18.09.2013 Views

Mei 2013

Mei 2013

Mei 2013

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

REG: 2002/0249 66/07

KONTAK MY DIENS

0800 911 911 0800 911 911 0800 911 911

NUUSBRIEF

MEI 2013

JAAR 11 / UITGAWE 5

℡Bemarkingskantoor: 0861 57 47 47 Administrasie (011) 478 4466

Noodnommer: 0800 911 911 Faks (012) 335 1881

Baie lede met slimfone het reeds geregistreer vir die diens nadat ʼn sms einde Maart aan lede

gestuur is. Lede word versoek om vanaf hul slimfone te registreer en nie direk van ʼn rekenaar nie.

Die allokasie van die plek waar die persoon hom in nood bevind, sal dan nie aangedui kan word nie.

Lede wat nog nie ʼn sms met die skakel ontvang het nie, word versoek om ʼn e-pos met die

lidnommer en selfoonnommer aan clients@crisisoncall.co.za te stuur. Indien ʼn lid sukkel om die

applikasie op die hoofskerm van die selfoon te plaas, beveel ons aan dat u met ʼn selfoonhandelaar

kontak maak. Daar is baie verskillende selfone op die mark en dit is vir CrisisOnCall onmoontlik om

almal se werkswyses te ken. Personeel by die selfoonhandelaars is baie vertroud met selfone en sal

weet hoe om die aksie suksesvol uit te voer.

Indien ʼn lid se korrekte Id-nommer en selfoonnommer nie op die stelsel is nie, sal die stelsel nie die

registrasie van die applikasie kan doen nie. Indien daar na die druk van die "stuur" opsie ʼn

foutboodskap op die skerm verskyn, kontak dan asb. die bemarkingskantoor by

clients@crisisoncall.co.za of 0861 57 47 47 sodat bystand gelewer kan word met die nagaan van die

betrokke nommers.

KONTAK MY DIENS SONDER SLIMFOON

Indien u nie oor ‘n slimfoon beskik nie, kan u met ‘n “please call me” vanaf ʼn gewone selfoon

kontak maak met die oproepsentrum. Hierdie opsie is slegs ʼn alternatief vir die slimfoon opsie.

Die noodnommer kan steeds geskakel word.

Tik een van die volgende twee kodes as 'n telefoonnommer in en druk die “bel” knoppie:

Alpha Pakket: *120*873# Auto Pakket: *120*839#

Die nommer kan ook onder kontakte op die selfoon gestoor word.

Daarna moet ʼn paar opsies uitgeoefen word, naamlik: Taal opsie (1 vir Engels en 2 vir

Afrikaans) Kies dan een van die opsies: 1 vir Krisislyn, 2 vir Mediese Bystand, 3 vir Padbystand

en 4 vir Reismonitering. Die oproepsentrum sal daarna terugskakel. (Neem in ag dat hierdie

sisteem afhanklik is van selfoon seine. Waar daar geen ontvangs is of swak netwerk sein

voorkom kan die boodskap nie vinnig by die oproepsentrum ontvang word nie.)

EERSTE SELFOON

Die eerste selfoon is 40 jaar gelede vir die eerste keer gebruik.

Op 3 April 1973 het Motorola se tegniese persoon, Marty Cooper, die

eerste oproep met 'n selfoon gemaak. Dit was in die middestad van

Manhattan. Cooper het vir Joel Engel wat die hoof was van Bell se

laboratorium, geskakel en gesê: "Joel, this is Marty. I'm calling you

from a cell phone, a real handheld portable cell phone." Die foon was

'n Motorola DynaTAC 8000x en het 'n stewige 2.5 pond (ongeveer 1

kilogram) geweeg.

Danie Martins het na die Nokia 1280 foon gekyk. Die foon weeg 'n skamele 80 gram. Volgens hom

kan jy nie veel met die foon doen nie (beslis nie 'What's app' nie!). Jy kan darem radio daarop

luister, SMS'e stuur en dan natuurlik oproepe maak. Hy is egter oortuig dat dit beslis meer kan doen

as Marty Cooper se Motorola DynaTAC 8000x." – Danie Martins uit die nuusbrief EgAfrikaans.

VEILIGHEID BY SWEMBADDENS

Alhoewel dit nou winter raak en die weer

allermins swem weer is, is veiligheid om

swembaddens regdeur die jaar belangrik.

Kinders kan in ʼn oogwink in ʼn swembad val.

Statistieke ten opsigte van die verdrinking in

swembaddens neem steeds jaarliks toe.

Hier volg ʼn paar waardevolle wenke wat

altyd by swembaddens toegepas moet word:

• Swembaddens moet omhein word met

ʼn veilige heining waaroor kinders nie

kan klim nie.

• Die hekkie wat gebruik word, moet self

toegaan en nie maklik deur ʼn kind

oopgemaak kan word nie. (Hou die

hekkie gesluit wanneer die swembad

nie gebruik word nie.)

• Indien daar nie ʼn swembadheining

opgesit kan word nie of die swembad is

toeganklik van ʼn deur uit die huis,

behoort 'n veiligheidsnet opgesit te

word.

• Alle deure wat toegang tot die

swembadarea verleen, moet altyd

gesluit wees.

• Kinders moet nooit sonder volwasse

toesig by ʼn swembad toegelaat word

nie.

• Moet nooit speelgoed of items met

helder kleure op die swembad laat dryf

nie.

• Leer kinders van jongs af om te kan

swem.

• Noodhulpopleiding word aanbeveel vir

elke lid van die familie sowel as die

huiswerkers.

Indien ʼn kind in ʼn swembad aangetref word,

haal die kind onmiddellik uit, kontak

CrisisOnCall en begin met noodbehandeling.

KERKSTRAATBOM 20 MEI 1983

BANDJIE PRAAT IN APTEEK

Daar word baie klem gelê op die bandjie en

botsings. Hier is ʼn voorbeeld waar die bandjie in ʼn

apteek gebruik is:

Ek het Maandag 8 April 2013 medisyne by Kem de

Beer Apteek, Pretoria-Noord gaan koop. Ek het

skielik verskriklike hartkloppings gekry. Een van die

dames het vir my water gebring en gesê ek moet 'n

rukkie daar sit. Toe ek my kom kry, het ek blykbaar

flou geword en hulle het my laat lê, maar nie

geweet wat om verder te doen nie want toe het ek

begin opgooi. Hulle het my bandjie gesien en

CrisisOnCall geskakel wat toe 'n ambulans van Life

Med Ambulansdiens laat kom het. Hulle het 'n EKG

geneem en my bloeddruk geneem wat baie laag

was. Hulle het toe besluit om my hospitaal toe te

neem. Ek wil net baie dankie sê vir die vinnige en

professionele manier van optrede.

Ek waardeer dit regtig baie. – Mev. M.M. STRYDOM

(Life Med Ambulansdiens het ook haar man gaan

oplaai om die voertuig terug huis toe te neem

aangesien dit steeds by die apteek gestaan het.)

APPLIKASIE OP SLIMFONE

Die skakels om die applikasie af te laai, is reeds per

sms aan lede gestuur. Indien jy nie een ontvang het

nie, hier is die skakel:

Alpha Plan:

https://api.europassistance.co.za/afr/crisis/alpha

Auto Plan:

https://api.europassistance.co.za/afr/crisis/auto

Indien die stelsel ‘n foutboodskap gee, stuur asb. ‘n

e-pos na clients@crisisoncall.co.za sodat die

probleem aangespreek kan word.

Verskeie lede het reeds die nuwe applikasie met

groot sukses gebruik. Terugvoer van lede sal ook

waardeer word.

Met die Boston-Marathon bom op 15 April 2013 het dit baie Suid-Afrikaners laat terugdink aan

20 Mei 1983 toe ʼn motorbom reg voor die Nedparkgebou in Kerkstraat-Wes, Pretoria (waarin die

Lugmag hoofkwartier gevestig was), om 16:28 ontplof het. Tydens die ontploffing is 19 mense gedood

(17 mans en 2 vroue). Die skade aan eiendom het R4-miljoen, in 1983 terme, beloop.

Volgens die verklaring van ʼn getuie wat op 20 Mei 1983 voor die Nedparkgebou in haar motor gesit

het, het ʼn roomkleurige Colt Galant voor haar stilgehou. Pas nadat die voertuig tot stilstand gekom

het, het die ontploffing gevolg.

Die Colt is gedurende Junie 1982 by ʼn perseel in Edenvale gesteel.

Die twee persone wat verantwoordelik was vir die plasing van die bom is ook in die ontploffing dood.

Die polisie het later ʼn papiersak met ʼn draagbare radio en afstandbeheerde toestel in ʼn kombi

gevind. Die kombi was naby die toneel geparkeer en is deur die polisie met die bomplanters verbind.

Hierdie was een van die ergste bomontploffings wat Suid-Afrika ooit geruk het.

(Inligting met erkenning aan Afriforum web)

PADSTERFTES OOR PAASNAWEEK

Syfers wat gedurende April bekend gemaak is, wys

dat 241 mense die afgelope Paasnaweek op ons

paaie gesterf het. Verlede jaar se syfer was 217

(Hierdie jaar dus 24 meer).

Bykans 60% van die padsterftes was voetgangers.

Hierdie verhouding is astronomies hoog in

vergelyking met die meeste ander lande. Dit is dus

duidelik dat voetgangers ʼn al hoe groter probleem

in ons land raak. (In verlede maand se nuusbrief

het ons spesifiek verwys na die syfer wat reeds 15%

hoër was as in die ooreenstemmende tydperk

verlede jaar.)

Volgens die statistieke speel die misbruik van

alkohol deur voetgangers ook ʼn baie groot rol in

padsterftes.

Die opvoeding van voetgangers is ʼn baie groot

uitdaging aangesien die meeste voetgangers wat in

en om ons paaie beweeg, nie die nodige opleiding

kry oor die gevare van loop langs en op paaie nie.

Dit sal reeds baie help indien elke lid van

CrisisOnCall sy werknemers inlig oor die gevare van

langs paaie loop en die misbruik van alkohol.

PARAMEDICI WORD BEROOF

Die Beeld van 13 April 2013 het berig oor

paramedici van Netcare911 wat in Drie Riviere

(Vereeniging) oorval en beroof is terwyl hulle besig

was om ʼn bejaarde vrou in haar huis te behandel.

Dit is jammer dat roof en diefstal nou sulke

afmetings aanneem dat selfs dié wat daar is om

mense in nood te help, ook nie oorgesien word deur

rowers nie.

CrisisOnCall versoek dat waar moontlik, deure

gesluit gehou word wanneer paramedici by ʼn huis

besig is om ʼn pasiënt te behandel. Indien daar ook ʼn

inwoner of buurman is wat kan "wag hou" tydens

die behandeling, kan dit ook baie bydra tot die

veiligheid van paramedici en inwoners.

Paraatheid is vandag ononderhandelbaar en elke

huisgesin word versoek om ten alle tye op die uitkyk

te wees vir moontlike rowers in hul omgewing.

BETROUBARE IDENTIFIKASIE

Enige goeie produk sal seker sy namakers kry.

Wanneer ʼn besluit geneem moet word oor

watter identifikasie die beste is om te gebruik

behoort ondervinding ʼn deurslaggewende rol te

speel.

Die CrisisOnCall-identifikasie konsep is ontwerp

deur die gebruiker en aangepas oor tien jaar se

praktiese gebruik. Dra dus jou CrisisOnCall

bandjie.

PAD NA VERGIFNIS – WEN BOEK

“Ek gaan jou terugkry! Ek sal nie toelaat dat

jy so iets aan my doen nie!”

Ons eerste reaksie is gewoonlik dat ons

ander mense wat ons kwaad aangedoen het,

wil terugkry. Ons dink ook dalk dat dit ons

reg is. In hierdie proses het ons dikwels ook

baie seergekry en wantrou dalk die

mensdom. Verder kry ons hoofpyne, kan nie

konsentreer nie en raak al hoe besiger met

allerlei dinge om te probeer ontsnap van al

die negatiewe gevoelens wat hierdie kwessie

by ons wek.

As ons egter ons denkpatroon kan verander

en daardie persoon wat ons benadeel het,

ook kan begin sien as God se skepping vir

wie God net so lief is soos vir ons, sal nie

slegs ONS lewens nie, maar ook dié van die

ander persoon kan verander. Beide kan uit ‘n

emosionele tronk ontsnap. Niemand hoef so

swaar aan sy bagasie te dra nie. Dis ‘n keuse

wat elke mens kan maak – ‘n keuse om los te

kom uit die kettings. Skuldige gevoelens,

verlies, seerkry, teleurstellings, verraad

dreineer ons van lewensnoodsaaklike

energie wat ons op ‘n positiewer wyse kan

aanwend.

In Ware verhale van vergifnis het Helana

Olivier 23 mense gevra om hulle pad van

vergifnis met ons te deel. Hierdie mense het

almal een of ander tyd ‘n krisis in hul lewe

beleef en vertel in hul eie woorde op welke

wyse hulle hierdie kwessie hanteer het. Die

deurlopende goue draad by almal is die

begeerte om met andere wat hulself in

soortgelyke situasies mag bevind, te deel

hoe bevrydend dit is wanneer jy ander

mense kan vryspreek of wanneer jyself

vrygespreek word.

Cornelia Raath-Lotter, die

mentor van CrisisOnCall

wat op 1 Mei 1996 deur ʼn

persoon raakgery is en

deur twee privaat

hospitale weggewys is

omdat haar mediese

fondsinligting op daardie

stadium onbekend was,

se verhaal is een van die

23 in die boek.

Om in aanmerking te kom om hierdie boek

te wen, stuur asb. ʼn e-pos na

marketing@crisisoncall.co.za met die naam

van die mentor van CrisisOnCall. Een

gelukkige wenner se naam sal op 20 Mei

2013 getrek word. Die wenner sal in die

Junie nuusbrief aangekondig word. (Prys met

komplimente van Lux Verbi.)

PADBYSTAND

Indien die padbystandopsie geneem word, is daar ʼn paar

aspekte wat lede van kennis moet neem:

• Die voertuig word slegs gedek vir padbystand indien dit

daarvoor op die CrisisOnCall databasis geregistreer is.

• Voertuie wat breek (elektroniese- of meganiese skade)

word onder padbystand hanteer. Enige skade as gevolg

van ʼn botsing of eksterne omstandighede soos slaggate,

word nie onder padbystand gedek nie, maar wel deur

korttermyn-versekering.

• Die voertuig sal altyd na die naaste herstelpunt gesleep

word. (Indien die lid versoek dat die voertuig verder

gesleep word, sal dit vir sy eie rekening wees.)

• Indien ʼn voertuig na ure breek, sal dit na ʼn bewaarpunt

gesleep word en die eerste werksdag daarna, na die

herstelpunt gesleep word. (Hierdie is deel van die dekking

by CrisisOnCall.)

• Lede moet asb. kennis neem op watter voertuig hulle

padbystand uitgeneem het. (Padbystand is slegs op

genomineerde voertuie beskikbaar.) By die standaard

Alpha plan is slegs die reël van padbystand beskikbaar.

LEWENSVERRYKING NUUS

WAAR IS DIENSTE

BESKIKBAAR?

Al die dienste wat CrisisOnCall

bied, is deur middel van

diensverskaffers op ‘n landswye

basis beskikbaar.

Die opsionele diens “Neem my

huis toe”, is egter net aan

sekere gebiede gekoppel en

sal met die loop van tyd

uitgebrei word.

By die ambulansdienste word

van die twee nasionale

diensverskaffers (ER24 en

Netcare911) gebruik gemaak

plus byna 100 ander kleiner

diensverskaffers. (Die naaste

geakkrediteerde diensverskaffer

sal in ʼn noodgeval

uitgestuur word.

“Ure, dae, maande, jare vlieg soos skadudrome heen…” Stokou woorde van ‘n stokou lied, maar

die woorde bly so verskriklik waar. Die lewe jaag teen ‘n hoë spoed en tyd is só kosbaar, want dit

gaan so ongemerk, blitsvinnig, verby.

Personeel by Lewensverryking word dikwels gekonfronteer met die roekelose manier waarop

mense met tyd omgaan. So asof hulle vir altyd sal lewe. In hul soeke na sin en plesier, gryp hulle na

“beproef alle dinge”, en hulle vergeet van “en behou die goeie…” Hulle bly soek, soms al meer

onverantwoordelik, want die wêreld se plesier verslaaf al te maklik, en dan sit mens later met

soveel berou, en die wanhoop van “Wat nou?”

By Lewensverryking se seminare is daar antwoorde op hierdie “Wat nou?” Terugvoer op hul

seminare is veelseggend:

Nico – Ek was voorheen getroud en is na ‘n huwelik van 10 jaar geskei. Ek dink as ons die kursus

gedoen het, sou ons dinge dalk kon gered het. Met Paula, met wie ek nou gaan trou, is ek bly ons

doen die kursus, want ons leer om mekaar te verstaan en hoe om mekaar te respekteer en ons het

geleer om na mekaar te luister.

Whitey – Jare terug het my nefie my pa, wat blind was, gespot toe hy met my suster se troue haar

in die kerk inbring. Hy’t gesê “kyk daai blinde ... “ Toe dam ek hom by en ek slaan hom dat die

bloed in die kerk lê. Vir jare het ek met die ding in my binneste geloop. Ek kon hom nooit vergewe

nie. Ek het hom tydens die seminaar vergewe. Ek het hom geseën. Ek voel asof alles van my af is.

Ek is skoon. Ek bid vir hom en ek sal met hom gaan praat.

Delene – Ek het seminaar toe gekom as ’n seer en stukkende mens met geen idee van wat my doel

op aarde is nie. Tydens die seminaar kon ek vrede maak met die verlede, en mense vergewe wat

my oneindig seer gemaak het. God het my kom wys wat Sy droom vir my is. Ek gaan huis toe met ‘n

lied in my hart – vry!

Jacques – Ek het alles, alles vir Jesus gegee. Ek gaan Hom ’n kans gee. Ek kon opstaan en dit wat ek

vir soveel jaar wegsteek, openbaar. Dit wat diep binne-in my was, en nou is ek vry!

Gaan kuier gerus op hulle webwerf by www.lewensverryking.co.za om besonderhede van die

volgende seminare te kry; stuur ‘n e-pos na info@lewensverryking.co.za of bel die kantoor by 012

546 8098. Al die onderstaande seminare word by die Midway Inn op Middelburg, Mpumalanga

aangebied.

Egpaarseminaar: 1 – 5 Mei Egpaarseminaar: 21 – 25 Junie

Huweliksvoorbereiding: 17 – 19 Mei Enkelseminaar: 26 – 30 Junie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!