Sal dit dan hierdie keer wees!

Die Bybel sê ons het hierdie kosbare skatte van die ewige lewe en oorvloedige krag

en heerlikheid van Heilige Gees in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag

van God mag wees en nie uit ons self nie—die inhoud sal vir ewig lewe, maar die

erdekruik is nie gemaak om vir ewig te hou nie! Hy sal moet breek! (2 Kor.4:7)

Maak tog nie saak dat hulle dit “glo” nie! Dis in elk geval nie negatief nie en hulle sal

heelwaarskynlik nie tyd hê om hulle “glo” uit te toets nie!

En baie van hulle sê God het hulle die openbaring gegee dat hulle nie fisies sal sterwe

nie—‘n openbaring is waarheid, want dit is uit God se mond; dit wys jou net weereens

dat ons baie naby aan die wederkoms is!

Jesus KOM!!!

Ek sal ook nie tyd hê om vir hulle te sê: “Ek het jou mos gesê nie!”

Wie word deur MY verhoog?

Hoofstuk 15

Verlos Ons van die Duiwel.

Watter houvas het die duiwel op die lewe van ‘n kind van God? Dit is so ‘n algemene

ding tussen baie pastore en ander wedergebore mense om vir elke ding wat verkeerd

loop in hulle eie lewe, sowel as in iemand anders se lewe, sowel as in die land en op

96

die aarde, die duiwel daarvoor te vereer en groot te maak, dat hulle vir ure lank die

duiwel en sy grootheid en mag bespreek en totaal vergeet van Jesus!

Nou wààr is Jesus dan?! Wat het Jesus kom doen op die aarde? Die aarde en die

mensdom waarin Jesus as mens gebore is, was totaal onder die mag van die duiwel,

en gedurende sy lewe as mens het Hy deurgaans die werke van die duiwel verbreek.

Die duiwel was nog so astrant dat hy vir Jesus aangevat en probeer versoek het, en so

vermetel dat hy nog vir Jesus gesê het om hom te aanbid! Jy kan jou dit nie indink

nie!

Hierdie arrogansie en heerskappy van die duiwel het teen daardie tyd al vir ongeveer

vierduisend jaar so aangehou dat hy baas was op die aarde wat deur Adam aan hom

oorgegee is.

Maar toe kom Jesus tog na die aarde toe: “vir hierdie doel het die Seun van God

verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.” (1 Joh.3:8) Nou kan dit tog nie

presies soos voorheen maar net aanhou met die duiwel in beheer van alles en almal

nie!

Het Jesus dan nie geslaag in sy doel waarvoor Hy gekom het nie, of het Hy misluk?

As mens luister na hoe die duiwel verheerlik en grootgemaak word, veral deur die

wedergebore mense, dan is die antwoord—uit hùlle oogpunt—op bogenoemde vraag

glashelder: in hùlle estimasie het Jesus totaal en jammerlik misluk!

Die dreigement wat God aan die duiwel gegee het in Gen.3:15, se tyd het aangebreek;

die stryd wat voorspel was tussen die saad van die slang en die saad van die vrou, se

tyd het aangebreek—vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke

van die duiwel te verbreek.

Nou moet ons net kyk of Hy dit reggekry het; of Hy in sy doel geslaag het.

Jesus kon nie die sonde, dit is die duiwellewe, wat in elke mens op die aarde was, vat

en dit doodmaak nie, Hy kon ook nie die duiwel gryp en hòm doodmaak nie, want die

hele mensdom was reeds besmet.

Toe mààk God vir Jesus daardie sonde van die hele wêreld, die duiwellewe, en Jesus

maak dit dood in die hel. “God het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons

gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.” (2 Kor.5:21)

Kyk watter punt Jesus die duiwel hier gewys het! Hy het self die duiwellewe geword,

en sò daarvan ontslae geraak!

Wat het daar in die hel gebeur? Jesus het betaal! Jesus het nie die duiwel met bomme

en vuiste baklei nie, Jesus het betaal; toe Hy klaar alle skuld betaal het, was daar niks

sonde meer oor op die mensdom se rekening vir die duiwel om die mense voor aan te

kla nie.

Jesus het nie halwe werk gedoen nie; Hy het alle mense se alle sonde en alle siekte en

ellende alles klaar gedra en betaal—en Hy dink daar nooit weer aan nie!

Hoekom sou Hy ooit weer daaraan dink? Hy het nie opgestaan voordat dit alles klaar

97

afgehandel was nie. En wat sê ons Skrif? “Sodat ons kan word geregtigheid van God

in Hom.” En ons IS dit nou; of anders het Jesus gefaal—en Hy hét nie.

Jesus is nou die oorwinnaar oor satan, en ons is deel van sy liggaam, so satan is nou

ons onderdaan!

Heb.2:14. “Sodat Hy (Jesus) deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die

dood het—dit is die duiwel.” Of beteken hierdie Skrif gerieflikheidshalwe weer iets

anders?

Wat beteken dit om iets “tot niet” te maak? (Engels: “to bring to naught”) Dit beteken

tot niks; “tot niet” beteken “tot niks.” As die Afrikaanse taal ooit enigiets beteken, dan

beteken “tot niet” tot absoluut NIKS.

Wàt is die duiwel nou, nadat Jesus 2000jaar gelede met hom klaar is? Die duiwel is

nou reeds vir die afgelope 2000jaar en ook vandag; NIKS! Stry maar met God se

Woord!

God is waarheid; duiwel is leuen; wàt is ‘n leuen? ‘n Leuen is iets wat nié IS nie! Dus

‘n leuen is ‘n niks!

God is Lig; duiwel is duisternis; wàt is duisternis? Duisternis is net ‘n gebrek aan lig!

Daar is wel leuens, en daar is ook donkerte; die gif van die slang is die leuens,

daarvoor leer jy net die waarheid en die kennis van die waarheid maak jou vry van die

leuens van oorlewerings en tradisies—as jy bereid is!

Teen die donkerte sit jy net die lig aan, wat Jesus is!

Soos God beloof het, het Jesus, wat die Saad van die vrou is, die slang se kop

vermorsel—of dink jy God het gelieg hieroor? God is waarheid; Hy kan nie lieg nie!

Terselfdertyd het die saad van die slang, wat satan is, Hom in die hakskeen gebyt, met

die gevolg dat Jesus hierdie gif in sy liggaam gekry het.

Hierdie gif is leuens en tradisies en alle sonde, ook hierdie selfde tradisie en leuen dat

satan so magtig en alomteenwoordig is.

Dink daaraan; as hy so aldag en heeldag met joù besig is soos jy sê, dan lê die hele

wêreld veilig en rus, want satan is beslis nié alomteenwoordig nie! Dan hou jy vir

satan so besig dat hy nêrens anders kom nie, want hy is voltyds by joù! Dan het alle

ander mense rus!

Nouja, as ek met ‘n slang baklei en ek vermorsel sy kop, dan is hy morsdood; dan

hoef ek tog nie langer elke dag met die slang te baklei nie.

Maar as hy my aan die hakskeen gepik het, moet ek dadelik, so gou as moontlik, van

die gif in my liggaam ontslae raak. Sal my niks help om elke dag met die slang te

baklei nie; ek moet iets aan die gif in my liggaam doen.

Hoe raak ek van die gif ontslae? Deur die waarheid van Jesus se verlossing aan te

neem en my eie te maak; om vir Jesus krediet te gee vir wat HY gedoen het; deur

vir Jesus te prys en te dank en my gedagtes en my tong daarmee besig te hou, nie met

satan nie.

Nou stry hierdie selfde mense dadelik; hulle sê DIT is nie wat gebeur het nie! Die

satan is gesond en wel en erger en besiger as ooit; daar wonder ek maar net weer wat

98

dink hierdie mense; het Jesus misluk in sy doel?

As dit in hulle begrip so is dat Jesus misluk het, dan is die hele Bybel en al die

bogenoemde Skrifte, leuens. Maar ék weet die Bybel is die waarheid; sodra MY lewe

nie werk soos die Bybel sê nie, is die fout by my lewe, nie by die Bybel nie; die

Bybel IS reg.

Dan noem hierdie mense my een of ander naam van ‘n groep of soort “geloof” wat nie

aan die duiwel glo nie!

Terwyl ek net wil weet; wat het ek of enige kind van God met die duiwel te doen?

Waar is Jesus?!

Dan soek hulle al die tekste waar van die duiwel of satan geskryf word en probeer my

daarmee oortuig—plaas vat hulle al die tekste wat oor Jesus praat en oor sy redding

en verkondig Jesus!

Kan hulle nie sien nie! Dit gaan tog nie daaroor of satan wel daar is of nie, dit gaan

daaroor met wie hou jy of ek ons besig, met satan of met Jesus!

Nou sit meeste van die geredde mense wanneer hulle so kuier, en praat vir ure net oor

die duiwel en demone en satan! Dis die hele geselskap!

Ek vra steeds; wààr is Jesus!

Waar is die oorwinnaar!

Is ons dan nie veronderstel om oor Jesus te praat en van Hom te getuig in ons lewe en

in ons geselskap nie? Hoeveel tyd word spandeer aan die praatjies en getuienisse oor

satan?

Bybel sê: “Gee géén plek vir die duiwel nie.” Hoekom dan, aanhoudend, vir elke

kleinste saak, vir alles wat hulle self verkeerd doen ook, die duiwel eer en plek gee?

Die duiwel hét geen plek behalwe dit wat jy aan hom in jou lewe géé nie!

Dan hoor jy die dierbare kind van God vertel van sy stryd met satan; hy worstel vir

drie ure aanmekaar om deur te breek na Jesus toe—worstel teen satan; worstel teen ‘n

oorwonne vyand!

Is dit nou nie stupid nie!

Hulle gee so aanhoudend in alles plek vir satan, dis net satan voor en satan agter, dat

hulle so erg satan saai, is dit dan enige wonder dat hulle so satan oes? Hulle vertel ja,

wanneer ek hier in die Bybel hierdie teks lees, dan sê die satan vir my dit, en as ek

daardie teks lees dan sê satan vir my dat—wààr is Jesus tog asseblief! So moet hy

net worstel met satan wat hom nooit uitlos nie!

Jy hoor nie hulle sê; as ek hier lees sê Heilige Gees vir my dit, of as ek daar lees sê Hy

vir my dat nie; God is glad nie in die prentjie van jou lewe nie! Jy preek vir ander

mense van God, maar jy lewe ‘n lewe van duisternis waarin satan hoogty vier.

Luister na jou eie geselskap; gee aandag aan jou vriende se geselskap, en dink aan wat

Jesus sê; “uit die oorvloed van die hart, praat die mond.” Luister hoe praat en

bespreek jy en jou vriende vir satan—en wees dan eerlik; waarvan loop jòu mond

oor? Van Jesus, of van satan?

99

Jesus is Lig; satan is duisternis. Nou word dit gedurig geworstel met duisternis en net

aanmekaar vertel van erge duisternis en van die ongemak van duisternis—en wààr is

die Lig?

Hoekom sit hulle nie net die Lig aan nie?

Begin Jesus eer vir die Lig en krag en sterkte en oorwinning en die goeie wat Hy is en

wat Hy voortdurend in jou lewe doen en in die hele aarde; maak die Lig skyn: “Die

Lig skyn in die duisternis en die duisternis het dit nie oorweldig nie.” Lees dit weer:

die duisternis het NIE die Lig oorweldig nie!

Duisternis oorweldig net as JY dit toelaat en gedurig net oor duisternis praat en in

duisternis lewe, en nie die lig van Jesus aansit nie.

Hulle sê ja, maar die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan

verslind! En hy soek vir my!

Soos ‘n brullende leeu beteken hy is nié ‘n leeu nie, hy maak net asof hy is, dit is net

voorgee; bedrog, na-aap vir Jesus, want Jesus is die LEEU uit die stam van Juda.

Duiwel doen hom voor soos ‘n engel van die lig, maak net of hy lig is—want hy weet

JY sal skrik! En jy skrik ook en gaan te kere en praat oor satan en verhoog hom en,

wààr is Jesus?

“Die ou duiwel” is net die lekkerste ding om te hê! Kinders van die Here kan nie

sonder hom klaarkom nie!

As die man sy arm so om die floosie se nek sit dat hy lekker kry tot in sy tone, dan sê

hy dit is “die ou duiwel” wat dit doen! “Hou tog nie op nie, ou duiwel, hou tog net

aan, gaan verder ou duiwel, dis vreeslik lekker!”

Gaan slaap met die slet en tel vigs op en: “Kyk nou wat het die ou duiwel noù aan my

gedoen!” (As hulle nie vir God die skuld gee nie!)

Ooreet aan soetigheid of ander ongesonde kos en koeldranke en tel siektes op—en:

“Kyk nou wat doen satan aan my!”

Steek jou neus in waar jy nie hoort nie en kry pak slae, en kerm weer, kyk wat doen

satan nou aan my!

100

Jy rook en kry kanker of hartkwaal, jy gee die duiwel skuld! Jy drink en slaan jou

vrou of maak ‘n ongeluk—en wie se skuld is dit? Natuurlik eer jy die duiwel daarvoor

en jy kom skotvry! Solank die duiwel dit doen hoef JY nie te erken dat JY sonde doen

nie.

Dit is lafhartig! Neem ‘n slag verantwoordelikheid vir jou eie dade! Erken en bely dat

dit JY is wat hierdie dinge teen Jesus se woord doen, vat jou skuld soos ‘n man—dit

het niks met enige satan te doen nie. Solank jy agter satan skuil, erken en bely jy nie

jou eie sonde nie en bly soos jy is; jy verander nie. Satan is net ‘n vyeblaar waaragter

mense hulle eie sondes probeer verdoesel.

Hulle sê ja, maar as satan so arrogant was dat hy selfs vir Jesus aangevat het, hoe sal

hy dan vir MY uitlos?

Hy het vir Jesus aangevat vòòrdat Jesus hom oorwin het deur sy kruisdood en deur die

hel en deur sy opstanding—maar mét dit het Jesus mos nou die satan vir òns oorwin,

101

nou het Jesus die sleutels, Hy is die totale Baas, en Hy het daardeur vir ons gemaak

die geregtigheid van God in Hom—hoekom sal satan ons nou aanvat, hy is oorwonne!

Die hele totale verskil is met hierdie drie dae met Jesus se kruisiging tot met sy

opstanding; daar het HY mos die duiwel totaal oorwin; so ‘n geweldige ding het daar

gebeur, “die ou dinge (voor die kruisiging) het verbygegaan, KYK!!! Dit het alles

nuut geword!” (2 Kor.5:17)

Lees weer: Die ou dinge hét verbygegaan; alles voor die kruisiging hét verbygegaan;

van daardie opstandingsmôre af, was àlles wat voorheen was, verby!

Ons moet net altyd daarop let as enigiets ter sprake kom; maak seker; was dit vòòr die

kruisiging of daarnà?

Of beskou hulle hierdie Skrif ook weer as ‘n leuen? Moet dit ook weer “anders

vertolk” word? Watter deel van die Bybel is dan die waarheid?

Kyk wat sê die Bybel: “Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid

weggesleep en verlok word…” (Jak.1:14) Jou eie begeerlikheid, nie satan s’n nie.

Solank jy egter vir satan het om te beskuldig, is jy vry om te doen wat jy wil—dis

mos nie JY nie, dis mos satan!

Pasop maar, God sê elkeen sal vir homself voor God rekenskap gee, dan sal dit jou nie

help om te sê dis “die ou duiwel” nie!

Bybel sê: “Geen versoeking het jou aangegryp behalwe ‘n menslike nie…” Ekskuus?

Is dit dan nie satan wat my so versoek nie? (1 Kor.10:13)

Lees hierbo, jy word versoek deur jou eie begeerlikhede. (Jak.1:14) Nee wat, dit wil

hulle tog nie hoor nie, dit is te sektaries!

Jy verlustig jou daarin om in die duister rond te ploeter; vir Jesus wat Lig is, het jy

veilig weggebêre in ‘n geslote kamertjie, waar Hy net vorendag kom as jy kerk toe

gaan of vir ander mense preek, maar vir jou eie lewe bly Hy veilig in sy kamertjie

toegesluit, terwyl jy in die duisternis voortploeter.

Duisternis vlug voor lig. Bybel sê: “Opponeer die duiwel en hy sal van jou af

wegvlug.” (Jak.4:7)

Afrikaanse Bybel sê “weerstaan”; dit beteken eenvoudig neem jou stand teen die

duiwel, teen enigiets van die duiwel en enige sonde, ook teen die praatjies wat mense

oor die duiwel het, moet dit nie toelaat nie; en wat sal dan gebeur? Hy sal van jou

wegvlug! Dan is hy ‘n voortvlugtende! Sodra hy jou gewaar, vlug hy!

Duisternis vlug voor lig; solank jy met Jesus besig is en in die lig van Jesus lewe en

bly en besig is, solank kan duisternis onmoontlik nie by jou kom nie!

Maar as jy voortdurend van satan praat en hom ophemel en vertel hoe hy nou weer

hier gedoen het en hoe hy daar gedoen het—is dit dan ‘n wonder dat jy en jou lewe in

duisternis lewe?

En die ergste is, as hulle so kuier en oor die duiwel praat, dan sê hulle hulle was besig

met “die dinge van die Here!”

Kom ons lees 1 Joh.5:19b “en die hele wêreld lê in die mag van die bose.” Maar die

wedergebore kind van God is mos nie meer deel van “die hele wêreld” nie? Ons is

wel IN die wêreld, maar beslis nie vàn die wêreld nie.

Kom ons lees dan nou vers 18 en 19a. “Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie

sondig nie; maar hy wat uit God gebore is bewaar homself, en die bose het géén vat

op hom nie.

19a. Ons wéét dat ons uit God is…”

Wat nou? Die bose—dit is satan, “die ou duiwel”—het géén vat op die wedergebore

mens wat uit God gebore is nie!

En as ek nou die buurman se vrou vry—“asseblief tog, laat die duiwel maar op MY ‘n

vat behou! Ek wil nie die skuld hê nie, maar ek wil darem die daad pleeg!”

Jy moet jouself bewaar, sê hierdie skrif, want JY is die man wat sonde doen!

Man, sien jy wat leer Jesus sy dissipels bid voor die kruisiging? “Verlos ons van die

bose.” Toe maak Hy hierdie verlossing moontlik mét sy kruisiging.

Nouja, as jy gerook het en Jesus het jou verlos van rook, dan rook jy nie meer nie—

dit is so eenvoudig! Jy loop nie hier en daar weer skelm en rook nie, as jy verlos is,

dan IS jy verlos. Jy loop en heul nie heeldag met rook nie!

So, bely vandag voor Jesus dat jy so vir al die jare die duiwel in jou lewe verhoog en

geëer het, en bid dat Jesus joù verlos van die bose—en as jy dan verlos is, dan bose

jy net eenvoudig nie meer nie! Jy loop en heul nie heeldag met satan nie!

Praat en dink Jesus en sy krag, en watter krag HY in jou lewe is—sit die Lig aan!

Los die duiwel en sy praatjies; hoe meer jy oor hom praat en van hom getuig, hoe ‘n

groter houvas het hy op jou—dis jou eie toedoen! Dit is hoe jy plek gee vir die

duiwel.

Jy kan enigiets van die Christen aanraak, dit sal nie veel saak maak nie; los tog net

hulle duiwel uit! Hulle kan eenvoudig nie sonder hom nie!

Mense doen sonde omdat hùlle self wil! Elke mens kies voortdurend vir homself; òf

sonde, òf Jesus; òf duisternis, òf lig.

Dit is nie alkohol wat vir joù moet uitlos nie; dit is JY wat alkohol moet uitlos. Net so

is dit nie die duiwel en sonde wat vir joù moet uitlos nie; dit is JY wat die duiwel

moet uitlos.

102

Drank sal altyd daar wees, maar jy hou nie ‘n bottel drank op jou tafel, in jou bed, by

jou in die kar of waar ookal nie; jy ruik nie kort-kort daaraan en praat tydig en ontydig

oor drank nie; jy smyt dit eenvoudig uit en dink nie daaroor nie en jy het niks daarmee

te doen nie—los dit!

Net so ook met die duiwel; die duiwel sal daar wees, maar jy hou nie die duiwel in jou

arms en in jou gedagtes en in jou mond nie—los hom! Die “ou duiwel” moet joù nie

uitlos nie, jy moet hòm uitlos! Dan is JY verlos!

Maak jou gedagtes vol van Jesus en vertroetel Hom en praat oor Hom—maak jou

lewe vol van Hom—dan sal daar geen plek meer wees vir die duiwel nie!

Kies van vandag af vir Jesus, die Lig, en ek waarborg jou, solank jy in sy lig bly, kan

geen duisternis jou orval nie!

Beoefen dit in jou eie lewe, elke sekonde na sekonde; maak Jesus die Lig binne in jou

elke oomblik—nie net wanneer jy vir ander mense preek nie. WYS ‘n slag!

As jy dan nog net ses jaar oor het, of ses maande, of ses dae, maak die tydjie wat jy

oor het op die aarde ‘n tyd van lewe met Jesus bo-op in jou hart en gedagtes, en dan

sal jou mond oorvloei van Jesus op jou lippe. Nié meer van satan nie! Kyk watter

groot verlossing dit in jou hele lewe sal wees!

103

Kinders van God moet weet dat hulle nie hoef bang te wees vir die duiwel nie! Hy is

‘n oorwonne vyand! Die duiwel weet dit, maar God se kinders weet dit nie, hulle

word deur hulle kerke geleer dat die duiwel steeds baie magtig is—hulle het die

spreekwoord: “Die duiwel is magtig maar God is Almagtig.”

Dan lewe hulle dit net anders om, asof die duiwel almagtig is. Die duiwel is reeds

2000 jaar gelede gestroop van àl sy mag! Al “mag” wat hy nou oor het, is sy leuens en

bedrog—met die plek wat JY vir hom gee!

Jesus sê: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde.” Niks mag vir die

duiwel oor nie!

Die duiwels sidder vir die dag as God se kinders uitvind dat God EEN is; dat hierdie

Skepper van die heelal Jesus is, die Een, Almagtige God, en dat ons as sy kinders dan

sy Magtige Naam het waarvoor die duiwels sidder en bewe! (Jak.2:19)

Los die duiwel! Verhoog vir Jesus! Vat hierdie Naam en loop ‘n bende storm! Pak

enige reus met die harnas van die Naam van Jesus rondom jou! Soos klein Dawid

gedoen het met Goliat.

Weet dat joù vyand eintlik onkunde is! Tradisies en godsdiens, wat die storie van die

duiwel is, die gif van die slang wat reeds 2000 jaar verower en gewen is deur Jesus!

LOS DIT!!!

Dit is net soos die mense wat so aanhoudend oor hulle siektes praat; dis àl waaroor

hulle praat! Niemand wil dit hoor nie; dis erg vervelig! Elkeen het maar pyne en

skete, maar dis nie nodig om dit heeldag te vertel en te vertroetel nie! LOS dit! Praat

tog oor Jesus—dit is soveel beter!

Ons hoef nie bang te wees of bedreig te voel deur enige duiwel en sonde nie! Net soos

my menslike liggaam deur die eeue terugstrek soos ‘n draadjie tot in Adam, en ek dus

ook in Adam was die dag toe sy menslike liggaam deur God gevorm was, so strek my

gees deur die eeue terug tot in God—tot waar Hy in die begin die hemel en die aarde

geskape het!

Daar was ek is Hom. Daar is net een ewige lewe, en dit is God—en ek lewe nou

daardie selfde ewige lewe, so van voor die grondlegging af was ek in God soos ek

vandag in Hom is.

Hy het my gees van sy eie substansie gevorm, so ek is een Gees met Hom en hierdie

selfde Gees is dieselfde wat aan die Begin ook was. Ek is ook as sy kind een met Hom

soos een goue draad wat deur die miljoene eeue terugstrek tot voor die begin—ons is

een Gees met Hom! Kyk wat sê die Bybel: “Want soos Hy is, is ons ook in hierdie

wêreld.” (1 Joh.4:17) “Een Gees.” (Efe.4:4)

“Ons weet dat as Hy verskyn, ons aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien

soos Hy is.” (1 Joh.3:2)

Daardie dag toe Jesus gebore is in die stal, was ek in Hom; een Gees met Hom. Die

dag aan die kruis was ek in Hom; deur die hel was ek in Hom, met sy opstanding was

ek in Hom—een Gees met Hom; waar Hy sit in hemelse plekke is ek in Hom.

So vandag is ek deel van die geestelike liggaam van Christus en ek dra die Naam van

Jesus—waarom sou ek my ophou met die duiwel of sonde? Vir wie sal ek vrees?

Om mee af te sluit; ek weet nie of daar ooit enigiets snaaks sal gebeur in 2012 nie; ek

het vertel soos ek dit nagegaan het, en ek kan ook net sê soos ons lees in 2 Kor.4:13;

“Ek het geglo, daarom het ek gepraat—so glo ek ook; daarom praat ek.”

Dat Jesus binne baie kort sal terugkom, glo en weet ek, want alles dui daarop—sonder

dat die wêreld dit agterkom gebeur die dinge wat deur die Bybel voorspel is en min

merk dit op. Maar dit gebeur!

Van ons kinders en vriende glo dit ook so; my vriendin Christine, wat altyd alles vir

my kyk op die nuus en haar oor op die grond hou vir al die gebeure in die wêreld om

my op hoogte te hou, glo dit ook—nee, sy glo nie vir MY nie, sy glo die datums en

syfers en gebeurtenisse—soos ek ook doen.

Ek verkondig nie dat Jesus in 2012 terugkom nie; alhoewel ek dit glo; ek wil nie hê

mense moet op hol gaan en sê hulle glo dit omdat Letta dit sê nie; Letta sê dit NIE;

Letta skryf net die feite op; ek wil nié mense mislei nie. Stel vir jouself ondersoek in

en maak seker!

Sorg net elkeen vir homself dat jou saak reg is met Jesus: Dat jy eerstens wedergebore

is; dat jy ‘n skoon en heilige lewe leef tot eer van Jesus; dat jy die kennis het van die

gebruik van die Magtige Naam van Jesus wat jou sal deurdra deur die duisternis wat

nie net sàl kom nie, maar wat reeds begin in S.A.

Dan kan Jesus mos maar kom!

Want Hy KOM!!!!

Naskrif:

Mense wat hierdie dinge hoor begin nou skarrel, omdat hulle nie weet hoe om gereed

te maak nie; party sê hulle weet nie hoe om die ekstra olie te kry nie.

Eerstens, vir enige mens om nie in die hel te beland nie, moet hy hom bekeer tot

Jesus; hy moet erken dat hy ‘n sondaar is en dat hy nie homself kan red nie, dat hy

vir Jesus nodig het om hom te red.

Dan moet hy bekeer; dit beteken omdraai; hy moet homself oorgee aan Jesus, en vir

Jesus aanneem as sy Verlosser en Here. Omdat Jesus nou sy Here is, moet hy Jesus

104

gehoorsaam deur hom te laat doop in die Naam van Jesus Christus. (Hand.2:38)

Dan vra hy vir Jesus om hom te vul met Heilige Gees, en dan kan hy verder gaan en

geestelik groei, soos ek in hierdie boek beskryf het.

Die ekstra olie in die kan is die kennis van die outoriteit in die Magtige Naam van

Jesus; wanneer enigiemand iets kwaad aan jou wil doen, dan steek jy net jou

regterhand uit en sê: “In die Magtige Naam van Jesus Christus!” Dan sal hy omval of

wegsluip.

Ons het nou reeds die gebruik van die Naam, dit is soos ons reeds vir al die jare in die

Lig van Heilige Gees lewe, soos daardie maagde almal met die brandende lampe

geloop het, maar wanneer dit eers regtig sal inskop en daar onvertelbare wonderwerke

sal gebeur, is eers wanneer die verdrukking begin—die ekstra olie in die kan word in

die gelykenis eers gebruik toe die middernag-duisternis begin het, met die middernag

geroep. Dit was nie voor die tyd nodig nie.

Wanneer dit nodig is, werk dit in elk geval—beoefen dit.

Verder vra mense hoe om fisies klaar te maak. Ek dink die mense wat een of ander

pensioen kry of toelaag, sal die eerste wees vir wie die merk gegee sal word, want dit

sal dit dan makliker maak vir die regering. Moenie angstig wees nie, Jesus is nie dood

nie, Hy lewe!

Ons sal wel voor die tyd gewaarsku word, want Noag het ook mense voor die tyd

gewaarsku, en ook destyds, toe ons van die gebruik van ponde en sjielings af

oorgeslaan het na die desimale geldstelsel, was ons vir maande vooruit gewaarsku.

Ek kan net sê hoe òns tot sover besluit het om gereed te maak, dan moet elkeen maar

vir homself bid en by Heilige Gees hoor wat om te doen. Ons hou nie op om te lewe

nie—en moenie paniekerig en angstig word nie!

Ons maak sò klaar; omdat ons nie sal kan krag koop nie, het ons besluit om ‘n

windpomp op een boorgat te sit en ‘n handpomp op die ander boorgat, vir die dae wat

hier nie wind waai nie—en BID!!! Vir gedurige leiding van Heilige Gees.

Ons het ook besluit om sover moontlik, sonpanele op te sit en sonkrag te gebruik.

Ons koop ook paar strykysters wat op die vuur warm gemaak kan word, en sommer ‘n

voorraad vuurhoutjies en kerse, ook soveel hout en steenkool as moontlik.

Op die platteland sal dit beslis beter wees as in die stede, alles in ag geneem, so waar

dit moontlik is, kry ons nou vir ons ‘n plekkie gereed, iewers op die platteland.

Vervoer sal ‘n probleem wees, maar ons sien in die Bybel hoe Heilige Gees mense

vervoer het, soos vir Philippus in Hand.8:40. Dit sal weer so kan gebeur—maar dit sal

nie help om Spar toe te wil gaan nie, jou geld sal nie kan koop as jy nie die merk het

nie. En as jy die merk vat gaan jy hel toe. (Openb.14:9-13)

Ons sal saad koop kort voor die tyd, nadat die waarskuwing reeds gegee is, en ook een

of twee tonnels opsit om groente en ander kos te plant. Mens sal moet selfversorgend

wees. En BID!!! Vir voortdurende leiding van Heilige Gees.

Miskien is dit glad nie nodig nie, en het Jesus ‘n ander beter plan vir ons vir

105

oorlewing, maar ons weet dit nog nie, daarom doen ons dit sò; dit is die beste wat ons

op die oomblik weet.

106

As mens geld in die bank het sal jy kan aangaan en dit gebruik net soos nou, as jy die

merk van 666 op die hand of kop vat—maar as jy nie die merk vat nie, sal jy nie jou

geld wat jy in die bank het kan gebruik nie; wanneer die waarskuwing van die merk

begin, dan trek mens maar jou geld uit die bank en koop voorraad—jy sal nie kort nie;

as jy die gebruik van die Naam van Jesus ken, sal jou kos hou, soos Noag se kos

gehou het vir meer as ‘n jaar wat hy met die klomp diere in die ark was.

As jy kontant het sal jy dit kan gebruik as jy die merk vat, maar as jy nié die merk

vat nie, sal jy dit nie kan gebruik nie—koop dan voor die tyd alles wat jy nodig sal

kry. (Eseg.7:19)

Ek is seker daarvan dat die Naam van Jesus jou sal deurdra enige plek waar jy bly,

soos die vyf meisies sonder stoot of stamp deurgekom het.

Hierdie is maar soos ek dink; soos òns doen. Moenie paniekerig word nie; die bietjie

wat jy vooraf doen sal voldoende wees—dink aan die broodjies en die visse.

Ons vriend Gerald het die plan gehad om nou geld te spaar, sodat wanneer die

waarskuwing kom, dat hy dan sy krag en water vir die 3 ½ jaar vooruit kan betaal, dan

kan niemand hom pla nie. Nadat van ons vriende egter navraag gedoen het, het hulle

vasgestel dat dit nie so toegelaat word nie—ek weet niks daarvan af nie. Jy moet maar

self alles uitvind en natuurlik aanhoudend met Heilige Gees in jou praat vir sy

voortdurende leiding.

Die groot ding is om nie paniekerig te word nie; gesels met Heilige Gees; bly in die

nouste kontak met Christus in jou; soék nou, terwyl daar nog tyd is, die koninkryk

van God en sy geregtigheid met alles wat binne-in jou is, en weet dat Hy vir jou sal

sorg soos vir Elia.

Ek bedoel nie hoop dit nie, ek bedoel, kom noù so naby Jesus Christus dat jy

gewoond raak om sy stem vir jouself te hoor, nie via iemand anders nie, en dan kan

jy by Hom die versekering kry uit sy eie stem, dat Hy vir jou sal sorg en hoé Hy sal

sorg.

Die waarskuwing waarvan ek praat is wanneer deur die regering aangekondig sal

word dat van ‘n sekere tyd af almal die strepieskode (merk van 666) op die liggaam

sal moet hê om te kan koop en verkoop.

Ons sal dan genoeg tyd hê om ons geld te trek en die nodige te koop—en volkome op

God te vertrou. Laat die heilige nòg heiliger word.

Wat ons nou op die oomblik kan en moet doen, is om vir soveel as moontlik mense

te vertel en om soveel as moontlik mense by Jesus te kry vir redding, en soveel as

moontlik Christene uit hul diepe slaap uit wakker te kry dat hulle kan sien en glo en

gereed maak,

En elkeen van ons kry ons eie verhouding reg met Christus binne-in jou; let gedurig

op na die leiding van Heilige Gees in jou.

Loof en prys en dank elke wakker oomblik hierdie grote God en Vader, die Here

Jesus Christus!

Letta Pretorius. 053 474 1088.

Posbus 2216 Hartswater, 8570

evangelie@ballmail.co.za www.armageddon2012.co.za

107

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!