12.09.2013 Views

Mrt - 2012

Mrt - 2012

Mrt - 2012

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Agri SA

E-nuusbrief / E-newsletter

Maart 2012

In die nuusbrief / IN THIS NEWSLETTER

Oordrag van watergebruiksregte

Arbeid en Maatskaplike beleidskomitee vergader

Agri SA Kommersiële Beleidskomitee

Plaasmisdaad steeds hoog op agenda

Kommunikasie bevorder die beeld van landbou

MEETING OF THE SOUTH AFRICAN INSURANCE ASSOCIATION (SAIA)

MEETING OF THE NATIONAL DISASTER MANAGEMENT ADVISORY FORUM

(NDMAF)

Parlementêre verslag: Februarie 2012 / PARLIAMENTARY REPORT: FEBRUARY

2012

Agri SA mediaverklarings / AGRI SA MEDIA RELEASES

DO YOU NEED A VEHICLE?

Oordrag van watergebruiksregte

Nic Opperman, Direkteur: Natuurlike Hulpbronne

Die Minister van Waterwese en Omgewingsake se aansoek tot verlof tot appêl is toegestaan in

die Goede Wellington Boerdery (Edms) Bpk saak wat op 7 Maart 2012 voor regter Goodey in

die Noord Gautengse Hooggeregshof gedien het.

Die hof het die aansoek om verlof tot appél toegestaan weens die belangrikheid van die

aangeleentheid, alhoewel Regter Goodey dit duidelik gemaak het dat die hof oortuig is van die

besluit wat dit reeds voorheen geneem het. Die regter het verwys na ‘n ander onlangse

Hooggeregshof aangeleentheid waar die hof tot dieselfde slotsom gekom het aangaande die

toepassing van artikel 27(1) van die Nasionale Waterwet.

Die Departement van Waterwese asook die Minister van Waterwese en Omgewingsake het

geargumenteer dat die besluit deur die Watertribunaal van ‘n geregtelike aard is en nie ‘n

administratiewe handeling nie. Vir die rede, het hulle geargumenteer, is PAJA nie daarop van

toepassing nie en is dit slegs appeleerbaar en nie hersienbaar nie. Volgens die verweerders het

die applikant die verkeerde regsroete gevolg en behoort die hof op sterkte van hierdie argument

en vanweë die openbare belang die aansoek om verlof tot appél toe te staan.

Alhoewel Goede Wellington Boerdery (Edms) Bpk geargumenteer het dat appél slegs

toegestaan behoort te word waar daar ‘n redelike vooruitsig van sukses is en dat die besluit van

die Watertribunaal wel appeleerbaar is, het die hof die verweerders gelyk gegee, ter wille van

regssekerheid.

Intussen het Agri SA die beslissing van die Appélhof in Bloemfontein op 7 Maart ten gunste van

die appelant (Gugulethu Family Trust) teen die Minister van Waterwese en die hoofdirekteur

watergebruik in die departement Waterwese nagegaan, waar die verlof tot appél van die

verweerders met koste van die hand gewys is. Dié saak hou ook verband met die toepassing

van artikel 27 (1) van die Nasionale Waterwet.

Agri SA sal nou op sterkte van hierdie beslissing met die Departement van Waterwese in

gesprek tree oor die wyer toepassing van die Hoogste Hof van Appél se beslissing dat die

departement gefaal het met die toepassing van artikel 27 (1) van die Nasionale Waterwet, met

spesifieke verwysing na die beslissing ten gunste van die Gugulethu Family Trust.

Die Departement se reaksie oor die status van aansoeke vir wateroordragte wat afgekeur is en

oor die hantering van nuwe aansoeke in die lig van die Appêlhofbeslissing sal deur Agri SA in

ag geneem word met die werkswyse wat met die Goede Wellington Boerdery-saak gevolg moet

word.

Arbeid en Maatskaplike beleidskomitee vergader

Elize van der Westhuizen, Bestuurder: Menslike Hulpbronne

Agri SA se beleidskomitee wat handel met Arbeid- en Maatskaplike aangeleenthede het op 14

Maart 2012 vergader. Die Komitee het hoofsaaklik gefokus op arbeidsinspeksie

aangeleenthede en maniere waarop hulp aan boere gebied kan word vir nakoming van

wetgewing veral die Beroepsgesondheid en -veiligheid blyk ‘n tameletjie te wees. Die Komitee

het ook gekyk na opleiding, en wyses waarop die verskillende uitdagings oorkom kan word. ‘n

Taakgroep wat op opleiding fokus, sal ook aandag gee aan die opstel van kommentaar op die

Groenskrif vir hoër onderwys wat gepubliseer is.

‘n Ander uitdaging wat dringend aandag moet geniet, is die aansoeke om buitelandse werkers

in diens te neem en die verkryging van korporatiewe permitte wat tans nie uitgereik word deur

die Departement van Binnelandse Sake nie. Die Komitee werk ook aan kommentaar oor die

Visie 2030 soos versoek deur Minister Trevor Manuel by Agri SA se Bedryfskonferensie vroëer

vanjaar.

Agri SA Kommersiële Beleidskomitee

Dawie Maree, Ekonoom

Die Kommersiële Beleidskomitee van Agri SA het op 14 Maart vergader en verskeie sake

bespreek wat ‘n impak het op die besigheid van kommersiële produsente. Van die sake wat

bespreek is sluit in die impak van die beperking van die verspreiding van inligting deur

bedryfsorganisasies as gevolg van die Mededingingswetgewing. Agri SA sal ook nou die

Mededingingskommissie direk nader vir advies in die verband.

‘n Verteenwoordiger van Eskom het die vergadering ingelig oor die nuwe elektrisiteitstariewe

wat afgekondig is. ‘n Effektiewe styging van 15.7% gaan in die landbou van toepassing wees.

Eskom het Agri SA en sy affiliasies ook versoek om betrokke te wees by die openbare verhore

en konsultasies wat in die tweede helfte van vanjaar sal plaasvind insake die derde

meervoudige-jaar-prysvasstelling of MYPD3.

Die vergadering is ook ingelig oor die probleme wat ervaar is in sekere gebiede met betrekking

tot die terugbetaling van dieselrabatte. Agri SA en SARS het op verskeie vlakke vergader om

oplossings te vind. SARS het aangedui dat daar, soos met BTW-eise, sekere risiko’s blootgelê

is, en vandaar die ondersoek. ‘n Groot aantal boere is ook skuldig daaraan dat daar

byvoorbeeld nie logboeke gehou word van verbruik nie, soos wat deur die wetgewing vereis

word nie. Volgens ooreenkoms sal SARS elke probleemgeval volgens meriete oorweeg. Agri

SA kan gevalle van lede, wat nie binne streeksverband opgelos kan nie, na die Hoofkantoor

verwys.

Verdere sake wat bespreek is, was onder andere, die probleem met infrastruktuur op die

platteland, tolgelde op die nuwe Gauteng e-tolpadstelsel, ramphulp en die probleme wat

daarmee ondervind word, sowel as die kwessie van dieregesondheid in die land. Agri SA sal

met betrekking tot elk van die sake wat bespreek is, met die betrokke owerhede en instansies

gesprek voer om die impak vir kommersiële landbou, voedselsekuriteit en volhoubare produksie

uit te lig. Agri SA is ook besig om breedvoerige kommentaar op te stel met betrekking tot die

Visie 2030 van die Nasionale Beplanningskommissie om die rol en impak van kommersiële

landbou uit te lig.

Plaasmisdaad steeds hoog op agenda

Kobus Visser, direkteur: Korporatiewe Skakeling

Landelike veiligheid en plaasmisdade bly steeds hoog op Agri SA se agenda en is indringend

bespreek tydens Agri SA se Landelike Veiligheidskomiteevergadering op 12 Maart 2012 in

Pretoria. Verskeie afdelings van die Polisie, die Nasionale Vervolgingsgesag en die Weermag

was by die vergadering teenwoordig en het goeie bydraes gemaak tot die besprekings.

Die besprekings het gewys op ‘n dringendheid wat by die landbougemeenskap en veral die

polisie bestaan om in ‘n gesindheid van samewerking die landelike misdaad probleem te

probeer oplos. Dit was ook verblydend om die welwillendheid van die polisie te ervaar in die

soeke na oplossings vir die misdaad probleem. Plaasaanvalle en tendense wat die afgelope tyd

waargeneem is is bespreek met die oog daarop om die inligting onder lede te versprei en seker

te maak dat boere let op alle moontlike bedreigings wat ‘n effek op hulle veiligheid het. In die

verband is aandag geskenk aan hoe plaasaanvalle plaasvind, wanneer dit voorkom en wat die

gesogste items is wat deur misdadigers gesteel word. Dit is duidelik dat hierdie misdade

uitgevoer word deur groepe van twee tot drie persone en is gevalle ook aangemeld van groepe

wat uit tot soveel as tien persone bestaan.

Agri SA is tans nie bewus van plaasbesettings nie maar het nogtans voorkomend opgetree deur

‘n inligtingstuk saam te stel vir verdere verspreiding na grondvlakstrukture. Die inligtingstuk

bevat handige inligting en riglyne wat boerelede van Agri SA kan gebruik om met onwettige

grondbesettings te handel. Die inligtingstuk spel ook die optrede van die polisie uit in gevalle

van onwettige grondbesettings en watter optrede van hulle verwag kan word. Dit bly egter

belangrik dat boerelede deurentyd bewus sal wees van wat op hulle eiendom aangaan. Alle

vorme van onwettige plaasbesettings moet onmiddellik by die plaaslike polisie aangemeld

word.

Die uitrol van die landelike beveiligingstrategie is bespreek. Die polisie is tans besig met

inligtingsessies in die onderskeie provinsies wat opgevolg sal word met werksessies gedurende

die volgende finansiële jaar. Die strategie sal gedurende die nuwe finansiële jaar by 90

polisiestasies, 10 per provinsie, met die hoogste voorkoms van veediefstal en landelike misdaad

geïmplementeer word. Die strategie sal daarna by die oorblywende stasies geïmplementeer

word. Agri SA verwelkom die vestiging van ‘n landelike beveiligingskapasiteit by landelike

polisiestasies wat uitsluitlik aandag sal gee aan veediefstal en landelike misdaad. Daar is ook

‘n beroep op die Minister van Polisie gedoen om die hersiene beleid oor reserviste onverwyld

vry te stel sodat daar begin kan word met die werwing van reserviste om verdere uitvoering te

gee aan die implementering van die strategie en sektor polisiëring.

Die regte van slagoffers soos uiteengesit in die Handves vir Slagoffers van Misdaad het

weereens aandag geniet. Die Handves beoog om te verseker dat slagoffers sentraal tot die

strafprosesreg bly, om viktimisasies uit te skakel, om diens standaarde wat op slagoffers van

toepassing is te verduidelik en hulp te verleen wanneer daar nie aan sodanige standaarde

voldoen word nie. Agri SA het ‘n dokument saamgestel waarin sommige van die regte

uiteengesit word en die komitee het ‘n beroep gedoen op boerelede om te sorg dat hulle weet

wat hulle regte is en daarop aan te dring.

Tydens die vergadering is daar ook aandag geskenk aan Hoofstuk 12 van die Nasionale

Ontwikkelingsplan wat handel oor gemeenskapsveiligheid. Die ontwikkelingsplan het vyf

prioriteite geïdentifiseer om die gestelde visie van gemeenskapveiligheid te bereik, naamlik:

Versterking van die kriminele regstelsel

‘n Professionele polisiediens

Die demilitarisering van die polisiediens

Bevordering van veiligheid deur ‘n geintegreerde benadering

Gemeenskapsdeelname in gemeenskapbeveiliging

Die komitee ondersteun die prioriteite aangesien dit ook aansluit by Agri SA se beleid soos

ontwikkel tydens sy misdaadkonferensie gedurende Maart 2010. Die komitee het egter

aanbeveel dat die integriteit van die landsgrense meer bepaald aandag in die hoofstuk moet

geniet.

Wat die handel in tweehandsegoedere onder andere koper en skrootmetaal betref, het die

komitee die implementering van die wet op tweedehandse goedere wat op 1 April afskop

verwelkom. Die komitee is van mening dat indien die wet effektief toegepas word dit ‘n

aansienlike bydrae sal maak tot die voorkoming in die onwettige handel in koper en

skrootmetale.

Laastens het die komitee weer die belangrikgheid benadruk dat boerelede die protokol vir

plaastoegang konsekwent moet toepas en daarmee saam die voorgestelde protokol bord by

plaastoegange moet aanbring. As deel van gemeenskapveiligheid gee die landelike

beveiligingstrategie ook erkenning aan die protokol vir plaastoegang as ‘n hulpmiddel om

plaasveiligheid te bevorder.

Kommunikasie bevorder die beeld van landbou

Kobus Visser, Direkteur: Korporatiewe Skakeling

Die Nasionale Jongboer van die Jaar Kompetisie wat in samewerking met Toyota SA

aangebied word bly een van Agri SA se hoogtepunte gedurende die jaar. Tydens Agri SA se

Kommunikasie- en Beeldboukomiteevergadering wat op 13 Maart gehou is, is Agri SA se

voortgesette ondersteuning van die kompetisie herbevestig. Die kompetisie dra by tot die

ontwikkeling van jong ondernemerskap en rolmodelle in die landbou. Verskeie lede het

bevestig dat die kompetisie sentraal staan in hulle jongboer programme en ook bydrae tot die

ontwikkeling van jongboere om hulle plek as leiers in die georganiseerde landbou in te neem.

Die komitee het ‘n beroep op alle jongboere gedoen wat jonger as 35 jaar is en ‘n aktiewe lid

van ‘n provinsiale affiliasie van Agri SA is om aan vanjaar se kompetisie deel te neem. Die

komitee het die wetenskaplike wyse waarop die beoordeling van die kompetisie plaasvind,

ondersteun en bevestig dat die kriteria wat toegepas word in die beoordeling, bo verdenking is.

Waardering is uitgespreek teenoor Toyota SA vir die borgskap van die kompetisie en die goeie

werk wat die beoordelaars doen.

Die komitee het as deel van sy pogings om ‘n meer positiewe beeld van die landbou en die boer

te skep, die inisiatief van die Agri Securitas Trustfonds ondersteun, om vanjaar weer ‘n landboujoernalis

te vereer wat bydra tot die bevordering van kommersiële landbou se beeld. Die

kompetisie word deur die Landbouskrywers SA aangebied. Provinsiale affiliasies van Agri SA is

tydens die vergadering aangemoedig om joernaliste wat aan die kriteria voldoen te identifiseer

en aan te moedig om aan die kompetisie deel te neem. So ‘n kompetisie sou nooit moontlik kon

wees sonder die finansiële ondersteuning van die borge, Sanlam en Santam Landbou nie.

Volgens die komitee word die nuwe formaat waarin die Agri Tydskrif uitgegee word goed deur

lesers maar veral deur adverteerders ervaar. Die eerste eksemplare van die Februarie/Maart

uitgawe is tydens die vergadering aan lede beskikbaar gestel en behoort lesers binnekort te

bereik. ‘n Beroep is weereens op affiliasie gedoen om interessante inligting en foto’s aan die

Agri beskikbaar te stel vir gebruik.

MEETING OF THE SOUTH AFRICAN INSURANCE ASSOCIATION

(SAIA)

Kosie van Zyl and Dawie Maree, Economist

A meeting hosted by SAIA on 10 February 2012 was amongst others attended by AgriSA,

commodity organisations, commercial banks and agri businesses to discuss a report titled “The

Potential Role of Crop Insurance in the South African Agricultural sector within the context of the

South African Disaster Risk Management and new Agricultural Finance Strategy”. The report is

a product of an assignment to Mr. Kosie van Zyl by SAIA to conduct the following–

A literature review on a large number and variety of studies and documents on the various

aspects of disaster risk management with drought as a particular hazard.

A discussion on disaster management legislation in South Africa.

A background and overview of the history of agricultural insurance in South Africa.

An overview of Agricultural Development Finance.

An overview of international agricultural insurance solutions and PPPs.

A summary of crop insurance systems worldwide.

A short summary of the recommendations are the following

A legislative measure should be put in place, for the establishment of a sound agricultural

insurance system. This must be followed up by a detailed Reinsurance Agreement as the

contractual agreement between Government and the private sector.

Provision for a management entity should be established in a Registrar of Agricultural Risk

Insurance Insurers, as a new governmental institution.

Substantial evidence in the study revealed that participation of South African farmers in any

form of agricultural insurance should be at this stage on a non compulsory basis, although

there is a case where compulsory insurance under certain circumstances can be warranted.

The establishment of a Pool for all premiums collected by insurance companies and total

risk shall be transferred to the Pool to act as a risk sharing instrument.

With the aim of promoting the development of the agricultural insurance, subsidizing of

premiums by the Government, seems to be a foregone conclusion.

Special agricultural insurance delivery channels or programmes for small and marginal

farmers or provide special premium subsidy support to these farmers, can be considered.

The determining of the financial implications for the fiscus is essential and still valid.

MEETING OF THE NATIONAL DISASTER MANAGEMENT ADVISORY

FORUM (NDMAF)

Kosie van Zyl and Dawie Maree, Economist

The quarterly meeting of the NDMAF held on 9 February 2012 was attended by Agri SA, who is

a permanent member of the NDMAF. Mr Ken Terry is the newly appointed Head of the National

Disaster Management Centre that resides under the Department of Cooperative Governance

and Traditional Affairs (CoGTA). Agri SA wishes to congratulate him on his appointment to this

important position and is looking forward to a good working relationship. Apart from an outlook

on the weather situation for the coming months which is very promising for the northern and

central parts of the country, reports from the various Task Teams were tabled. An important

announcement on emergency funding was made which boils down to the fact that funding was

now placed on the budget of CoGTA for disasters classified as emergency, which can be fires,

tornados,severe storms etc. Suitable definitions for these types of disasters are being drafted.

Parlementêre verslag: Februarie 2012

Annelize Crosby, Agri SA Parlementêre verteenwoordiger, Adviseur: Regs- & Grondsake

President Zuma se Staatsrede

President Zuma het op 9 Februarie die Parlement geopen. In sy staatsrede het hy weereens

baie klem gelê op werkskepping en op die belangrikheid van vennootskappe tussen die

regering en die privaatsektor.

Hy het ‘n infrastruktuurplan aangekondig, wat bestuur sal word deur die Presidensiële

Infrastruktuurkoördineringskommissie. Daar sal aanvanklik gefokus word op infrastruktuurontwikkeling

en integrering in die Limpopo, later sal dit uitgebrei word na ander provinsies.

President Zuma het ook onderneem om ‘n presidensiële infrastruktuurberaad te belê. Die

President het ook gesê dat hy Eskom gevra het om maniere te soek waarop die prysverhogings

oor die volgende paar jaar verlaag kan word.

Hy het verwys na die bekendstelling van die korrupsie-waghond Corruption Watch deur Cosatu,

sowel as die onlangse ooreenkoms tussen die Regering en die sakewêreld om anti-korrupsieprogramme

in te stel.

Ten opsigte van grondhervorming het hy gesê: In 2013 sal dit ’n 100 jaar wees sedert die

afkondiging van die Natives Land Act van 1913, wat 87% van die grondbesit van die Afrikamense

weggevat het. Die Grondwet vereis dat die Staat grondbesit moet teruggee aan diegene

wat deur die 1913-wet van grond ontneem is. Sover het ons slegs 8% van die teiken van 30%grondherverdeling

teen 2014 wat ons vir onsself gestel het, bereik. Die proses is stadig en

moeilik en daar is eenparigheid dat die gewillige-koper-gewillige-verkoper-opsie nie die beste

manier is om die saak aan te spreek nie. Dit is waarom ’n nuwe beleidsraamwerk, die

Groenskrif vir Grondhervorming, bekendgestel is.

Departement van Handel en Nywerheid: “Small Business Review Report”

Op 8 Februarie 2012 het die Departement van Handel en Nywerheid ‘n voorlegging gemaak

aan die Gekose Komitee op Handel en Internasionale Verhoudinge oor die verslag oor

regeringsteun aan klein besighede oftewel die “Small Business Review Report”. Die Kabinet het

in 2005 ‘n geïntegreerde strategie vir die ondersteuning van entrepreneurs en klein besighede

bekend gestel. Hierdie strategie is nou al verouderd en daarom is ‘n hersiening onderneem van

steunprogramme aan klein besighede. Daar is veral na drie aspekte gekyk: finansiële steun,

die skep van markte vir die produkte van klein besighede en die vermindering van regulatoriese

beperkings op klein besighede. Van die bevindinge van die hersieningsverslag sluit in: die

hersiening van die Nasionale Wet op Klein Besighede, die verhoging van finansiële en niefinsansiële

steun aan klein besighede en ‘n opleidingsprogram binne regeringskringe oor die

vermindering van die regulatoriese impak deur die vereenvoudiging van prosesse en vorms.

Departement Handel en Nywerheid: Beleid en wetgewing oor spesiale ekonomiese

sones

Op 15 Februarie 2012 het die Departement Handel en Nywerheid ‘n voorlegging gedoen aan

die Gekose Komitee op handel en Internasionale Verhoudinge oor die beleid en wetgewing oor

spesiale ekonomiese sones. ‘n Spesiale ekonomiese area is ‘n geografies afgebakende gebied

wat geoormerk is vir spesifieke ekonomiese aktiwiteite. Voorbeelde van sulke spesiale

ekonomiese sones is nywerheidsontwikkelingsareas en industriële parke. Daar bestaan tans 4

sulke sones wat reeds afgebaken is, naamlik Richardsbaai, Oos-London, COEGA en OR

Tambo. Saldana is in die proses om ook as sodanige sone afgebaken te word.

Die Kabinet het in November 2011 die Spesiale Ekonomiese Sone Beleid goedgekeur en ‘n

wetsontwerp sal binnekort gepubliseer word vir kommentaar. Die beleid stel ‘n duidelike

raamwerk daar vir ontwikkeling van sulke sones.

Departement Handel en Nywerheid: Voorlegging oor die ontwikkeling van, en steun aan

koöperasies in Suid-Afrika

Op 21 Februarie 2012 het die Adjunkminister van Handel en Nywerheid, ‘n voorlegging gedoen

aan die Portefeuljekomitee op Ekonomiese Ontwikkeling oor die ontwikkeling van en steun aan

koöperasies in Suid-Afrika.

Hy het gesê dat die regering koöperasies sien as ‘n voertuig om werk te skep en armoede

verlig. Die Departement van Handel en Nywerheid het in 2001 die verantwoordelikheid vir

koöperasies oorgeneem by die Departement Landbou. Departement Handel en Nywerheid wil

koöperasies in alle sektore van die ekonomie bevorder. Die Verenigde Nasies het 2012

verklaar tot die jaar van koöperasies. Daar is 54000 koöperasies in Suid-Afrika geregistreer.

Die eenheid binne Departement Handel en Nywerheid wat verantwoordelik is vir koöperasies is

relatief klein. Die ondersteuning van koöperasies op ‘n provinsiale- en munisipale vlak was

swak. Slegs sowat 10% van nuwe koöperasies oorleef in die langer termyn.

Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming: Verslag oor die

bevindinge van die Ouditeur-Generaal rakende finansies

Ook op 21 Februarie het die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming

voor die Staande Komitee op Openbare Rekeninge (SCOPA) verskyn om verslag te doen oor

die bevindinge van die Ouditeur-Generaal oor hul finansies. Die Departement het ‘n

gekwalifiseerde ouditverslag gekry waarin daar onder andere vrae gevra is oor die bestuur van

kapitale bates, vrugtelose uitgawes en nie-nakoming van verpligtinge. Die Departement het

steeds nie ‘n behoorlike bate-register van onroerende bates nie.

Die Staande komitee het hul kommer uitgespreek oor die onsekerheid wat heers oor die

finalisering van die restitusie-proses en die moontlike koste-implikasies daarvan. Eise in die

bedrag van R1.172 biljoen is in hofsake teen die Departement ingestel. Die Ouditeur-Generaal

het ook bevind dat die Departement vrugtelose en verkwiste uitgawes ten bedrae van R73.406

miljoen aangegaan het, hoofsaaklik in die betaling van rente op laat betalings in

grondtransaksies.

Die Staande Komitee was ook krities oor die Departement se nie-nakoming van die Wet op

Openbare Bestuur van Finansies. Die Direkteur-generaal, Mnr Mdu Shabane het die Staande

Komitee ingelig dat die President ‘n proklamasie geteken het wat voorsiening maak vir die

ondersoek van grondhervormingsmisdade / korrupsie.

Departement Landbou, Bosbou en Visserye: Verslag oor spandering en werkverrigting

gedurende die derde kwartaal van 2011

Op 28 Februarie 2012 het die Departement Landbou, Bosbou en Visserye verslag gedoen aan

die Portefeuljekomitee op Landbou, Bosbou en Visserye oor hul spandering en werkverrigting

gedurende die derde kwartaal van 2011.

Die fokus-areas vir hierdie tydperk was die vermindering in die koste van basiese

voedselsoorte, werkskepping en die ondersteuning van kleinboere, asook om die inkomste en

werksomstandighede van plaaswerkers, bosbouwerkers en vissers te verbeter. Die Direkteurgeneraal,

Mnr Langa Zita het gesê dat daar R11.4 miljoen in MAFISA lenings uitbetaal is en dat

daar 2 983 werksgeleenthede geskep is deur middel van die CASP program. Daar is ook 23

nuwe koöperasies gestig. 10 199 sogenaamde kleinboere is geïdentifiseer vir ondersteuning.

Daar is ‘n groot aantal huishoudelike- en gemeenskapstuine gevestig. Mnr Zita het erken dat

die volhoubaarheid van projekte en die beheer van siektes ‘n uitdaging bly vir die Departement.

Portefeuljekomitee op Arbeid: Verslag rakende oorsigbesoeke aan plase in die Wes-

Kaap

Op 28 Februarie 2012 het die Portefeuljekomitee op Arbeid beraadslaag oor die aanvaarding

van hul verslag oor hul oorsigbesoeke aan plase in die Wes-Kaap. ‘n Konsep-verslag is op

aanvraag beskikbaar. Kwessies van behuising en gesondheid en veiligheid het veral ter sprake

gekom. Daar was nie ‘n kworum teenwoordig nie en daar is besluit om die goedkeuring van die

verslag te laat oorstaan na ‘n volgende vergadering.

Nasionale Beplanningskommissie: Lae koolstof-strategie

Op 29 Februarie 2012 het die Nasionale Beplanningskommissie hul lae koolstof-strategie aan

die Portefeuljekomitee op Water en die Omgewing voorgehou. Dit vorm deel van die

Beplanningskommissie se Visie vir 2030. Die oorgang na ‘n lae-koolstof ekonomie is ‘n

komplekse proses. Suid-Afrika het hoë CO2 emissies. Verder is die land se ekonomiese

ontwikkeling tot ‘n groot mate afhanklik van die ontginning van fossiel-brandstowwe. Suid-Afrika

het ook beduidende reserwes van steenkool. Ten einde te beweeg na ‘n lae-koolstof ekonomie,

sal daar voorsiening gemaak moet word vir ‘n uitgebreide program van hernubare energie en

sal daar ‘n koolstof begrotingsbenadering gevolg moet word.

PARLIAMENTARY REPORT: FEBRUARY 2012

Annelize Crosby, Agri SA Parliamentary representative, Advisor: Legal and Land Affairs

President Zuma’s State of the Nation address

President Zuma opened Parliament on 9 February and in his State of the Nation address once

again emphasised job creation and the importance of partnerships between government and the

private sector.

He announced an infrastructure plan which would be managed by the Presidential Infrastructure

Coordinating Commission. Initially the focus would be on infrastructure development and

integration in Limpopo, which would then be extended to other provinces at a later stage.

President Zuma also undertook to convene a presidential infrastructure summit. He said he had

requested Eskom to seek ways in which price increases could be reduced over the next few

years.

He referred to Cosatu’s launch of the corruption watchdog, Corruption Watch, as well as the

recent agreement between government and the business community to establish an anticorruption

programme.

With regard to land reform, he said that in 2013 it would be 100 years since the enactment of

the Natives Land Act of 1913, which had deprived black Africans of 87% of land ownership in

South Africa. The Constitution stipulates that the state must return ownership to those who had

been deprived of their land in terms of the 1913 legislation. To date we have met only 8% of the

land reform target, namely 30% black ownership of land by the year 2014. The process is slow

and very complex and there is consensus that the ‘willing buyer, willing seller’ option is not the

best way of addressing this matter. This is why a new policy framework, the Green Paper on

Land Reform, was released.

Department of Trade and Industry: Small Business Review Report

On 8 February 2012, the Department of Trade and Industry presented to the Select Committee

on Trade and International Relations a report on government’s support for small businesses,

namely the Small Business Review Report. In 2005 the Cabinet had launched an integrated

strategy for supporting entrepreneurs and small businesses. This strategy is now outdated and

therefore a review was conducted of the support programmes for small businesses. Special

attention was given to aspects such as financial aid, the creation of markets for products of

small businesses and a reduction in regulatory limitations on small businesses. The findings

listed in the review report include the revision of the National Small Businesses Act, an increase

in financial and non-financial support to small business, and a training programme within

government circles on alleviation the regulatory impact through simplification of processes and

forms.

Department of Trade and Industry: Policy and legislation on special economic zones

On 15 February 2012, the Department of Trade and Industry made a presentation to the Select

Committee on Trade and International Relations with regard to policy and legislation pertaining

to special economic zones. A special economic zone is a geographically demarcated area

earmarked for specific economic activities. Examples of such special economic zones are

industrial development areas and industrial parks. There are currently four such zones, namely

Richard’s Bay, East London, COEGA and O.R. Tambo. There is also a process underway to

also demarcate such a zone in Saldanha.

In November 2011, the Cabinet approved the Special Economic Zone policy. A draft bill would

soon be published for commentary. The policy proposes a clear framework for the development

of such zones.

Department of Trade and Industry: Presentation on the development of and support to

co-operatives in South Africa

On 21 February 2012, the Deputy Minister of Trade and Industry made a presentation to the

Portfolio Committee on Economic Development regarding the development of and support for

co-ops in South Africa.

He said the government regards co-ops as a vehicle to create jobs and alleviate poverty. In

2001, the Department of Trade and Industry took over responsibility for co-operatives from the

Department of Agriculture. The Department of Trade and Industry wants to promote co-ops in all

sectors of the economy. The United Nations has declared the year 2012 as the year of cooperatives.

There are 54 000 registered co-ops in South Africa. The unit within the Department

of Trade and Industry which is responsible for co-operatives is relatively small. Support for coops

at provincial and municipal level has been poor. Only about 10% of new co-ops survive in

the longer term.

Department of Rural Development and Land Reform: Report on the Auditor-General’s

findings regarding finance

Also on 21 February, the Department of Rural Development and Land Reform appeared before

the Standing Committee on Public Accounts (SCOPA) to report on the findings of the Auditor-

General regarding their finances. The department had received a qualified audit report in which

questions were asked around, among other things, the management of capital assets, fruitless

expenditure and non-compliance with legislation. The department still does not have a proper

asset register of immovable assets.

The Standing committee expressed concern regarding the uncertainly around finalisation of the

restitution process and the possible financial implications thereof. The Department is facing

claims amounting to R1,172 billion. The Auditor-General also found that the Department had

incurred fruitless and wasteful expenditure to the amount of R73,406 million, mainly due to

interest on late payments in land transactions.

The Standing committee also criticised the Department’s non-compliance with the Public

Finance Management Act. The Director-General, Mr Mdu Shabane, informed the standing

committee that the President had signed a proclamation which makes provision for the

investigation of crime/ corruption relating to land reform.

Department of Agriculture, Forestry and Fisheries: Report on expenditure and

performance during the second quarter of

On 28 February 2012, the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries reported to the

Portfolio Committee on Agriculture, Forestry and Fisheries on their expenditure and

performance during the third quarter of 2011.

The focus areas for this period were a reduction in the cost of basic foods, job creation and

support for small-scale farmers, as well as an improvement in the income and working

conditions of farm workers, forestry workers and fishermen. The Director-General, Mr Langa

Zita, said a total of R11,4 million had been paid out in MAFISA loans, while 2 983 jobs were

created through the CASP programme. Furthermore, 23 new co-ops were established and

10 199 so-called small farmers were identified for support. A large number of household and

community gardens have been established. Mr Zita admitted that the sustainability of projects

and disease control remained a challenge for the Department.

Portfolio Committee on Labour: Report on inspections conducted on farms in the

Western Cape

On 28 February 2012, the Portfolio Committee on Labour deliberated on the acceptance of their

report regarding inspections conducted on farms in the Western Cape. A draft report is available

on request. Discussions focused mostly on issues such as housing, health and safety. A

quorum was not present and it was decided to defer approval of the report until a future

meeting.

National Planning Commission: Low carbon strategy

On 29 February 2012, the National Planning Commission presented their low-carbon strategy to

the Portfolio Committee on Water and the Environment. This forms part of the Planning

Commission’s Vision for 2030. The transition to a low-carbon economy is a complex process.

South Africa has high CO2 emissions and the country’s economic development is also to a large

extent dependent on fossil fuels. South Africa has significant coal reserves. In order to move

towards a low-carbon economy, provision will have to be made for a comprehensive renewable

energy programme, while a carbon budget approach would have to be followed.

Agri SA mediaverklarings / AGRI SA MEDIA RELEASES

Agri SA het verskeie mediaverklarings gedurende die eerste kwartaal van 2012 uitgereik. Die

volledige verklarings kan op Agri SA se webblad gelees word.

http://www.agrisa.co.za/Verklarings/Verklaring.htm

During the first quarter of 2012 Agri SA issued various media statements. The full statements

could be read on Agri SA’s webpage http://www.agrisa.co.za/Verklarings/Agri-persa.htm

5 Maart: Nasionale Waterweek 2012 / NATIONAL WATER WEEK 2012

17 Februarie: Agri SA in die Konstitusionele hof oor mynbou se invloed op die reg tot voedsel /

AGRI SA IN CONSTITUTIONAL COURT OVER IMPACT OF MINING ON RIGHT TO FOOD

15 Februarie: Agri SA praat oor verwagtinge vir die komende begrotingsrede / AGRI SA

SPEAKS ON EXPECTATIONS FOR THE UPCOMING BUDGET SPEECH

7 Februarie: Die aangekondigde minimum loon vir plaaswerkers saai verwarring / THE

MINIMUM WAGE AS ANNOUNCED FOR FARM WORKERS CAUSES CONFUSION

7 Februarie: Agri SA doen 'n beroep op President Zuma om reguit te praat tydens sy jaarlikse

staatsrede / AGRI SA CALLS ON PRESIDENT ZUMA FOR STRAIGHT TALK IN THE STATE

OF THE NATION ADDRESS

DO YOU NEED A VEHICLE?

Kobus Visser, Director Corporate Liaison

The relationship between the vehicle manufacturer, Nissan SA, and the Agri Securitas Trust

Fund, in terms of which Nissan SA makes a contribution of R1 000 to the Trust Fund for every

Nissan vehicle purchased by agriculture, including farmers, goes back 11 years. Agriculture can

demand a rebate from 2% to 8% depending on the model, excluding accessories. A fleet code,

F14911, must be used to qualify for the discount when a vehicle is purchased from a Nissan

dealership, which will then enable the manufacturer to make a contribution to the Trust Fund.

Agri SA’s website, www.agrisa.co.za, now makes provision for a portal on its homepage where

members can purchase vehicles via Barloworld Motor. It is a simple process where the

member indicates his/her particulars and vehicle requirements on the website. These particulars

are then sent directly to Barloworld Motor which will contact the member to discuss the

transaction further. With competitive prices for new and used vehicles, vehicle finance and

much more, Barloworld Motor strives to exceed the expectations of clients and Agri SA

members and to make a financial contribution to Agri SA.

Agri SA members are encouraged to make use of this added value in order to make their

vehicle purchase a pleasant experience.

RSG Landbou-program

Luister weeksdae, Maandae tot Donderdae na RSG Landbou met Lise Roberts,

aanbieder van die program wat landbou aktualiteitsonderhoude voer met boere,

kundiges en landbouleiers. Die program word uitgesaai op die senders van RSG. Die

hoofborge Agri SA, MPO, AgriBonus en Graan SA is verantwoordelik vir die verskaffing

van die progamme se redaksionele inhoud.

Ondersteun ons vennote

Agri SA het groot waardering vir die vennote se betrokkenheid by die organisasie en die breë landbou

Partners makeing a contribution in various fields within AGRI SA

With their financial contributions, these partners have already demonstrated their support for the farmer and agriculture

Absa AgriBusiness

Enquiries: 011-350 6854 or your nearest Absa

branch

T & E Finops

Enquiries: Esmé Theron 0861 440 666

Agri SA Group Provident Fund

Enquiries: Rene Cockrell Tel: +27 12 431 3462 or

rene.cockrell@absa.co.za

Barloworld

Enquiries:

AGRI SECURITAS TRUST FUND Partners

These partners make a contribution towards the safety of the farming community

Absa AgriBusiness

Enquiries: 011-350 6854 or your nearest Absa branch

CrisisOnCall

Enquiries: Marius Vermaak 083 302 7576

Hierdie nuusbrief word saamgestel en uitgereik deur Agri SA Korporatiewe Skakeling

This newsletter is compiled and issued by Agri SA Corporate Liaison

Nissan SA

Enquiries: Piet Visser 012 529 5030 or 083 372 1035

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!