18.09.2013 Views

Mei 2013

Mei 2013

Mei 2013

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

PADBYSTAND

Indien die padbystandopsie geneem word, is daar ʼn paar

aspekte wat lede van kennis moet neem:

• Die voertuig word slegs gedek vir padbystand indien dit

daarvoor op die CrisisOnCall databasis geregistreer is.

• Voertuie wat breek (elektroniese- of meganiese skade)

word onder padbystand hanteer. Enige skade as gevolg

van ʼn botsing of eksterne omstandighede soos slaggate,

word nie onder padbystand gedek nie, maar wel deur

korttermyn-versekering.

• Die voertuig sal altyd na die naaste herstelpunt gesleep

word. (Indien die lid versoek dat die voertuig verder

gesleep word, sal dit vir sy eie rekening wees.)

• Indien ʼn voertuig na ure breek, sal dit na ʼn bewaarpunt

gesleep word en die eerste werksdag daarna, na die

herstelpunt gesleep word. (Hierdie is deel van die dekking

by CrisisOnCall.)

• Lede moet asb. kennis neem op watter voertuig hulle

padbystand uitgeneem het. (Padbystand is slegs op

genomineerde voertuie beskikbaar.) By die standaard

Alpha plan is slegs die reël van padbystand beskikbaar.

LEWENSVERRYKING NUUS

WAAR IS DIENSTE

BESKIKBAAR?

Al die dienste wat CrisisOnCall

bied, is deur middel van

diensverskaffers op ‘n landswye

basis beskikbaar.

Die opsionele diens “Neem my

huis toe”, is egter net aan

sekere gebiede gekoppel en

sal met die loop van tyd

uitgebrei word.

By die ambulansdienste word

van die twee nasionale

diensverskaffers (ER24 en

Netcare911) gebruik gemaak

plus byna 100 ander kleiner

diensverskaffers. (Die naaste

geakkrediteerde diensverskaffer

sal in ʼn noodgeval

uitgestuur word.

“Ure, dae, maande, jare vlieg soos skadudrome heen…” Stokou woorde van ‘n stokou lied, maar

die woorde bly so verskriklik waar. Die lewe jaag teen ‘n hoë spoed en tyd is só kosbaar, want dit

gaan so ongemerk, blitsvinnig, verby.

Personeel by Lewensverryking word dikwels gekonfronteer met die roekelose manier waarop

mense met tyd omgaan. So asof hulle vir altyd sal lewe. In hul soeke na sin en plesier, gryp hulle na

“beproef alle dinge”, en hulle vergeet van “en behou die goeie…” Hulle bly soek, soms al meer

onverantwoordelik, want die wêreld se plesier verslaaf al te maklik, en dan sit mens later met

soveel berou, en die wanhoop van “Wat nou?”

By Lewensverryking se seminare is daar antwoorde op hierdie “Wat nou?” Terugvoer op hul

seminare is veelseggend:

Nico – Ek was voorheen getroud en is na ‘n huwelik van 10 jaar geskei. Ek dink as ons die kursus

gedoen het, sou ons dinge dalk kon gered het. Met Paula, met wie ek nou gaan trou, is ek bly ons

doen die kursus, want ons leer om mekaar te verstaan en hoe om mekaar te respekteer en ons het

geleer om na mekaar te luister.

Whitey – Jare terug het my nefie my pa, wat blind was, gespot toe hy met my suster se troue haar

in die kerk inbring. Hy’t gesê “kyk daai blinde ... “ Toe dam ek hom by en ek slaan hom dat die

bloed in die kerk lê. Vir jare het ek met die ding in my binneste geloop. Ek kon hom nooit vergewe

nie. Ek het hom tydens die seminaar vergewe. Ek het hom geseën. Ek voel asof alles van my af is.

Ek is skoon. Ek bid vir hom en ek sal met hom gaan praat.

Delene – Ek het seminaar toe gekom as ’n seer en stukkende mens met geen idee van wat my doel

op aarde is nie. Tydens die seminaar kon ek vrede maak met die verlede, en mense vergewe wat

my oneindig seer gemaak het. God het my kom wys wat Sy droom vir my is. Ek gaan huis toe met ‘n

lied in my hart – vry!

Jacques – Ek het alles, alles vir Jesus gegee. Ek gaan Hom ’n kans gee. Ek kon opstaan en dit wat ek

vir soveel jaar wegsteek, openbaar. Dit wat diep binne-in my was, en nou is ek vry!

Gaan kuier gerus op hulle webwerf by www.lewensverryking.co.za om besonderhede van die

volgende seminare te kry; stuur ‘n e-pos na info@lewensverryking.co.za of bel die kantoor by 012

546 8098. Al die onderstaande seminare word by die Midway Inn op Middelburg, Mpumalanga

aangebied.

Egpaarseminaar: 1 – 5 Mei Egpaarseminaar: 21 – 25 Junie

Huweliksvoorbereiding: 17 – 19 Mei Enkelseminaar: 26 – 30 Junie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!